Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2015
10710
REKENINGKUNDE
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Bladsye 21
4
b.o.
Skip to contentAll 2015 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 432.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng Mock Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
10710/15
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
REKENINGKUNDE
TYD: 3 uur
PUNTE: 300
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.
1. Jy word voorsien van ʼn vraestel en ʼn ANTWOORDBOEK waarin AL die vrae beantwoord
moet word.
2. Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.
Beantwoord AL die vrae.
3. Gebruik die formaat wat in die antwoordboek verskaf word om jou antwoorde weer te gee.
4. Waar van toepassing toon bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
10710/15
Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn gids wanneer jy die vraestel beantwoord.
Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.
VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Bank en krediteureversoening en Versoening en vertolking van versoenings
vertolking Bestuur van hulpbronne
Interne kontrole
VRAAG 2: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Direkte grondstofkoste
Fabrieksbokoste
Vervaardiging Produksiekostestaat
Ontleding en vertolking van eenheidskoste en gelykbreekpunt
Bestuur van hulpbronne
Interne kontrole
VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Maatskappy Finansiële State
Balansstaat en ouditverslag
VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Finansiële rekeningkunde
Kontantvloei en Vertolking van Kontantvloeistaat
inligting Berekeninge en Finansiële aanwysers
Ontleding en Vertolking
VRAAG 5: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Bestuursrekeningkunde
Ontleed en vertolk ʼn kontantbegroting
Kontantbegroting
Bestuur van hulpbronne
Interne kontrole en interne oudit
VRAAG 6: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag Hierdie vraag integreer:
Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie Voorraadwaardasie: EIEU en interne kontrole-
probleemoplossing
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
10710/15
VRAAG 1: VERSOENINGS (35 punte; 20 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Kin Handelaars.
GEVRA:
1.1.1 Gee TWEE redes vir die voorbereiding van die Bankversoeningstaat as ʼn
interne kontroleproses. (2)
1.1.2 Noem die aansuiwering wat aan die syfers op die finansiële state
op 30 Junie 2015 aangebring moet word met betrekking tot die
vooruitgedateerde tjeks uitgereik. Verwys na die Bankversoeningstaat vir
Junie 2015. Toon werklike syfers in jou antwoord. (4)
1.1.3 Bestudeer die gegewe items. Dui aan of hierdie items opgeteken sal
word in die
Kontantontvangstejoernaal
Kontantbetalingsjoernaal
En of geen inskrywing in die joernale gemaak word nie. Plaas ʼn X
in die kolom om dit aan te dui.
Toon die bedrag wat in die joernaal opgeteken word waar van toepassing.
(Die eerste item is vir jou gedoen.) (9)
1.1.4 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2015, op. (7)
1.1.5 In Augustus 2015 ontdek die interne ouditeur dat die uitstaande deposito
van R20 500 op die bankversoeningstaat op 31 Julie 2015 as R5 500 op
die Bankstaat verskyn. (Item 3) Die bedrag op die Bankstaat is korrek.
Noem EEN bekommernis wat jy as interne ouditeur sal hê. Gee EEN
gepaste kontrolemaatreël om ʼn soortgelyke voorval in die toekoms te
voorkom. Verduidelik volledig. (3)
INLIGTING:
A. Bankversoeningstaat van Kin Handelaars op 30 Junie 2015.
Dt Saldo van Bankstaat 3 700
Dt Saldo van Bankrekening 2 000
Uitsta nde deposito (30 Junie 2015) 18 200
Uitstaande tjeks
Nr 1329 (gedateer 12 Januarie 2015) 2 100
Nr 1596 (gedateer 16 Augustus 2015) 7 000
Nr 1632 (gedateer 31 Julie 2015) 3 400
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
10710/15
B. Na ʼn vergelyking van die Julie bankstaat met die
Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal vir Julie, is die
volgende verskille ontdek:
Item 1 Die bankstaat toon ʼn gunstige saldo van R21 370 op
31 Julie 2015.
Item 2 ʼn Deposito van R18 200 verskyn op die bankstaat op
1 Julie 2015, maar nie in die joernale vir Julie 2015 nie.
Item 3 ʼn Deposito van R20 500, gedateer 10 Julie verskyn in die
Kontantontvangstejoernaal vir Julie 2015, maar nie in die
bankstaat vir Julie 2015 nie.
Item 4 ʼn EFO van R5 300 vir huur ontvang van T Mbutu verskyn slegs
op die bankstaat.
Item 5 Bankkoste van R1 450 verskyn op die bankstaat, maar nie in die
joernale vir Julie 2015 nie.
Item 6 Die bankstaat toon ʼn gedishonoreerde tjek van R720. Die tjek
was ontvang van ʼn debiteur ter vereffening van sy skuld van
R770.
Item 7 Tjek nr. 1329 uitgereik as ʼn donasie aan Stateside Kleuterskool
is vervang met tjek nr. 1640 op 25 Julie 2015. Die donasie is
vermeerder met R400. Die tjek is by die kleuterskool afgelewer
op 1 Augustus 2015. Geen inskrywings is gemaak nie.
Item 8 Tjek nr. 1632, gedateer 31 Julie 2015, verskyn op die bankstaat,
maar nie in die joernale vir Julie 2015 nie.
Item 9 Tjek nr. 1690 vir R6 100, gedateer 28 Julie 2015, verskyn in die
Kontantbetalingsjoernaal, maar nie op die bankstaat nie.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
10710/15
1.2 KREDITEUREVERSOENING
Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Bapedi Handelaars. Die
Krediteurskontrolerekening en die Krediteurelys van Bapedi Handelaars is
voorberei deur ʼn onervare boekhouer.
GEVRA:
1.2.1 Waarom moet die saldo van die Krediteurskontrolerekening ooreenstem
met die totaal van die Krediteurelys? (2)
1.2.2 Bereken die korrekte saldo’s van die Krediteurskontrolerekening en die
Krediteurelys. (8)
INLIGTING:
ʼn Ondersoek van die inligting aan die einde van Julie 2015, toon die volgende:
(a) Saldo van die Krediteurskontrole, R49 560
Totaal van die Krediteurelys, R36 410
(b) As gevolg van ʼn optelfout is die Krediteurelys met R520 te veel opgetel.
(c) ʼn Faktuur vir verbruiksgoedere gekoop vir R3 160 van Madiba Handelaars
is nie in die joernale opgeteken nie.
(d) Handelsvoorraad teruggestuur aan Sam Bpk. vir R690 is korrek in die
Krediteursafslagjoernaal opgeteken. Die bedrag was verkeerdelik
oorgeboek na die rekening van Sam Bpk. as R960.
(e) Die totaal van die Krediteurskontrolekolom in die Kontantbetalingsjoernaal
(KBJ) is R6 700. Die boekhouer het dit verkeerdelik oorgeboek na die
kredietkant van die Krediteurskontrolerekening.
35
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
10710/15
VRAAG 2: VERVAARDIGING (45 punte ; 25 minute)
Waste Handelaars vervaardig sake van organiese, herwinde materiaal. Waste
Handelaars gebruik die Periodieke voorraad-stelsel en ʼn winsopslag van 100% op
kosprys.
GEVRA:
2.1 Pas die beskrywing in KOLOM B by die begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A–E) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Fabrieksbokoste A Grondstof uitgereik aan die fabriek
B Pensioenbydrae van die sekretaris
2.1.2 Direkte arbeidskoste
C Lone van werknemers betrokke by
2.1.3 Verkoops- en
die produksieproses
verspreidingskoste
D Oninbare skuld
2.1.4 Administrasiekoste
E Die salaris van die fabrieksvoorman
(4)
2.2 Bereken die korrekte Fabrieksbokoste. (10)
2.3 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, op. (12)
2.4 Bereken die volgende:
2.4.1 Verkoopprys per eenheid (3)
2.4.2 Koste van verkope (3)
2.4.3 Veranderlike koste per eenheid (3)
2.4.4 Gelykbreekpunt (4)
2.5 Waste Handelaars verwag dat die aanvraag in die volgende finansiële jaar met
600 000 eenhede sal toeneem. Hulle beplan om meer eenhede te produseer om
in die aanvraag te voorsien. Hulle verwag dat vaste koste onveranderd sal bly.
2.5.1 Verduidelik wat jy verstaan van die begrip “gelykbreekpunt”. (2)
2.5.2 Verduidelik wat die uitwerking van bogenoemde besluit op die vaste
koste per eenheid en die gelykbreekpunt sal wees. (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
10710/15
INLIGTING:
A. Saldo’s / totale op 30 Junie 2015 2014
Grondstofvoorraad 92 400 78 900
Goedere-in-bewerking-voorraad ? 175 000
Klaarproduktevoorraad 759 000 542 000
Fabrieksbokoste 362 790
Produksielone 990 000
B. Grondstofvoorraad-aankope van R553 500 sluit vraggeld op aankope van
R40 000 in.
C. Produksielone ten bedrae van R90 000 is nie opgeteken nie.
D. Fabrieksbokoste is foutiewelik bereken. Die volgende aansuiwerings
moet nog in berekening gebring word.
Waardeveremindering op Fabrieksaanleg en Toerusting ten bedrae
van R84 030, was uitgelaat.
Indirekte grondstof sluit R3 500 se grondsstof in wat aangekoop is vir
die volgende finansiële jaar.
Advertensiekoste van R17 320 was ingesluit as R12 790.
Die verbruiksgoedere se bedrag in die Fabrieksbokosterekening van
R10 290 is verdeel in die verhouding 2:1:1 tussen die fabriek en
ander afdelings onderskeidelik. Dit moes gewees het in die
verhouding 4:2:1.
E. EENHEDE GEPRODUSEER EN
VERKOOP Waarde Eenhede
Koste van Klaarprodukte geproduseer R1 872 000 374 400
Verkope (winsopslag = 100% op kosprys) R3 564 000 396 000
F.
KOSTE EN GELYKBREEKPUNT
Vaste koste R682 500
Veranderlike koste R2 059 200
Administratiewe koste R250 500
Verkoops- en verspreidingskoste ?
Gelykbreekpunt ?
45
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
10710/15
VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (65 punte; 40 minute)
Jy word voorsien van inligting rakende King Beperk. Die maatskappy verkoop klerasie
en maak uitrustings vir hul kliënte. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.
GEVRA:
3.1 Bereken die volgende
3.1.1 Kosprys van voertuie verkoop. (2)
3.1.2 Opgehoopte waardevermindering op voertuie verkoop. (4)
3.1.3 Drawaarde van voertuie verkoop. (3)
3.2 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, op. (35)
3.3 Stel die volgende notas tot die finansiële state op 30 Junie 2015, op.
3.3.1 Vaste/tasbare Bates (7)
3.3.2 Gewone Aandelekapitaal (7)
3.3.3 Behoue Inkomste (7)
INLIGTING:
1. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2015
Balansstaatrekeninge-afdeling
Gewone aandelekapitaal R 3 600 000
Behoue inkomste 255 274
Grond en geboue 10 200 000
Voertuie 810 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 387 600
Verbandlening van Keli Bank 652 000
Handelsvoorraad 325 000
Debiteurskontrole 39 090
Nominale rekeninge-afdeling
Verkope 2 892 200
Koste van verkope 1 492 200
Debiteursafslag 52 000
Fooi-inkomste (maak-loon) 145 235
Huurinkomste 172 500
Rente inkomste 3 500
Salarisse en lone 288 090
Ouditfooie 52 000
Direkteursfooie 375 000
Verbruiksgoedere 104 100
Waardevermindering ?
Bankkoste 6 740
Gewone aandele dividende 45 000
Wins met bateverkope ?
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
10710/15
2. Aansuiwerings en addisionele inligting:
A. Na voltooiing van die oudit is ʼn verdere R23 000 aan die ouditeure verskuldig.
B. ʼn Kredietnota van R900, gedateer 28 Junie 2015, is uitgereik aan ʼn debiteur,
C. Plain vir onbevredigende stikwerk op ʼn baadjie. Die transaksie is nie
opgeteken nie.
C. Die fisiese voorraadopname op 30 Junie 2015 toon die volgende op hande:
Handelsvoorraad, R315 000
Verbruiksgoedere, R4 000
D. ʼn Afgetrede werknemer was per abuis ingesluit in die Salarisjoernaal vir
Junie 2015. Die inligting op sy betaalstrokie is:
Netto salaris 18 375
LBS aftrekking 4 500
Pensioenaftrekking 1 875
WVF aftrekking 250
Die onderneming se bydrae was:
Pensioenfonds: 10,5% van bruto salaris
WVF: Rand-vir-rand basis
Nota: Alle bydraes word teen die salaris-en-lonerekening gedebiteer.
E. Die leningstaat ontvang van Keli Bank op 30 Junie 2015 toon die volgende:
Leningstaat van Keli Bank op 30 Junie 2015
Saldo op 1 Julie 2014 R665 600
Totale betalings gedurende die jaar R103 200
Saldo op 30 Junie 2015 R652 000
Die rente vir die jaar word gekapitaliseer.
ʼn Kapitale bedrag van R50 000 sal in die volgende finansiële jaar op die
lening afbetaal word.
F. Die huurder skuld die huur vir Junie 2015. Die huur is met R1 500 per maand
verhoog op 1 Januarie 2015.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
10710/15
G. Vaste/Tasbare Bates
Saldo’s op 1 Julie 2014:
Grond en geboue 11 000 000
Voertuie 900 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie 390 000
ʼn Voertuig, gekoop op 1 Julie 2013, was kontant verkoop op
31 Desember 2014 teen ʼn wins van R5 000.
ʼn Nuwe voertuig van R200 000 is op 30 Junie 2015 gekoop.
Waardevermindering op voertuie word afgeskryf teen 20% op die
verminderdesaldo-metode.
H. Inkomstebelasting vir die jaar is bereken teen 30% van die netto wins.
I. Gewone Aandele
Die maatskappy is gemagtig om 1 000 000 aandele te verkoop.
Daar was 550 000 aandele in uitreik op 1 Julie 2014, R3 025 000.
ʼn Verdere 50 000 aandele is uitgereik teen R11,50 gedurende Maart 2015.
Die raad van direkteure koop 40 000 aandele teen R8,50 uit die boedel
van ʼn aandeelhouer terug gedurende Junie 2015. Hierdie aandele is
geregtig op ʼn finale dividend.
J. ʼn Finale dividend van 35c per aandeel is verklaar.
65
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 12
10710/15
VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING VAN INLIGTING
(70 punte; 45 minute)
4.1 Kies een woord/begrip uit die volgende om die onderstaande sinne te voltooi.
Ongekwalifiseerde, gekwalifiseerde, beperkte aanspreeklikheid, onbeperkte
aanspreeklikheid, rente, direkteure, aandeelhouers, afhanklik, onafhanklik,
dividende
4.1.1 Die feit dat aandeelhouers slegs die kapitaal wat hulle belê het kan
verloor, word ... genoem.
4.1.2 Die … stel eksterne ouditeure aan.
4.1.3 Die eksterne ouditeure moet … wees van die entiteit wat geoudit word.
4.1.4 Die ouditverslag meld: “Met die uitsondering van ʼn paar aspekte kan
aandeelhouers die syfers in die finansiële state vertrou”. Dit word beskou
as ʼn … verslag. (4)
4.2 XOLISE HANDELAARS BEPERK
Die inligting was geneem uit die rekeningkundige rekords van Xolise Handelaars
Beperk. Die finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie. Die maatskappy is
geregistreer met ʼn aandelekapitaal van 600 000 gewone aandele.
GEVRA:
4.2.1 Voltooi die Versoening van Netto wins voor Belasting en Kontant
gegenereer uit Bedryfsaktiwiteite op 28 Februarie 2015. (12)
4.2.2 Bereken die tasbare/vaste bates aangekoop gedurende 2015. (5)
4.2.3 Voltooi die Kontantvloeistaat op 28 Februarie 2015. (12)
4.2.4 Bereken die volgende op 28 Februarie 2015:
Verdienste per aandeel (3)
Dividend per aandeel (4)
Netto Batewaarde per aandeel (3)
Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend (8)
Die skuld-ekwiteitsverhouding (3)
4.2.5 Lewer kortliks kommentaar oor die likiditeit van die maatskappy. Haal
TWEE finansiële aanwysers aan (met werklike
syfers/verhoudings/persentasies) om jou kommentaar te ondersteun. (4)
4.2.6 Watter belangrike besluite van die direkteure word in die Kontantvloeistaat
weergegee? Noem TWEE besluite en haal relevante syfers aan.
Verduidelik ook hoe ELKEEN van hierdie besluite die maatskappy in die
toekoms sal bevoordeel. (6)
4.2.7 Die maatskappy betaal die lening stadig terug. Verduidelik hoekom dit ʼn
goeie besluit is. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om jou antwoord
te ondersteun. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 13
10710/15
INLIGTING:
1. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015
Netto wins voor belasting 1 283 100
Netto wins na belasting 987 000
Waardevermindering op tasbare/vaste bates 65 000
Rente betaal 42 600
2. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie 2015 2014
Tasbare (Vaste) bates teen drawaarde 3 002 000 2 330 200
Bedryfsbates 1 347 400 1 289 600
Handelsvoorraad 850 400 710 800
Handels- en ander ontvangbares 489 000 540 200
Kontant en kontantekwivalente 8 000 38 600
Gewone aandeelhouersbelang 3 534 000 2 880 000
Gewone aandelekapitaal 3 111 400 2 551 400
Behoue inkomste 422 600 328 600
Lening: Bid Bank (17% p.j.) 340 000 370 000
Bedryfslaste 475 400 369 800
Handels- en ander betaalbares 429 400 369 800
Oortrokke bank 46 000 -
3. Handels- en ander ontvangbares 489 000 540 200
Handelsdebiteure 475 000 530 000
Vooruitbetaalde uitgawes 14 000 8 000
SAID (Inkomstebelasting) - 2 200
4. Handels- en ander betaalbares 429 400 369 800
Handelskrediteure 89 500 81 700
Opgelope uitgawes 7 300 9 100
SAID (Inkomstebelasting) 3 600 -
Aandeelhouers vir dividende 329 000 279 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 14
10710/15
5. Tasbare/vaste bates bestaan uit Grond en geboue, Voertuie en Toerusting.
Toerusting en Grond en geboue is gedurende die jaar aangekoop. ʼn Voertuig,
kosprys R170 000, is verkoop teen boekwaarde. Die opgehoopte
waardevermindering op die verkoopte voertuig was R67 000.
6. Geen tussentydse dividend was verklaar gedurende die 2014 finansiële jaar nie.
Tussentydse dividend betaal gedurende die 2015 finansiële jaar beloop
R564 000.
7. Op 1 Maart 2014 was daar 400 000 gewone aandele geregistreer op die JEB. Op
1 Maart 2014 het hulle ʼn verdere 70 000 aandele uitgereik.
8. Finansiële aanwysers 2015 2014
Bedryfskapitaalverhouding 2,83 : 1 3,48 : 1
Vuurproefverhouding 1,04 : 1 1,56 : 1
Omsetsnelheid van voorraad 5 keer 3 keer
Verdienste per aandeel ? 158 sent
Dividend per aandeel ? 70 sent
Opbrengs op totale kapitaal aangewend ? 25,4%
Skuld-ekwiteitsverhouding ? 0,12 : 1
Netto batewaarde per aandeel ? 720 sent
Markwaarde van ʼn aandeel 758 sent 620 sent
65
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 15
10710/15
VRAAG 5: KONTANTBEGROTINGS (50 punte; 30 minute)
5.1 VARIA HANDELAARS
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Varia Handelaars. Hulle
finansiële jaar eindig op 31 Desember elke jaar.
GEVRA:
5.1.1 Waarom is dit nodig om ʼn Kontantbegroting op te stel? (1)
5.1.2 Waarom verskyn waardevermindering en wins met bateverkope nie in die
Kontantbegroting nie? (1)
5.1.3 Noem TWEE items buiten waardevermindering en wins met
bateverkope wat in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal verskyn, maar
wat nie in die Kontantbegroting ingesluit sal word nie. (2)
5.1.4 Voltooi die Debiteursinvorderingskedule vir Februarie 2015. (8)
5.1.5 Voltooi die Kontantbegroting vir Januarie en Februarie 2015. (20)
INLIGTING:
A. KONTANTBEGROTING VIR JANUARIE EN FEBRUARIE 2015
KONTANTONTVANGSTE JANUARIE FEBRUARIE
Kontantverkope 168 000
Kontant ontvang van debiteure 52 400
Huurinkomste
TOTALE ONTVANGSTE
KONTANTBETALINGS
Betalings aan krediteure 81 000
Diverse uitgawes
Nuwe bates aangekoop 25 315
Salarisse en lone 61 600
TOTALE BETALINGS
KONTANTSURPLUS (TEKORT)
Bank (beginsaldo) (19 000)
Bank (eindsaldo)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 16
10710/15
B. Saldo’s op 31 Desember 2014:
Vaste Deposito: Kuba Bank 120 000
Krediteurskontrole 70 000
Inkomste vooruit ontvang (Huurinkomste) 12 000
Opgelope uitgawes 17 700
C. Verkope en Aankope
Werklike en Geprojekteerde Kredietverkope
Krediet
(Kredietverkope is 25% van totale verkope)
Aankope
Maand Kredietverkope
November 2014 57 000
Desember 2014 57 500 70 000
Januarie 2015 56 000 81 000
Februarie 2015 54 600 74 000
D. Daar word van debiteure verwag om as volg te betaal:
50% in die transaksiemaand, onderhewig aan 5% korting
30% in die maand wat op die transaksiemaand volg
15% in die tweede maand na die transaksiemaand
5% sal as oninbare skuld afgeskryf word na die derde maand.
E. Alle goedere word op krediet gekoop. Krediteure word een maand na die
maand van aankope betaal.
F. Die maandelikse Huurinkomste van R25 000 sal met 10% toeneem op
1 Januarie 2015.
G. Die verwagting is dat diverse uitgawes met R700 per maand sal styg op
1 Januarie 2015. Diverse uitgawes word na een maand betaal.
H. Twee voltydse werknemers verdien elk R30 800 per maand. Op
1 Februarie 2015 sal ʼn ekstra persoon in diens geneem word teen die
helfte van die koste van die ander werknemers.
I. Die vaste deposito verval op 1 Februarie 2015. Die bedrag van R123 600
is ontvangbaar op die vervaldatum.
J. Rente op die bankrekening word elke maand betaal of ontvang en word as
volg bereken op die saldo soos op die 1ste dag van elke maand:
18% per jaar op die ongunstige saldo (oortrokke)
6% per jaar op die gunstige saldo.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 17
10710/15
5.2 CAT HANDELAARS
Jy word voorsien van inligting aangaande Cat Handelaars. Die finansiële jaar
eindig op 30 Junie 2015. Lu Cat, die eienaar, het Gary Cooper aangestel as die
nuwe kredietkontroleerder op 1 Julie 2014.
5.2.1 Verduidelik kortliks hoe die opstel van ʼn Debiteure-invorderingskedule en
ʼn Debiteure-ouderdomsanalise vir Gary kan help om beheer uit te oefen
oor die rekeninge van debiteure. (4)
5.2.2 Die saldo van die Debiteurskontrolerekening was R38 900 op
1 Julie 2014, die begin van die finansiële jaar en R71 100 op
30 Junie 2015, die einde van die finansiële jaar.
(i) Bereken die gemiddelde Debiteure-invorderingstydperk (in dae) vir
die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015. (4)
(ii) Verduidelik kortliks of Lu tevrede moet wees met die
invorderingstydperk. Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
5.2.3 Verwys na inligting C en D hieronder.
Uit die inligting, identifiseer EEN probleem waarmee die eienaar te kampe
het uit die Debiteure-ouderdomsanalise en EEN uit die
Debiteurskontrolerekening. Haal inligting en syfers aan om jou antwoord
te ondersteun. Verskaf EEN oplossing vir elk van die probleme. (8)
INLIGTING:
A. Kredietterme en kredietperke
Dit is die beleid van die onderneming om die kredietperk vir alle debiteure
op R12 000 te hou. Daar word verwag dat debiteure hulle rekeninge
binne 30 dae sal vereffen.
B. Verkope vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015
Totale verkope vir die jaar, R640 000.
25% van die totale verkope is vir kontant, die res is op krediet.
C. DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 30 JUNIE 2015
Kredietperk op alle debiteure se rekeninge is R12 000
Kredietterme is 30 dae
Naam Totaal Huidig 30 dae 60 dae 60 dae+
R Ramba 12 000 12 000
L Meebos 28 000 11 000 3 000 1 000 13 000
B Balula 7 700 7 700
P Pieters 9 600 8 200 1 400
N Ntombi 13 800 6 800 4 500 2 500
71 100 38 000 8 900 11 200 13 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 18
10710/15
D. Algemene Grootboek van Cat Handelaars
Debiteurskontrole
2015 2015 Bank &
Junie 1 Saldo a/b 85 800 Junie 30 korting 58 500
Junie Debiteurs-
30 Verkope 49 500 afslag 8 000
Diveres
(oninbare
Bank 6 700 skuld) 4 900
Diverse 500 Saldo o/b 71 100
142 500 142 500
Julie 1 Saldo a/b 71 100
50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 19
10710/15
VRAAG 6: VOORRAADSTELSELS (35 punte; 20 minute)
6.1 SLEGS LEER
Jy word voorsien van inligting rakende Slegs Leer. Die onderneming word besit
en bestuur deur die eienaar I Velle. Velle koop en verkoop leerbaadjies en
eksklusiewe handsakke.
GEVRA:
6.1.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad as volg:
Leerbaadjies (gebruik die geweegde gemiddelde metode) (5)
Handsakke (gebruik die EIEU-metode) (5)
6.1.2 Bereken vir die handsakke die volgende:
Koste van verkope (7)
Bruto wins (3)
% Winsopslag behaal (3)
6.1.3 Velle vermoed dat ʼn aantal handsakke gesteel is. Bereken die aantal (3)
handsakke wat gesteel is.
INLIGTING:
A. Die leerbaadjies word by ʼn Suid-Afrikaanse verskaffer gekoop en die
handsakke word ingevoer uit die VSA.
B. Die leerbaadjies word waardeer volgens die Geweegde Gemiddelde
metode en die handsakke word waardeer volgens die Eerste-in-Eerste-uit
metode (EIEU).
C. Die voorraad is as volg waardeer aan die begin en aan die einde van die
finansiële jaar.
Leerbaadjies Handsakke
Per Getal Per TOTAAL
Getal TOTAAL Wissel- (Insluitend
een- een- (Insluitend een- een-
hede vraggeld)
koers aankoop
heid hede heid uitgawes)
1 Mrt R11,50=
80 R550 R44 000 100 $45 R51 750
2014 $1
28
Feb 200 ? ? 240 ? ?
2015
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 20
10710/15
D. Aankope gedurende die finansiële jaar
Leerbaadjies Handsakke
TOTALE TOTALE
Getal Per KOSTE Getal Per KOSTE
Wissel-
een- een- (vervoer- een- een- (aankoop-
koers
hede heid koste hede heid uitgawes
uitgesluit) uitgesluit)
07/03/2014 200 R560 R112 000 80 $50 R11,00=$1 R44 000
25/06/2014 250 R620 R155 000 220 $50 R11,50=$1 R126 500
02/02/2015 150 R700 R105 000 100 $55 R11,90=$1 R65 450
TOTAAL 600 R372 000 400 R235 950
E. Aankoop-uitgawes:
Vraggeld op aankope vir die leerbaadjies was R13 000 en handsakke is
ingevoer teen vraggeld van R20 per handsak.
Doeane- en invoerbelasting betaal op handsakke gedurende die
rekeningkunde periode, R12 000.
F. Gedurende die finansiële jaar is die volgende verkoop:
Leerbaadjies: 480 eenhede teen R1 000 elk = R480 000
Handsakke: 235 eenhede teen R900 elk = R211 500
G. Velle het begin deur die volgende inligting beskikbaar te stel:
Leerbaadjies Handsakke
Verkope R480 000 R211 500
Koste van verkope R321 750 ?
Bruto wins R158 250 ?
Winsopslag % op kosprys 49,18% ?
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 21
10710/15
6.2 VERSPIED HANDELAARS
Verspied Handelaars verkoop een model kamera. Die eienaar, Mev K Kyk, het drie
takke geleë in Soweto, Kagiso en Hillbrow. Die drie takke word bestuur deur
Thembi, Diane en Karabo onderskeidelik.
Mev K Kyk het die jaarlikse syfers/bedrae van die drie takke vir die finansiële
tydperk geëindig 28 Februarie 2015, bekom.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem ten opsigte van elke tak. Haal syfers/bedrae aan om
jou antwoord te staaf. Gee in elke geval advies aan die eienaar om die probleem
op te los. (9)
Let wel: Alle kameras word kontant verkoop.
INLIGTING
SOWETO KAGISO HILLBROW
KAMERAS
(Thembi) (Diane) (Karabo)
Kameras beskikbaar om te
1 960 1 600 1 160
verkoop
Kameras gedurende die
1 560 300 1 000
jaar verkoop
Kameras gedurende die
20 20 0
jaar teruggestuur
Voorraad op
340 1 280 160
28 Februarie 2015
Totale kontantverkope R18 720 000 R3 600 000 R11 360 000
Kosprys per kamera R8 000 R8 000 R8 000
Verkoopprys per kamera R12 000 R12 000 R12 000
Advertensiekoste per jaar R40 000 R40 000 R40 000
Salaris van bestuurder per
R25 000 R25 000 R25 000
maand
35
TOTAAL: 300 PUNTE
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)

Addendum
Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2018 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum