Skip to content
Question paper

Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Grade 12 Business Studies question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Business StudiesGrade 12201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 10720 BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 2 10720/19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN BESIGHEIDSTUDIES TYD: 3 uur PUNTE: 300 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al VIER hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae. Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn antwoord te bepaal. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 3 10720/19 6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord. TYD AFDELING VRAAG PUNTE (Minute) A: Objektiewe tipe vrae – VERPLIGTEND 1 40 30 B: VYF direkte / indirekte 2 60 30 tipe vrae 3 60 30 KEUSE: 4 60 30 Beantwoord enige DRIE. 5 60 30 6 60 30 C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 KEUSE: 8 40 30 Beantwoord enige 9 40 30 TWEE. 10 40 30 300 180 7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy, byvoorbeeld Vraag 1 – nuwe bladsy, Vraag 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 4 10720/19 AFDELING A: (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E. 1.1.1 Hierdie Wet voorkom roekelose toestaan van lenings aan verbruikers: A Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) B Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995) C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) D Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) 1.1.2 JKT Tuindienste spesialiseer in landskapontwerp en die afkap van bome. Hulle is in die ... sektor werksaam. A primêre B sekondêre C tersiêre D informele 1.1.3 Besighede verkoop sommige produklyne wat stadige groeipotensiaal het. Hierdie strategie staan bekend as ... A Ontbondeling. B Afleggings. C Likwidasie. D Horisontale. 1.1.4 Tom delegeer take volgens die volwassenheidvlak van die werknemers. Dit is ʼn voorbeeld van die … leierskap teorie. A burokratiese B situasionele C leiers en volgelinge D oorgangs b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 5 10720/19 1.1.5 ... is ʼn voorbeeld van ʼn nie-winsgewende maatskappy. A Poskantoor B Eskom C Telkom D Johan ouetehuis 1.1.6 Watter een van die volgende stellings verteenwoordig ʼn funksie van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) A Help aandeelhouers om te kies tussen verskillende aandele B Help om primêre kapitaal te skep C Dien as ʼn instrument om pryse te bepaal D Bied nie beskerming aan beleggers nie 1.1.7 ... verwys na projekte wat nie deel is van normale besigheidsaktiwiteite nie, maar gemik is op die verbetering van die gemeenskap. A Korporatiewe Sosiale Investering B Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid C Hedendaagse Sosiale Verantwoordelikheid D Volhoubaarheid 1.1.8 ʼn Menslike hulpbronaktiwiteit wat die werknemer se vaardigheid meet teenoor sy / haar posisie in die werkplek, is ... A keuring. B plasing. C induksie. D opleiding. 1.1.9 Besighede kan ... gebruik as ʼn bron van interne werwing. A koerante B werwingsagentskappe C “Walk-ins” D kennisgewingborde 1.1.10 ʼn Klein groep vrywilligers wat gereeld ontmoet om kwaliteitverwante sake in die werkplek te bespreek: A Kwaliteitspanne B Kwaliteitbeheer C Kwaliteitsirkels D Kwaliteitraad (10 x 2) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 6 10720/19 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die onderstaande woorde te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou ANTWOORDBOEK neer. aanstelling; versekering: nie-verbale; plek; indiensnemings; mark; assuransie; verbale; wins; mikro 1.2.1 Die ... omgewing is die interne omgewing waarin die onderneming funksioneer. 1.2.2 Thabo het die ... kontrak ontvang waarin sy werksvoordele uiteengesit is. 1.2.3 Brand en diefstal is voorbeelde van kort termyn ... 1.2.4 Besighede mag PowerPoint aanbiedings gebruik as deel van ... aanbiedings. 1.2.5 Een van die elemente van die drievoudige basislyn is ... (5 x 2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 7 10720/19 1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – J) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Kollektiewe bedinging A Vergoeding buiten die gewone vergoeding wat vrygestel is van 1.3.2 Aanspreeklikheid belasting 1.3.3 Byvoordele B Verskil tussen die werkgewer organisasies en vakbonde 1.3.4 Inklusiwiteit C Direkteure moet verslag kan gee 1.3.5 Delphi tegniek oor sake-inligting. D Die direkteure moet verantwoordelikheid neem vir die aksies van die besigheid. E Onderhandelinge tussen werkgewers assosiasies en vakbonde F ʼn Groep deskundiges voltooi ʼn vraelys om ʼn oplossing vir ʼn komplekse sakeprobleem te vind. G Die werkerskorps bestaan uit mense van verskillende ouderdomme. H Sommige werknemers uit verskillende kulturele agtergronde word uitgesluit in die werksplek. I Individue skep nuwe idees vir ʼn spesifieke aspek. J Geld wat betaal word aan werknemers wat ekstra ure gewerk het (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 8 10720/19 AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld Vraag 2 op ʼn NUWE bladsy, Vraag 3 op ʼn NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 2 SAKEOMGEWINGS 2.1 Noem VYF komponente van die PESTWO analise. (5) 2.2 Lig die rol van SETA's uit ter ondersteuning van die implementering van die Vaardigheidsontwikkelingswet. (8) 2.3 Identifiseer die verbruikersreg wat in ELK van die volgende beleidstellings van MTZ Handelaars genoem word. 2.3.1 Verbruikers sal vergoed word vir enige foutiewe produkte wat teruggegee word. 2.3.2 Verbruikers het die opsie om ongevraagde direkte bemarking te stop. 2.3.3 MTZ Handelaars sal nie valse stellings publiseer oor hulle produkte of dienste nie. 2.3.4 MTZ Handelaars sal kredietnotas en voorafbetaalde dienste honoreer. (8) 2.4 Bespreek maniere hoe besighede kan voldoen aan die volgende pilare van BBSEB. 2.4.1 Eienaarskap (4) 2.4.2 Bestuur (4) 2.4.3 Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling (OVO) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 9 10720/19 2.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. TSHEPO VERVOERDIENSTE (TVD) Tshepo Vervoerdienste bied vervoer aan buitelandse toeriste wat die land besoek. Die bestuur van TVD maak seker dat alle werknemers gelyk behandel word ongeag hulle geslag of ras. 2.5.1 Noem die Wet wat van toepassing is in die scenario hierbo. Haal aan uit die scenario om jou antwoord te ondersteun. (3) 2.5.2 Bespreek die positiewe impak van die Wet geïdentifiseer in Vraag 2.5.1, op TVD as ʼn besigheid. (8) 2.6 Evalueer die impak van die Vaardigheidsontwikkelingswet op besighede. (8) 2.7 Stel praktiese wyses voor waarmee die besigheid aan die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005), kan voldoen. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 10 10720/19 VRAAG 3 SAKEGELEENTHEDE 3.1 Noem SES voorbeelde van nie-verbale aanbiedings. (6) 3.2 Lig faktore uit wat in ag geneem moet word tydens aanbiedings. (8) 3.3 Lees die volgende scenario en beantwoord die vrae wat volg. Benjamin het ʼn maatskappy gestig wat aan die aandeelhouers beperkte aanspreeklikheid gee, maar hy is steeds persoonlik aanspreeklik vir die skulde van die maatskappy. 3.3.1 Identifiseer die ondernemingsvorm wat van toepassing is op die scenario. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 3.3.2 Verduidelik wat is die verskille tussen die ondernemingsvorm soos geïdentifiseer in Vraag 3.3.1 en ʼn publieke maatskappy. (8) 3.4 Bespreek die regte van voorkeuraandeelhouers. (8) 3.5 Bespreek hoe die volgende kriteria kan bydrae tot die sukses en/of mislukking van ʼn vennootskap. 3.5.1 Bestuur (4) 3.5.2 Belasting (4) 3.6 Tabuleer die verskille tussen bestuur en leierskap. (8) 3.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. LUCY ELEKTRONIESE DIENSTE (LE) Die projekbestuurder van Lucy Elektroniese Dienste motiveer werkers deur aan hulle insentiewe te gee as hulle hou by sperdatums. 3.7.1 Identifiseer die leierskapstyl wat van toepassing is op die bostaande scenario. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 3.7.2 Bespreek die impak van die leierskapstyl soos geïdentifiseer in Vraag 3.7.1 (6) 3.7.3 Stel situasies voor waar die leierskapstyl soos geïdentifiseer in Vraag 3.7.1 gebruik kan word. (2) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 11 10720/19 VRAAG 4 SAKEROLLE 4.1 Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyke in ELK van die volgende stellings. 4.1.1 Mary het aan Peter ʼn bevorderingspos belowe, as hy sou instem om ʼn verhouding met haar aan te gaan. 4.1.2 Die werknemers van Mpho Vervaardigers spandeer te veel tyd op Facebook gedurende werksure en haal daarom nie hulle spertye nie. 4.1.3 Daniel skep ekstra inkomste vir homself deur die maatskappy se motor te gebruik sonder die nodige toestemming. (6) 4.2 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming. (4) 4.3 Verduidelik hoe die King Kode beginsel van deursigtigheid toegepas kan word in die besigheid. (4) 4.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. CHOCOLATE DELUXE BPK. (CDB) Chocolate Deluxe Bpk. wil die struktuur van die besigheid verander om meer mededingend te wees. Die bestuur van CDB het die voor- en nadele van hulle besluit geïdentifiseer. Werknemers word ook aangemoedig om nuwe voorstelle te maak. 4.4.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek in die scenario. Ondersteun jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3) 4.4.2 Bespreek die impak van die probleemoplossings tegniek soos geïdentifiseer in Vraag 4.4.1. (8) 4.4.3 Stel voor op watter wyse CDB ʼn omgewing kan skep wat bevorderlik sal wees vir kreatiewe denke. (8) 4.5 Verduidelik die negatiewe impak van KMI op besighede. (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 12 10720/19 4.6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. Paul is die projekbestuurder van ʼn span wat huise opgradeer. Sy span is ontevrede oor hul onregverdige werklading en sy swak administratiewe vaardighede. Hulle voel ook dat hulle nie met respek behandel word nie. Dit het gelei tot konflik tussen Paul en sy span. 4.6.1 Identifiseer DRIE moontlike oorsake van konflik in die scenario. (3) 4.6.2 Verduidelik aan Paul hoe hy die konflikoplossing stappe in die werkplek kan toepas. (8) 4.7 Beveel wyses aan hoe besighede kulturele regte in die werkplek kan bevorder. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 13 10720/19 VRAAG 5 SAKEBEDRYWIGHEDE 5.1 Lys SES aspekte wat ingesluit moet word in ʼn indiensnemingskontrak. (6) 5.2 Lig die seleksieprosedure as aktiwiteit van die menslike hulpbronfunksie uit. (8) 5.3 Identifiseer die metode van salarisbepaling in ELK van die volgende stellings: 5.3.1 TGL (Edms) Bpk. se werknemers word vergoed volgens die aantal ure wat hulle aan die werk spandeer het. (2) 5.3.2 Thabo, die finansiële bestuurder van Troyer Tekstiele, betaal werknemers volgens die aantal rokke wat hulle vervaardig. (2) 5.4 Bespreek die TWEE komponente van werkanalise. (6) 5.5 Regverdig die effektiwiteit van byvoordele as goeie beloningsmetode, op die besigheid. (6) 5.6 Brei uit oor die betekenis van Totale Kwaliteit Bestuur. (5) 5.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg. MARY BANKETBAKKERY (MBB) Mary Banketbakkery spesialiseer in die bak van verjaardag- en troukoeke vir plaaslike besighede. Mary maak seker dat kontroles uitgeoefen word tydens en aan die einde van die produksieproses. Sy stel ook doelwitte en meet prestasie. Mary verseker dat alle besigheidsfunksies die korrekte toerusting gebruik om kwaliteit te verseker. 5.7.1 Haal DRIE stellings aan uit die scenario en pas ELKEEN aan ʼn spesifieke kwaliteitbegrip. Gebruik die onderstaande tabel as ʼn riglyn om Vraag 5.7.1 te beantwoord. STELLING UIT DIE SCENARIO KWALITEITBEGRIP (9) 5.7.2 Verduidelik aan MBB die voordele van ʼn goeie kwaliteitbestuur stelsel. (8) 5.8 Stel wyses voor hoe die besigheid die kwaliteit van die aankoopfunksie kan verbeter. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 14 10720/19 VRAAG 6 DIVERSE / ALLERLEI ONDERWERPE SAKEOMGEWINGS 6.1 Noem DRIE tipes besigheidsomgewings en sê watter mate van beheer daar in ELKE omgewing is. Gebruik die onderstaande tabel om die vraag te beantwoord. BESIGHEIDSOMGEWING MATE VAN BEHEER 6.1.1 6.1.2 6.1.3 (6) 6.2 Verduidelik wat behels die volgende genoemde voorsiening van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997): 6.2.1 Etenstye en rusperiodes 6.2.2 Jaarlikse verlof 6.2.3 Familie verantwoordelikheid (6) SAKEGELEENTHEDE 6.3 Verduidelik die voordele van staatsbeheerde maatskappye. (6) 6.4 Bespreek likiditeit as ʼn faktor om te oorweeg wanneer ʼn beleggingsbesluit geneem word. (4) 6.5 Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg Mpho wil R 50 000 in ʼn vaste depositorekening belê. Die bank bied hom 8% saamgestelde rente per jaar aan, vir drie jaar. 6.5.1 Bereken die rente wat Mpho na drie jaar sal ontvang. (4) 6.5.2 Verduidelik die ander vorm van rente wat die bank ook kan aanbied. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 15 10720/19 SAKEROLLE 6.6 Identifiseer die diversiteitskwessie wat BCC Handelaars in ELK van die volgende stellings aangespreek het. 6.6.1 Die bestuur van BCC Handelaars maak seker dat Vusi en Jane gelyk behandel word in die werkplek. 6.6.2 Daar word gevra dat senior ervare werknemers optree as mentors vir die jonger werknemers. 6.6.3 BCC Handelaars maak voorsiening vir opritte sodat gestremde persone rolstoele kan gebruik. (6) 6.7 Bespreek die wyses waarop besighede die omgewing en menslike gesondheid kan beskerm. (8) SAKEBEDRYWIGHEDE 6.8 Identifiseer hoe Zena Konstruksie Bpk. die Totale Kwaliteit Bestuurselement (TKB) in ELKEEN van die volgende stellings toepas. 6.8.1 Produkte en dienste verbeter konstant wat lei tot ʼn konstante verbetering in die kwaliteit van produkte. 6.8.2 Werknemers word gedurig opgelei om hulle vlak van prestasie te verbeter. 6.8.3 Marknavorsing word op ʼn gereelde basis gedoen om die behoeftes van klante te bepaal. 6.8.4 Daar is genoeg kapitaal om grondstowwe en toerusting te koop sodat kwaliteit dienste gelewer kan word. (8) 6.9 Gee advies aan die besigheid oor die redes vir die beeïndiging van ʼn indiensnemingskontrak. (8) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 16 10720/19 AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord van elke NUWE vraag moet op ʼn NUWE bladsy begin, byvoorbeeld Vraag 7 op ʼn NUWE bladsy, Vraag 8 op ʼn NUWE bladsy, ens. VRAAG 7 SAKEOMGEWINGS (STRATEGIEË) SIMPHIWE VERVAARDIGERS (SV) Simphiwe Vervaardigers spesialiseer daarin om ontwerpersakke te lewer. Hulle verkope het afgeneem as gevolg van uitdagings in die mark en makro-omgewings. Die bestuur van SV het besluit om Porter se Vyf magte model te gebruik om strategieë te implementer om die besigheid se uitdagings aan te spreek. Skryf ʼn gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte.  Verduidelik hoe SV, Porter se Vyf Magte model, kan toepas om die uitdagings in die markomgewing te analiseer.  Bespreek DRIE tipes diversifikasie strategieë wat SV kan gebruik om die uitdagings van die makro-omgewing aan te spreek.  Brei uit oor die effektiwiteit van intensiewe strategie as beste strategie om uitdagings aan te spreek.  Gee advies aan die bestuur van SV oor die stappe om strategieë te evalueer. [40] VRAAG 8 SAKEGELEENTHEDE (VERSEKERING) Besighede is bewus van die belangrikheid van verpligte en nie-verpligte versekering. Hulle weet ook om die beginsels van versekering in ag te neem. Besighede moet seker maak dat hulle bates nie onder- of oorverseker is nie. Met inagneming van die bostaande stellings, skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte.  Onderskei tussen verpligte en nie-verpligte versekering en gee voorbeelde van elk.  Verduidelik wat is die belangrikheid van versekering vir die besigheid.  Bespreek VIER beginsels van versekering.  Adviseer die besigheid oor die verskil tussen onder- en oorversekering. [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com BESIGHEIDSTUDIES 17 10720/19 VRAAG 9 SAKEROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIK) Besighede bereik hulle doelwitte deur effektiewe spanwerk. Dit is belangrik vir spanleiers om verskillende stadiums van spanontwikkeling te ken. Hulle moet ook weet hoe om griewe en konflik in die besigheid te hanteer. Skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Onderskei tussen griewe en konflik.  Bespreek VIER stadiums van spanontwikkeling.  Verduidelik DRIE kriteria om suksesvolle spanne te assesseer.  Stel strategieë voor om die volgende moeilike persoonlikhede te hanteer: - Besluitelose mense - Stil mense [40] VRAAG 10 SAKEBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) CLAUDIA VERFVERVAARDIGERS (CVV) Claudia Verfvervaardigers is op soek na ʼn ervare toesighouer. Daar word van Fatima die menslike hulpbon bestuurder verwag om onderhoude te voer en induksie te doen vir die nuutaangestelde toesighouer. CVV sal ook seker maak dat die regte van die nuwe werknemer beskerm word en in lyn is met die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995). Skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:  Lig die werwingsprosedure uit wat CVV moet gebruik om die vakature te vul.  Verduidelik wat is die rol van die onderhoudvoerder voor en gedurende die onderhoud.  Bespreek die voordele van induksie.  Gee advies aan Fatima oor die implikasies van die Arbeidsverhoudingswet op die menslike hulpbronfunksie. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 TOTAAL: 300 EINDE

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Business Studies

View all