Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201613 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10602 WISKUNDIGE GELETTERDHEID TWEEDE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 11 bladsye +1 antwoordblad en ʼn addendum met 4 bylae 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Tweede Vraestel) 10602/16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Tweede Vraestel) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Gebruik die ANTWOORDBLAD aan die einde van jou vraestel om Vraag 1.1.3 te beantwoord. 3. Gebruik die ADDENDUM soos volg: - Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.2 te beantwoord. - Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.1 te beantwoord. - Gebruik BYLAAG C1 en BYLAAG C2 om Vraag 4.2 te beantwoord. 4. Nommer jou antwoorde korrek soos die nommerstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Jy mag ʼn goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) gebruik, tensy anders vermeld. 7. Toon ALLE berekeninge duidelik. 8. Rond ALLE antwoorde toepaslik af tot die gegewe konteks, tensy anders gevra. 9. Dui meeteenhede aan waar van toepassing. 10. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig op skaal geteken nie, tensy anders vermeld. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Tweede Vraestel) 10602/16 VRAAG 1 1.1 Selfoon-gebruikers is gevra om ʼn opname te voltooi oor die aantal ure wat hul daagliks op hul selfone spandeer. Die aantal ure, afgerond tot een desimale plek, wat hul op hul selfone spandeer, word in Tabel 1 hieronder opgesom. ʼn Koerant het oor die resultate van die opname verslag gelewer. Die opskrif vir die verslag was: “Skokkende Statistiek! Baie Suid-Afrikaanse selfoon-gebruikers in die 15 tot 19-jarige ouderdomsgroep gebruik hul selfone vir meer as 10,5 ure per dag.” TABEL 1: Daaglikse selfoon-gebruik in ure 9 tot 14 jaar 15 tot 19 jaar 20 tot 25 jaar Ure per Aantal Ure per Aantal Ure per Aantal dag gebruikers dag gebruikers dag gebruikers 0 – 1,4 10 0 – 1,4 25 0 – 1,4 4 1,5 – 2,9 102 1,5 – 2,9 110 1,5 – 2,9 115 3,0 – 4,4 93 3,0 – 4,4 A 3,0 – 4,4 203 4,5 – 5,9 85 4,5 – 5,9 85 4,5 – 5,9 98 6,0 – 7,4 46 6,0 – 7,4 50 6,0 – 7,4 75 7,5 – 8,9 15 7,5 – 8,9 30 7,5 – 8,9 50 9,0 – 10,4 12 9,0 – 10,4 20 9,0 – 10,4 32 10,5 – 11,9 9 10,5 – 11,9 15 10,5 – 11,9 19 TOTAAL 372 TOTAAL 500 TOTAAL 596 Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 1.1.1 Bereken die vermiste waarde A. (2) 1.1.2 Bereken die persentasie van die totale aantal gebruikers wat 3,0 – 5,9 ure per dag op hul selfoon spandeer. (4) 1.1.3 Gebruik die ANTWOORDBLAD aan die einde van die vraestel om ʼn staafgrafiek vir die 15 tot 19-jarige ouderdomsgroep voor te stel. (5) 1.1.4 Gebruik berekeninge om die koerant se gevolgtrekking te bevestig. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Tweede Vraestel) 10602/16 1.2 Mnr. Ismael het besluit om sy besigheid van sy huis af te bestuur om sodoende algemene kostes te verminder. Hy benodig ʼn landlyn sodat hy fakse kan ontvang en stuur asook om oproepe te maak. Sy vriend, Mnr. Naicker, het hom vertel dat hy huidiglik R200 vir huur vir sy landlyn betaal, en dat sy oproepe hom R0,50 per minuut kos. Mnr. Ismael het twee kwotasies vanaf diensverskaffers ontvang, Tellicom en Renewtel onderskeidelik. Tabel 2 hieronder dui die twee kwotasies wat Mnr. Ismael van die twee diensverskaffers ontvang het, aan. TABEL 2: Tariewe vir landlyne vanaf diensverskaffers TELLICOM RENEWTEL Huur: R250 per maand Huur: R350 per maand Eerste 200 minute gratis Eerste 400 minute gratis Oproepkoste: R0,80 per minuut Oproepkoste: R0,90 per minuut Faks koste: R1,10 per minuut Faks koste: R1,20 per minuut Geen verskil in tarief gedurende ʼn 24 uur 5% Afslag op fakse tussen 20:00 en 07:00 tydperk nie Mnr. Naicker gebruik die volgende formule om die totale maandelikse koste vir sy landlyn te bereken: Totale koste = R200 + R0,50 × aantal minute Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 1.2.1 (a) Skryf ʼn formule neer om die totale maandelikse koste van beide diensverskaffers te bereken. (2) (b) Mnr. Ismael beweer dat Renewtel die goedkoper opsie is indien hy ʼn gemiddeld van 500 minute per maand op oproepe spandeer. Staaf Mnr. Ismael se bewering deur berekeninge. (5) 1.2.2 Mnr. Ismael stuur ʼn gemiddeld van 125 fakse per maand, buiten sy 500 minute oproepe, en elke faks gebruik 2,5 minute om gestuur te word. (a) Bepaal die totale maandelikse koste by Tellicom. (3) (b) Indien Mnr. Ismael 25% van die totale aantal van 125 fakse daagliks tussen 08:00 en 20:00 stuur, bereken die totale koste by Renewtel. (6) 1.2.3 Oorweeg alle berekeninge wat Mnr. Ismael gemaak het en motiveer by watter diensverskaffer hy sy kontrak moet teken. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Tweede Vraestel) 10602/16 1.3 Mnr. Ismael se besigheid het ʼn kontrak met ABC Fire Matches waarvoor hul vuurhoutjie- bokse verpak. Hy tel die aantal vuurhoutjies per boks in ʼn steekproef bokse en het sy resultate in Tabel 3 hieronder getabelleer: TABEL 3: Aantal vuurhoutjies per boks in ʼn steekproef bokse Aantal vuurhoutjies 46 47 48 49 50 51 52 53 54 Aantal bokse 1 3 4 2 3 5 3 3 1 Gebruik die inligting hierbo en beantwoord die vrae wat volg: 1.3.1 Skryf die tipe data wat Mnr. Ismael versamel het, neer. Verduidelik jou antwoord. (2) 1.3.2 Bepaal die totale aantal vuurhoutjiebokse wat geproef is. (2) 1.3.3 Bereken watter persentasie van die steekproef minder as 50 vuurhoutjies bevat. (3) 1.3.4 Skryf die minimum en maksimum waardes van die stel data neer. (2) 1.3.5 Bereken die gemiddelde aantal vuurhoutjies in die steekproef bokse. (3) 1.3.6 Verduidelik hoe Mnr. Ismael die mediaan aantal vuurhoutjies moet bereken. (2) [47] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Tweede Vraestel) 10602/16 VRAAG 2 2.1 Thandi is ʼn student en gebruik haar entrepreneuriese vaardighede om by te dra tot die betaling van haar studies. Sy maak sjokolade lekkers in twee vorms en geure: ʼn Driehoekige prisma, aarbei-sjokolade, en ʼn plat, silindriese vorm, karamel-sjokolade. Sy verpak die driehoekige aarbei-sjokolades in ʼn driehoekige prisma boks en die plat, silindriese vorm sjokolade in ʼn reghoekige boks soos hieronder aangedui. Aarbei-sjokolade Karamel-sjokolade 1,5 cm r h Alle sye van die driehoek = 3 cm 1,5 cm Hoogte van driehoek = 2,7 cm Dikte = 1,5 cm V = π r2 h; waar π = 3.142 V = ½bh × dikte Reghoekige boks vir verpakking Driehoekige boks vir verpakking Lengte = 3 cm Breedte = 3 cm Hoogte = 9 cm 3 cm 21 cm Buite oppervlak = 4(ℓ × b) + 2s2 3 cm Buite oppervlak = 3(ℓ × b) + 2(½×b×h) Kapasiteit van enige boks = ℓ×b×h Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 2.1.1 Bereken die volume van een aarbei-sjokolade. (3) 2.1.2 Bepaal die aantal aarbei-sjokolade wat in ʼn driehoekige prisma boks kan inpas. (3) 2.1.3 Die kapasiteit van die reghoekige boks is 81 cm3. Bepaal die volume van die reghoekige boks wat nie gevul sal word indien die sjokolades daarin verpak word nie. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Tweede Vraestel) 10602/16 2.1.4 Thandi voer die sjokolade wat sy gebruik om die sjokolade lekkers te maak, van die VSA in. Die invoerkoste van 8 kg sjokolade is $723,70. Indien die wisselkoers 1 VSA $ = R14,26 is, bereken die koste vir een kilogram sjokolade in rand-waarde. (4) 2.2 ʼn Nuwe inkopiesentrum, Emnandi Inkopiesentrum, is in Johannesburg Noord opgerig. Sommige van die nuwe huurders het alreeds hul winkels geopen maar daar is steeds ʼn paar onbesette plekke. Verwys na Bylaag A op die Addendum en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Watter winkel nommer sal die beste posisie vir toilette wees? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 2.2.2 Woolworths is deel van die nuwe winkelsentrum. Hul verkoop klere, vrugte en groente en daaglikse toebehore. Watter winkel sal hul die beste pas? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 2.2.3 Thandi gaan by Emnandi Inkopiesentrum in by Ingang 2 en loop in ʼn Noord Oostelike rigting verby Vodacom. By winkel 245 draai sy in ʼn Noordwestelike rigting en by die eerste gang, draai sy regs. Sy loop reguit aan verby die restaurant aan haar regterkant en direk daarna, draai sy regs. Watter winkel is reg voor haar? (2) 2.2.4 Indien Thandi by Emnandi inkopiesentrum Ingang 2 gebruik en na “Chops & T-Bones” moet gaan, gee vir haar aanwysings om die winkel te bereik. (2) 2.2.5 Dit neem Thandi 25 minute om 27 meter deur die inkopiesentrum te loop. Bereken haar gemiddelde spoed. Gee jou antwoord in meter per sekonde. Gebruik die formule: Spoed = afstand tyd (3) [25] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Tweede Vraestel) 10602/16 VRAAG 3 3.1 Rasheed bly in Modimole, Limpopo en het besluit om sy ou skoolvriendin Christine, wat nou in Volksrust, Mpumalanga woon, te besoek. Hy beplan om slegs op nasionale hoofpaaie te ry en na elke uur en ʼn half te stop om moegheid te voorkom. Hy bestuur gewoonlik teen ʼn gemiddelde spoed van 90 km/h. Hy gebruik die kaart op BYLAAG B om sy toer te beplan. 3.1.1 (a) Skryf ʼn hoofroete neer wat Rasheed kan gebruik om na Volksrust te reis. (2) (b) Skryf DRIE dorpe neer waar Rasheed moontlik kan stop gedurende sy reis na Volksrust. (3) 3.1.2 (a) Verduidelik wat die staafskaal op die kaart aandui. (3) (b) Gebruik die staafskaal op die kaart om die reguit lyn afstand vanaf Modimole na Volksrust in kilometers te bepaal. (4) 3.1.3 (a) Bepaal die aantal tye wat Rasheed gedurende sy reis na Volksrust moet stop indien die totale afstand 347,2 km is. Rond jou antwoord af tot die naaste heelgetal. (5) (b) Rasheed besluit om vir 20 minute by elke stop te ontspan. Indien hy Modimole om 07:00 verlaat, bereken die tyd wat hy in Volksrust sal aankom. (5) 3.2 Anton werk as ʼn veldwagter by die Kruger Nasionale Park in Mpumalanga. ʼn Deel van Anton se werk is om uit te vind of die bewering dat Impala (Impala is ʼn tipe wildsbok wat in die Kruger Nasionale Park gevind kan word) gestroop word, waar is. Hy het data vir 160 dae versamel en in ʼn houer-en-punt diagram, soos hieronder aangedui, opgesom. Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 3.2.1 Skryf die vyf-getal opsomming vir die data wat in die houer-en-punt diagram voorgestel word, neer. (5) 3.2.2 Skryf die TWEE waardes neer waartussen die laagste 25% van die data lê. (2) 3.2.3 Skryf die persentasie data neer wat tussen Kwartiel 1 en Kwartiel 3 lê. (2) 3.2.4 Indien hierdie data ʼn total van 160 dae voorstel, bereken die aantal dae tussen Kwartiel 1 en Kwartiel 3. (2) 3.2.5 Bepaal die interkwartiele omvang. (3) [36] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Tweede Vraestel) 10602/16 VRAAG 4 4.1 Mandy is ʼn ballerina. Sy wil in Spanje se Nasionale Ballet-Kampioenskap deelneem, maar sy het ʼn tekort aan fondse. Haar familie besluit om ʼn fondsinsameling te hou om met die finansiële las te help. Mandy se familie hou ʼn talentvertoning en dinee aand om fondse in te samel. 4.1.1 Gedurende die talentvertoning finaal, was daar 36 deelnemers. Daar was 6 dansers, 25 sangers en die res was musikante. (a) Wat is die waarskynlikheid dat ʼn musikant eerste plek sal wen? Gee jou antwoord as ʼn persentasie afgerond tot die naaste 10 persent. (4) (b) Is dit meer waarskynlik of minder waarskynlik dat ʼn sanger die finaal sal wen? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 4.1.2 Die dinee wat tydens die talentvertoning plaasvind, is ʼn 3-gang maaltyd. Die koste vir die vertoning, insluitend die dinee, is soos volg:  R100 per persoon  R180 per paar (a) Daar was ʼn totaal van 86 paartjies en 102 enkel persone wat die talentvertoning bygewoon het. Hoeveel mense het in totaal die vertoning bygewoon? (2) (b) Indien daar 86 paartjies die vertoning bygewoon het, bereken die totale afslag. (4) (c) Bereken die totale inkomste wat van die toeskouers ontvang is. (3) 4.1.3 Mandy moet in 2018 na Spanje reis en besluit om die geld wat sy van die talentvertoning ontvang het, vir 1 jaar te belê. Sy het daarin geslaag om ʼn totaal van R25 680 gedurende die talentvertoning te spaar. Sy kies ʼn saamgestelde rentekoers by Save-It Bank van 6,5% rente per jaar, halfjaarliks saamgestel. Bereken hoeveel geld Mandy na 2 jaar sal hê. (5) 4.1.4 Mandy het huidiglik R29 200,00 as spaargeld. Die voorspelde wisselkoers vir 2018 is: € 0,88814 = $ 1 en $ 1 = R 15,2434 Gebruik die wisselkoers hierbo om te bereken hoeveel Euros sy sal hê wanneer sy na Spanje gaan. (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Tweede Vraestel) 10602/16 4.2 Mandy is ʼn 12-jarige dogter wat ballet doen vanaf 6-jarige ouderdom. By die gesondheidsbesoek, het sy 66 pond geweeg, en 58 duim lank gemeet. Haar LMI was 13,8 kg/m2. Haar ma weeg 175 pond en is 64 duim lank, en dit is bevind dat sy hoë cholesterol en Tipe II diabetes tesame met gematigde vetsug het. Haar pa is ʼn 70 duim lange kompeterende hardloper wat homself as ʼn fiksheid fanatikus beskryf. Mandy se vriende weeg almal 10 pond meer as sy, en is almal langer as sy. Finale volwasse lengte kan deur menigte faktore beïnvloed word, insluitend voeding, siekte en genetiese potensiaal. Haar genetiese potensiaal met betrekking tot lengte, kan geskat word van haar middel-ouerlike lengte. Formule wat gebruik word om ʼn persoon se middel-ouerlike lengte te bepaal: Pa se lengte  Ma se lengte - 5 Middel-ouerlike lengte = 2 Massa in kg LMI = 1 cm = 0,3937 duim (Lengte in m) 2 BYLAAG C1 bevat die Groeikaart vir dogters 2 tot 20-jarige ouderdom wat hoogte en ouderdom vergelyk. BYLAAG C2 bevat die Groeikaart vir dogters 2 tot 20-jarige ouderdom wat LMI en ouderdom vergelyk. Gebruik die inligting hierbo en BYLAE C1 en C2 om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.2.1 (a) Skryf die persentiel neer waarop Mandy se huidige massa en hoogte val. (2) (b) Bepaal Mandy se middel-ouerlike lengte in meter. (4) 4.2.2 Indien Mandy sal aanhou om op die 25ste persentiel te groei, (a) skryf haar moontlike finale volwasse lengte in cm en haar finale volwasse massa in pond neer. (2) (b) Vervolgens, bereken Mandy se LMI in kg/m. (4) 4.2.3 Identifiseer TWEE moontlike redes waarom Mandy nog nie na verwagting, gegroei het nie. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Tweede Vraestel) 10602/16 4.3 Hieronder is ʼn beskrywing van ʼn opname. Die proefneming wat hieronder beskryf word, is nie verteenwoordigend nie. “ ʼn Opname is gedoen om die houding van tieners met betrekking tot rook te bepaal. Alle skole binne ʼn 20 km radius vanaf Green Point Inkopiesentrum, in Kaapstad se middestad, is besoek. ” Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord. 4.3.1 Verduidelik waarom hierdie nie ʼn verteenwoordigende proef is nie. (2) 4.3.2 Beskryf ʼn metode om hierdie steekproef uit te voer sodat dit ʼn verteenwoordigende proef sal vertoon. (2) [42] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com ANTWOORDBLAD VRAAG 1.1.3 NAAM: Daaglikse selfoon gebruik vir 15 tot 19 jariges Daily cellphone usage of 15 - 19 year olds 180 160 140 120 Aantal gebruikers 100 Number of users 80 60 40 20 0 0 - 1,4 1,5 - 2,9 3,0 - 4,4 4,5 - 5,9 6,0 - 7,4 7,5 - 8,9 9,0 - 10,4 10,5 - 11,9 Hours Ure per day per dag

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all