Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201811 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10601 WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 1 TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + 2 antwoordblaaie b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 2 (Vraestel 1) 10601 / 18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2018 WISKUNDIGE GELETTERDHEID (Vraestel 1) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. ANTWOORDBLAAIE : Skryf jou naam in die spasie wat voorsien word en handig jou ANTWOORDBLAAIE saam met jou ANTWOORDBOEK in. 3. Gebruik die ADDENDUM soos volg: • Gebruik BYLAAG A om Vraag 2.3 te beantwoord • Gebruik BYLAAG B om Vraag 3.1 te beantwoord • Gebruik BYLAAG C om Vraag 4.1 te beantwoord • Gebruik BYLAAG D om Vraag 5 te beantwoord 4. Nommer jou antwoorde korrek soos die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 5. ʼn Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik word tensy anders vermeld. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld. 8. Dui eenhede van meting aan waar van toepassing. 9. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 3 (Vraestel 1) 10601 / 18 VRAAG 1 1.1 Mnr Gerhardus Mouton, die hoofafrigter van die eerste rugbyspan van Success Hoërskool in Johannesburg, kyk rond vir nuwe rugby items vir sy span. Sports Trade is huidiglik besig om spesiale pryse vir sommige items aan te bied. Tabel 1 : Prysgids vir Sports Trade SPESIALE AANBOD SLEGS GELDIG VIR HIERDIE WEEK RUGBYKORTBROEK RUGBYKOUSE FLUITJIE Oorspronklike prys: R 149,99 Oorspronklike prys: R80,00 Afslagprys: R 120,00 Oorspronklike prys: R 69,99 Afslagprys: R 60,00 (elk) (elk) Afslagprys: R 40,00 (per paar) ** NB : Alle pryse hierbo sluit 15% BTW uit** 1.1.1 Waarvoor staan die afkorting BTW ? (2) 1.1.2 Identifiseer die oorspronklike prys van ʼn fluitjie (BTW uitgesluit). (1) 1.1.3 Hoeveel geld word gespaar op ʼn rugbykortbroek op die afslagprys (BTW uitgesluit)? (2) 1.1.4 Bepaal die totale koste op die afslagprys (BTW uitgesluit) indien Mnr Mouton 25 rugbykortbroeke, 25 pare rugbykouse en 3 fluitjies gekoop het. (3) 1.1.5 Toon aan hoe die BTW bedrag van R627,00 bereken was op R4 180,00. (2) 1.1.6 Herlei die afslagprys van ʼn paar rugbykouse na sent. (2) 1.1.7 Skryf die afslagprys van ʼn rugbykortbroek tot die afslagprys van ʼn fluitjie as ʼn verhouding in die eenvoudigste vorm. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 4 (Vraestel 1) 10601 / 18 1.2 Ten einde hulle produkte te bemark, het Sports Trade platskerm televisies in die winkel geïnstalleer. Hierdie televisies saai sportprogramme uit. Verwys na die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg: 1.2.1 Herlei die diagonale lengte van 126 cm van die platskerm televisie na meter. (2) 1.2.2 Bepaal die omtrek van die platskerm televisie in sentimeter. (2) 1.3 Terwyl Mnr Mouton in die ry staan, vang sy oog een van die platskerm televisies wat statistiek van die vorige rugbywêreldbeker toernooie uitsaai. Die tabel hieronder was op die televisie- skerm vertoon. Verwys na die tabel en beantwoord die vrae wat volg. Tabel 2 : Statistiek van die Rugbywêreldbeker RUGBYWÊRELDBEKER Punte behaal Driëe gedruk Skepskoppe Nieu-Seeland 2 303 311 10 Australië 1 645 209 7 Suid-Afrika 1 250 141 10 Engeland 1 379 147 21 Frankryk 1 487 171 11 1.3.1 Is die data hierbo diskreet of kontinu? (2) 1.3.2 Noem die TWEE lande wat dieselfde hoeveelhede skepskoppe gehad het. (2) 1.3.3 Bepaal die verskil tussen die punte behaal tussen Australië en Suid-Afrika. (2) 1.3.4 Skryf die naam van die land wat die tweede hoogste aantal driëe gedruk het, neer. (2) 1.3.5 Bereken die totale aantal punte behaal deur al vyf lande. (2) 1.3.6 ʼn Uitskieter is ʼn getal wat baie groter of kleiner as die res van die waardes in ʼn datastel is. Skryf die naam van die land wat die uitskieter is, in die skepskoppe kolom, neer. (2) [30] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 5 (Vraestel 1) 10601 / 18 VRAAG 2 2.1 Willie is ʼn rugbyfanatikus. Hy beplan om in 2019 na Japan te gaan om sommige van die Rugby Wêreldbekerwedstryde te kyk. Om dit te kan doen, moet hy R8 750,00 vir ʼn retoervlug, R3 771,00 vir akkomodasie en R800,00 vir sakgeld per dag, vir die 3 dae wat hy daar sal wees, spaar. Hy moet sy geld na Japanese Yen omskakel voordat hy Suid-Afrika verlaat deur van R1 = ¥8, 02 gebruik te maak. 2.1.1 Bereken hoeveel ʼn 1 Yen muntstuk werd is in Suid-Afrika. (2) 2.1.2 Skakel die R800,00 om na Japanese Yen. (2) 2.1.3 Bereken die totale uitgawes vir sy toer (in Rand). (3) 2.1.4 Willie het R10 000,00 twee jaar terug teen ʼn rentekoers van 6% jaarliks saamgestel, belê. Hy wil die geld van sy belegging gebruik om te help betaal vir sy toer na Japan. Bereken hoeveel geld Willie beskikbaar sal hê uit sy belegging. (3) 2.2 Willie beplan ook om sommige van die Internasionale Vriendskaplike wedstryde voor die begin van die 2019 Rugby Wêreldbekertoernooi, te kyk. Hy het daarom besluit om ʼn platskerm televisie te koop en DSTV in sy woonstel te installeer. Sodoende kan hy hierdie wedstryde in die gemak van sy eie huis kyk. Terwyl hy deur die internet blaai, het hy op die volgende spesiale aanbiedinge afgekom. Willie het nie genoeg geld om hierdie items met kontant te koop nie en sal dit dus op huurkoop bekom. Die huurkoop aanbod behels die volgende: • 10% deposito • 20,75% jaarlikse enkelvoudige rentekoers • 3 jaar vir terugbetaling b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 6 (Vraestel 1) 10601 / 18 2.2.1 Definieer die term huurkoop. (2) 2.2.2 Identifiseer die kontantprys van die goedkoper opsie. (2) 2.2.3 Bereken die persentasie afslag van die duurder opsie indien die oorspronklike prys R10 499 was. (2) 2.2.4 Willie het besluit om die duurder opsie te neem. Bereken die deposito wat hy moet betaal. (2) 2.2.5 Identifiseer die rentekoers wat op die finansieringsbedrag gehef word. (2) 2.2.6 Willie het R899,90 as deposito betaal. Bereken die bedrag betaalbaar na 3 jaar, uitsluitend die deposito wat hy reeds betaal het. (5) 2.2.7 Willie het alreeds ses maandelikse paaiemente gemaak. Bepaal die hoeveel- heid maande wat oor is op sy terugbetalingstermyn. (2) 2.3 Willie wil verseker dat hy genoeg geld vir sy toer na die 2019 Rugbywêreldbeker sal hê en het dus besluit om sy finansies dop te hou. Hy het sy bankstate bekom om na al sy transaksies te kyk en te sien of hy minder in bankkostes kan betaal. Die volgende transaksies was deur Willie in Augustus 2018 gemaak op sy A7 Achievers rekening van Commercial Bank: • 1 × OTM kontantonttrekking van R1 000,00 by ʼn Commercial Bank OTM ; • 1 × OTM kontantonttrekking van R900,00 van ʼn ander bank se OTM. • ʼn Eksterne debietorder van R950,00. • ʼn Interne debietorder van R470,00. • 2 × eksterne stoporders na derde partye van R2 750,00 en R3 250,00 onderskeidelik. • Sy salaris van R23 550,00 word maandeliks elektronies in sy rekening gedeponeer. • 1 × OTM kontantdeposito van R2 450,00. Gebruik BYLAAG A in die ADDENDUM vir ʼn A7 Achievers rekening Prysgids. Bereken Willie se bankkostes vir Augustus 2018 deur ANTWOORDBLAD 1 aan die einde van jou vraestel te voltooi. Handig jou ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDBOEK in. (10) [37] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 7 (Vraestel 1) 10601 / 18 VRAAG 3 3.1 Rugby is ʼn baie populêre en vinnig groeiende sport by Success Hoërskool. Die skool se beheeerliggaam het besluit om die ontwikkeling van ʼn nuwe rugbyveld goed te keur. Verwys na die diagram van die nuwe rugbyveld op BYLAAG B en beantwoord die vrae hieronder. 3.1.1 Definieer die term omtrek. (2) 3.1.2 Bepaal die omtrek van die rugbyveld. (2) 3.1.3 Wat is die lengte van die rugbyveld? (3) 3.1.4 Bereken die oppervlak van die rugbyveld wat met gras bedek sal word. Gebruik die formule : Oppervlak = lengte x wydte (4) 3.1.5 Blokke gras word gebruik om die rugbyveld te dek. Bereken die oppervlak van een blok gras in vierkante meter indien die afmetings daarvan 500 mm × 700 mm is. (3) 3.1.6 Bepaal die aantal grasblokke wat benodig sal word om die hele rugbyveld te bedek. (2) 3.2 Om die rugbyveld te besproei, word ʼn spesiale silindriese watertenk gebruik. Die tenk is 3,5 m lank en het ʼn deursnit van 200 cm. Verwys na die prent en die inligting hierbo om die vrae wat volg te beantwoord. 3.2.1 Bepaal die radius van die watertenk in cm. (2) 3.2.2 Bereken die aantal water (in liter) in die tenk wanneer dit vol is. Jy mag die volgende formule gebruik : Volume = π × (radius)2 × lengte Gebruik: π = 3,142 Let ook op dat: 1000 cm3 = 1 liter 1m3 = 1 000 l (6) 3.2.3 Die skool beplan om die watertenk oor te verf. Bereken (in vierkante meter) die buite-oppervlakte van die watertenk wat geverf moet word. Gebruik die volgende formule: Buite oppervlak = 2 × π × radius (radius + lengte) Gebruik: π = 3,142 (4) [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 8 (Vraestel 1) 10601 / 18 VRAAG 4 4.1 Mnr. Mouton beplan om sy beste rugbyspelers na die Hoërskole Rugby 7’s Reeks 2018, wat deur Hermanus Hoërskool gereël word, te neem. Hermanus is ʼn dorpie op die suidkus van die Wes-Kaapse provinsie van Suid-Afrika. Verwys na BYLAAG C in die ADDENDUM, die padkaart van Suid-Afrika wat die nasionale padnetwerk toon, en beantwoord die vrae wat volg. 4.1.1 Identifiseer die nasionale pad wat Mnr Mouton moet gebruik indien hy vanaf Johannesburg reis en in Bloemfontein stop om sy bene te strek. (2) 4.1.2 Indien Mnr Mouton Johannesburg verlaat en op die N1 in ʼn suidelike rigting reis, wat is die eerste dorp op sy pad soos op die kaart aangedui? (2) 4.1.3 Hoeveel nasionale paaie verbind met Bloemfontein? (2) 4.1.4 Noem die tipe skaal wat op die kaart gebruik word. (2) 4.1.5 Identifiseer die nasionale pad wat langs die kuslyn aan die ooste van Suid- Afrika aangetref word. (2) 4.1.6 Die nommerskaal van die kaart is 1 : 10 000 000. Verduidelik wat die skaal beteken. (2) 4.1.7 Daarvolgens, gebruik die skaal in Vraag 4.1.6 om die afstand in kilometer (soos die kraai vlieg) tussen Johannesburg en Hermanus te bereken indien die afstand op die kaart tussen die twee stede 13 cm meet. (3) 4.1.8 Dit sal Mnr Mouton 12 ure neem om die werklike afstand van 1 415 km tussen Johannesburg en Hermanus af te lê. Bereken sy gemiddelde spoed. Rond jou antwoord af tot die naaste km/h. 𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅 Jy mag die volgende formule gebruik: Gemiddelde spoed = 𝑻𝒚𝒅 (3) 4.1.9 Die minibus waarmee Mnr Mouton sal reis, verbruik 7, 8l / 100 km. Bereken hoeveel geld hy op brandstof vir ʼn eenrigting-reis vanaf Johannesburg na Hermanus (1 415 km) sal spandeer indien die prys van brandstof R14,70 per liter is. (4) 4.2 Die weervoorspelling voorspel 'n 0,652 kans vir reën vir die dag van die finaal van die Hoërskole Rugby 7’s Reeks. 4.2.1 Skryf die weervoorspelling as ʼn vereenvoudigde breuk neer. (2) 4.2.2 Skryf die waarskynlikheid vir reënval as ʼn persentasie neer. (2) 4.2.3 Beteken dit dat dit definitief op daardie dag sal reën? Verduidelik jou antwoord. (2) [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 9 (Vraestel 1) 10601 / 18 VRAAG 5 5.1 Mnr Mouton moet sy spelerinliging by Hermanus Hoërskool indien om sodoende suksesvol te registreer vir die Hoërskole Rugby 7’s Reeks. Bestudeer die tabel op BYLAAG D noukeurig en beantwoord die vrae hieronder. 5.1.1 Rangskik die massas van al die spelers van beide spanne gesamentlik in stygende volgorde. (2) 5.1.2 Identifiseer die langste speler vanuit al die spelers en skryf sy lengte neer. (2) 5.1.3 Bepaal die modale massa van die spelers in span B. (2) 5.1.4 Identifiseer die minimum ouderdom in span A. (2) 5.1.5 Bepaal die mediaan LMI van die spelers in span A. (2) 5.1.6 Bereken die gemiddelde lengte van die spelers in span A. (3) 5.1.7 𝑴𝒂𝒔𝒔𝒂 (𝒌𝒈) Gebruik die formule: LMI = 𝑳𝒆𝒏𝒈𝒕𝒆 (𝒎)𝟐 om speler 4 in span B se LMI te bereken. (2) 5.1.8 Verduidelik waarom die data van die lengtes van die spelers as kontinue data beskou kan word. (2) 5.2 Gebruik die inligting van die tabel op BYLAAG D in die ADDENDUM oor die lengtes van AL die spelers om die frekwensietabel op ANTWOORDBLAD 1 aan die einde van jou vraestel, te voltooi. (5) 5.3 Gebruik die inligting van die tabel op BYLAAG D in die ADDENDUM oor die massas van AL die spelers om ʼn horisontale staafgrafiek op ANTWOORDBLAD 2 te voltooi. (5) [27] TOTAAL: 150 EINDE
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 10 (Eerste Vraestel) 10601 / 18 ANTWOORDBLAD 1 Naam: ____________________________________________________ GR 12 - ____ VRAAG 2.3 TRANSAKSIES Fooi / Koste (in R) Maandelikse rekeningfooie R OTM kontantontrekkings: Commercial Bank OTM R Ander bank R Eksterne debietorder R Interne debietorder R Eksterne stoporder R Aanlyntjekdeposito R Kontantdeposito R Totaal vir bankfooie R (10) VRAAG 5.2 Lengte (in m) Telling Frekwensie 1,5 – 1,62 1,63 – 1,75 1,76 – 1,85 1,86 en langer (5)
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERDHEID 11 (Eerste Vraestel) 10601 / 18 ANTWOORDBLAD 2 Naam: ____________________________________________________ GR 12 - ____ VRAAG 5.3 Massas van Spelers (in kg) 14 13 12 11 10 9 8 Spelers 7 6 5 4 3 2 1 0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 Massas van spelers (in kg) (5)

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all