Skip to content

Mathematical Literacy Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

Question paperMathematical LiteracyGrade 12201811 pages

Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10602 WISKUNDIGE GELETTERDHEID VRAESTEL 2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur 9 bladsye + 2 antwoordblaaie en ʼn addendum met 6 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 2 (Vraestel 2) 10602/18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN WISKUNDIGE GELETTERHEID (Vraestel 2) TYD: 3 uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord ALLE vrae. 2. Gebruik die BYLAE soos volg: Gebruik BYLAAG A vir VRAAG 1.1 Gebruik BYLAAG B vir VRAAG 2 Gebruik BYLAAG C vir VRAAG 3.2 Gebruik BYLAAG D vir VRAAG 4.1 Gebruik BYLAAG E vir VRAAG 5 Handig ANTWOORDBLAD 1 en 2 vir VRAE 3.2.3 en 4.1.5 saam met jou ANTWOORDBOEK in. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn goedgekeurde (nieprogrammeerbare en niegrafiese) sakrekenaar gebruik, tensy anders vermeld word. 6. Toon ALLE berekeninge duidelik. 7. Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders vermeld word. 8. Meeteenhede moet duidelik getoon word, waar van toepassing. 9. Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie, tensy andersins vermeld word. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 3 (Vraestel 2) 10602/18 VRAAG 1 1.1 Pule (63-jaar oud) verdien ʼn belasbare inkomste van R33 412,65 per maand nadat 7,5% tot sy pensioenfonds bygedra is. Hy is ʼn lid van ʼn mediese fonds-skema en het een afhanklike. Gebruik die belastingtabel op BYLAAG A om die volgende vrae te beantwoord. 1.1.1 Bepaal sy jaarlikse salaris voordat bydraes tot sy pensioenfonds gemaak word. Gebruik die formule: Maandelikse salaris = Maandelikse belasbare inkomste ÷ 0,925 (4) 1.1.2 Kwalifiseer Pule om belasting te betaal? Verduidelik jou antwoord. (2) 1.1.3 Pule beweer dat sy maandelikse belastingbydrae R5 756,40 beloop. Verifieer, deur berekeninge, die geldigheid van sy bewering. (10) 1.2 Pule beplan om nog vertrekke by sy huis aan te bou. Hierdie vertrekke is op BYLAAG B aangedui as slaapkamers 3 en 4, ʼn teater en ʼn dubbel motorhuis. Hy het 4 werkers gehuur om die bouwerk aan sy huis te voltooi. Hulle het ʼn 3 maande kontrak vir die voltooïng van die projek geteken. Die totale koste vir die uitbreiding van sy huis (boumateriaal en arbeid ingesluit) beloop R321 021,56 (BTW uitgesluit). 30% van hierdie bedrag is geallokeer aan die lone van die werkers wat 3 keer betaal sal word. 1.2.1 (a) Bepaal die totale bedrag wat vir lone geallokeer is. (2) (b) Bepaal vervolgens die bedrag wat elke werker maandeliks sal ontvang. (4) 1.2.2 Sihle beweer dat Pule R256 175,20 vir die boumateriaal sal betaal. Verifieer, deur berekeninge te toon, of sy stelling geldig is. (Gebruik 14% as BTW.) (6) 1.2.3 Pule het aansoek vir ʼn lening van R210 050 gedoen om sodoende sy bouprojek te voltooi. Hy het twee instansies vir die lening genader. Instansie A: Die rente gehef op die leningsbedrag beloop 10% per jaar, halfjaarliks saamgestel. Instansie B: Die rente gehef op die leningsbedrag beloop 8% per jaar, kwartaalliks saamgestel. Pule beoog om die lening binne ʼn jaar terug te betaal. Abbey het Pule aanbeveel om ʼn lening by instansie B in plaas van instansie A te neem aangesien die bedrag wat hy moet terugbetaal minder sal wees. Stem jy saam met Abbey se aanbeveling? Gebruik berekeninge om jou opinie te ondersteun. (10) [38] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 4 (Vraestel 2) 10602/18 VRAAG 2 Die vloerplan van Pule se huis word op BYLAAG B aangetoon. Gebruik BYLAAG B en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Identifiseer die vertrekke wat gedurende die winter warmer sal wees en verduidelik hoekom. (3) 2.2 Pule wil hê dat die werkers die kombuis, eetkamer, en familie- kamer met porseleinteëls moet teël. Gebruik die afmetings op die vloerplan in BYLAAG B om die oppervlakte wat geteël moet word, te bereken. Gebruik die formule: Oppervlakte van ʼn reghoek = lengte × wydte (4) 2.3 Bepaal vervolgens die koste van die bokse teëls wat aangekoop moet word indien een boks porseleinteëls R189,99 kos en TWEE vierkante meter dek. Hulle moet 2 ekstra bokse teëls koop om voorsiening te maak vir teëls wat kan breek. (5) 2.4 Dit neem die werkers drie dae om ʼn kamer met ʼn oppervlakte van 8,4 m2 te bou. Gebruik berekeninge om te bepaal hoeveel dae dit die werkers sal neem om die huis te vergroot. Neem in ag dat die kamers wat aangebou sal word ʼn oppervlakte van 73 m2 beslaan. Rond jou antwoord af tot die naaste aantal weke indien hulle 7 dae per week werk. (4) [16] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 5 (Vraestel 2) 10602/18 VRAAG 3 3.1 Pule wou ʼn geyser in die huis installeer. Hy het na die hardewarewinkel gegaan en TWEE tipe geysers gevind: ʼn silindriese geyser met ʼn deursnee van 1,3 m en ʼn hoogte van 2 m en ʼn reghoekige geyser met ʼn hoogte van 2 m, wydte van 86 cm en ʼn lengte van 1,1 m soos hieronder aangedui. Die geyser moet met ʼn geyser-kombers bedek word. 1,3 m 2m 2m 86 cm 1,1 m Buite-oppervlakte van die silindriese geyser = 2 × π × (radius)2 + 2 × π × radius × hoogte waar π = 3,142 Volume van ʼn silinder = π × (radius)2 × hoogte waar π = 3,142 Buite-oppervlakte van ʼn reghoekige prisma = 2(lengte × hoogte) + 2 (wydte × hoogte) + 2 (lengte × wydte) Volume van ʼn reghoekige prisma = lengte × wydte × hoogte 3.1.1 Bepaal die buite-oppervlakte van die reghoekige geyser wat met ʼn geyser- kombers bedek moet word. Gee jou antwoord in m2. (3) 3.1.2 Die verkoopspersoon het Pule aanbeveel om die silindriese geyser te koop aangesien dit ʼn groter kapasiteit het. Verifieer of sy aanbeveling geldig is. (6) 3.1.3 Bereken hoeveel liter water benodig word om die silindriese geyser te vul indien die geyser tot ʼn maksimum kapasiteit van 95% gevul kan word. Gebruik: 1000 cm3 = 1 liter (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 6 (Vraestel 2) 10602/18 3.2 Pule het ʼn kamer by Sihle gehuur terwyl die werkers besig was om die bouwerk aan sy huis te voltooi. Sihle en Pule het ooreengekom om die water- en elektrisiteitsrekening asook die waterheffing in die verhouding 2:3 te deel. Hulle het 39 kℓ water vir April gebruik. Gebruik die water tariefstruktuur in BYLAAG C om die volgende vrae te beantwoord. • Neem kennis dat waterheffing = 10% van die huidige waterrekening. 3.2.1 Bereken die bedrag betaalbaar deur beide gesinne vir die verbruik van 39 kℓ, insluitend die waterheffing. (6) 3.2.2 Sihle beweer dat hy minder as R300 moet betaal vir die water wat deur sy gesin verbruik was. Verifieer sy bewering. (4) 3.2.3 Pule en sy vrou wil graag 3 kinders hê. Hulle sal gelukkig wees indien hulle 2 seuns en ʼn dogter kan hê. Gebruik die boomdiagram op ANTWOORDBLAD 1 om die waarskynlikheid daarvan te bepaal om 2 seuns en ʼn dogter te hê indien hul eerste kind ʼn seun is. Skryf jou antwoord as ʼn persentasie. Voltooi hierdie vraag op ANTWOORDBLAD 1 aan die agterkant van jou vraestel. Handig ANTWOORDBLAD 1 saam met jou ANTWOORDBOEK in. (7) [32] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 7 (Vraestel 2) 10602/18 VRAAG 4 4.1 Statistiek Suid-Afrika (STATS SA) het inligting bekend gemaak oor die pryse vir die bou van meenthuise versus vrystaande huise. BYLAAG D verskaf die gemiddelde pryse per vierkante meter vir die bou van meenthuise of vrystaande huise in elke provinsie. Gebruik BYLAAG D om die vrae hieronder te beantwoord. 4.1.1 Watter tipe huis is die ekonomieste om te bou in die RSA? Verskaf ʼn rede vir jou keuse. (3) 4.1.2 Bepaal die interkwartiel-omvang vir die bou van ʼn vrystaande huis in Suid- Afrika, sonder die gemiddelde wat vir RSA aangetoon word. (7) 4.1.3 Hoekom dink jy is dit duurder om enige tipe huis in KwaZulu-Natal te bou? Gee TWEE redes. (2) 4.1.4 Verduidelik waarom, vir vrystaande huise, die gemiddelde wat vir RSA gegee word nie dieselfde is soos om die waardes van die nege provinsies bymekaar te tel en met 9 te deel nie. (2) 4.1.5 ʼn Staafgrafiek wat die koste vir die bou van ʼn vrystaande huis in elke provinsie voorstel is reeds op ANTWOORDBLAD 2 aangebring. Gebruik dieselfde antwoordblad, aan die agterkant van jou vraestel, om ʼn saamgestelde staafgrafiek te teken wat die koste vir die bou van meenthuise verteenwoordig. Handig jou ANTWOORDBLAD 2 saam met jou ANTWOORDBOEK in. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 8 (Vraestel 2) 10602/18 4.2 Die mond-en-snor diagramme hieronder stel die geprojekteerde salarisskale (in honderde) vir die werknemers wat deur ʼn onderneming gehuur gaan word, voor. Hulle beplan om 120 deeltydse werknemers en 40 voltydse werknemers aan te stel. Gebruik die mond-en- snor diagramme hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. Deeltydse werknemers Voltydse werknemers 4.2.1 Hoeveel voltydse werknemers verdien ʼn salaris minder as R8 000? (3) 4.2.2 Hoeveel deeltydse werknemers verdien ʼn salaris minder as die boonste kwartiel? (3) 4.2.3 Watter meting van sentrale neiging verteenwoordig hierdie stel data die beste? Verduidelik jou antwoord. (3) 4.2.4 Bepaal die omvangsalaris van die deeltydse werkers. (3) 4.2.5 Verduidelik waarom die omvang nie gebruik kan word om die gemiddelde salaris van die werknemers voor te stel nie. (2) 4.2.6 Pule beweer dat voltydse werknemers ʼn beter salaris as deeltydse werknemers sal verdien. Bevestig die geldigheid van sy bewering. (4) 4.2.7 Pule se vrou het ʼn werksaanbod as skoonmaker ontvang, die werk met die minste betaling. Sy moet kies tussen deeltydse- en voltydse indiensneming. Watter opsie moet sy kies? Verduidelik. (3) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 9 (Vraestel 2) 10602/18 VRAAG 5 Sihle en Pule het vanaf Pretoria na Bloemfontein gereis. Hulle het Pretoria om 10:45 verlaat en om 15:15 in Bloemfontein aangekom. Gebruik BYLAAG E om die volgende vrae te beantwoord. 5.1 Beskryf TWEE ander moontlike roetes, behalwe die N1, vanaf Johannesburg na Bloemfontein. (5) 5.2 Gebruik die staafskaal om die werklike retoerafstand (soos na die kraai vlieg) vanaf Pretoria na Bloemfontein te bepaal. (7) 5.3 Bereken die gemiddelde spoed (in km/h) waarteen hulle sal reis. Rond jou finale antwoord af tot die naaste km/h. (6) 5.4 Watter advies sal jy aan Sihle gee oor die spoed waarteen hulle na Bloemfontein sal reis? (2) 5.5 Gee TWEE redes waarom die kaart in Bylaag E nie die geskiste is, om ʼn roete vanaf Pretoria na Bloemfontein te beplan nie. (4) [24] TOTAAL [150] EINDE
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 10 (Vraestel 2) 10602/18 ANTWOORDBLAD 1 Naam: ____________________________________________________ GR 12 - ____ VRAAG 3.2.3 Kinders UITKOMSTE: WAARKYNLIKHEID:
Downloaded from hlayiso.com WISKUNDIGE GELETTERHEID 11 (Vraestel 2) 10602/18 ANTWOORDBLAD 2 Naam: ____________________________________________________ GR 12 ____ VRAAG 4.1.5 KOSTE VAN VRYSTAANDE HUISE

Study this subject

More from Grade 12 Mathematical Literacy

View all