JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING
GRAAD 5
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
2012 MODELVRAE TOETS
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper
Grade 5 Afrikaans FAL question paper from the ANA Exemplars 2012, 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 5 · ANA Exemplars · 2012 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 5
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA Exemplars
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 7
- File size
- 185.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 7
This exam
ANA Exemplars 2012
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Lees die volgende leesstuk en beantwoord die vrae wat daarop volg:
Teen die voet van die berg was daar 'n groot pragtige meer waar baie kraanvoëls
gebly het. ʺMoeder Kraanvoëlʺ was die bekendste onder hulle en ook die slimste.
Daar was ook baie ander diere wat naby die berg gebly het. ʺMoeder Kraanvoël'' was
baie behulpsaam teenoor hulle.
In die bos was daar 'n Wolf wat nooit enige hulp van ʺMoeder Kraanvoëlʺ wou hê nie.
Eendag het die wolf gesien hoe 'n beerwelpie 'n klein vissie vang. Die wolf het oor die
welpie gespring, die vissie gegryp en dit vinnig ingesluk.
Wolwe eet gewoonlik nie vis nie. 'n Groot graat het in sy keel vasgesteek en hy
het geskreeu van pyn. Hy het die graat met sy poot probeer uithaal, maar tevergeefs.
'n Rukkie later het hy baie honger geword, maar kon nie eet nie en het gehuil van pyn.
'n Eekhoring het toe gevra: ʺWat is fout?ʺ Die wolf antwoord toe: ʺDaar is 'n graat in
my keel.ʺ
Die eekhoring het toe voorgestel dat hy ʺMoeder Kraanvoëlʺ moet gaan spreek. Wolf
het onmiddellik ingestem en gaan kyk waar hy ʺMoeder Kraanvoëlʺ kon kry. ʺMoeder
Kraanvoëlʺ het aan Wolf gevra wat sy vir hom kon doen? Hy het geantwoord en gesê:
ʺMoeder Kraanvoël, 'n graat sit in my keel vas. As jy dit vir my kan uithaal sal ek jou
ryklik beloon.ʺ
ʺMoeder Kraanvoëlʺ sê toe: ʺMaak jou mond oop en buig jou kop agteroor.ʺ Sy het
haar bek in sy keel gesteek en die graat uitgehaal.
Die wolf sê toe; ʺA! Wat 'n verligting! Nou kan ek weer eet.ʺ ʺMoeder Kraanvoël'' vra
toe waar haar vergoeding is?ʺ
Kwaai het die wolf geantwoord: ʺVergoeding? Is dit nie vergoeding dat ek nie jou kop
afgebyt het nie?ʺ
ʺMoeder Kraanvoëlʺ het die ondankbare Wolf nie verstaan toe hy daar wegloop sonder
om haar te vergoed nie of selfs bedank het nie.
1. Omkring die letter met die mees gepaste titel.
A Die wyse kraanvoël.
B Die honger wolf.
C Die kraanvoël en die wolf.
D Die eekhoring en die wolf. (2)
1
2. Die wolf het na die kraanvoël se blyplek gegaan. Waar het die kraanvoël
gewoon?
___________________________________________________________ (1)
3.1 Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Watter van die volgende woorde beskryf die wolf se karakter die beste?
A onbehulpsaam
B ondankbaar
C hulpeloos
D gedagteloos (1)
3.2 ʺMoeder Kraanvoëlʺ was 'n goeie karakter. Kies woorde uit die storie wat
haar karakter beskryf.
__________________ en _____________________ (2)
4. Waarom het die wolf ʺMoeder Kraanvoël'' besoek?
A Om die visgraat te laat verwyder.
B Om medisyne vir sy pyn te kry.
C Om te gaan vir 'n ondersoek.
D Om advies oor sy gesondheid te verkry. (1)
5. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Wat kan ons uit die storie leer?
A Ons moet onbeskof wees.
B Ons moet vriendelik wees.
C Ons moet ons belofte nakom.
D Ons moet elkeen vertrou. (1)
2
6. Dink jy dat die kraanvoël 'n goeie vriend sal wees? Verskaf 'n rede vir jou
antwoord.
____________________________________________________________
____________________________________________________________ (2)
Lees die volgende leserswenke wat voolger kom het in die tydskrif '' KUIER''
en beantwoord Vraag 7-9.
MET ERKENNING AAN KUIER, 11 APRIL 2011, BLADSY 5
1. Voorkom dat kos jou afvoerpyp blokkeer. Gebruik die sifdoppie van 'n
speserydoppie en plaas dit in die afvoergat van die wasbak. Susan
2. Om koue pannekoek op te dis: Verwarm pannekoek in 'n pan met 'n bietjie
melk. Hanna
3. Suurlemoensap en heuning bied verligting vir 'n seerkeel. Joan
4. As jy koorsblare het, smeer vanielje-geursel aan. Dit werk! Elizabeth
5. As jou voete brand van heeldag staan, meng 1 botteltjie olyfolie en 1
botteltjie witdulsies. Vryf voete daarmee in. Lena
6. As vrieskas stink, gooi vanielje-geursel in en laat oornag staan. D. Kemp
7. Vir gevlekte kunstande, gooi 'n bietjie Milton in. Week oornag. Maretha
8. Smeermiddel vir spierpyn: 1 klein bottel brandewyn, 240g terpentyn, 4
koekies kanfer (fyn gemaal) en meng alles. Angeline
7. 7.1 Voltooi die volgende sin:
Milton word gebruik vir ______________________________. (1)
7.2 Wie het gesê dat suurlemoensap en heuning verligting vir 'n seer
keel bied? ________________________________________ (1)
3
7.3 Watter raat word twee keer vir verskillende doeleindes gebruik?
______________________________________________________ (1)
8. Omkring die letter met die korrekte antwood.
Wie het gesê: ''Om koue pannekoek op te dis: verwarm in 'n pan met 'n
bietjie melk.''
A Hanna
B Angeline
C Maretha
D Susan (1)
9.1 Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Waarmee word moeë voete behandel?
A Olyfolie en witdulsies.
B Brandewyn, terpentyn en kanfer
C Vanielje-geursel.
D Suurlemoensap en heuning (1)
9.2 Omkring die letter met die korrekte antwoord.
Wie het gesê dat koorsblare kan met vanielje-geursel behandel word?
A Joan
B Elizabeth
C Lena
D D. Kemp (1)
10. Skryf die korrekte spelling van die onderstreepte woord in die sin neer.
ʺMoeder Kraanvoëlʺ is altyd (om ring/omring/om rung/omrung) deur familie,
vriende en ander siek diere.
___________________________
(1)
4
11. Omkring die letter met die korrekte antwoord.
11.1 Die beerwelpie was_________ as die wolf om die vissie te vang.
A meer vinniger
B meer vinnig
C vinnigste
D vinniger (1)
11.2 Van al die diere in die bos was die wolf die ...
A hongerder.
B hongerste.
C mees hongerder.
D mees hongerste. (1)
12. Verbind onderstaande sinne met die woord maar .
ʺMoeder Kraanvoëlʺ het vir wolf vir haar beloning gevra. ʺMoeder Kraanvoël ʺ
het dit nie gekry nie.
______________________________________________________________. (2)
13. Voltooi die sin deur die voorsetsel in te vul.
Die beerwelpie het die vissie_______ sy mond gehad. (1)
14.1 Omkring die korrekte antwoord tussen hakies.
Die eekhoring en die beertjie (is/was) bang vir die wolf. (1)
14.2 Skryf die korrekte vorm vir die woord tussen hakies neer om die sin te
voltooi.
Die beertjie het elke dag vis in die rivier (vang).
___________________________________________________________ (1)
5
15. Skryf 'n paragraaf van ongeveer ses(6) sinne oor hoe jy jou onlangse
vakansie deurgebring het.
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________
___________________________________________________________ (6)
6
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2013 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2013 Memo

Question paper





