Downloaded from hlayiso.com
PUNTE
JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
GRAAD 5 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
TOETS
PUNTE: 30
TYD: 1½ uur
PROVINSIE _______________________________________________________________________
STREEK _________________________________________________________________________
DISTRIK ________________________________________________________________________
NAAM VAN SKOOL_______________________________________________________________
NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)
KLAS (bv. 5A) ____________________________________________________________________
VAN ______________________________________________________________________________
NAAM ____________________________________________________________________________
GESLAG (✓) SEUN DOGTER
GEBOORTEDATUM C C Y Y M M D D
*5AFAL*
Hierdie toets bestaan uit 8 bladsye, die voorblad uitgesluit.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Question Paper
Grade 5 Afrikaans FAL question paper from the ANA 2012, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 5 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 5
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- ANA
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 277.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
ANA 2012
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Instruksies aan leerders
1. Lees alle instruksies noukeurig deur.
2. Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3. Die toets duur 90 minute.
4. Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeelde lei voordat jy met die toets begin.
5. Skryf netjies en leesbaar.
Praktiese voorbeelde
1. Omkring die letter wat die korrekte antwoord.
Ons is in Graad …
A drie.
B vier.
C vyf.
D ses.
Jy het die vraag korrek beantwoord as jy C omkring het.
2. Gee TWEE redes waarom jy dink dat jy hierdie skooljaar gaan geniet.
________________________________________________________________
Jy moet min of meer so iets skryf:
Ek sal die jaar geniet omdat my Afrikaanse onderwyser baie vriendelik is. Ek sal
dit ook geniet, want my ou vriend is terug by die skool.
3. Onderstreep die korrekte antwoord uit die keuse tussen hakies.
Bafana Bafana is die sokkerspan van (Nigerië/Suid-Afrika/Australië).
Antwoord: Suid-Afrika
Die toets begin op die volgende bladsy.
Graad 5 Afrikaans EAT 1
Downloaded from hlayiso.com
Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg.
Eendag het ʼn wolf, Zizama, ʼn hond Tika, ontmoet. Zizama was maer en honger en Tika was
groot en vetgevoer. Zizama het gesê: “Jy lyk baie gesond. Ek dink nie ek het al ooit iemand
gesien wat mooier as jy lyk nie. Wat doen jy om so goed te lyk? Dit lyk asof jy beter lewe as
ek, en tog doen jy baie minder as ek. Ek beweeg altyd rond op soek na kos, terwyl dit lyk
asof jy die lewe geniet sonder om baie werk te doen.”
“Jy kon net so goed soos ek lewe,” sê Tika, “net as jy my werk vir my sal doen.”
“Watter werk doen jy?” het Zizama gevra.
“My werk is om die huis in die nag te beskerm en die diewe weg te hou,” het Tika gesê.
“Ek is bereid om dit te doen,” het Zizama gesê, “Ek woon in die bosse. Dit is moeilik vir my
wanneer die weer koud en reënerig is. Wat sal ek nie alles wil gee om ʼn dak oor my kop te
en baie goeie kos te hê nie!”
“Volg my,” het Tika gesê. Terwyl hulle geloop het, het die wolf ʼn merk om die hond se nek
gesien en gevra wat dit was. “Dit is niks nie,” het Tika gesê.
“Ja, maar sê vir my,” Zizama het aangehou.
Tika het gesê, “Wel, ek word in die dag vasgemaak sodat ek nie die mense kan byt nie. Dit
is net in die nag dat ek losgemaak word. Dit het die voordeel dat ek gedurende die dag kan
slaap en ʼn beter waghond gedurende die nag is. As dit donker word, word ek vrygelaat, en
ek kan gaan waarheen ek wil. My meester bring vir my bene en die kinders maak my skoon.
Ek eet baie goed en ek is gelukkig. Wat dink jy?”
“Ek is jammer, maar jy kan alles hou wat jy het. Ek wil vryheid hê, en wil nie die lewe wat jy
lei, hê nie,” het Zizama gesê terwyl hy omdraai.
[Verwerk uit Once Upon a Time]
Graad 5 Afrikaans EAT 2
Downloaded from hlayiso.com
1. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wat sou die beste titel vir die storie wees?
A Die Lewe van die Wolf en die Hond.
B Die Kinders en die Hond.
C Die Meester en die Hond.
D Die Diewe en die Hond. (1)
2. Watter probleme het Zizama, die wolf, ervaar om in die bos te bly?
________________________________________________________________ (1)
3. 3.1 Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Hoe sou jy Tika, die hond, beskryf?
A Hy was maer en vuil.
B Hy was groot en vuil.
C Hy was groot en skoon.
D Hy was maer en skoon. (1)
3.2 Wat het Tika, die hond, vir Zizama, die wolf, probeer wegsteek?
______________________________________________________ (2)
4. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Hoekom het Zizama, die wolf, rondbeweeg op soek na kos? Hy het dit gedoen
omdat ...
A dit pret was om rond te beweeg.
B niemand vir hom kos gegee het nie.
C Tika, die hond, vir hom gesê het om dit te doen.
D hy nie ʼn merk aan sy nek wou hê nie. (1)
Graad 5 Afrikaans EAT 3
Downloaded from hlayiso.com
5. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Wat kan ons uit die storie leer? Ons kan leer dat …
A dit beter is om goed te lewe.
B dit beter is om goed te eet.
C veiligheid belangriker is.
D vryheid belangriker is. (1)
6. Dink jy Tika, die hond, het van ʼn makliker lewe gehou? Gee ʼn rede vir jou
antwoord.
Skryf in 'n volsin.
_______________________________________________________________
(2)
_______________________________________________________________
7. Twee woorde is verkeerd gespel in die sin hieronder.
Vind die woorde en skryf hulle korrek oor.
“Ouma, ek is so dankbaar dat jy geld gespaar het. Ek het dit onmidelik nodig.
Ek is nou so gelukig. ”
7.1 __________________________ (1)
7.2 __________________________ (1)
8. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
8.1 Tika, die hond, was goed gevoer en hy het ... as die wolf geword.
A die sterkste
B meer sterk
C sterker
D sterk (1)
Graad 5 Afrikaans EAT 4
Downloaded from hlayiso.com
8.2 Tika, die hond, het ... as Zizama, die wolf, gelyk.
A gesonder
B gesond
C meer gesond
D meer gesonder (1)
9. Verbind die twee sinne deur gebruik te maak van die voegwoord “maar”.
Pieter swem goed. Pieter het nie aan enige kompetisies deelgeneem nie.
_________________________________________________________________
__________________________________________________________________ (2)
10. Vul die ontbrekende voorsetsel in die volgende sin in.
Johan was hartseer omdat hy nie ____________die praktiese oefening kon
deelneem nie. (1)
11. Verander die werkwoord(e) tussen hakies na die teenwoordige tyd.
11.1 Vusi (gespeel) elke dag krieket.
____________________________________________________________ (1)
11.2 Sandile en Marie sal vanjaar lede van die netbalspan (gewees).
____________________________________________________________ (1)
Graad 5 Afrikaans EAT 5
Downloaded from hlayiso.com
12. Lees die volgende TV-skedule en beantwoord dan Vraag 12 tot 14.
Kanaal Kanaal Kanaal Kanaal
SAUK 1 SAUK 2 SAUK 3 MAGIC WORLD
17:00 Captain 17:00 Dragon Ball 17:30 Oprah 06:00 Channel O
Planet (Kinders) Winfrey
(Kinders)
17:28 Listen For a 17:30 Nuus 18:30 Isidingo 12:00 Infomercials
Moment (Advertensies)
17:30 Nuus- 18:00 Takalani 19:00 Nuus om 7 13:00 Koowee
hooftrekke Sesame (Kinders)
(Kinders)
18:00 The Bold and 18:30 7de Laan 19:30 Die Kaap 18:00 Channel O
the Beautiful
18:30 Selimathunzi 19:00 Nuus 20:29 Nuus binne 19:00 Studio
60 Sekondes Musiek
19:00 Hoofnuus 19:30 Pasella 20:30 Prison 20:00 A Brother
Break with Perfect
Timing
20:30 Sportnuus
12.1 Hoe laat sal jy na Takalani Sesame kyk?
_____________________________ (1)
12.2 Watter program gee ons die nuus binne een minuut?
______________________________ (1)
12.3 Jy moet ʼn opsomming van nuus by jou skool se saalbyeenkoms aanbied.
Watter program sal jou die nodige inligting gee?
_______________________________ (1)
Graad 5 Afrikaans EAT 6
Downloaded from hlayiso.com
13. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
Watter drie programme kom na Infomercials (Advertensies) in die korrekte
volgorde (een na die ander) op die kanaal Magic World?
A Channel O, Studio Musiek, Koowee
B Channel O, Koowee, Studio Musiek
C Koowee, Channel O, Studio Musiek
D Channel O, Studio Musiek, Koowee (1)
14. Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
14.1 Kies ʼn program wat van die ander verskil.
A Nuushooftrekke
B Studio Musiek
C Hoofnuus
D Nuus om 7 (1)
14.2 Kies die program wat nie ʼn kinderprogram is nie.
A Koowee
B Isidingo
C Dragon Ball
D Captain Planet (1)
Graad 5 Afrikaans EAT 7
Downloaded from hlayiso.com
15. Skryf ʼn paragraaf van minstens SES sinne en beskryf wat met jou op die
eerste skooldag vanjaar gebeur het.
Jou paragraaf/beskrywing moet vertel waarvan jy op hierdie dag gehou het en
waarvan jy nie gehou het nie. Onthou om volsinne te skryf en gebruik korrekte
spelling, taal en leestekens.
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________
______________________________________________________________ (6)
TOTAAL: 30
Graad 5 Afrikaans EAT 8
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2013 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 5 ANA Exemplars 2012 Memo

Memorandum





