Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
JUNIE 2010
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
MEMORANDUM
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2010 papers 





View all





Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2010 Memo
Grade 9 Afrikaans FAL memorandum from the June Common 2010, 13 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Afrikaans Fal · Grade 9 · June Common · 2010. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2010
- Exam period
- June Common
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 563.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
June Common 2010
- Other filesQuestion paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
RIGLYNE:
1. Geen penalisering van SPEL- EN TAALFOUTE nie.
2. Die leerder se antwoorde moet volgens die instruksies by elke vraag
beantwoord word.
3. Die leerder se antwoord moet ʼn sinvolle antwoord in Afrikaans wees. Indien
ʼn antwoord van ʼn ander taal in ʼn antwoord gebruik word, skryf slegs die
hoofletter van die taal, bv. E (ENGELS / X (XHOSA) boaan die woord neer.
Druk die woord toe; indien die betekenis van die antwoord nie beїnvloed
word nie, is die antwoord korrek.
4. Waar die antwoord in meer as een sin aangebied word maar tog tot die
antwoord lei, is dit korrek.
5. Indien twee of meer feite vereis word, word slegs die eerste twee of meer
feite nagesien.
6. Indien die vraag EEN WOORD vra en die woord is uitgelig (onderstreep /
tussen aanhalingstekens) word die punt toegeken.
7. WAAR (JA) of ONWAAR (NEE / VALS / NIE)
EERSTE DEEL KORREK en motivering verkeerd (1)
Eerste deel VERKEERD en motivering verkeerd (0)
Eerste deel verkeerd en MOTIVERING KORREK (0)
8. Indien die vraag spesifiseer dat die antwoord aangehaal moet word, moet
aanhalingstekens gebruik word en die korrekte woorde aangehaal word.
Geen penalisering indien die antwoord nie tussen aanhalingstekens is nie.
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3
Kom ons vat saam
Spel en taalfoute word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op begrip is.
Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt
vir
WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ʼn punt vir die
rede/motivering/aanhaling.
Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien
die
aanhalingstekens ontbreek nie.
Waar een-woord-antwoorde gevra word en die leerder ʼn volsin gee, is dit
korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
uitgelig word.
Wanneer twee of drie punte/feite vereis word en die leerder gee ʼn hele reeks,
word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
Indien die leerder woorde uit ʼn ander taal gebruik as die taal waarin die
vraestel
verskyn, word die vreemde woorde geїgnoreer. Indien die antwoord sonder
die
vreemde woord sinvol is, word die leerder nie gepenaliseer nie. Indien die
vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
Vir meervoudige-keusevrae word BEIDE die letter aanvaar EN die korrekte
antwoord wat ten volle uitgeskryf is.
AFDELING A
VRAAG 1: LEESBERIP – KOERANTARTIKEL
1.1 leerders kan enige iets positiefs skryf. Byvoorbeeld: Alles is reg. Ek sal dit
maak. Ek gaan gesond word. (1)
1.2 Langs hom in die bed lê ʼn geskenkpakkie. Word gou gesondpakkie. (1)
1.3 19 jaar oud (1)
1.4 Sy vier branderplankvriende (hoef nie al 4 hul name te noem nie). (1)
1.5 A ʼn hormoon wat afgeskei word wat jou hart vinniger laat klop (1)
1.6 1.6.1 onwaar (1)
1.6.2 Dit het Dinsdag om 11:00 plaasgevind (1)
1.7 Enige van die volgende moontlikhede:
Onder groot spanning/stres het hulle nog steeds geweet wat om te doen in ʼn
noodsituasie om sy lewe te red.
Sy vriende het alles gedoen om sy lewe te red.
Hulle het dinge gedoen om sy lewe te red. (1)
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
Hulle het geweet wat om te doen in ʼn noodsituasie.
(moenie vir die dade bv. branderplanktou, bakkie nader gebring apteek toe
jaag ʼn punt wil gee nie)
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5
1.8 enige van die volgende moontlikhede
Sy maats het gesien hoe Michal gebyt word en dit sal hulle altyd onthou.
Dit wat gebeur het was baie erg om te aanskou
Dit wat gebeur het, sal hulle altyd onthou en nooit vergeet nie soos die
bloedspoor. (2)
1.9 Michal kon nie self tot by die bakkie loop nie, want hy was te swak daarom
moes hulle hom abba. (1)
1.10 C - mond tot mond asemhaling (1)
1.11 Michal is ʼn Grens-branderplankryer (1)
1.12 enige iets van die volgende
Ja, hy is bang hy word weer by hierdie vakansie-oord aangeval.
Dit wat daar gebeur het, sal hy altyd onthou.
Hy wil nie herinner word wat op die dag gebeur het nie
Hy wil dit vergeet en daarom sal hy nooit weer soontoe gaan nie. (2)
[15]
VRAAG 2: TV-PROGRAMROOSTER
2.1 herhaling (1)
2.2 hy word sonder salaris vir drie maande geskors (1)
2.3 B jou lewe val uitmekaar (1)
2.4 “vreemdelinge” (1)
2.5 enige van die volgende aspekte moet aangeraak word:
apteek word gesluit/die rower word gevang – dit was een van die
verpleegsters (1)
die baba word gevind/ die baba word op die internet verkoop (1)
(Onthou die leerder moet daarin slaag om te voorspel wat hy of sy dink gaan
in die volgende episode gebeur met die baba en die apteek – dit moet sinvol
wees)
2.6 (Enige moontlike rede wat die leerder kan motiveer waarom die kelners nuwe
uniforms wil hê.)
Hulle wil nie meer outyds lyk nie. Hulle is moeg vir hul ou uniforms. (1)
2.7 Moontlike antwoord van Charmaine:
Nee, julle kan nie nou nuwe uniforms kry nie, want daar is eenvoudig nie geld
nie. Nee, kom ons kyk of ons meer mense kan inkry om te kom eet en as ons (1)
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
winste vir die volgende 3 maande beter lyk kan ons weer gesels.
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7
2.8 My pa moet meer na my ma luister.
dr Stangel beveel aan mans moet meer aktiewe luisteraars word.
Mans moet meer na hul vrouens luister. (1)
2.9 Jy sal jou geld verloor/ as Bernie nader aan jou kom begin jy jou geld in die
casino verloor. (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 25
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 3
Die opsomming word TWEE KEER gelees:
-vir feite en taalfoute.
-vir onvolledige sinne.
TWEE STELLE ANTWOORDE WORD AANGEBIED
Onderskei tussen beplanning en die finale antwoord en sien laasgenoemde
na.
Waar daar geen aanduiding van beplanning is, word die eerste stel nagesien.
Beskou ʼn aanbieding in potlood as beplanning.
FEITE:
Sien eerste sewes inhoudelik na, al is die sinne in paragraafvorm.
Assesseer net EEN feit per sin.
1 punt vir elke verstaanbare feit soos op memorandum
As die betekenis van die feit nie sinvol oorgedra word nie, word die punt nie
toegeken nie. (Die werkwoord is belangrik).
Indien al die feite verkeerd is , kry die kandidaat geen punt vir taal, maar
indien die aantal woorde korrek aangedui is, ken 1 punt toe.
Die hoofgedagtes hoef nie in volgorde te wees nie.
TYDELIKE TOEGEWING: Indien die opsomming in paragraafvorm aangebied
word, word die eerste sewe sinne nagesien.
Regmerkie bokant elke hoofgedagte per sin word nagesien.
Punte word soos volg toegeken vir HT en EAT:
7 punte vir 7 feite
3 punte vir taal
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
Penaliseer soos volg:
Indien die opsomming te lank is, word daar slegs 5 ekstra woorde toegelaat.
Die res van die opsomming word geїgnoreer.
Indien die opsomming te kort is, maar dit bevat al die verskeie inligting, word
die leerder nie gepenaliseer nie.
Taalfoute (grammatika, spelling en punktuasie): trek soos volg van die 3 punte
wat toegeken word vir taal, af:
0 – 4 foute: geen penalisering
5 – 10 foute: trek een punt af
11 – 15 foute: trek 2 punte af
16 foute of meer: trek 3 punte af
Vir direkte aanhalings van volledige sinne word daar soos volg gepenaliseer
1 – 3 volledige sinne aangehaal: geen penalisering
4 – 5 volledige sinne aangehaal: trek 1 punt af
6 – 7 volledige sinne aangehaal: trek 2 punte af
Trek 1 punt af van die totaal vir getal feite plus taalgebruik indien die leerder
nalaat om getal woorde aan te dui of indien die verkeerde getal woorde
aangedui is.
LET WEL: Leerders mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel volgens die getal
woorde wat dit voorstel.
TIPIESE TAALFOUTE
- Woordorde in enkelvoudige sin ( Bv. O/werp + ww =V/werp
- Woordorde in samegestelde sin ( Voegwoord 1,2 en 3)
- Omgekeerde woordorde
- Lydende vorm
- Infinitief
- Tyd, wyse en plek
- Ontkennende vorm
- Voornaamwoorde
- Vreemde woorde
- Direkte vertaling (moedertaalinvloed)
- Telegramstyl/onvoltooide sinne
LENGTE
Tel die aantal woorde en haal enige deel meer as 70 woorde deur.
1 punt vir korrekte getal woorde gebruik EN so aangedui.
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9
NEERGESKRYF VAN PUNTE KODE PUNT
Getal feite korrek F 7 MAKS =7
Taal T 3 MAKS=3
TOTAAL 10
NIE VOLSINNE NIE
NIE SINNE NIE PENALISEER VAN TOTAAL
2 tot 3 hoofgedagtes nie in sinne nie -2
4 en meer hoofgedagtes nie in sinne nie -3
Sewe wenke hoe om water te spaar
1. Stort eerder as om te bad.
2. Sit ʼn plastiekbottel vol water en sand onder in spoelbak.
3 Draai krane styf toe.
4. Lei jou tuin met “gryswater” nat.
5 Soggens vroeg en saans wanneer dit windstil en koel is, moet jy jou tuin nat
maak.
6. ʼn Kleiner grasperk en ʼn tuin met klippies sal ook help.
7. Vee jou stoep skoon. 57
woorde
(Onthou: 70 – 75 woorde maks)
Ekstra wenke wat ook aanvaar word
Reёnwater moet gebruik word om die swembad vol te maak
(10 x 2) (20)
TOTAAL AFDELING B: 20
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
AFDELING C: TAALKUNDE
VRAAG 4: Woordstrukture
(ONTHOU: een-woord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling
verkeerd is.)
(By hierdie taalafdeling moet die taalantwoorde 100% reg gespel wees)
4.1 lekkerder (spelling moet korrek wees) (1)
4.2 help (spelling moet korrek wees) (1)
4.3 verniet / (pasella ?) (spelling moet korrek wees) (1)
4.4 ongesond (spelling moet korrek wees) (1)
4.5 besering (spelling moet korrek wees) (1)
4.6 daaroor (spelling moet korrek wees) (1)
4.7 wêreld (spelling moet korrek wees) (1)
4.8 grappie (spelling moet korrek wees) (1)
4.9 dorpie (spelling moet korrek wees) (1)
4.10 glasdeur (spelling moet korrek wees) (1)
4.11 hy (spelling moet korrek wees) (1)
4.12 stokoud/horingoud (spelling moet korrek wees) (1)
4.13 waarvoor (spelling moet korrek wees) (1)
4.14 Eienaar of winkeleienaar (spelling moet korrek wees) (1)
4.15 gevaarlik (spelling moet korrek wees) (1)
4.16 u (spelling moet korrek wees) (1)
[16]
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11
VRAAG 5: Sinstrukture
(Geen halwe punte word toegeken nie/woorde moet op die korrekte plek
staan om ʼn punt te kry/antwoorde moet in volsinne aangebied word)
Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied
word soos in die instruksie aangedui.
5.1 5.1.1 Nee, Sandy se ma het nog nie ʼn foto geneem nie. (2)
5.1.2 Gister het ouma net trane afgevee. (1)
5.1.3 Nee, dis nie die eerste keer dat Sandy oorsee gaan nie. (2)
5.1.4 Môre sal sy Parys en Amsterdam sien. (1)
5.1.5 Die ma sê vir Sandy dat sy haarself mooi moet oppas. (3)
5.1.6 ʼn Ligte tassie word deur Sandy gesleep. (2)
5.2 5.2.1 Die vliegtuig se deur staan oop sodat die passasiers inklim. (1)
5.2.2 Sandy moet gou groet, want die vliegtuig gaan opstyg. (1)
5.2.3 Sandy gaan oorsee werk; dus sien sy haar familie eers oor ʼn jaar. (1)
5.2.4 Nadat sy die lugwaardin groet, gaan sy sit. (2)
[16]
VRAAG 6: Kritiese Taalbewustheid
Vir meervoudige-keusevrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.
6.1 B Hallo (1)
6.2 B Aangename Kennis (1)
6.3 A Ek is jammer om van jou tante se dood te hoor. (1)
[3]
TOTAAL AFDELING C: 35
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010)
AFDELING D: SKRYWERK
VRAAG 7
Teken die volgende Faksvorm oor en volg die kontrolelys
Kontrolelys:
Skryf hoflik / formeel, Korrekte faksnommer van gastehuis, Onderwerp van faks:
BESPREKING Verduidelik waarom jy die faks stuur, Sluit die faks op die korrekte
manier af
Aan:............... Chimneys Gastehuis..................................................... (1)
Faksnr:........ 086 698 0017................................................................. (1)
Van:..............Elise.......................................................................………. (1)
Faksnr:..enige 10 nommers...(die foonnommers op die vraestel mag nie
gebruik word nie) (1)
Onderwerpsin:.....................Bespreking................................................ (1)
Boodskap:
Ons wil graag ʼn bespreking maak vir die naweek van 25 – 27 Junie 2010..{datum:
1). Ek en my ouma benodig ʼn dubbelkamer met 2 enkelbedjies
{dubbelkamer: 1) My vriend Loyiso benodig ʼn enkelkamer. {enkelkamer: 1)
Ek hoop om gou van u te hoor. (1) (formeel en taalgebruik = 1) Totaal:10 [10]
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13
VRAAG 8: GRAFIEK
8.1 Unathi (1)
8.2 Sesona (1)
8.3 Alicia (1)
8.4 Unath (1)
8.5 Alicia (1)
8.6 Sesona (1)
8.7 Die mark is versadig/Die leerders hou nie van haar produk nie/Sy het te min
verskeidenheid van items (enige ekonomiese rede) (1)
8.8 eetgoed soos in die winter sop of in die somer roomys
Juwele
Handgemaakte kaartjies
Kerse
Serpe
Enige 3 items wat op ʼn mark beskikbaar is wat leerders self kan maak en
verkoop
(Eie oordeel solank dit korrek in Afrikaans gespel is.) (3)
[10]
TOTAAL AFDELING D: 20
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2010 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2011 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2011 Question Paper

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 9 Paper 2 November EC 2018 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2017 Memo
More from Grade 9 Afrikaans FAL

CAPS document
CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7 9 WEB

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 P2 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 GEC Test 2023 Question Paper

Question paper
Afrikaans FAL Grade 9 GEC Test 2022 Question Paper

Question paper