Skip to content

Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2011 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 9201113 pages

Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the June Common 2011, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

June Common 2011

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 JUNIE 2011 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP (25 punte) AFDELING B: OPSOMMING (20 punte) AFDELING C: TAAL (35 punte) AFDELING D: SKRYFSTUKKE (20 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ʼn reёl oop na elke antwoorde. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Skryf net met blou of swart ink. 9. Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie.
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTARTIKEL Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae. JONG UITVINDERS GLO JY DAT JY VIR GROOT DINGE BESTEM IS? WEL, DIS NOOIT TE VROEG OM AAN JOU DROME TE BEGIN WERK NIE. HIER IS ‟N PAAR VOORBEELDE VAN TIENERS WAT GROOT DINGE BEREIK HET. 1. Mark Elliot Zuckerberg was 19 toe hy en drie vriende aan die Harvard-universiteit met die sosiale netwerk, Facebook, begin het. Vanjaar het hy die wêreld se jongste biljoenêr geword danksy sy aandeel van 24 persent daarin. 2. Craig Kielburger het die organisasie “Free the Children” gestig toe hy net 12 jaar oud was. Dit maak mense wêreldwyd bewus van armoede onder kinders en samel vir hulle geld in. Die organisasie het nou takke in meer as 35 lande. Van hul projekte is om meer as 500 skole in arm gemeenskappe regoor die wêreld te bou en skoon drinkwater aan hulle te verskaf. Craig het hierdie organisasie in 1995 saam met 11 skoolmaats gestig en dis nou die wêreld se grootste netwerk kinders wat ander kinders help. Meer as 1 miljoen jong mense is daarby betrokke. 3. Cecilia Cassini (14) kan daarmee spog dat glansmense soos Miley Cyrus onder haar klante tel. Die Amerikaanse modeghoeroe het van kleins af modetydskrifte gelees en leer naaldwerk doen, en nou het sy haar eie gevestigde ontwerpersetiket vir kinders. Sy het selfs haar eie sakebestuurder, Pilar DeMann, die vrou wat die Kardashians help beroemd maak het. 4. Louis Braille was 15 toe hy in 1824 die knoppieskrif ontwikkel het wat sy naam dra. 5. Jonk en oud vrek oor die strokiesboekheld Superman, maar het jy geweet ʼn Amerikaanse hoёrskoolleerder, Jerry Siegel, het hom geskep? Hy en sy Kanadese pel, die kunstenaar Joe Shuster, het die superheld in 1932 geskep, die idee gepatenteer en dit toe in 1938 aan DC Comics verkoop. Maar dit was ná tonne harde werk en baie veranderings aan hul held – die oorspronklike Superman was immers bles. Jip, jy‟t reg gelees! Jerry het selfs eenkeer − uit loutere frustrasie omdat verskeie uitgewers hul idee afgekeur het − die kosbare sketse aan die brand gesteek, maar Joe het hulle gered. Bron: www.huisgenoot.com – Augustus 2010
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) 1.1 Wie het in 2010 die wêreld se jongste biljoenêr geword? (1) 1.2 Waarom kan tieners wêreldwyd baie dankbaar teenoor Mark Elliot Zuckerberg wees? (1) 1.3 Wat is die persentasie aandele in Facebook waaroor Zuckerberg geen beheer het nie? (1) 1.4 Verskaf die TWEE hoofdoelstellings van Craig Kielburger se organisasie: “Free the Children”. (2) 1.5 Haal EEN bewys uit die teks aan wat bewys dat hierdie organisasie “Free the children” internasionaal baie suksesvol is. (1) 1.6 Hoeveel kinders, insluitende Craig, was betrokke by die organisasie “Free the Children” toe dit in 1995 gestig is? (1) 1.7 Waar het Cecilia Cassini haar inspirasie as ontwerper gekry? A Sy het vriende gemaak met Afrikaanse modeghoeroes. B Sy het van kleintyd af modetydskrifte gelees. C Haar ma het haar leer naaldwerk doen. D Pilar De Mann, haar sakebestuurder, het haar aan die Kardashians voorgestel. (1) 1.8 Mense met watter tipe gestremdheid sal voordeel trek uit Louis Braille se uitvindsel? (2) 1.9 In watter land is Jerry Siegel gebore? (1) 1.10 Haal DRIE opeenvolgende woorde uit die teks aan wat daarop dui dat mense van alle ouderdomsgroepe vir Superman bewonder. (1) 1.11 Watter groot verskil is daar tussen die moderne Superman en die oorspronklike een wat in 1932 geskep is? (2) 1.12 Verskaf ʼn korrekte Afrikaanse woord vir die woord, “Jip”. (1) [15] EN
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 VRAAG 2: ADVERTENSIE Lees die volgende advertensie en beantwoord die daaropvolgende vrae. In die nuwe animasiefliek Rio steel ʼn helderblou ara-papegaai genaamd Blu ons hart terwyl hy ʼn wilde avontuur in Rio de Janeiro beleef. Maar weet jy watter soort ara- papegaai Blu is? Of waarvoor Rio bekend is? Lees hier meer ... BLU SE AVONTUUR IN RIO Om te keer dat sy spesie uitsterf, moet Blu, wat maar ʼn bleeksiel is, saam met sy eienaar na Rio reis om die laaste wyfie van sy soort, die koppige Jewel, te ontmoet met haar te paar. Maar dinge loop skeef toe stropers die verliefde paartjie vang om hulle op die swartmark te verkoop. Hulle ontsnap, maar moet uit die diewe en hul bose troetelkaketoe, Nigel, se kloue bly. En wat is hul grootste probleem? Die feit dat Blu nie kan vlieg nie! Siestog …
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) 2.1 Haal EEN woord uit die advertensie aan wat ons vertel watter soort film “Rio” is. (1) 2.2 Watter woord in die advertensie dui daarop dat Blu, die papegaai, ʼn aksie-belaaide avontuur in Rio de Janeiro gehad het? A beleef B reis C koppige D wilde (1) 2.3 Gee die korrekte Afrikaanse woord vir “nerd” uit die advertensie. (1) 2.4 Watter karaktereienskap van Jewel sal dit vir Blu moeilik maak om haar van sy idee te oortuig? (2) 2.5 Verduidelik in jou eie woorde wat dit beteken om iets “op die swartmark te verkoop”. (2) 2.6 Watter ander voёlsoort, behalwe ʼn papegaai, word in die advertensie genoem? (1) 2.7 Wat, volgens die advertensie, is Blu se grootste probleem? (2) [10] TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 3: WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK INSTRUKSIES:  Som SEWE WENKE OM JOU STUDIES STRESVRY TE MAAK in SEWE volsinne op.  Skryf die SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer en nommer jou sinne 3.1 tot 3.7.  Jy moet een sin oor elke feit skryf.  Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.  Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.  Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.  Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde gebruik of as jy nie die regte aantal woorde aandui nie. STRESVRYE STUDIE − DIS AL WEER EKSAMENTYD, MAAR WEES NIE BEVREES NIE! HIER IS ’N PAAR UITBLINK-WENKE 1. Hulle sê mos vroeg begin is half gewin! Dink net hoe goed dit jou stresvlak én jou punte kan doen as jy vroeg genoeg begin. Stel ʼn aksieplan op om ʼn paar uur per dag te studeer en die res van die tyd te doen net wat jy wil. Kyk hoeveel vakke, hoofstukke en bladsye jy onder die knie moet kry en verdeel dit in jou plan in hanteerbare hoeveelhede. ‟n Ou uurtjie of wat elke dag vir ʼn week is tog baie beter as sewe uur op een dag! 2. Party vakke of dele daarvan maak ʼn mens skoon bang. Kry die heel ergste onder die knie, want as jy dit eers baasgeraak het, kry jy ekstra selfvertroue om die res te doen. 3. Moenie jouself in hierdie stresvolle tyd afskeep nie. Weet jy, net mooi die teenoorgestelde sal jou goed doen: ʼn lang, luilekker bad, ʼn lang middagete saam met vriende en genoeg slaap wanneer dit nie met jou studietyd inmeng nie. Dit sal jou laat ontspan, maar tog ook gefokus hou. 4. Bly positief. As jy dink: Ek sal nooit al die werk verstaan nie, dink dan liewer: Ek gaan ʼn plan uitdink om dit aan te pak en my bes doen. Dit is moontlik. 5. Sukkel jy om ʼn stuk biologie te verstaan of te onthou? Dink ʼn storie daaroor uit waarmee jy kan identifiseer en maak iets prettigs daarvan – teken prentjies as dit moet, en die kans is goed dat jy dit sal onthou wanneer dit in die eksamen opduik. 6. Vra jou ma, pa, broer of vriendin om te help deur net na jou te luister. Hulle kan terselfdertyd iets anders doen, solank hulle net luister! Probeer hulle ná ʼn studiesessie alles vertel wat jy geleer het. 7. Wanneer jy klaar vir ʼn vak studeer het, lê ʼn proefeksamen af. Dit sal jou in die regte stemming bring vir die ware Jakob en jou laat agterkom waar jou kennis nog te kort skiet. Bronne: www.oxfordlearning.com TOTAAL AFDELING B: [10 x 2] 20
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) AFDELING C: TAALKUNDE VRAAG 4: WOORDSTRUKTURE Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. HOE WEET JY WANNEER OM …? ONS GEE RAAD OOR DIE MOETS EN DIE MOENIES VAN DIE LEWE. Hoe weet jy wanneer om ʼn partytjie te verlaat? As die 4.1 (iemand wat skoonmaak) om jou 4.1 Gee die persoonsnaam. (1) begin skoonmaak. As jy gaap en aan jou bed dink. As die gasheer in die verlede tyd oor die aand begin praat, 4.2 (bv.): 4.3 (“Was dit 4.2 Skryf die afkorting voluit. (1) nie ʼn lekker aandjie nie?”) 4.3 Benoem die sinstipe. (1) Daar is nog net ʼn paar mense 4.4 (wie / wat) 4.4 Kies die korrekte rondhang. voornaamwoord. (1) Al die 4.5 (lig) is afgeskakel. 4.5 Verskaf die meervoudsvorm. (1) Hoe weet jy wanneer om ʼn vriendskap te beëindig? As jou 4.6 (vriende) jou altyd verkleineer. 4.6 Verskaf die vroulike geslag. (1) As jou 4.7(bui / by) versleg as jy by hulle is. 4.7 Kies die korrekte spelling. (1) As hulle jou in 4.8(openbaar) plekke ignoreer. 4.8 Skryf die korrekte vorm. (1) As julle in 4.9 (verskillende) rigtings gegroei 4.9 Verskaf die antoniem. (1) het. Hoe weet jy wanneer om jammer te sê? As die probleem in die verhouding nie met 4.10 Verskaf die korrekte Afrikaanse 4.10 (tippex) uitgewis kan word nie. vertaling. (1) As julle verhouding skade ly oor iets 4.11 (nietigs). 4.11 Verskaf die sinoniem. (1) As jy weet jy is verkeerd – selfs al wil jy dit nie 4.12 (herken/ erken) nie. 4.12 Kies die korrekte woord. (1) Hoe weet jy wanneer om van Facebook weg te bly? As jy 4.13 (met / vir) iemand 4.13 Verskaf die korrekte voorsetsel. (1) 4.14 (baie kwaad) is. 4.14 Gee slegs EEN woord. (1) As jy ʼn klein 4.15 (skinderstorie) wil versprei. 4.15 Verskaf die verkleinwoord. (1) As jy dink iets is 4.16 (snaaks) as ooit tevore, 4.16 Verskaf die vergrotende trap. (1) maar dit sal iemand anders in die verleentheid stel. [16]
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 VRAAG 5: SINSTRUKTURE Lees die onderstaande strokiesprent en beantwoord die daaropvolgende vrae. 5.1 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui. 5.1.1 My IPOD se battery was pap. Nee, ………. (2) 5.1.2 Jeremy se ma vra: “Jy kon nie daarvoor leer nie?” Jeremy se ma vra …….. (2) 5.1.3 Mendeljev kon die periodieketabel opstel. Die periodieketabel…….. (2) 5.1.4 Mens kan nie sonder ʼn IPOD leer nie. Volgende week ………… (2) 5.1.5 Ek kon nie daarvoor leer nie. Vandag … (2) EN
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) 5.2 Verbind die volgende sinne soos aangedui. 5.2.1 Sy is opgewonde om terug skool toe te gaan. Hy is vreesbevange. Begin so: Sy is opgewonde om terug skool toe te gaan, maar … (1) 5.2.2 Iemand het Zoe van die nuwe onderwysers vertel. Sy probeer hom opbeur. Begin so: Iemand het Zoe van die onderwysers vertel, dus … (1) 5.2.3 Zoe glo dat skool pret is. Sy hou van nuwe vakke en nuwe skoolklere. Begin so: Zoe glo dat skool pret is omdat … (2) [14]
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 VRAAG 6: KRITIESE TAALBEWUSTHEID Lees die onderstaande strokiesprente en beantwoord die daaropvolgende vrae. 6.1 Watter persentasie het Kosie vir die werkstuk behaal? A 30% B 20% C 10% D 0% (1) 6.2 Hoe kan ons sien dat Mev. Smit baie kwaad is? A Sy dra rooi lipstiffie. B Sy wys met haar wysvinger wanneer sy met haar seun praat. C Sy praat baie. D Sy kyk na Kosie. (1) 6.3 Kosie wil om verskoning vra vir sy swak punte. Hy sê: A Vergewe Pa dat hy die werkstuk verkeerd gedoen het. B Ek is jammer dat Pa die werk verkeerd gedoen het. C Vergewe my dat ek ma teleurgestel het. D Vergewe my asseblief dat ek ma teleurgestel het. (1)
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2011) 6.4 Hoe, dink jy, voel “Komma”? A Ongelukkig B Gelukkig C Opgewonde D Moeg (1) 6.5 Wat dink jy sal “Punt” vir “Komma” sê om hom te troos? A Toe maar, moenie bekommerd wees nie. B Alles sal regkom. C Dis nie die einde van die wêreld nie. D A, B en C. (1) [5] TOTAAL AFDELING C: 35
Downloaded from hlayiso.com (JUNIE 2011) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 AFDELING D: SKRYFWERK VRAAG 7: VRIENDSKAPLIKE BRIEF INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die volgende vraag is VERPLIGTEND. 2. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 3. Die uiteensetting van jou skryfstuk is baie belangrik. 3.1 Beplan jou skryfstuk voor jy jou finale kopie begin skryf. Skryf BEPLANNING boaan. 3.2 Skryf nou die finale produk. 4. Jy het onlangs die onderstaande brief in die Vrouekeur gelees en uitgevind dat dit deur ʼn goeie vriendin geskryf is. 5. Skryf ʼn vriendskaplike brief aan jou vriendin waarin jy probeer om vir haar advies te gee oor hoe sy haar probleem kan hanteer. 6. Lengte: 100 – 120 woorde. „My STIEFPA teister my‟ Ek is nou in graad 11. My ma en stiefpa baklei baie, want hy drink en sy haat dit. My probleem is dat hy my nou al langer as ses maande slaan. Hy klap my en dreig my gedurig. Ek haat hom en probeer om soveel as moontlik weg van die huis af te wees. My ma verstaan dit nie en dink ek vermy haar. Hy het vir my gesê as ek vir iemand vertel, sal hy my lewe hel maak. Ek is baie bang dat hy iets aan my ma sal doen as sy hom los en dat hy iets aan my of my kleiner suster sal doen as hy weet dat ek vir my ma gesê het. -Doodbang TOTAAL AFDELING D: 20 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans FAL

View all