Skip to content

Afrikaans FAL Grade 9 June Common 2010 Question Paper

Question paperAfrikaans FALGrade 9201016 pages

Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the June Common 2010, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

June Common 2010

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 JUNIE 2010 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings AFDELING A: Leesbegrip (25 punte) AFDELING B: Opsomming (20 punte) AFDELING C: Taal (35 punte) AFDELING D: Skryfstukke (20 punte) Faks (10) Interpretasie van grafiek (10) 2. Beantwoord AL die vrae 3. Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur. 4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is. 6. Laat ʼn reёl tussen die antwoorde oop. 7. Skryf netjies met blou of swart ink. 8. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 3 AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: KOERANTBERIG Lees die onderstaande koerantartikel en beantwoord die daaropvolgende vrae: Vriende red jong man na aanval 1. Die Hier lê die branderplankryer, Michal du Plessis, in die hospitaal nadat hy Dinsdagoggend by Yellow Sands – vakansieoord deur ʼn witdoodshaai aangeval is. vinnige optrede van sy vier branderplankvriende het die lewe van die 19- jarige Michal du Plessis gered. Du Plessis en sy vriende – Logan Phillpot, Aiden Leppan, Oscar Miller en Roger Berkhout (almal 18) – het Dinsdag om 11:00 by die Yellow Sands-vakansieoord naby Oos-Londen gaan branderry toe dit gebeur het. 2. “Die haai het my gebyt en van my branderplank afgestamp. Onder die water was sy gesig reg voor myne. Ek het aan die ander geskreeu ʼn haai het my gebyt. Ek het op my branderplank teruggeklim en na die strand geroei. Die haai was 3 meter lank. Ek dink dit was ʼn great white. Jong, my adrenalien het gepomp,” het hy nog geskok vanuit die St. Dominic -hospitaal in Oos-Londen vertel. 3. Toe hy by die rotse op die strand kom, was sy twee vriende, Logan en Aiden, by hom. Hulle het dadelik ʼn branderplanktou as verband gebruik om die bloeding te keer. Sy ander twee vriende, Oscar en Roger, het gehardloop om die bakkie nader te bring. Hierna het hulle met hom na ʼn apteek wat daar naby is gejaag en gelukkig was ʼn dokter aan diens.
4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) 4. Die dokter het Michal ʼn inspuiting teen skok gegee en binne tien minute was die ambulans daar om hom na die hospitaal te neem. 5. Michal is so trots op sy vier vriende wat kop gehou het. Hulle het sy lewe gered. Hulle almal moet nou berading by Life Line ontvang. Twee van sy maats het gesien hoe Michal gebyt word en die ander maat, wat hom na die bakkie geabba het, het gesê hy sal nooit die bloedstreep na die motor kan vergeet nie. 6. Michal du Plessis is sover bekend die eerste persoon wat in die strandgebied deur ʼn haai aangeval is. 7. Du Plessis is ʼn Grens-branderplankryer en het nooit gedink so iets sou met hom gebeur nie. Sodra sy been herstel het, sal hy weer met sy branderplank uitgaan – “maar nooit, ooit weer by Yellow Sands nie.” (Verwerk en aangepas uit: Die Oos-Kaap Burger, 18 Febuarie 2010) 1.1 Kyk na die foto van Michal waar hy in sy hospitaalbed lê. Wat probeer hy sê met sy linkerhand en linkerduim wat hy in die lug ophou? (1) 1.2 Kyk weer na die foto en sê hoe weet ons dat Michal al besoekers ontvang het? (1) 1.3 Hoe oud was Michal tydens die haai-aanval? (1) 1.4 Wie het Michal se lewe gered? (1) 1.5 “Jong, my adrenalien het gepomp” in par. 2. (1) Kies die korrekte antwoord: Adrenalien is ... (a) ʼn hormoon wat afgeskei word wat jou hart vinniger laat klop. (b) ʼn tipe haaisoort wat jou jag. (c) jou spiere wat saamtrek. (d) wanneer jou liggaam in skok gaan. 1.6 Michal is laatmiddag, net voordat die son gesak het, aangeval. 1.6.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1) 1.6.2 Motiveer jou antwoord met ʼn sin in jou EIE woorde. (1) 1.7 Waarom sê Michal sy vriende het “kop gehou”? Soek die rede in par.3 – 4. (1) 1.8 Waarom het Michal se vriende berading nodig? (2) 1.9 Hoekom was dit nodig om vir Michal na die bakkie te abba? (1)
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 5 1.10 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte LETTER neer. Watter metode het Michal se vriende NIE gebruik om sy lewe te red nie. A branderplanktou as verband gebruik B jaag met hom na die apteek C pas mond tot mond asemhaling toe D kry ʼn inspuiting teen skok (1) 1.11 Hoe weet ons dat Michal ʼn baie goeie sportman is? (1) 1.12 Dink jy Michal het ʼn goeie rede waarom hy nooit ooit weer by Yellow Sands sal wil branderplank ry nie? Motiveer jou antwoord. (2) [15] EN
6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) VRAAG 2: TV-PROGRAMROOSTER Televisiegids: Lees die TV-programrooster van Woensdag 7 Maart 2007 aandagtig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae. SABC 1 SABC 2 SABC 3 M-NET 18:30 What’s 12:00 Dr Phil 10:00 7de Laan (H) 17:30 Modern Your Story Dr. Phil werk Die kelners van Men (H) PG13L Jeremy se pa steeds met die ses Oppie Koffie wilWanneer dr. word skuldig vreemdelinge wat nuwe uniforms hê, Stangel hulle bevind oor sy hul eie verlede maar wat gaan aanraai om meer drinkery by die moet verwerk. Charmaine van aktiewe luisteraars werk. 19:30 Wild Card hulle nuwe ideeste word, probeer Jeremy se wêreld Terwyl Zoe ʼn ou dink? die manne om te stort in duie toe vriendin by ʼn luister na wat die sy pa vir drie hospitaal besoek, vroue in hul maande geskors word die apteek lewens sê. word en dit beroof en ʼn baba 21:00 The Cooler sonder ʼn salaris. word gesteel. (Romantiese drama) Bernie is so ongelukkig dat teenspoed almal tref wat naby hom is. Daarom werk hy in ʼn casino. As hy nader kom, begin die mense verloor. (Verwerk en aangepas Uit: Rapport Tydskrif, 4 Maart 2007) 2.1 Waarvoor staan die (H) by SABC 3 10:00 7de Laan en M-NET 17:30 Modern Men? (1) 2.2 Wat was die gevolg van Jeremy se pa se drinkery in What’s Your Story op SABC 1? (1) 2.3 Kies die korrekte antwoord en skryf net die vraagnommer en die korrekte letter neer. As ons sê dit voel vir Jeremy of sy wêreld in duie stort beteken dit ... A jy val van ʼn gebou af. B jou lewe val uitmekaar. C jy is vuil en jy gaan gou stort. D jy word met geweld uit jou huis weggeneem. (1)
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 7 2.4 Haal ʼn WOORD aan wat sê dat die ses mense in die Dr Phil se huis mekaar nie voorheen geken het nie. (1) 2.5 In Wild Card op SABC 2 gebeur daar iets in die hospitaal wat elke dag in Suid-Afrika gebeur. Wat dink jy gaan in volgende week se episode gebeur met die apteek en die baba? (2) 2.6 Gee ʼn moontlike rede waarom die kelners van 7de Laan nuwe uniforms wil hê? (1) 2.7 In hierdie swak ekonomiese tyd waarin ons nou leef, wat dink jy sal Charmaine in 7de Laan se antwoord op die kelners se versoek van nuwe uniforms wees? (1) 2.8 Jou pa en ma baklei soos kat en hond. Hoe sal dr. Stangel in Modern Men jou pa help? (1) 2.9 Waarom is dit nie so ʼn goeie idee om by Bernie se casino in The Cooler te dobbel nie? (1) [10] TOTAAL AFDELING A: 25 EN
8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 3: WENKE OM WATER TE SPAAR  Som die WENKE in goeie sinne op.  Skryf jou SEWE sinne puntsgewys onder mekaar neer.  Jy moet een sin oor elke feit skryf.  Laat ʼn reёl tussen jou sinne oop.  Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.  Dui die aantal woorde aan die einde van jou opsomming aan.  Jy sal gepenaliseer word as jy baie meer as 70 woorde skryf of as jy nie die getal woorde aandui nie. Spaar elektrisiteit Sewe goeie wenke hoe om water te spaar Jy gebruik minder water met ʼn vinnige stort as in ʼn bad. Daar is spesiale stortkoppe wat baie minder water as die gewones gebruik. Maak ʼn plastiekbottel vol water met ʼn bietjie sand onder in die toilet se spoelbak. So gebruik jy minder water wanneer jy die toilet spoel. Draai krane altyd styf toe en moet dit nooit onnodig lank laat loop nie. Het jy geweet skottelgoed- en badwater word “grys” water genoem en kan gebruik word om plante nat te lei? Maak jou tuin vroeg soggens of saans nat wanneer dit windstil en koel is. Die regte soort gras kan ook baie water spaar. Maak jou grasperk kleiner of bedek jou tuin met iets soos klippies. Gebruik reёnwater wat jy in houers of tenks opvang om die swembad mee vol te maak. Bedek die swembad met ʼn swembadseil. Die water sal nie verdamp nie. Moenie jou stoep skoon spuit met ʼn tuinslang nie; vee dit skoon. As ons nie die raad volg nie, is daar dalk oor ʼn paar jaar te min water in ons land. (Verwerkte teks aangepas uit: Huisgenoot, 24 Maart 2005) 10 × 2 = (20) TOTAAL AFDELING B: 20 EN
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 9 AFDELING C: TAALKUNDE VRAAG 4: Woordstrukture Lees die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg. Dis (4.1 lekker) om te lag as om te huil. 4.1 Gee die korrekte vorm van die Dit verlig spanning en dit woord. (4.2 hulp/help) jou om van woede 4.2 Kies die korrekte woord. ontslae te raak. Die beste rede om te lag is omdat dit (4.3 gratis) is. Dit kos 4.3 Gee ʼn sinoniem. niks nie en is nie (4.4 gesond) nie. Jy 4.4 Gee ʼn antoniem. kan geen (4.5 beseer) opdoen deur te 4.5 Gee die regte vorm van die woord. lag nie. Dinge lyk ook beter as jy (4.6 oor + dit) kan lag. As ons meer vir 4.6 Gee een woord vir: oor + dit onsself kan lag, sal die (4.7 wêreld/werêld) ʼn beter plek wees. 4.7 Kies die korrekte spelling. Hier is ʼn lekker (4.8 grapie/grappie). 4.8 Kies die korrekte spelling. ʼn Man hou op ʼn klein (4.9 dorp) by ʼn 4.9 Gee die verkleinwoord. winkel stil. Daar is ʼn groot kennisgewing op die (4.10 glas 4.1 Gee die samestelling. +deur):“Gevaar! Pasop vir die hond!” 0 Binne-in die winkel kry (4.11 sy/hy/hom/haar) ʼn Kies die korrekte voornaamwoord. (4.12 baie ou) groot hond wat langs die 4.1 Gee die intensiewe vorm. kasregister lê. Hy vra: “Is dit die hond 1 (4.13 wat ʼn mens voor) moet oppas?” 4.1 Gee die korrekte vorm van die “Ja”, antwoord die (4.14 iemand wat ʼn 2 gedeelte tussen hakies. winkel het). Die man lag te lekker en Gee die persoonsnaam. sê: “Maar die hond lyk nie vir my 4.1 (4.15 gevaar) nie. Waarom waarsku 3 Gee die korrekte vorm van die (4.16 jy/u) die mense?” Die eienaar van woord. die hond antwoord: “Te veel mense het 4.1 Kies die korrekte voornaamwoord. al oor hom geval en amper hul nekke 4 gebreek.” 4.1 [16]
10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) 5 4.1 6
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 11 VRAAG 5: Sinstrukture 5.1 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui: 5.1.1 Sandy se ma het al ʼn foto geneem. Nee ... (2) 5.1.2 Ouma vee net trane af. Gister ... (1) 5.1.3 Dis die eerste keer dat Sandy oorsee gaan. Nee, ... (2) 5.1.4 Sy sien Parys en Amsterdam. Môre ... (1) 5.1.5 Die ma sê vir Sandy: “Jy moet jouself mooi oppas.” Die ma sê vir Sandy dat ... (3) 5.1.6 Sandy sleep ʼn ligte tassie. ʼn Ligte tassie ... (2) 5.2 Verbind die volgende sinne soos aangedui: 5.2.1 Die vliegtuig se deur staan oop. Die passasiers klim in. Die vliegtuig se deur staan oop sodat ... (1) 5.2.2 Sandy moet gou groet. Die vliegtuig gaan opstyg. Sandy moet gou groet, want ... (1) 5.2.3 Sandy gaan oorsee werk. Sy sien haar familie eers oor ʼn jaar. Sandy gaan oorsee werk; dus ... (1) 5.2.4 Sy groet die lugwaardin. Sy gaan sit. Nadat ... (2) [16]
12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) VRAAG 6: Kritiese taalbewustheid A B C 6.1 Kyk na prentjie A waar twee Afrikaanse vriende mekaar groet. Kies die korrekte antwoord. A Goeiedag B Hallo C Cheers D Laat dit goed gaan (1) 6.2 Kyk na prentjie B waar twee vreemdelinge mekaar groet. Kies die korrekte antwoord. A Hallo B Aangename kennis C Haai D Hoezit (1) 6.3 Jou vriendin het gehoor haar tante het gesterf. Hoe sal jy met haar simpatiseer in prentjie C? A Ek is jammer om van jou tante se dood te hoor. B So. ek hoor jou tante is toe dood. C Ek is jammer jou tante het lepel in die dak gesteek. D So, jou tante leef nie meer nie, nè. (1) [3] TOTAAL AFDELING C: 35
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 13 AFDELING D: SKRYFWERK VRAAG 7: Elise en Loyiso, albei van Mthatha, gaan ʼn naweek saam met Elise se ouma in Oos-Londen deurbring. Chimneys Gastehuis Kom ontspan voor jou gunsteling DSTV-kanaal nadat jy van die see afkom. Of geniet ons eie swembad tussen 06:00 – 20:00 daagliks. Bly in aanraking met jou vriende en familie deur ons telefoon, faks en internetgeriewe te gebruik. Lugversorging in elke kamer. konferensiefasiliteite  rekenaarbystand  gratis internetverbinding Bonzabaaistraat, Beaconbaai, Oos-Londen, 5241 Tel: 043 748 1256 Faks 086 698 0017 Sel 082 509 9643 Jy is Elise wat ʼn faks aan Chimneys Gastehuis stuur waarin jy plek vir jou, jou ouma en jou skoolvriend, Loyiso, bespreek. Onthou die volgende: Jy en jou ouma gaan in ʼn dubbelkamer met twee enkelbedjies slaap terwyl Loyiso sy eie enkelkamer gaan benodig. Bespreek vir die naweek van 25 – 27 Junie 2010. [10]
14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) Teken die volgende Faksvorm oor en volg die kontrolelys Kontrolelys: Skryf hoflik/formeel, Korrekte faksnommer van gastehuis, Onderwerp van faks: BESPREKING Verduidelik waarom jy die faks stuur, Sluit die faks op die korrekte manier af Aan:...................................................................................... Faksnr:................................................................................. Van:..................................................................................... Faksnr:.................................................................................. Onderwerpsin:....................................................................... Boodskap: ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... ............................................................................................................................... EN
(JUNIE 2010) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 15
16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL (JUNIE 2010) VRAAG 8 LEES EN VERDUIDELIK DIE GRAFIEK Dit is Markdag. Ons is almal Entrepreneurs. Elke Vrydag by ons skool hou ons ʼn Markdag. Daniel, Sesona, Alicia en Unathi is gedurig in kompetisie met mekaar. Elton is aangewys as die organiseerder van die klas se Markdag. Hy neem sy skootrekenaar saam skool toe en stel die volgende grafiek op van hul verkope vir die maand Januarie 2010. Object 2 8.1 Wie het op die eerste Vrydag die meeste verkoop? (1) 8.2 Wie het op die eerste Vrydag die minste geld ingebring? (1) 8.3 Wie het op die tweede Vrydag die meeste geld ingebring? (1) 8.4 Wie het op die tweede Vrydag die minste geld ingebring? (1) 8.5 Wie het elke keer dieselfde hoeveelheid geld ingebring op Markdag? (1) 8.6 Wie het oor die twee Vrydae altesaam die minste verkope gehad? (1) 8.7 Kan jy aan ʼn moontlike rede dink waarom hierdie persoon so min verkope gehad het op markdag terwyl die ander so suksesvol was? (1) 8.8 Gee vir my ʼn lys van drie produkte wat jy weet sal verkoop op jul Markdag by jul skool. (3) [10] TOTAAL AFDELING D: 20 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

More from Grade 9 Afrikaans FAL

View all