Skip to content

History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2014 Addendum

AddendumHistoryGrade 1120148 pages

Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 8 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM PUNTE: 150 TYD: 3 uur *IHISTA1* Hierdie addendum bestaan uit 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) AFDELING A: BRONGEBASEERDE-VRAE VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940 HOE HET DIE RUSSIESE REVOLUSIE GELEI TOT DIE OMVERWERPING VAN DIE TSARISTIESE BEWIND IN RUSLAND IN 1917? BRON 1A Hierdie bron handel oor die transformasie van die invloedryke Vader Gapon ʼn voormalige polisie-agent tot leier van die mense wat drastiese hervormings van die tsaar geëis het. Vader George Gapon het ʼn beweging gelei wat in die geheim deur die polisie gestig en gelei was. Die Vergadering van die Russiese Werkende Mans (Assembly of Russian Workingmen) was daarop gemik om die werkers teen die plaag van sosialisme te immuniseer en hul verbintenis tot die Ortodoksie en die Tsaar te versterk. Opreg teenoor sy eie oortuigings en weggevoer deur die buitensporigheid van sy eie toesprake en die ywer van sy gretige gehore, het Gapon sy rol as polisie- agent verlaat vir dié van ʼn gewilde leier en begin met ʼn massa-beweging om die tsaar tot hervorming te bring deur middel van petisies. “Despotiese en onverantwoordelike regering” is openlik afgekeur en die petisie het die “kapitalistiese uitbuiters, skelms en rowers van die Russiese mense” aangeval en ʼn beroep op die Tsaar gemaak om sy volk ʼn parlement te gee, stemreg, universele onderwys, ʼn minimum loon, ʼn agt-uur werksdag dag, ʼn inkomstebelasting, die skeiding van kerk en staat en amnestie (algemene kwytskelding of vergifstelselnis) vir alle politieke gevangenes. [Bron: Tames, R. – Last of the Tsars, London: Pan Macmillan] BRON 1B ʼn Uittreksel vanuit die petisie wat Vader Gapon gehoop het om aan die Tsaar te oorhandig op 22 Januarie 1905, die Bloedige Sondag. “Ons, die werkers, ons kinders, ons vroue en ons ou hulpelose ouers het gekom, Here, om waarheid en beskerming van u te soek. Ons is verarm en onderdruk, ondraaglik werk word op ons opgelê, ons word verag en word nie as mense erken nie. Ons word soos slawe behandel, wat hul lot moet dra en stilbly daaroor. Ons het verskriklike dinge gely, maar ons word dieper gedruk in armoede, onkunde en gebrek aan regte.” [Aangepas uit: www.spartacushistory.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1C Hierdie bron handel oor die Maart 1917-rewolusie, ook verwys na die Februarie- rewolusie. Die opstand het byna ongesiens begin. Vroeg in Maart 1917, het ʼn staking van werkers van Petrograd se groot Pulitov Ingenieurswerke duisende mense op die strate byeen gebring om teen die regering te demonstreer en ʼn beroep gemaak op die werkers van ander aanlegte. 8 Maart, Internasionale Vrouedag wat gereeld gevier word deur werkers, het duisende vroue wat in broodlyne gestaan, gebring om die skare te swel (drastiese te verhoog). Rooi vlae en baniere met die slagspreuk “Weg met die Aristokrasie!” het hul verskyning gemaak. Die polisie het egter nie ʼn groot probleem gehad om die skare uitmekaar te jaag nie, en die onrus het skynbaar nie groter gelyk as die vorige geleenthede nie. [Aangepas uit: Curtiss, JS, The Russian Revolution of 1917, Princeton. Anvil Von Nostrand] BRON 1D Hierdie bron deel met ʼn paar van die uitdagings wat die Bolsjewiste in die gesig gestaar het nadat hulle aan bewind in Rusland gekom het. Teen die tyd van die Oktober-rewolusie in Rusland, het Lenin en ander gehoop dat werkers dwarsdeur Europa kapitalistiese regerings sou omverwerp en sosialistiese revolusies bereik het. Maar toe dit nie plaasgevind het nie, het die Sowjetunie homself ekonomies geïsoleer bevind en was aangeval van alle kante deur die verowerende weermagte van imperialisme. Terwyl die Sowjetunie terug geveg het en die opmarsende leërs teen die einde van 1920 verslaan het, was die skade gedoen. Nywerhede en masjinerie, wat reeds grootliks vernietig was deur die vlugtende kapitaliste tydens die rewolusie, was in chaos, baie van die beste werkers was gedood of vermink aan die front; landbou, wat alreeds deur oorlog en die demoralisering van die boere verlam was, was verder beskadig deur misoeste in 1920. Die mense in die stede was verhonger. Om die mense in die stede te voed, het die Sowjet-regering die graan gekonfiskeer. Soos Lenin dit in sy pamflet, “Belasting in Goedere” verduidelik het, “Dit was die oorlog en die ondergang wat ons gedwing het in Oorlogskommunisme in 1920.” Tydens die Tiende Kongres van die Russiese Kommunistiese Party in Maart 1921 het Lenin ʼn beroep gemaak vir ʼn nuwe beleid: “Tot nou toe het ons onsself aangepas tot die vereistes van oorlog; ons moet ons nou aanpas by die voorwaardes van vrede.” [Aangepas uit http://sfr-21.org/war-communism.html] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900 – 1940 HOE HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL AAN AMERIKANERS VERSKAF? BRON 2A GESKREWE BRON Roosevelt se benadering tot die krisis in die Amerikaanse ekonomie. Roosevelt het die mense van Amerika ʼn ‘Nuwe Bedeling’ belowe as hulle hom sou verkies. In sy openingsrede het hy ʼn beroep op die Amerikaanse bevolking gemaak om die toekoms met moed in die gesig te staar. Sy beroemde woorde aan die Amerikaanse volk was: “Die enigste ding wat ons moet vrees is vrees self.” Hy het die belangrikste punte van sy Nuwe Bedeling program uiteengesit. Die program het drie algemene doelstellings bevat: verligting, herstel en hervorming. Roosevelt het ʼn “breintrust” van adviseurs uit alle vlakke van die lewe byeengeroep om te verseker dat hy die beste moontlike advies kon kry. Hy het ook verseker dat die regering sou toesien dat daar opgetree word en die Kongres het ʼn aantal maatreëls in die eerste honderd dae van sy eerste sessie sou deurvoer. [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan] VISUELE BRON Koerantopskrifte wat kiesers se steun vir Roosevelt wys. BANIER OPSKRIF: WASHINTON GEE DIE NUWE BEDELING GROOT SELFVERTROUE MET STEM; ‘130’ VERSLAAN [Source: www.historylearningsite.co.uk>.....> America 1918 – 1939] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 2B Die bron gee besonderhede oor sommige van die inisiatiewe en agentskappe van die Nuwe Bedeling. Die Nuwe Bedeling het groot bedrae federale geld beskikbaar gestel vir direkte betalings aan behoeftige burgers deur middel van toekennings (eerder as lenings) aan die state. Dit het ook verskeie nuwe agentskappe gestig om staats-geborgde werk vir die werkloses te verskaf. Deur die ‘Works Progress Administration (WPA)’ was spesiale projekte ontwerp om werk vir geskoolde en ongeskoolde arbeid en vir sodanige persone soos skrywers, kunstenaars, akteurs en sangers te verskaf. ʼn Groot program van openbare werke – die konstruksie van openbare geboue, paaie, damme, en soortgelyke projekte was begin onder die Openbare Werke Administrasie (Public Works Administration (PWA). Jong mans was in diens geneem deur die Burgerlike Bewarings-korps (Civilian Conservation Corps (CCC) om aan bewaringsprojekte te werk. ʼn Basiese doel van die Nuwe Bedeling was om beide lone en pryse te verhoog wat laer en laer gedaal het soos die depressie voortgegaan het. Die Nasionale Industriële Herstelwet (National Industrial Recovery Act) het ʼn beroep op die samewerking van arbeid en bestuur in die opstel van pryse, minimum lone en werksure in verskeie bedrywe gedoen. Die wet het ook werkers die reg gegee om by vakbonde sonder inmenging van werkgewers aan te sluit. Om die inkomste van boere te verhoog, was die Landbou Aanpassingswet (Agricultural Adjustment Act) deurgevoer. Dit het voorsiening gemaak vir die betaling aan die boere om die oppervlakte (area onder verbouing) van sekere gewasse te verminder en om vee-besit te beperk. Hierdie maatreëls was veronderstel om oorskotte te verminder wat pryse verlaag het. [Van: history.howstuffworks.com / Amerikaanse-geskiedenis / Roosevelt se nuwe-deal.htm] BRON 2C Was die Nuwe Bedeling ʼn sukses? Of die Nuwe Bedeling ʼn sukses was of nie, hang af van die definisie van sukses. Het die Nuwe Bedeling werkloosheid uitgeskakel en Amerika omgedraai? Nee. Het die Nuwe Bedeling armoede uitgeskakel? Nee. Dit sou maklik gewees het om hierdie vrae met ekonomiese afmetinge af te maai met die antwoord nee. ʼn Ontleding van die vraag of die Nuwe Bedeling ʼn sukses of mislukking was, vereis egter ʼn groter omvang van die vraag as om net te kyk na die ekonomiese statistieke. Eerder as om na die Nuwe Bedeling te kyk vanaf 1933, is dit belangrik dat daar ʼn ontleding gemaak word van hoe Amerika gelyk het in die nadraai van die Wall Street ineenstorting. Wat presies het Roosevelt in Maart 1933 oorgeërf? Vanaf die ineenstorting van Wall Street in Oktober 1929 tot die presidensiële verkiesing in November 1932 het dit vir baie Amerikaners gelyk asof Hoover, die Republikeinse president, niks gedoen het nie of baie te min gedoen het. “Te min, te laat” was ʼn gereelde etiket wat vasgeklou het aan die presidentskap van Hoover. Dat ʼn president, Roosevelt, eintlik iets positiefs gedoen het was ʼn groot hupstoot aan die Amerikaanse publiek – hulle was nie oorgelaat om vir hulself te sorg nie. Diegene wat erg deur die Depressie geraak was het hul kartondoos- huise “Hoovervilles” genoem in afgryse van wat Hoover vir hulle gedoen het. Die gratis kos aalmoese wat hulle gekry het was die bynaam “Hoover Bredie” gegee. [Bron: www.historylearningsite.co.uk>.....> America 1918 – 1939] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19DE EN 20STE EEU HOE HET TEORIEË OOR RAS TOT DIE SKENDING VAN MENSEREGTE VAN MINDERHEIDSGROEPE IN NAZI-DUITSLAND GELEI? BRON 3A Die bron hieronder definieer die Ariërs en nie-Ariërs, veral die Jode wat die slagoffers was van die Holocaust (massamoord). Die definiëring van nie-Ariërs was by tye moeilik, want die term Ariërs verwys eintlik na ʼn taalgroep, nie ʼn rasse-groep nie. Breedweg gesproke was Ariërs lank, wit, blonde hare, blou-oog mense van Noord-Europese erfenis, en al die ander was nie-Ariërs. Na ʼn paar interne meningsverskille het die Nazi's ʼn Jood omskryf as iemand wat drie of vier Joodse grootouers gehad het. ʼn Persoon was ʼn ‘mischling’ (half-ras/baster) indien hy of sy een of twee Joodse grootouers gehad het. Indien ʼn persoon twee Joodse grootouers gehad het, en getroud was met iemand van Joodse afkoms, of behoort het aan die Joodse godsdiens, was hulle as Joods beskou. Die hoofdoel van hierdie presiese beskrywings was om die teiken vir diskriminerende wette te definieer wat die Nazi's deurgevoer het. [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan] BRON 3B Hierdie bron bevat ʼn paar van die diskriminerende regulasies wat teen die Joodse volk toegepas was. Die eerste teken van hoe die Joodse mense, in besonder, uitgesluit was uit die staat het kort gekom nadat die Nazi's aan bewind gekom. Binne ʼn paar maande, het die Nazi’s anti-Semitiese onluste en ʼn boikot van Joods-besitte besighede en winkels begin. Hulle het vinnig wette aangeneem wat die Joodse menseregte geskend het: 1. Joodse mense was ontslaan uit die staatsdiens, openbare diens, skole en openbare hospitale. 2. Joodse mense kon nie stem of deelneem aan die politiek nie. 3. Joodse skoliere moes na aparte skole gaan weg van Ariese kinders. 4. Joodse mense moes ʼn geel ster van Dawid dra om te wys dat hulle Joods was. Hul winkels moes dieselfde teken vertoon. [Aangepas uit: Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, Macmillan] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 3C Nietemin, tydens die “Krystalnacht” in 1938 het die Nazi's hul begeerte gewys om die Jode te vervolg en tydens die oorlog het Hitler die geleentheid gehad om sy plan deur te voer om Nazi-besette Europa te suiwer van alle ongewenstes (vanuit sy oogpunt) en hy het sy pogings op Oos-Europa gekonsentreer. Na afloop van die aanval op Rusland, het moord-eenhede van die SS agter die leër inbeweeg en stelselmatig stede en dorpe uitgewis wat Russiese mense gehad het (dieselfde mense wat die Duitse leër in Rusland het as bevryders teen die Russiese leier Stalin verwelkom). Die proses was egter stadig en die hoof van die SS, Heinrich Himmler, was bekommerd dat die manne wat die bose daad uitgevoer het besig was om gedemoraliseer te raak van onskuldige burgerlikes skiet en hy het na ʼn ander oplossing gekyk. Dit het gelei tot die Finale Oplossing (Final Solution) ʼn besluit wat by die berugte Wannsee Konferensie in 1942 geneem was toe daar beveel was dat alle Jode in Europa in uitwissingskampe doodgemaak moet word. Teen ʼn behoorlike tempo, was Duitse nyweraars versoek om oonde en gaskamers te ontwerp en vervaardig wat hulle in staat sou stel om die massamoorde vinnig en skoon te kan uitvoer sonder om die Duitse personeel te veel betrokke te maak. Die mees berugte kampe was by Auschwitz-Birkenau, Belzec, Sobibor en Treblinka. Jode, Oos-Europeërs (van wie ook baie Joods was), sigeuners (swerwers/gypsies) en die fisies en verstandelik gestremde was hierna toe gebring en vermoor. [Bron: www.spartacushistory.com] BRON 3D Sterftes van Jode in die Holocaust (massamoord) Pole 3 000 000 90% van alle Jode daar Duitsland 210 000 90% van alle Jode daar Slowakye 155 000 86% van alle Jode daar Holland 105 000 75% van alle Jode daar Hongarye 450 000 70% van alle Jode daar Oekraïne 900 000 60% van alle Jode daar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) ERKENNINGS Uittreksels en visuele bronne wat in die addendum gebruik is, was geneem of aangepas uit die volgende publikasies. Brink, E et al, Solutions for All History, 2012, MacMillan Curtis, JS, The Russian Revolutions of 1917, Princeton: Anvil Von Nostrand Tames, R, Last of the Tsars, London. Pan Macmillan History.howstuffworks.com/American-history/roosevelt’s-new-deal.htm www.historylearningsite.co.uk>.....>America 1918 – 1939 www.spartacushistory.com http://sfr-21.org/war-communism.html Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all