Skip to content

History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2014 QP (Afr)

Question paperHistoryGrade 1120149 pages

Grade 11 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2014 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM *IHISTA2* Hierdie addendum bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – SWART NASIONALISME SLEUTELVRAAG: WATTER INVLOED HET DIE ANC-JEUGLIGA OP SWART NASIONALISME GEHAD? BRON 1A Don Tloome, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, verduidelik hoe die ANC vanaf ʼn gematigde tot ʼn meer militante organisasie verander het. “Ek het uitgevind, kort nadat ek by die ANC aangesluit het, dat dit ʼn organisasie van onderwysers, intellektuele, geestelikes was – al die elite van die Swart samestelling. Jong mense was nie juis geïnteresseer in die ANC nie. Hulle het gevoel dat dit ʼn organisasie van ouer mense was. As gevolg hiervan het die ANC nooit progressief geraak nie totdat die jong mense daarby aangesluit het: die Thambo’s, Mandela’s en so aan. Hulle was lede van die ANC-jeugliga. Dit was toe hierdie jong manne by die ANC aansluit dat daar ʼn verandering in die ideologieë van die ANC gekom het, omdat hulle in die verlede geglo het aan demonstrasies, rekonsiliasie met die heersende magte wat daar was, en so aan. Hulle was nie veel geïnteresseerd in aksie teen die regering nie.” [Geneem uit: Making History deur R. Deftereos et al] BRON 1B Yengwa, ʼn lid van die ANC-jeugliga verduidelik waarom hy ten gunste van Swart Nasionalisme was. Dit was nie ʼn anti-blanke ding nie. Ons het meer en meer bewus geword dat ons stryd nie teen blankes is nie – ons stryd is teen apartheid. Natuurlik, en oor die algemeen was ons hele uitgangspunt, Swart Nasionalisme. Dit was ʼn verenigende mag wat gestrewe het na die omverwerping van onderdrukking. Soos ons ons eie filosofie van Swart nasionalisme ontwikkel het, het ons ontdek dat ons gesamentlike doelwitte gehad het – dit het nie saak gemaak of jy wit of swart was nie. Met ander woorde ons het ontwikkel na anti-rassisme. [Geneem uit: Making History deur R. Deftereos et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1C Hierdie foto wys hoe Swartes hulle teen apartheid in treine verset het. Dit het in 1952 in die Drum, Johannesburg verskyn. [Geneem uit: Top Class deur P. Ellis et al] BRON 1D Hierdie bron handel oor Albert Luthuli se siening oor die belangrikheid van die Vryheidshandves. “Die Kongres van die Mense het verreikende gevolge gehad. Niks in die geskiedenis van Suid-Afrika het so ʼn soveel belangstelling ontlok soos dit nie. Selfs afgeleë plattelandse gebiede was bewus van wat aan die gebeur was. Die lawaaierige teenkanting vanaf die blanke pers het die Kongres en die Vryheidshandves meer effektief geadverteer as wat ons eie pogings dit sou kon doen.” [Geneem uit: New Generations deur F. Frank et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE SLEUTELVRAAG: HOE HET DIE VERDELING VAN PALESTINA SPANNING IN DIE MIDDE-OOSTE VERSKERP? BRON 2A Hierdie bron bestaan uit ʼn geskrewe en visuele bron, wat handel oor gebeure wat aanleiding het tot die verdeling van Palestina gegee. GESKREWE BRON: Die bron beskryf hoe Brittanje gedwing was om haar mandaatskap oor Palestina op te gee. Na die Balfour-verklaring waarvolgens Brittanje die Sioniste ʼn Joodse staat in Palestina belowe het, het die Sioniste hul pogings versnel om ʼn Joodse staat te stig, deur immigrante na Palestina te smokkel. Ekstremistiese Sionistiese groepe, soos die Irgun en die Lehi het terreurtaktieke gebruik om Brittanje te dwing om haar mandaatskap prys te gee. Hulle het Britse militêre basisse, polisiekantore, treinspore en brûe aangeval. Die mees gewaagste aanval was toe ʼn Irgun kommando die King David Hotel, die Britse militêre hoofkwartier in Jerusalem opgeblaas het. Soos geweld toegeneem het in Palestina, het die Britse regering besluit om die kwessie van Palestina aan die nuut gestigte Verenigde Nasies (VN), te oorhandig. Dit het voorgestel dat Palestina in twee aparte state verdeel moes word – ʼn Arabiese en ʼn Joodse staat. Die Sioniste het die plan aanvaar, maar die Arabiere het dit verwerp. Dit het gelei tot die stigting van die staat Israel. [Geneem uit: In Search of History deur J. Bottaro et al] VISUELE BRON: Die spotprent toon die Arabiere se reaksie op die stigting van die staat Israel. [Geneem uit: www.science.co.it/arab - israeli - conflict/carto] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 2B Hierdie bron verduidelik waarom die Arabiese-Liga die verdelingsplan verwerp het. “Hulle het volgehou by hulle posisie dat Palestina ʼn integrale deel van die Arabiese wêreld was en van die begin af was die inheemse bevolking teen die stigting van ʼn Joodse nasionale tuiste in hul land gekant. Hulle het ook daarop aangedring dat die Verenigde Nasies, ʼn liggaam, geskep en beheer deur die Verenigde State en Europa, nie die reg gehad het om enige gedeelte van hul land aan die Sioniste te oorhandig nie. Hulle het daarop aangedring dat die “Westerse wêreld hul gewete gesalf het vir die wandade van die oorlog en hul eie skuldgevoel aan die Jode betaal het met iemand anders se land.” [Geneem uit: A History of the Israeli – Palestinian conflict deur M. Tessier] BRON 2C Hierdie bron bestaan uit twee standpunte wat handel oor die Eerste-Israeli Oorlog van 1948. STANDPUNT 1: ʼn Israeli siening oor die Eerste Arabiese-Israeli Oorlog. In 1947 het die Arabiese nasionaliste ʼn radikale verandering in hul doelwitte aangekondig. In plaas daarvan om die uitbreiding van die Joodse nedersettings te stuit, het die Palestyne en ander Arabiere ʼn verenigde poging geloods om Joodse gebiede te verower en sodoende hul teenwoordigheid in die land uit te wis. Vandaar die wyd verspreide aanvaarding van die feit dat “daar is geen keuse nie”, dit het ons net een moontlikheid toegelaat “veg om te wen.” [Geneem uit: Via Afrika History deur J. Manenzhe et al] STANDPUNT 2: ʼn Arabiese standpunt oor die Eerste Arabiese-Israeli Oorlog. Brittanje is direk verantwoordelik vir die nederlaag van die Palestynse mense in 1948. Die VN resolusie was totaal onregverdig. Die Joodse magte was beter bewapen en opgelei as die Arabiere. Wat met Palestina in die oorlog gebeur het was ʼn beplande en sistematiese ‘etniese uitwissing’ van ʼn volk. Ons roep dit An- Nakba wat katastrofe beteken. Ongeveer vyf-en tagtig persent (85%) van die Palestyne wat binne sogenaamde Israeli grense gebly het, is uitgedryf, en bly nou as vlugtelinge in naburige lande. Meer as vyf honderd (500) dorpe was geheel en al verwoes, sodat daar niks oor was vir Palestyne om na terug te keer nie. Daar was vele massamoorde, soos die een in die dorp van Deir Yassin, toe ʼn Joodse eenheid 100 mense vermoor en gemartel het en die res van die inwoners uitgedryf het. [Geneem uit: The Middle East since 1945 deur S. Ross] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s SLEUTELVRAAG: HOE WAS APARTHEID IN SUID-AFRIKA GEÏMPLEMENTEER? BRON 3A Hierdie bron bestaan uit ʼn geskrewe en visuele bron wat handel oor die Bantoe Onderwyswet en die gevolge daarvan. GESKREWE BRON: Dit is ʼn uittreksel vanuit ʼn toespraak wat deur H.F. Verwoerd is oor Bantoe onderwys in die parlement in 1953, gedurende die debat oor die Bantoe Onderwyswet gelewer. “Onderwys moet mense oplei en opvoed in ooreenstemming met hul geleenthede in die lewe, volgens die samelewing waarin hulle leef … onderwys moet sy wortels geheel en al in die Naturelle gebiede, asook in die Naturelle omgewing en in die Naturelle gemeenskap het. Die Naturelle moet gelei word om sy eie gemeenskap in alle aspekte te dien. Wat is die doel om die Naturelle wiskunde te leer, wanneer hy dit nie in die praktyk kan toepas nie … Daar is geen plek vir ʼn Naturelle kind behalwe vir sekere vorme van arbeid.” [Geneem uit: Top Class deur P. Ellis.et al] VISUELE BRON: Die tabel wys hoeveel geld (in rande) die regering gespandeer het op onderwys vir elke kind volgens hul rasse-klassifikasie in Suid-Afrika [Geneem uit: The Right to Learn deur P. Christie] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 3B Hierdie foto verwys na een van die kleinlike apartheidswette wat afgedwing was op swart mense. Die versorger kon nie op die bank langs die kind sit nie, omdat dit ”Slegs Blankes” gemerk was. [Geneem uit: In Search of History,deur J.Bottaro.et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2014) BRON 3C Die volgende storie handel oor hoe rasse-klassifikasie die lewe van ʼn jong meisie, Sandra Laing geaffekteer het en was in die Sunday Times in 2000 gepubliseer. “… In 1966, toe ek 10 jaar oud was, het die polisie my vanaf die skool weg kom neem … Mnr. van Tonder, die hoof, het gesê dat ek nie blank was nie, en nie kan bly nie … In 1976 toe daar onluste teen apartheid en die onderwysstelsel was, het ek 21 geword en gedink dinge sou verander. Ek het aansoek om ʼn identiteits- dokument gedoen, maar dit het ses jaar geneem voordat ek my identiteits- dokument as Kleurling ontvang het. Tot op daardie tyd kon ek nie bewys wie ek was nie, kon nie werk vind nie, ʼn rekening open of doen wat ʼn persoon veronderstel was om te doen nie. Deur die jare het ek verlang na my familie, net om van hulle te hoor. Ek het vele briewe geskryf, maar dit het onbeantwoord gebly … niemand in die familie het gepoog om met my kontak te maak nie.” “… Apartheid was beëindig, en ek sal daarvan hou om Mnr. Mandela ʼn handdruk te gee daarvoor, maar dit is te laat vir my.” Sandra Laing in 1968, twee jaar nadat sy uit die skool geskors was. [Geneem uit: Top Class deur P.Ellis, et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse was uit die volgende geneem: Bottaro, J. et al. 2012. In Search of History (Oxford University Press) Christie, P. 1991. The Right to Learn (Sached) Deftereos, R. et al. 2006. Making History (Heinemann) Ellis, P. et al. 2012. Top Class (Shuter & Shooter) Frank, F. et al. 2012. New Generations (New Generations Publication) Manenzhe, J et al. 2012. Via Afrika History (Via Afrika Publishers) Tessier, M. 1994. A History of the Israeli-Palestine conflict (Indiana Press) Ross, R. 2004. The Middle East since 1945 (Contemporary Books) www.science.co.it/arab-israeli-conflict/carto. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 History

View all