Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*HISTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en ʼn addendum van 10 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 284.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae gebaseer op die voorgeskrewe
inhoudsraamwerk vir 2012, wat soos volg is:
VRAAG 1: DIE IMPAK VAN DIE KOUE-OORLOG IN DIE VORMING
VAN DIE WÊRELD IN DIE 1960’s
USSR/VSA – Skepping van invloedsfere:
Fokus op Kuba
VRAAG 2: HOE WAS UHURU GEREALISEER IN AFRIKA IN DIE
1960’s EN 1970’s?
Gevallestudie: Tanzanië
VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET
VANAF DIE 1960’s TOT 1990 VOORGEKOM?
Fokus 1960’s: Burgerregtebeweging in die VSA
VRAAG 4: WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET
VANAF DIE 1960’s TOT 1990 VOORGEKOM?
Fokus 1970’s: Swartbewussynsbeweging in Suid-
Afrika
2. Elke vraag tel 75 punte en begin met ʼn sleutelvraag.
3. Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. Elke vraag bestaan uit beide
bron-gebaseerde vrae wat 45 punte tel en die uitgebreide skryfwerkstuk
wat 30 punte tel.
4. Kandidate moet hul kennis, vaardighede en insig toepas om die vrae te
beantwoord.
5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal die kandidate benadeel.
6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 3
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS BYGEDRA TOT KOUE-
OORLOGSPANNING TUSSEN DIE VSA EN RUSLAND IN DIE 1960’s?
Bestudeer Bronne 1A, 1B en1C om die volgende vrae te beantwoord.
1.1 Lees Bron 1A.
1.1.1 Watter land, volgens die bron, was ʼn bedreiging vir Kuba? (1 x 1) (1)
1.1.2 Waarom, volgens die bron, het Chroesjtsjof gekies om Kuba te help?
(2 x 1) (2)
1.1.3 Watter ander faktore, wat nie in die bron genoem word nie, het
bygedra dat Chroesjtsjof missiele in Kuba installeer? (2 x 2) (4)
1.1.4 Gebruik jou kennis en die inligting uit die bron, om die begrip
"Kommunisme" te definieer. (1 x 2) (2)
1.1.5 Verduidelik of hierdie bron betroubaar is vir historici wat die USSR se
bedoelings in Kuba in 1962 ondersoek. (2 x 2) (4)
1.2 Verwys na Bron 1B.
1.2.1 Identifiseer EEN reaksie van die VSA teenoor die oprigting van
kernwapens in Kuba. (1 x 2) (2)
1.2.2 Watter bewyse is daar in die bron wat daarop aandui dat die VSA
bereid was om geweld te gebruik om die opbou van Russiese
kernwapens in Kuba te stop? Gebruik TWEE visuele leidrade uit die
bron om hierdie vraag te beantwoord. (2 x 2) (4)
1.2.3 Kan die Amerikaanse optrede geregverdig word? Gee TWEE redes
om jou antwoord te staaf. (2 x 2) (4)
1.2.4 Beskryf die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat navorsing
doen oor die Amerikaanse reaksie teenoor die Kubaanse
missielkrisis. (2 x 2) (4)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Hoe beeld die spotprenttekenaar President Kennedy uit? (1 x 2) (2)
1.3.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
verhouding tussen Kastro en Kennedy versleg het. (2 x 2) (4)
1.3.3 Vergelyk Bronne 1A en 1C. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar
ondersteun met betrekking tot die verloop van die Kubaanse
missielkrisis. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2013)
1.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik waarom die VSA as
oorsaak van die Kubaanse missielkrisis beskou kan word. (8)
1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
lank wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 1.5.1 OF VRAAG 1.5.2.
1.5.1 Bespreek hoe die Kubaanse missielkrisis bygedra het tot Koue-
oorlogspanning tussen die USSR en die VSA in die 1960’s. (30)
OF
1.5.2 Chroesjtsjof het op die blokkade gereageer en verklaar dat: “... Ons
sal dan gedwing word aan ons kant, om maatreëls te oorweeg wat
nodig en voldoende is, om ons regte te beskerm”.
Gebruik die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie kennis om
die geldigheid van hierdie stelling krities te bespreek. (30)
[75]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAS JULIUS NYERERE SE BELEID VAN SOSIALISME ’N SUKSES IN
TANZANIË?
Bestudeer Bronne 2A en 2B om die volgende vrae te beantwoord.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis om die volgende
begrippe te definieer:
(a) Sosialisme (1 x 2) (2)
(b) Kapitalisme (1 x 2) (2)
2.1.2 Wat was die doelwit van Nyerere se beleid? (1 x 2) (2)
2.1.3 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom Nyerere beide kapitalisme en sosialisme as die basis vir
Tanzanië se ontwikkeling verwerp het. (2 x 2) (4)
2.1.4 Hoe dink jy, sou Tanzaniërs gereageer het op die beleid van Ujamaa?
(1 x 2) (2)
2.1.5 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat Ujamaa ʼn vrywillige
demokratiese proses was. (2 x 1) (2)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Volgens die bron, identifiseer DRIE areas van suksesse van die
Ujamaa-beleid. (3 x 1) (3)
2.2.2 Hoe sal jy die lae vlakke van gesondheidsorg-sentrums in 1969
verklaar? (2 x 2) (4)
2.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
aantal dorpe so dramaties het in 1978 toegeneem. (2 x 2) (4)
2.2.4 Wat was die lewensverwagting van Tanzaniërs in 1976? (1 x 2) (2)
2.2.5 Met hoeveel jare het Tanzaniërs se lewensverwagting verbeter
tussen 1967 en 1976? (1 x 2) (2)
2.2.6 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
lewensverwagting van Tanzaniërs so dramaties in 1976 verbeter het?
(2 x 2) (4)
2.2.7 Verduidelik of hierdie statistieke betroubaar is vir studente wat die
impak van Ujamaa op Tanzaniërs bestudeer. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2013)
2.3 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van die Ujamaa-beleid
op Tanzanië verduidelik. (8)
2.4 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
lank wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.4.1 OF VRAAG 2.4.2.
2.4.1 Verduidelik die impak van Nyerere se beleid van sosialisme in die
heropbou van Tanzanië na onafhanklikheid. (30)
OF
2.4.2 Was Nyerere se beleid van Afrika-sosialisme ʼn sukses?
Gebruik die inligting vanuit die relevante bronne en jou eie kennis om
jou antwoord te staaf. (30)
[75]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA (VSA) IN DIE 1960’s PLAASGEVIND?
Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3C om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Raadpleeg Bron 3A.
3.1.1 Watter bewyse in hierdie bron dui daarop dat Afro-Amerikaners
onderdruk was? (3 x 1) (3)
3.1.2 Gebruik die inligting uit die bron en jou eie kennis, om die begrip
"onderdrukking" te definieer. (1 x 2) (2)
3.1.3 Wat, volgens die bron, was die aard van die burgerregte-protes?
(1 x 2) (2)
3.1.4 Verduidelik wat jy dink Martin Luther King Jnr. bedoel het met die
volgende frase: “Ons is altyd op die drumpel van ʼn nuwe dagbreek.”
(2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
Burgerlike Versetbeweging met die Vryheidsritte-veldtog begin het.
(2 x 2) (4)
3.2.2 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat lede van die
Vryheidsritte vasbeslote was om rasse-segregasie op openbare
vervoer te beëindig. (2 x 1) (2)
3.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die Suidelike
State die Amerikaanse grondwet geskend het. (1 x 2) (2)
3.2.4 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie bron vir studente wat
rasseverhoudings in Amerika bestudeer. (2 x 2) (4)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Wat, volgens die bron, was die doelwit van die Vryheidsomer? (1 x 2) (2)
3.3.2 Deur jou eie kennis te gebruik, dui aan wat die vereistes vir swart
Amerikaners was om te kon stem. (1 x 2) (2)
3.3.3 Het die redakteur die Vryheidsomer-veldtog ondersteun? Haal
bewyse uit die bron aan om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4)
3.3.4 Kan die houding van die redakteur met betrekking tot die
Vryheidsomer-veldtog regverdig word? (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2013)
3.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Suidelike
State die Amerikaanse grondwet geskend het. (8)
3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
lank wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 3.5.1 OF VRAAG 3.5.2.
3.5.1 Bespreek die verskillende vorme van burgerregte-protes in die 1960’s
en toon aan hoe dit veranderinge in die VSA meegebring het. (30)
OF
3.5.2 “Die 1960’s word dikwels na verwys as ʼn dekade van burgerregte-
protes in die Verenigde State van Amerika.”
Stem jy saam? Bespreek hierdie stelling krities deur gebruik te maak
van die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis. (30)
[75]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 9
VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWART BEWUSSYNSBEWEGING TOT
DIE BEVRYDINGSTRYD VAN SUID-AFRIKA IN DIE 1970's BYGEDRA?
Bestudeer Bronne 4A, 4B en 4C om die volgende vrae te beantwoord.
4.1 Verwys na Bron 4A.
4.1.1 Definieer die begrip Swartbewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
4.1.2 Verduidelik wat Biko bedoel het toe hy gesê het dat daar teen swartes
gediskrimineer was:
(a) Polities
(b) Ekonomies
(c) Sosiaal (3 x 2) (6)
4.1.3 Na watter tipe mense verwys die woord “Swart”? (1 x 2) (2)
4.1.4 Wat was die doelwitte van die Swart Bewussynsbeweging? (2 x 2) (4)
4.1.5 Verduidelik wat Biko bedoel het toe hy gesê: “die magtigste wapen in
die hande van die onderdrukker is die verstand van die
onderdruktes.” (1 x 2) (2)
4.1.6 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir historici wat die
Swartbewussynsbeweging navors. (2 x 2) (4)
4.2 Bestudeer Bron 4B.
4.2.1 Watter boodskap dra hierdie foto oor? (1 x 2) (2)
4.2.2 Watter impak het Bantoe-onderwys op Swart studente gehad? (2 x 2) (4)
4.2.3 Verduidelik die aard van die optog. Gebruik TWEE visuele leidrade uit
die bron om die vraag te beantwoord. (2 x 1) (2)
4.2.4 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom die
optog gewelddadig geraak het. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (SEPTEMBER 2013)
4.3 Raadpleeg Bron 4C.
4.3.1 Hoe, volgens hierdie bron, het Steve Biko die blanke regering
konfronteer? (1 x 1) (1)
4.3.2 Wat was die betekenis van die Swart Gemeenskapsprogramme?
(1 x 1) (1)
4.3.3 Noem enige EEN van die Swart Gemeenskapsprogramme wat Biko
gestig het. (1 x 1) (1)
4.3.4 Het die Apartheidsregering die Swart Gemeenskapsprogramme
ondersteun? Haal bewyse uit die bron aan om jou antwoord te staaf.
(2 x 1) (2)
4.4 Gebruik AL die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Swart
Bewussynsbeweging die Apartheidsregering uitgedaag het. (8)
4.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye
lank wees.)
Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 4.5.1 OF VRAAG 4.5.2.
4.5.1 Bespreek die bydrae van Steve Biko se Swart Bewussynsbeweging in
die vryheidstryd van Suid-Afrika in die 1970’s. (30)
OF
4.5.2 “As dit nie vir Biko se invloed in die 1970’s was nie, sou Suid-
Afrikaners nog steeds onder apartheid geleef het.”
Gebruik die inligting uit AL die bronne en jou eie kennis, en bespreek
krities die rol wat Steve Biko in Suid-Afrika gedurende die1970’s
gespeel het. (30)
[75]
TOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Sesotho)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum