Skip to content

History Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201311 pages

Grade 12 History addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 GESKIEDENIS V2 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013) VRAAG 1: HOE HET DIE VAL VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE BEËINDIGING VAN APARTHEID IN SUID-AFRIKA BYGEDRA? BRON 1A Hierdie bron bestaan uit ’n visuele en ’n geskrewe bron wat handel oor die beleid van Perestroika wat veranderinge in die SowjetUnie teweeg gebring het. VISUELE BRON: Die plakkaat handel oor die beleid van perestroika [Geneem uit: Russia:Building Democracy deur J.Bradley] GESKREWE BRON: Hierdie bron handel oor die gevolge van Gorbachev se veranderinge. Gorbachev se hervorming het nie net die ekonomie nie, maar ook die politieke situasie beïnvloed. Hierdie hervorming was teengestaan deur geharde kommuniste wat gevrees dat dit sou lei tot die ondergang van kommunisme. Om hul invloed te verminder, het Gorbachev die proses van “demokratisering” afgedwing. Dit het beteken dat daar verkiesings gehou sou word wat die geharde kommunis met sy eie ondersteuners sou vervang. Gorbachev het vir ses jaar aangesukkel en was internasionaal populêr omdat hy verandering wou aanbring, maar op tuisgrond nie so populêr nie, omdat die veranderinge nooit werklik gebeur het nie. Die ou Sowjetunie het in 1991 in duie gestort. [Geneem uit: Causes and Consequences of the Collapse of Communism deur M. Rady]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Hierdie uittreksel handel oor die politieke situasies wat die weg gebaan het vir verandering in Suid-Afrika in die 1980’s. Teen 1988 was die idee van onderhandeling veral deur die OAU, die Gemenebes van Nasies, Kuba, die VSA en die Sowjetunie sterk aangemoedig. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die ANC die Harare-verklaring in Augustus 1989 uitgereik het, wat onderhandeling voorwaardelik met die Nasionale Party-regering ondersteun het. Die ANC het vyf voorwaardes gestel, naamlik: die opheffing van die Noodtoestand wat politieke bedrywighede aan bande gelê het, die erkenning van alle politieke organisasies, die vrylating van alle politieke gevangenes, dat politieke teregstellings beëindiging word en dan eers sal die gewapende stryd opgeskort word. ʼn Reeks onverwagte insidente het dit gouer laat gebeur as wat verwag is. Met die apartheidsregering wat internasionaal geïsoleer is, die ekonomiese krisis en optogte orals in strate, PW Botha wat siek geword, bedank het en laat in 1989 het die Berlynse Muur tot ’n val gekom wat die Koue Oorlog beëindig het. Veranderinge was onvermydelik. Die nuwe President van Suid-Afrika, FW de Klerk het ʼn dapper besluit geneem. Suid-Afrika was in ’n doodloopstraat. Na byna vier jaar van onderhandeling het die onvoorspelbare gebeur, wat ʼn dekade gelede nooit eers verwag was nie. Nelson Mandela, seun van ’n Xhosa-hoof het president van Suid-Afrika geword. [Geneem uit: The Liberation Struggle in South Africa deur A.D. Odendal] BRON 1C Hierdie bron verduidelik die belangrikheid van 2 Februarie 1990 en die reaksies op die aankondiging. In Desember 1989, het De Klerk en Nelson Mandela by die presidensiële woning te Tuynhuys ontmoet en sodoende die weg gebaan vir merkwaardige verandering. Op 2 Februarie 1990, tydens sy openingstoespraak aan die parlement het De Klerk die mees deurslaggewende en onverwagte aankondiging in die geskiedenis van die wit minderheidsregering gemaak. Hy het aangekondig dat die ANC, PAC en SAKP ontban sou word, alle politieke aktiviste vrygelaat sou word, media-sensuur opgehef sal word, noodregulasies ingestel op opvoedkundige liggame is gelig, verandering van die periode van aanhouding en die onvoorwaardelike vrylating van Nelson Mandela. Met hierdie aankondigings is die proses van onderhandeling moontlik gemaak. Hy het besef dat die uitkoms van sy besluit ’n nuwe grondwet tot gevolg sou hê wat voorsiening vir ’n algemene verkiesing sou maak. De Klerk se aankondigings het gemengde reaksies ontlont. Aartsbiskop Tutu het opgemerk dat De Klerk sy asem weggeslaan het. Buitelandse leiers soos die Amerikaanse president, George Bush, die Britse eerste minister Margaret Thatcher en die VN sekretaris-generaal, het De Klerk se historiese besluite verwelkom. Dit was slegs vêrregse leiers soos Andries Treurnicht wat teen die aankondiging gekant was. [Geneem uit: Africa since 1990 deur Y.N. Seleti]
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013) VRAAG 2: HOE HET DIE INEENSTORTING VAN DIE SOWJETUNIE TOT DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990’s GELEI? BRON 2A Hierdie uittreksel fokus op hoe Angola tydens die Koue Oorlog-konflik gebruik was. Toe die Portugese uit Angola onttrek het, was daar mededingende partye wat om mag geveg het. Die sterkste was die Russiese ondersteunde MPLA, maar was deur die UNITA magte teengestaan vanuit die suide wie deur Suid-Afrika en indirek deur Amerika ondersteun is. Teen die einde van 1995 het Suid-Afrika Angola binnegeval met die hoop om die sosialistiese MPLA uit te dryf en ʼn UNITA-regering tot stand te bring wat eerder ʼn bondgenoot as ʼn vyand van Suid- Afrika sou wees. Die MPLA het die Kubaanse magte om steun gevra en sodoende Suid-Afrika gedwing om te onttrek uit Angola, maar ook hierdeur is die fondasie gelê vir ʼn bittere burgeroorlog wat Angola vir die volgende 20 jaar sou teister. [Geneem uit: Causes and Consequences of Independence in Africa deur K. Shillington] BRON 2B Hierdie bron handel oor politieke verandering in Angola na die beëndiging van die Koue Oorlog. Nadat die Koue Oorlog beëindig is het Amerika en die Russe hul belangstelling in Angola verloor en het die land in chaos gelos wat deur hulle veroorsaak is. Na die vredesooreenkoms in 1993 het die MPLA sy Marxistiese-Leninistiese beleid opgesê en sodoende nouer samewerking met die liberale nasies van die Weste aangeknoop. Veelparty-verkiesings is toegelaat wat sedert Angola se onafhanklikheid altyd ʼn eenpartystelsel bedryf het en beperkinge op ander partye is in 1991 opgehef. In die 1992 parlementêre verkiesing het die MPLA 54% van die stemme en 129 setels gewerf, terwyl UNITA 30% met 70 setels verower het. Die oorblywende 21 setels in die Nasionale Vergadering is deur 10 ander partye gedeel. Die president bly die magtigste figuur in die regering. Hy het die mag om ʼn eerste minister aan te stel of te onthef soos hy wil. In die laaste kabinet-verskuiwing was geen eerste minister aangestel nie want President Dos Santos het hierdie mag aan homself toegeëien. Provinsiale en plaaslike strukture het selfs voor onafhanklikheid en weens die burgeroorlog opgehou om te bestaan. Die grootste deel van die land is nie onder effektiewe administratiewe beheer nie en sedert die aanvang van gevegte was daar min permanente of geen effektiewe bestuur buite die buitewyke van die stedelike gebiede nie. [Geneem uit: Africa since 1940: The Past of the Present deur F. Cooper]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5 BRON 2C Hierdie bron bestaan uit ’n visuele en ’n geskrewe bron en fokus op die omstandighede in Angola na die beëndiging van die Koue Oorlog. VISUELE BRON: Hierdie foto wys hoe gewone burgers in die konflik in Angola gebruik was. GESKREWE BRON: Hierdie uittreksel fokus op die sosiale en ekonomiese omstandighede na die beëindiging van die Koue Oorlog. Na die onafhanklikheidswording het die regering ʼn Marxistiese, gesentraliseerde ekonomie ingestel waar alle eiendomme genasionaliseer is en staatsbeheer oor die meerderheid sektore uitgeoefen is. Pogings was in die 1990’s gedoen om die ekonomiese wanbalans die hoof te bied. Die agteruitgaande ekonomiese en sosiale omstandighede het die regering genoop om drastiese ekonomiese veranderinge te implementeer gedurende 1999 wat tot ʼn radikale verandering in sy ekonomiese beleid gelei het. In die grootste gedeelte van 40 jaar was Angola geteister met geweld wat die lewens van 500 000 tot ʼn miljoen mense geëis het, gelei tot die interne verplasing van vier miljoen mense en die verbanning van oor die 400 000 vlugtelinge. Die infrastrukture van die land is verwoes, die ekonomie swak en die land was onveilig en onstabiel as.gevolg.van die miljoene landmyne wat verspreid was oor die hele land. [Geneem uit: Angola: Sruggle for Peace and Reconstruction deur I. Tvedten]
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013) VRAAG 3: WATTER UITDAGINGS HET SUID-AFRIKA GEDURENDE DIE ONDERHANDELINGSPROSES ONDERVIND? BRON 3A Die volgende uittreksel handel oor die redes waarom daar konflik tussen die ANC en IVP ontstaan wat die onderhandelingsproses onderbreek het. Onderhandelinge tussen Mandela en De Klerk het stadig maar seker gevorder met meer vergaderings in die volgende maande. Onderhandelinge het plaasgevind teen die agtergrond van die groeiende geweld in Suid-Afrika. Gevegte onder mededingende swart groepe was ʼn alledaagse verskynsel in sommige stedelike woonbuurte en sekere plattelandse gebiede tussen die ANC ondersteuners en die Inkatha Vryheidsfront (IVP). Die IVP het die idee gehaat dat die ANC internasionaal as die mondstuk van alle Afrikane beskou is. Die ANC aan die ander kant was gekant teen die feit dat die IVP kragtiger geraak het en ondersteuning weggeneem het vanaf die ANC. In die vroeër 1980’s het konfrontasie tussen hierdie twee groepe meer lewens geëis as met konfrontasie met die wit regering. In die Natal provinsie het meer as 3 000 mense gesterf as gevolg van die haat tussen hierdie twee groepe. ʼn Maand na sy vrylating het Mandela ʼn emosionele beroep op beide groepe gedoen om die geweld te staak, apartheid te beveg en nie mekaar nie. Geweld het egter nog steeds voortgeduur. [Geneem uit: Die autobiografie van Nelson Mandela: Long walk to Freedom] BRON 3B Hierdie foto fokus op ‘n geweldadige insident tussen die ANC en IVP. [Geneem uit: Pictorial history of South Africa deur A. Preston]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7 BRON 3C Die volgende bron bestaan uit uit twee uittreksels en handel oor verskillende standpunte oor die geweld. STANDPUNT 1: Handel oor pogings deur die ANC en IVP om geweld te staak en wie te blameer was vir die geweld. Mandela en Buthelezi het in Januarie 1991 ontmoet. Beide leiers wou vrede hê, maar die geweld het voortgeduur. Beide partye het mekaar geblameer vir die geweld en die rol van die polisie in die botsing tussen Inkatha en ANC ondersteuners bevraagteken. Daar is ook aantygings deur die media gemaak dat ʼn “derde mag” wat deur die regering gefinansier en ondersteun word verantwoordelik was vir die geweld. Dit het die onderhandelingsproses ʼn knou toegedien. In 1991 was die regering gedwing om te erken dat hulle die IVP ondersteun het. Hierdeur was die reputasie en integriteit van De Klerk ʼn knou toegedien. Daar was duidelike bewyse dat die regering met ʼn “dubbele agenda” besig was. STANDPUNT 2: Hierdie bron handel oor De Klerk se reaksie oor aantuigings van geweld. De Klerk het beide Generaal Magnus Malan en Adriaan Vlok onthef van hul portfolio’s in die Weermag en Polisiemag onderskeidelik. De Klerk se reaksie op die aantygings en die betrokkenheid van die polisie by Boipatong het die ANC se veldtog van “aanhoudende massa-aksie” aangevuur. In November 1992 het die Goldstone Kommissie bevind dat daar wel deur die Militêre Intelligensie Eenheid gepoog was om Umkhonto we Sizwe te ondermyn. Na verdere ondersoeke kon geen bewyse gevind word om die aantygings te staaf nie, maar De Klerk het 22 militêre offisiere toe afgedank. [Geneem uit: New History of South Africa deur H. Giliomee et al] Bron 3D Die uittreksel handel oor hoe beide die ANC en NP gepoog het om geweld te staak en wou saamwerk vir ‘n nuwe bedeling. Cyril Ramaphosa en die Nasionale Party se nuwe hoof onderhandelaar, Roelf Meyer het die opdrag gekry om nuwe maniere van kommunikasie tussen die twee partye op te stel. Uiteindelik is ʼn Verklaring van Onderneming onderteken. Meyer het in ʼn onderhoud die volgende verduidelik: “Die Verklaring van Onderneming wat ontstaan het tussen die regering en die ANC was ʼn uitkoms van ʼn drie maande lange een-tot-een onderhandeling tussen die betrokke partye wat uiteindelik gelei tot die ontstaan van ʼn nuwe grondwet en ʼn demokratiese Suid- Afrika. Die ANC het wegbeweeg van sy aandrang van ʼn vinnige oplossing en ʼn tweefase-proses aanvaar: eerstens sou daar ʼn tydelike grondwet opgestel word wat deur alle partye goedgekeur sou word en ʼn verkiesing, dan sou ʼn verkose vergadering die finale grondwet opstel vir die land. Ons, as die regering, het aan die ander kant die eis vir regte vir minderheidsgroepe laat vaar.” [Geneem uit: Afica since 1990 deur Y.N. Seleti]
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013) VRAAG 4: HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) WERKLIK VREDE EN REKONSILIASIE IN SUID-AFRIKA TEWEEG GEBRING? BRON 4A Hierdie uittreksel handel oor die redes vir die ontstaan van die WVK. Die WVK was deur die nuwe regering gestig, om met die verlede te deel en om te verseker dat die growwe skending van menseregte nie in die toekoms sal gebeur nie. Die Interim Grondwet van 1993 het verklaar dat daar “’n Nodigheid is vir verstaanbaarheid, nie vir wraak nie, die noodsaaklikheid vir herstel, nie vir weerwraak nie, die noodsaaklikheid vir Ubuntu en niemand te viktimiseer nie.” Dit het ook verklaar: “Die strewe na nasionale eenheid, die welsyn van alle Suid- Afrikaanse burgers en vrede verg rekonsiliasie onder die mense van Suid-Afrika en die herkonstruksie van die samelewing.” Daarom het die eerste demokratiese parlement wetgewing goedgekeur vir die totstandkoming van die WVK. [Geneem uit: Turning Point in History deur die Institute for Justice and Reconciliation] Bron 4B Hierdie bron beskryf die positiewe aspekte van die WVK. Die WVK moes ook deel met klagtes wat veroorsaak is deur aksies van beide wit en swart tydens die Apartheidsera. Om mense aan te moedig om na vore te kom is beperkte amnestie aangebied. Amnestie beteken nie vergifnis of kwytskelding nie, maar beteken slegs dat oortreders wat hul kriminele dade bely nie later in ʼn hof verhoor sal word nie. Diegene wie amnestie wou hê moes in ʼn openbare verhoor hul verklaring aflê. Die doel van die verhore was om slagoffers die geleentheid te gee om diegene wat hulle op enige wyse tenagekom het, te konfronteer, en te vra waarom en om oortreders die geleentheid te bied om berou te toon indien hulle wou. By hierdie verhore het slagoffers vir die eerste keer gehoor wat met geliefdes wat verdwyn of dood gevind is, gebeur het. Andere het vir die eerste keer die oortreders gekonfronteer. Sommige het vir die eerste keer gehoor waar die liggame van hul geliefdes gevind kon word en kon nou behoorlik begrawe kan word. Alhoewel die kommissie sy kritici gehad het, veral die naasbestaandes wie wou hê oortreders moes in ʼn hof gestraf word, was dit oor die algemeen as ʼn sukses beskou in die sin dat hulle die nasie aangemoedig het om aan te beweeg na die nare ondervindings tydens die apartheidsera. [Geneem uit: South Africa: In the 20th century deur P. Joyce]
Downloaded from hlayiso.com (SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9 Bron 4C Hierdie bron bestaan uit ‘n geskrewe en ‘n visuele bron op die WVK. GESKREWE BRON: Hierdie bron handel oor De Klerk se standpunt oor die WVK. Volgens De Klerk sou die sukses van die WVK afhang van die onpartydigheid van sy lede. Hy was bekommerd dat aartsbiskop Tutu voorgestel was as voorsitter van die WVK en dat nie een lid van die Nasionale Party gekies was om op die kommissie te dien nie. Dit blyk dus hoogs onwaarskynlik dat President Mandela se kommissie dieselfde resultate sou kry wat in ander lande verwerf is. Die situasie is vererger deur die aantygings dat FW de Klerk nie wou aanvaar dat die vorige Nasionale Party regering se beleid die veiligheidsmagte ʼn lisensie verleen het om moord te pleeg. Die Goldstone-kommissie wat gelas was om sulke aantygings te ondersoek, kon geen stawende bewyse vind dat die skuldiges gevang, aangekla en veroordeel was nie. De Klerk was ook daarvan beskuldig dat hy by growwe skending van menseregte betrokke was. Tydens ʼn verhoor het Boraine trouens gesê dat hy (De Klerk) ʼn fout begaan het om nie persoonlik aansoek te gedoen het vir amnestie nie. “Ten spyte van groter wordende misnoeë het ek besluit om my volle samewerking aan die kommissie te gee.” [Geneem uit: The Last Trek: New Beginnings deur FW de Klerk] VISUELE BRON: Hierdie bron wys De Klerk wat verklaring aflê voor die WVK. [Geneem: Google spotprente oor die WVK deur Zapiro]
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013) ERKENNINGS Visuele bronne and other historical evidence were taken from the following sources: Bradley, J. 1995. Russia Building Democracy (Aladdin Books) Cooper, F. 2002. Africa Since 1940: The Past of the Present (Cambridge University Press) Corona, L. 2000. South Africa: Modern Nations of the World: The Rise and fall of apartheid (Lucent Books) De Klerk, F.W. 1991. The Last Trek: A New Beginning (Jonathan Ball Publishers) Giliomee, H., et al. 2007. New History of South Africa (Tafelberg Publishers) Institute for Justice and Reconciliation: Turning Points in History Joyce, P. 2000. South Africa in the 20th Century (Struik Publishers) Mandela, N. 2001. Long Walk to Freedom: Autobiography of Nelson Mandela (Little Brown Publishers) Odendal, A.D. 2004. The Liberation Struggle in South Africa (New Africa Education) Preston, A. 1989. Pictorial History of South Africa (Bison Books) Rady, M. 1995. Causes and Consequences of the Collapse of Communism (Evans Brothers Ltd) Seleti, Y.N. 2004. Africa since 1990 (New Africa Education) Shillinton, K. 1997. Causes and Consequences of Independence in Africa (Evans Brothers) Tvedte, I. 1997. Angola: Struggle for Peace and Reconstruction (Westview Press)
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

More from Grade 12 History

View all