Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2013
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentAddendum 






View all



History P2 Nov 2013 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
History · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Addendum, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 17
- File size
- 1.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2013
NSS – Addendum
VRAAG 1: HOE HET DIE VAL VAN KOMMUNISME IN DIE USSR POLITIEKE
VERANDERINGE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1990's BEÏNVLOED?
BRON 1A
Hierdie bron fokus op die gevolge van Mikhail Gorbachev se hervormingsbeleid in
die USSR en Oos-Europa na 1985.
Mikhail Gorbachev is op 11 Maart 1985 as hoofsekretaris van die Kommunisteparty
van die Sowjetunie (KPSU) verkies en het binne weke die wêreld aan twee nuwe
Russiese woorde, 'glasnost' en 'perestroika', bekendgestel. Glasnost het die Koue
Oorlog beëindig. Gorbachev het die foute van die Sowjet buitelandse beleid in die
verlede erken, 'n Sowjet-onttrekking uit Oos-Europa aangekondig en groot toegewings
voorgestel om die wapenwedloop te beëindig. President Reagan en die Weste was
aanvanklik huiwerig en versigtig vir 'n nuwe Sowjet-propaganda-offensief, maar in die
loop van vier spitsberade tussen 1985 en 1988 het Reagan en Gorbachev die Koue
Oorlog beëindig.
Perestroika was minder suksesvol. Teen 1988 het die hervormings van die ekonomie
en die Kommunisteparty nie daarin geslaag om die vertroue van die Sowjette te wen
nie. In Januarie 1989 het George Bush die president van die Verenigde State geword.
Saam met die res van die Weste het hy in ongeloof toegekyk hoe die Sowjetunie, teen
alle verwagting in, tussen 1989 en 1991 ineenstort. Gedurende 1989 het die Oos-
Europese state van Sowjet-invloed weggebreek en begin met die prosedure om
demokratiese regerings te verkies. Op 9 November 1989 is die Berlynse Muur
afgebreek omdat die Duitse volk, ongeduldig vir hereniging, vinniger as die politici
beweeg het.
[Uit: The Cold War deur B Lightbody]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 1B
Hierdie spotprent deur E Valtman is op 31 Augustus 1991 in The Waterbury
Republican gepubliseer.
Gorbachev staar na 'n verbrokkelde hamer en sekel
[Uit: The Best Editorial Cartoons of the Year deur ES Valtman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 1C
Die bron hieronder deur J Daniel beklemtoon hoe die val van die Berlynse Muur die
weg vir verandering in Suid-Afrika gebaan het.
Dit behoort duidelik te wees … dat teen die tyd dat die gebeure rondom die Berlynse
Muur plaasgevind het, die momentum vir verandering in Suid-Afrika besig was om toe
te neem. Wat die val van die muur gedoen het, was nie om omstandighede vir
verandering te skep nie, maar om dit op die voorgrond te druk om die hele proses
te bespoedig. Wat dit gedoen het, was om die hindernisse waarvoor diegene wat 'n
nuwe pad vorentoe voorgestaan het, te verminder. Dit was, byvoorbeeld, nou vir
FW de Klerk moontlik om, onder intense druk van die Verenigde State en met die
vooruitsig van verskerpte sanksies, vir sy kritici te vertel dat die Koue Oorlog verby
was. Dat 'ons' gewen het en dat die Sowjette verloor het en dat dit op sy beurt die ANC
verswak het omdat hy sy hoofbeskermheer verloor het. Gevolglik kon hy redeneer dat
dit nou vir die Nasionale Party moontlik was om hulle polities en op 'n meer gelyke
speelveld te konfronteer. Die ANC, kon hy aanvoer, het nou geen ander keuse gehad
as om te onderhandel nie …
... terwyl De Klerk en sy toppersoneel in Nasionale Intelligensie die post-1985 Koue
Oorlog-seine reg gelees het, kon hulle nooit die ware realiteit van die nasionalistiese
stryd in Suidelike Afrika verstaan nie, waar dit nie die Sowjetunie was wat die probleem
was nie. Wat wel die probleem vir die wit minderhede was, was die regmatige strewes
van die swart meerderheid.
[Uit: The Impact of the Cold War and the Fall of the Berlin Wall on Southern Africa deur J Daniel]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 1D
Hierdie bron bestaan uit twee uittreksels.
Uittreksel 1: Die volgende bevat 'n gedeelte van 'n toespraak wat FW de Klerk op
2 Februarie 1990 in die parlement gelewer het.
Die regering het sy goeie trou bewys met die stappe wat gedoen is en die tafel is
gedek vir verstandige leiers om oor 'n nuwe bedeling te begin praat om deur middel
van dialoog (samesprekings) tot 'n verstandhouding te kom. Die agenda is oop en die
algemene doelwitte waarna ons strewe, behoort vir alle redelike Suid-Afrikaners
aanvaarbaar te wees.
Hierdie doelwitte sluit, onder meer, 'n nuwe demokratiese grondwet in; algemene
stemreg; geen oorheersing; gelykheid voor 'n onafhanklike regbank (hof); die
beskerming van minderheidsgroepe sowel as individuele regte; …
Ek wil dit duidelik stel dat die regering 'n vaste besluit geneem het om mnr. Mandela
onvoorwaardelik vry te laat. Ek is ernstig daaroor om hierdie saak sonder versuim af te
handel. Die regering sal binnekort op die datum van sy vrylating besluit.
[Uit: The Argus, 6 Februarie 1990]
Uittreksel 2: Hierdie uittreksel fokus op W Esterhuyse se interpretasie van
FW de Klerk se 2 Februarie 1990-toespraak.
Die toespraak het 'n dramatiese impak op die ANC gehad, en nie net omdat die
organisasie aangedring het op vooraf kennisgewing oor kwessies soos Nelson
Mandela se vrylating en die opheffing van inperkings nie. Daar was die verwagting by
ANC-leiers dat De Klerk geleidelik 'n klimaat vir onderhandelings sou skep. Baie
Afrikaners het ook so gedink. Ek, byvoorbeeld, het geglo dat De Klerk, gegewe sy
politieke versigtigheid en konserwatiewe wortels, nie die moed sou hê om, waarna
Terre'Blanche as 'n kwantumsprong verwys het, te maak nie. De Klerk het die ANC en
baie ander mense verkeerd bewys. Hy het in besonder bewys dat hy nie vir die regses
bang was nie en hulle nie sou toelaat om die politiek voor te skryf nie. Met 'n enkele
toespraak het hy alles wat nodig was om 'n klimaat vir onderhandelings te skep, tot
stand gebring: die onvoorwaardelike vrylating van Nelson Mandela, die ontbanning van
organisasies en die terugkeer van uitgewekenes.
Mbeki is ook onkant betrap deur die tydsberekening en die omvang (belangrikheid) van
De Klerk se aankondiging. Daar was niks in die toespraak waaruit die ANC of die
United Democratic Front (UDF) enige politieke voordeel kon trek nie. De Klerk was die
man van die oomblik. Die ANC het ook nie geweet presies wanneer Mandela vrygelaat
sou word nie. De Klerk het die ANC aan die raai gehou ... Hy is dalk onverhoeds
betrap deur die tydsberekening en die omvang van die aankondiging, maar hy was
onder geen omstandighede onseker nie. Om die waarheid te sê, ek het reeds in
Oktober 1989 uit Engeland teruggekeer met 'n boodskap van Thabo Mbeki aan die
Nasionale Intelligensiediens: 'Hef die verbod op een op, hef die verbod almal op.'
[Uit: Secret Talks and the End of Apartheid, Endgame deur W Esterhuyse]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2013
NSS – Addendum
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE VAL VAN KOMMUNISME OP DIE
HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990's GEHAD?
BRON 2A
Die verslag hieronder is deur 'n eertydse Angolese burger geskryf. Hy skets hoe
Angola deur die Koue Oorlog-spanning tussen die VSA en die USSR beïnvloed is.
Selfs in die 1980's was Angola 'n land waarin die Verenigde State en die Sowjetunie
alternatiewe magte gebruik het om vir invloed en oppermag te kompeteer. Terwyl die
Sowjette en die Kubane voortgegaan het om die Marxistiese regime (MPLA) in die
hoofstad Luanda te ondersteun, het die Amerikaners saam met die Suid-Afrikaners
Jonas Savimbi se rebellegroep, UNITA, onderhou ... Fisies en ekonomies was die
totale koste van hierdie burgeroorlog vir die mense van Angola enorm. Net in die
1980's het meer as vierhonderdduisend Angolese gesterf en nog vele is vermink
(gewond/beseer). Nog ongeveer drie miljoen mense is uit die landelike gebiede en
hulle huise verdryf.
Die eerste teken van vrede in Angola se eindelose burgeroorlog het in 1990 gekom toe
die Koue Oorlog byna verby was. Portugal, die Verenigde State en selfs Rusland het
met samesprekings begin om vrede in Angola te bring. In Mei 1991, by 'n vergadering
tussen President Dos Santos en Jonas Savimbi, is 'n ooreenkoms uiteindelik
onderteken om sestien jaar se oorlogvoering tussen hierdie twee leiers te beëindig.
Maar agterdog en wantroue, aan die orde van die dag, sou nooit verander nie. Die
MPLA en sy president het in werklikheid 'n kultuur van korrupsie en 'n outoritêre party
in die hande van 'n klein elite groep opgebou, wat lankal daaraan gewoond was om die
mag in die hande te hê ... Hierdie magsvergryp was rampspoedig. Angola se regering
het vyftien jaar lank 'n Sowjet-geïnspireerde stelsel van gesentraliseerde beplanning
en nasionalisering afgedwing, wat die ineenstorting van sowel landbou- as
nywerheidsproduksie veroorsaak het …
Toe Jonas Savimbi die verkiesingsuitslae van 1992 verwerp het, was al sy
lojale vriende regoor Amerika en Suid-Afrika ontsteld oor sy weiering om
sy verkiesingsnederlaag te aanvaar … Die oorlog het weer begin en dit het gelyk
of Dos Santos, die president van Angola, nie iemand was vir vreedsame
onderhandelings nie …
[Uit: Angola, Land of Shattered Dreams deur Z Santana]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 2B
Hierdie spotprent deur Zapiro het in die Sowetan van 17 November 1994 verskyn.
Dit beeld die impak van die burgeroorlog op Angolese burgers uit.
[Uit: Zapiro: The Madiba Years deur J Shapiro]
AFRIKAANSE VERTALING:
EK SAL 'N ARM EN 'N BEEN GEE DAT HIERDIE OORLOG KAN OPHOU!
Angola Times
VREDESOOREENKOMS
Angola-nasie: die meeste geamputeerdes
VERTALING VAN KENNISGEWING (regs op die spotprent)
PASOP VIR LANDMYNE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 2C
Hierdie bron bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron oor die uitwerking van
burgeroorlog op Angola.
Geskrewe Bron: Die volgende uittreksel fokus op die verwoestende uitwerking
wat die jare van burgeroorlog op Angola se infrastruktuur gehad het.
Dit is amper onmoontlik om die verwoesting te beskryf wat meer as 30 (dertig) jaar se
voortdurende konflik veroorsaak het. Alles moet herbou word: brûe, strate en paaie,
kommunikasiestelsels, landingstroke, hospitale en skole. Honderde duisende mense
woon in krotbuurte aan die buitewyke van die hoofstad in uiterste vuilheid en ellende.
Luanda het nou viermiljoen inwoners, maar slegs ongeveer 20 000 (twintigduisend)
van hulle het lopende water of moderne toilette. Groot dele – gewoonlik die
armoedigste dele – van die hoofstad is 'n visioen uit die hel 'omring deur berge vullis'
en 'deurweek met riviertjies van menslike afval'. So ver terug as 1994 is daar geskat
dat 22 000 (twee-en-twintig duisend) stortbakvragmotors nodig was om Luanda se
opgehoopte afval te verwyder, en dit was toe die stad nog net die helfte van sy huidige
bevolking van 4,5 miljoen was.
Die regering kan dit maklik bekostig om 'n rioolsuiweringsaanleg te bou en drinkwater
uit nabygeleë riviere na die stad te pomp. In die afwesigheid van hierdie dienste betaal
miljoene van Luanda se armes tot 10 000 (tien duisend) keer meer vir drinkwater –
vervoer deur duur privaat afleweringsvoertuie – as die elite wat net 'n kraan oopdraai.
[Uit: Africa 2007 deur C Cutter]
Blaai asseblief om vir die Visuele Bron.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2013
NSS – Addendum
Visuele Bron: Hierdie foto is in Oktober 2010 deur LJ Bothma geneem. Dit toon brûe
oor die Cuchirivier.
Nuwe brug Ou brug Tydelike brug
[Uit: Anderkant Cuito, 'n Reisverhaal van die Grensoorlog deur LJ Bothma]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2013
NSS – Addendum
VRAAG 3: HOE HET DIE ONDERHANDELINGSPROSES TUSSEN DIE
VERSKILLENDE POLITIEKE ORGANISASIES IN 1994 DIE WEG
GEBAAN VIR SUID-AFRIKA SE EERSTE DEMOKRATIESE
VERKIESING?
BRON 3A
Hierdie bron bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron.
Geskrewe Bron: Hierdie bron skets die redes vir De Klerk se toespraak op
2 Februarie 1990.
2 Februarie 1990 was moontlik die merkwaardigste dag in die geskiedenis van die wit
minderheidsregering omdat dit die oomblik was dat die onafwendbaarheid van sy eie
mislukking openlik erken is. Toe De Klerk die verbod op die ANC, die PAC en die Suid-
Afrikaanse Kommunisteparty opgehef het; aangekondig het dat Nelson Mandela
binnekort onvoorwaardelik vrygelaat sou word; die noodtoestandregulasies op
organisasies soos die UDF en Cosatu opgehef is; talle politieke gevangenes vrygelaat
is; mediabeperkings opgehef is en verklaar het dat die tyd aangebreek het om 'n 'totaal
nuwe en regverdige bedeling' gebaseer op gelykheid te skep, het die omvang en die
aard van nasionale politiek vir goed verander. Die regering self het erken dat die dae
van wit heerskappy getel was. Sy 2 Februarie-toespraak het stellig die vertroue van
beide Suid-Afrika en die internasionale wêreld herstel. Sonder 'drastiese verandering',
het hy gewaarsku, sou daar niks meer as 'toenemende geweld, spanning en konflik'
wees nie. Dit was tyd om openlik en vrylik te praat oor die hervorming van die karakter
van die Suid-Afrikaanse staat.
Reaksie op die toespraak was onmiddellik en vol lof. Aartsbiskop Desmond Tutu het
verklaar dat De Klerk 'my asem weggeslaan het'. Koerantopskrifte soos 'Suid-Afrika en
die Wêreld Juig' en 'Suid-Afrika breek deur die politieke klankgrens' was kenmerkend.
Nelson Mandela het later geskryf: ' 'n Asemrowende oomblik, want met een armswaai
het [De Klerk] die situasie in Suid-Afrika feitlik genormaliseer. Ons wêreld het oornag
verander.'
Die enigste stem van wanhoop en verontwaardiging was dié van die wit regses.
Dr. Andries Treurnicht, leier van die Konserwatiewe Party, het De Klerk se toespraak –
waarskynlik akkuraat – verklaar as 'die mees rewolusionêre toespraak waarna ek nog
ooit gedurende die afgelope 19 jaar in hierdie parlement geluister het'. Die opheffing
van die verbod op die ANC, die PAC en die Kommunisteparty was 'absoluut skokkend'.
[Uit: Every Step of the Way: The Journey To Freedom In South Africa
deur die Ministerie van Onderwys]
Blaai asseblief om vir die Visuele Bron.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2013
NSS – Addendum
Visuele Bron: Hierdie spotprent deur Gorrell is April 1994 gedateer. Dit toon 'Wit
Heerskappy' wat swart Suid-Afrikaners vrylaat.
[Uit: Nelson Mandela: A Life in Cartoons deur H Dugmore et al.]
AFRIKAANSE VERTALING:
Nekband: S.-AFRIKA
Tas: WIT HEERSKAPPY
Onderskrif: 'JY IS VRY! ... BAIE GROOTMOEDIG VAN MY, NÈ?'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 3B
Die bron hieronder bestaan uit 'n geskrewe en 'n visuele bron.
Geskrewe Bron: Hierdie is 'n uittreksel van die vergaderings wat in 1990 tussen
die Nasionale Party en die ANC (African National Congress) gehou is.
Op 2 Mei 1990 het die NP en die ANC met 'n tweedaagse reeks 'gesprekke oor
gesprekke' by die historiese Groote Schuur-ampswoning in Kaapstad begin. Dit was by
hierdie deftige eertydse woning van Suid-Afrikaanse staatshoofde waar die twee
partye oorkant mekaar by 'n groot eetkamertafel gesit het en die struikelblokke op die
weg van onderhandelings en maniere om hulle te oorkom, geïdentifiseer het. Die
vergadering was baie gespanne – albei kante was hoogs wantrouig teenoor mekaar.
Tydens hierdie vergadering het die ANC geweier om die NP se sleutelvereiste om die
MK (Umkhonto we Sizwe) te ontbind, te aanvaar. De Klerk het hierdie toegewing nodig
gehad om vrese in die wit gemeenskap te besweer. Alhoewel die NP belangrike
veranderinge aangebring het, was die beskerming van die belange van die wit 'groep'
steeds sy kerndoel en wou hy 'n stewige greep op die oorgangsproses hê. Geen party
het egter 'n duidelike plan gehad oor hoe om te werk te gaan nie. Hulle het hulleself in
onbekende water bevind en albei het by nabetragting die behoefte raakgesien om so
buigsaam en openlik as moontlik te wees.
Die vergadering het geëindig met wat De Klerk en Mandela beskryf het as 'n 'breë
ooreenkoms' tussen die partye, in die vorm van die historiese Groote Schuur-minuut.
Hierdie kompromis, wat 'n 'historiese wapenstilstand' genoem is, het dit moontlik
gemaak dat die onderhandelingsproses in goeie trou kon voortgaan. Finale
ooreenkomste is toe bereik oor kwessies soos die vrylating van politieke gevangenes
en die terugkeer van politieke uitgewekenes. Die regering het ook ingestem om sy
veiligheidswetgewing te hersien om vrye politieke aktiwiteite te verseker en die
noodtoestand in Natal te beëindig. Die Pretoria-minuut het afgesluit: 'Ons is oortuig dat
dit waarop ons vandag ooreengekom het, 'n mylpaal op die weg na ware vrede en
voorspoed vir ons land kan word. Die weg is nou oop vir onderhandelings vir 'n nuwe
grondwet. Verkennende samesprekings in hierdie verband sal plaasvind voor die
volgende vergadering, wat binnekort gehou gaan word.'
[Uit: One Law, One Nation: The Making of the South African Constitution deur L Segal]
Blaai asseblief om vir die Visuele Bron.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2013
NSS – Addendum
Visuele Bron: Die volgende was die hoofopskrif wat op 6 Augustus 1990 in die
Sunday Times verskyn het. Dit fokus op die Pretoria-samesprekings wat tussen die
ANC en die NP gehou is.
[Uit: One Law, One Nation: The Making of the South African Constitution deur L Segal]
AFRIKAANSE VERTALING VAN KOERANTOPSKRIF:
Deurslaggewende Pretoria-samesprekings kan gewapende stryd beëindig
HOOP VLAM OP VIR VREDE!
BRON 3C
Hierdie bron fokus op die reaksie van regsgesinde politieke partye oor die
onderhandelingsproses.
Mnr. Terre'Blanche het gewaarsku dat regsgesindes besig was om saam te span om
KODESA (Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika) te vernietig. 'Ons gaan 'n
offensief saam met die Konserwatiewe Party en die Herstigte Nasionale Party loods
om dit te kan doen,' het hy aan ongeveer 1 200 ondersteuners gesê ...
Vroeër die week het 'n Suid-Afrikaanse polisiebeampte, wat regsgesinde aktiwiteite
ondersoek het, gesê dat regsgesinde dreigemente 'in 'n ernstige lig beskou' word.
'Hulle is geneig om hulle aanvalle aan spesifieke gebeurtenisse te koppel, en
KODESA II kan waarskynlik 'n nuwe vlaag bomaanvalle oplewer,' het hy gesê.
[Uit: Sunday Times, 2 Februarie 1992]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2013
NSS – Addendum
VRAAG 4: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) GESPEEL OM SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE TE
GENEES?
BRON 4A
Hierdie uittreksel deur Desmond Tutu stipuleer die voorwaardes vir die toestaan van
amnestie.
Die enigste voorwaardes om amnestie te kry was:
• Menseregteskendings wat voorgekom het tussen 1960, die jaar van die
Sharpeville-slagting, en 1994 toe president Nelson Mandela as die eerste
demokraties verkose Suid-Afrikaanse staatshoof ingehuldig is.
• Die daad moes polities gemotiveerd gewees het. Oortreders het nie vir amnestie
gekwalifiseer as hulle vir persoonlike gewin gemoor het nie, maar hulle het
gekwalifiseer as hulle die daad uitgevoer het na aanleiding van 'n bevel van, of
namens 'n politieke organisasie soos die voormalige apartheidstaat en sy satelliet-
Bantoestan-tuislande, of 'n erkende bevrydingsbeweging soos die ANC of PAC.
• Die aansoeker moes al die tersaaklike feite met betrekking tot die misdryf
waarvoor amnestie gevra word, ten volle bekend maak.
As daardie voorwaardes nagekom is, het die wet gesê dat amnestie toegestaan 'sal'
word. Slagoffers het die reg gehad om aansoeke om amnestie teen te staan deur te
probeer bewys dat hierdie voorwaardes nie nagekom is nie, maar hulle het geen
vetoreg oor amnestie gehad nie.
[Uit: No Future Without Forgiveness deur D Tutu]
BRON 4B
Hierdie uittreksel deur voormalige President Thabo Mbeki fokus op die belangrikheid
daarvan om die waarheid by die WVK-verhore te praat.
Die groot krake (gapings) in ons samelewing, wat die afwesigheid van 'n nasionale
konsensus oor sake wat fundamenteel is vir die skep van die nuwe samelewing
verteenwoordig, word ook verteenwoordig deur die omstredenheid wat skynbaar
rondom die werk van die Waarheids-en-Versoeningskommissie ontstaan het.
Die haat en vyandigheid van die verlede sal nie weggaan tensy die waarheid oor wat
gebeur het, vertel word nie. Om die waarheid te vertel is pynlik vir almal. Waar
gruwelike menseregteskendings aan albei kante van die konflik plaasgevind het, kan
hulle nie anders as om diegene wat die oortreders was, te verneder nie.
Ons is verneder deur die dade wat gepleeg is en nie deur dit aan die Kommissie en die
nasie oor te vertel nie. Iets waardevol sal herstel word deur die moed wat ons aan die
dag lê om die waarheid te vertel, en deur te erken dat 'n onreg gepleeg is.
[Uit: The Life and Times of Thabo Mbeki deur A Hadland en J Rantao]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 4C
Hierdie bron bestaan uit twee uittreksels.
Uittreksel 1: Hierdie uittreksel beklemtoon Matthews Phosa se opinie oor
waarom die ANC nie om amnestie moet aansoek doen nie. Phosa was op daardie
tydstip die premier van Mpumalanga en het by die bekendstelling van die
Mpumalanga Times-koerant gepraat (datum onbekend).
' 'n Onaanvaarbare neiging is besig om te ontwikkel wat daarop gemik is om die stryd
teen apartheid gelyk te stel aan diegene wat dit toegepas het, ten spyte van die feit dat
die VN apartheid as 'n misdaad teen die mensdom verklaar het,' het hy gesê.
Oor ANC-lede wat by die WVK om amnestie aansoek doen, het hy gesê: 'Ek hoop nie
ek word verkeerd verstaan nie, aangesien dit al voorheen gebeur het.' As die
ANC-lede buite die organisasie se beleid opgetree het en menseregte geskend het,
moet hulle beslis om amnestie aansoek doen. Net so, as die WVK se ondersoek enige
menseregteskendings vind, dan 'moet ons om amnestie aansoek doen' het Phosa
gesê. Die ANC sou egter nie om amnestie aansoek doen vir geldige dade teen
apartheid nie.
Uittreksel 2: Hierdie bron fokus op die Konserwatiewe Party se reaksie op die
WVK se weiering om amnestie aan twee van sy ondersteuners te verleen.
Die KP het Woensdag gesê dat hy 'geskok' was dat twee regsgesinde politieke
gevangenes, Jean du Plessis en Jean van Wyk, amnestie geweier is. KP-leier,
dr. Ferdi Hartzenberg, het beweer dat die weiering die vooroordeel van die WVK
bevestig het en dat sy enigste doel was om 'Afrikaners te vernietig'. Hartzenberg het
gesê dat Du Plessis en Van Wyk volgens alle kriteria vir amnestie gekwalifiseer het,
maar amnestie geweier is deur 'n 'duidelik subjektiewe kommissie'.
Die beweerde misdade ter sprake het in 1991 plaasgevind, lank voor die afsnydatum
vir amnestie. In mnr. Du Plessis se geval is niemand beseer of dood in die voorval nie.
'Dit is in skrille kontras met, byvoorbeeld, die gebeure by Shell House, in welke geval
die prokureur-generaal onlangs besluit het dat daar geen vervolging gaan wees nie,'
het Hartzenberg gesê. 'Dit bevestig die algehele partydigheid van die sogenaamde
WVK en dat dit net een doel het, naamlik die vernietiging van die Afrikaners. Dit het
geen twyfel gelaat dat daar geen nut in was vir Afrikaners om om amnestie aansoek te
doen nie en dat Afrikaners geen geloofwaardigheid aan die Kommissie moes heg nie,'
het Hartzenberg gesê.
[Uit: http://www. TRC/SAPA_11december1996_ CP_shocked_.Toegang verkry op 30 Januarie 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2013
NSS – Addendum
BRON 4D
Hierdie spotprent is Dr. Jack se siening van die WVK-verslag wat in 1998 deur die WVK-
voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, aan president Nelson Mandela oorhandig is. Die
woord 'ONTWYKEND' beteken 'probeer vryspring/ontduik'.
HMMM … LELIK! WAARHEID DIT IS BAIE MEER
… ONTWYKEND.
WAAR'S DIE
'VERSOENING'?
[Uit: Nelson Mandela – A life in cartoons deur H Dugmore]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2013
NSS – Addendum
ERKENNINGS
Visuele en ander historiese bewyse is uit die volgende bronne geneem:
Bothma, LJ. 2011. Anderkant Cuito, 'n Reisverhaal van die Grensoorlog (ABC Press:
Epping)
Cutter, C. 2007. Africa 2007 (Stryker-Post Publications, VSA)
Daniel, J. 2009. The Impact of the Cold War And The Fall Of The Berlin Wall on
Southern Africa
Dugmore, H et al. 1999. Nelson Mandela: A Life In Cartoons (David Philip Uitgewery:
Johannesburg)
Esterhuyse, W. 2012. Secret Talks And The End Of Apartheid, Endgame (Tafelberg:
Kaapstad)
Hadland A en Rantao J. 1999. The Life And Times Of Thabo Mbeki (Zebra Press:
Rivonia)
http://www. TRC/SAPA_11december1996_ CP_shocked_
Lightbody, B. 1999. The Cold War (Routledge, Londen)
Ministerie van Onderwys. 2004. Every Step of the Way: The Journey To Freedom In
South Africa (HSRC Press: Kaapstad)
Santana, Z. 2009. Angola Land of Shattered Dreams (Xlibris Corporation, VSA)
Segal, L et al. 2011. One Law, One Nation: The Making of the South African
Constitution (Jacana Media)
Shapiro, J. 1996. Zapiro: The Madiba Years (David Philip Uitgewery: Johannesburg)
The Argus (6 Februarie 1990 uitgawe)
The Sunday Times (2 Februarie 1992 uitgawe)
Tutu, D. 2000. No Future Without Forgiveness (Juta Gariep)
Valtman, ES. 1991. The Best Editorial Cartoons Of The Year (Baltimore)
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Addendum
History-Grade-12-NSC-P2-ADDENDUM-September-2025-Mpumalanga.pdf

Addendum
HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2024 Addendum Eng.pdf

Addendum
HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2023_English_hlayiso.com_.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Addendum
History P2 Nov 2013 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
History P2 Nov 2013 Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P1 Nov 2013 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
Addendum
History P1 Nov 2013 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P2 Nov 2023 Addendum Eng_hlayiso.com_.pdf

Addendum
History P2 Nov 2020 Addendum Afr_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 History
Explore more published documents in this catalogue.
Question paper
History-Grade-12-NSC-P1-QP-September-2025-Mpumalanga.pdf

Memorandum
History-Grade-12-NSC-P2-MEMO-September-2025-North-West.pdf

Memorandum
History P1 May-June 2025 MG Eng.pdf

Memorandum
HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024_ Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf
Question paper