Skip to content

History Grade 12 P1 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201310 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2013 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud soos in die riglyndokument vervat, gebaseer is. VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE KOUE OORLOG OP DIE VORMING VAN DIE WÊRELD SOOS DIT IN DIE 1960's WAS? • USSR/VSA – Skep van belangesfere: Fokus op Kuba VRAAG 2: HOE IS UHURU IN DIE 1960's EN 1970's IN AFRIKA VERWERKLIK? • Gevallestudie: Tanzanië VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE 1960's TOT 1990 TE VOORSKYN GEKOM? • Fokus 1960's: Burgerregtebewegings in die VSA VRAAG 4: WATTER VORME VAN BURGERLIKE PROTES HET VAN DIE 1960's TOT 1990 TE VOORSKYN GEKOM? • Fokus 1970's: Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word. 3. Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord. 4. In die beantwoording van vrae moet kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toepas. 5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys. . 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2013 NSS VRAAG 1: HOE HET DIE OPSPOOR VAN SOWJETMISSIELE IN KUBA DEUR DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GEDURENDE DIE 1960's DIE KOUE OORLOG-SPANNING VERERGER? Bestudeer Bron 1A, 1B en 1C om die vrae wat volg te beantwoord. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? (1 x 2) (2) 1.1.2 Gebruik die inligting in die foto en jou eie kennis en verduidelik hoe die reputasie (status) van die USSR beïnvloed is. (Visuele bron) (1 x 2) (2) 1.1.3 Verduidelik die tekortkominge van hierdie foto vir 'n geskiedkundige wat die Kubaanse Missielkrisis bestudeer. (Visuele bron) (2 x 2) (4) 1.1.4 Waarom, dink jy, kan die inligting in die geskrewe bron as bevooroordeeld beskou word? Ondersteun jou antwoord deur relevante bewyse uit die bron te gebruik. (1 x 3) (3) 1.1.5 Hoe ondersteun die geskrewe bron die visuele bron met betrekking tot die ontplooiing van Sowjetmissiele in Kuba? Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, het Kennedy en Dobrynin besluit om te praat? (2 x 2) (4) 1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om Dobrynin se verwysing na Turkye te verduidelik. (1 x 2) (2) 1.2.3 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige hierdie telegram as 'n betroubare bewysstuk sou beskou vir navorsing oor die Kubaanse Missielkrisis. (2 x 2) (4) 1.3 Raadpleeg Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik die boodskappe oor die Kubaanse Missielkrisis wat in die spotprent oorgedra word. (2 x 2) (4) 1.3.2 Verwys na die byskrif by die spotprent: 'DIT MAAK MY SEERDER AS WAT DIT JOU SEERMAAK!' Waarom dink jy het Khrushchev op hierdie manier gereageer? Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.3.3 Verduidelik hoe die volgende mense sou gereageer het nadat hulle die spotprent gesien het: (a) 'n Kommunis wat in Kuba woon (b) 'n Demokraat wat in die VSA woon (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2013 NSS 1.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy dink die bruikbaarste sou wees vir 'n geskiedkundige wat oor die Kubaanse Missielkrisis skryf. (8) 1.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 1.5.1 OF VRAAG 1.5.2. 1.5.1 Bespreek hoe die opspoor van Sowjetmissiele in Kuba deur die VSA in die 1960's die Koue Oorlog-spanning tussen die supermoondhede vererger het. (30) OF 1.5.2 Die vrees vir die totale vernietiging van die mensdom het beide Khrushchev en Kennedy aangemoedig om 'n vreedsame oplossing vir die Kubaanse Missielkrisis te soek. Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2: HOE SUKSESVOL WAS NYERERE SE BELEID VAN AFRIKA- SOSIALISME IN TANZANIË GEDURENDE DIE 1960's? Gebruik Bron 2A, 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Waarom is daar volgens die bron dorpies in Tanzanië gevestig? (3 x 1) (3) 2.1.2 Verduidelik hoe Nyerere aanvanklik landelike ontwikkeling in Tanzanië aangepak het. (2 x 2) (4) 2.1.3 Waarom is Tanzaniërs oorreed om in ujamaa-dorpies te gaan woon? (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en definieer die term nasionalisering. (1 x 2) (2) 2.1.5 Verduidelik hoe die beginsels van die Arusha-verklaring in Tanzanië geïmplementeer is. (2 x 2) (4) 2.2 Verwys na Bron 2B. 2.2.1 Watter boodskap oor Nyerere se persoonlikheid dra die verslaggewer oor? (1 x 2) (2) 2.2.2 As 'n geskiedkundige, waarom sou jy die inligting in die geskrewe bron as bevooroordeeld beskou? (2 x 2) (4) 2.2.3 Verduidelik waarom Nyerere se regering hierdie foto as propaganda vir die implementering van sy ujamaa-beleid sou gebruik. (2 x 2) (4) 2.2.4 Hoe ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot Nyerere se implementering van sy beleid? Ondersteun jou antwoord deur gebruik te maak van relevante bewyse uit die bron. (2 x 2) (4) 2.3 Lees Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik waarom jy dink Nyerere in die beleid van sosialisme geglo het. (2 x 2) (4) 2.3.2 Volgens James Adams, watter impak het Nyerere se beleid van ujamaa op Tanzanië gehad? (2 x 2) (4) 2.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak wat die Arusha-verklaring op gewone Tanzaniërs gehad het, verduidelik. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2013 NSS 2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 2.5.1 OF VRAAG 2.5.2. 2.5.1 Bespreek tot watter mate Nyerere se beleid van Afrika-Sosialisme in die 1960's 'n sukses in Tanzanië was. (30) OF 2.5.2 Julius Nyerere het gesê: 'Ek sou steeds die Arusha-verklaring geskryf het. Ek glo daarin. Dit is reg.' Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in al die relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2013 NSS VRAAG 3: WATTER ROL HET DIE VERSKILLENDE BURGERLIKE PROTESAKSIES IN DIE 1960's IN DIE TEWEEGBRING VAN VERANDERING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) GESPEEL? Gebruik Bron 3A, 3B en 3C om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om die term segregasie te definieer. (1 x 2) (2) 3.1.2 Waarom, dink jy, het die studente van die Noord-Carolina Landbou- en Tegniese Kollege met protesaksie begin? (1 x 2) (2) 3.1.3 Haal bewyse uit die bron aan wat te kenne gee dat studente geteister is. (1 x 1) (1) 3.1.4 Verduidelik waarom die skrywer na die 'Suide' verwys. (1 x 2) (2) 3.1.5 Hoe het die federale regering op swart Amerikaners wat in die 'Diep Suide van die VSA' gewoon het, gereageer? Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1 Waarom, dink jy, het wit Amerikaners die Vryheidsryers aangeval? (Geskrewe bron) (1 x 2) (2) 3.2.2 Die foto toon twee burgerregte-aktiviste wat plakkate vertoon wat na die woord 'vryheid' verwys. Lewer kommentaar op die betekenis van die woord 'vryheid' in die konteks van burgerlike protes. (1 x 3) (3) 3.2.3 Hoe, dink jy, sou die volgende mense gereageer het nadat hulle hierdie foto gesien het (Visuele bron): (a) Swart Amerikaanse aktiviste (b) Regsgesinde wit Amerikaners uit die Suide (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2013 NSS 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Verduidelik die doel van hierdie plakkaat. (2 x 2) (4) 3.3.2 Noem enige TWEE eise wat op die plakkaat verskyn. (Visuele bron) (2 x 1) (2) 3.3.3 Verduidelik tot watter mate die optog na Washington 'n sukses was. (Geskrewe bron) (1 x 3) (3) 3.3.4 Lewer kommentaar op die betekenis van Martin Luther King jr. se 'Ek het 'n Droom'-toespraak in die konteks van die Burgerregtebeweging. (Geskrewe bron) (2 x 2) (4) 3.3.5 Op watter maniere ondersteun die visuele bron die geskrewe bron met betrekking tot die optog na Washington in 1963? Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 3.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy dink die bruikbaarste is vir 'n geskiedenisstudent wat oor die Burgerregtebeweging skryf. (8) 3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 3.5.1 OF VRAAG 3.5.2. 3.5.1 Verduidelik hoe die Vryheidsryers en ander vorme van burgerlike protes gedurende die 1960's tot die teweegbring van verandering in die Verenigde State van Amerika (VSA) bygedra het. (30) OF 3.5.2 Die burgerregte-optog na Washington in 1963 word as 'n betekenisvolle keerpunt in die bevryding van alle Amerikaners beskou. Stem jy met hierdie stelling saam? Staaf jou antwoord deur die inligting uit relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2013 NSS VRAAG 4: WAT WAS DIE ROL EN DIE IMPAK VAN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING IN DIE 1970's ONDER DIE LEIERSKAP VAN STEVE BIKO? Gebruik Bron 4A, 4B en 4C om die vrae wat volg te beantwoord. 4.1 Gebruik Bron 4A. 4.1.1 Wie, volgens Uittreksel 1, was 'ware swart mense'? (1 x 2) (2) 4.1.2 Gebruik die inligting in die bron (Uittreksel 1) en verduidelik die term Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 4.1.3 Hoe het Steve Biko gereageer op die dreigement van polisieondervraging en die dood? (Uittreksel 2) Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 4.1.4 Verduidelik of jy saamstem met Steve Biko se houding teenoor polisieondervraging en die dood. Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 4.1.5 Vergelyk die inligting in Uittreksel 1 en 2. Verduidelik hoe hierdie uittreksels mekaar ondersteun met betrekking tot die filosofie van Swart Bewussyn. (2 x 2) (4) 4.2 Lees Bron 4B. 4.2.1 Waarom, volgens die bron, is Biko in hegtenis geneem? (1 x 2) (2) 4.2.2 Beskryf hoe Steve Biko se menseregte geskend is. (1 x 2) (2) 4.2.3 Watter faktore, dink jy, kon dalk die dokters wat Biko ondersoek het, beïnvloed het om vals diagnoses oor sy toestand te maak? (2 x 2) (4) 4.3 Bestudeer Bron 4C. 4.3.1 Verduidelik die simboliek van die gebreekte ketting soos in die plakkaat getoon. (Visuele bron) (1 x 3) (3) 4.3.2 Watter boodskap dra die slagspreuk, Een Azanië: Een Nasie, oor? (1 x 2) (2) 4.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom hierdie plakkaat deur aktiviste in die stryd as simbolies/ikonies beskou is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2013 NSS 4.4 Verwys na Bron 4A, 4B en 4C. Kies en verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy dink die bruikbaarste sou wees vir 'n geskiedkundige wat oor die filosofie van die Swart Bewussyn skryf. (2 x 2) (4) 4.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die reaksie van die apartheidsregering op die gewildheid van die Swartbewussynsbeweging in die 1970's bespreek. (8) 4.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2. 4.6.1 Bespreek die rol en die impak van die Swartbewussynsbeweging in die 1970's onder die leierskap van Steve Biko. (30) OF 4.6.2 Steve Biko het 'n betekenisvolle rol gespeel in die vereniging van swart Suid-Afrikaners teen die apartheidsregime. Assesseer die geldigheid van hierdie stelling deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne asook jou eie kennis. (30) [75] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all