Skip to content

History Grade 12 P2 NSC November 2013 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 12201310 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 'n addendum van 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2013 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae wat op die voorgeskrewe inhoud, soos in die riglyndokument vervat, gebaseer is. VRAAG 1: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989? • Op die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE INEENSTORTING VAN DIE USSR IN 1989 OP AFRIKA? • Gevallestudie: Angola VRAAG 3: HOE HET SUID-AFRIKA AS 'N DEMOKRASIE UIT DIE KRISISSE VAN DIE 1990's NA VORE GETREE? VRAAG 4: HANTERING VAN DIE VERLEDE EN KYK NA DIE TOEKOMS: DIE WERK VAN DIE WAARHEIDS-EN- VERSOENINGSKOMMISSIE 2. Elke vraag tel 75 punte, waarvan 45 punte vir die brongebaseerde vraag en 30 punte vir die uitgebreideskryfwerk-vraag toegeken word. 3. Kandidate moet enige TWEE vrae beantwoord. 4. Wanneer vrae beantwoord word, moet kandidate hulle kennis, vaardighede en insig toepas. 5. Die blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal kandidate benadeel. 6. Vrae moet beantwoord word deur na die ADDENDUM te verwys. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2013 NSS VRAAG 1: HOE HET DIE VAL VAN KOMMUNISME IN DIE USSR POLITIEKE VERANDERINGE IN SUID-AFRIKA IN DIE 1990's BEÏNVLOED? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die vrae wat volg te beantwoord. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Watter hervormings het Gorbachev ingestel toe hy in 1985 in die USSR aan bewind gekom het? (2 x 1) (2) 1.1.2 Verduidelik die term Koue Oorlog in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.3 Noem TWEE gevolge van Gorbachev se hervormings in Oos-Europa. (2 x 1) (2) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprenttekenaar oordra. Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 1.2.2 Lewer kommentaar op hoe die VSA-regering sou gereageer het toe hulle hierdie spotprent gesien het. (2 x 2) (4) 1.3 Gebruik die inligting in Bron 1A en 1B en jou eie kennis en verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot politieke veranderinge in die Sowjetunie. (2 x 2) (4) 1.4 Lees Bron 1C. 1.4.1 Waarom het die val van die Berlynse Muur die NP en die ANC gedwing om met onderhandelings te begin? Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 1.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat J Daniel met die volgende stelling te kenne gee het: '... die probleem vir die wit minderhede was die regmatige strewes van die swart meerderheid.' (1 x 3) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2013 NSS 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Waarom, volgens De Klerk, was dit nodig om met dialoog en samesprekings met 'verstandige leiers' te begin? (1 x 2) (2) 1.5.2 Hoe dink jy sou die volgende op De Klerk se besluit om Nelson Mandela vry te laat, reageer: (a) Die meerderheid swart Suid-Afrikaners (b) Konserwatiewe wit Suid-Afrikaners (2 x 2) (4) 1.5.3 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron (Uittreksel 1) vir 'n geskiedkundige wat die faktore bestudeer wat tot die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika gelei het. (2 x 2) (4) 1.5.4 Verduidelik of jy saamstem met Esterhuyse se siening dat die African National Congress (ANC) onkant betrap is met De Klerk se parlementêre toespraak op 2 Februarie 1990. (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die uitwerking wat Gorbachev se beleid op beide die Nasionale Party-regering en die African National Congress gehad het, verduidelik. (8) 1.7 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 1.7.1 OF VRAAG 1.7.2. 1.7.1 Bespreek hoe die val van kommunisme in die USSR, Suid-Afrika in die 1990's beïnvloed het om politieke veranderings te ondergaan. (30) OF 1.7.2 'Die ineenstorting van die Sowjetunie was die enkele belangrikste faktor wat tot die afskaffing van apartheid gelei het.' Evalueer hierdie stelling krities deur die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2013 NSS VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE VAL VAN KOMMUNISME OP DIE HERVOORSTELLING VAN ANGOLA IN DIE 1990's GEHAD? Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C om die vrae wat volg te beantwoord. 2.1 Bestudeer Bron 2A. 2.1.1 Noem die TWEE supermoondhede wat Angola gedurende die Koue Oorlog as 'n pion gebruik het. (2 x 1) (2) 2.1.2 Haal DRIE voorbeelde uit die bron aan wat te kenne gee dat Angola deur die burgeroorlog geaffekteer is. (3 x 1) (3) 2.1.3 Verduidelik die konsep Marxisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die woorde: 'Hierdie magsvergryp was rampspoedig', jou oor die verhouding tussen Savimbi en Dos Santos vertel. (2 x 2) (4) 2.1.5 Lewer kommentaar op die politieke situasie in Angola nadat die vredesooreenkoms in Mei 1991 onderteken is. (2 x 2) (4) 2.2 Gebruik Bron 2B. 2.2.1 Watter boodskappe dra Zapiro oor met betrekking tot die verwoesting wat deur die burgeroorlog in Angola veroorsaak is? (2 x 2) (4) 2.2.2 Wat vertel die woorde: 'Ek sal 'n arm en 'n been gee dat hierdie oorlog kan ophou!' jou oor die houding van die Angolese teenoor die burgeroorlog? Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (2 x 2) (4) 2.3 Verwys na Bron 2C. 2.3.1 Volgens die geskrewe bron, hoe het Angola probeer om hom na die jare van burgeroorlog weer te herbou? (2 x 2) (4) 2.3.2 Verduidelik wat die woorde 'dat 22 000 stortbakvragmotors nodig was om Luanda se opgehoopte afval te verwyder' jou vertel van die uitwerking van die burgeroorlog op Angolese wat in hierdie stad woon. (1 x 2) (2) 2.3.3 Verduidelik of die visuele bron 'n ware beskrywing van Angola se hervoorstelling na die 1990's gee. (2 x 2) (4) 2.3.4 Vergelyk die inligting in beide die geskrewe en die visuele bron. Hoe ondersteun hierdie bronne mekaar met betrekking tot die burgeroorlog in Angola? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2013 NSS 2.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik watter EEN van hierdie bronne jy dink die bruikbaarste vir 'n geskiedkundige sou wees wat oor die uitwerking van die burgeroorlog in Angola skryf. (8) 2.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 2.5.1 OF VRAAG 2.5.2. 2.5.1 Verduidelik hoe die beëindiging van kommunisme in die USSR tot die hervoorstelling van Angola na die 1990's bygedra het. (30) OF 2.5.2 Na die dood van Jonas Savimbi is die volgende gevra: 'Beteken sy dood die aanbreek van genesing en verligting vir die getraumatiseerde Angolese'? Bespreek hierdie stelling krities deur die inligting in die bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2013 NSS VRAAG 3: HOE HET DIE ONDERHANDELINGSPROSES TUSSEN DIE VERSKILLENDE POLITIEKE ORGANISASIES IN 1994 DIE WEG GEBAAN VIR SUID-AFRIKA SE EERSTE DEMOKRATIESE VERKIESING? Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C om die vrae wat volg te beantwoord. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Waarom, volgens die geskrewe bron, word 2 Februarie 1990 as 'n merkwaardige dag vir Suid-Afrika beskou? (1 x 2) (2) 3.1.2 Noem TWEE aankondigings wat De Klerk in sy parlementêre toespraak gemaak het. (Geskrewe bron) (2 x 1) (2) 3.1.3 Verduidelik waarom dit vir De Klerk nodig was om 'drastiese verandering' teweeg te bring. (Geskrewe bron) (1 x 2) (2) 3.1.4 Hoe het die volgende leiers op De Klerk se toespraak gereageer: (Geskrewe bron) (a) Desmond Tutu (b) Andries Treurnicht (2 x 1) (2) 3.1.5 Verduidelik die boodskap wat in hierdie spotprent oorgedra word. (1 x 2) (2) 3.1.6 Wat vertel die woorde: 'JY IS VRY! ... BAIE GROOTMOEDIG VAN MY, NÈ', jou oor die houding van 'wit heerskappy' in Suid-Afrika? (Visuele bron) (2 x 2) (4) 3.1.7 Vergelyk die geskrewe en die visuele bronne. Verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die vrylating van Nelson Mandela. (2 x 2) (4) 3.2 Bestudeer Bron 3B. 3.2.1 Waarom was dit nodig vir leiers van die NP en die ANC om by Groote Schuur te vergader? (Geskrewe bron) (1 x 2) (2) 3.2.2 Lewer kommentaar op waarom jy dink die NP en die ANC baie wantrouig teenoor mekaar was. (Geskrewe bron) (2 x 2) (4) 3.2.3 Waarom, volgens die bron, het De Klerk aangedring dat die ANC die MK moet ontbind? (Geskrewe bron) (1 x 2) (2) 3.2.4 Verduidelik of die koeranthoofopskrif bevestig wat by die Pretoria- samesprekings tussen die ANC en die NP plaasgevind het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2013 NSS 3.3 Raadpleeg Bron 3C. 3.3.1 Hoe het mnr. Terre'Blanche gereageer op die veelparty- samesprekings wat by KODESA gehou is? (1 x 2) (2) 3.3.2 Gebruik die bewyse in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom jy dink beide die Konserwatiewe Party en die Herstigte Nasionale Party KODESA wou 'vernietig'. (1 x 2) (2) 3.3.3 Verduidelik of jy saamstem met die Suid-Afrikaanse polisiebeampte se siening dat die regsgesindes se dreigement 'in 'n ernstige lig' beskou moet word. (1 x 3) (3) 3.4 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die belang van beide die Groote Schuur-minuut en die Pretoria-minuut vir die onderhandelingsproses verduidelik. (8) 3.5 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 3.5.1 OF VRAAG 3.5.2. 3.5.1 Verduidelik tot watter mate die onderhandelingsproses tussen die verskillende politieke organisasies die weg vir Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 gebaan het. (30) OF 3.5.2 FW de Klerk se mylpaaltoespraak op 2 Februarie 1990 'was moontlik die merkwaardigste dag in die geskiedenis van wit minderheidsregering in Suid-Afrika'. Assesseer die geldigheid van hierdie stelling deur die inligting in relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2013 NSS VRAAG 4: WATTER ROL HET DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) GESPEEL OM SUID-AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE TE GENEES? Bestudeer Bron 4A, 4B, 4C en 4D om die vrae wat volg te beantwoord. 4.1 Verwys na Bron 4A. 4.1.1 Definieer die konsep amnestie in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 4.1.2 Haal enige TWEE voorwaardes uit die bron aan waaronder amnestie aan oortreders toegestaan is. (2 x 2) (4) 4.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis oor die voorwaardes vir amnestie en verduidelik of die oortreders vrywillig sou kon kies om vir amnestie aansoek te doen. (1 x 3) (3) 4.2 Gebruik Bron 4B. 4.2.1 Volgens Mbeki, waarom is die stigting van die WVK as omstrede beskou? (1 x 2) (2) 4.2.2 Verduidelik waarom jy dink dat dit vir mense wat voor die WVK verskyn het, belangrik was om 'die waarheid te vertel'. (1 x 2) (2) 4.3 Bestudeer Bron 4C. 4.3.1 Wat, volgens Phosa, was 'n 'onaanvaarbare neiging'? (1 x 1) (1) 4.3.2 Verduidelik tot watter mate die bewyse in Uittreksel 1 as eensydig beskou kan word. (1 x 3) (3) 4.3.3 Ferdi Hartzenberg het beweer dat die WVK daarop uit was om Afrikaners te vernietig. Lewer kommentaar oor of jy hierdie siening as billik kan beskou. (2 x 2) (4) 4.3.4 Vergelyk Uittreksel 1 en 2. Verduidelik hoe hierdie uittreksels ooreenstem met betrekking tot die amnestieproses van die WVK. (2 x 2) (4) 4.4 Raadpleeg Bron 4D. 4.4.1 Verduidelik waarom die spotprenttekenaar beide Nelson Mandela en Desmond Tutu as verbaas uitbeeld. (2 x 2) (4) 4.4.2 'Waarheid' word as 'n lelike vis uitgebeeld. Verduidelik wat die spotprenttekenaar wil hê jy van die WVK-proses moet dink. (2 x 2) (4) 4.4.3 Verduidelik tot watter mate jy die spotprenttekenaar se voorstelling van die WVK-proses as bevooroordeeld sou beskou. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2013 NSS 4.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde), die rol van die amnestiekomitee gedurende die WVK-proses. (8) 4.6 UITGEBREIDE SKRYFWERK (Jou antwoord moet ongeveer TWEE bladsye lank wees.) Beantwoord EEN van die vrae: VRAAG 4.6.1 OF VRAAG 4.6.2. 4.6.1 Bespreek tot watter mate die WVK suksesvol was in die versoening van Suid-Afrika met sy verdeelde verlede. Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. (30) OF 4.6.2 Die oortreders wat voor die WVK verskyn het, het nie die moed gehad om die waarheid bekend te maak nie. Stem jy met hierdie stelling saam? Bespreek krities deur bewyse in die relevante bronne en jou eie kennis te gebruik. (30) [75] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all