Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Addendum, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 585.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 1: HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS BYGEDRA TOT KOUE-
OORLOGSPANNING TUSSEN DIE VSA EN RUSLAND IN DIE 1960’s?
BRON 1A
Die volgende bron is ʼn uittreksel geneem uit N. Chroesjtsjof se memoires, geskryf in
die laat 1960’s, wat die ontplooiing van die Sowjet-missiele in Kuba regverdig.
Almal het saamgestem dat Amerika Kuba nie sal uitlos tensy ons nie iets gedoen het
nie. Ons het ʼn verpligting gehad om alles in ons vermoë te doen om Kuba se bestaan
as ʼn Kommunistiese land, en as ʼn werkende voorbeeld aan ander lande in Latyns-
Amerika, te beskerm. Ek wil een ding baie duidelik maak. Ons het geen begeerte
gehad om ʼn oorlog te begin nie. Net ʼn dwaas sou dink dat ons die Amerikaanse
vasteland wou binneval vanaf Kuba. Ons doel was die teenoorgestelde. Ons wou die
Amerikaners verhoed om Kuba binne te val.
[Vanuit: Essential Modern World History deur S. Waugh]
BRON 1B
Hierdie foto was geneem tydens die toppunt van die Kubaanse missielkrisis.
[Vanuit: transgriot.blogspot.com]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1C
Hierdie spotprent was in die Daily Express gepubliseer, ʼn Britse koerant, in Oktober
1962. President Kennedy en Chroesjtsjof word gesien as cowboys; Kastro is op die
donkie.
Chroesjtsjof
Kastro
Kennedy
[Vanuit: Modern World History deur N. Kelly en G. Lacey]
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 2: WAS JULIUS NYERERE SE BELEID VAN SOSIALISME ʼn SUKSES IN
TANZANIË?
BRON 2A
Die volgende uittreksel gee ʼn beter begrip van wat Nyerere bedoel het met Ujamaa.
‘Ujamaa’, destyds, of ‘familie’, beskryf ons sosialisme. Dit is gekant teen kapitalisme,
wat daarop gemik is om ʼn gelukkige samelewing te bou op die basis van die uitbuiting
van die mens deur mens; en dit is net so gekant teen die filosofie van sosialisme, wat
daarop gemik is om ʼn gelukkige samelewing te bou op die filosofie van die
onvermydelike konflik tussen mens en mens. Ons, in Afrika het nie nodig om na
sosialisme te ‘bekeer’ of om oor demokrasie “geleer” te word nie. Albei is gewortel in
ons verlede – in die tradisionele samelewing, wat ons geproduseer het.
Ujamaadorpe is veronderstel om sosialistiese organisasies te wees wat deur die
mense geskep is en beheer word deur diegene wat in hulle woon en werk ... Niemand
kan gedwing word na ʼn Ujamaadorp nie ... ʼn Ujamaadorp is ʼn vrywillige vereniging van
mense wat vrywillig besluit het om saam te leef en saam te werk vir gemeenskaplike
voordeel ... dit is belangrik dat dit deeglik verstaan word.
[Vanuit: Ujamaa, die Basis van Afrika-sosialisme deur J. Nyerere]
BRON 2B
Hierdie bron verduidelik die suksesse van die Ujamaabeleid tussen die jare 1967 en
1978.
[Vanuit: History for all deur Elsabe Brink et al]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
VRAAG 3: WATTER VORME VAN BURGERLIKE VERSET HET IN DIE VERENIGDE
STATE VAN AMERIKA (VSA) IN DIE 1960’s PLAASGEVIND?
BRON 3A
Dit is ʼn uittreksel vanuit ʼn toespraak deur Martin Luther King Jr. op 28 Augustus 1963
op die trappe van die Lincoln Memorial.
Ons is vertroud met (gewoond) aan vernedering, met beledigende taal, en ons is
gedompel in die afgrond van onderdrukking. En ons het besluit om in opstand te kom
met die wapen van protes alleenlik. Dit is een van die grootste heerlikhede van
Amerika dat ons die reg het om te protesteer.
As ons elke dag in hegtenis geneem word, as ons elke dag uitgebuit word, as ons elke
dag vertrap word; moet nooit toelaat dat iemand jou so laag sal trek dat jy hulle haat
nie. Ons moet die wapen van liefde gebruik teen diegene wat ons haat. Ons moet
deernis (empatie) en begrip het vir diegene wat ons haat. Ons moet besef dat so baie
mense geleer word om ons te haat, dat hulle nie geheel en al verantwoordelik is vir hul
haat nie. Maar ons staan in die middernag van die lewe; en ons is altyd op die drumpel
van ʼn nuwe dagbreek.
*afgrond – diep gat
[Vanuit: People’s History of the United States deur H. Zinn]
BRON 3B
James Zwerg was ernstig beseer en in die pad gelaat vir meer as ʼn uur. Blanke
ambulanse het geweier om hom na die hospital te neem. Hy het later in die hospitaal ʼn
onderhoud met verslaggewers gevoer
Segregasie moet gestop word. Dit moet afgebreek word. Diegene van ons wat op die
Vryheisritte is, sal voortgaan. Maak nie saak wat gebeur nie, ons is toegewyd hieraan.
Ons is bereid om aangerand te word. Ons is bereid om die dood te aanvaar. Ons sal
voortgaan om voort te gaan totdat ons enige plek in die Suide kan ry.
[Vanuit: www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013)
BRON 3C
Hierdie bron verduidelik die konserwatiewe houding van die mense van Mississippi
teenoor die Kiesersregistrasie Veldtog en was in die Lowell Liberator (Junie 1964)
gepubliseer.
ʼn Duisend kollege studente uit die Noorde is na berigte besig om na Mississippi op te
ruk hierdie somer om betrokke te raak in ʼn Negro kiesersregistrasie-veldtog. Dit is
ongelooflik om te kan dink dat ʼn duisend kollege-studente dit sou doen uit hul eie wil.
Diegene wat die weë van propaganda ken, veral van ʼn kommunistiese aard, sal
waarskynlik korrek vermoed dat ʼn paar baie harde linkse politici en Kommuniste die
idealisme van ʼn paar kollege jongmense misbruik het om hul doelwit te bereik – om
moeilikheid in die Suide aan te hits
Hierdie koerant het ʼn geruime tyd gelede daarop gewys dat dit deel was van die
Kommunistiese plan in die Verenigde State, om rasse-twis op te wek. Die uiteindelike
doel is ʼn swart rewolusie. Die opmars na Mississippi hierdie somer is deel van hierdie
plan.
Hierdie jongmense wat na Mississippi opmars het opleidingskole bygewoon wat as
aanhitsend beskryf kan word. Die naïewe onervarenheid van hierdie jongmense is
uitgebuit en hulle is opgemaak deur die verhale van gruwels en geweld wat eenvoudig
nie in Mississippi bestaan nie.
Heeltemal afsydig van die arrogansie en die heiliger-as-dié-houding van hierdie
kollege-studente wat na Mississippi gaan met geen kennis van die Negro-probleem
nie, staan die werklike ernstige aspek van hierdie opmars ... (dat dit) deel is van ʼn
algehele plan om die Verenigde State te vernietig deur middel van ʼn rasse-oorlog.
*aanhitsend – skrywe wat kwaadheid sal veroorsaak.
*naïewe – gebrek aan ondervinding
[Vanuit: www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
VRAAG 4: HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWART BEWUSSYNSBEWEGING (SBB)
BYGEDRA TOT DIE BEVRYDINGSTRYD VAN SUID-AFRIKA GEDURENDE
1970's?
BRON 4A
Hierdie uittreksel gee ʼn uiteensetting van hoe Biko die filosofie van Swart Bewussyn
verstaan het.
Swartes is diegene wat deur die wet of tradisioneel polities, ekonomies en sosiaal teen
gediskrimineer was as ʼn groep in die Suid-Afrikaanse samelewing en identifiseer hulself
as ʼn eenheid in die stryd vir die verwesenliking van hul aspirasies ... Om Swart te wees,
is nie ʼn kwessie van pigmentasie nie – om Swart te wees, is ʼn weerspieëling van ʼn
geestelike houding ... Deur jouself as swart te beskryf het jy begin met die pad na
emansipering, jy het jouself verbind om te veg teen al die magte wat jou swartheid
gebruik as ʼn stempel wat jou merk as ʼn ondergeskikte (volgeling en gehoorsamige aan
gesag) wese.
Swart Bewussyn versoek ... dat swart mense die waarde van hul eie standaarde en
vooruitsigte moet sien ... om hulself te oordeel volgens hierdie standaarde en nie deur die
blanke samelewing mislei word wat hulself verkalk het en blanke standaarde as maatstaf
gebruik waarmee selfs swart mense hulself oordeel nie. Die mees magtigste wapen in
die hande van die verdrukker is die verstand van die onderdruktes. ʼn Volk sonder ʼn
positiewe geskiedenis is soos ʼn voertuig sonder ʼn enjin.
*emansipering – gee mense dieselfde regs, politieke en sosiale regte soos ander.
[Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.africahistory.about.com/od/bikosteve/ Afgelaai
14 April 2012]
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013)
Bron 4B
Hierdie foto wys hoe die South African Students Movement (SASM) geïnspireerd deur
Biko se nalatenskap, protesteer teen die gebruik van Afrikaans in skole op 16 Junie
1976, Soweto.
WIL NIE WEG MET VANDAG IS DIE
AFRIKAANS HÊ AFRIKAANS BEGRAFNIS VAN
NIE DIE BOERETAAL
[Vanuit: Looking into the Past deur Dyer, C. et al]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
BRON 4C
Hierdie bron hieronder verwys na die Swartbewussynsbeweging (SBB).
Dit het die hele blanke magstruktuur in Suid-Afrika uitgedaag deur die verskaffing van
alternatiewe strukture. Totdat hulle vertroue in hulself en hul gemeenskap verkry, het
Biko gesê sal swart mense nooit hul vryheid kry nie en om hul vertroue te herwin moet
hulle hul afhanklikheid van blankes beëindig. Saam met vriende het hy die Swart
Gemeenskapsprogramme gestig waar Swart mense mekaar gehelp het sonder blanke
bystand. Die Swartbewussynsbeweging het ʼn verskeidenheid van programme gebruik, –
klinieke, kleuterskole en opleiding in geletterdheid gehad wat na die massas uitgereik
het. Maar, alhoewel dit ʼn stelsel van omvattende plaaslike komitees suksesvol
geïmplementeer het om georganiseerde weerstand te fasiliteer, is die SBB egter
uitgegroei (verwoes) deur sekuriteitsoptrede teenoor sy leiers en maatskaplike
programme. Teen 1976 was 123 sleutellede verban en beperk tot verafgeleë landelike
distrikte. Teen 1977 was alle SBB-verwante organisasies verban, baie van sy leiers in
hegtenis geneem en maatskaplike programme ontbind.
[Vanuit: I Write What I Like deur Steve Biko]
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (SEPTEMBER 2013)
ERKENNINGS
Bullard, S. 2000. Free at Last: A History of the Civil Rights Movement and Those Who
Died in the Struggle (Oxford; Heinemann)
Dyer, C. et al. 2007. Looking into the Past (Maskew Miller Longman)
Friedman, M. et al.2005. Focus on History (JutaGariep)
Kelly, N and Lacey, G, 1999. Modern World History (Heinemann)
Meredith, M. 2005. State of Africa: History of Fifty Years of Independence (Jonathan Ball)
Nyerere, J. 1968. Ujamaa, the Basis of African Socialism (Edward Arnold)
Paczuksa, A. 1986. Socialism for Beginners (Unwin)
Powaski, R.E. 1998. The Cold War: The United States and the Soviet Union, 1917 –
1991 (Oxford)
Waugh, S. 2001. Essential Modern World History (Nelson Thornes)
www.africahistory.about.com/od/bikosteve/
www.sbf.org.za.
Zinn, H. 1980. A People’s History of the United States (Oxford)
I Write What I Like deur Steve Biko
History for all: Elsabe Brink et al.
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2013 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Addendum (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper