You're offline
Skip to content
Exam guideline

History GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr hlayiso.com

Subject: HistoryGrade 12202111 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS EKSAMENRIGLYNE GRAAD 12 2021 Hierdie riglyne bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 2 DBE/2021 Eksamenriglyne INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. INLEIDING 3 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 4 VOORGESKREWE ONDERWERPE 5 3. ASSESSERING VAN BRONGEBASEERDE VRAE 7 4. ASSESSERING VAN OPSTELVRAE 9 5. SLOT 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 3 DBE/2021 Eksamenriglyne 1. INLEIDING Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Geskiedenis gee 'n uiteensetting van die aard en doel van die vak Geskiedenis. Dit lei die filosofie wat onderliggend is tot die onderrig en assessering van die vak in graad 12. Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:  Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Geskiedenis geassesseer gaan word  Bystand te verleen aan onderwysers om leerders voldoende vir die eksamen voor te berei Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamen. Dit behandel nie die skoolgebaseerde assessering ('SBA'), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale eksterne praktiese eksamen nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument, wat jaarliks bygewerk word, hanteer word. Hierdie riglyne moet saam met die volgende gelees word:  Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Geskiedenis  Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R tot 12)  Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulumstelling, graad R tot 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 4 DBE/2021 Eksamenriglyne 2. ASSESSERING IN GRAAD 12 Assessering in die VOO-fase bestaan uit opstel- en brongebaseerde vrae. Die struktuur van die eksamenvraestelle is soos volg:  In die September-eksamen (voorbereidende) en finale eksterne eksamens, moet graad 12- leerders TWEE vraestelle van 3 uur elk skryf. Albei vraestelle bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.  AFDELING A bestaan uit DRIE (3) brongebaseerde vrae. Daar sal van kandidate verwag word om ten minste EEN BRONGEBASEERDE vraag in elke vraestel te beantwoord.  AFDELING B bestaan uit DRIE (3) opstelvrae. Daar sal van kandidate verwag word om ten minste EEN OPSTEL-vraag in elke vraestel te beantwoord.  Daar sal altesaam van 'n kandidaat verwag word om DRIE vrae te soos volg te beantwoord: o EEN (1) brongebaseerde vraag o EEN (1) opstelvraag o Die DERDE vraag kan óf 'n brongebaseerde vraag of 'n opstelvraag wees Opstel en brongebaseerde vrae tel 50 punte elk.  Die totale punt vir elke vraestel is 150. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 5 DBE/2021 Eksamenriglyne Die voorgeskrewe onderwerpe vir 2021 tot 2023 sal soos volg geassesseer word: AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAESTEL 1 VRAESTEL 1 (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word) (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word) 1. Die Koue Oorlog 1. Die Uitbreiding van die Koue Oorlog – Vraagfokus: Die oorsprong van die Koue Oorlog Gevallestudie: Viëtnam  Einde van die Tweede Wêreldoorlog Vraagfokus: Die tydperke in die oorlog: (inleiding); waarom het 'n Koue Oorlog  1957–1965 Stryd in Viëtnam tussen die ontwikkel? Suid-Viëtnamese weermag en  Die USSR en die VSA en die skepping van kommunistiese opgeleide rebelle (ook as die sfere van invloed (Stigting van Sowjet- Viëtkong bekend) vriendelike regerings in satellietstate; VSA se  1965–1969 Stryd tussen Noord-Viëtnam en beleid van inperking; Truman-leer; Marshall- die VSA (sluit die aard van die Viëtnamese plan; Die Berlynse Krisis 1949–1961; oorlog teen die VSA in) Opponerende militêre alliansies: NAVO en die  Die oorlog vanuit 'n Viëtnamese en Warskouverdrag Amerikaanse (VSA) perspektief  Wie moet vir die Koue Oorlog blameer word?  Die oorlog as 'n globale kwessie  1969–1975 Die Amerikaanse (VSA)- onttrekking uit Viëtnam (impak op die Amerikaanse (VSA) politieke studente- bewegings) 2. Onafhanklike Afrika 2. Onafhanklike Afrika Vraagfokus: Afrika in die Koue Oorlog: Vraagfokus: Hoe is onafhanklikheid in die 1960's Gevallestudie: Angola en 1970's in Afrika verwesenlik?  Angola: kolonialisme en onafhanklikheid Gevallestudie: Die Kongo  Uitbreek van burgeroorlog in 1974 (MPLA,  Wat was die idees wat die Kongo beïnvloed FNLA en UNITA) het?  Redes vir en aard van betrokkenheid by  Polities (tipe leier, nalatenskappe van Angola (USSR, VSA, Kuba, China, Suid- kolonialisme, tipe regering, politieke stabiliteit Afrika); impak op streekstabiliteit en onstabiliteit)  Betekenis van die Slag van Cuito Cuanavale  Ekonomies (tipe ekonomie) 1987 en 1988  Sosiale en kulturele suksesse/uitdagings wat die Kongo in die gesig gestaar het (voordele van onafhanklikheid, onderwys, Afrikanisering) 3. Burgerlike verset uit die 1950's tot die 3. Burgerlike verset uit die 1950's tot die 1970's 1970's Vraagfokus: Die Amerikaanse Burgerregte- Vraagfokus: Die Swartmagbeweging beweging  Redes vir die Swartmagbeweging  Redes en oorsprong van Burgerregtebeweging  Stigting van die Black Panther-party in die VSA  Rolle van Malcolm X, Stokely Carmichael,  Rol, impak en invloed van Martin Luther King Huey Newton en ander swart Amerikaner Jr.; die invloed van passiewe weerstand aktiviste (Gandhi) op Martin Luther King Jr.  Korttermyn- en langtermynvoordele  Vorme van protes deur burgerlike ongehoorsaamheid: Montgomery Bus-boikot; sitstakings; Vryheidsryers; veldtogte en optogte, Birmingham-veldtog, die optog na Lincoln-gedenkteken, Vryheidsomer en die Selma-Montgomery-optogte ingesluit  Skooldesegregasie: gevallestudie Little Rock Arkansas (as deel van betogingsvorme OF as 'n gevallestudie)  Korttermyn- en langtermynvoordele Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 6 DBE/2021 Eksamenriglyne VRAESTEL 2 VRAESTEL 2 (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word) (EEN vraag per onderwerp sal opgestel word) 1. Burgerlike Weerstand, 1970's tot 1980's: 1. Burgerlike Weerstand, 1970's tot 1980's: Suid-Afrika Suid-Afrika Vraagfokus: Die krisis van apartheid in die 1980's Vraagfokus: Die uitdaging van Swart Bewussyn  Die regering se pogings om apartheid te vir die apartheidstaat hervorm (die 1982 Wet op Stedelike Bantoe-  Die aard en doelwitte van Swart Bewussyn owerhede; die driekamerstelsel)  Die rol van Bantu Stephen Biko  Interne weerstand teen hervormings  Swartbewussynbeweging (SBB)  Groeiende mag van die Vakbondbeweging  Die uitdaging wat die idees van Swart ('Trade Union Movement') vanaf 1973 Bewussyn aan die staat gestel het  Reaksie op Botha se 'hervormings' – nuwe  Die 1976-Soweto-opstand – kortliks, met mobiliseringsmetodes (arbeid se 'uitgebreide betrekking tot die invloed van die SBB op die massastakings', rolle van gemeenskaps- studente organisasies, UDF, Mass Democratic  Die nalatenskap van Swart Bewussyn vir die Movement en End Conscription Campaign Suid-Afrikaanse politiek [beëindig diensplig] en Black Sash) 2. Die koms van demokrasie na Suid-Afrika en 2. Die koms van demokrasie na Suid-Afrika en die aanvaarding van die verlede die aanvaarding van die verlede Vraagfokus: Die Waarheids-en-Versoenings- Vraagfokus: Ooreengekome skikking en die kommissie (WVK) Regering van Nasionale Eenheid  Redes vir die WVK: Stigting en instelling van  Begin van onderhandelinge 1989–1991 subkomitees)  Onderbreking van onderhandelinge  Verskeie vorms van geregtigheid (vergeldend  Veelparty-onderhandelingsproses hervat en herstellend)  Voortslepende geweld: pogings om die  Die debatte rakende die WVK onderhandelinge te ontspoor o Positiewe aspekte van die WVK  Finale pad na demokrasie in 1994 o Amnestievoorwaardes en probleme met (27 April 1994 verkiesing; die Regering van amnestie Nasionale Eenheid [RNE]) o Fokus op growwe menseregteskendings van die 1980's o Reparasies (Vergoeding)  Reaksies van politieke partye op die WVK en die finale verslag van die WVK  Fokus op verskillende gevallestudies, slagoffers en oortreders 3. Die einde van die Koue Oorlog en 'n nuwe 3. Die einde van die Koue Oorlog en 'n nuwe orde 1989 tot die hede wêreldorde Vraagfokus: 'n Nuwe wêreldorde Vraagfokus: Die impak van Gorbachev se  Wat is globalisering? hervormings op die Sowjetunie en Suid-Afrika  Magsbalans en impak op Afrika  Gorbachev se hervormings in die Sowjetunie  Oorheersing van globale kapitalisme  Oos-Europa (oorsig of in beskryf kortliks):  Ontluikende ekonomieë en verskillende vorms (gebeure in Pole; betekenis van hierdie van kapitalisme: BRICS gebeure op die Sowjetunie se invloed in  Reaksies op globalisering Oos-Europa; Duitsland; die val van die Berlynse Muur)  Die disintegrasie van die Sowjetunie  Keerpunt in Suid-Afrika (die ineenstorting van die Sowjetunie en die impak daarvan op Suid-Afrika) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 7 DBE/2021 Eksamenriglyne 3. ASSESSERING VAN BRONGEBASEERDE VRAE By die beoordeling van leerders se vermoë om met historiese bronne te werk, moet die kognitiewe vlakke, die gepaardgaande historiese vaardighede en die gewigswaardes van vrae regdeur grade in ag geneem word. 'n Uitbreiding is in die volgende tabel vervat. GEWIGS- TIPIESE VRAE KOGNITIEWE HISTORIESE WAARDES VLAKKE VAARDIGHEDE VAN VRAE  Haal bewyse uit bronne  Watter inligting in die bron aan vertel jou van ...?  Keuse en organisering van  Haal TWEE redes uit die 30% VLAK 1 relevante inligting uit bron aan ... (15) bronne  Wat verstaan jy onder die  Definieer historiese term ...? konsepte/terme  Interpretasie van bewyse  Watter boodskap dra die uit bronne spotprenttekenaar oor met  Verduidelik inligting wat uit 40% betrekking tot ...? VLAK 2 bronne ingesamel is (20)  Verduidelik in jou eie  Ontleed bewyse uit bronne woorde ...  Hoekom dink jy ...?  Interpreteer en evalueer  Verduidelik tot watter bewyse uit bronne mate die bewyse in  Raadpleeg bronne om die Bron 1A ... bruikbaarheid  Vergelyk die bewyse in betroubaarheid, Bron 2A en 2B en bevooroordeelheid en verduidelik hoe jy die 30% VLAK 3 beperkings te bepaal verskille sou verklaar ... (15)  Vergelyk en kontrasteer  Lewer kommentaar op die interpretasies en bruikbaarheid/beperkings/ perspektiewe wat in betroubaarheid van die bronne aangebied word en inligting in Bron 3C en 3D bepaal onafhanklike gevolgtrekkings Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 8 DBE/2021 Eksamenriglyne By die assessering van brongebaseerde vrae moet die volgende in ag geneem word met betrekking tot die kognitiewe vlakke en die bewoording van tipiese vrae:  Alle vlak 1-tipe vrae vereis dat leerders inligting uit bronne onttrek en historiese konsepte definieer. Hierdie vrae sal 'n maksimum van 2 punte tel. Vraagwerkwoorde wat gebruik kan word om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder andere: lys, aanhaling, identifiseer, en noem in. Tipiese vrae wat byvoorbeeld gestel kan word: Watter inligting in die bron vertel jou van ...? Haal VIER redes aan waarom ... Wat verstaan jy met die term...?  Alle Vlak 2-vrae vereis dat leerders bewyse uit die bronne interpreteer, ontleed en hanteer. Hierdie vrae sal 'n maksimum van tussen 4 tot 6 punte dra. Vraagwerkwoorde wat gebruik kan word om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder meer in: verduidelik, lewer kommentaar, beskryf en organiseer inligting logies uit die bronne. Tipiese vrae kan byvoorbeeld soos volg gestel: Watter boodskap dra die spotprenttekenaar oor ...? Verduidelik in jou eie woorde ... Hoekom dink jy ...?  Alle Vlak 3-vrae vereis dat leerders byvoorbeeld die verskillende perspektiewe in bronne (vergelyk/kontras), gevolgtrekkings maak oor die betroubaarheid en bruikbaarheid van bronne, ens. Hierdie vrae sal 'n maksimum van tussen 4 tot 8 punte tel en kan geassesseer word met behulp van 'n analitiese/holistiese rubriek. Vraagwerkwoorde wat gebruik sal word om hierdie brongebaseerde vrae te stel, sluit onder meer in: vergelyk of kontrasteer, evalueer, assesseer, verduidelik in watter mate jy sal saamstem/verskil, kommentaar lewer op die betroubaarheid van die bewyse in 'n bron, verduidelik die bruikbaarheid, lewer kommentaar op die gevolge, verduidelik die beperkings, regverdigheid, ens. Tipiese vrae wat gestel kan word, byvoorbeeld: Verduidelik tot watter mate ... Vergelyk die bewyse in beide Bron 1A en 1B verduidelik hoe jy die verskille sou verklaar ... Lewer kommentaar op ...  Paragraafvrae sal ongeveer agt (8) punte tel en sal geassesseer word deur 'n analitiese/ holistiese rubriek te gebruik. Vrae sal gestel word waar daar van leerders verwag sal word om vrae op Vlak 3-vaardighede (vergelyk/kontras; bevooroordeelheid, bruikbaarheid; betroubaarheid) te beantwoord. Byvoorbeeld, verduidelik die rol, impak, oorsake, effekte of betekenis van 'n spesifieke historiese gebeurtenis wat verband hou met die spesifieke sleutelvraag. Tipiese vrae kan byvoorbeeld soos volg gestel word: o Gebruik die inligting uit die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf wat die impak/betekenis van ... o Verduidelik waarom 'n historikus die inligting in beide Bron 1A en 1B bruikbaar sal vind wanneer die gevolge van ... bestudeer word. o Op watter maniere word die spotprenttekenaar se siening (Bron 2C) ondersteun deur die bewyse wat in die ander twee bronne ... o Vergelyk die bewyse in Bronne 3A en 3B en verduidelik hoe die inligting in beide bronne verskil met betrekking tot die ... o Verduidelik waarom 'n historikus die betroubaarheid van die getuienis in Bron 3C kan bevraagteken ... o Lewer kommentaar op die beperkings van Bron 3D vir 'n historikus wat ... bestudeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 9 DBE/2021 Eksamenriglyne 4. ASSESSERING VAN OPSTELVRAE Wanneer opstelle geskryf word, moet leerders hul argument op 'n logiese en samehangende wyse kan struktureer. Hulle moet die relevante inligting kies, organiseer en verbind sodat hulle 'n redelike volgorde van feite of 'n effektiewe argument kan aanbied om die vraag wat gestel word, te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n gevolgtrekking het. By die beantwoording van opstelvrae moet leerders in staat wees om:  'n Opstel te beplan en struktureer  'n Deeglike kennis en begrip van die onderwerp te toon  Relevante inligting uit hulle eie kennis te kies en te gebruik om die vraag te beantwoord  'n Relevante en deurlopende argument te ontwikkel  Logies en samehangend te skryf Tipiese vrae kan gestel word deur die volgende beskrywers te gebruik, bv. 'Krities bespreek', 'Verduidelik tot watter mate ...', 'Lewer kommentaar op ...', 'Evalueer ...', 'Assesseer ...'. Hou die PEEL-(PVVL)-struktuur in gedagte wanneer 'n opstel geassesseer word. P Punt: Die kandidaat stel die opstel bekend deur 'n standpunt te neem/ 'n relevante punt te maak. Elke paragraaf moet 'n punt insluit wat die hoofpunt (standpunt) beskryf wat in die inleiding gemaak is. E Verduideliking: Die kandidaat moet in meer besonderhede verduidelik waaroor die hoofpunt gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gestel word (deurgaans argumenteer). E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te kies wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om die argument deurgaans vol te hou. L Skakel: Kandidate moet verseker dat die argument regdeur die opstel volgehou word en samehangend geskryf word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 10 DBE/2021 Eksamenriglyne GLOBALE ASSESSERING VAN OPSTELLE: TOTALE PUNTE: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 Aanbieding Baie goed Baie goed Goed beplande Argument Toon soms Poging Weinig of geen beplande en beplande en en beplan en bewyse van 'n aangewend om poging om die gestruktureerd gestruktureer- gestruktureer- gestruktureer. gestruktureerd 'n antwoord te opstel te e opstel. Goeie de opstel. 'n de opstel. Bewyse tot 'n e en beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante Poog om 'n sekere mate argument. Grootliks inligting. Het 'n argument is duidelike gebruik om Poog om 'n beskrywend of goed gevolg. argument te argument te argument vol poog om gebalanseerde Bewyse ontwikkel. ondersteun. te hou argument te Inhoud , oorspronklike gebruik om die Gevolgtrekking Slotsom bereik Gevolgtrekking ontwikkel. argument argument te gemaak uit die op grond van nie duidelik Geen poging ontwikkel met verdedig. bewyse om die bewyse. ondersteun om 'n bewyse. Poog om 'n argument te deur bewyse. gevolgtrekking Argument onafhanklike ondersteun. te maak nie deurgaans gevolgtrekking volgehou en uit die bewyse verdedig. te maak om die Onafhanklike argument te gevolgtrekking ondersteun. gemaak uit bewyse om argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevant vir argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot die argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud voldoende gedek en 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 relevant. VLAK 4 Vraag is herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings 30–33 28–29 26–27 of irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met die vraag, maar beantwoord dit nie, 26–27 24–25 20–23 Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1 Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Onvoldoende of irrelevante inhoud. Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1  Vraag glad nie aangespreek nie/ heeltemal irrelevante inhoud; geen poging om opstel te struktureer =0  Vraag sluit basiese en oor die algemeen irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer =1–6  Vraag onvoldoende aangespreek en vaag; geen poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Geskiedenis 11 DBE/2021 Eksamenriglyne 5. GEVOLGTREKKING Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV- dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie. Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie. Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all