Skip to content
Question paper

History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 History Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 5 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: HistoryGrade 1220195 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 GESKIEDENIS: VRAESTEL I Tyd: 2 ure 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES SORGVULDIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees die vrae sorgvuldig deur. 3. Beantwoord EEN vraag in Afdeling A en EEN vraag in Afdeling B. 4. Akkurate en toereikende feitekennis is noodsaaklik; netso belangrik is die vermoë om toepaslike inligting krities te gebruik om vrae te beantwoord. 5. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. 6. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae op die vraestel genommer is. 7. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf. Werk op 'n ordelike manier en bied jou antwoorde so netjies as moontlik aan. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I Bladsy 2 van 5 AFDELING A BEREDENEERDE OPSTEL Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. Skryf 'n beredeneerde opstel wat bewys toon van ontleding, interpretasie, verduideliking en argumentering. Dit moet ongeveer 800 tot 900 woorde lank wees. TEMA DIE KOUE OORLOG VRAAG 1 In watter mate het Kommunistiese China teen 1976 'n "derde invloedsfeer" in die Koue Oorlog geskep? [70] OF TEMA ONAFHANKLIKE AFRIKA VRAAG 2 In watter mate kan die Angolese oorlog tussen 1974 en 1989 as 'n suiwer "streekskonflik" beskou word? [70] OF TEMA DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: 1989 TOT OP HEDE VRAAG 3 In watter mate was die optrede van die Verenigde State van Amerika die enigste faktor wat teen 1991 tot die ineenstorting van die Sowjetunie gelei het? [70] 70 punte IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I Bladsy 3 van 5 AFDELING B Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. Die uitgebreide skryfwerk moet ongeveer 350 tot 400 woorde lank wees. Jy moet jou eie kennis gebruik en kan ook na die stimulus verwys om die vrae te beantwoord. (Jy hoef nie 'n woordtelling in te sluit nie.) TEMA DIE KOUE OORLOG VRAAG 4 Onderstaande kaart, wat in 1961 geteken is, toon die afstande van missielbasisse in Kuba na verskillende VSA-stede, wat binne trefafstand van mediumafstand ballistiese missiele sou wees, aan. [Bron: <https://www.tes.com/lessons/ZSLlTR_Q7tgWKg/cuban-missile-crisis> (Toegang: 28 Januarie 2019)] Verduidelik die uitwerking van die Kubaanse Missielkrisis op die Koue Oorlog deur die volgende vrae te beantwoord: (a) Wat het tot die Kubaanse Missielkrisis van 1962 gelei? (b) Hoe het die VSA op die Ontdekking van missiele in Kuba gereageer? (c) Hoe het die Kubaanse Missielkrisis Oos-Wes-verhoudings na 1962 verander? [30] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I Bladsy 4 van 5 OF TEMA ONAFHANKLIKE AFRIKA VRAAG 5 Onderstaande uittreksel, wat in 1962 geskryf is, kom uit 'n artikel wat deur Julius Nyerere geskryf is, waarin hy sy beleidsrigtings in Tanzanië verdedig. "Ujamaa", dan, of "familieskap", beskryf ons sosialisme. Dit staan teenoor kapitalisme, wat daarna streef om 'n gelukkige samelewing te bou op grond van uitbuiting van die mens deur die mens … Dit was in die stryd om die greep van kolonialisme te breek dat ons die behoefte aan eenheid geleer het. Ons het besef dat dieselfde sosialistiese ingesteldheid, wat in die tye van stamme aan elke persoon die sekuriteit gegee het wat gepaard gaan om aan 'n groot uitgebreide familie te behoort, in die selfs breër gemeenskap van die land bewaar moet word. Maar ons moet nie hier ophou nie. Ons erkenning van die familie waaraan ons almal behoort, moet nog verder uitgebrei word – verder as die stam, die gemeenskap, die land of selfs die kontinent – om die hele gemeenskap van die mensdom te omhels ... [Bron: Ujamaa – Essays on Socialism (Oxford University Press, 1973), outeursreg 1962 deur Julius K. Nyerere. (Toegang: 28 Januarie 2019)] Verduidelik die uitwerking van Julius Nyerere se beleidsrigtings op Tanzanië deur die volgende vrae te beantwoord: (a) Voor watter maatskaplike en ekonomiese uitdagings het Julius Nyerere in Tanzanië te staan gekom in die tydperk na onafhanklikheid? (b) Hoe het Julius Nyerere probeer om die maatskaplike en ekonomiese uitdagings op te los waar voor Tanzanië na onafhanklikheid te staan gekom het? (c) Hoe suksesvol was Julius Nyerere om die maatskaplike en ekonomiese uitdagings waar voor Tanzanië in die tydperk na onafhanklikheid te staan gekom het, te bowe te kom? [30] OF IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I Bladsy 5 van 5 TEMA DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE WÊRELDORDE: 1989 TOT OP HEDE VRAAG 6 Onderstaande spotprent, wat in 1981 deur F. Behrendt geteken is, toon Sowjet Premier Brezjnjef (regs) wat die state van Oos-Europa teen 'n "aansteeklike" Solidariteitsbeweging (links) "beskerm". Die spotprent se titel is: "Wat jy ook al doen, moenie na hom kyk nie!" [Bron: <https://www.cvce.eu/en/obj/cartoon_by_behrendt_on_the_impact_of_solidarnosc_on_ the_stability_of_the_eastern_bloc_1981-en-4de96412-5260-4ac1-a0d2-9b8fcc12ede2.html > (Toegang: 28 Januarie 2019)] Verduidelik die uitwerking van die groei van die Solidariteit-beweging op Pole en die Oosblok in die 1980's deur die volgende vrae te beantwoord: (a) Wat het in die 1980's tot die ontstaan van die Solidariteit-beweging in Pole gelei? (b) Hoe het die Solidariteit-beweging in die 1980's kommunistiese beheer in Pole uitgedaag? (c) Watter uitwerking het die Solidariteit-beweging in die 1980's op Pole en die Oosblok gehad? [30] 30 punte Totaal: 100 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 History

View all