Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2013
GESKIEDENIS V1
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 Addendum
Grade 11 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Addendum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Addendum
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
VRAAG 1: WAT WAS DIE OORSAKE VAN DIE RUSSIESE REWOLUSIE VAN
1917?
BRON 1A
GESKREWE BRON
Uittreksel uit die petisie wat George Gapon hoop om te bied aan Nicholas II op
22ste Januarie 1905.
Ons die werkers, ons kinders, ons vroue en ons ou, hulpelose ouers het na U
gekom, o Heer, om die waarheid en jou beskerming te soek. Ons is baie arm en
onderdruk, ondraaglike werk word op ons ingestel, ons word verwerp en word nie
erken as mense nie. Ons word soos slawe behandel, wat hul lot moet dra en swyg.
Ons het verskriklike dinge gelei, maar ons word steeds dieper afgedruk in die
afgrond van armoede, onkunde en gebrek aan regte.
VISUELE BRON
Onderdrukking
Revolusie
Vryheid
Grondwet
Parlement
Sien sterre van vryheid – Philadelphia Inquirer
Vryheid
[Vanuit: www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3
BRON 1B
GESKREWE BRON
Felix Joesoepov was op die eers optimisties oor Rusland se kanse van ʼn
oorwinning in die Eerste Wêreldoorlog.
Die militêre veldtogte het briljant geopen met ʼn diep deurbraak in Oos-Pruise, die
aanval was vroegtydig geloods op die aandrang van die Geallieerdes om die
oorlaaide Westerse front te verlig. Teen die einde van Augustus, as gevolg van ʼn
gebrek aan ordinansie, is Generaal Samsonoff se magte omring naby
Tannenberg. Die generaal, wat nie die verlies van sy weermag wou oorleef nie,
het homself geskiet.
Die offensief was suksesvol hernu op die Oostenrykse front, maar in Februarie
1915 het ʼn verdere offensief in Oos-Pruise in ʼn ramp by Augustovo geëindig. Op
2 Mei, het die Oostenryks-Duitse weermag deur die Suidwes-Russiese front
gebreek. Ons troepe was ondervoed, swak toegerus, en het geen ammunisie
gehad nie, maar ten spyte van hierdie haglike omstandighede het hulle geveg teen
die beste toegeruste weermag in die wêreld. Hele regimente was gevange
geneem sonder om weerstand te bied, as gevolg van die gebrek aan toerusting
wat versuim het om in die tyd te kom.
VISUELE BRON
Hierdie bron is geneem uit “Making History” en verduidelik die uitwerking impak
van die oorlog op gewone Russe.
[Vanuit: www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
BRON 1C
“Kameraad matrose, ek groet julle sonder om te weet of julle glo, of nie, in al die
beloftes van die voorlopige Regering. Maar ek is oortuig daarvan dat wanneer
hulle mooi praat, wanneer hulle julle baie belowe, hulle julle en die hele Russiese
bevolking mislei. Die mense benodig vrede, die mense benodig brood en die
mense benodig grond. En hulle gee julle oorlog, hongersnood, geen brood – laat
die grondhere nog steeds toe op die grond ... Ons moet veg vir die sosiale
rewolusie, veg tot die einde, tot die bereiking van die volledige oorwinning van die
proletariaat. Lank lewe die sosiale wêreld-rewolusie!”
Lenin, die leier van die Bolsjewiste, op sy terugkeer na Rusland, April 1917.
[Vanuit: Making History, bladsy 112]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: TOT WATTER MATE HET DIE NUWE BEDELING DIE
KAPITALISTIESE BEGINSELS TEENGESTAAN?
BRON 2A
STANDPUNT 1
Herbert Hoover, toespraak in New York (Oktober 1932)
Die voorstelle van ons teenstanders sal ons stelsel in gevaar stel of vernietig. Ek
beklemtoon veral die belofte om “indiensneming te bevorder vir alle surplus-arbeid
ten alle tye.” Aanvanklik kon ek nie glo dat iemand so wreed sou wees om hoop te
gee aan iets so absoluut onmoontlik soos die verwesenliking van hierdie idee aan
hierdie 10 000 000 wat werkloos is nie. En ek protesteer teen hierdie ligsinnige
beloftes wat gemaak word aan die lydende mense.
As dit moontlik was om hierdie werk aan 10 000 000 mense te gee deur die regering,
sou dit $9 000 000 000 ʼn jaar kos. Dit sou die werk van diegene wat nog in diens
was aftrek as gevolg van die hoë belasting en die demoralisasie van krediet waarop
hulle diens afhanklik is. Dit sou die groei van ʼn verskriklike burokrasie meebring wat,
nadat dit ingestel is, nooit weer vernietig kon word nie.
STANDPUNT 2
Franklin D. Roosevelt, toespraak in Boston (Oktober 1932)
Ons het twee probleme: die eerste, om die onmiddellike nood aan te spreek;
tweedens, om ʼn grondslag van permanente indiensneming op te bou.
Om onmiddellike verligting te verskaf, is die eerste beginsel van hierdie nasie, die
nasionale regering, as jy wil, die positiewe plig dat geen burger sal honger lei nie.
Bykomend tot die verskaffing van noodhulp, moet die federale regering tydelike werk
verskaf waar dit moontlik is. Jy en ek weet dat in die nasionale woude, vloed
voorkoming, en op die ontwikkeling van waterprojekte wat reeds gemagtig en beplan
is, maar nog nie uitgevoer is nie, kan tienduisende en selfs honderde duisende van
ons werklose burgers ten minste tydelike indiensneming gegee word.
[Vanuit: www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
BRON 2B
Franklin D. Roosevelt, radio-uitsending, Fireside Chat (12 Maart 1933) met
betrekking tot die Nood Bankwet (Emergency Banking Act)
Sommige van ons bankiers het bewys dat hulle óf onbevoeg of oneerlik is in hul
hantering van die mense se geld. Hulle het geld wat aan hulle toevertrou was in
spekulasie en onwyse lenings gebruik. Dit was natuurlik nie waar vir die oorgrote
meerderheid van ons banke nie, maar dit was waar dat sommige van hulle die
mense vir ʼn tyd kon skok met ʼn gevoel van onveiligheid. Dit was die regering se
taak om hierdie situasie uit te stryk en dit so vinnig as moontlik te doen. En dit word
uitgevoer. Vertroue en waagmoed is die noodsaaklikhede in ons plan. Ons moet
geloof hê, moet jy nie oorrompel word deur gerugte nie. Ons het die masjinerie
voorsien om ons finansiële stelsel te herstel, maar dit is vir jou om dit te ondersteun
en te maak werk. Saam kan ons nie misluk nie.
[Vanuit:www.spartacushistory.com]
BRON 2C
Sluit aan by optog vir
ouderdomsversekering
Stuur jou aansoek om ʼn Sosiale
Sekuriteitsnomer deur die
poskantoor NIE LATER AS
Des 5, 1936.
ʼn Regeringsplakkaat oor die
Sosiale Versekeringswet wat
Amerikaners voorsien het van
finansiële beskerming teen
werkloosheid, siekte en ouderdom
[Vanuit:www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7
BRON 2D
Hierdie kaart toon die impak van die Tennessee Valley Authority op die verskillende
state.
rivier rivier
Noord-
Carolina
Suid-
Carolina
[Vanuit:www.spartacushistory.com]
myle
Damme
Gebied wat deur
TVA van krag
voorsien is
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
BRON 2E
Restaurant ondersteun die NRA skema.
[Vanuit:www.spartacushistory.com]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9
VRAAG 3: HOE HET DIE IDEES VAN SOSIALE DARWINISME GELEI TOT DIE
SKENDING VAN MENSEREGTE IN DUITSLAND?
BRON 3A
Uittreksels uit Mein Kampf (deur Adolf Hitler). Die eerste deel van Mein Kampf is
in 1923 in die Landsberggevangenis geskryf.
"... Die beginsels van die staat is slegs ʼn middel tot die einde, die belangrikste ding is
die instandhouding van ʼn mens se rasse-wese. Die rasse-verskil (d.w.s. biologiese
verskille van kleur van die hare en vel, skedelbou, tipe gesig en neus, hoogte van die
liggaam en sy soort, ens.) bepaal die geestelike karakter, die vermoë, die potensiële
ontwikkelings, en die reg om te bestaan van daardie ras op aarde. Daar is
hoër/meerderwaardige rasse – die fisiese en geestelike elite – die kreatiewe en
progressiewe deel van die mens se geskiedenis; daar is minderwaardige rasse –
ontaard en produseer ʼn nageslag wat inherente vernietigende en gevaarlike
elemente besit. Die Duitsers is ʼn tak van die hoër Ariese ras en die Jood se plek is
in die laagste rang van die minderwaardige Semitiese ras. Die Jode se doel is om
die Ariese ras te besoedel en ʼn ramp te bring oor die ras wat ontwerp is om die
wêreld te regeer. Bewaring van rasse-suiwerheid is die eerste en heilige plig van die
uitverkore ras ...”.
[Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]
BRON 3B
Hierdie bron beeld die behandeling van Joodse skoliere in Duitse skole uit.
[Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
BRON 3C
GESKREWE BRON
Bertha Ferderber-Salz was ʼn gevangene by die Plaszow konsentrasiekamp:
Om vier uur in die oggend is ons wakker gemaak deur die sirene vir ons se roll-call.
(naamlesing). Ons het in die lyn gestaan vir baie ure terwyl ons getel en verdeel is
in groepe werk. Slegs om sewe uur sou ons uit gaan deur die kamphekke.
Enigeen wat nie kon byhou nie kon ʼn koeël in sy kop verwag uit die gewere van die
Oekraïnse wagte, wat ons weerskante bewaar het.
Lyfstraf as ʼn straf vir ‘misdade’ is in die openbaar en as ʼn plegtigheid gedoen. Die
kampwagte was lief om hul honde op die gevangenes los te laat. Nog ʼn vorm van
vermaak vir hulle was die opheffing van een van die gevangenes met ʼn kraan saam
met rommel en om hom lewendig te begrawe in die gat wat gegrawe was.
Benewens al hierdie vorme van marteling, was ons ook heeltemal afgesny van die
buitewêreld.
Die mees verskriklike en moeilike straf was om gestuur te word om in die groewe te
gaan werk. Mense, ongeag van hoe vermors hulle geword het, is beveel om klippe
op te kap met spesiale of swaar hamers, of om baie groot en swaar rotse, te dra vir
lang afstande – selfs al was dit eenvoudig net om hulle besig te hou.
[Vanuit: Die Holocaust: Lesse vir die mensdom]
VISUELE BRON
Dit is ʼn foto van die gevangenes waens vol grond sleep by die Mauthausen
konsentrasiekamp, 1941.
[Vanuit: Die Menseslagting (Holocaust): Lesse vir die mensdom]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11
BRON 3D
Toespraak van Reichsfuhrer SS Heinrich Himmler op ʼn vergadering van senior SS
beamptes in Poznan! Posen, 4 Oktober 1943
... Ek wil ook met julle openlik praat oor ʼn belangrike saak. Onder ons moet dit eerlik
gesê word, maar tog sal ons nooit daaroor in die openbaar praat nie.
Ek bedoel die ontruiming van die Jode, die uitwissing van die Joodse volk. Die
meeste van julle weet wat dit beteken as 100 lyke lê langs mekaar, of 500 of 1000.
Om dit te kon uitvoer en op dieselfde tyd – benewens uitsonderings wat veroorsaak
was deur menslike swakheid – ordentlike te bly, is wat ons hard gemaak het. Dit is ʼn
bladsy van glorie wat nooit geskryf was en nooit geskryf sal word nie.
Ons het die morele reg gehad, dit was ons plig teenoor ons mense, om die mense
wat ons wou dood maak dood te maak. Om als op te som kan ons sê dat ons het
hierdie baie moeilike taak vervul vir die liefde van ons mense. En ons gees, ons siel,
het ons karakter was nie daardeur geraak nie.
[Kantoor van die VSA Hoof van die raad vir vervolging van Axis kriminaliteit, Nazi sameswering en
aggressie, Vol. IV, (Washington DC: Amerikaanse regering Druk Kantoor, ~ 946), pp 563–4 [Doc.
1919-PS]
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (NOVEMBER 2013)
ERKENNINGS
Brink E. et al.: History Solutions
Deftereos R. et al.: Making History
Dugmore C. et al.: Spot On History
Fernandez M. et al.: Focus
Frank et al.: New Generation History
Grove S.: Via Africa
History on the Net
Silbert M. and Petersen T.: The Holocaust: Lessons for humanity
Spartacus History
Study this subject
Recommended for this subject

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 Addendum

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Eng)

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Addendum

Addendum
History Grade 11 P2 Eastern Cape November 2013 Addendum

Addendum
History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 Addendum
More from Grade 11 History

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo (English)

Annual teaching plan
Gr 11 His ATP 2023 24

Question paper
History Grade 11 P1 Eastern Cape June 2025 Question Paper

Question paper and memo
History Grade 11 Paper 2 Eastern Cape June 2025 Paper & Memo

Memorandum
History Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Memorandum