You're offline
Skip to content
Memorandum

HIST P2 MEMO AFR GR11 NOV2013-_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 11201322 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V2 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) BRONGEBASSERDE VRAE 1.1 Die volgende vlakke vrae word gebruik om brongebaseerde vrae te assesseer: VLAKKE VAN BRONGEBRASEERDE VRAE VLAK 1  Onttrek toepaslike inligting en data uit die bronne. (V1)  Organiseer die inligting logies.  Verduidelik geskiedkundige begrippe. VLAK 2  Kategoriseer geskikte of toepaslike inligtingsbronne wat (V2) verskaf word om die vrae wat geopper word, te beantwoord.  Ontleed die inligting en data wat uit ʼn verskeidenheid bronne versamel is.  Evalueer die inligtingsbronne wat verskaf word om te besluit of die bronne geskik is vir die taak. VRAK 3  Interpreteer en evalueer en data uit die bronne. (V3)  Ondersoek inligtingsbronne en evalueer die nut van die bronne vir die taak, met inagneming van stereotipes, subjektiwiteit en gaping in die beskikbare getuienis.  Ontleed geskiedkundige voorstellings as maatskaplike konstruksies.  Ondersoek en verduidelik die dinamiek van veranderende magsverhoudings binne die aspekte van samelewings wat bestudeer word.  Vergelyk en kontrasteer interpretasie en sienings van mense se optrede of gebeure en veranderings om onafhanklike gevolgtrekkings te maak oor die optrede of gebeure.  Identifiseer wanneer ʼn interpretasie van statistieke dalk omstrede kan wees en ondersoek die gevolgtrekking wat uit die data blyk, krities. 1.2 Die volgende tabel dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word.  By die nasien van alle brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde.  By die toekenning van punte moet aandag gegee word in hoe ʼn mate daar aan die vereistes van die vraag voldoen is.  By die nasienriglyne word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 3 OPSTELTIPE-VRAE 2.1 Die opsteltipe-vrae fokus op die volgende vlak: VLAK VAN VRAAG Vlak 1  Bespreek of beskryf volgens ʼn gegewe argument wat in die uitgebreide skryfwerk vraag uiteengesit word.  Beplan en konstrueer ʼn argument op grond van getuienis en gebruik die getuienis om ʼn slotsom te bereik. 2.2 Nasien van opsteltipe-vrae:  NASIENERS MOET DAAROP LET DAT DIE INHOUD VAN DIE ANTWOORD GELEI SAL WORD DEUR DIE HANDBOEKE WAT BY ʼn SPESIFIEKE SENTRUM GEBRUIK IS.  KANDIDATE MAG ENIGE ANDER TOEPASLIKE INLEIDING EN/OF SAMEVATTING HÊ AS DIT WAT INGESLUIT IS BY ʼn RIGLYN VIR NASIEN VAN ʼn SPESIFIEKE OPSTEL.  BY DIE ASSESERING VAN DIE OOP BRONGEBASEERDE VRAE MOET KANDIDATE KREDIET KRY VIR ENIGE ANDER RELEVANTE ANTWOORD. Globale assessering van opsteltipe-vrae Die opsteltipe-vrae sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die opvoeder die totale produk as ʼn geheel sal bepunt sonder die samestellende dele individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitlike bewyse om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs “feite” neer te skryf om ʼn hoë punt te behaal nie. Dit sal ook leerders ontmoedig om “modelantwoorde” voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet vir leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val:  Die konstruksie/daarstelling van ʼn punt;  Die toepaslike seleksie van feitlike bewyse om sodanige argument te ondersteun; en  Die leerder se interpretasie van die vraag.
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 3. Assesseringsprosedures by opsteltipe-vrae 1. Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien word. 2. Tydens die eerste deurlees van die skryfwerk moet regmerkies toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn kolpunt (bullet) in die nasienriglyne, vir elke hoofmoment (aangedui met ʼn kolpunt), ʼn relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt), bv. ʼn antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 3. Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:  Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie  Verkeerde stelling  Irrelevante stelling  Herhaling R  Analise A√  Interpretasie I√ 4. Die matriks 4.1 Gebruik die analitiese matriks in die nasien van die opstel Die gebruik van ʼn analitiese matriks vir die assessering van opsteltipe vrae (verwys na bladsy 6) By die nasien van uitgebreide skryfwerk met verwysing na bladsy 6, moet die gegewe kriteria in die matriks gebruik word. Beide die inhoud en die aanbieding moet in ag geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. 4.1.1 Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 4.1.2 Die tweede deurlees van die skryfwerk sal die vlak (op matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 5 4.1.3 Ken ʼn algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 33 – 34 A VLAK 5
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 5 Globale assessering vir opsteltipe-vrae: Die matriks – 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1 AANBIEDING Baie goed beplan Goed beplan Goed beplan en Argument Argument Poging Min en gestruktureer. en gestruktureer beplan en beplan en aan- sprake Goeie sintese van gestruktureer Ontwikkel duidelik gestruk- gestruktur gewend van inligting. Sintese van argument. tureer. eer. om analise en Goed inligting. Oorspronklike Getuienis Sommige antwoord geskied- gebalanseerde Goed slotsom bereik op gebruik om getuienis te struk- kundige argument is gebalanseerde grond van argument te gebruik tureer. verduide- ontwikkel. oorspronklike, getuienis. ondersteun. om Grootliks liking. Argument onafhanklike Getuienis gebruik Slotsom op argument beskry- Antwoord deurgaans argument om argument te grond van te onder- wend/pog- glad nie volgehou en ontwikkel. ondersteun. getuienis. steun. ing om gestruk- verdedig. Gebruik Kom tot Skryfwerk Slotsom argument tureerd getuienis om onafhanklike gestruk- nie te nie. die argument slotsom. tureerd. duidelik ontwikkel. te ondersteun. Gebruik getuienis onder- om gevolgtrekking steun deur INHOUD te ondersteun getuienis nie. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhouseleksie ten 47-50 43-46 volle relevant tot gedagterigting/ argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43-46 40-42 38-39 relevant tot gedagterigting/ argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. 38-39 36-37 35 33-34 Inhoud toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Gebreke ten 33-34 31-32 28-29 opsigte van inhoud/irrelevante inhoudseleksie VLAK 3 Inhoudseleksie hou nie altyd verband met die 30 26-27 23-24 vraag nie. Weglatings. VLAK2 Inhoud skraal. Vraag 25 21-22 20 ontoereikend beantwoord. VLAK 1 Vraag nie beantwoord nie. Inhoud 20 0-19 ontoereikend. Heeltemal irrelevant
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA SLEUTELVRAAG: WATTER INVLOED HET DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG OP AFRIKANE SE NASIONALISME IN SUID-AFRIKA GEHAD? 1.1 1.1.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V1]  President van die ANC (1 x 1) (1) 1.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]  Om erken te word as volle burgers van Suid-Afrika.  Om te bewys dat hulle gekant is teen segregasie en rasse- diskriminasie.  Geallieerde oorlog propaganda het beweer dat die oorlog vir vryheid en demokrasie is.  Afrikane het gehoop dat dit diskriminasie en onderdrukking oral beëindig sou word  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]  Bestuurders  Loopgrawe gegrawe  Kokke  Kampbediendes  Draagbaar-draers (Enige 4 x 1) (4) 1.1.4 [Interpretasie en analise van inligting uit Bron 1A – V2]  Afrikane was nie bewapen nie.  Daar is gediskrimineer teen swartes tydens die oorlog  Swart soldate was nie gelyk en met integriteit soos die wit soldate behandel nie.  Daar is ʼn teenstrydigheid in die foto wat wys dat die swart man met ʼn spies bewapen is, maar verwag word om die land te verdedig en oorwinning te bewerkstellig.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 3) (3) 1.2 1.2.1 [Definieer historiese konsepte uit Bron 1B – V2] (a)  Strewe om alle swart Suid-Afrikaners te verenig en om hulle te mobiliseer teen die toenemende onderdrukking wat hulle ondervind het onder die segregasie-beleid van die wit regering.  Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) (b)  ʼn Regeringstelsel gebaseer op die wil van die mense en gekies deur die mense van ʼn betrokke land.  Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 7 1.2.2 [Interpretasie en sintese van bewyse uit Bron 1B – V2]  Afrikane wat deelgeneem het in die oorlog het in aanraking gekom met die idees van vryheid en demokrasie.  Hulle het ontdek dat Afrikane in ander lande vryheid en gelyke regte geniet.  Die Atlantiese Handves het selfbeskikking ondersteun en dat alle mense die reg het om te besluit onder watter tipe regering hulle wou wees.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]  Rasse-diskriminasie moet beëindig word.  Die reg om te stem moet aan alle volwassenes gegee word.  Die regverdige verdeling van grond  Vryheid t.o.v. handeldryf  Die reg tot vry en gelyke opvoeding.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 3 x 1) (3) 1.3 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bronne 1A en 1B – V2] NEE  Diskriminasie het na die Tweede Wêreld-oorlog nog steeds voortgeduur.  Swartes het nog steeds nie gelykheid of vryheid geniet nie  Segregasie is verder afgedwing deur die beleid van Apartheid.  Die Suid-Afrikaanse regering het eerder meer apartheidswette geïmplementeer wat die meerderheid mense van Suid-Afrika onderdruk het.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V1]  1946 – Swart Mynwerkers-staking (1 x 2) (2) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]  Gematigde beleid gevolg teen die regering.  Nie-geweldadige protesmetodes gebruik teen die diskriminerende wette.  Gebruik gemaak van afvaardigings en petisies was na die regering ges om te appelleer teen segregasiewette.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 1.4.3 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 1C – V2]  Een groep wou ʼn veelrassige beweging hê wat alle rasse in Suid-Afrika sou insluit om teen apartheid te protesteer.  Die ander groepe was die Afrikaniste wat geglo het dat die Afrikane moet onafhanklik wees, op hulself staatmaak om hulself te bevry.  Geglo in “Afrika vir Afrikane”  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 1.4.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V1]  Robert Sobukwe (1 x 1) (1) 1.5 1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]  Boikotte  Stakings  Burgerlike ongehoorsaamheid  Geen-samewerking  Wegbly aksies (Enige 4 x 1) (4) 1.5.2 [Interpretasie en sintese van bewyse uit Bron 1D – V3] BRUIKBAAR  Verander vanaf ʼn gemagtigde beleid tot ʼn meer militante een  Het ʼn veelrassige organisasie geword wat veg vir ʼn nie- rassige Suid-Afrika teen apartheid.  Enige ander relevante antwoord. NIE-BRUIKBAAR  Is ʼn sekondêre bron.  Kon partydig wees.  Wys nie die reaksies van die regering nie.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 9 1.6 [Interpretasie, analise en sintese van informasie uit alle bronne – V3] Kandidate kan van die volgende aspekte insluit:  Die Atlantiese Handves het die fondasie gelê vir die Afrikane eise.  Na hul terugkeer vanaf die Tweede Wêreldoorlog was stel geen vryheid of politieke regte aan Afrikane soldate toegestaan nie  Suid-Afrika se rassistiese beleid is dieselfde beskou as fasisme wat vernietig is.  Rassisme moet dus in Suid-Afrika beëindig word.  Xuma het ʼn beroep gedoen op internasionale betrokkenheid in hul strewe om gelykheid  Xuma het die idee van selfbeskikkingsreg vir al die onderdruktes verwelkom.  Wou politieke regte en die stemreg vir alle Afrikane hê.  Gelei tot ʼn meer militante ANC.  Ontstaan van die ANC Jeugliga  Ontstaan van die (PAC) Pan-Afrikanistiese Kongres  Enige ander relevante antwoord. (8) Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken. VLAK KRITERIA PUNTE VLAK 1  Gebruik bewyse in ʼn elementêre PUNTE:1–3 wyse, bv. toon min of geen begrip oor hoe Xuma se Afrikane eise bygedra het tot die ontwaking van swart nasionalisme.  Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp of kan nie oor die onderwerp skryf nie. VLAK 2  Bewyse is meestal relevant PUNTE:4–6 en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon ‘n begrip hoe Xuma se Afrikane eise bygedra het tot die ontwaking van swart nasionalisme.  Gebruik bewyse op ‘n basiese wyse. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse bv. PUNTE:7–8 demonstreer ʼn deeglike begrip van die invloed van Xuma se Afrikane eise op die ontwaking van Swart nasionalisme.  Bewyse het betrekking op onderwerp.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat toon op ʼn begrip van die onderwerp.
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE SLEUTELVRAAG: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE NASIONALISTIESE ASPIRASIES VAN DIE PALESTYNE EN DIE ISRAELI’S? 2.1 2.1.1 [Definieer historiese begrippe uit Bron 2A – V2] (a)  ʼn Joodse nasionale beweging wat hulle beywer vir die stigting van die staat Israel.  Enige ander relevante verduideliking. (Enige 1 x 2) (2) (b)  ʼn Nasie wat verspreid is oor die wêreld en nie verenig in een land is nie.  Enige ander relevante verduideliking (Enige 1 x 2) (2) 2.1.2 [Interpretasie van inligting uit Bron 2A – V1]  Palestina (Enige 1 x 1) (1) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V3]  Palestina was ʼn goeie gebied om in te vestig.  Dit was alreeds bewoon.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]  Arabiere (Moslems)  Christene (Enige 1 x 2) (2) 2.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]  Die Jode het nie die bestaan van ander inwoners in Palestina erken nie.  Beweer dat Palestina aan die Jode behoort.  Enige ander relevante interpretasie (Enige 2 x 2) (4) 2.2 2.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]  Joodse immigrasie is aangemoedig.  Arabiere vrees Joodse meerderheid.  Konflik tussen Jode en Arabiere het toegeneem – Eerste Arabiese-Israeli konflik.  Duisende Arabiere moes uit Palestina vlug – bekom vlugtelinge.  Baie Arabiere het hul besittings in Palestina verloor.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 11 2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]  Hul huise en meubels was deur die Israeli’s oorgeneem.  Hul besigheide was oorgeneem.  Het plase verloor.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 3 x 1) (3) 2.2.3 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2B – V2] Kandidate moet standpunt inneem en hul antwoord motiveer. GEREGVERDIG  Israel was beskou dat dit aan die Palestynse nasie behoort  Die Arabiese regering het hul onderdane beveel om nie hul gebiede agter te laat vir die Israeli’s nie.  Enige ander relevante antwoord. NIE-GEREGVERDIG  Deur vlugtelinge toegang tot hul lande te weier, beteken dat die Arabiere nasies nie verenig was nie.  Arabiese nasionalisme nie belangrik was nie.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C(I) – V2]  Die Arabiese state het met die Palestynse-Arabiere gesimpatiseer en geglo dat die toekenning van Palestina in 1947 aan die Jode onregverdig was.  Die Arabiere was gekant teen Israel se besetting van Arabiese gebiede in 1948.  Duisende Palestynse Arabiere was vlugtelinge en sonder tuiste.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron-2C(I) – V1]  Die Suezkanaal-krisis  Hy het beide Brittanje en Frankryk uitgedaag toe hy die Suez- kanaal genasionaliseer het.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C(I) – V1]  Israel se reaksie was om vernietiging teen te staan.  Israel het eerste onaangekondig aangeval/massiewe lugaanvalle.  Hulle was vasbeslote om nie hul land prys te gee nie.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 2.3.4 [Interpretasie en sintese van bewyse uit Bron 2C(I) – V3]  Hierdie bron is bevooroordeel.  Dit was deur ʼn Israeliese groep geskryf en daarom word net hul siening weerspieël.  Die Israeli’s regverdig die besetting van Arabiese gebiede.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 2.3.5 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 2C(II) – V2]  Die klein figuur verteenwoordig ʼn klein, heldhaftige Israel wat die veel groter en aggressiewe figuur wat die Arabiese lande verteenwoordig verslaan deur ʼn kolskoot (vergelyk dit met die Bybelse storie van Dawid wat vir Goliat verslaan.)  Enige ander relevante verduideliking. (Enige 1 x 2) (2) 2.3.6 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C(II) – V1]  Amerikaanse ondersteuning, befondsing en wapens (1 x 2) (2) 2.3.7 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C(II) – V1]  Die Arabiese gebiede wat deur Israel verower is tydens die 1967-oorlog. (1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 13 2.4 [Interpretasie, analise en sintese van bewyse uit alle bronnne – V3] Kandidate kan van die volgende aspekte insluit:  Beide kante het aangedring op onafhanklike en eksklusiewe nasieskap vir hul mense  Joodse immigrasie het die stigting van die staat Israel aangemoedig  Israeli nasionaliste het geglo dat Israel aan hulle behoort a.g.v. hul verlede (Bybel siening) en hul nedersetting in 1947  Beide kante wou nie die voorstel van ʼn verdeelde Palestina aanvaar nie.  Palestynse nasionaliste voel hul land was onregverdig van hulle geneem.  1947 – Israeli-Arabiese konflik  Vlugtelinge vorm guerrilla-groepe wat Israel aanval.  1967 oorlog het Israel nog Arabiese gebiede beset.  “Intifadas” (opstande) het geweld en konflik laat toeneem.  Enige ander relevante antwoord (8) Gebruik die volgende matriks om ʼn punt toe te ken. VLAK KRITERIA PUNTE VLAK 1  Gebruik bewyse in ʼn elementêre wyse, bv. PUNTE: 1–3 toon geen of min begrip oor hoe Joodse en Arabiese nasionalisme die vredeskikking in die Midde-Ooste belemmer het.  Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp of kan nie oor die onderwerp skryf nie. VLAK 2  Bewyse meestal relevant en hou grootliks PUNTE: 4–6 verband met die onderwerp bv. toon ʼn begrip hoe Joodse en Arabiese nasionalisme die vredeskikking in die Midde-Ooste belemmer het.  Gebruik bewyse in ʼn basiese wyse. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse, bv. PUNTE: 7–8 demonstreer ʼn deeglike begrip van hoe Joodse en Arabiese nasionalisme die vredeskikking in die Midde-Ooste belemmer het  Bewyse het betrekking op die onderwerp.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat toon op ʼn begrip van die onderwerp.
Downloaded from hlayiso.com 14 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA 1940’s – 1960’s SLEUTELVRAAG: HOE HET DIE APARTHEIDSWETTE DIE MENSEREGTE VAN MENSE IN SUID-AFRIKA GESKEND? 3.1 3.1.1 [Interpretasie van inligting uit Bron 3A – V2]  Die totale skeiding van alle rasse in Suid-Afrika onder wit dominasie/rasseskeiding.  Enige ander relevante verduideliking. (Enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 3A – V2]  Nywerheids- en Rekonsiliasiewet: Blanke werkers was toegelaat om vakbonde te vorm, maar swartes kon nie deelgeneem aan vakbond-aktiwiteite nie.  Myn en Werkerswet: het verseker dat sekere werke slegs vir blankes gereserveer was.  Beskaafde arbeidsbeleid: Blankes was werk voorkeur in regerings departemente gegee, bv. spoorweë wat daartoe gelei het dat miljoene swartes hul werke verloor het.  Enige ander relevante antwoord (Enige 3 x 2) (6) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Betaal swartes lae lone.  Maak groot wins.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 1 x 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2]  Net blankes sou belangrike werksposisies beklee.  Geen plek vir swartes in Suid-Afrika.  Alle voordele en voorregte aan blanke Suid-Afrikaners behoort.  Geen gelykheid tussen verskillende nasies toegelaat nie.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 3 x 2) (6) 3.2 3.2.1 [Verduideliking van historiese begrip uit Bron 3B – V1] (a)  Skeiding van verskillende rasse in verskillende residensiële gebiede om geen inter-rassige sosialisering toe te laat nie.  Enige ander relevante verduideliking. (Enige 1 x 2) (2) (b)  Dwing alle Suid-Afrikaners in ʼn spesifieke rasgroep  Geklassifiseer as wit, swart, Indiërs of Kleurling  Enige ander relevante verduideliking. (Enige 1 x 2) (2) 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V1]  Eugenetika  Sosiale Darwinisme (Enige 1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 15 3.2.3 [Interpretasie en analise van bewyse uit Bron 3B – V2] Kandidate moet standpunt inneem en hul antwoord motiveer. REGVERDIG  Beskerm Afrikaner belange.  Verhoed inter-rassige sosalisering.  Beskerm besighede van blankes.  ʼn Suiwer ras te skep.  Enige ander relevante antwoord. NIE-GEREGVERDIG  Blankes het nie gely nie.  Mense was op onsensitiewe manier verwyder uit hul huise.  Families en vriende is geskei.  Mense het hul huise en besittings verloor.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V1]  Die beamptes of polisie van die apartheidsregering (1 x 2) (2) 3.3.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  “Julle sal maar net moet gaan, was aan hulle gesê”  “Hier is jou plek in Manenberg, hier is jou sleutel, hier is jou vragmotor, trek”. (2 x 2) (4) 3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1]  Behuising was swak  Gesondheidsrisiko vir die stad  Enige ander relevante antwoord (2 x 1) (2) 3.3.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2]  ʼn Hele gemeenskap was vernietig.  Mense het hulle huise, families, vriende, werk, skole en kerke verloor.  Beide bronne wys hoe mense op ʼn onsensitiewe manier gedwing was om te trek.  Enige ander relevante antwoord. (Enige 2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 16 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 3.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V3] BRUIKBAAR  Die gedig kommunikeer die werklikheid van die Groepsgebiedewet.  Dit toon hoe die mense gevoel het oor die situasie.  Dit help om historiese gebeurtenisse te verpersoonlik.  Enige ander relevant antwoord. (Enige 2 x 2) (4) NIE-BRUIKBAAR  Kon bevooroordeeld wees.  Enige ander relevant antwoord. (Enige 2 x 2) (4) 3.4 [Interpretasie en sintese van bewyse uit alle bronne – V3] Kandidate behoort van die volgende aspekte in te sluit:  Hulle huise, lewens en kerke is vernietig.  Bus en trein gelde ʼn ekstra uitgawe na hul werksplekke.  Verwoes die gees van ʼn gemeenskap.  Moeders ook nou gedwing om te werk.  Familie se lewens verwoes.  Nuwe bure.  Die solidariteit, die liefde vir mekaar vernietig.  Enige ander relevante antwoord. (8) VLAK KRITERIA PUNTE VLAK 1  Gebruik bewyse in ʼn elementêre wyse, bv. PUNTE: 1–3 toon min of geen begrip van hoe die Groepsgebiede-wet die regte van mense/ gemeenskappe geskend het.  Gebruik bewyse gedeeltelik om oor die onderwerp of kan nie oor die onderwerp skryf nie. VLAK 2  Bewyse meestal relevant en hou grootliks PUNTE: 4–6 verband met die onderwerp, bv. toon ʼn begrip van hoe die Groepsgebiede-wet die regte van mense/gemeenskappe geskend het.  Gebruik bewyse in ʼn baie basiese wyse. VLAK 3  Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer PUNTE: 7–8 ʼn deeglike begrip van hoe die Groepsgebiede-wet die regte van mense geskend het.  Bewyse het betrekking op onderwerp.  Gebruik bewyse baie effektief in ʼn georganiseerde paragraaf wat toon op ʼn begrip van die onderwerp.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 17 AFDELING B: OPSTELTIPE-VRAE VRAAG 4A: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER-NASIONALISME SINOPSIS Kandidate moet fokus op die redes vir die ontwaking van Afrikaner-nasionalisme vanaf 1930 tot 1948. INLEIDING  Kandidate kan fokus op die redes vir die ontwaking van Afrikaner- nasionalisme. UITBREIDING  Konstitusionele onafhanklikheid van Brittanje – maar nog steeds deel van die Britse Gemenebes van Nasies.  Erkenning van Afrikaans en die vlagkwessie – in 1924 toe Hertzog, leier van die NP, eerste minister word wat ʼn vurige voorstander van Afrikaner- nasionalisme was.  Suid-Afrika se soewereine onafhanklikheid –Verkry met die Balfour-verklaring tydens die Rykskongres in 1926.  Rol van die “volk” – die belange van die Afrikaner volk word bevorder – het gefokus op volksgeskiedenis.  Eeufees – Afrikaner-nasionalisme versterk en lei tot die ontstaan van die Ossewabrandwag.  Tweede Wêreldoorlog – Suid-Afrika neem deel aan die kant van Brittanje – lei tot skeuring onder Afrikaners – geweld is gebruik om SA se deelname te verhoed.  1948 verkiesings – Afrikaner-nasionaliste doen ʼn beroep op Afrikaners om vir die NP te stem – vir apartheid.  Enige ander relevante antwoorde.  Samevatting: Kandidate moet hul opstel met ʼn relevante samevatting afsluit. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer. OF
Downloaded from hlayiso.com 18 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 4B SINOPSIS Kandidate moet fokus op die faktore wat gelei het tot die ontwaking van Afrikaner-nasionalisme. HOOFASPEKTE  Inleiding: Kandidate moet saamstem of nie saamstem met die vraag en hul argument ondersteun met relevante bewyse. UITBREIDING  Rol van Hertzog se pakt regering (soewereine onafhanklikheid vanaf Brittanje, Afrikaanse taalkwessie, ens.)  Konsolidasie van konstitusionele kwessies soos die vlagkwessie en die Balfour-verklaring.  Rol van die Broederbond/FAK wat vir die beskerming en ontwikkeling van die Afrikaanse taal, kultuur en finansies beywer (bv. die rol van Volkskapitalisme en Sanlam).  Eeufees van die Groot Trek lei tot die herlewing van Afrikaner-nasionalisme  Ontstaan en impak van die Ossewabrandwag en Nuwe Orde.  Die impak en rol van die Tweede Wêreldoorlog – konsolidasie van Afrikaner- nasionalisme.  Voorbereiding vir die 1948 verkiesing en die gevolge daarvan.  Enige ander relevante antwoord.  Samevatting: Kandidate moet hul antwoord met ʼn relevante samevatting afsluit. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 19 VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA VRAAG 5A SINOPSIS Kandidate moet die rol wat Kwame Nkrumah in Ghana se stryd om onafhanklikheid gespeel het bespreek. HOOFASPEKTE  Inleiding: Kan fokus op die Goue Kus as ʼn Britse Kolonie en die rol wat Kwame Nkrumah gespeel het om onafhanklikheid te werf van Ghana. UITBREIDING  Kwame Nkrumah genooi om sekretaris van die UGCC te word in 1945.  UGCC word ʼn dinamiese politieke beweging  1948 – biokotte en stakings  Geweld, oproerigheid in Februarie 1948  Nkrumah los die UGCC in 1949 en vorm ʼn meer radikale nasionalistiese party, die Convention People’s Party (CPA) wie se doelwit “selfregering nou” was.  Die CPA het ʼn massa volgelinge gehad.  Brittanje se voorstel vir ʼn nuwe grondwet is in 1951 verwerp.  Nkrumah was gearresteer en na sy vrylating vorm hy ʼn nuwe regering.  Volgehoue protesaksies totdat die onafhanklikheid datum uiteindelik vir Maart 1957 vasgelê was.  Samevatting: Die Goue Kus word onafhanklik op 6 Maart 1957 en word bekend as Ghana. Nkrumah word die eerste president.  Enige ander relevante samevatting. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer. OF
Downloaded from hlayiso.com 20 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 5B SINOPSIS Kandidate moet ʼn begrip toon vir die konsep en agtergrond oor die ontstaan van die Pan-Afrikane Beweging in die Amerikas, hoe dit beïnvloed was deur Afrikane nasionalisme en dan verduidelik hoe beide idees bygedra het tot die onafhanklikheidswording van Ghana. HOOFASPEKTE  Inleiding: Die Pan Afrikane beweging het in die Amerikas begin en kan Pan- Afrikanisme definieer. Afrikane nasionaliste het gedruk vir politieke en ekonomiese onafhanklikheid vanaf die koloniale moondhede. In Ghana was laasgenoemde baie duidelik as gevolg van die deelname van die opgevoede middelklas en die aksies van werkers deur boikotte en stakings. UITBREIDING  Rol gespeel deur W.E.B. du Bois, Marcus Garvey, George Padmore  Afrikane nasionalisme is beïnvloed deur die idees wat sy oorsprong in diaspora het, spesiaal t.o.v. gemeenskaplike afkoms, identiteit en kultuur.  Ook geglo in ʼn ekonomiese selfonderhoud, die gebruik van sosialistiese idees en werkersaksies was aangemoedig.  Afrikane nasionalisme het ook die Pan-Afrikaniste Beweging beïnvloed omdat hulle meer vol selfvertroue en militant was.  Na die konferensie in Manchester het die Pan Afrikaniste egter meer militant geword.  In Ghana het Afrikane nasionalisme baie sterk na vore gekom a.g.v. die uitgesproke en sterk middelklas.  Die Westerse konsepte van demokrasie en selfregering was aangemoedig in Ghana.  Nkrumah ʼn sterk en selfversekerde leier het mense beïnvloed deur sy skrywe en dinamiese toesprake.  Hy het aangedring op selfregering en was ʼn voorstander vir ʼn verenigde state van Afrika  Aksies deur die werkers, vakbonde en die intellektuele het almal bygedra tot die groei van Afrikane nasionalisme wat uiteindelik tot onafhanklikheid gelei het  Enige ander relevante antwoord.  Samevatting: Ghana was die eerste Afrika land wat onafhanklikheid verwerf het.  Enige ander relevante samevatting. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 21 VRAAG 6: APARTHEID: SUID-AFRIKA – 1940 – 1960’s VRAAG 6A SINOPSIS Kandidate moet die aard en effektiwiteit van weerstand in die 1950’s verken. HOOFASPEKTE  Inleiding: Toe die apartheidswette geproklameer was, was daar opposisie daarteen. Protesaksies in die 1950’s was hoofsaaklik op ʼn nie-geweldadige manier gebaseer, het alle rasse ingesluit het beide die plattelandse sowel as die stedelike gebiede ingesluit. Dit was suksesvol om die mense bewus te maak van die diskriminerende aard van apartheid, maar kon nie daarin slaag om die apartheidsregering tot ʼn val te bring nie of enige ander relevante inleiding. UITBREIDING  ANC se Program van Aksie  Mei dagstaking  Versetbeweging  Kongres Alliansie (Kliptown)  Vryheidshandves  Vroue opmars na Pretoria  Hoogverraad-verhoor  Samevatting: Die protesteerders kon nie daarin slaag om apartheid te beëindig nie en hierna besluit hulle om meer militante metodes te gebruik. Deur die protesaksies van die 1950’s het mense hul solidariteit getoon teen die onderdrukking en op ʼn nasionale basis hulself toegewy tot die verkryging van ʼn nie-rassige demokratiese toekoms wat uiteengesit was in die Vryheidshandves. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer. OF
Downloaded from hlayiso.com 22 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) VRAAG 6B SINOPSIS Kandidate moet verduidelik hoe die protesaksies wreed deur die apartheidsregering onderdruk was, wat veroorsaak het dat die weerstandsbeweging hul taktiek van protes verander het. HOOFASPEKTE  Inleiding: Die weerstandsbeweging het meer aggressiewe en gewelddadige protesaksies in die 1960’s geloods om die apartheidsregering op sy knieë te dwing. UITBREIDING  Wrywing in die ANC  Lei tot die uitstaan van die PAC  Maart 1960 – die ANC en PAC organiseer ʼn anti-pas veldtog.  Beplan om passe te brand en gearresteer te word  Opstande in menige swart woonbuurte  21 Maart 1960 – 69 protesteerders geskiet te Sharpeville  Regering verklaar noodtoestand  ANC en PAC word verban  Duisende in ballingskap  ANC en PAC lede het in ballingskap gegaan  ANC en PAC lede word vlugtelinge  Duisende in ballingskap  Gewapende stryd begin  ANC vorm MK (Spies van die Volk)  PAC vorm POQO  Die regering implementeer strawwer maatreëls om die opposisie te onderdruk  Polisie klopjag op MK-hoofkwartier in Rivonia uitgevoer  Rivonia verhoor van MK-leiers (bv. Mandela)  Lewenslange tronkstraf gevonnis  Samevatting: Die regering se poging om die weerstand teen apartheid te onderdruk blyk om suksesvol te wees, maar weerstand teen apartheid het nie opgehou nie of enige ander relevante samevatting. [50] Gebruik die matriks op bladsy 5 om hierdie opstel te assesseer. TOTAAL: 150

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all