You're offline
Skip to content
Question paper

HIST P2 QP AFR GR11 NOV2013-_hlayiso.com_.pdf

Subject: HistoryGrade 1120138 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum van 8 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B en is gebaseer op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk soos uiteengesit in die KABV- dokument (CAPS). 2. AFDELING A bestaan uit DRIE (3) brongebaseerde vrae. Bronmateriaaal om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit SES (6) opsteltipe vrae. 4. MOET NIE twee (2) opsteltipe vrae vanuit dieselfde tema beantwoord NIE. 5. Beantwoord DRIE (3) vrae soos volg: 5.1. Antwoord ten minste EEN (1) brongebaseerde vraag en EEN (1) Opsteltipe vraag. 5.2 Die derde vraag kan of ʼn brongebaseerde of ʼn opsteltipe vraag wees. 6. Kandidate moet kennis, insig en vaardighede aan die dag lê in die beantwoording van die vrae. 7. Die herskryf van bronne sal kandidate benadeel. 8. Vrae moet duidelik en korrek genommer word. 9. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 3 AFDELIG A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN (1) vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA SLEUTELVRAAG: WATTER INVLOED HET DIE TWEEDE WȆRELDOORLOG OP AFRIKANE SE NASIONALISME IN SUID-AFRIKA GEHAD? Bestudeer Bronne 1A, 1B en 1C om die volgende vrae te beantwoord. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Gebruik jou eie kennis en verklaar watter amp dr. Xuma in die ANC in die 1940’s beklee het. (1 x 1) (1) 1.1.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die ANC besluit het om aan die Tweede Wêreldoorlog deel te neem. (2 x 2) (4) 1.1.3 Watter soort werk, volgens die bron, het Afrikane-soldate tydens die oorlog verrig? (4 x 1) (4) 1.1.4 Watter boodskap word in hierdie foto uitgebeeld? (1 x 3) (3) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Verduidelik die volgende begrippe in jou eie woorde: (a) Swart Nasionalisme (1 x 2) (2) (b) Demokrasie (1 x 2) (2) 1.2.2 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe die Tweede Wêreldoorlog bygedra het tot die ontwaking van Swart Nasionalisme. (2 x 2) (4) 1.2.3 Watter eise volgens die bron, was deur die ANC in hul dokument “Afrikane Eise in Suid-Afrika” gestel? (3 x 1) (3) 1.3 Lees Bron 1A en Bron 1B. Gebruik die bronne en jou eie kennis om te verduidelik of daar aan die ANC se wense en begeertes na die Tweede Wêreldoorlog voldoen is. Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 1.4 Verwys na Bron 1C. 1.4.1 Deur jou eie kennis te gebruik, identifiseer watter groot gebeurtenis in die vakbondwese in 1946 die ANC-leierskap beïnvloed het. (1 x 2) (2) 1.4.2 Gebruik jou eie kennis en verduidelik wat bedoel word dat die ANC nog steeds konserwatief in hul benadering tot die apartheidsregering was. (1 x 2) (2) 1.4.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die hoofredes vir waarom daar wrywing in die ANC kamp was. (2 x 2) (4) 1.4.4 Wie was die eerste leier van die Pan-Afrikaniste Kongres (PAC) in Suid-Afrika? (1 x 1) (1) 1.5 Bestudeer Bron 1D. 1.5.1 Onttrek bewyse uit die bron wat wys dat die ANC Jeugliga ʼn nuwe vorm van weerstand aangeneem het. (4 x 1) (4) 1.5.2 Hoe bruikbaar is hierdie bron vir ʼn historikus wat die verandering wat die ANC ondergaan het, bestudeer? (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) oor die invloed wat president Xuma se “Afrikane Eise” op die herlewing van Swart Nasionalisme gehad het. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 5 VRAAG 2: NASIONALISME IN DIE MIDDE-OOSTE SLEUTELVRAAG: WAT WAS DIE GEVOLGE VAN DIE NASIONALISTIESE ASPIRASIES VAN DIE PALESTYNE EN DIE ISRAELI’S? Bestudeer Bron 2A, 2B en 2C om die volgende vrae te beantwoord. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik die volgende terme: (a) Sionisme (1 x 2) (2) (b) Diaspora (1 x 2) (2) 2.1.2 Na watter land verwys die volgende frase, “ʼn tuiste in ons land”? (1 x 1) (1) 2.1.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat met die volgende aanhaling bedoel word met betrekking tot Palestina: “Die bruid is mooi, maar is getroud met ʼn ander man”. (1 x 2) (2) 2.1.4 Wie het Palestina bewoon voordat daar met ʼn massa-immigrasie van Jode na Palestina begin is? (1 x 2) (2) 2.1.5 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik wat die Joodse slagspreuk, “ʼn Land sonder mense vir mense sonder ʼn land” oor die houding van die Jode sê. (2 x 2) (4) 2.2 Raadpleeg Bron 2B. 2.2.1 Deur gebruik te maak van jou eie kennis en die bron verduidelik die implikasies wat die totstandkoming van die staat Israel op die verhouding tussen die Jode en Arabiere in Palestina gehad het. (2 x 2) (4) 2.2.2 Watter verrassing, volgens die bron het op die terugkerende Arabiese Palestyne in Israel gewag? (3 x 1) (3) 2.2.3 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik of die Arabiese lande geregverdig was om vlugtelinge uit Palestina te belet om in hul land te hervestig. Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) 2.3 Bestudeer Bron 2C(I) en Bron 2C(II). Bron 2C(I) 2.3.1 Verduidelik waarom die nasionale doelwit van die Arabiese lande, “die uitwissing van Israel” was. (2 x 2) (4) 2.3.2 Gebruik jou eie kennis en verklaar watter gebeurtenis in 1956 daartoe gelei het dat Nasser as die leier van die Arabiese nasies beskou was. (1 x 2) (2) 2.3.3 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik verduidelik die houding en reaksies van Israel teenoor die Arabiese lande. (1 x 2) (2) 2.3.4 Hoe bruikbaar sal hierdie bron vir ʼn historikus wees wat navorsing doen oor wie vir die uitbreek van die Sesdaagse-oorlog verantwoordelik was? Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4) Bron 2C(II) 2.3.5 Verduidelik wat in die eerste raam van die spotprent gebeur. (1 x 2) (2) 2.3.6 Waaraan skryf die spotprenttekenaar die toename in grootte en krag van die figuur, Israel, in die tweede raam toe? (1 x 2) (2) 2.3.7 Gebruik jou eie kennis en verduidelik waarna die baken in die tweede raam verwys. (1 x 2) (2) 2.4 Gebruik die bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van AGT reëls (80 woorde) oor hoe beide Joodse nasionalisme en Palestynse/Arabiese nasionalisme die vredeskikking in die Midde-ooste belemmer het. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) GESKIEDENIS V2 7 VRAAG 3: APARTHEID SUID-AFRIKA – 1940’s TOT 1960’s SLEUTELVRAAG: HOE HET DIE APARTHEIDSWETTE DIE MENSEREGTE VAN MENSE IN SUID-AFRIKA GESKEND? Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3C om die volgende vrae te beantwoord. 3.1 Lees Bron 3A. 3.1.1 In jou eie woorde omskryf die begrip apartheid. (1 x 2) (2) 3.1.2 Deur jou eie kennis te gebruik, verduidelik sommige van die wette wat, volgens die bron, swartes in ʼn onderdanige posisie in die werksplek gehou het. (3 x 2) (6) 3.1.3 Hoe, volgens die bron, het die segregasiewette die kapitalistiese werkgewers bevoordeel? (1 x 2) (2) 3.1.4 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik verduidelik wat Eerste Minister H.F. Verwoerd met die volgende bedoel het: “as swartes dieselfde opvoeding as blankes sou kry sou dit hulle mislei het ...” (3 x 2) (6) 3.2 Verwys na Bron 3B. 3.2.1 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die bepaling van die volgende apartheidswette: (a) Groepsgebiedewet (1 x 2) (2) (b) Bevolkingsregistrasiewet (1 x 2) (2) 3.2.2 Gebruik jou eie kennis en verklaar op watter teorie die voorkoming van rassevermenging op gebaseer (skepping van ʼn suiwer ras) is. (1 x 2) (2) 3.2.3 Deur die bron en jou eie kennis te gebruik, verduidelik of die nasionalistiese regering geregverdig was om die volgende stelling te maak, “dit is die prys wat ons sal moet betaal” vir die maatreëls wat hulle ingestel het. Motiveer jou antwoord. (2 x 2) (4) 3.3 Bestudeer Bron 3C. 3.3.1 Wie, volgens die bron, was die verantwoordelike outoriteite wat vir die onsensitiewe verwydering van mense verantwoordelik was? (1 x 2) (2) 3.3.2 Haal TWEE sinne aan uit die bron wat aandui dat die verskuiwing op ʼn wrede en onsensitiewe manier gedoen was. (2 x 2) (4) 3.3.3 Waarom, volgens die bron, het die regering besluit om die mense uit Distrik Ses te verwyder? (2 x 1) (2) 3.3.4 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die ooreenkomste tussen die geskrewe bron en die gedig. (2 x 2) (4) 3.3.5 Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe bruikbaar hierdie gedig vir ʼn historikus sal wees wat navorsing doen oor die gedwonge verskuiwing. (2 x 2) (4) 3.4 Gebruik die visuele en geskrewe bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van AGT reëls (80 woorde) oor hoe die lewens van mense/gemeenskappe deur die Groepsgebiedewet geaffekteer was. (8) [50]
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V2 (NOVEMBER 2013) AFDELING B: OPSTELTIPE VRAE VRAAG 4: NASIONALISME IN SUID-AFRIKA – AFRIKANER NASIONALISME VRAAG 4A Verduidelik die redes vir die ontwakening van Afrikaner nasionalisme vanaf 1930–1948. Gebruik relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. [50] OF VRAAG 4B “Afrikaner nasionalisme was doelbewus gedurende die 20ste eeu bevorder om aan die nood van ʼn klein uitverkore groep Afrikaners te voldoen.” Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argument deur te verwys na die ontwaking van Afrikaner nasionalisme vanaf 1924 tot 1948. [50] VRAAG 5: NASIONALISME IN AFRIKA – GHANA VRAAG 5A Bespreek die rol wat Kwame Nkrumah in die stryd vir onafhanklikheid van Ghana gespeel het. [50] OF VRAAG 5B Verduidelik hoe die Pan-Afrikanistiese beweging ontstaan het, hoe dit verbind was met swart nasionalisme en hoe hierdie idees ʼn invloed op die onafhanklikheids- wording van Ghana gehad het. [50] VRAAG 6: APARTHEID: SUID-AFRIKA – 1940’s tot 1960’s VRAAG 6A “Weerstand teen Apartheid in die 1950’s was minimaal en oneffektief.” Bespreek die akkuraatheid van hierdie stelling met betrekking tot die aard en doeltreffendheid van weerstand in die 1950’s. [50] OF VRAAG 6B “Die Apartheidsregering het aggressie en geweld gesaai, en sou dus aggressie en geweld maai.” Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek die verandering in die weerstand teen die Apartheid in die 1960’s en die regering se reaksie hierop. [50] TOTAAL: 150

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 11 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all