Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
GESKIEDENIS: VRAESTEL I
NASIENRIGLYNE
Tyd: 2 ure 100 punte
Hierdie nasienriglyne is voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
subeksaminatore, wat almal 'n standaardisasievergadering moet bywoon ten einde
te verseker dat die riglyne konsekwent geïnterpreteer en toegepas word in die
nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal nie enige gesprek of korrespondensie oor enige nasienriglyne voer
nie. Daar word besef dat daar baie verskillende sienings oor sommige kwessies
van beklemtoning of besonderhede in die riglyne kan wees. Daar word ook besef
dat sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardisasievergadering, daar
verskillende interpretasies van die toepassing van die nasienriglyne kan wees.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 History Paper 1 question paper from the 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
History · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 175.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 10
AFDELING A BEREDENEERDE OPSTEL
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.
Skryf 'n beredeneerde opstel wat bewys toon van ontleding, interpretasie, verduideliking
en argumentering. Dit moet ongeveer 800 tot 900 woorde lank wees.
TEMA DIE KOUE OORLOG
VRAAG 1
In watter mate het Kommunistiese China teen 1976 'n "derde invloedsfeer" in die
Koue Oorlog geskep?
Nasieners moet ALLE argumente wat deur kandidate aangebied is en waar die
bewyse wat verskaf is, betekenisvol en geldig is, oorweeg en krediet daarvoor gee.
Konteks:
• Burgeroorlog het in China tussen Mao se Chinese Kommunistiese Party (CKP) en
Chiang Kai-shek se Kuomintang (KMT) in 1927 uitgebreek.
• 'n Mate van samewerking tussen die CKP en KMT gedurende die Japannese besetting
(1937–1945).
• Burgeroorlog is in 1945 hervat – CKP versterk – KMT in 1949 verslaan en na Taiwan
teruggetrek – totstandkoming van Republiek van China.
• Mao en CKP het in Oktober 1949 Beijing binnegegaan – verklaring van die
Volksrepubliek China – nie deur die Weste erken nie, maar deur Stalin en USSR.
Konteks moet verkieslik by die opstel geïntegreer word om 'n raamwerk vir argumentering
te skep.
Verhouding tussen Volksrepubliek van China en USSR:
• "Verdrag van Vriendskap" in 1950 geteken:
– Sowjet-hulp aan China – adviseurs, tegnici en nywerheids- en militêre toerusting
– Verhoudings versterk toe albei Noord-Korea in Koreaanse oorlog steun
– Gebind deur 'n gemeenskaplike vyand: Verenigde State van Amerika
• Wesenlike verskille het sigbaar geword:
– ideologiese interpretasie van Marxistiese idees:
o Mao het op kleinboere en landelike gebiede gefokus as die sleutel tot 'n
suksesvolle revolusie vergeleke met die Russiese revolusie se fokus op
nywerheidswerkers
o Mao het die revolusie as deurlopend beskou in vergelyking met die Sowjets wat
dit as eenmalig gesien het
– Chroesjtsjof het Stalin en sy beleidsrigtings veroordeel en 'n beleid van vreedsame
saambestaan met die Weste voorgestel – Mao het Stalin se idees ondersteun – die
idee van wêreldrevolusie.
– Mao het die Sowjets as revisioniste veroordeel
• Negentiende-eeuse grensdispute het in 1960's opgevlam
• USSR het nie kerntegnologie met China gedeel nie
• Mededingende wedywering en invloedsfere
– het opponerende kante in die Indië-Pakistan-oorloë in die 1960's ondersteun
• Sowjet-adviseurs het in 1960 uit China onttrek
• Persoonlike antagonisme tussen Mao en Chroesjtsjof het die toenemende breuk
tussen USSR en China vergroot
• Het tot die Sino-Sowjet-skeuring teen die laat-1960's gelei
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 10
Verhouding tussen China en VSA:
• Spanning tussen China en VSA sedert 1949 – VSA as vyand van Volksrepubliek van
China (VRC) beskou:
– Koreaanse oorlog het verhoudings versleg
– China het Noord-Viëtnamese gesteun; VSA het Suid-Viëtnamese gesteun
• VSA-beleid gemik op voorkoming van die domino-effek waardeur kommunisme na
Asië kon versprei
• Sino-Sowjet-skeuring het tot verandering in beleid tussen China en VSA gelei:
– VSA nie meer 'n bedreiging weens terugslae gedurende Viëtnamese oorlog
– Na interne omwentelings in China, het 'n verhouding met die VSA 'n moontlikheid
geword
• Ontwikkeling van nouer bande tussen China en VSA:
– 1971 VSA-tafeltennisspan het China besoek – "pingpong-diplomasie"
– VSA het teenkanting teen China se lidmaatskap van VN teruggetrek – het Taiwan
in Veiligheidsraad vervang – erkenning as 'n wêreldmag
– Nixon (1972) en Ford (1976) het China besoek, formele erkenning van VRC in
1979.
China as 'n derde mag teen 1976:
• China het buitelandse beleid onafhanklik van USSR ontwikkel viz. inval van Tibet
• China het Maoïsme uitgevoer:
– Gelei tot mededinging tussen VRC en USSR – mededingende invloedsfere
– Verhoogde belegging in en hulp aan Afrika-lande – het Sowjet-invloed teengewerk
– Het bevrydingsbewegings in Afrika ondersteun
• China word in 1964 'n kernmoondheid
• Ekonomiese stabiliteit teen vroeë-1970's bereik, maar nie vergelykbaar met VSA of
USSR nie
– Selfonderhoudend in olie en ander groot nywerhede – minder afhanklik van ander
lande
OF
TEMA ONAFHANKLIKE AFRIKA
VRAAG 2
In watter mate kan die Angolese oorlog tussen 1974 en 1989 as 'n suiwer
"streekskonflik" beskou word?
Nasieners moet ALLE argumente wat deur kandidate aangebied is en waar die
bewyse wat verskaf is, betekenisvol en geldig is, oorweeg en krediet daarvoor gee.
Konteks:
• Invloedsfere gekenmerk deur die Koue Oorlog – VSA en Westerse demokrasieë teen
USSR en kommunistiese bondgenote
• VSA buitelandse beleid in Afrika om Sowjet-invloed teen te werk – tot ingryping en
konflik gelei
• USSR en China het ook ontluikende Afrika-lande en bevrydingsbewegings ondersteun
• 1975 Angola onafhanklik van Portugal – bewegings kom ooreen om saam te werk
• Buitelandse betrokkenheid by VSA en USSR, ondermyn egter samewerking van die
bevrydingsbewegings – lei tot burgeroorlog
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 10
• Suid-Afrika raak betrokke by 'n inval in Oktober 1974
• Kubaanse betrokkenheid aan die kant van MPLA
• Let wel: kandidate mag “streekskonflik” op enige beredeneerde manier interpreteer,
maar die redenasie moet volgehou word.
Konteks moet verkieslik by die opstel geïntegreer word om 'n raamwerk vir argumentering
te skep
Inhoud:
Oorlogvoerendes:
• Drie wedywerende bevrydingsbewegings:
– Angolese Volksbevrydingsbeweging (MPLA)
o Deur Neto gelei, in 1958 gestig
o Ondersteun die totstandkoming van 'n kommunistiese staat – Marxistiese
agenda – wil etniese lojaliteite oorkom
o Ondersteun deur USSR, Kuba en Algerië
o Steun in Luanda en ander dorpe geleë – verstedelikte intellektueles
– Nasionale Front vir die Bevryding van Angola (FNLA)
o Gelei deur Holden, in 1954 gestig
o Nasionalistiese agenda
o Bande met China (en aanvanklik VSA) – gebruik FNLA om Sowjet-steun vir
MPLA teen te werk
o Ondersteun deur Mobutu van Zaïre
o Ondersteuning grootliks in die noorde
– Nasionale Unie vir die Algehele Onafhanklikheid van Angola (UNITA)
o Gelei deur Savimbi, in 1966 gestig
o Wil etniese lojaliteit afdwing
o Ondersteun deur VSA en Suid-Afrika
o Hoofsteun in sentrale hooglande en suide
• Bevrydingsbewegings deur buitelandse magte ondersteun – voorsiening van finansiële
hulp en militêre ondersteuning
• Angolese ekonomie vernietig deur oorlog – MPLA beheer olievervaardiging en UNITA
beheer diamanthandel
• Angolese burgerlike slagoffers baie hoog – gemeenskappe en plase in gevegte
vernietig – gebruik van landmyne
Gevolge:
• Angolese ekonomie vernietig – infrastruktuur vernietig
• Dra by tot streekonstabiliteit
– Suid-Afrika betrokke weens beheer oor Suidwes-Afrika/Namibië
• Sowjetse en Kubaanse betrokkenheid uitgebrei: betrek ander oorlogvoerendes
• Buitelandse betrokkenheid het Angolese oorlog uitgerek
• Olifante vir ivoor gejag – gebruik om die oorlog te befonds
• Wit minderhede in Suid-Afrika en Rhodesië onder druk
– ANC gebruik Angola as basis vir gewapende stryd teen Suid-Afrika
• Kubaanse betrokkenheid dra by tot skikking oor Namibië
• Konflik lei tot Angolese vlugtelingprobleme in buurlande
OF
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 10
TEMA DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN NUWE WÊRELDORDE:
1989 TOT OP HEDE
VRAAG 3
In watter mate was die optrede van die Verenigde State van Amerika die enigste
faktor wat teen 1991 tot die ineenstorting van die Sowjetunie gelei het?
Nasieners moet ALLE argumente wat deur kandidate aangebied is en waar die
bewyse wat verskaf is, betekenisvol en geldig is, oorweeg en krediet daarvoor gee.
Konteks en langtermynoorsake:
• Gorbatsjof kom in 1985 aan bewind
• USSR voor 'n leierskapkrisis
• Voortdurende militêre konflik
• Ekonomiese krisis in USSR
• Groei van nasionalisme in Sowjet-republieke en in Oos-Europa
• Verenigde State as die ander supermoondheid: ekonomiese en militêre
oorheersing/ stabiele leierskap
Konteks moet verkieslik by die opstel geïntegreer word om 'n raamwerk vir argumentering
te skep.
Inhoud:
Gebeure in Verenigde State:
Reagan-leerstelling:
• VSA verskaf openlike en geheime hulp aan teenkommunistiese guerrillas en
weerstandsbewegings in 'n poging om Sowjet-ondersteunde, prokommunistiese
regerings in Afrika, Asië en Latyns-Amerika teen te staan.
– USSR gedwing om hulp te vergroot uit weerwraak teen VSA-betrokkenheid – druk
op Sowjet-ekonomie om hierdie handlangeroorlog vol te hou
• Die leerstelling is ontwerp om Sowjet-invloed in hierdie streke te verminder as deel van
die Amerikaanse administrasie se strategie om die Koue Oorlog te wen
– VSA verskaf ondersteuning aan die Moedjahedien in Afghanistan teen die magte
van die USSR – voortsetting van die konflik het druk op die Sowjet-ekonomie
vergroot
Weermag:
• Verenigde State begin om openlik Sowjet-ondersteunde regerings te konfronteer deur
ondersteuning aan rebellebewegings in Afrika, Asië en Latyns-Amerikaanse lande
• USA kan finansiële las van kernprogramme volhou – USSR toenemend onder
ekonomiese druk om wapens te onderhou en bou in voortdurende wapenresies
• Strategiese Verdedigingsinisiatief as beskerming teen Sowjet-kernbedreiging
bekendgestel
Ekonomiese dominansie:
• Verenigde State oefen toenemend beheer uit oor die wêreldekonomie – Sowjet
sentraal beheerde ekonomie kan nie aanpas nie
• Verhoogde tegnologiese voordele – USSR kan nie groei ewenaar nie
Sowjet-gebeure:
Glasnost (openheid):
• Laat mense toe om reguit te praat – kan vrylik die regering kritiseer sonder enige
reperkussies
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 10
• Sensorskap opgehef – vryheid van uitdrukking in kuns, letterkunde, teater en die
media – debat aangemoedig – intellektuele stimulasie
• Hervorming – kommunistiese stelsel nie ondermyn nie
• Geskiedenis van USSR bevraagteken – oopstel van argiewe
• Vry verkiesings in Sowjet-republieke gehou
• Gebruik van mag vir dwang verminder
… maar …
– Meer vryheid het tot groter kritiek gelei – teen en vir die hervormings
– Landswye protes teen hervormings het toegeneem
– Nasionalistiese en godsdiensgroepe het meer vryheid gevra
– Meer teenstand teen hervormings
… dus …
– Verlies aan beheer deur Kommunisteparty
– Verkiesings lei tot opkoms van nasionaliste – verhoogde eise vir outonomie
– Opkoms van gewilde bewegings lei tot weerstand – Baltiese state het
onafhanklikheid teen Maart 1990 verklaar – verbrokkeling van die USSR begin
– State van Oos-Europa daag Sowjet-beheer uit – kommunistiese regering
omvergewerp met min Sowjet-weerstand – Berlynse muur in November 1990
afgebreek – verlies van satellietstate – Warskou-verdrag rafel uit
Perestroika (herstrukturering):
• Beoog om Sowjet-ekonomie te herbou
• Beoog om kommunistiese stelsel te hervorm – nie vervang nie
• Verander die ekonomie van staatsbeheerde of sentraal beplande ekonomie na 'n
markekonomie
• Private besighede mag bestaan – eie besluite oor pryse en produksie
• Nuutgeskepte bank finansier private besighede
• Staatsubsidies onttrek – realistiese prysbepaling – groei van winste
• Buitelandse belegging aangemoedig
… maar …
– Sonder staatsondersteuning en -beheer: stort stelsels ineen
– Pryse en lewenskoste styg – Sowjet-BBP daal
– Voedsel- en behuisingstekorte duur voort
– Inflasie en buitelandse skuld skerp gestyg
… dus …
– Toenemende openbare ontevredenheid
– Tekortkoming van die hervormings dra tot ekonomiese agteruitgang by
– Toenemende kritiek van Gorbatsjof – min ekonomiese groei
– Mense krities teenoor glasnost
– Gepoogde coup deur konserwatiewes in Augustus 1991 – misluk weens teenstand
deur mense en leierskap van Jeltsin – aankondiging van ontbinding van USSR op
26 Desember 1991
Democratiya (demokratisering):
• Probeer om Sowjet-politiek te laat herleef
• Demokratiese verkiesing van kandidate vir Kommunisteparty van USSR
… maar …
– Lei tot verdere oproepe vir demokratiese prosesse
– Ondermyn Marxistiese beginsels van die USSR
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 10
AFDELING B UITGEBREIDE SKRYFWERK
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
Die uitgebreide skryfwerk moet ongeveer 350 tot 400 woorde lank wees. Jy moet jou
eie kennis gebruik en kan ook na die stimulus verwys om die vrae te beantwoord.
TEMA DIE KOUE OORLOG
VRAAG 4
Verduidelik die uitwerking van die Kubaanse Missielkrisis op die Koue Oorlog deur
die volgende vrae te beantwoord:
(a) Wat het tot die Kubaanse Missielkrisis van 1962 gelei?
(b) Hoe het die VSA op die ontdekking van missiele in Kuba gereageer?
(c) Hoe het die Kubaanse Missielkrisis Oos-Wes-verhoudings na 1962 verander?
Verhoogde spanning in 1950's:
• Handlangeroorloë uitgebrei oor na die hele wêreld in laat-1950's
• Vestiging van invloedsfere
• Voortgesette waagpolitiek tussen USSR en VSA
• USSR bereik kernvermoë in middel-1950's – groei van idees van wedersyds
versekerde vernietiging
Gebeure in Kuba tot 1961:
• Beheer van Kubaanse regering deur VSA-marionette
• VSA handhaaf vlootbasis by Guantanamo-baai
• VSA se maatskappybeheerde ekonomie – VSA koop massa van hoofuitvoerproduk,
naamlik suiker
• Paar ryk Kubaanse families domineer – oligargie
• Meerderheid Kubane arm en ongeletterd/akute tekort aan onderwys en maatskaplike
dienste
• Fulgencio Batista aan bewind vanaf 1962 – skaf grondwet af en onderdruk teenstand –
ondersteun deur leër/grondeienaars en rykes
• Fidel Castro lei 'n revolusie van werkers en kleinboere – bring Batista tot 'n val en gaan
Havana binne in Januarie 1959
• Castro implementeer sosialistiese beleide: sosiale beleide/nasionalisasie van nywerhede/
kollektivisering van plase – versoek hulp van VSA
• VSA-maatskappye oefen druk op regering uit om op te tree – VSA verbied invoer van
suiker en breek diplomatieke bande – migrasie van ryk Kubane na VSA
• Castro begin met handelsonderhandelinge met USSR – aankoms van Sowjet-tegnici
en -adviseurs – VSA bang vir 'n kommunistiese Kuba – aangemoedig deur Kubaanse
émigrés
• Eisenhower administrasie beplan omverwerping van Castro – gebruik van VSA militêre
magte en Kubaanse bannelinge
• Toestemming vir inval deur Kennedy in Januarie 1961 – Varkebaai – VSA-mag verslaan
deur Kubaanse mag
• VSA optrede laat Castro nader aan die Sowjetunie beweeg – diplomatiek en ekonomies
Gebeure tot Oktober 1962:
• Sowjetunie begin om missielbasisse in Kuba te bou – in weerwraak teen VSA basisse in
Turkye
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 10
• Oktober 1962 – VSA se verkenningsvliegtuigfoto's toon die missielbasisse vir
mediumafstand ballistiese missiele – vervoer vanaf USSR – vermoë om groot VSA-stede
vanaf Kuba te bereik
• Kennedy begin uitvoerende komitee – adviseer oor 'n aantal moontlike response:
inval/lugaanval/diplomasie/onttrekking/blokkade
• Kennedy beveel 'n vlootblokkade van Kuba
• Chroesjtsjof nie bereid om oorlog te waag nie – Sowjetskepe beveel om om te draai
Gevolge na Oktober 1962:
• Kennedy en Chroesjtsjof bereik 'n ooreenkoms:
– USSR haal Kubaanse basisse uitmekaar in ruil vir VSA wat Turkse basisse verwyder
– "blitslyn" tussen Withuis en Kremlin opgestel
– Verdrag oor kerntoetsverbod 1963 – probeer kernwapens inperk
• USSR en VSA beweeg in 'n tydperk van détente in – ontdooiing van verhoudings tussen
Ooste en Weste – stabilisering van verhoudings
• Kennedy word as 'n held beskou – Chroesjtsjof gedwing om te bedank “Missielman”
OF
TEMA ONAFHANKLIKE AFRIKA
VRAAG 5
Verduidelik die uitwerking van Julius Nyerere se beleidsrigtings op Tanzanië deur
die volgende vrae te beantwoord:
(a) Voor watter maatskaplike en ekonomiese uitdagings het Julius Nyerere in
Tanzanië te staan gekom in die tydperk na onafhanklikheid?
(b) Hoe het Julius Nyerere probeer om die maatskaplike en ekonomiese
uitdagings op te los waar voor Tanzanië na onafhanklikheid te staan gekom
het?
(c) Hoe suksesvol was Julius Nyerere om die maatskaplike en ekonomiese
uitdagings waar voor Tanzanië in die tydperk na onafhanklikheid te staan
gekom het, te bowe te kom?
Uitdaging waarvoor Nyerere te staan kom na onafhanklikheid:
• Beperkte politieke hervorming in Tanganjika in die 1950's
• 'n Mate van administratiewe ervaring deur Afrikane teen 1961
• Tanganjika Afrika Nasionale Unie (TANU) het verkiesings in 1960 gewen – Tanganjika
word in 1961 onafhanklik – verenig met Zanzibar in 1964 – totstandkoming van
Tanzanië
• Tanzaniese ekonomie oorspronklik op sisal gebaseer – prys van sisal stort ineen in
1930 – Vervang deur grondboontjies as 'n kontantgewas
– Grond ongeskik en boere kan nie genoeg produseer om wins te maak nie
– Ekonomie dus die minste ontwikkel
• Grotendeels bestaanslandbou in 1960's
• Mense van Tanzanië in 'n aantal stamme/godsdienste verdeel – egter min konflik
• Baie min onderwys of maatskaplike dienste – bevolking grootliks ongeletterd
• Afhanklik van hulp
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 10
Nyerere se oplossing vir ekonomiese en maatskaplike kwessies:
• Ujamaa geïmplementeer om ekonomie te verbeter:
– Skepping van kollektiewe dorpies – poging om landbouproduksie te verhoog deur
middel van gekonsolideerde eienaarskap van grond en gereedskap
• Afrika sosialisme:
– Poging om selfonderhoudend te wees
– Vestiging van kleinskaalse nywerheid onder staatsbeheer
– Nasionalisasie van buitelandse sake – staat koop aandele in groot nywerhede in
privaat besit
• Arusha-verklaring, 1967:
– Poging om 'n egalitariese samelewing te skep
• Implementering van basiese onderwys vir almal
– Fokus op landelike opvoeding en basiese geletterdheid
– Skep van nasionale diens vir professionele gegradueerdes
• Afrika-kultuur en -identiteit gevier
Nyerere se suksesse en mislukkings:
• 'n mate van sukses in onderwys:
– teen 1981 97% van alle Tanzaniërs woon gratis laerskole by, volwassene-
ongeletterdheid verminder van 80% in 1961 tot 20% in 1981, maar …
o minder hulpbronne aan hoërskole gegee, wat tot tekort aan onderwysers gelei
het
o standaard van onderwys het geval vanaf 1980's
• Viering van Afrika-kultuur en -identiteit suksesvol:
– Swahili die nasionale taal – mense sosiaal gebind
– Musiek en kunste beklemtoon, d.i. Tinga Tinga en Makonde – internasionale
erkenning
• Kollektivisering van plase nie suksesvol nie:
– Weerstand van boere – regering moes dwang gebruik
– Geen geld in dorpies belê nie
– Landbouproduksie daal – toenemend afhanklik van buitelandse hulp teen 1980's
• Tanzanië nie in staat om selfstandigheid te bereik nie – gedwing om geld by IMF te leen
• Mate van sukses in die tekstielbedryf
• Gesondheidsorg verbeter deur toegang tot klinieke
OF
TEMA DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'n NUWE WÊRELDORDE: 1989
TOT OP HEDE
VRAAG 6
Verduidelik die uitwerking van die groei van die Solidariteit-beweging op Pole en
Oosblok in die 1980's deur die volgende vrae te beantwoord:
(a) Wat het in die 1980's tot die ontstaan van die Solidariteit-beweging in Pole
gelei?
(b) Hoe het die Solidariteit-beweging in die 1980's kommunistiese beheer in Pole
uitgedaag?
(c) Watter uitwerking het die Solidariteit-beweging in die 1980's op Pole en die
Oosblok gehad?
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: GESKIEDENIS: VRAESTEL I – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 10
Situasie in Oos-Europa in laat-1970's:
• Onder Brezjnjef begin USSR om beheer oor Oos-Europese state te verloor –
voortgesette effek van oorlog in Afghanistan, ekonomiese krisis besig om in Sowjetunie
te ontwikkel
• Weerstand teen kommunistiese regering begin in 1950's
• Rooms-Katolieke Kerk – ten spyte van poging van onderdrukking – bly sterk in Pole
• 1979 besoek van Pools gebore Pous inspireer Pole om groter vryhede te eis
• Pole kom ook voor ekonomiese krisis te staan: stygende pryse en dalende
lewenstandaarde
• USSR kon nie help nie weens interne kwessies
Gebeure in Pole van vroeë-1980's:
• Augustus 1980 by Lenin-skeepswerf in Gdansk stig werkers onafhanklike vakbond –
Solidariteit – lei 'n staking wat oor hele Pole strek
• Solidariteit – gelei deur Lech Walesa – stuur lys met 21 eise soos beëindiging van
sensorskap, vry vakbonde en reg op godsdiensvryheid aan die regering
• Poolse regering stem tot al Solidariteit se eise in – styging in ledetal van drie miljoen tot
nege miljoen
• Solidariteit word deur Pole as politieke alternatief beskou – Poolse regering bedreig,
maar het nie opgetree nie, maar …
– Sowjetunie bedreig deur optrede van Solidariteit – stuur in Desember 1981 Rooi
Leër in vir militêre maneuvers op Poolse grens
– Poolse regering kondig krygswet af
– Solidariteit verban en 10 000 leiers opgesluit
• Lech Walesa ontvang Nobelprys vir Vrede in 1983
– Internasionale ondersteuning het aan Solidariteit geloofwaardigheid verleen
• Solidariteit oefen steeds invloed uit en begin sedert 1986 om openlik te werk – werk
saam met Rooms-Katolieke Kerk en begin Radio-Solidariteit – openlike minagting vir
Sowjetunie en kommunistiese regering van Pole
Invloed van Solidariteit in laat-1980's:
• USSR ondergaan groot hervormings of perestroika en glasnost – verhoogde
verdraagsaamheid teenoor nasionalistiese bewegings in Oosblok
• Oosblok bewus van Solidariteit se minagting van Sowjetunie en van kommunistiese
regering in Pole
• Maart 1989 Gorbatsjof kondig aan dat kommunistiese regering kan nie meer op Rooi
Leër staatmaak om mag te handhaaf nie – Jaruzelski kan nie optree nie
• Solidariteit word sterker – minagting van die kommuniste inspireer ander state van
Oosblok
• Ekonomiese situasie in Pole versleg in laat-1980's –
– Poolse tafelronde-gesprekke in Februarie 1989.
• Junie 1989 Poolse regering kondig vry verkiesings aan – Solidariteit wen die meeste
van die stemme en Lech Walesa word eerste nie-kommunistiese leier in Oosblok
• Verset neem toe in Oosblok in 1989 – oopstel van grense tussen Ooste en Weste –
val van die Berlynmuur
• Die meeste kommunistiese regerings teen einde 1989 ineengestort
Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Question Paper
Related documents

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2017 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2016 Question Paper
More from Grade 12 History

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

AddendumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo

Question paperIEB
History Grade 12 IEB Paper 2 2018 Question Paper

MemorandumIEB