Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
FEBRUARIE/MAART 2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 596.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC Supplementary Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
AL DRIE afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
Delphi as programmeringstaal is.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
LET WEL:
Kandidate moet die lêer DataAFRMaart2018.exe gebruik.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: Sp@cE&18
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
DataAFRMaart2018 beskikbaar wees:
LÊERS WAT VERSKAF IS
Vraag 1:
Prent1.jpg
Prent2.jpg
Vraag1_P.dpr
Vraag1_P.dproj
Vraag1_P.res
Vraag1_U.dfm
Vraag1_U.pas
Vraag 2:
Centaurus.jpg
Crux.jpg
Orion.jpg
Scorpio.jpg
Ster_U.pas
SterData.txt
Vraag2_P.dpr
Vraag2_P.dproj
Vraag2_P.res
Vraag2_U.dfm
Vraag2_U.pas
Vraag3:
Vraag3_P.dpr
Vraag3_P.dproj
Vraag3_P.res
Vraag3_U.dfm
Vraag3_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag1_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die program bevat VYF tabelblaaie ('tab sheets') met verskillende vrae wat nie met
mekaar verband hou nie.
Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
voltooi, soos in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 beskryf word.
1.1 Knoppie [1.1 – Totale area]
Die gebruiker moet die redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is, gebruik
om die radius van die sirkel en die basis en hoogte van een van die driehoeke
in die figuur in te sleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek ('Extract') die waardes wat deur die gebruiker ingelees is.
Bereken die area van die sirkel, die area van die agt driehoeke in totaal
en die totale area van die figuur deur die volgende formules te gebruik:
Area van sirkel = pi x radius2 waar die waarde van pi = 3.14159
Area van driehoek = ½ x basis x hoogte
Vertoon die area van die sirkel, area van die agt driehoeke in totaal en die
totale area van die figuur in die afvoerkomponent wat verskaf word. Die
totale area moet tot TWEE desimale plekke formateer word.
Voorbeeld van toevoer:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Voorbeeld van afvoer:
(12)
1.2 Knoppie [1.2 – Volgende blou maan]
Die eerste blou maan is in die jaar 1862 gesien. Daarna is 'n blou maan elke
drie jaar gesien.
Onttrek die jaar waarin die eerste blou maan gesien is uit die lblInfo-byskrif
('label'). Gebruik die jaar van die stelseldatum en die jaar wat uit die byskrif
onttrek is om te bepaal wanneer die volgende blou maan sal verskyn (die
huidige jaar is uitgesluit). Vertoon die afvoer in die redigeerblokkie ('edit box')
wat verskaf is.
Voorbeeld van afvoer:
(9)
1.3 Knoppie [1.3 – Grootste gemene deler]
Die gebruiker moet twee heelgetalle insleutel. Die grootste gemene deler is
die grootste getal wat in die twee getalle kan indeel sonder 'n res.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die getalle wat die gebruiker ingesleutel het, uit die
redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf is.
Bepaal die grootste gemene deler van die twee getalle.
Vertoon die grootste gemene deler in die redigeerblokkies ('edit boxes')
wat verskaf is.
Voorbeeld van toevoer en afvoer:
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
1.4 Knoppie [1.4 – Verwyder klinkers]
Die gebruiker moet 'n sin insleutel in die redigeerblokkie ('edit box') wat
verskaf is.
Skryf kode om die volgende te doen:
Vee AL die klinkers uit die sin wat deur die gebruiker ingesleutel is,
behalwe waar die klinker die eerste letter van die woord is.
Vertoon die sin nadat die klinkers uitgevee is in die redigeerblokkie ('edit
box') wat verskaf is.
Voorbeeld van afvoer:
(11)
1.5 Knoppie [1.5 – Skyfievertoning]
'n Ruimtetentoonstellingsentrum bied 'n skyfievertoning aan in hulle
konferensiesentrum wat sitplek vir 100 mense bied. Groepe mense kan die
skyfievertoning bywoon, solank daar sitplek vir al die mense in die groep
beskikbaar is. 'n Nommer wat begin met die waarde 1 vir die eerste groep,
2 vir die tweede groep, ensovoorts sal toegeken word aan elke groep wat
geakkommodeer kan word. Indien groot groepe weggewys word, kan kleiner
groepe steeds geakkommodeer word totdat al die sitplekke ingeneem is.
Skryf kode om die volgende te doen:
Gebruik 'n toevoerblokkie ('input box') om die gebruiker aan te spoor om
die getal mense in te sleutel. Die gebruiker moet in staat wees om aan te
hou om die getal mense vir nuwe groepe in te sleutel totdat die totale
getal aanwesiges 100 bereik.
Vir elke groep wat aanvaar word, vertoon die groepnommer en die getal
mense in die groep.
Indien die getal mense in die groep die getal beskikbare sitplekke oorskry,
vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die groep nie
geakkommodeer kan word nie. Die getal sitplekke steeds beskikbaar,
moet deel van die boodskap wees.
LET WEL: Al sal sommige groepe nie aanvaar word om die
skyfievertoning by te woon nie, moet die program voortgaan
om die gebruiker toe te laat om groepe in te sleutel totdat
'n totaal van 100 mense aanvaar word om die skyfievertoning
by te woon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die getal mense in die eerste groep
27 is:
Voorbeeld van toevoer en afvoer indien die getal mense in die tweede groep
34 is:
Voorbeeld van afvoer indien die volgende groep wat die skyfievertoning wil
bywoon, uit 50 mense bestaan:
(12)
Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer ingesleutel is.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 54
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
'n Konstellasie is 'n groep verwante sterre wat die naghemel bedek. Sommige sterre
word as navigasiesterre beskou, terwyl ander passief is. 'n Navigasiester word gebruik
om met rigting en beweging te help.
Doen die volgende:
Maak die onvoltooide program in die Vraag 2-lêergids oop.
Maak die onvoltooide objekklas ('object class') Ster_U.pas oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
Vraag2_U.pas-lêer en die Ster_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:
Voltooi die kode vir hierdie program, soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2
gespesifiseer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.1 'n Onvolledige objekklas met die naam TSter, wat 'n hemelster voorstel, is
verskaf.
Die verklaring van die attribute en 'n toegangsmetode ('accessor method') vir
die fNaam-attribuut (getNaam) is verskaf.
Die attribute vir die Ster-objek is soos volg verklaar:
NAME VAN
BESKRYWINGS
ATTRIBUTE
fNaam Naam van die ster
fGrootte Die grootte van 'n ster hou met die helderheid
daarvan verband. Die grootte van die helderste ster
is -1. Namate die grootte van 'n ster toeneem, raak
die ster dowwer.
Voorbeeld: Die grootte van 'n dowwe ster, soos
Mimosa, is 1.25.
fAfstand Die afstand van 'n ster vanaf die Aarde is 'n
heelgetalwaarde gemeet in ligjare.
Voorbeeld: Die afstand van die ster Mimosa vanaf
die Aarde is 279 ligjare.
fKonstellasie Die naam van die konstellasie waaraan die ster
behoort
fNavigasieStatus 'n Boolese waarde wat aandui of die ster as
'n navigasiester beskou word of nie
2.1 Voltooi die kode in die objekklas, soos beskryf in VRAAG 2.1.1 tot
VRAAG 2.1.5 hieronder.
2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktormetde wat die naam van die ster, sy
grootte, sy afstand vanaf die Aarde en die konstellasie waaraan
dit behoort as parameters sal ontvang. Stel die VIER onderskeie
attribute na die parameterwaardes wat ontvang is en inisialiseer die
fNavigasieStatus-attribuut na 'false'. (4)
2.1.2 Skryf kode om 'n toegangsmetode ('accessor method') vir die
konstellasie-attribuut fKonstellasie te skep. (2)
2.1.3 Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
setNavigasieStatus, wat 'n Boolese waarde as 'n parameter sal
ontvang en die navigasiestatus-attribuut sal stel na die waarde wat
ontvang is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
2.1.4 Skryf kode vir 'n metode met die naam bepaalSigbaarheid wat
'n beskrywing van die ster se sigbaarheid sal bepaal en terugstuur.
Die sigbaarheid van 'n ster hang af van sy afstand vanaf die Aarde
in ligjare en sy grootte.
Gebruik die volgende kriteria om die beskrywing van sigbaarheid te
bepaal wat op 'n ster van toepassing is:
BESKRYWING VAN
AFSTAND GROOTTE
SIGBAARHEID
Minder as 80 ligjare Enige waarde Duidelik sigbaar
Skaars sigbaar met die blote
Tot 2
Tussen 80 en 900 oog
ligjare (insluitend) Sigbaar met standaard optiese
Groter as 2
hulp
Slegs sigbaar met
Meer as 900 ligjare Enige waarde
gespesialiseerde optiese hulp (11)
2.1.5 Skryf kode om 'n toString-metode te skep wat 'n string terugstuur
wat soos volg geformateer is, afhangend daarvan of die ster
'n navigasiester is of nie:
<naam van ster> behoort aan die <konstellasie>
-konstellasie.
Die ster het 'n grootte van <grootte> en is <afstand vanaf
die Aarde> ligjare vanaf die Aarde.
Indien die ster 'n navigasiester is, voeg die volgende reël by:
<naam van ster> is 'n navigasiester.
Indien die ster NIE 'n navigasiester is NIE, voeg die volgende reël by:
<naam van ster> is 'n passiewe ster. (6)
2.2 'n Onvoltooide eenheid ('unit'), Vraag2_U, is verskaf en bevat kode vir die
volgende:
Die verklaring van die objekveranderlike objStarX
'n Skikking met die naam arrNavigasieSterre wat die name bevat van
sterre wat navigasiesterre is.
'n Tekslêer met die naam SterData.txt bevat die data van 'n onbekende
aantal sterre (beide passief en navigasie). Die besonderhede van elke ster
verskyn in die volgende formaat in die lêer:
<algemene naam van die ster>
<grootte van die ster>
<afstand van die ster vanaf die Aarde in ligjare>
<naam van die konstellasie waaraan die ster behoort>
<oop reël>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Voorbeeld van die besonderhede van die eerste twee sterre in die tekslêer:
Acrux
1.25
321
Crux
Mimosa
1.25
279
Crux
Doen die volgende om die kode te voltooi vir die knoppies in die
hoofvormeenheid ('main form unit'), soos hieronder beskryf word:
2.2.1 Knoppie [2.2.1 – Instansieer objek]
Die gebruiker moet die naam van 'n ster in die kombinasieblokkie
('combo box') kies.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die naam van die geselekteerde ster uit die
kombinasieblokkie.
Gebruik 'n voorwaardelike lus en soek in die tekslêer vir die
naam van die geselekteerde ster. Die lus moet stop wanneer die
naam van die ster in die lêer gevind is.
Indien die naam van die ster gevind is, doen die volgende:
o Instansieer 'n TSter-objek deur die objSterX-objek-
veranderlike wat globaal verklaar is, te gebruik as deel van
die gegewe kode.
o Toets of die ster 'n navigasiester is deur die
arrNavigasieSterre-skikking te gebruik en stel die waarde
vir die navigasiestatus-attribuut dienooreenkomstig.
o Aktiveer ('Enable') die pnlKnoppies-paneel.
Indien die naam van die ster NIE in die tekslêer gevind is NIE,
doen die volgende:
o Vertoon 'n boodskap om aan te dui dat die ster nie gevind
is nie.
o Deaktiveer ('Disable') die pnlKnoppies-paneel. (24)
2.2.2 Knoppie [2.2.2 – Vertoon]
Vertoon die besonderhede van die ster in die 'rich edit'-komponent
redV2 deur die toString-metode te gebruik.
Laai die prent van die konstellasie waaraan die ster behoort in die
imgV2-prent('image')-komponent. Die lêernaam van die prent wat
vertoon moet word, is die naam van die konstellasie waaraan die
ster behoort. Die prentlêers het die uitbreiding .jpg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Voorbeeld van afvoer indien geselekteerde ster Mimosa is:
(3)
2.2.3 Knoppie [2.2.3 – Sigbaarheid]
Die helderheid en sigbaarheid van 'n ster is afhanklik van die grootte
en die afstand van die ster vanaf die Aarde. Roep die relevante
metodes om die naam en sigbaarheid van die ster te vertoon.
Voorbeeld van afvoer indien Mimosa geselekteer is:
Ster: Mimosa
Sigbaarheid: Skaars sigbaar met die blote oog
Voorbeeld van afvoer indien Rigil Kent geselekteer is:
Ster: Rigil Kent
Sigbaarheid: Duidelik sigbaar
Voorbeeld van afvoer indien Mintaka geselekteer is:
Ster: Mintaka
Sigbaarheid: Slegs sigbaar met gespesialiseerde optiese hulp (3)
Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
objekklas en die vormklas ingesleutel is.
Stoor jou program.
Druk die kode van beide die objekklas en die vormklas, indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 56
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING
SCENARIO
'n Nuwe speletjie met die naam 'Galaxy Explore' word beplan en moet ontwikkel word.
Die doel van die speletjie is om 'n raamwerk ('grid') voor te berei met 'n aantal planete
wat willekeurig geplaas is, wat nie vir die speler sigbaar is nie. Die speler moet dan die
posisie van die planete op die raamwerk raai. Daar sal na die raamwerk as die
'Spelbord' verwys word.
Doen die volgende:
Maak die onvoltooide program in die Vraag 3-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag3_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
GGK ('GUI') wat verskaf is:
Die GGK ('GUI') hieronder verteenwoordig die koppelvlak van die program.
Voltooi die kode vir elke vraag, soos in VRAAG 3.1 tot VRAAG 3.3 beskryf word.
LET WEL:
Goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en
kodering van jou oplossing toegepas word.
Jy mag NIE die kode wat verskaf is, verander NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Kode wat verskaf is:
Die program bevat die volgende kode vir die verklaring van 'n tweedimensionele
skikking met die naam arrSpel:
arrSpel: array [1..9, 1..9] of char;
Die program moet die volgende doen:
Vul ('Populate') die tweedimensionele skikking wanneer die spel begin
Laat die gebruiker toe om die posisies van onsigbare planete te raai wat
willekeurig op die spelbord geplaas is
Bepaal of die speler gewen of verloor het en beëindig die spel. Die speler wen
wanneer hy/sy twee planete op die spelbord binne vyf raaiskote identifiseer.
3.1 Knoppie [3.1 – Begin spel]
'n Aandagstreep-karakter (-) stel 'n oop spasie in die tweedimensionele
skikking arrSpel voor en 'n hutskarakter ('hash') (#) stel 'n planeet voor.
Die tweedimensionele skikking moet eers met oopspasie-karakters gevul
word. Die inhoud daarvan moet in die spelbord-area vertoon word.
Die moeilikheidsvlak wat uit die radiogroep rgbV3 selekteer word, bepaal die
getal planete wat willekeurig in arrSpel geplaas moet word. Die volgende is
van toepassing:
Moeilikheidsvlak 1: 50 posisies in die skikking moet deur planete (#)
vervang word
Moeilikheidsvlak 2: 40 posisies in die skikking moet deur planete (#)
vervang word
Moeilikheidsvlak 3: 30 posisies in die skikking moet deur planete (#)
vervang word
Die waarde '0' moet op paneel pnlV3GetalRaaiskote vertoon word, wat die
getal raaiskote aandui.
Die 'Speel'-knoppie moet geaktiveer ('enable') word en die 'rich edit'-
komponente moet skoongemaak word.
LET WEL: Die posisies van die planete op die spelbord moet NIE vir die
speler sigbaar wees NIE (nie vertoon word nie).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Voorbeeld van afvoer wanneer die Begin spel-knoppie geklik word.
(22)
3.2 Knoppie [3.2 – Speel]
Die speler moet die posisie van die planeet raai deur 'n rynommer en 'n
kolomnommer uit die kombinasieblokkies ('combo boxes') wat verskaf is, te
selekteer. Klik dan die 'Speel'-knoppie om te sien of die posisie van die
planeet korrek geraai is.
Indien die posisie van die planeet korrek geraai is:
Dateer die vertoon op om die posisie van die planeet (#) wat korrek
geraai is, te toon.
Dateer die getal korrekte raaiskote op die paneel pnlV3GetalRaaiskote
op.
WENK: Vervang die planeetkarakter (#) wat korrek geraai is, met 'n
ander karakter om te toon watter planete gedurende die spel
geïdentifiseer is. Hierdie inligting word benodig vir Knoppie 3.3
('Onthul planete').
Indien die posisie wat geraai is, NIE die posisie van 'n planeet is NIE:
Vertoon die ry- en kolomwaardes van die verkeerde raaiskoot in die
redV3Verkeerd-afvoerarea.
Die speler moet die posisies van planete herhaaldelik kan raai totdat hy/sy die
spel wen of verloor.
LET WEL: 'n Spel word gewen indien die posisies van twee planete binne
die toegelate vyf raaiskote korrek geraai word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
Gebruik 'n boodskapblokkie ('message box') om 'n geskikte boodskap te
vertoon, gebaseer op die uitkoms van die spel, óf 'Spel gewen' óf
'Spel verloor'.
Deaktiveer ('Disable') die speelknoppie wanneer die spel verby is.
Voorbeeld van afvoer indien die posisies van twee planete binne twee
raaiskote reg geraai is:
Voorbeeld van afvoer indien die speler die spel verloor het. Die posisie van
slegs een planeet is binne vyf raaiskote korrek geraai:
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2018
NSS
3.3 Knoppie [3.3 – Onthul planete]
Skryf kode om die spelbord te vertoon met al die willekeurig geplaaste planete
onthul.
Voorbeeld van die afvoer indien die planete willekeurig geplaas is, maar die
speler nog nie begin speel het nie:
Voorbeeld van afvoer indien die speler gewen het deur twee planete se
posisies binne twee raaiskote te identifiseer:
LET WEL: Die skikking in die voorbeeldafvoer kan anders wees aangesien
die indekse vir die planeetsimbole willekeurig gegenereer word. (5)
Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer ingesleutel is.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2018 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum