Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 NSC Supplementary 2018 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12201816 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 FEBRUARIE/MAART 2018 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (24) AFDELING C: Kommunikasietegnologie en Netwerktegnologie (24) AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (25) AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (23) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (39) 2. Lees AL die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die aantal feite/redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D. 1.1.1 Worteltoegang ('Rooting') en perkbreking (ʹjail breakingʹ) het die volgende uitwerking op toestelle: A Voorkom dat kwaadwillige programme geïnstalleer word B Vries die sagteware wat op die toestel geïnstalleer is C Maak die vervaardiger se waarborg ongeldig D Veroorsaak dat 'n virus op die toestel geïnstalleer word (1) 1.1.2 Wat sal die uitwerking op die netwerk in die diagram hieronder wees indien een van die rekenaars foutief sou werk? A Die hele netwerk sal foutief werk. B Die netwerk sal normaal funksioneer, sal die foutiewe node uitsluit. C Al die nodusse sal vervang moet word. D Die bediener sal vervang moet word. (1) 1.1.3 Watter EEN van die volgende sal aandui dat die moederbordbattery onklaar geraak het? A Bedryfstelselwagwoorde raak weg. B Lêers op die hardeskyf is weg of gekorrupteer. C Virtuele geheue op die hardeskyf is nie meer toeganklik nie. D Hardeware-instellings, die huidige datum en tyd ingesluit, keer tot verstekwaardes terug. (1) 1.1.4 Watter EEN van die volgende stellings sal NIE die resultaat van 10 gee nie? A 64 div 6 B Floor (64/6) C Trunc (64/6) D 64 mod 6 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 1.1.5 Watter stel aanvanklike waardes wat aan veranderlikes L en N toegeken is, sal daartoe lei dat die while-lus nooit uitgevoer word nie? L  .. N  .. While (L < 2) OR (N < 5) do … eindig lus A L = 1 en N = 5 B L = 2 en N = 4 C L = 2 en N = 5 D L = -2 en N = -5 (1) 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Programme wat deel is van stelselsagteware en instandhoudings- en administratiewe take verrig (1) 1.2.2 Die algemeenste protokol wat vir die aflaai van e-pos via die Internet gebruik word (1) 1.2.3 'n Tegnologiestrategie wat gebruik word om 'n hooggeplaaste plasing ('high-ranking placement') op die soekresultatebladsy van 'n soekenjin, soos Google, te verkry (1) 1.2.4 'n Eweknieprotokol wat gebruik word om groot lêers oor 'n netwerk, soos die Internet, oor te dra en te deel (1) 1.2.5 'n Vaste fisiese adres wat minimale kantooropstelling bevat en wat as gedeelde spasie gebruik word deur mense wat vanaf 'n mobiele kantoor werk (1) 1.2.6 Gespesialiseerde sagteware en hardeware wat ontwerp is om by 'n kasregisterpunt te gebruik (1) 1.2.7 Die kombinasie van meer as een veld om 'n rekord in 'n databasistabel uniek te identifiseer (1) 1.2.8 'n Permanente digitale verbinding aan die Internet deur 'n telefoonlyn te gebruik (1) 1.2.9 Die saampers van data deur enkele onbenullige dele van die data op te offer (1) 1.2.10 'n Sentrale register wat op hoogte bly van al die URL'e op die Internet (1) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 In die eerste rondte van die Rekenaar-olimpiade word daar van die deelnemers verwag om 'n sekere mate van kennis oor stelseltegnologie te hê. 2.1 Een van die funksies van die moederbord is om koppelings te verskaf wat komponente in staat stel om aan die rekenaar gekoppel te word. Noem TWEE ander funksies van 'n moederbord. (2) 2.2 Noem EEN toestel wat aan 'n uitbreidingsgleuf ('expansion slot') op die moederbord gekoppel word. (1) 2.3 EEPROM is 'n spesiale tipe PROM wat elektronies uitgewis kan word. 2.3.1 Wat word die sagteware genoem wat op 'n EEPROM gestoor word? (1) 2.3.2 Wat word die proses genoem wat die oorskryf van bestaande data wat in EEPROM voorkom, behels? (1) 2.4 Baie skootrekenaars het 'n geïntegreerde videoverbindingstuk ('video adaptor') en 'n videokaart. 2.4.1 Waarna verwys die term geïntegreerde in hierdie konteks? (1) 2.4.2 Verduidelik hoekom 'n skootrekenaar beide 'n geïntegreerde videoverbindingstuk en 'n videokaart kan hê deur na die verskillende funksies en hulle gebruik van hulpbronne te verwys. (2) 2.5 'Kasberging' is 'n rekenaarterm waarna dikwels verwys word wanneer die werkverrigting van 'n rekenaar bespreek word. 2.5.1 Verduidelik die doel van kasberging. (2) 2.5.2 Wanneer die Delphi-teksredigeerder toegemaak en weer oopgemaak word, maak dit die tweede keer baie vinniger oop. Gee 'n gedetailleerde verduideliking van hoekom die program die tweede keer baie vinniger oopmaak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.6 Bedryfstelsels gebruik verskillende verwerkingstegnieke om baie take terselfdertyd te hanteer. 2.6.1 Identifiseer elk van die verwerkingstegnieke wat hieronder geϊllustreer word. (a) (1) (b) (1) 2.6.2 Verduidelik hoe 'n bedryfstelsel wat met 'n multikernverwerker werk, die verwerkingstegnieke hierbo vir maksimum werkverrigting inkorporeer. (2) 2.7 Kies 'n term/begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7.1–2.7.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.7.5 E. KOLOM A KOLOM B 2.7.1 Voorbeeld van 'n rekenaartaal wat A saamstellerkode 'n virtuele masjien gebruik om ('assembler code') programmeringskode te kompileer B Java 2.7.2 Hoëvlaktaal wat 'n uitvoerbare lêer sal skep wanneer 'n program C masjienkode gekompileer word D Delphi 2.7.3 Programmeringstaal wat gebruik kan word om 'n klein, vinnige program as ingebedde kode te skryf 2.7.4 Program in binêre kode (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 2.8 123D Catch is 'n voorbeeld van 'n verbruikerswolktoepassing ('cloud application'). Defineer die term wolktoepassing. (2) 2.9 Dropbox is 'n voorbeeld van 'n aanlyn stoordiens wat sinchronisering van lêers moontlik maak. Wat is die voordeel van lêersinchroniseringsdienste? (2) TOTAAL AFDELING B: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING C: KOMMUNIKASIETEGNOLOGIE EN NETWERKTEGNOLOGIE VRAAG 3 Die hoofkantoor wat gebruik word om die Olimpiade-data na streekskantore oor die hele land te versprei, sal kabel-LAN-toegang tot die Internet hê. Die diagram hieronder toon die uitleg van die netwerk en 'n paar van die toestelle wat gebruik sal word. Olimpiade-netwerk Kabellose Kliënt Hoofkantoor Wolk 3.1 Sou jy die netwerk in die diagram hierbo as 'n LAN, WAN, MAN of PAN klassifiseer? Motiveer jou antwoord. (2) 3.2 Baie verskillende gebruikers wat by die Olimpiade betrokke is, moet toegang tot die netwerk kry. Dit het daartoe gelei dat die netwerk as 'n intranet en ekstranet opgestel is. 3.2.1 Onderskei tussen intranet, ekstranet en die Internet. (3) 3.2.2 Gee 'n voorbeeld van 'n moontlike gebruiker van die ekstranet in die Olimpiade-scenario. (1) 3.3 'n Kliënt-bediener-netwerk ('client-server network') word in die hoofkantoor gebruik. 3.3.1 Motiveer die keuse om 'n kliënt-bediener-netwerk eerder as 'n eweknienetwerk ('peer-to-peer network') te gebruik. (1) 3.3.2 Die tafelrekenaars in die kantoor is vet kliënte. Noem TWEE verskille tussen 'n dun kliënt en 'n vet kliënt. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 3.4 UTP-kabels word vir die LAN in die hoofkantoor gebruik. 3.4.1 Seinverswakking is een van die swakhede van UTP-kabels. Noem TWEE ander swakhede van UTP-kabels. (2) 3.4.2 Indien UTP-kabels oor 'n baie lang afstand gebruik moet word, stel voor hoe die seinverswakkingsprobleem opgelos kan word sonder om dit met veseloptiese kabels te vervang. (1) 3.5 Die kantoornetwerkspoed is baie stadig. Daar is voorgestel dat die kabels vervang moet word. Wat anders kan ten opsigte van hardeware gedoen word om die netwerkspoed te verbeter? (1) 3.6 Is dit moontlik dat netwerkkaarte vir beide gekabelde en kabellose netwerkverbindings in 'n rekenaar geïnstalleer word? Motiveer jou antwoord. (1) 3.7 Die administrateur moet besluit of wolkdienste of 'n VPN gebruik sal word om toegang tot inligting oor die Olimpiade te verkry. 3.7.1 Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkdienste. (2) 3.7.2 Indien die administrateur besluit om wolkdienste te gebruik, kies 'n wolkstoordiens uit die lys hieronder wat die geskikste sal wees om kritiese data, soos die vraestel vir die Olimpiade, te stoor. Office 365; Google Docs; YouTube; Facebook; Gmail (1) 3.7.3 Stel EEN tegnologie voor wat gebruik kan word om twee toestelle te koppel om lêers te deel. (1) 3.7.4 Verduidelik die voordeel van die gebruik van 'n VPN om inligting te deel. (2) 3.8 Die Olimpiade-netwerk kan deurloop onder klikprogram('spyware')- en kwaadwilligesagteware('malware')-aanvalle. 3.8.1 Verduidelik die term klikprogram kortliks. (1) 3.8.2 Noem TWEE maniere waarop die risiko dat 'n rekenaar deur klikprogramme aangetas word, te minimaliseer. (2) 3.8.3 Hoe sal 'n skansmuur ('firewall') help om die Olimpiade-data teen kwaadwillige sagteware te beskerm? (1) TOTAAL AFDELING C: 24 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR VRAAG 4 Besoekers en deelnemers wat die finale rondte van die Olimpiade bywoon, sal verblyf in gastehuise nodig hê. 'n Databasis word benodig om besprekings te vergemaklik. 4.1 Data-integriteit word verkry deur primêre en vreemde sleutels in die ontwerp van 'n databasis met veelvuldige tabelle korrek te gebruik. 4.1.1 Verduidelik in breë trekke waarna data-integriteit verwys. (1) 4.1.2 Wat is die doel van die vreemde sleutel in die ontwerp van 'n databasistabel? (2) 4.1.3 Verduidelik die term referensiële integriteit. (2) 4.2 Die databasistabel hieronder is deur 'n leerlingprogrammeerder ontwerp. Fieldname Data type  GastehuisID Autonumber GastehuisNaam Text TelefoonNom Text GetalKamers Text WiFiBeskikbaar Text 4.2.1 Die GastehuisID-veld is as die primêre sleutel geïdentifiseer. Wat is die doel van die primêre sleutel in 'n databasis? (1) 4.2.2 Die datatipes van 'n paar van die velde is nie geskik nie. Identifiseer EEN so 'n veld deur die veldnaam en 'n meer geskikte datatipe neer te skryf. (2) 4.2.3 Noem TWEE eienskappe van kwaliteitdata. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 4.3 Die relasionele databasis, GasteHDB, hieronder is ontwerp om op hoogte te bly van al die besprekings by die verskeie gastehuise. tblGasteHuis tblBesprekings  HuisID (Number) 1  BesprekingID (Autonumber) HuisNaam (Text) GetalKamers (Number) TelefoonNom (Text) DatumIn (Date/Time) Adres (Text) GetalNagte (Number) SpaBeskikbaar (Boolean) DepositoBetaal (Boolean) GetalKamers(Number) M HuisID (Number) 4.3.1 Skryf SQL-stellings vir die volgende navrae: (a) Vertoon AL die besonderhede van die gastehuise in alfabetiese volgorde volgens die gastehuisnaam waar 'n spa beskikbaar is. (4) (b) Voeg 'n rekord vir 'n nuwe bespreking by tblBesprekings by. 'n Deposito is vir 'n bespreking by die gastehuis met HuisID 1212 ontvang. Die bespreking is vir twee kamers vanaf 8 Junie 2018 vir drie nagte. (4) 4.3.2 'n SQL-stelling is saamgestel om 'n lys van gastehuise met 'n totale maandelikse inkomste van meer as R50 000,00 vir Mei te vertoon. Die koste per kamer per nag is R400,00. Die totale maandelikse inkomste is 'n nuwe berekende veld. Die berekening moet soos volg gedoen word: Die getal kamers word met die getal nagte en die koste per kamer per nag vermenigvuldig. Skryf slegs die ontbrekende kode by (a) tot (e) neer om die SQL-stelling hieronder korrek te voltooi. SELECT HuisNaam, __(a)__ AS [Totale inkomste] FROM __(b)__ WHERE tblGasteHuis.HuisID = tblBesprekings.HuisID AND __(c)__ GROUP BY __(d)__ HAVING __(e)__ (7) TOTAAL AFDELING D: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 Die organiseerder van die Rekenaar-olimpiade het baie vrae ontvang wat by die Olimpiade-vraestel ingesluit kan word. Elke vraag moet vir toekomstige gebruik geëvalueer word. 5.1 Skryf pseudokode om 'n woord in te sleutel en dan die woord elke keer met een karakter minder te vertoon, soos in die voorbeeld hieronder getoon word. Indien die woord wat ingesleutel word, REKENAAR is, moet die volgende vertoon word: REKENAAR REKENAA REKENA REKEN REKE REK RE R (4) 5.2 Die uitslae van deelnemers is verkeerd gestoor in 'n skikking met die naam arrUitslae. Die uitslae van die eerste deelnemer moet na die laaste indeks geskuif word. Die uitslae van elk van die ander deelnemers moet na die vorige indeks geskuif word. Byvoorbeeld, in die diagram hieronder is Brandon se uitslae in werklikheid Amy se uitslae en moet na die eerste indeks geskuif word. Claire se uitslae is in werklikheid Brandon se uitslae en moet na die tweede indeks geskuif word, en so aan vir al die deelnemers. Amy se uitslae moet na die laaste indeks geskuif word. Skryf pseudokode om die uitslae na die korrekte posisies in die arrUitslae- skikking met 'n onbekende getal uitslae te skuif. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.3 'n Skikking met die naam arrGetalle word met die volgende vyf waardes gevul: 8 5 3 12 2 'n Ander skikking met die naam arrTemp is 'n leë skikking wat vyf waardes kan stoor. Die algoritme hieronder onttrek ('extracts') spesifieke data uit arrGetalle en stoor die data wat onttrek is in arrTemp. Lus ('Loop') x van 1 tot length(arrGetalle) As arrGetalle[x] modulus 4 = 0 arrTemp[x] = arrGetalle[x] Teken die naspeurtabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor. x arrGetalle[x] arrGetalle[x] modulus 4 = 0? arrTemp[x] Voltooi die naspeurtabel hierbo om die inhoud van skikking arrTemp te toon. (4) 5.4 Die onvoltooide kode wat hieronder gegee word, word gebruik om 'n nuwe lêer met die naam Uitslae.txt te skep. Reël 1: Assignfile(TLeer, 'Uitslae.txt'); Reël 2: …………… Reël 3: Writeln(TLeer, 'Koos Jenkins: 78'); Reël 4: Writeln(TLeer, 'Amanda Smith: 78'); Reël 5: …………… Skryf die stellings neer om die volgende reëls met kode te voltooi: 5.4.1 Reël 2: Skep 'n leë tekslêer met die naam Uitslae.txt. (1) 5.4.2 Reël 5: Maak seker dat die data in die tekslêer gestoor sal word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 5.5 Die klasdiagram hieronder is vir 'n skool se registrasiestelsel ontwerp. TSkool - fSkoolKode - fRegDatum (formaat dd/mm/yyyy) - fGetalInskrywings:integer - fBetaal:boolean + <<Konstruktor>> create(sKode:string;iGetalInskrywings:integer; bBetaal:boolean) + berekenBedrag(rGeldePerInskrywing:real):real - bepaalRegDatum:integer + getKode:string + getGetalInskrywings:real + isBetaal:boolean + toString:string 5.5.1 Wat is die implikasie daarvan dat die metode bepaalRegDatum privaat (-) in plaas van publiek (+) is? (1) 5.5.2 Die getal inskrywings is verkeerd ingelees. Die volgende metode is geskep om die getal inskrywings te verander na die korrekte waarde wat as 'n parameter ontvang is: Reel 1 Procedure setInskrywings(iInskrywings:integer); 2 Begin 3 Inc(fGetalInskrywings, iInskrywings); 4 End (a) Stelling 3 is verkeerd. Herskryf die stelling sodat die metode die taak korrek sal uitvoer. (1) (b) Watter tipe metode is setInskrywings? Gebruik 'n woord in die lys hieronder. toegang ('accessor'); mutator; hulp ('auxiliary') (1) 5.5.3 Analiseer die verklaring van die metodes in die klasdiagram. Identifiseer TWEE moontlike foute en stel maniere voor om die foute reg te stel. (2) 5.5.4 'n Objek met die naam objSkool van datatipe TSkool word in die vormklas gebruik. Die isBetaal-metode word in die 'OnClick'- gebeurtenis van 'n knoppie ('button') geroep. Gegee: var bPaid: Boolean; Verduidelik hoekom ELK van die volgende stellings VERKEERD is: (a) If TSkool.isBetaal then … (1) (b) bBetaal := objSkool.isBetaal := true; (1) TOTAAL AFDELING E: 23 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 Die Rekenaar-olimpiade sal vanaf 'n hoofkantoor bestuur word en alle kommunikasie sal van hierdie kantoor af gestuur word. Die data sal op die dag van die geleentheid elektronies na al die instellings wat geregistreer het om aan die Rekenaar-olimpiade deel te neem, versprei word. 6.1 Die Olimpiade-webtuiste is 'n dinamiese webtuiste wat 'n skakel na 'n potgooi ('podcast') en 'n video van die vorige jaar se prysuitdelingseremonie en skakels na die Olimpiade se sosialenetwerk-hulpmiddele bevat. Die instruksies vir die Olimpiade word as 'n potgooi verskaf. 6.1.1 Wat is 'n potgooi? (2) 6.1.2 Noem EEN lêerformaat wat vir potgooie gebruik word. (1) 6.1.3 Die video van die prysuitdelingseremonie kan gestroom word ('streamed'). Verduidelik die konsep stroming ('streaming'). (2) 6.1.4 Daar was 'n versoek om 'n toep ('app') vir die Olimpiade te ontwikkel. Gee TWEE redes waarom deelnemers verkies om eerder 'n toep as 'n webblaaier te gebruik. (2) 6.1.5 Gebruikers wil outomatiese kennisgewings oor die nuutste uitslae vir die Olimpiade ontvang. Watter tegnologie word gebruik om outomatiese kennisgewings te verskaf? (1) 6.1.6 Verduidelik die verskil tussen 'n dinamiese webblad en 'n statiese webblad. (2) 6.1.7 Behalwe om hulle fone af te skakel, beskryf TWEE maniere waarop die kantoorwerkers die vloed van sosialenetwerk-kommunikasie op hulle fone wat met hulle werk kan inmeng, kan bestuur. (2) 6.2 Deelnemers sal toegang tot 'n geënkripteerde lêer moet hê wat die Olimpiade-data bevat. 'n Wagwoord met 8 karakters wat nodig is om toegang tot die lêer te verkry, sal as 'n SMS aan deelnemers gestuur word. 6.2.1 Behalwe vir die getal karakters, noem TWEE ander vereistes vir die wagwoord om 'n sterk wagwoord te wees. (2) 6.2.2 Motiveer die besluit om die wagwoord as 'n SMS eerder as in 'n e-pos-aanhangsel te stuur indien 'n ontvanger op 'n foon toegang daartoe sal verkry. (1) 6.2.3 Verduidelik die konsep van publieke-sleutel-enkripsie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2018 NSS 6.3 Sommige deelnemers kan toegang tot die Olimpiade-vrae kry deur mobiele toestelle te gebruik. 6.3.1 Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n mobiele toestel vir hierdie doel. (2) 6.3.2 Hoe sal plekgebaseerde rekenaarverwerking die organiseerders help om inligting oor die deelnemers met gebruik van mobiele toestelle te versamel? (1) 6.3.3 Stel TWEE maniere voor waarop die batterylewe van mobiele toestelle verbeter kan word. (2) 6.4 'n Rekenaar wat vir die Olimpiade gebruik word, vertoon 'n boodskap wat aandui dat die rekenaar min virtuele geheue het. 6.4.1 Definieer virtuele geheue. (2) 6.4.2 Verduidelik waarom die gebruik van virtuele geheue die werkverrigting van 'n rekenaar negatief kan beïnvloed. (2) 6.5 Wolkrekenarisering maak grootliks op virtualiseringstegnologieë ('virtualisation technologies') staat. 6.5.1 Noem en bespreek TWEE maniere waarop virtualiseringstegnologieë gebruik kan word om baie gebruikers te bevoordeel. (4) 6.5.2 Noem TWEE voordele vir die organiseerders om SaaS (Sagteware as 'n Diens/'Software as a Service') te gebruik. (2) 6.6 Een van die hoofredes vir die WannaCry-afdreigingsware('ransomware')- aanval was dat die sagteware op baie netwerke en persoonlike rekenaars nie opgedateer was nie. 6.6.1 Wat is afdreigingsware ('ransomware')? (2) 6.6.2 Waarom kan die opdatering van die bedryfstelselsagteware moontlik voorkom dat kwaadwillige sagteware, soos afdreigingsware, toegang tot jou rekenaar kry? (1) 6.7 'n DBBS is, onder andere, vir die Olimpiade ontwerp om die databasisadministrateur in staat te stel om die verspreide databasis te skep en te redigeer. 6.7.1 Noem EEN ander funksie wat DBBS'e die administrateur toelaat om te doen. (1) 6.7.2 Verduidelik wat 'n verspreide databasisstelsel is. (2) 6.7.3 'n Kragonderbreking het voorgekom terwyl data in die databasis gestoor is. Om die integriteit van die data te beskerm, moes 'n terugrol van die transaksie uitgevoer word. Verduidelik wat 'n terugrol van die transaksie is. (1) TOTAAL AFDELING F: 39 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all