Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2017 QP (Afr)

Question paperInformation TechnologyGrade 12201721 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 2017 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL DRIE afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat nie programmeringstaal-spesifiek is nie (Delphi/Java (deur die Netbeans IDE te gebruik)). 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van 'n programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture voorsien word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/2017 NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde, uitvoerbare lêers verskaf. LET WEL: • Delphi-kandidate moet die lêer DelphiDataAFRJunie2017.exe gebruik. • Java-kandidate moet die lêer JavaDataAFRJunie2017.exe gebruik. Doen die volgende: • Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer. • Klik op die 'Extract'-knoppie. • Sleutel die volgende wagwoord in: AiR%$Port Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids DelphiDataAFRJunie2017/JavaDataAFRJunie2017 beskikbaar wees: DELPHI-LÊERS JAVA(NETBEANS)-LÊERS Vraag1: Vraag1: Goud.jpg Goud.jpg NieLidNie.jpg NieLidNie.jpg Platinum.jpg Platinum.jpg Silwer.jpg Silwer.jpg Vraag1_P.dpr Vraag1.form Vraag1_P.dprj Vraag1.java Vraag1_P.res Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vraag2: Vraag2: DataV2.txt DataV2.txt Vlug_U.pas Vlug.java Vraag2_P.dpr Vraag2.form Vraag2_P.dprj Vraag2.java Vraag2_P.res Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Vraag3: Vraag3: Vraag3_P.dpr Vraag3.form Vraag3_P.dprj Vraag3.java Vraag3_P.res VulSkikkings.java Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/2017 NSS SCENARIO 'n Aantal verskillende sagtewareprogramme word by 'n lughawe gebruik om die personeel te help om besonderhede van vlugte en passasiers te bevestig en te valideer. AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE 'n Sagtewareprogram word deur die lugredery gebruik om die aanvanklike registrasie- inligting van 'n passasier vas te lê. Hierdie inligting word gebruik om die passasier se profiel op te dateer en om die lugredery te help met die spyseniering vir die passasiers aan boord. INSTRUKSIES: DELPHI-PROGRAMMEERDERS JAVA-PROGRAMMEERDERS • Maak die onvolledige projeklêer met • Maak die onvolledige klas met die naam die naam Vraag1_P.dpr in die Vraag1.java in die lêergids Vraag1-lêergids oop. Source Packages (src), Vraag1Package in die Vraag1-lêergids oop. • Sleutel jou eksamennommer as • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste rëel van die die hoofvormeenheid met die naam klas met die naam Vraag1.java in. Vraag1_U.pas in. Doen die volgende: • Kompileer en voer die program uit. Die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') vertoon vyf afdelings met die naam Vraag 1_1 tot Vraag 1_5. Die program het tans geen funksionaliteit nie. • Voltooi die kode vir die program, soos beskryf in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 op die volgende bladsy. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/2017 NSS Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI'): 1.1 Vir die doel van hierdie vraag kan jy aanneem dat alle passasiers op internasionale vlugte reis. Passasiers op internasionale vlugte moet 'n geldige paspoort hê en passasiers jonger as 16 jaar moet van 'n volwassene vergesel word. Skryf kode om die passasier se ouderdom uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is, te verkry, te toets of die korrekte kontroleblokkies ('check boxes') afgemerk is en 'n geskikte boodskap te vertoon wat aandui of daar bevestig is dat die passasier mag instap ('board'), of nie. Voorbeeld van afvoer indien die passasier 23 jaar oud is en 'n geldige paspoort het: Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien die passasier 14 jaar oud is en 'n geldige paspoort het, maar nie van 'n volwassene vergesel word nie: Voorbeeld van afvoer indien die passasier 14 jaar oud is, 'n geldige paspoort het en van 'n volwassene vergesel word: (7) 1.2 'n Lysblokkie ('list box') met die name van verskillende lugrederye en die maksimum bagasiegewig wat per passasier toegelaat word, is voorsien. Die formaat van die teks in die lysblokkie is soos volg: <naam van lugredery>#<maksimum gewig>kg 'n Bedrag van R50,00 per kilogram moet betaal word indien die passasier se bagasiegewig die maksimum gewig wat die lugredery spesifiseer, oorskry. Die bedrag wat per kilogram betaal moet word, is as 'n konstante verklaar in die kode wat verskaf is. Skryf kode om die volgende te doen: • Verkry die passasier se bagasiegewig uit die teksblokkie ('text box') en die maksimum bagasiegewig wat vir die lugredery wat in die lysblokkie ('list box') gekies is, toegelaat word. • Gebruik die inligting wat verkry is om die oortollige gewig, indien enige, te bereken. • Gebruik die konstante veranderlike en die oortollige gewig wat bereken is om die koste van die oortollige gewig van die passasier se bagasie te bepaal. • Vertoon die oortollige gewig en die koste van die oortollige gewig. Die koste moet tot 'n geldeenheid met TWEE desimale plekke geformateer word. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien die passasier se bagasie 35,89 kg (35.89kg) weeg en UKAL-lugredery in die lysblokkie ('list box') geselekteer is: Voorbeeld van afvoer indien die passasier se bagasie 12,5 kg (12.5kg) weeg en KAA-lugredery in die lysblokkie ('list box') geselekteer is: (10) 1.3 Die vlugspysenieringsmaatskappy berei passasiers se etes vooraf om etes vir die getal passasiers op die vlug te verskaf. Die ete-opsies is vegetaries en nie-vegetaries. Die standaardbeleid van die spysenieringsmaatskappy is om een derde vegetariese etes en twee derdes nie-vegetariese etes te berei. Indien die getal passasiers nie presies in drie dele verdeel kan word nie, moet die oorblywende getal voorbereide etes, nadat dit deur drie gedeel is, nie-vegetaries wees. Skryf kode om die volgende te doen: • Verkry die getal passasiers uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is. • Bepaal en vertoon die getal vegetariese etes en die getal nie-vegetariese etes wat vir die passasiers berei moet word. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien daar 180 passasiers is: Voorbeeld van afvoer indien daar 242 passasiers is: (5) 1.4 Die instaptyd van vlugte is vyf-en-dertig minute voor die vertrektyd. Die gebruiker moet die vertrektyd in die formaat <uur>h<minuut> insleutel. Skryf kode om die volgende te doen: • Verkry die vertrektyd uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is. • Valideer die vertrektyd om seker te maak dat die volgende geld: o Die formaat moet <uur>h<minuut> wees. o Die uur-waarde moet minder as of gelyk aan 23 wees en moet uit twee syfers bestaan. o Die minuut-waarde moet minder as of gelyk aan 59 wees en moet uit twee syfers bestaan. • Indien die vertrektyd ongeldig is, gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om 'n geskikte boodskap te vertoon en maak die teksblokkie ('text box') vir vertrektyd leeg. • Indien die vertrektyd geldig is, bereken en vertoon die instaptyd in die teksblokkie ('text box') wat voorsien is. Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd 14h40 is: Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd 17h15 is: Voorbeeld van afvoer indien die vertrektyd ongeldig is of in die verkeerde formaat ingesleutel is, byvoorbeeld 15:67: (17) 1.5 'n Passasier wat 'n vlugkaart ('flyer card') het, kan punte verdien, afhangend van die afstand wat gereis is en of die passasier 'n silwer-, goue of platinum- kaart het. Die lys voordele vir elke tipe vlugkaart word as aparte prentlêers ('image files') gestoor. Die name van die prentlêers is Silwer.jpg, Goud.jpg, Platinum.jpg en NieLidNie.jpg. Die verstekprentlêer, NieLidNie.jpg, word in die prentkomponent ('image component') wat verskaf is, vertoon. Skryf kode om die volgende te doen: • Verkry die afstand wat gereis is, uit die teksblokkie ('text box') wat verskaf is. • Selekteer die tipe vlugkaart uit die radioknoppies ('radio buttons') wat verskaf is. • Vertoon die ooreenstemmende prentlêer vir die vlugkaart wat geselekteer is. • Bereken die punte wat verdien is, soos volg: o Alle passasiers met kaarte sal een punt verdien vir elke 1,6 kilometer gereis. o Passasiers met goue kaarte sal addisionele bonuspunte verdien, wat as 15% van die afstand wat gereis is, bereken word. o Passasiers met platinumkaarte sal addisionele bonuspunte verdien, wat as 20% van die afstand wat gereis is, bereken word. o Die totale punte moet tot die naaste heelgetal na onder afgerond word. • Die paneel met die naam pnlPunte moet vertoon word indien 'n kaart geselekteer is. Die totale punte wat verdien is, moet in hierdie paneel vertoon word. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien die afstand 1 233 kilometer is en die passasier 'n silwervlugkaart het: Voorbeeld van afvoer indien die afstand 1 560 kilometer is en die passasier 'n goue vlugkaart het: (11) • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/2017 NSS AFDELING B VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING Lugrederye stoor besonderhede van vlugte en passasiers om personeel te help om inligting onmiddellik te verifieer. Doen die volgende: DELPHI-PROGRAMMEERDERS JAVA-PROGRAMMEERDERS • Maak die onvolledige projeklêer met • Maak die onvolledige klasse met die die naam Vraag2_P.dpr en die klas name Vraag2.java en Vlug.java in die met die naam Vlug_U.pas oop. lêergids Source Packages (src), Vraag2Package oop. • Sleutel jou eksamennommer as • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van kommentaar in die eerste reël van beide die lêers Vraag2_U.pas en beide die klasse Vraag2.java en Vlug_U.pas in. Vlug.java in. • Voltooi die kode vir hierdie program soos in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder gespesifiseer word. 2.1 'n Gedeeltelik voltooide objekklas met die naam TVlug/Vlug is verskaf. Dit bevat die attribute van 'n vlug en die kode vir een metode. Voltooi die kode in die gegewe vlugklas met die naam TVlug/Vlug, soos beskryf in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.6 wat volg. Die tabel hieronder bevat beskrywings van die attribute van 'n vlugobjek. NAME VAN ATTRIBUTE BESKRYWING DELPHI JAVA fVlugNommer vlugNommer Vlugnommer fStad stad Naam van die stad as bestemming fDatum datum Datum van die vlug in die formaat JJJJ/MM/DD fGetalPassasiers getalPassasiers Getal passasiers wat op die vlug bespreek is Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/2017 NSS 2.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor om die volgende te doen: • Ontvang die vlugnommer, stad van bestemming en datum van die vlug as parameters. • Ken die betrokke parameterwaardes aan die onderskeie attribute toe. • Roep die gegewe setGetalPassasiers-metode om die fGetalPassasiers/getalPassasiers-attribuut op 0 te stel. (5) 2.1.2 Skryf toegangsmetodes ('accessor methods') vir die fVlugNommer/ vlugNommer- en fGetalPassasiers/getalPassasiers-attribuut. (4) 2.1.3 Skryf 'n metode met die naam vermeerderPassasiers om die attribuut vir die getal passasiers met 1 te vermeerder. (2) 2.1.4 Skryf 'n metode met die naam berekenPersBespreek wat die maksimum getal passasiers vir die vlug as 'n parameter sal ontvang en die persentasie sitplekke wat bespreek is, sal bereken en terugstuur. Gebruik die formule: passasiers bespreek / maksimum passasiers * 100 (4) 2.1.5 Skryf 'n toString-metode om die besonderhede van 'n vlug in die volgende formaat te vertoon: Vlugnommer: <vlugnommer> Bestemming: <stad> Vertrekdatum: <datum> Getal passasiers bespreek: <getal passasiers bespreek> Voorbeeld van afvoer: (5) Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/2017 NSS 2.2 Grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI'): Data wat voorsien is: 'n Tekslêer met die naam DataV2.txt is voorsien. Elke teksreël in die lêer bevat data van 'n passasier wat vir 'n vlug bespreek is, in die volgende formaat: <vlugnommer>-<passasier se nommer>vier spasies<passasier se naam> Voorbeeld van die eerste ses teksreëls wat in die tekslêer gestoor is: SA528-01 Gregory Thomas SA528-02 Henry Kensington MA230-01 Sebastian Johnson KU137-01 Henrietta Botha BA630-01 Samson Nduli BA630-02 Mary Nduli Die data in die eerste twee teksreëls kan soos volg geïnterpreteer word: Reël 1: Op vlug SA528 is Gregory Thomas die naam van passasier nommer 1. Reël 2: Op vlug SA528 is Henry Kensington die naam van passasier nommer 2. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/2017 NSS Doen die volgende om die kode vir die knoppies in die hoofvormeenheid (Delphi)/GGK('GUI')-klas (Java) te voltooi, soos hieronder beskryf. LET WEL: Die objek objVlug is in die program verklaar. 2.2.1 Knoppie [Vraag 2.2.1] 'n Kombinasieblokkie ('combo box') wat die besonderhede van die verskillende vlugte bevat, is gegee. Die inhoud van die kombinasieblokkie ('combo box') is soos volg: Die formaat van elke teksreël in die kombinasieblokkie ('combo box') is soos volg: <vlugnommer>#<stad van bestemming>#<datum van vlug> Die data in die eerste reël van die kombinasieblokkie ('combo box') kan soos volg geïnterpreteer word: Reël 1: Vlug SA528 na Johannesburg sal op 2017-07-22 vertrek. Die gebruiker moet 'n vlug uit die kombinasieblokkie ('combo box') selekteer. Skryf kode om die volgende te doen: • Gebruik geselekteerde vlugbesonderhede om die objek objVlug te instansieer. • Aktiveer die knoppies vir VRAAG 2.2.2 en VRAAG 2.2.3. • Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die vlugobjek geïnstansieer is. Voorbeeld van afvoer: (12) 2.2.2 Knoppie [Vraag 2.2.2] Skryf kode om die volgende te doen: • Kontroleer of die DataV2.txt-tekslêer bestaan, of nie. • Indien die tekslêer NIE bestaan NIE, vertoon 'n gepaste boodskap en maak die program toe. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/2017 NSS • Doen die volgende indien die tekslêer bestaan: o Laat loop met 'n lus deur die lêer. Lees 'n teksreël (passasier se besonderhede) in die lêer. Indien die passasier wat in die lêer gelees is, op die geselekteerde vlug is: - Vertoon die teksreël soos wat dit in die tekslêer gelees is. - Gebruik die vermeerderPassasiers-metode om die getal passasiers op te dateer. o Gebruik die toString-metode om die opgedateerde inligting van die vlug te vertoon. Voorbeeld van afvoer van vlug MA230 na Kaapstad: (15) 2.2.3 Knoppie [Vraag 2.2.3] Gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om die gebruiker te vra om die maksimum getal passasiers vir die vlug in te sleutel. Gebruik die berekenPersBespreek-metode om die persentasie sitplekke wat vir die vlug bespreek is, te bepaal. Vertoon 'n geskikte boodskap indien die vlug vol bespreek is, byvoorbeeld: Indien die vlug NIE vol bespreek is NIE, vertoon die besprekingspersentasie tot EEN desimale plek en gebruik 'n dialoogblokkie ('dialog box') om die naam van 'n nuwe passasier in te sleutel. Die nuwe passasier se besonderhede moet in die tekslêer gestoor word en die getal passasiers wat bespreek is, moet opgedateer word. Die opgedateerde inligting moet in die afvoerarea vertoon word. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/2017 NSS Die formaat van al die reëls in die tekslêer DataV2.txt moet soos volg wees: <vlugnommer>-<passasiernommer>4 spasies<passasier se naam> LET WEL: Die eerste passasier op 'n vlug se nommer is 01, die tweede passasier se nommer is 02, ensovoorts. Voorbeeld van toevoer van die gebruiker en afvoer indien vlug MA230 geselekteer is, die maksimum getal passasiers 50 is en die vlug nie vol bespreek is nie. Graham Barkley word as 'n passasier by die vlug gevoeg: (13) • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die klas en die vorm in. • Stoor jou program. • Druk die kode van beide die klas en die vorm, indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 60 Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2017 NSS AFDELING C VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING Die nuwe lugrederymaatskappy, Soaring Eagles, wil die intekenproses van hulle passasiers optimaliseer. Die getal toonbanke wat oopgemaak en deur hulle personeel beman sal word, hang af van die getal kliënte wat in die ry staan. Indien 'n vlug vertraag word, sal die passasiers wat op die vertraagde vlug bespreek is, gevra word om in 'n ry by 'n aparte toonbank te staan. Doen die volgende: DELPHI-PROGRAMMEERDERS JAVA-PROGRAMMEERDERS • Maak die onvolledige projeklêer met • Maak die onvolledige klas met die die naam Vraag3_P.dpr in die naam Vraag3.java in die lêergids Vraag3-lêergids oop. Source Packages (src), Vraag3Package in die Vraag3- lêergids oop. • Sleutel jou eksamennommer as • Voeg jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die kommentaar in die eerste reël van die hoofvormeenheid met die naam klas met die naam Vraag3.java in. Vraag3_U.pas in. Lees die volgende afdelings voordat jy die oplossing aanpak: • GGK ('GUI') en data wat voorsien is • Programvereistes • Puntetoekenning LET WEL: • Jy mag NIE die data wat voorsien is, per hand verander NIE. Kode moet bygevoeg word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer. • Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word. Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2017 NSS Grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') wat voorsien is: Die GGK ('GUI') wat voorsien is, bevat komponente vir gebeurtenisse wat moet plaasvind. Gebruik die programvereistes in die vrae wat volg om op 'n geskikte komponent te besluit om in die afvoerarea met die opskrif Lugredery se toonbanke in die GGK ('GUI') te plaas. Data wat voorsien is: 'n Eendimensionele skikking met die naam arrPassasiers is verklaar en sal die besonderhede van passasiers wat hulle instapkaarte ('boarding passes') by die vertrektoonbanke by die lughawe moet afhaal, bevat. Kode wat voorsien is, sal die arrPassasiers-skikking vul met 'n onbekende aantal elemente wat uit die arrPosPassasiers-skikking verkry word wanneer die program uitgevoer word. Die aantal elemente wat aan die arrPassasiers-skikking toegeken word, sal in die reeks van 1 tot 35 wees en sal willekeurig bepaal word. Jy moet die arrPassasiers-skikking in jou kode gebruik. Die formaat van die data in die arrPassasiers-skikking is soos volg: (B – besigheidsklas of E – ekonomiese klas), die posisie van die passasier in die ry (begin by 01) en die vlugnommer, soos hieronder getoon: <Passasier se klas><posisie van passasier in die ry>;<vlugnommer> Voorbeeld van inligting van passasiers in die arrPassasiers-skikking: E01;TDB2506 B02;TDB2506 E01;TDB1305 Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/2017 NSS 'n Tweedimensionele skikking met die naam arrGrid met nege rye en vier kolomme is verklaar. In jou oplossing sal hierdie skikking nie noodwendig 36 elemente bevat nie aangesien die getal passasiers wat in die arrPassasiers-skikking voorkom, die getal elemente wat in die arrGrid-skikking voorkom, sal bepaal. Programvereistes: 3.1 Knoppie [3.1 – Rye by vertrektoonbanke] Die program moet die passasiers wat vir hulle instapkaarte wag (wat in die arrPassasiers-skikking voorkom), in rye by die vertrektoonbanke plaas. Die getal passasiers wat in die arrPassasiers-skikking voorkom, bepaal die getal vertrektoonbanke wat oop is deur die volgende kriteria te gebruik: GETAL OOP GETAL PASSASIERS WAT VERTREKTOONBANKE INSTAPKAARTE MOET KRY 1 Minder as 10 2 10 tot 16 3 17 tot 24 4 Meer as 24 Doen die volgende: • Gebruik die arrGrid- tweedimensionele skikking om die vertrektoonbanke wat oop is en passasiers wat aan hierdie toonbanke toegeken is, voor te stel. Passasiers moet soos volg aan toonbanke toegeken word: o Besigheidsklas-passasiers moet eerste in die rye by die vertrektoonbanke geplaas word, gevolg deur ekonomieseklas- passasiers. o Die passasiers moet so gelykop as moontlik onder die rye by die vertrektoonbanke verdeel word, soos in die voorbeelde van afvoer wat volg, getoon word. • Vertoon geskikte opskrifte vir die vertrektoonbanke. • Vertoon die klas en nommer van die passasiers. Voorbeeld van afvoer indien 16 passasiers wag om instapkaarte te kry: Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/2017 NSS Voorbeeld van afvoer indien 33 passasiers wag om instapkaarte te kry: LET WEL: Die afvoer word bepaal deur die getal elemente wat die arrPassasiers-skikking bevat. 3.2 Knoppie [3.2 – Passasiers op vertraagde vlug] Indien 'n vlug vertraag is, moet die passasiers wat op die vertraagde vlug bespreek is, uit die rye by die oop vertrektoonbanke verwyder word en in 'n ry by 'n aparte toonbank geplaas word. 'n Kombinasieblokkie ('combo box') met vlugnommers word verskaf om die vlugnommer van 'n vertraagde vlug te kies. Die gebruiker moet die vertraagde vlug selekteer en op die VRAAG 3.2- knoppie klik. Die program moet die volgende doen: • Verwyder die inligting van al die passasiers wat op die vertraagde vlug bespreek is, uit die rye by die vertrektoonbanke en vertoon hulle besonderhede in die afvoerarea wat verskaf is. • Dateer die rye wat by die vertrektoonbanke vertoon word, op. Die passasiers by die vertrektoonbanke moet steeds gelykop onder die toonbanke verdeel wees; eers die besigheids- en dan die ekonomieseklas- passasiers. Voorbeeld van afvoer indien vlug TDB2506 uit die kombinasieblokkie ('combo box') as vertraagde vlug gekies is en die arrPassasiers-skikking 33 elemente bevat: Kopiereg is voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/2017 NSS Puntetoekenning: MAKSIMUM VEREISTES PUNTE VRAAG 3.1 Bepaal getal oop toonbanke en getal passasiers per ry 6 Ken posisie volgens die klas van die passasier toe 5 Kopieer inligting uit die gegewe skikking na die regte datastruktuur 8 Vertoon passasiers in rye by korrekte getal toonbanke 7 VRAAG 3.2 Bepaal en vertoon passasiers op die vertraagde vlug 6 Verwyder passasiers op vertraagde vlug uit rye 6 Dateer inligting in datastrukture en afvoer op 2 • Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in. • Stoor jou program. • Maak 'n drukstuk van die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all