Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
2018
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 568.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC June Exam 2018
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 2 DBE/2018
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in DRIE afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
AL DRIE afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir
Delphi as programmeringstaal is.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir
drukwerk gegee word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 3 DBE/2018
SSE
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op
'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken
is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
verskaf.
LET WEL:
Kandidate moet die lêer DataAFRJunie2018.exe gebruik.
Doen die volgende:
• Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.
• Klik op die 'Extract'-knoppie.
• Sleutel die volgende wagwoord in: Bks18@Lib*#?
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys met lêers in die lêergids
DataAFRJunie2018 beskikbaar wees:
LÊERS WAT VOORSIEN IS:
Vraag1:
Vraag1_P.dpr
Vraag1_P.dproj
Vraag1_P.res
Vraag1_U.dfm
Vraag1_U.pas
Vraag2:
Boek_U.pas
BoekeData.txt
BoekeDataRugsteun.txt
Vraag2_P.dpr
Vraag2_P.dproj
Vraag2_P.res
Vraag2_U.dfm
Vraag2_U.pas
Vraag3:
Vraag3_P.dpr
Vraag3_P.dproj
Vraag3_P.res
Vraag3_U.dfm
Vraag3_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 4 DBE/2018
SSE
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
• Maak die onvolledige program in die Vraag1-lêergids oop.
• Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van die
Vraag1_U.pas-lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die GGK ('GUI') vertoon VYF afdelings met die
byskrifte VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:
• Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1 te
voltooi, soos wat in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 beskryf is.
1.1 OnCreate-gebeurtenis ('Event') [Vraag 1.1]
Skryf kode in die 'OnCreate'-gebeurtenishanteerder van die vorm ('Form') om
die teks wat op die pnlV1_1-paneel vertoon word, soos volg te verander
wanneer die program uitgevoer word:
• Ken die huidige teks van die paneel aan 'n veranderlike toe.
• Voeg 'n aandagstreep ('-') by en gebruik die relevante funksie om die
stelsel se datum ook by die teks te voeg.
• Verander die teks na bo-kas ('upper case') en vertoon die teks in vetdruk
('bold').
Voorbeeld van afvoer:
LET WEL: Die formaat van die stelseldatum kan van die voorbeeld verskil. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 5 DBE/2018
SSE
1.2 Knoppie [1.2 - Vertoon]
Skryf kode met gebruik van die lus-tellerveranderlike cTeller en 'n lus ('loop')
om 'n string wat die letters 'Z' tot 'R' bevat, in die veranderlike sAfvoer saam
te stel. Ken die veranderlike aan die redigeerblokkie ('edit box') toe om te
vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
1.3 Die tyd wat dit 'n student neem om 'n handboek te lees, hang af van die totale
getal woorde wat die handboek bevat en of die inhoud van 'n tegniese aard is
of nie.
1.3.1 Knoppie [1.3.1 - Totale getal woorde]
Die gemiddelde getal woorde per bladsy in 'n standaardgrootte
handboek is in 'n konstante veranderlike met die naam
WoordePerBladsy as 300 verklaar.
Die gebruiker moet die getal bladsye wat die boek bevat, uit die
spinredigeer-komponent ('spin edit component') selekteer.
Voltooi die kode wat voorsien is om die volgende te doen:
• Verklaar 'n heelgetalveranderlike vir die getal bladsye.
• Verkry die waarde van die getal bladsye uit die spinredigeer-
komponent ('spin edit component').
• Gebruik die konstante veranderlike en die getal bladsye om die
totale getal woorde te bereken.
• Vertoon die totale getal woorde in die redigeerblokkie wat
voorsien is.
LET WEL: Die veranderlike iTotGetalWoorde is as 'n globale
veranderlike verklaar om weer in VRAAG 1.3.2 gebruik
te word.
Voorbeeld van afvoer:
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 6 DBE/2018
SSE
1.3.2 Radiogroep [1.3.2 - Tipe boek]
Navorsing toon dat 'n student 'n letterkundeboek teen die spoed
van 250 woorde per minuut en 'n tegniese boek teen die spoed van
75 woorde per minuut kan lees. Hierdie waardes is as konstante
waardes verklaar deur onderskeidelik die veranderlikes
WoordeLet en WoordeTeg te gebruik. Die gebruiker moet die tipe
boek selekteer uit die radioknoppies wat voorsien is.
Skryf kode om die volgende te doen om te bepaal hoe lank dit 'n
student behoort te neem om die boek te lees:
• Bepaal die tipe boek wat geselekteer is.
• Gebruik die globale veranderlike iTotGetalWoorde en die
relevante konstante veranderlike om die tyd (in minute) wat dit
'n student sal neem om die boek te lees, te bereken.
• Vertoon die tyd in redigeerblokkie edtTydInMinute wat
voorsien is.
LET WEL: As jy nie in staat was om die totale getal bladsye in
VRAAG 1.3.1 te bereken nie, ken 'n waarde van
33 600 aan die globale veranderlike iTotGetalWoorde
toe om VRAAG 1.3.2 te kan doen.
Voorbeeld van afvoer as die boek 'n tegniese boek is en
112 bladsye het wat 33 600 woorde tot gevolg het, soos in
VRAAG 1.3.1 bereken is:
Voorbeeld van afvoer as die boek 'n letterkundeboek is en
112 bladsye het wat 33 600 woorde tot gevolg het, soos in
VRAAG 1.3.1 bereken is:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 7 DBE/2018
SSE
1.4 Kombinasieblokkie ('Combo box') [cmbV1_4]
Die gebruiker moet 'n wagwoord selekteer uit die cmbV1_4-
kombinasieblokkie ('combo box'), wat 'n aantal geënkripteerde wagwoorde
bevat.
Skryf kode om die geselekteerde wagwoord te dekripteer volgens die
instruksies hieronder.
• Die eerste twee karakters van die wagwoord moet na die einde van die
wagwoord geskuif word.
• As die wagwoord 'n huts-karakter (#) bevat, moet dit met 'n dollar-karakter
($) vervang word, gevolg deur 'n punt (.).
Voorbeeld van afvoer as die wagwoord os3%!ko geselekteer is:
Voorbeeld van afvoer as die wagwoord ay7#@tod geselekteer is:
(13)
1.5 Knoppie [1.5 - Koördinate]
Die formule vir 'n reguitlyn is y = mx + c. Die formule moet gebruik word om
die waardes van die y-koördinate van die reguitlyn te bereken as die waarde
van x deur die gebruiker ingesleutel word.
Die waardes 3 en -2 sal as die waardes van m en c in die formule
gebruik word en is onderskeidelik toegeken aan die veranderlikes iM en iC in
die kode wat voorsien is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 8 DBE/2018
SSE
Skryf kode om die (x,y)-koördinate van 'n reguitlyn in die afvoerarea te
vertoon deur die volgende instruksies te gebruik:
• Maak die afvoerarea skoon.
• Vertoon die opskrif 'Koördinate', gevolg deur 'n leë reël.
• Verkry die waarde van x wat uit redigeerblokkie edtV1_5 ingesleutel is.
• Bereken die waarde van y deur die formule y = mx + c te gebruik.
Voorbeeld van die berekening van y as die waarde van 7 vir x
ingesleutel is:
y = mx + c
= 3(7) +(-2)
= 19
• Vertoon die waardes van koördinate x en y in die afvoerarea in die
formaat wat in die voorbeeld hieronder getoon word, byvoorbeeld
(x,y) = (7,19) vir die eerste koördinaat.
• Verminder die waarde van x met 2 en herhaal die vorige twee stappe
(bereken die waarde van y en vertoon die koördinate) totdat die waarde
van y aan nul (0) gelyk is of 'n negatiewe waarde is.
Voorbeeld van afvoer as die waarde 7 as die waarde van x ingesleutel is:
Voorbeeld van afvoer as die waarde 12 as die waarde van x ingesleutel is:
(13)
• Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer ingesleutel is.
• Stoor jou program.
• Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 9 DBE/2018
SSE
AFDELING B
VRAAG 2: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
Studente word gedurende die week wat hulle aan navorsingsprojekte werk, toegelaat
om in die navorsingsvleuel van die biblioteek boeke uit te neem en terug te bring. Data
oor die boeke wat gedurende die navorsingsweek uitgeneem en teruggebring is, is in
'n tekslêer vasgelê. Die bibliotekaris moet die data wat vasgelê is, gebruik om te sien
hoeveel kopieë van die boeke tans beskikbaar is, om toe te laat dat boeke gedurende
die volgende navorsingsweek uitgeneem en teruggebring kan word.
Doen die volgende:
• Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag2-
lêergids oop.
• Sleutel jou eksamennommer as 'n kommentaar in die eerste reël van beide die
Vraag2_U.pas-lêer en Boek_U.pas-lêer in.
• Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die volgende GGK ('GUI') word vertoon as die program uitgevoer word:
• Voltooi die kode soos wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 hieronder beskryf word.
2.1 Voltooi die kode in die TBoek-objekklas wat voorsien is, soos wat in
VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.7 wat volg, beskryf word.
2.1.1 Verklaar die attribute van die klas deur die inligting in die tabel
hieronder te gebruik.
NAME VAN
BESKRYWING
ATTRIBUTE
fTitel Die titel van die boek
fKatNom 'n Unieke katalogusnommer wat aan elke boek in
die biblioteek toegeken is, bv. D324.2
fGetalBoeke 'n Heelgetal wat aandui hoeveel kopieë van
hierdie boek die biblioteek besit, bv. 12
fGetalBoekeUit 'n Heelgetal wat aandui hoeveel kopieë van
hierdie boek tans uitgeneem is, bv. 5 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 10 DBE/2018
SSE
2.1.2 Skryf kode om 'n konstruktor te skep wat DRIE parameterwaardes
(die titel, die katalogusnommer van die boek en die getal kopieë van
die boek wat die biblioteek besit) ontvang en die relevante attribute
inisialiseer deur die parameterwaardes te gebruik.
Die attribuut vir die getal kopieë van die boek wat uit is (tans
uitgeneem is) moet na nul geïnisialiseer word. (5)
2.1.3 Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') getKatalogusNommer
vir die katalogusnommer-attribuut van die boek. (2)
2.1.4 Skryf 'n toegangsmetode getGetalBoekeUit vir die getal-boeke-uit-
attribuut. (2)
2.1.5 Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method')
setGetalBoekeUit wat 'n heelgetal as 'n parameter ontvang en die
fGetalBoekeUit-attribuut op die parameterwaarde stel. (3)
2.1.6 Skryf kode vir 'n metode met die naam isBoekBeskikbaar wat 'n
Boolese waarde terugstuur. Hierdie metode moet die fGetalBoeke-
attribuut en fGetalBoekeUit-attribuut gebruik om te bepaal of daar
tans 'n kopie van die boek in die biblioteek beskikbaar is of nie.
Die terugstuurwaarde moet true wees as 'n boek beskikbaar is of
false as dit nie beskikbaar is nie. (3)
2.1.7 Skryf kode om 'n toString-metode te skep wat 'n string terugstuur
wat soos volg geformatteer is:
Die biblioteek besit < getal kopieë in besit> kopieë van die
boek met die titel <boek se titel> [<katalogusnommer>].
Die getal kopieë wat tans uit is, is <getal kopieë van die boek
wat tans uitgeneem is>. (5)
Doen die volgende om die kode vir Knoppie 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3 in die
hoofvormeenheid, soos hieronder beskryf word, te voltooi.
2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Instansieer boek-objek]
Die gebruiker moet die katalogusnommer van die boek uit die
kombinasieblokkie ('combo box') selekteer. Kode is voorsien om die
titel en die getal kopieë van die geselekteerde boek wat die
universiteit besit, in die relevante redigeerblokkies te vertoon.
Skryf kode om die volgende te doen:
• Onttrek ('Extract') die vereiste data-items uit die relevante
komponente en instansieer 'n nuwe objBoek-objek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 11 DBE/2018
SSE
• Roep die toString-metode om die besonderhede van die objek
in die afvoerarea wat voorsien is, te vertoon.
• Aktiveer die Dateer data op-knoppie.
Voorbeeld van afvoer vir die boek as katalogusnommer G292.6
geselekteer is en die objek geïnstansieer is:
(8)
2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Dateer data op]
'n Tekslêer BoekeData.txt bevat die rekords van boeke wat
gedurende 'n navorsingsweek uitgeneem en teruggebring is.
Die data in die tekslêer is in die volgende formaat gestoor:
<katalogusnommer van boek>#<'n karakter wat aandui
of die boek uitgeneem (U) of teruggebring (T)is>
Voorbeeld van die eerste ses reëls data in die BoekeData.txt-
tekslêer:
G292.6#U
E202.4#U
C284.3#U
D237.9#U
D237.9#U
G292.6#T
Die tekslêer moet gebruik word om te bepaal hoeveel kopieë van die
geselekteerde boek gedurende die navorsingsweek uitgeneem en
teruggebring is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 12 DBE/2018
SSE
Skryf kode om die volgende te doen:
• Toets of die tekslêer BoekeData.txt bestaan of nie. Vertoon 'n
geskikte boodskap as die tekslêer nie bestaan nie en verlaat die
gebeurtenishanteerder ('event handler').
• Doen die volgende as die tekslêer bestaan:
o Gebruik 'n lus en soek deur die tekslêer vir al die gevalle van
die katalogusnommer van die boek-objek.
o Bepaal hoeveel keer die boek uitgeneem (''U'') en teruggebring
(''T'') is en gebruik hierdie waardes om die getal kopieë wat
tans uit die biblioteek is, te bepaal deur die volgende formule te
gebruik:
BoekeUit = Getal uitgeneem – Getal teruggebring
o Roep die setGetalBoekeUit-metode en gebruik die BoekeUit-
waarde as argument.
o Roep die toString-metode om die opgedateerde
besonderhede van die boek-objek in die afvoerarea wat
voorsien is, te vertoon.
o Aktiveer die Verwerk versoek-knoppie.
Voorbeeld van afvoer van die Dateer data op-knoppie as die
katalogusnommer G292.6 deur die gebruiker geselekteer is en 'n objek
van hierdie boek geïnstansieer is:
(20)
2.2.3 Knoppie [2.2.3 - Verwerk versoek]
Spesiale versoeke om boeke by die navorsingsvleuel uit te neem, kan
toegestaan word as kopieë van die boek beskikbaar is. Studente wat
gedurende die navorsingsweek boeke geleen het en nie teruggebring
het nie, word ook toegelaat om die boeke terug te bring.
Die radiogroepkomponent moet gebruik word om te kies om die
geselekteerde boek uit te neem of terug te bring. As die versoek om
die boek uit te neem of terug te bring, toegestaan word, moet die
BoekeData-tekslêer en die objekbesonderhede van die boek
opgedateer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 13 DBE/2018
SSE
Skryf kode vir die volgende algoritme om die uitneem- of terugbring-
versoek vir die geselekteerde boek te verwerk:
Stel die sKode-veranderlike wat voorsien is na 'n leë string
As Uitneem uit die radiogroep geselekteer is
Toets of die boek beskikbaar is deur die relevante metode te gebruik
Vertoon 'n geskikte boodskap
Stel sKode na 'U'
anders
Vertoon 'n boodskap wat aandui dat geen kopieë beskikbaar is nie
As Teruggee uit die radiogroep geselekteer is
As die getal boeke wat uitgeneem is, 0 is
Vertoon 'Ongeldige versoek'
anders
Vertoon 'n boodskap wat aandui dat die boek teruggebring is
Stel sKode na 'T'
As sKode data bevat
Skryf die katalogusnommer van die boek en die waarde van sKode
na die BoekeData.txt-tekslêer in die korrekte formaat, bv. G292.6#T
Maak die seleksie van die radiogroep skoon
Dateer die objek se data op deur die kode in die btnV2_2_2-knoppie
uit te voer.
LET WEL: 'n Herstel tekslêer-knoppie, wat gebruik kan word om
die inhoud van die BoekeData-tekslêer te herstel as die
inhoud van die BoekeData-tekslêer korrup raak terwyl
jy jou kode toets, is voorsien. Dit sal die data in
BoekeDataRugsteun-tekslêer na die BoekeData-
tekslêer kopieer.
Voorbeeld van afvoer as 'n student gevra het om die boek met die
titel Basiese Wiskunde uit te neem as kopieë van hierdie boek
beskikbaar is om uit te neem:
Die volgende opgedateerde data moet in die afvoerarea vertoon
word:
Voorbeeld van afvoer as 'n student versoek het om die boek met die
titel Basiese Wiskunde uit te neem as geen kopieë van hierdie boek
beskikbaar is om uitgeneem te word nie:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 14 DBE/2018
SSE
Voorbeeld van afvoer as 'n student versoek het om die boek met die
titel Basiese Wiskunde terug te bring:
Die volgende opgedateerde data moet in die afvoerarea vertoon
word:
Voorbeeld van afvoer daar 'n versoek is om die boek met die titel
Kodering in Objekte met katalogusnommer C284.3 terug te bring.
Al die kopieë van hierdie boek is teruggebring. Daarom is die
versoek ongeldig.
(18)
• Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
klaslêer en die vorm ingesleutel is.
• Stoor jou program.
• Druk die kode in beide die klaslêer en die vorm, indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 70
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 15 DBE/2018
SSE
AFDELING C
VRAAG 3: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING
SCENARIO
Die universiteit het drie biblioteke. Die eerste twee biblioteke is ses dae van die week
oop en die derde biblioteek is vyf dae van die week oop. Daar is ses personeellede wat
in die biblioteke aan diens sal wees op die dae wat die biblioteke oop is. Die
bestuurder van die biblioteek benodig 'n program wat 'n plasingskedule vir
personeellede sal skep en in stand sal hou.
Doen die volgende:
• Kompileer en voer die program in die Vraag3-lêergids uit. Die program het tans
geen funksionaliteit nie.
• Voltooi die kode vir elke afdeling van die vraag soos wat in VRAAG 3.1 tot
VRAAG 3.3 beskryf is.
GGK ('GUI') wat voorsien is:
Die GGK ('GUI') hieronder verteenwoordig 'n koppelvlak wat deur die bestuurder van
die biblioteek gebruik word om diensbeurte aan personeellede toe te ken.
Die volgende kode is voorsien:
• 'n Skikking met die naam arrPersoneel wat die name van die ses personeellede
bevat.
arrPersoneel: array [1 .. 6] of String =
('Trevor','Nkosi','Tamzin','Anette','Bongi','Simon');
• Die verklaring van 'n tweedimensionele skikking met die naam arrPlasings wat
gebruik sal word om die name van personeellede volgens die dae wat hulle in elke
biblioteek (rye 1 tot 3) aan diens sal wees (kolomme 1 tot 6), te stoor:
arrPlasings: array [1 .. 3, 1 .. 6] of String =
(('Nkosi', 'Simon','Anette', 'Bongi', 'Tamzin', 'Trevor'),
('Anette', 'Tamzin','Simon', 'Trevor', 'Bongi', 'Nkosi'),
('Bongi', 'XXXXX', 'Trevor','Nkosi', 'Nkosi', 'Tamzin'));
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/P1 16 DBE/2018
SSE
• 'n Voltooide Vertoon-prosedure wat die skedule van personeelplasings sal vertoon
(inhoud van arrPlasings).
Voorbeeld van die afvoer van 'n skedule wat vertoon sal word wanneer die
vertoonprosedure geroep word om die inhoud van arrPlasings te vertoon.
Biblioteek 3 kan op enige dag waarop die bestuurder besluit, gesluit wees.
Vir hierdie skedule het die bestuurder besluit om Biblioteek 3 op Dag 2 te sluit, wat
deur 'XXXXX' in skikking arrPlasings verteenwoordig word.
Die opskrifte van die rye en kolomme is nie deel van die inhoud van die
tweedimensionele skikking wat voorsien is nie.
LET WEL:
• Jy mag NIE die data wat voorsien is, met die hand verander NIE. Kode moet
geskryf word om die data wat voorsien is, volgens die vereistes te manipuleer.
• Die gebruik van goeie programmeringstegnieke en modulêre ontwerp moet in die
ontwerp en kodering van jou oplossing toegepas word.
• GEEN punte sal toegeken word vir die gebruik van kodering met vaste waardes
('hardcoding') om skikking arrPlasings te vul NIE.
3.1 Kombinasieblokkie [3.1 - Selekteer naam]
'n Personeellid kan 'n skedule van sy/haar diensbeurte aanvra.
Wanneer 'n naam uit die cmbPersoneel-kombinasieblokkie geselekteer is,
moet die volgende inligting in die afvoerkomponent wat voorsien is, vertoon
word:
• 'n Opskrif met die naam van die personeellid
• Die werkskedulebesonderhede van die geselekteerde personeellid
Die formaat van die werkskedulebesonderhede is soos volg:
Dag <dag se nommer>-Biblioteek#<biblioteek se nommer>
Voorbeeld van afvoer as personeellid Tamzin uit cmbPersoneel geselekteer
is:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2018
SSE
Voorbeeld van afvoer as personeellid Nkosi uit cmbPersoneel geselekteer is:
(10)
3.2 Knoppie [3.2 - Skep nuwe skedule]
'n Eendimensionele skikking met die naam arrPersoneel is voorsien en moet
gebruik word om 'n nuwe skedule vir personeellede te skep. Die nuwe
skedule moet in die tweedimensionele skikking arrPlasings gestoor word.
Skryf kode om 'n nuwe plasingskedule vir personeellede saam te stel deur die
arrPlasings-skikking soos volg met die name van personeellede te vul:
Biblioteek 1: Elke personeellid sal in die volgorde waarin hulle name in die
arrPersoneel-skikking voorkom, aan diens geplaas word. Die
eerste personeellid in die skikking sal aan Dag 1 toegeken
word, die tweede personeellid aan Dag 2 en so aan.
Biblioteek 2: Elke personeellid sal in die omgekeerde volgorde as die inhoud
van die arrPersoneel-skikking aan diens geplaas word. Die
eerste personeellid in die skikking sal aan Dag 6 toegeken word,
die tweede personeellid aan Dag 5 en so aan.
Biblioteek 3: Skryf kode wat 'n inleesblokkie ('input box') sal gebruik om die
bestuurder te versoek om dadelik 'n dag se nommer (1 tot 6) in
te sleutel waarop Biblioteek 3 gesluit sal wees. Skikking
arrPlasings moet 'XXXXX' vertoon vir die dag waarop die
biblioteek gesluit is. Die personeel sal ewekansig vir die
oorblywende dae aan hierdie biblioteek toegeken word. 'n Toets
moet gedoen word om te verseker dat die personeellid wat
ewekansig geselekteer is om in Biblioteek 3 diens te doen, nie
reeds vir daardie dag aan Biblioteek 1 of Biblioteek 2 toegeken
is nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2018
SSE
Voorbeeld van afvoer as die bestuurder Dag 3 ingesleutel het as die dag
waarop Biblioteek 3 gesluit sal wees:
(20)
• Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
programlêer ingesleutel is.
• Stoor jou program.
• Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 Memo (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum