Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye, 2 bladsye met data en
2 oop bladsye vir beplanning.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 



_hlayiso.com_--99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07/v1-b87dfc191020013b0097/card.webp)

View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 28
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 28
This exam
NSC June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL
VIER afdelings beantwoord.
2. Twee oop bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die
einde van die vraestel ingesluit.
3. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
4. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek vir Delphi
as programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word
om die vrae te beantwoord.
5. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken
word.
6. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag
nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word
nie.
7. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal
werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels
wat in die vraestel verskyn nie.
8. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi-
programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE.
9. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die
datastrukture verskaf word.
10. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
11. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
12. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op al die drukstukke
verskyn. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word.
13. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan
jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/2023
SS/NSS
14. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die
lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm
is:
DataJun2023.exe.
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: E#Homes%2023
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
('folder') DataJun2023 beskikbaar wees:
Vraag1: Vraag3:
Question1_P.dpr log.txt
Question1_P.dproj Question3_P.dpr
Question1_P.res Question3_P.dproj
Question1_U.dfm Question3_P.res
Question1_U.pas Question3_U.dfm
Words.txt Question3_U.pas
SmartSwitch_U.pas
Vraag2: Vraag4:
ConnectDB_U.pas Question4_P.dpr
Question2_P.dpr Question4_P.dproj
Question2_P.dproj Question4_P.res
Question2_P.res Question4_U.dfm
Question2_U.dfm Question4_U.pas
Question2_U.pas
SmartDevicesDB - Copy.mdb
SmartDevicesDB.mdb
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question1_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1
tot VRAAG 1.5 wat volg.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/2023
SS/NSS
1.1 Knoppie ('Button') [1.1 - Formatting]
Skryf kode om die inhoud en die voorkoms van die redigeerblokkie ('edit box')
edtQ1_1 soos volg te verander wanneer die btnQ1_1-knoppie geklik word:
Die fontgrootte van die teks moet 14 pt wees.
Die woorde 'Hello world' moet as teks in die edtQ1_1-redigeerblokkie
verskyn.
Die agtergrondkleur van die edtQ1_1-komponent moet groen wees.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
1.2 Knoppie [1.2 - Random number]
Skryf kode om die volgende te doen:
Genereer 'n willekeurige heelgetal tussen 1 en 99 (hierdie twee waardes
ingesluit).
Bepaal of die getal wat gegenereer is, 'n enkele syfer of 'n tweesyfergetal
is.
Vertoon die getal en resultaat in die paneel pnlQ1_2 soos wat in die
voorbeelde hieronder getoon word.
Voorbeeld van afvoer as die getal 4 gegenereer is:
Voorbeeld van afvoer as die getal 46 gegenereer is:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/2023
SS/NSS
1.3 Knoppie [1.3 - Area]
Hieronder word 'n diagram van 'n bout getoon wat uit 'n seshoek en 'n sirkel
bestaan. Die deursnee (d) van die sirkel het dieselfde lengte as die sy van die
seshoek.
Die geskakeerde oppervlakte in die diagram word bereken deur die volgende
formule te gebruik:
3 √3 𝑑 2
Geskakeerde oppervlakte = (
2
) 𝑑2 − 𝜋 (2)
waar d die lengte van die sy van die seshoek en d ook die deursnee van
die sirkel is.
Die gebruiker moet die waarde van d in die redigeerblokkie edtQ1_3
insleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die waarde van d uit die redigeerblokkie edtQ1_3.
Gebruik die gegewe formule om die oppervlakte van die geskakeerde deel
van die diagram wat hierbo voorsien is, te bereken.
Vertoon die oppervlakte van die geskakeerde deel, afgerond tot EEN
desimale plek, op die paneel pnlQ1_3.
Voorbeeld van toevoer en afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/2023
SS/NSS
1.4 Knoppie [1.4 - Find]
'n Tekslêer Words.txt, wat 'n lys met woorde bevat, is voorsien. Die program
moet tel hoeveel keer 'n woord wat deur die gebruiker ingesleutel word, in die
tekslêer voorkom.
Voorbeeld van die eerste vyf reëls in die tekslêer Words.txt:
accessory
archive
bandwidth
capacity
bus
Die gebruiker moet die woord wat getel moet word, in die redigeerblokkie
edtQ1_4 insleutel.
Kode is voorsien om die tekslêer Words.txt oop te maak om daaruit te lees.
Skryf kode om die volgende te doen:
Verkry die woord wat in die redigeerblokkie edtQ1_4 ingesleutel is.
Tel hoeveel keer die woord wat ingesleutel is in die lêer voorkom, ongeag
of die woord in kleinletters of hoofletters ingesleutel is.
As die woord in die tekslêer voorkom, vertoon die aantal keer wat dit in die
redQ1_4-'rich edit'-komponent voorkom.
As die woord NIE in die tekslêer voorkom NIE, vertoon die boodskap
'Word not found' in die redQ1_4-'rich edit'-komponent.
Twee voorbeelde van toevoer en afvoer:
(11)
1.5 Knoppie [1.5 - Booster rocket]
'n Aanjaag('Booster')-vuurpyl gebruik 7,5% van sy brandstof per sekonde
vandat dit opstyg. Die vuurpyl skakel af wanneer die brandstofkapasiteit
onder 200 liter is.
Doen die volgende:
Skakel die algoritme op die volgende bladsy om in programmeringskode om
die sekondes wat gereis is, die brandstof wat verbruik is en die brandstof wat
per sekonde oor is totdat die vuurpyl afskakel, te bereken en te vertoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/2023
SS/NSS
Algoritme
1. Sleutel die totale liter brandstof in voordat dit opstyg (gebruik 'n
toevoerdialoogblokkie ('input box') vir toevoer))
2. Ken die waarde van totale liter brandstof toe aan 'n veranderlike vir
brandstof wat oor is
3. Inisialiseer 'n teller vir aantal sekondes
4. Terwyl ('While') brandstof wat oor is, meer of aan 200 gelyk is
5. Inkrementeer teller met een
6. Bereken brandstof gebruik (7,5% van brandstof wat oor is)
7. Trek brandstof wat gebruik is af van brandstof wat oor is
8. Vertoon teller, brandstof wat gebruik is en brandstof wat oor is
9. Eindig terwyl-lus
LET WEL:
Kode is voorsien om die opskrifte in die 'rich edit' redQ1_5 te vertoon.
Die hoeveelheid brandstof wat per sekonde gebruik word en die
hoeveelheid brandstof wat oor is, moet tot TWEE desimale plekke
geformatteer word, soos wat in die voorbeeld van afvoer getoon word.
Voorbeeld van die toevoer van 550 liter brandstof en die afvoer:
(9)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING
Slim ('Smart') huistoestelle raak al hoe gewilder onder mense wat toegang tot vinnige,
betroubare internetkonneksies het.
'n Databasis met die naam SmartDevicesDB.mdb is ontwikkel en bevat inligting oor
die verskillende vervaardigers van slim toestelle en die voorraad van die verskillende
toestelle wat beskikbaar is.
Die SmartDevicesDB.mdb-databasis bevat twee tabelle met die name
tblManufacturers en tblDevices.
Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp en
inhoud van die databasis.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die Question 2-
lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question2_U.pas-eenheidlêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder getoon word oor die
seleksie van oortjieblad ('tab sheet') 2.2 - Delphi code.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/2023
SS/NSS
Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling, soos wat in VRAAG 2.1
en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.
Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te
beantwoord.
LET WEL:
Die 'Restore database'-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis
voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in staat
wees om direkte toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur Microsoft
Access te gebruik NIE.
Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
hieronder beskryf word:
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblManufacturers TADOTable Verwys na die tabel tblManufacturers
tblDevices TADOTable Verwys na die tabel tblDevices
2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [2.1 - SQL]
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/2023
SS/NSS
LET WEL: Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
navrae te vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die
veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5
toegeken is, is onvolledig.
Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5
hieronder beskryf word, uit te voer.
2.1.1 Knoppie [2.1.1 - iOS devices]
Vertoon die DeviceID en DeviceName van al die toestelle in die
tblDevices-tabel wat die iOS-bedryfstelsel gebruik.
Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:
(3)
2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Category selected]
Die gebruiker moet 'n tipe toestel uit die kombinasieblokkie ('combo
box') cmbQ2_1_2 selekteer. Kode word voorsien om die tipe toestel
wat geselekteer is, te verkry en in 'n veranderlike sDeviceType te
stoor.
Vertoon die DeviceName, Category en NumInStock van al die
toestelle waar die Category-veld die tipe toestel bevat wat uit die
kombinasieblokkie geselekteer is.
Voorbeeld van afvoer as TV as tipe toestel geselekteer is:
(3)
2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Online support]
Vertoon die DeviceName, Category en OperatingSystem van al
die toestelle wat aanlyn ondersteuning by die vervaardiger kry. Die
resultate moet volgens die DeviceName in alfabetiese volgorde
gesorteer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/2023
SS/NSS
Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords:
(6)
2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Profit per manufacturer]
Al die produkte in voorraad is beskikbaar om by 'n uitverkoping
gekoop te word. Die prys wat in die tblDevices-tabel vertoon word,
verwys na die produk se verkoopprys. Die wins nadat die voorraad
verkoop is, is 60% van die verkoopprys. Die totale wins wat deur elke
vervaardiger gemaak word, moet bereken word, as daar aangeneem
word dat al die produkte by die uitverkoping verkoop sal word.
Skryf kode om die ManufacturerID en die totale wins in 'n nuwe veld
met die naam Profit te vertoon, na geldeenheid ('currency')
geformatteer.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
2.1.5 Knoppie [2.1.5 - Remove devices]
Die hele reeks slim luidsprekers ('smart speakers') wat deur Mobile
Comp met ManufacturerID M104 vervaardig is, is as gevolg van 'n
fout gedurende die vervaardigingsproses herroep.
Verwyder al die rekords van slim luidsprekers wat deur
ManufacturerID M104 vervaardig is, uit die tblDevices tabel.
LET WEL: Kode is voorsien om 'n boodskap wat die getal rekords
wat verwyder is, vertoon.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/2023
SS/NSS
2.2 Oortjieblad [2.2 - Delphi code]
LET WEL:
Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en
VRAAG 2.2.2 te beantwoord.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/2023
SS/NSS
2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Display products]
Kleinhandelaars wil sien watter produkte deur elke vervaardiger
gemaak word.
Kode is voorsien om die inhoud van die redQ2_2_1-komponent
skoon te maak.
Skryf kode om die volgende te doen:
Vertoon die vervaardiger se naam en kontaknommer in die
volgende formaat:
<Naam van vervaardiger>: <Kontaknommer>
Vertoon die volgende opskrifte vir elke vervaardiger:
'Device name' 'In stock' 'Price'
Vertoon al die toestelle wat deur elke vervaardiger gemaak word
deur die geskikte opskrifte te gebruik.
Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee vervaardigers (Berry Tech
en Gem Smart):
(12)
2.2.2 Knoppie [2.2.2 -Update stock]
Wanneer toestelle verkoop word, moet die getal in voorraad in die
tabel tblDevices verminder word.
Die gebruiker moet die rekord van die toestel wat verkoop gaan
word, uit die tblDevices-tabel in die DBGrid-komponent
dbgDevices selekteer.
Skryf kode om die volgende te doen:
Voorsien 'n toevoerdialoogblokkie ('input dialog box') sodat die
gebruiker die getal toestelle wat verkoop gaan word, vir die
rekord wat geselekteer is, insleutel.
As die voorraad voldoende is, verminder die getal van die
geselekteerde item wat in voorraad is, met die getal wat
ingesleutel is. As die voorraad onvoldoende is, vertoon 'n
geskikte boodskap.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/2023
SS/NSS
Voorbeeld van afvoer as die 'Bulb 6'-item geselekteer is voordat
enige items verkoop is:
Voorbeeld van afvoer as die waarde van 15 ingesleutel is en
15 eenhede van die geselekteerde item verkoop is:
Voorbeeld van afvoer as die 'Bulb 6'-item geselekteer is voordat
enige items verkoop is:
Voorbeeld van afvoer as die waarde van 101 ingesleutel is vir
eenhede wat verkoop moet word:
(6)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C
VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING
Slim skakelaars ('Smart switches') is geïnstalleer om huistoestelle te moniteer en te
outomatiseer. Die program wat ontwikkel gaan word, sal die toestelkragverbruik van die
skakelaar ('switch') bepaal en die gebruiker sal die opsie hê om die skakelaar AAN of
AF te skakel.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.
Maak die onvolledige objekklas SmartSwitch_U.pas oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
Question3_U.pas-lêer en die SmartSwitch_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 hieronder.
3.1 Die gegewe onvoltooide objekklas (TSmartSwitch) bevat:
Die verklaring van vier attribute wat 'n SmartSwitch-objek beskryf
Kode vir 'n metode met die naam determineSwitchStatus
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/2023
SS/NSS
Die attribute vir 'n SmartSwitch-objek is soos volg verklaar:
Attribuut Tipe Beskrywing
fSwitchID String Die kode wat die skakelaar identifiseer, bv. S01
fDevice String Die naam van die toestel wat op die skakelaar
gebruik sal word
fPowerUsage Integer Die hoeveelheid energie/krag in watt wat deur die
toestel gebruik word
fSwitchStatus Boolean Die huidige status van die skakelaar, óf True vir
AAN ('ON') óf False vir AF ('OFF')
LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruiker-gedefinieerde
metodes byvoeg NIE, tensy dit eksplisiet in die vraag genoem is
nie.
Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
hieronder beskryf word.
3.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die skakelaar-ID ('switch
ID'), die naam van die toestel en die kragverbruik van die skakelaar as
parameters sal ontvang. Ken die parameterwaardes aan die
onderskeie attribute toe. Ken die waarde 'false' aan die
fSwitchStatus-attribuut toe. (5)
3.1.2 Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
getSwitchID om die fSwitchID-attribuut terug te stuur. (2)
3.1.3 Skryf kode vir 'n metode met die naam energyUsed wat die getal ure
(as 'n heelgetal) wat die toestel aangeskakel was, as 'n parameter sal
ontvang. Gebruik die formule hieronder om die hoeveelheid energie
((kilowatt-hour (kWh)) wat deur die toestel gebruik is, te bereken en
terug te stuur.
Energie gebruik = KragVerbruik ('PowerUsage') * Ure
1000 (4)
3.1.4 Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam
setSwitchStatus wat gebruik kan word om die toestel AAN ('ON') of
AF ('OFF') te skakel. Die metode moet 'n Boolese waarde as 'n
parameter ontvang en die fSwitchStatus-attribuut stel op die waarde
wat ontvang is. (3)
3.1.5 Skryf kode vir 'n toString-metode om 'n string met al die attribute van
die objek in die volgende formaat terug te stuur:
Switch ID: <SwitchID>
Device: <Device>
Power usage: <PowerUsage> W
Switch status: <ON> or <OFF>
Roep die metode determineSwitchStatus wat voorsien is, om te
bepaal of die skakelaar AAN ('ON') of AF ('OFF') is. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/2023
SS/NSS
3.2 'n Onvolledige program, Question3_P, is in die Question 3-lêergids voorsien.
Die program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n
objekveranderlike met die naam objSmartSwitch.
Skryf kode om die take wat in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 hieronder beskryf
word, uit te voer.
Kode is in elkeen van die knoppies voorsien om die redQ3-'rich edit'-
komponent skoon te maak.
3.2.1 Knoppie [3.2.1 - Instantiate object]
'n Lysblokkie ('list box') lstQ3_2_1 bevat toestelle en hulle
kragverbruik in die volgende formaat:
<Toestel>#<Kragverbruik in watt>
Die gebruiker moet 'n skakelaar-ID uit die kombinasieblokkie ('combo
box') cmbQ3_2_1 en enige toestel uit die lysblokkie lstQ3_2_1
selekteer.
Skryf kode om die volgende te doen:
Verkry die ID van die skakelaar uit die kombinasieblokkie ('combo
box') cmbQ3_2_1.
Verkry die naam van die toestel en sy kragverbruik in watt uit die
lysblokkie lstQ3_2_1. Skei die naam van die toestel van die
kragverbruik.
Gebruik die skakelaar se ID, naam van die toestel en kragverbruik
om 'n nuwe SmartSwitch-objek te instansieer.
Roep die toString-metode om die inligting van die SmartSwitch-
objek in die 'rich edit' redQ3 te vertoon.
Voorbeeld van toevoer:
Voorbeeld van afvoer ná instansiëring van die objek:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/2023
SS/NSS
3.2.2 Knoppie [3.2.2 - Change switch status]
Gebruik die radiogroep ('radio group') rgpQ3_2_2 om te kies of die
skakelaar AAN ('ON') of AF ('OFF') moet wees.
Skryf kode om die volgende te doen:
Roep die setSwitchStatus-metode deur die waarde wat uit die
radiogroep ('radio group') geselekteer is, as 'n argument te gebruik.
Die waarde 'ON' verteenwoordig True en die waarde 'OFF'
verteenwoordig False.
Vertoon die ID en die status van die objSmartSwitch-objek in die
'rich edit' redQ3.
Voorbeeld van toevoer as die 'ON'-opsie vir die 'fan'-toestel
geselekteer is:
Voorbeeld van afvoer as die 'ON'-opsie vir die 'fan'-toestel geselekteer
is:
(5)
3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Write to file]
'n Tekslêer met die naam log.txt hou boek van die datum, tyd,
skakelaar se ID en status van die skakelaar.
Kode is in die FormCreate-gebeurtenis ('event') voorsien om die
huidige tyd in die byskrif ('lable') lblTime te vertoon.
Skryf kode om die volgende te doen:
Maak die tekslêer log.txt oop om 'n teksreël by te voeg.
Voeg 'n reël teks by die lêer wat die huidige stelseldatum, huidige
stelseltyd, die skakelaar se ID en die skakelaar se status in die
volgende formaat bevat:
Huidige datum, Huidige tyd, Skakelaar-ID#Skakelaar status
Voorbeeld van afvoer na die lêer as die stelsel se huidige datum en
tyd 23 May 2023, 9:18:06 AM is:
23/05/2023,9:18:06 AM,S03#ON
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/2023
SS/NSS
LET WEL: 'n Datumfunksie ('date function') moet gebruik word om
die stelsel se huidige datum te verkry. Die formaat van
die datum en tyd hang af van die streeksinstellings
('regional settings') van jou rekenaar, wat kan verskil van
die voorbeeld van afvoer wat voorsien is. (6)
3.2.4 Knoppie [3.2.4 - Power usage]
Die skakelaar sal vir 'n spesifieke aantal uur aan gelos word.
Die gebruiker moet die getal uur in die redigeerblokkie ('edit box')
edtQ3_2_4 insleutel.
Skryf kode om die volgende te doen:
Verkry die getal ure wat ingesleutel is uit die redigeerblokkie
edtQ3_2_4.
Roep die energyUsed-metode deur die getal uur wat ingesleutel
is, as 'n argument te gebruik.
Vertoon 'n geskikte boodskap in die 'rich edit' redQ3 om die
hoeveelheid energie wat gebruik is, in kWh aan te dui.
Voorbeeld van toevoer en afvoer as die toestel wat geselekteer is, 'n
'fan' van 100 W is en die getal ure 4 is:
Voorbeeld van toevoer en afvoer as die toestel wat geselekteer is, 'n
'pool pump' van 850 W is en die getal ure 6 is:
(3)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
die vormklas in.
Stoor jou program.
Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING D
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING
Jy is besig om 'n program te ontwikkel om die kabellose netwerk vir 'n kollegekampus
te toets. Die oppervlakte van die kampus is in 'n rooster ('grid') opgedeel waar
toegangspunte bygevoeg kan word en Wi-Fi-dekking bepaal sal word.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Question4_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Die volgende twee-dimensionele skikking arrNetwork is voorsien. Die skikking
verteenwoordig die kabellose netwerk van die kollegekampus wat in 'n rooster met 5
rye en 6 kolomme opgedeel is.
arrNetwork: array [1 .. 5, 1 .. 6] of char =
(('_','A','_','_','_','_'),
('_','_','_','_','_','_'),
('_','_','_','_','A','_'),
('_','_','_','_','_','_'),
('_','A','_','_','_','_'));
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/2023
SS/NSS
Die volgende tabel bevat die beskrywings van die simbole wat in die skikking gebruik
is:
Simbool Beskrywing
Letter ('A') Toegangspunt
Onderstreep ('_') Oop spasie
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3
hieronder beskryf word.
4.1 Knoppie [4.1 - Display]
Skryf kode om die skikking arrNetwork wat voorsien is, in die 'rich edit' redQ4
te vertoon. Die ry- en kolomopskrifte wat die kabellose netwerk van die
kollegekampus verteenwoordig, moet vertoon word soos in die voorbeeld van
afvoer getoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
4.2 Knoppie [4.2 - Add access point]
Die program moet in staat wees om die byvoeg van 'n toegangspunt tot die
kampusnetwerk by 'n beskikbare spasie in die rooster vas te lê ('capture').
'n Maksimum van drie toegangspunte word in 'n ry toegelaat.
Die gebruiker moet die ry- en kolomwaardes uit die spin-redigeerblokkies
sedQ4_2_Row en sedQ4_2_Col selekteer waar die toegangspunt bygevoeg
moet word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Verkry die ry- en kolomwaardes wat vir die plek van die toegangspunt
geselekteer is.
Voeg die toegangspunt by die plek in arrNetwork by as daar nie 'n
toegangspunt by daardie plek is nie en die totale getal toegangspunte in
daardie ry nie meer as twee is nie.
Vertoon 'n geskikte boodskap as:
o Daar reeds 'n toegangspunt is by die spesifieke plek is
o Die ry reeds meer as twee toegangspunte bevat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/2023
SS/NSS
Voorbeeld van afvoer as die geselekteerde ry 3 is en die geselekteerde
kolom 1 is:
Voorbeeld van afvoer as die geselekteerde ry 3 is en die geselekteerde
kolom 5 is en daar reeds 'n toegangspunt by hierdie plek ('location') is:
Voorbeeld van afvoer as die gebruiker probeer om 'n toegangspunt by te voeg
in 'n ry wat reeds 3 toegangspunte het:
(10)
4.3 Knoppie [4.3 - Coverage ]
'n Rooster word gebruik om te bepaal watter blokke/plekke op die kampus
dekking sal hê en watter nie dekking sal hê nie. Elke toegangspunt (A) het die
kapasiteit om 'n sein aan al die blokke/plekke rondom die toegangspunt te
voorsien. Die blokke/plekke wat per toegangspunt gedek word, sal met die
asterisk('*')-karakter gemerk word.
Voorbeeld:
Skryf kode om die volgende te doen:
Voeg dekkingsimbole (*) by rondom al die toegangspunte in die kampus
se netwerk wat in die skikking arrNetwork gestoor is.
Vertoon die skikking arrNetwork nadat die dekkingsimbole bygevoeg is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/2023
SS/NSS
Voorbeeld van afvoer:
(13)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer
in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING D: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/2023
SS/NSS
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2:
Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:
Tabel: tblManufacturers
Hierdie tabel bevat die besonderhede van die vervaardigers.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
ManufacturerID Text (5) Unieke ID vir elke vervaardiger
ManufacturerName Text (25) Naam van elke vervaardiger
ContactNumber Text (10) Die kontaknommer van elke vervaardiger
OnlineSupport Yes/No Die waarde 'true' om aan te dui dat aanlyn
ondersteuning voorsien sal word; 'false' indien nie
Voorbeeld van die eerste sewe rekords van die tblManufacturers-tabel:
Tabel: tblDevices
Hierdie tabel bevat inligting oor die toestelle wat deur elke vervaardiger gemaak word.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
DeviceID Text (10) Unieke ID vir elke toestel
DeviceName Text (20) Unieke naam vir elke toestel
Category Text (20) Kategorie van elke toestel: smart watch, smart
lighting, smart TV, smart speaker, smart refrigerator,
smart door lock, smart heating
OperatingSystem Text(15) Die bedryfstelsel wat gebruik word om toestelle te
laat uitvoer en met die vervaardiger te koppel
Price Currency Die verkoopprys van elke toestel
NumInStock Number Die hoeveelheid voorraad wat vir elke toestel
beskikbaar is
ManufacturerID Text (5) ID van die vervaardiger van elke toestel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/2023
SS/NSS
Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblDevices-tabel:
LET WEL:
Konneksiekode is voorsien.
Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die
databasis kan verkry nie.
Die volgende een-tot-baie verwantskap met referensiële integriteit ('referential integrity')
bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 DBE/2023
SS/NSS
BEPLANNINGSBLADSY 1
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 DBE/2023
SS/NSS
BEPLANNINGSBLADSY 2
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2019 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2018 QP (Eng)
_hlayiso.com_--99bccf2f-17ab-41f3-b2cd-41e24e170d07/v1-b87dfc191020013b0097/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Eng)

Memorandum