Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers _hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)




View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Afr)
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 974.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
NSC June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/2023
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (30)
AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur (20)
AFDELING E: Oplossingontwikkeling (20)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (40)
2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
feite/redes wat verlang word.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–Q) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 R.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 'n Stel data wat ander data beskryf A WWW
en inligting daaroor verskaf
B ontfouting ('debugging')
1.1.2 'n Versameling velde wat data oor 'n
spesifieke entiteit bevat C mp3
1.1.3 'n Meeteenheid vir netwerk-
D defragmentering
bandwydte en deurvoer
1.1.4 Tegniek wat gebruik word om te E metadata
verhoed dat programme tydens die
uitvoer daarvan ineenstort ('crash') F inprop ('plug-in')
1.1.5 'n Netwerk van aanlyn inhoud wat G argument
ineengeskakel ('interlinked') is en
waartoe toegang oor die internet H Mgps ('Mbps')
verkry kan word
I bemiddelde soektog
1.1.6 Onwelkome, ongevraagde digitale ('mediated search')
kommunikasie wat in massa
uitgestuur word J strikroof ('phishing')
1.1.7 'n Sagtewarekomponent wat 'n
K rekord
spesifieke eienskap by 'n bestaande
rekenaarprogram voeg
L semantiese soektog
1.1.8 'n Veranderlike in die opskrif
('header') van 'n subroetine wat as M JPG
toevoer na die subroetine gebruik
word N hantering van
uitsonderings
1.1.9 'n Formaat van datasamepersing vir ('exception handling')
die enkodering van digitale oudio,
meestal musiek O spam
1.1.10 'n Data-soektogtegniek waar die P GHz
doel van 'n soektog-navraag nie net
is om sleutelwoorde op te spoor nie, Q parameter
maar ook om die bedoeling en
kontekstuele betekenis van die
sleutelwoorde te bepaal
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/2023
SS/NSS
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 D.
1.2.1 Watter EEN van die volgende is 'n protokol wat privaatheid bied aan
gebruikers wat op 'n publieke netwerk soos die internet werk?
A HTML
B VoIP
C VPN
D FTP (1)
1.2.2 'n Groep rekenaars wat deur dieselfde kwaadwillige sagteware
('malware') geïnfekteer is en saam werk om kuberaanvalle uit te
voer, staan as … bekend.
A kuberbendes ('cyber gangs')
B skimverklikkers ('rootkits')
C botnets
D kuberkrakers ('hackers') (1)
1.2.3 … is die proses om groot volumes data te analiseer om patrone en
neigings ('trends') te vind.
A Datavalidering
B Datapakhuising ('Data warehousing')
C Data-enkripsie
D Data-ontginning (1)
1.2.4 Wat sal die waarde van K wees nadat die programsegment
hieronder uitgevoer is?
sWoord 'abcde'
K 0
while (length(sWoord) <= 20)
begin
sWoord := sWoord + sWoord
K K + 1
end while
A 3
B 4
C 5
D 6 (2)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
'n IKT('ICT')-stelsel moet geïmplementeer word vir 'n nasionale televisiestasie wat 'n
talentvertoning aanbied. Elke beoordelaar sal van 'n skootrekenaar met die volgende
spesifikasies voorsien word:
Spesifikasies:
Intel N4020-verwerker
11.6" HD Touch
MediaTek-grafikaverwerker
4 GB ('GG') LPDDR4
16 GB ('GG') eMMC VTA ('SSD')
Gigabit Wi-Fi 5
Bluetooth 5.0
Google Chrome
Office 365
2.1 Elke skootrekenaar het twee verwerkers, 'n Intel N4020-verwerker
(SVE/'CPU') en 'n MediaTek-grafikaverwerker (GVE/'GPU').
2.1.1 Noem die doel van 'n sentrale verwerkingseenheid (SVE). (1)
2.1.2 Die meeste moderne verwerkers is multikern('multicore')-verwerkers
wat multikern-tegnologie gebruik.
(a) Verduidelik waarna die term multikern verwys ten opsigte van
SVE-ontwerp. (2)
(b) Noem EEN verwerkingstegniek wat sal toelaat dat die volle
voordeel van multikern-tegnologie benut kan word. (1)
(c) Verduidelik waarom multikern-tegnologie in staat is om die
werkverrigting van 'n verwerker te verbeter. (2)
2.1.3 Motiveer waarom die insluiting van 'n grafika-verwerker 'n positiewe
impak op die werkverrigting van die skootrekenaar sal hê. (2)
2.2 Die 11.6' HD Touch-spesifikasie verwys na die skootrekenaar se skerm.
2.2.1 Verduidelik hoe die grootte van 'n skerm gemeet word. (1)
2.2.2 Sommige toestelle het beide 'n VGA- en HDMI-konnekteerder om
met eksterne vertoontoestelle te kan koppel.
Dui aan watter EEN van hierdie konnekteerders die voorkeur-
konnekteerder in moderne toestelle is. Motiveer jou keuse. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/2023
SS/NSS
2.3 Elke beoordelaar se skootrekenaar is met 'n 16GG('GB')-VTA ('SSD')
toegerus.
Motiveer die gebruik van geheue('flash')-tegnologie in VTA('SSD')-toestelle
deur TWEE positiewe eienskappe van geheuestokkie('flash disk')-tegnologie
te noem. (2)
2.4 Die skootrekenaars word tydens die talentvertoning sonder kabels in 'n
netwerk gekoppel.
Verduidelik hoekom Wi-Fi meer geskik as Bluetooth sal wees om aan 'n
kabellose netwerk ('wireless network') te koppel. (2)
2.5 Windows 11 is as bedryfstelsel op elke skootrekenaar geïnstalleer.
2.5.1 Definieer die term bedryfstelsel. (2)
2.5.2 Alhoewel Windows 11 'n bekende voorbeeld van outeursreg-
sagteware ('proprietary software') is, word oopbronsagteware ('open
source software') ook algemeen gebruik.
Watter EEN van hierdie tipes sagteware, outeursreg of oopbron, sou
jy aanbeveel?
Motiveer jou aanbeveling deur die meriete van die gebruik van die
spesifieke sagteware te bespreek. (3)
2.6 Die Microsoft Office 365 wat op elke skootrekenaar geïnstalleer is, is slegs as
'n SaaS-model beskikbaar.
2.6.1 Wat behels die SaaS-model? (1)
2.6.2 Regverdig hoekom die gebruik van die SaaS-model die
voorkeurbemarkingsmodel van baie sagtewaremaatskappye, soos
Microsoft, is. (2)
2.7 Nadat antivirussagteware geïnstalleer is, het die werkverrigting van die
skootrekenaars afgeneem.
Verduidelik hoe die funksionering van die antivirussagteware tot die afname in
die algehele werkverrigting van 'n rekenaar kan bydra. (2)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Tegnologie in die vermaaklikheidsbedryf het die afgelope paar jaar uitgebrei.
Hierdie bedryf het kommunikasie- en netwerktegnologie aangeneem om toegang tot
vermaaklikheidsinhoud te verbeter.
3.1 Bestudeer die netwerkdiagram (FIGUUR 1) hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
Roteerder ('Router')
Netskans ('Firewall')
Mobiele foon
Tafelrekenaar
Skakelaar ('Switch')
Kabellose toegangspunt
Drukker Bediener ('Server')
FIGUUR 1
3.1.1 Noem die funksie van ELK van die volgende komponente in 'n
netwerk:
(a) Skakelaar ('Switch') (1)
(b) Kabellose toegangspunt ('Wireless access point') (2)
(c) Roeteerder ('Router') (1)
(d) Bediener ('Server') (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/2023
SS/NSS
3.1.2 'n Netskans ('firewall') is belangrik in 'n netwerk om teen
veiligheidsbreuke beveilig te wees.
Noem TWEE ander tipes veiligheidsmaatreëls wat gebruik kan word
om jou data op 'n netwerk te beveilig. (2)
3.1.3 Jy het agtergekom dat die Wi-Fi-sein se sterkte afneem as dit deur
fisiese objekte moet gaan, wat veroorsaak dat die
versendingstempo van die netwerk afneem.
Noem TWEE ander moontlike oorsake van die afname in
versendingstempo wat dikwels op Wi-Fi-netwerke ondervind word. (2)
3.1.4 'n Vriend het die gebruik van BitTorrent voorgestel om medialêers af
te laai.
Verduidelik die proses van die oorstroming ('torrenting') van lêers
vanaf die internet. (3)
3.1.5 'n Stertopologie word vir die uitleg van die netwerk gebruik.
(a) Noem die komponent in FIGUUR 1 wat die uitleg van netwerk
as 'n stertopologie identifiseer. (1)
(b) Buiten koste, noem die enkele grootste nadeel van die gebruik
van 'n stertopologie. (1)
3.2 Jy het 'n wolkdiens ('cloud service') gebruik om jou medialêers te rugsteun.
3.2.1 Verduidelik die verskil tussen 'n lêersinchroniseringsdiens en 'n
rugsteundiens. (2)
3.2.2 Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkberging ('cloud
storage'). (2)
3.2.3 Motiveer hoekom optiese vesel die aanbevole keuse van 'n
kommunikasiemedium is om groot hoeveelhede data na die wolk
('cloud') op te laai. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/2023
SS/NSS
3.3 Jou gunstelingwebtuiste toon 'n lokboodskap vir jou om na 'n video oor
koekies ('cookies') te kyk.
3.3.1 Dui aan of 'n koekie lokaal of aanlyn gestoor word. (1)
3.3.2 Gee 'n voorbeeld van data wat deur 'n koekie gestoor word. (1)
3.3.3 Jy het agtergekom dat die webtuiste 'n toegewyde toep ('app') in die
toepwinkel ('app store') het.
Motiveer waarom 'n toep soms eerder as 'n webblaaier ('browser')
verkies word om 'n webtuiste te besoek. (2)
3.4 Web 2.0 het daartoe gelei dat gebruikers deur sosialemedia-tuistes blaai en
toegang tot webtuistes kry waar interaksie tussen vriende en virtuele
gemeenskappe plaasvind.
3.4.1 (a) Waarna verwys 'n virtuele gemeenskap in hierdie konteks? (1)
(b) Noem EEN vooruitgang van Web 1.0 na Web 2.0 wat hierdie
tipe sosiale interaksie moontlik gemaak het. (1)
3.4.2 Die internet het ook na die Internet van Dinge (IvD) ('Internet of
Things/(IoT)') uitgebrei.
(a) Wat is die IvD ('IoT')? (2)
(b) Verduidelik deur middel van 'n voorbeeld hoe die IvD in 'n slim
('smart') huis gebruik kan word. (2)
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
4.1 Beskou die entiteit-verwantskap-diagram (EVD) ('entity relationship diagram/
ERD') hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Speellys het Liedjies
4.1.1 Wat is die doel van 'n EVD ('ERD')? (2)
4.1.2 Kies die mees geskikte term uit die lys hieronder vir die deel van die
EVD ('ERD') hierbo wat deur (a) tot (d) aangedui word.
LET WEL: Jy word toegelaat om 'n opsie SLEGS EEN keer uit die
lys te kies.
Skryf die letter ((a) tot (d)) uit die diagram, sowel as die
geselekteerde term uit die lys hieronder langs die vraagnommer
(4.1.2) neer.
Entiteit
Verwantskap
Attribuut
Baie
Een
Verpligtend
Opsioneel (4)
4.1.3 'n Primêre sleutel moet uniek wees wanneer dit in 'n
genormaliseerde databasis gebruik word.
Noem EEN ander vereiste van 'n primêre sleutel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/2023
SS/NSS
4.1.4 Die ontwerp van die tblSpeellys-tabel hieronder is 'n poging om 'n
lys met liedjies vir die verskillende genres saam te stel, met
voorbeelddata.
Genre Getal Liedjie Liedjie Liedjie Liedjie
liedjies 1 2 3 4
Pop 3 Go West Shaggy DoBeDo
R and B 1 Move on
Country 3 Let's Jolene Hey Jude
Dance
Klassiek 2 Sunset Phantom
(a) Analiseer die ontwerp van die tblSpeelys-tabel krities deur
te verduidelik hoekom die tabel nie aan die reëls van
normalisering voldoen nie. (2)
(b) Gee 'n rede waarom dit meer geskik is om die speellys se
inligting in 'n databasis eerder as in 'n tekslêer te stoor. (1)
4.2 Jou onderwyser moet jou IT-punte vir die graad 12-eksamen insleutel. Jou
totale punt uit 150 moet as 'n heelgetal ingesleutel word.
'n Unieke kode moet vir elke leerder saamgestel word deur die leerder se
ID-nommer te gebruik.
Gebruik inligting hierbo en gee 'n voorbeeld van hoe die volgende data-
valideringstegnieke toegepas kan word:
4.2.1 Datatipe-toets ('data type check') (1)
4.2.2 Reikwydte-toets ('range check') (1)
4.2.3 Teenwoordigheidstoets ('presence check') (1)
4.3 Data-onafhanklikheid word op verskeie vlakke in moderne databasis-
bestuursagteware verkry.
Onderskei tussen die implikasie van fisiese en logiese data-onafhanklikheid
tydens die ontwikkeling van 'n toepassing wat data, wat in 'n databasis
gestoor is, gebruik. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/2023
SS/NSS
4.4 'n Geleentheidsagentskap bestuur die inkomste en uitgawes vir
vermaaklikheidsgeleenthede. 'n Databasis sal as 'n transaksie-
verwerkingstelsel vir die bespreek van plekke en die verkoop van kaartjies
gebruik word.
4.4.1 Verduidelik hoekom verwante transaksies tydens die verwerking
van transaksies saam gegroepeer word. (1)
4.4.2 Tydens die verwerking van 'n transaksie om 'n geleentheid te
bespreek, word die bestuurder daarvan in kennis gestel dat die plek
reeds bespreek is.
Wat word die proses genoem wat die databasis na sy vorige
toestand terugneem? (1)
4.4.3 Gelyktydige toegang tot die plekbesprekingstabel in die databasis
kan tot dubbele besprekings lei.
Wat word die konsep genoem wat toegepas word om gelyktydige
toegang tot 'n databasistabel te voorkom? (1)
4.4.4 Die bestuurder by die geleentheidsagentskap gebruik 'n ouditspoor
('audit trail').
Motiveer die nodigheid om 'n ouditspoor by die agentskap te
gebruik. (2)
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Die aansoekvorm hieronder is deur 'n talentsoek-organisasie gebruik sodat
kandidate vir 'n liedjieskryfkompetisie kan inskryf.
5.1.1 Drie seleksiekomponente is in die toepassing gebruik.
Motiveer die gebruik van seleksiekomponente eerder as insleutel-
velde om inligting van gebruikers te bekom. (1)
5.1.2 Die inligting wat in die toepassing hierbo ingesleutel word, sal in 'n
tekslêer gestoor word.
Noem die voordeel daarvan om die aansoekers se besonderhede in
'n tekslêer te stoor eerder as om slegs 'n skikking te gebruik. (1)
5.1.3 Die vorm het 'n knoppie ('button') nodig om die toepassing toe te
maak ('Close').
Hoekom sal die gebruik van 'n bis-knoppie ('bit button') meer geskik
wees as 'n standaardknoppie? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/2023
SS/NSS
5.2 Die volgende segment van 'n kode is as 'n deel van 'n speletjie-kompetisie
gebruik. 'n Getal van 1 tot 6 moet lukraak gegenereer word. As die getal ewe
is, moet die vierkantswortel van die getal bereken word, anders moet die
vierkant van die getal bereken word.
1 procedure TfrmV5.btnVraag5_2Click(Sender: TObject);
2 var
3 iGetal, iVierkantswortel, iVierkant:Integer;
4 rDeler:Real;
5 begin
6 iGetal := RandomRange(1,7);
7 if iGetal mod 2 = 0 then
8 begin
9 iVierkantswortel := SQRT(iGetal);
10 end
11 else
12 begin
13 iVierkant := iGetal * 2;
14 end;
15 rDeler := iGetal / 0;
16 ShowMessage(FloatToStr(rDeler));
17 end;
Daar is baie foute in die segment van die kode hierbo.
Gee die reëlnommer in die kode waar ELK van die volgende foute voorkom
en verduidelik die rede vir die fout:
5.2.1 Sintaksfout (2)
5.2.2 Logiese fout (2)
5.2.3 Looptydfout ('Runtime error') (2)
5.3 'n Veranderlike bVlag is as 'n Boolese datatipe verklaar.
Dui aan of die volgende stellings REG of VERKEERD is:
5.3.1 Die volgende twee reëls kode sal dieselfde antwoord tot gevolg hê:
Reël 1: if bVlag then
Reël 2: if bVlag = True then (1)
5.3.2 Die stelling NOT bVlag sal altyd 'false' as die resultaat lewer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/2023
SS/NSS
5.4 Klasse en objekte is sleutelaspekte in objek-georiënteerde programmering.
5.4.1 'n Toegangsbepaler ('access modifier') bepaal die toeganklikheid
van die veranderlikes en metodes van 'n klas.
Gee die status van die verstek('default')toegangsbepaler van 'n
attribuut van 'n klas. (1)
5.4.2 Hoekom sal 'n metode soos 'n toString-metode as publiek ('public')
verklaar word? (2)
5.5 Die persoon wat vir die IT-afdeling by die kompetisie verantwoordelik is, het
die taak gekry om die afvoer vir 'n programsegment, wat deur die
vloeidiagram hieronder voorgestel word, te bepaal.
Index <= Length?
LET WEL: 'Length' in die vloeidiagram verwys na die lengte van die
toevoerteks ('input text').
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/2023
SS/NSS
Die naspeurtabel hieronder is saamgestel om te bepaal wat die afvoer van
hierdie programsegment sal wees as die teks Y&$6@ as toevoer ingesleutel
word.
Kopieer die naspeurtabel in jou ANTWOORDEBOEK en voltooi dit.
Text Count Index Text [Index] Index <= Count Display
= one of Length? >=3 AND
Y&$6@? Length>
=8?
Y&$6@
(6)
TOTAAL AFDELING E: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/2023
SS/NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
WatchMore Inc. is 'n internasionale vermaaklikheidsmaatskappy wat in die stroming
van televisievertonings en flieks spesialiseer.
6.1 WatchMore Inc. verskaf 'n video-op-versoek('VOV')('video on demand/VOD')-
diens wat lisensies aan gebruikers bied. Hierdie lisensies laat toe dat vyf
toestelle toegang tot een enkele subskripsie kan kry.
6.1.1 Definieer die term VOV-diens. (2)
6.1.2 Elke gebruiker moet 'n eindgebruiker-lisensieooreenkoms (EGLO/
'EULA') aanvaar as hulle 'n VOV-diens gebruik.
Noem TWEE aspekte wat deur 'n EGLO aangespreek sal word. (2)
6.1.3 Sommige dienste onderskei tussen die inhoud waartoe gebruikers
toegang kan kry op grond van die spesifieke land waarin hulle woon.
Verduidelik hoe geo-blokkering werk om gebruikers toegang tot
sekere inhoud van 'n VOV-diens te weier. (2)
6.2 Werknemers by die maatskappy kan gesondheidsprobleme ontwikkel as
gevolg van lang ure van redigering van flieks en vertonings.
Gee TWEE ergonomiese riglyne om potensiële gesondheidsprobleme te
voorkom. (2)
6.3 Die voorsiening van 'n VOV-diens hang af van die vermoë om inhoud
doeltreffend te stroom.
6.3.1 Verduidelik hoekom VOV-inhoud gestroom en nie afgelaai sal word
nie. (2)
6.3.2 Verskillende tipes samepersing ('compression') sal gebruik word om
inhoud oor netwerke te stroom om die stromingsproses vinniger te
maak.
(a) Watter tipe samepersing sal gebruik word vir die tipe inhoud
wat op VOV-dienste aangebied word? (1)
(b) Verduidelik hoekom die antwoord op VRAAG 6.3.2(a) hierbo
die geskikste vir hierdie tipe inhoud is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 18 DBE/2023
SS/NSS
6.4 Die VOV-diens laat kliënte toe om elektroniese aanlyn betalings op hulle
rekeninge te doen deur hulle beveiligde betalingsplatform te gebruik.
6.4.1 Noem EEN manier waarop die gebruiker kan bepaal of die tuiste
('site') wat die betalingsplatform verskaf, 'n veilige konneksie
gebruik. (1)
6.4.2 Alle aanlyn transaksies is geënkripteer deur 'n beveiligde soklaag
(BSL/'SSL') te gebruik.
(a) Motiveer die behoefte aan enkripsie wanneer aanlyn betalings
gedoen word. (2)
(b) Verduidelik kortliks die DRIE basiese stappe van BSL-
enkripsie. (3)
6.4.3 Verduidelik EEN tegniek wat deur kubermisdadigers gebruik word
om internetgebruikers se bankinligting te verkry. (2)
6.5 Die VOV-diens sal 'n groot getal gebruikers wat van die diens gebruik maak,
moet kan akkommodeer.
6.5.1 Om te verseker dat hulle groot getalle gebruikers kan hanteer, maak
hulle hulle dienste aanpasbaar ('scalable').
(a) Verduidelik die konsep aanpasbaarheid in hierdie konteks. (1)
(b) Beskryf TWEE verskillende maniere waarop virtualisering
gebruik kan word om hulle diens aanpasbaar te maak. (2)
6.5.2 Om die beskikbaarheid te verseker van die databasis wat die
gebruikersrekeninge bevat, gaan hulle 'n verspreidedatabasis-model
('distributed database model') gebruik.
(a) In 'n verspreidedatabasis-model kan die data
gerepliseer/gedupliseer of gesegmenteer ('partitioned') wees.
Motiveer watter EEN van hierdie twee benaderings jy op grond
van die gegewe scenario sal aanbeveel. (2)
(b) Hoe kan jy seker maak dat databasisse wat deel van 'n
verspreidedatabasis-model vorm by 'n maatskappy met
verloop van tyd dieselfde inligting sal bevat soos wat
veranderinge aangebring word? (1)
6.6 Die produksiemaatskappy het besluit om 'n kletsbot ('chatbot') te gebruik om
navrae van kliënte te hanteer en om met kliënte in die kletsfunksie op hulle
webtuiste te kommunikeer.
6.6.1 'n Kletsbot is 'n vorm van kunsmatige intelligensie (KI/'AI').
Definieer KI. (2)
6.6.2 Noem EEN voordeel van die gebruik van 'n kletsbot om
gebruikersnavrae in hierdie scenario te hanteer. (1)
6.6.3 Gee TWEE redes waarom dit meer gepas sal wees om 'n werklike
persoon eerder as 'n kletsbot te gebruik om gebruikerskletse te
hanteer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 19 DBE/2023
SS/NSS
6.7 'n VOV-diens kan miljoene intekenaars hê. Om die gewildheid van VOV-
dienste vas te stel, stoor diensverskaffers die keuses van inhoud van al die
gebruikers.
6.7.1 Die scenario hierbo beskryf die eerste stap in die proses van data-
ontleding, naamlik die versameling van data.
Bespreek enige TWEE ander stappe met betrekking tot die scenario
deur 'n praktiese voorbeeld uit die scenario te gee. (4)
6.7.2 Data-ontleding het in die era van groot data ('big data') baie
uitdagend geword.
Bespreek TWEE spesifieke uitdagings wanneer daar met groot data
gewerk word. (2)
6.7.3 Die diensverskaffers gebruik die inligting wat hulle verkry uit
die prosesse of stappe wat hulle tydens data-ontleding volg om
inhoud wat met hulle spesifieke kyk-geskiedenis ooreenstem, aan
gebruikers te verskaf.
Evalueer hierdie praktyk krities ten opsigte van moontlike negatiewe
gevolge/invloede op gebruikers. (2)
TOTAAL AFDELING F: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--7454979b-cba2-4b39-a884-69e6b1c0f5c6/v1-3f9dc1675d92ae7768e5/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Eng)
_hlayiso.com_--500d3219-d02f-4c1c-af0e-452a5fe87f3b/v1-bfe5f3f664d3f236ff89/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC June 2018 QP (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Eng)
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Memorandum