Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202329 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2023 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye, 2 bladsye met data en 2 bladsye vir beplanning. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2023 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in al VIER afdelings beantwoord. 2. Twee leë bladsye wat vir beplanningsdoeleindes gebruik kan word, is aan die einde van die vraestel ingesluit. 3. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 4. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek is tot Delphi as programmeringstaal. Die Delphi-programmeringstaal moet gebruik word om die vrae te beantwoord. 5. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 6. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, as die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 7. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data- uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 8. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van die Delphi- programmeringstaal vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 9. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 10. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 11. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 12. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke voorkom. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 13. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2023 NSS 14. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende:  Dubbelklik op die volgende uitvoerbare lêer wat met 'n wagwoord beskerm is: DataNov2023.exe  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: %Learn4Life@ Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids ('folder') DataNov2023 beskikbaar wees: Vraag 1/Question 1: Vraag 3/Question 3: Details.txt Question3_P.dpr Question1_P.dpr Question3_P.dproj Question1_P.dproj Question3_P.res Question1_P.res Question3_U.dfm Question1_U.dfm Question3_U.pas Question1_U.pas School_U.pas Vraag 2/Question 2: Vraag 4/Question 4: ConnectDB_U.pas Question4_P.dpr Question2_P.dpr Question4_P.dproj Question2_P.dproj Question4_P.res Question2_P.res Question4_U.dfm Question2_U.dfm Question4_U.pas Question2_U.pas UniversityDB - Copy.mdb UniversityDB.mdb Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2023 NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Question 1-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Question1_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):  Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos wat beskryf is in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.5 wat volg. 1.1 Knoppie [1.1 - Display name and age] Die gebruiker moet die volgende doen:  Sleutel 'n naam in die redigeerblokkie ('edit box') edtQ1_1 in.  Sleutel in/Selekteer die persoon se ouderdom in die spin-redigeerblokkie ('spin edit box') spnQ1_1. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry ('Extract') die naam wat ingesleutel is uit die redigeerblokkie edtQ1_1 en stoor die naam in die veranderlike sName wat voorsien is.  Verkry die ouderdom wat ingesleutel/geselekteer is uit die spin- redigeerblokkie spnQ1_1 en stoor die ouderdom in die veranderlike iAge wat voorsien is.  Vertoon die naam en ouderdom, die een onder die ander, met gebruik van 'n afvoerdialoogblokkie ('output dialogue box'). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van toevoer: Voorbeeld van afvoer: (5) 1.2 Knoppie [1.2 - Hockey teams] Leerders wat daarin belangstel om hokkie te speel word in spanne van 11 spelers verdeel. 'n Totaal van 11 spelers verteenwoordig 'n volle span in hokkie. Die oorblywende spelers wat nie 'n volledige span kon vorm nie, word op 'n reserwelys geplaas. 'n Konstante veranderlike wat as PLAYERS = 11 verklaar is, is voorsien. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die totale getal leerders uit die redigeerblokkie edtQ1_2.  Gebruik die totale getal leerders en die konstante PLAYERS om die volgende te bereken: o Getal hokkiespanne wat uit 11 spelers bestaan o Getal leerders op die reserwelys (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2023 NSS 1.3 Knoppie [1.3 - Calculate] Die waarde van moet bereken word deur die formule hieronder te gebruik: √( ) Kode is voorsien om waardes toe te ken aan die veranderlikes rX en rY wat die x- en y-waardes in die formule verteenwoordig. Skryf kode om die volgende te doen:  Gebruik die veranderlikes rX en rY wat voorsien is en geskikte wiskundige funksies om die waarde van te bereken.  Vertoon die waarde van in die redigeerblokkie edtQ1_3, tot DRIE desimale plekke afgerond. Voorbeeld van afvoer vir die waardes rX = 12.46 en rY = 8.54 wat voorsien is: (5) 1.4 Knoppie [1.4 - Marathon results] Deelnemers wat 'n marathon voltooi en in een van die top 20-posisies klaarmaak, sal 'n goue, silwer- of bronsmedalje ontvang, gebaseer op die posisie waarin hulle klaargemaak het. Al die ander deelnemers wat ná die 20ste posisie klaarmaak, sal 'n deelname-sertifikaat ontvang. Kode is vir die gebruiker voorsien met gebruik van 'n toevoerdialoogblokkie ('input dialogue box') om die posisie waarin die deelnemer klaargemaak het, in te sleutel. Die gebruikertoevoer is aan die veranderlike iPosition toegeken. Skryf kode wat 'n gevalstelling ('case statement') gebruik om 'n geskikte boodskap in die etiket ('label') lblQ1_4, wat op die inligting in die tabel hieronder gebaseer is, te vertoon. Posisie klaargemaak Toekenning 1 Goue medalje 2 en 3 Silwermedalje 4 tot 20 Bronsmedalje Na 20 Deelname-sertifikaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die eerste plek behaal het: Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die 20ste plek behaal het: Voorbeeld van toevoer en afvoer indien 'n leerder die 21ste plek behaal het: (6) 1.5 Knoppie [1.5 - Average mark] 'n Tekslêer met die naam 'Details.txt' bevat die name en punte van leerders in die volgende formaat: <Naam>#<Punt> Voorbeeld van die eerste vyf teksreëls in die tekslêer: Erinn Stansell#87 Michael Dinjes#90 Gabrielle Wadhams#23 Mirelda Berendsen#47 Elmore Skalls#32 Skryf kode om die volgende te doen:  Maak die tekslêer Details.txt oop, lees deur die teksreëls in die tekslêer en bepaal die gemiddelde punt van al die leerders.  Vertoon die gemiddelde punt op die paneel pnlQ1_5, afgerond tot die naaste heelgetal. LET WEL: Jou kode moet korrek werk vir enige getal teksreëls in die lêer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2023 NSS WENK: Gebruik die posisie van die huts-karakter (#) om die punt vir elke leerder te onttrek. Voorbeeld van afvoer: (15)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2023 NSS AFDELING B VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING Universiteite maak staat op doeltreffende administrasie en kommunikasie om die gladde verloop van hulle prosesse te fasiliteer. 'n Databasis met die naam UniversityDB.mdb, wat inligting bevat oor die verskillende dosente ('lecturers') en die kursusse wat hulle onderrig, is ontwikkel. Die databasis bevat twee tabelle, tblLecturers en tblCourses. LET WEL: Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp en inhoud van die databasis. Doen die volgende:  Maak die onvolledige projeklêer met die naam Question2_P.dpr in die Question 2- lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Question2_U.pas-eenheidlêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die inhoud van die tabelle word vertoon, soos wat hieronder getoon word oor die seleksie van oortjieblad ('tab sheet') 2.2 - Delphi code. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2023 NSS  Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling, soos wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.  Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. LET WEL:  Die 'Restore database'-knoppie word voorsien om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.  Die inhoud van die databasis is met 'n wagwoord beskerm, m.a.w. jy sal NIE in staat wees om direkte toegang tot die inhoud van die databasis te verkry deur Microsoft Access te gebruik NIE.  Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel. MOENIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.  TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word. Veranderlike Datatipe Beskrywing tblLecturers TADOTable Verwys na die tabel tblLecturers tblCourses TADOTable Verwys na die tabel tblCourses 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [2.1 - SQL] Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2023 NSS LET WEL:  Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te beantwoord.  Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, is voorsien. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig. Voltooi die SQL-stellings om die take wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 hieronder beskryf word, uit te voer. 2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Large enrolments] Vertoon die besonderhede van al die kursusse in die tblCourses-tabel, wat 100 of meer studente kan akkommodeer. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (3) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Lecturer gender] Vertoon die LecturerName, LecturerSurname en die eerste letter van die geslag van al die dosente. Vertoon die geslag deur 'n kolomopskrif met die naam Gender (M/F) te gebruik. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (4) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Multilingual lecturers] Vertoon die CourseID en CourseName van al die kursusse wat 'n meertalige ('multilingual') dosent het. Die resultate moet alfabeties volgens die kursusnaam gesorteer wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (6) 2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Lecturer salaries] 'n Dosent se salaris word bepaal deur die getal kursusse wat deur daardie dosent gefasiliteer word. 'n Bedrag van R10 000 word betaal vir elke kursus wat deur die dosent gefasiliteer word. Byvoorbeeld, as 'n dosent drie kursusse fasiliteer, sal die dosent 'n totale salaris van R30 000 ontvang. Vertoon die LecturerID en die totale salaris in 'n nuwe kolom met die opskrif Salary, as geldeenheid ('currency') geformatteer. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: (5) 2.1.5 Knoppie [2.1.5 - Change online option] Skryf kode om die OnlineOption-veld na 'false' te verander as die CourseName-veld die woord 'Programming' bevat. Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud van die databasis verander het. Voorbeeld van die eerste ses rekords van die tblCourses-tabel voordat die aanlyn opsie verander is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van die eerste ses rekords van die tblCourses-tabel nadat die aanlyn opsie vir al die programmeringskursusse na 'false' verander is: (4) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [2.2 - Delphi code] LET WEL:  Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.  GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2023 NSS 2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Average duration of courses] Die werkslading van al die dosente moet bepaal word sodat 'n regverdige aantal kursusse aan hulle toegewys kan word om te fasiliteer. Gebruik die redQ2_2_1-komponent om die afvoer te vertoon. Kode is voorsien om die redQ2_2_1-komponent leeg te maak. Skryf kode om die volgende te doen:  Vertoon die LecturerID, LecturerName en LecturerSurname as 'n opskrif in die volgende formaat: <LecturerID>: <LecturerName> <LecturerSurname>  Vertoon 'n genommerde lys met kursusname wat deur elke dosent gefasiliteer word.  Bereken en vertoon die gemiddelde duur van die kursusse wat deur elke dosent gefasiliteer word, tot TWEE desimale plekke geformatteer. Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee dosente: (14) 2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Register new lecturer] Wanneer 'n nuwe dosent aangestel word, moet hulle besonderhede in die databasis bygevoeg word. Skryf kode om 'n nuwe rekord in die tblLecturers-tabel by te voeg deur die volgende besonderhede te gebruik:  LecturerID – ZT032  LecturerName – Zander  LecturerSurname – Thomas  Gender – Male  Multilingual – True Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van rekords in die tblLecturers-tabel wat aandui dat die rekord suksesvol in die tabel bygevoeg is: (4)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2023 NSS AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Die plaaslike skole-distrikskantoor vereis 'n verifikasie van skole in die distrik en 'n verslag met die uitslae van die skole om die bedrag vir befondsing wat elke skool sal ontvang, te bepaal. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Question 3-lêergids oop.  Maak die onvolledige objekklas School_U.pas oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Question3_U.pas-lêer en die School_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):  Voltooi die kode soos gespesifiseer in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2023 NSS 3.1 Die onvoltooide objekklas (TSchool) wat voorsien is, bevat die verklaring van vier attribute wat 'n School-objek beskryf. Die attribute vir 'n School-objek is soos volg verklaar: Attribuut Datatipe Beskrywing fSchoolName String Die naam van die skool fTotalLearners Integer Die totale getal leerders wat by die skool ingeskryf is fPublicSchool Boolean 'True' as dit 'n openbare skool is, anders 'false' fRating Char 'n Gradering (A, B, C of Z) wat aan elke skool op grond van die slaagsyferpersentasie van die skool toegeken word: A – 80% of hoër B – Van 60% tot 79% C – Laer as 60% Z – Gradering nie toegeken nie 'n Onvolledige konstruktor-metode is voorsien. LET WEL: Jy mag NIE enige addisionele attribute of gebruikergedefinieerde metodes byvoeg NIE, tensy jy uitdruklik in een van die vrae aangesê word om dit te doen. Voltooi die kode in die objekklas soos wat in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5 hieronder beskryf word. 3.1.1 Constructor Create is van drie parameters voorsien. Skryf kode om die konstruktormetode soos volg te voltooi:  Ken die waardes in die parameterlys aan die ooreenstemmende attribute, fSchoolName, fTotalLearners en fPublicSchool, toe.  Ken 'n verstekgradering van 'Z' aan die fRating-attribuut toe. (3) 3.1.2 Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam getPublicSchool vir die fPublicSchool-attribuut. (2) 3.1.3 Die gradering van die skool sal elke jaar opgedateer word op grond van die slaagsyferpersentasie van die skool. Die slaagsyferpersentasie word bereken deur die totale getal leerders wat deurgekom het en die totale getal leerders in die skool te gebruik. Die inligting in die tabel hieronder word gebruik om die skool se gradering te bepaal: Gradering Slaagsyferpersentasie A 80% of hoër B Van 60% tot 79% C Laer as 60% Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2023 NSS Skryf kode vir 'n metode met die naam updateRating om die volgende te doen:  Ontvang die totale getal leerders wat geslaag het as 'n parameterwaarde.  Gebruik die parameterwaarde en die fTotalLearners-attribuut om die skool se slaagsyferpersentasie te bereken.  Gebruik die tabel wat voorsien is om die waarde van die fRating- attribuut te bepaal en te stel. (8) 3.1.4 'n Bedrag van R145,50 is toegeken per leerder wat by die skool ingeskryf is. Skryf kode vir 'n metode met die naam calcFunding om die totale bedrag wat die skool vir befondsing sal ontvang, te bereken en terug te stuur. Die befondsing word bereken deur die volgende formule te gebruik: befondsing = leerders ingeskryf (4) 3.1.5 Skryf kode vir 'n toString-metode om 'n string terug te stuur wat die objek beskryf. Die Boolese attribuut fPublicSchool moet gebruik word om te bepaal of die frase 'Public school' of 'Private school' by die string gevoeg moet word. Die formaat van die string wat teruggestuur moet word, word hieronder getoon. <fSchoolName> ------------------------ Total number of learners: < fTotalLearners > Rating: <fRating> Public school/Private school Voorbeeld: Alan Turing High School ------------------------ Total number of learners: 1250 Rating: Z Public school (7) 3.2 'n Onvolledige program is in die Question 3-lêergids voorsien. Die program bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n objekveranderlike met die naam objSchool. Skryf kode om die take uit te voer wat beskryf word in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3 wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2023 NSS 3.2.1 Knoppie [3.2.1 – Instantiate object] Die gebruiker moet die skool se naam in die redigeerblokkie ('edit box') edtQ3_2_1 insleutel, die totale getal leerders in die spin- redigeerblokkie spnQ3_2_1 selekteer en die kontroleblokkie ('check box') chbQ3_2_1 merk indien die skool 'n openbare skool is. Skryf kode om die volgende te doen:  Verkry die skool se naam uit die redigeerblokkie edtQ3_2_1, die totale getal leerders in die spin-redigeerblokkie spnQ3_2_1 en bepaal of die kontroleblokkie chbQ3_2_1 gemerk is of nie.  Gebruik die inligting wat verkry is om 'n nuwe School-objek te instansieer.  Gebruik die toString-metode om die inligting van die School- objek in die 'rich edit' redQ3 te vertoon. Voorbeeld van toevoer en afvoer vir 'n openbare skool: Voorbeeld van toevoer en afvoer vir 'n privaat skool: (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2023 NSS 3.2.2 Knoppie [3.2.2 – Rating] Die gradering van 'n skool word deur die slaagsyferpersentasie van die skool bepaal. Die spin-redigeerblokkie spnQ3_2_2 moet gebruik word om die totale getal leerders wat geslaag het, in te sleutel. Skryf kode om die volgende te doen:  Roep die updateRating-metode deur die waarde wat uit die spin- redigeerblokkie spnQ3_2_2 verkry is, as 'n argument te gebruik.  Roep die toString-metode om die opgedateerde inligting van die School-objek in die rich edit redQ3 te vertoon. Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die totale getal leerders wat geslaag het, 1 183 is: Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die totale getal leerders wat geslaag het, 999 is: Voorbeeld van afvoer as die totale getal leerders 1 250 is en die totale getal leerders wat geslaag het, 500 is: (4) 3.2.3 Knoppie [3.2.3 – Funding] Befondsing sal slegs vir openbare skole beskikbaar wees. Gebruik die 'rich edit' redQ3 om die afvoer te vertoon. Skryf kode om die volgende te doen: Gebruik die relevante metode om te toets of die skool 'n openbare skool is.  As die skool 'n openbare skool is, roep die calcFunding-metode om die befondsingsbedrag wat die skool sal ontvang, te vertoon, as geldeenheid ('currency') geformatteer, met 'n boodskap soos wat op die volgende bladsy aangedui word.  As die skool nie 'n openbare skool is nie, vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat geen fondse beskikbaar is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van afvoer as die skool 'n openbare skool is en 'n totale getal leerders van 1 250 het: Voorbeeld van afvoer as die skool NIE 'n openbare skool is NIE: (5)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en die vormklas in.  Stoor jou program.  Druk die kode in die objekklas en die vormklas indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2023 NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Question 4-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Question4_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.  Twee oortjieblaaie ('tab sheets') met die name tshQ4_1 en tshQ4_2 is op die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK/'GUI') voorsien. Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 4, soos in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 hieronder beskryf word. 4.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [4.1] Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir oortjieblad ('tab sheet') 4.1: Jy is voorsien van 'n skikking met die naam arrCodes wat vyf kodes bevat. Elke kode bevat letters, syfers en spesiale karakters. arrCodes: array [1 .. 5] of String = ('An7J*Q#D&N','pL78K#$.%BV','89@FGh0&Y56#$Q','Bn4m321&*#T', 'P2QwER%$#a'); 'n Spesiale karakter verwys na 'n karakter wat nie 'n letter of 'n syfer is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/November 2023 NSS Knoppie [4.1 - Codes] Skryf kode om die volgende te doen: Verwyder al die spesiale karakters uit elke kode in die skikking om 'n nuwe kode te skep. Tel hoeveel spesiale karakters uit elke kode verwyder is. Voeg die nuwe kode en die getal spesiale karakters wat daaruit verwyder is, by die lysblokkie ('list box') lstQ4_1 in die volgende formaat: <Nuwe kode>(getal spesiale karakters wat verwyder is) LET WEL: Jou kode moet vir enige stel data in die skikking werk. Voorbeeld van afvoer vir die kodes wat tans in die skikking is: (12) 4.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [4.2] 'n Skoolrooster het vyf dae en sewe periodes per dag. Jy is van die volgende verklarings voorsien: arrDays: array [1 .. 5] of String = ('Mon.', 'Tue.', 'Wed.', 'Thu.', 'Fri.'); arrTimeTable: array [1 .. 5, 1 .. 7] of String; arrSubjectCodes: array [1 .. 5] of String = ('IT', 'HL', 'ACC', 'PHY', 'MAT'); LET WEL: Kode is voorsien om die volgende te doen:  Vul die arrTimeTable-skikking deur die vyf vakkodes IT, HL, ACC, PHY en MAT ewekansig in die skikking te plaas, een keer per dag vir die vyf dae. Daar sal elke dag twee vry periodes (leë ruimtes) wees.  Vertoon die sewe periodes per dag vir elk van die vyf dae op die rooster (Maandag tot Vrydag). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir oortjieblad ('tab sheet') 4.2: 4.2.1 Knoppie [4.2.1 - Extra IT periods] Die skoolhoof het besluit om vier ekstra periodes, een keer per dag (Maandag tot Vrydag), vir die 'IT'-vakkode op die rooster by te voeg. Die ekstra IT-periodes moet van Maandag tot Donderdag in die arrTimeTable-skikking in die eerste beskikbare periode geplaas word deur die kode 'IT' te gebruik. Voorbeeld van afvoer nadat die ekstra IT-periodes in die eerste beskikbare periodes van Maandag tot Donderdag geplaas is: LET WEL: Daar sal by verstek ses vry periodes op die rooster beskikbaar wees nadat al die vakkodes geplaas is, die ekstra IT-periodes ingesluit. As gevolg van die ewekansige plasing van vakkodes mag jou afvoer van die voorbeeld hierbo verskil. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 25 DBE/November 2023 NSS 4.2.2 Knoppie [4.2.2 - Group IT] Die IT-onderwyser het versoek dat beide IT-periodes van Maandag tot Donderdag, opeenvolgend (die een na die ander een) geplaas moet word. Skryf kode om die volgende te doen: Herrangskik die periodes vir elke dag om die twee IT-periodes langs mekaar te plaas. Die eerste IT-periode vir die dag moet in sy plek bly, terwyl die tweede IT-periode met 'n ander periode omgeruil moet word om langs die eerste IT-periode geplaas te kan word. Voorbeeld van afvoer nadat die IT-periodes saamgegroepeer is: (12)  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2023 NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2: Die ontwerp van die databasistabelle vir die databasis UniversityDB is soos volg: Tabel: tblLecturers Hierdie tabel bevat die besonderhede van die dosente. Veldnaam Datatipe Beskrywing LecturerID Text (5) 'n Unieke ID wat gebruik word om 'n dosent te identifiseer LecturerName Text (25) Die naam van die dosent LecturerSurname Text (25) Die van van die dosent Gender Text (6) Die geslag van die dosent Multilingual Boolean 'n Veld wat aandui of 'n dosent 'n kursus in meer as een taal kan aanbied Voorbeeld van die rekords van die tblLecturers-tabel: Tabel: tblCourses Hierdie tabel bevat inligting oor die kursusse wat by die universiteit aangebied word. Veldnaam Datatipe Beskrywing CourseID Text (10) 'n Unieke ID wat gebruik word om 'n kursus te identifiseer CourseName Text (35) Die naam van die kursus Duration Number Die duur van die kursus (in weke) MaxStudents Number Die maksimum getal studente wat in die kursus toegelaat word OnlineOption Boolean 'n Veld wat aandui of 'n aanlyn opsie vir studente beskikbaar is LecturerID Text (5) Die ID van die dosent wat die kursus aanbied Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2023 NSS Voorbeeld van die eerste tien rekords van die tblCourses-tabel: LET WEL:  Konneksiekode is voorsien.  Die databasis word met 'n wagwoord beskerm, dus sal jy nie direkte toegang tot die databasis kan verkry nie. Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2023 NSS BEPLANNINGSBLADSY 1 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 DBE/November 2023 NSS BEPLANNINGSBLADSY 2 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all