Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2023
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2023 papers 




_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2023 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 834.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2023
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (20)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (30)
AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur (20)
AFDELING E: Oplossingontwikkeling (22)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (33)
2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal
feite/redes wat verlang word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2023
NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–P) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 Q.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Die effektiewe en omgewings- A virtuele realiteit
verantwoordelike ontwerp en
weggooi van rekenaartoerusting B DBBS ('DBMS')
1.1.2 Die onderlinge verbinding van C ergonomie
rekenaartoestelle wat in alledaagse
voorwerpe ingebou is, wat dit in D wiki
staat stel om data via die internet te
versend en te ontvang E domeinnaam
1.1.3 'n Term wat gebruik word om F LAG ('ROM')
geheue te beskryf wat sy data
G URL
verloor wanneer die krag afgeskakel
word H groenrekenarisering
1.1.4 Die studie en ontwerp van I IvD ('IoT')
rekenaartoerusting om die gemak
en veiligheid van die gebruiker te J vlugtig ('volatile')
verbeter
K virtualisasie
1.1.5 'n Samewerkende webtuiste waar
gebruikers 'n data-liggaam ('body of L aangepaste werklikheid
content') gratis kan publiseer en ('augmented reality')
organiseer
M jpeg
1.1.6 Die intydse integrasie van teks,
grafika, klank en ander virtuele N mp4
versterkings met voorwerpe uit die
regte wêreld O BitTorrent
1.1.7 Die proses waardeur spesifieke P navraag ('query')
inligting uit 'n databasis onttrek
word, gebaseer op 'n stel kriteria of
voorwaardes
1.1.8 Die lêeruitbreiding van 'n prent-lêer
1.1.9 Verwys na die unieke adres van 'n
webblad
1.1.10 'n Eweknie('peer-to-peer')-protokol
wat gebruik word om groot lêers oor
'n netwerk te deel en oor te dra
(10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2023
NSS
1.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 D.
1.2.1 … verwys na 'n groep rekenaars of mobiele toestelle wat
blootgestel ('compromised') is, wat aan 'n netwerk gekoppel is en
wat gebruik word om ander netwerke aan te val.
A Botnet
B Zombie-koekie
C Skynet
D RAID (1)
1.2.2 … is 'n tydelike stoorplek.
A LAG ('ROM')
B VTS ('SSD')
C HDD
D Kasgeheue (1)
1.2.3 Linux is 'n voorbeeld van … sagteware, wat beteken dat die kode
gratis beskikbaar gestel word vir gebruik, verandering en
herverspreiding.
A Outeursreg('Proprietary')-
B Voorafverpakte ('Shrink-wrapped')
C Oopbron('Open-source')-
D Virtuele ('Virtual') (1)
1.2.4 Die meeste van vandag se internetverbindings is ... verbindings
wat in staat is om groot hoeveelhede data oor die netwerk oor te
dra.
A skakel('dial-up')-
B ADHL('ADSL')-
C breëband('broadband')-
D koaksiale('coaxial') (1)
1.2.5 Die antwoord op die uitdrukking hieronder:
24 MOD 7 * 5 DIV 2
A 3
B 6
C 7
D 7.5 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2023
NSS
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.1 Rekenaar.
1.3.1 'n Derdepartyprogram wat die ingeboude funksionaliteit van 'n
toepassing of deurblaaier uitbrei (1)
1.3.2 'n Datastruktuur wat bestaan uit 'n versameling tabelle wat deur
gekoppelde velde aan mekaar gekoppel word (1)
1.3.3 'n Tipe kwaadwillige sagteware ('malware') wat voorkom dat 'n
gebruiker toegang tot sy of haar data op 'n toestel kry totdat 'n fooi
betaal word (1)
1.3.4 'n Skepper se eksklusiewe wettige reg om intellektuele eiendom te
kopieer, publiseer of verkoop (1)
1.3.5 Die vermoë van 'n stelsel om sy hulpbronne te vermeerder of
verminder, afhangend van die aantal gebruikers (1)
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2023
NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
'n Universiteit met die naam 'LearnMore' ontvang tans studente-aansoeke vir die nuwe
jaar.
2.1 Daar is voorgestel dat die tafelrekenaars ('desktop computers') in die
administrasiegebou vervang moet word.
2.1.1 Gee TWEE kenmerke van 'n moederbord wat in ag geneem moet
word wanneer nuwe tafelrekenaars aangekoop word. (2)
2.1.2 Behalwe vir die SVE ('CPU'), noem EEN ander komponent wat
data in 'n rekenaarstelsel sal verwerk. (1)
2.1.3 Die sekondêreberging-kapasiteit is 'n belangrike oorweging
wanneer toestelle aangekoop word.
Gee TWEE voorbeelde van flits-bergingstoestelle ('flash storage
devices') wat in die administrasiegebou gebruik kan word. (2)
2.2 Die IT-departement by die universiteit het voorgestel dat wolkgebaseerde
bedieners ('cloud-based servers') vir die administrasie-afdeling gebruik kan
word.
2.2.1 Verduidelik in kort wat 'n wolkgebaseerde virtuele bediener is. (2)
2.2.2 Regverdig die gebruik van wolkgebaseerde virtuele bedieners. (2)
2.2.3 Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service/SaaS') word tans op
die rekenaars in die administrasiegebou gebruik.
Behalwe vir die voordeel om sagteware te huur in plaas daarvan
om dit te koop, noem TWEE ander voordele van die gebruik van
SaaS. (2)
2.2.4 Sommige van die sagteware wat gebruik word, benodig lisensies.
Motiveer waarom die verkryging van 'n terreinlisensie ('site licence')
beter is as om 'n enkelgebruiker-lisensie vir elke gebruiker te kry. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2023
NSS
2.3 Om te verseker dat daar geen aftyd ('downtime') is nie en om gereelde
rugsteunkopieë ('backups') van belangrike data te maak, is baie belangrik vir
die sukses van die instelling.
2.3.1 Verduidelik wat 'n rugsteunstrategie is en hoe dit kan help dat aftyd
by die universiteit voorkom word. (3)
2.3.2 'n Wolkbergingsdiens ('cloud storage service') kan gebruik word om
rugsteunkopieë van data buite die universiteitsgronde te maak.
Noem TWEE nadele van die gebruik van wolkberging om
rugsteunkopieë van data buite die universiteitsgronde te maak. (2)
2.4 'n Ingenieursgrafika en -ontwerp-kursus, wat AutoCAD as 'n tekenhulpmiddel
gebruik, word by die universiteit aangebied.
Gee EEN term vir die tipe rekenaargebruiker geassosieer met die kursus
hierbo deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die
vraagnommer (2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
huiskantoorgebruiker; kraggebruiker ('power user');
mobiele gebruiker; kleinkantoorgebruiker (1)
2.5 Datasekuriteit is noodsaaklik om rekenaarstelsels by die universiteit teen
skadelike kwaadwillige-sagteware-bedreigings te beskerm. Een so 'n
bedreiging is 'n rekenaarwurm.
2.5.1 Noem TWEE kenmerke van 'n rekenaarwurm. (2)
2.5.2 Verduidelik waarom 'n antivirusproduk, eerder as 'n netskans
('firewall'), die stelsel teen besmetting deur 'n rekenaarwurm sal
beskerm. (2)
2.6 Die nuwe rekenaars sal toegerus word met vastetoestandaandrywers ('solid-
state drives') wat nie gedefragmenteer hoef te word om optimale
werkverrigting te lewer nie.
Bespreek waarom dit nie nodig is om 'n vastetoestandaandrywer te
defragmenteer nie. (2)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2023
NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
Die beheerliggaam van 'n skool het besluit om fondse te belê in kommunikasie- en
netwerktegnologieë om die skool se netwerk op te gradeer. Die uitleg van die
skoolnetwerk word in die diagram hieronder getoon.
Uitleg van skoolnetwerk
Skakelaar 3
Skakelaar 2 Skakelaar 4
Skakelaar 5
Skakelaar 1
Skoolbediener Hoof se kantoor Skool Blok A
2 PR'e 26 PR'e
Administrasie- Skool Blok B
kantoor 35 PR'e
Rekenaarlaboratorium – 40 PR'e 3 PR'e
3.1 Bestudeer die uitleg van die skoolnetwerk en beantwoord die vrae hieronder.
3.1.1 Definieer die term netwerk. (2)
3.1.2 Waarom, dink jy, sal die skool voordeel trek deur in moderne
kommunikasie- en netwerktegnologieë te belê? (2)
3.1.3 Identifiseer en motiveer waarom ten minste TWEE komponente
wat in 'n LAN gebruik word, nodig is. (4)
3.1.4 Die skakelaars is aan mekaar verbind vanaf die rekenaar-
laboratorium tot by Blok B van die skool (vanaf Skakelaar 1 tot by
Skakelaar 5).
(a) Beskryf 'n potensiële nadeel van hierdie uitleg. (2)
(b) Teken 'n basiese diagram om 'n alternatiewe uitleg vir die
netwerk voor te stel, wat die potensiële probleem wat in
VRAAG 3.1.4(a) beskryf is, sal voorkom. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2023
NSS
3.2 'n Netwerk kan uit gekabelde en kabellose kommunikasiemedia bestaan.
3.2.1 Stel EEN tipe kabellose ('wireless') tegnologie voor wat in 'n
uitgebreide netwerk gebruik kan word. (1)
3.2.2 Verduidelik hoe die kabellose kapasiteit van die skool se netwerk
uitgebrei kan word om die hele skoolterrein te dek. (2)
3.2.3 Die skool moet netwerktoegang aan hulle koshuis verskaf op 'n
ander plek wat ongeveer een kilometer van daar af is.
Stel 'n moontlike oplossing voor en dui aan hoe jou oplossing die
probleem sal oplos. (2)
3.3 Die skool wil graag VoIP-tegnologie in die klaskamers inkorporeer.
3.3.1 (a) Skryf die akroniem VoIP uit. (1)
(b) Hoe verskil VoIP van tradisionele telefoonoproepe? (2)
3.3.2 Assesseer die moontlike tegniese uitdagings wat dalk getrotseer
moet word wanneer VoIP by die skool gebruik word. Bespreek ten
minste TWEE uitdagings. (4)
3.4 Een van die korttermyndoelwitte van die skool is om 'n intranet op te stel.
Verduidelik kortliks wat 'n intranet is en gee 'n praktiese voorbeeld van hoe dit
in die skoolomgewing gebruik kan word. (2)
3.5 Hieronder is 'n advertensie wat die skool ontvang het om afstandsonderrig en
-leer bekend te stel.
Werk van enige plek af – veilig,
maklik en volledig omring
Die beste vorm van afstandstoegang en werkoplossing
vir afstandswerknemers, vryskutte en hibriede stelsels
3.5.1 Maak 'n aanbeveling waarom 'n afstandsrekenaarverbinding
('remote desktop connection') vir mense wat vanaf die huis werk,
gebruik behoort te word. (2)
3.5.2 'n Voorbeeld van afstandstoegang ('remote access') is om toegang
tot die skool se sekuriteit te kan kry terwyl jy weg van die skool af
is.
Noem EEN voordeel en EEN nadeel van die gebruik van afstands-
toegang. (2)
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2023
NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR
VRAAG 4
Die skool stoor alle inligting van die leerders in 'n databasis met meervoudige tabelle.
Data is verkry vanaf gedrukte klaslyste wat deur die registerklasonderwysers verskaf
is.
Die uittreksel hieronder is vanuit 'n tabel met die naam tblLeerders.
ID Eerste naam Van Oud Geslag Registerklas Onderwyser
1 John Smith 16 Male 10A Boyd
2 Jane Doe 18 Female 12C Nkwe
3 James Brown 15 Male 9A Peterson
4 Emily Davis 16 Female 10A Boyd
5 Michael Johnson 18 Male 12C Nkwe
4.1 Bestudeer die tabel hierbo en beantwoord die vrae wat volg.
4.1.1 Sê wat die doel van 'n primêre sleutel in 'n tabel is. (1)
4.1.2 Noem 'n vereiste van 'n primêre sleutel, behalwe dat daar nie
duplikaatwaardes is nie. (1)
4.1.3 Die struktuur van die tabel hierbo sal tot onreëlmatighede
('anomalies') lei.
(a) Watter ontwerpfout in hierdie tabel kan dalk tot 'n
onreëlmatigheid lei? (2)
(b) Stel voor hoe hierdie ontwerpfout opgelos kan word en
verduidelik hoe 'n oplossing bewerkstellig kan word. (4)
4.2 Dataverifikasie en datavalidasie is belangrike databasisbestuursprosesse.
Vergelyk die konsepte van verifikasie en validering om duidelik aan te dui
hoekom validering nie die behoefte vir verifikasie wegneem nie. (4)
4.3 Die skool gebruik 'n 'Microsoft Access'-databasis as hulle DBBS('DBMS')-
oplossing.
4.3.1 Watter programmeringstaal word die meeste gebruik om data uit 'n
databasis te onttrek? (1)
4.3.2 Identifiseer 'n tipiese scenario wanneer 'n bedienergebaseerde
databasis benodig sal word en verduidelik hoe 'n
bedienergebaseerde databasis in die behoeftes van die
geïdentifiseerde scenario sal voorsien. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2023
NSS
4.4 'n Ouditspoor ('audit trail') word in die skool se databasis gebruik.
4.4.1 Hoe verbeter die skepping van 'n ouditspoor datasekuriteit in die
skool se databasis? (2)
4.4.2 Behalwe vir die gebruik van 'n ouditspoor, stel 'n alternatiewe
metode voor om die sekuriteit van die skool se databasis te
verbeter en verduidelik hoe dit gebruik kan word. (2)
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2023
NSS
AFDELING E: OPLOSSINGONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Pogings word aangewend om kode-segmente te identifiseer en te verbeter in
die bestaande sagtewarestelsel wat deur die administrasie-afdeling gebruik
word.
Bestudeer die uittreksel van Delphi-kode hieronder en beantwoord die vrae
wat volg:
1 iTeller := 0;
2 for iRy := 1 to 3 do
3 begin
4 sLyn := '';
5 for iKol := 1 to 5 do
6 begin
7 sLyn := sLyn + '*';
8 inc(iTeller);
9 end;
10 end;
11 redOutput.Lines.Add(sLyn);
5.1.1 Skryf die reëlnommer neer van enige reël van die gegewe kode-
segment hierbo wat die volgende implementeer:
(a) Inisialisering ('Initialisation') (1)
(b) Luswerking ('Looping') (1)
5.1.2 Wat sal die waarde van iTeller wees nadat die kode hierbo
uitgevoer is?
LET WEL: Neem aan dat al die veranderlikes korrek verklaar is
en dat daar geen foute in die kode is nie. (1)
5.1.3 Verskaf die afvoer van die program nadat die kode hierbo
uitgevoer is. (2)
5.1.4 Herskryf die tweede lus (for iKol := 1 to 5 do) as 'n
voorwaardelike lus. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2023
NSS
5.2 'n Prototipe-toepassing is vir die menslikehulpbron-departement ontwikkel,
wat hulle in staat sal stel om vir studentename te soek.
'n Skikking is soos volg verklaar:
arrName: array [1..5] of String =
('Trevor', 'Mpho', 'Lebo', 'Steven', 'Verushka');
Bestudeer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
Begin
1
Lees naam in
2
teller = 0
Nee 7
3 Is teller <= 5 Vertoon nie gevind
Ja
4
teller = teller + 1
Nee
Is Ja 6
5 arrName[teller] = Vertoon gevind Stop
naam?
Teken die naspeurtabel ('trace table') hieronder in jou ANTWOORDEBOEK
oor en voltooi die tabel om te bepaal wat die afvoer van die gegewe
vloeidiagram sal wees indien die naam 'Lebo' die toevoer in die komponent
met die byskrifnommer 1 in die diagram is.
naam teller Is teller <=5? Is arrName [teller] Vertoon
= naam?
Lebo
LET WEL: Jy moet meer reëls by die tabel voeg om volledig deur die
vloeidiagram te speur. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2023
NSS
5.3 Skryf pseudokode om 'n woord in te lees en die woord in omgekeerde letter-
volgorde te vertoon.
VOORBEELD:
Indien die woord 'databasis' as die toevoerwoord ingelees word, sal die woord
in omgekeerde lettervolgorde as 'sisabatad' vertoon word.
Die eerste stap in die pseudokode-algoritme is:
Toevoer sWoord
LET WEL: Die pseudokode moet korrek werk vir enige woord wat ingelees
word en nie slegs vir die woord in die voorbeeld nie. (4)
5.4 'n Objekklas word benodig om 'n studentekaart-objek te skep.
Die besonderhede wat op die studentekaart benodig word, word in die tabel
hieronder getoon.
Besonderhede op studentekaart: Voorbeeld:
Unieke studentenommer 013795
Student se naam 'Trevor'
Student se van 'Chabale'
Studiejaar 2
Teken 'n verenigde-modelleringstaal('unified modelling language/(UML')-
klasdiagram om die objekklas met die naam TStudentekaart voor te stel.
Die diagram moet die volgende bevat:
Al die attribute van die TStudentekaart-objek, wat datatipes en die
publiek/privaat bestek ('public/private scope') aandui
'n Konstruktormetode ('constructor method') wat waardes aandui wat vir al
vier attribute via 'n parameterlys ontvang is
'n Wysigingsmetode ('mutator method') met naam setStudiejaar wat 'n
nuwe jaar van studie as 'n parameter sal ontvang (6)
TOTAAL AFDELING E: 22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2023
NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
Opedae by skole word gebruik om leerders op toere te neem waar hulle die fasiliteite
van die instelling kan sien.
6.1 Registrasie vir 'n opedag-byeenkoms by 'n skool vind plaas deur QR('quick
response')-kodes te gebruik om 'n skakel na 'n vorm oop te maak. Die inligting
wat op die vorm ingelees word, word dan gebruik om 'n aansoekvorm aan die
leerder te e-pos.
6.1.1 Verduidelik wat 'n QR-kode is en hoe dit vasgelê kan word. (2)
6.1.2 Wanneer 'n vorm aanlyn voltooi word, gebeur dit dikwels dat
persoonlike inligting, soos jou e-pos-adres, outomaties in die velde
ingevoeg word. Hoe gebeur dit? (1)
6.2 'n Video van 'n 3D-toer van die skool se kampus word op die skool se
webtuiste geplaas vir leerders wat nie die opedag kan bywoon nie.
6.2.1 'n Rekenaar met die nuutste bedryfstelsel en multiverwerking-
spesifikasies is gebruik om die video te skep.
(a) Verduidelik wat multiverwerking is. (2)
(b) Bespreek hoe die verskillende prosesse deur die bedryfstelsel
bestuur word om te verseker dat alle toepassings voldoende
hulpbronne sal hê. (2)
6.2.2 Wanneer 'n persoon die skool se webtuiste meer as een keer
besoek, maak dit baie vinniger oop as gevolg van web-kasberging.
Verduidelik die proses van web-kasberging. (2)
6.2.3 Die aanlyn 3D-toer kan afgelaai of gestroom ('streamed') word.
Bespreek die toename in die gebruik van stroming, eerder as
aflaai, krities. (4)
6.3 Die skool se webtuiste is 'n voorbeeld van 'n Web 1.0-generasie-webtuiste.
6.3.1 Noem TWEE kenmerke van 'n Web 1.0-webtuiste. (2)
6.3.2 Gee enige TWEE redes wat aanleiding gegee het tot die evolusie
van webtuistes vanaf Web 1.0 na Web 2.0. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2023
NSS
6.4 Al die data van voornemende leerders word in 'n aanlyn databasis gestoor.
Die volgende variasies van data is opgeteken:
Van Graad
Chetty 7
Franklin sewe
Gumede Gr. 7
Venter Graad 7
6.4.1 Bespreek waarom die data hierbo die kwaliteit van toevoerdata in
gevaar mag stel. (2)
6.4.2 Noem TWEE verskillende tegnieke oor hoe die vorm, waarin die
data vasgelê word, geoptimaliseer kan word om hierdie tipe
toevoer te voorkom. (2)
6.4.3 Data wat vanaf 'n vorm ingesamel word, moet vir besluitneming
gebruik word. Die proses waardeur die data in die inligtingsiklus
getransformeer word, word in die diagram hieronder uitgebeeld.
Verskaf die ontbrekende byskrifte vir dele (a) en (b).
Data (a) (b) Besluite
(2)
6.5 Die skool is een van baie skole in die 'LearnMore School'-franchise wat nuwe
leerders inskryf.
'n Verspreide databasis ('distributed database') word gebruik om die data te
stoor wat deur die skole vir gebruik benodig word.
6.5.1 Waarom sal 'n verspreide databasis vir hierdie scenario 'n meer
geskikte opsie wees? (1)
6.5.2 Privaat inligting wat oor publieke netwerke, soos die internet,
oorgedra word, behoort altyd geënkripteer ('encrypted') te word.
Verduidelik kortliks hoe enkripsie werk. (2)
6.5.3 Stel voor watter verspreide-databasis-model die geskikste sal wees
vir hierdie scenario en motiveer jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/November 2023
NSS
6.6 Tegnologie het dit vir meer mense moontlik gemaak om toegang tot inligting
te verkry.
6.6.1 Gee TWEE voorbeelde van digitale kommunikasieplatforms wat
gebruik kan word om die opedagbyeenkoms by die skool te
bevorder. (2)
6.6.2 Daar is gerapporteer dat vertroulike inligting oor ouers en leerders
sonder hulle medewete versprei is.
Watter beleidsdokument kan gebruik word as motivering vir die
behoefte om dissiplinêre stappe teen die oortreder te doen? (1)
6.7 Die skool het besluit om 'n werkswinkel oor kunsmatige intelligensie (KI) aan
te bied en het die laerskoolleerders uitgenooi om dit by te woon.
ChatGPT as 'n KI-instrument word dikwels gebruik om inligting te genereer
wat op gebruikertoevoer gebaseer is.
Noem TWEE potensiële risiko's wat met die gebruik van ChatGPT verband
hou. (2)
TOTAAL AFDELING F: 33
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2017 QP
_hlayiso.com_--053b6720-3be0-4739-8737-7f0b610b5f60/v1-3d19c9dfc8e924c4cf55/card.webp)
Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2015 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum