Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202028 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INFT.1 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2020 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 2 bladsye met data. OGGENDSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in elk van die VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat spesifiek tot die Delphi-programmeringstaal is. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die voorgeskrewe vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat voorsien is of enige data- uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture voorsien word. 9. Jy moet jou werk gereeld op die disket/CD/DVD/geheuestokkie stoor wat aan jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2020 SS/NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRJun2020.exe gebruik. Doen die volgende:  Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer: DataAFRJun2020.exe  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: Plant2BGreen! Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids ('folder') DataAFRJun2020 beskikbaar wees: LÊERS WAT VOORSIEN IS: Vraag 1: Vraag1_P.dpr Vraag1_P.dproj Vraag1_P.res Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vraag 2: ConnectDB_U.dcu ConnectDB_U.pas Vraag2_P.dpr Vraag2_P.dproj Vraag2_P.res Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas WerknemersDB.mdb Vraag 3: Transaksie_U.pas Vraag3_P.dpr Vraag3_P.dproj Vraag3_P.res Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Vraag 4: Vraag4_P.dpr Vraag4_P.dproj Vraag4_P.res Vraag4_U.dfm Vraag4_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende:  Maak die onvolledige programlêer vir Vraag1_P.dpr in die Vraag 1-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die gebruikerskoppelvlak vertoon VIER verskillende afdelings wat Vraag 1.1 tot Vraag 1.4 genoem word. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):  Voltooi die kode vir ELKE afdeling van VRAAG 1, soos beskryf in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1 Knoppie [1.1 - Kleure] Die kombinasielys ('combo box') cmbV1_1 bevat tans die items 'Rooi' en 'Groen'. Skryf kode om die inhoud van die kombinasielys cmbV1_1 soos volg te verander as die btnV1_1-knoppie geklik word:  Die fontgrootte van die teks moet 12 pt wees.  'Blou' moet as 'n derde opsie op die lys van items verskyn.  Die item ('Groen') moet as die verstekopsie ('default') vertoon word. Voorbeeld van die voorkoms van die kombinasielys as die btnV1_1-knoppie geklik word: (4) 1.2 Knoppie [1.2 - Vlieër] Die formule om die oppervlakte van 'n vlieër te bereken, is soos volg: Voorbeeld van berekening vir 'n vlieër met 'n waarde van 20 vir diagonaal een (A) en 12 vir diagonaal twee (B): ( ) ( ) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2020 SS/NSS Kode is voorsien om die gebruiker toe te laat om die waardes vir diagonaal een (A) en diagonaal twee (B) in te sleutel deur toevoerdialoogblokkies ('input dialog boxes') te gebruik. Hierdie waardes word onderskeidelik in veranderlikes iDiagA en iDiagB gestoor. Skryf kode om die volgende te doen:  Verklaar 'n geskikte numeriese veranderlike om die oppervlakte van die vlieër te stoor.  Toets of die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van diagonaal twee (B) is, of nie. As die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van diagonaal twee (B) is, gebruik die formule wat verskaf is om die oppervlakte van die vlieër te bereken. Vertoon die oppervlakte op die etiket ('label') lblV1_2 wat tot EEN desimale plek geformatteer is. As die waarde van diagonaal een (A) NIE groter as die waarde van diagonaal twee (B) is NIE, vertoon 'n geskikte boodskap wat kortliks sê dat die waarde van diagonaal een (A) groter as die waarde van diagonaal twee (B) moet wees. Voorbeeld van afvoer as die waarde van diagonaal een (A) 27 cm is en die waarde van diagonaal twee (B) 13 cm is: (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2020 SS/NSS 1.3 Knoppie [1.3 - Binêre getal] Die omskakeling van 'n heelgetal na 'n binêre getal word gedoen deur herhaaldelik deur 2 te deel totdat die finale antwoord van die deling aan nul (0) gelyk is. Die heelgetalres van elke deelbewerking word as 'n string van syfers (nulle en ene) gekombineer wat begin by die laaste heelgetalres tot by die eerste heelgetalres. Die string res-syfers verteenwoordig die binêre waarde van die oorspronklike heelgetalwaarde. Die voorbeeld hieronder illustreer hoe die heelgetalwaarde 19 na 'n binêre getal omgeskakel word: Heelgetal gedeel deur 2 Res Skakel die heelgetalres vanaf 19 ÷ 2 = 9 1 die laaste res tot by die eerste 9 ÷2=4 1 res aaneen ('concatenate') om die binêre getal wat die 4 ÷2=2 0 heelgetalwaarde 2 ÷2=1 0 verteenwoordig, saam te stel. 1 ÷2=0 1 Binêre getal: 100112 Skryf kode om die volgende te doen:  Herwin die heelgetal wat deur die gebruiker in die edtV1_3- redigeerblokkie ('edit box') as 'n getalwaarde ingesleutel is, deur die veranderlike iGetal te gebruik.  Inisialiseer die stringveranderlike sBinêr om die binêre waarde wat saamgestel sal word, te stoor.  Skakel die heelgetal na binêr om deur die volgende algoritme te gebruik: Herhaal tot die getalwaarde aan nul gelyk is: - Bepaal die res van die getalwaarde wat deur 2 gedeel word deur die veranderlike met die naam iRes te gebruik. - Las die res aan die linkerkant van die inhoud van die stringveranderlike by. - Deel die getalwaarde deur 2 en stoor die antwoord in die getalwaarde- veranderlike (wat die vorige getalwaarde vervang).  Gebruik die etiket lblV1_3 om die inhoud van die stringveranderlike sBinêr te vertoon. Voorbeeld van afvoer as 19 as 'n heelgetalwaarde ingesleutel is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2020 SS/NSS Voorbeeld van afvoer as 45 as 'n heelgetalwaarde ingesleutel is: (11) 1.4 Knoppie [1.4 - Woordspeletjie] 'n Woordspeletjie moet ontwikkel word waar elke karakter in 'n woord 'n sekere getal punte werd is. Punte word soos volg toegeken: Karakters Waarde in punte Klinkers (A, E, I, O, U) 3 punte Alfabetiese karakters wat nie klinkers is nie 2 punte Enige ander nie-alfabetiese karakter, soos 'n afkappingsteken of 'n koppelteken 1 punt Die speler moet 'n enkele woord in die redigeerblokkie ('edit box') edtV1_4 insleutel. Wanneer die btnV1_4-knoppie geklik word, moet die program die totale waarde van die woord volgens punte bereken en vertoon. As meer as een woord ingesleutel is, word die speler gediskwalifiseer. Skryf kode om die volgende te doen:  Herwin die woord wat in die redigeerblokkie edtV1_4 ingesleutel is en skakel die teks na bo-kas ('upper case') om.  Toets vir die teenwoordigheid van 'n spasie in die teks wat aandui dat meer as een woord ingesleutel is: - As 'n spasie geïdentifiseer is, vertoon 'n geskikte boodskap wat aandui dat die speler gediskwalifiseer is. Maak die edtV1_4-redigeerblokkie skoon en stel die fokus op die redigeerblokkie. - As 'n spasie nie geïdentifiseer is nie, bereken die totale waarde van die woord, gebaseer op die getal punte wat elke karakter werd is. Vertoon die totale waarde van die woord in die 'rich edit'-komponent wat verskaf is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2020 SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die woord Wen ingesleutel is: Voorbeeld van afvoer as die woord nie-intekenaar ingesleutel is: Voorbeeld van afvoer as die woorde Span een ingesleutel is: (17)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING Die databasis WerknemersDB bevat inligting van die werknemers van 'n in- en uitvoermaatskappy. Die databasis bevat twee tabelle met die name tblWerknemers en tblLogUre. Die bladsye met data wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, verskaf inligting oor die ontwerp van die databasis en die inhoud van die tabelle. Doen die volgende:  Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2- lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.  Die eerste vier reëls data vir elk van die tabelle word op die oortjieblad ('tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode vertoon, soos hieronder getoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2020 SS/NSS  Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling te voltooi, soos beskryf in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 wat volg.  Gebruik SQL-stellings om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. LET WEL:  Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.  Die inhoud van die databasis word met 'n wagwoord beskerm, met ander woorde jy sal nie toegang tot die databasis kan verkry deur Microsoft Access te gebruik nie.  Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel. Moet NIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.  TWEE veranderlikes word as globale veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word. Veranderlike Datatipe Beskrywing tblWerknemers TADOTable Verwys na die tabel tblWerknemers tblLogUre TADOTable Verwys na die tabel tblLogUre 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL] Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2020 SS/NSS LET WEL:  Gebruik SLEGS SQL-stellings om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te beantwoord.  Kode word voorsien om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon. Die SQL-stellings wat aan die veranderlikes sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is onvolledig. Voltooi die SQL-stellings om die take uit te voer wat in VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 wat volg, beskryf word. 2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Lys van werknemers] Vertoon AL die inligting van werknemers uit die tblWerknemers- tabel, eerstens in stygende volgorde volgens die PosTitel-veld en tweedens in dalende volgorde volgens die UurlikseLoon-veld gesorteer. Voorbeeld van afvoer van die eerste vier rekords: (4) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Ingenieurs] Vertoon die WerknemerID-, Van- en Naam-veld van werknemers wie se postitel die woord 'Ingenieur' bevat. Voorbeeld van afvoer: (4) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Postitels] Vertoon 'n lys van al die verskillende postitels by die maatskappy. Elke postitel moet slegs EEN keer vertoon word. Voorbeeld van afvoer: (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2020 SS/NSS 2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Verwyder rekords] 'n Aantal rekords met verkeerde data oor die ure wat gewerk is, is in die tblLogUre-tabel vasgelê. Verwyder al die rekords in die tblLogUre-tabel waar die UreGewerk as 99 aangeteken is. Kode is voorsien om 'n boodskap te vertoon wat aandui dat die inhoud van die databasis verander is. (2) 2.1.5 Knoppie [2.1.5 - Oortyd] Werknemers word oortyd betaal vir elke uur wat 8 ure per dag oorskry. 'n Werknemer se oortydbetaling is dubbel sy gewone uurlikse loon. Bereken en vertoon die totale bedrag wat elke werknemer betaal is vir ure wat oortyd gewerk is, as geldeenheid geformatteer. Vertoon die bedrag deur die veldnaam OortydBedrag te gebruik. Vertoon slegs die Van en die berekende veld OortydBedrag as afvoer. Voorbeeld van afvoer: (9) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode] LET WEL:  Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 en VRAAG 2.2.2 te beantwoord.  GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2020 SS/NSS Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir VRAAG 2.2: 2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Werknemers met noodhulp] Skryf kode om die volgende te doen:  Vertoon die werknemer se ID, van en postitel in die 'rich edit'- komponent redV2 van AL die werknemers wat opleiding in noodhulp voltooi het.  Tel die getal werknemers wat noodhulpopleiding voltooi het en vertoon die resultaat onder die werknemerbesonderhede, soos in die voorbeeld hieronder getoon word. LET WEL: Kode om die opskrifte van die kolomme te vertoon, is voorsien. Voorbeeld van afvoer: (7) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2020 SS/NSS 2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Voeg nuwe werknemer by] Skryf kode om 'n nuwe rekord by die tblWerknemers-tabel te voeg. Die data vir die werknemer is soos volg: Werknemer se ID: EMP986 Naam: Robert Van: Laubscher Uurlikse loon: 195.00 Postitel: Mariene Ingenieur Noodhulpopleiding: True Voorbeeld van die laaste paar rekords in die tblWerknemers-tabel wat toon dat die rekord suksesvol by die tabel gevoeg is: (6) 2.2.3 Knoppie [2.2.3 - Dateer ure gewerk op] Die administrateur kan die getal ure wat vir 'n rekord in die tblLogUre-tabel aangeteken is, verander. Die gebruiker moet 'n rekord in die DBGrid dbgLogUre selekteer en die waarde om die huidige getal ure wat gewerk is, te vervang, in die redigeerblokkie ('edit box') insleutel. Skryf kode om die UreGewerk-veld van die geselekteerde rekord na die waarde wat uit die redigeerblokkie verkry is, op te dateer. Voorbeeld van die inhoud van die rekord as die LogID 758 geselekteer is en die waarde 11 vir UreGewerk ingesleutel is: Voorbeeld van die inhoud van die rekord as die LogID 774 geselekteer is en die waarde 8 vir UreGewerk ingesleutel is: (5)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING 'n Invoer-uitvoermaatskappy verhuur houers aan klante wat dit gebruik om goedere vir 'n sekere tydperk te stoor. Transaksies word tussen die maatskappy en die klante geskep om op hoogte te bly van die houers wat verhuur is. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.  Maak die onvolledige objekklas Transaksie_U.pas oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag3_U.pas-lêer en die Transaksie_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):  Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Transaksie_U-objekklas en VRAAG 3.2 vir die Vraag3_U-vormklas gespesifiseer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2020 SS/NSS 3.1 Die onvolledige objekklas (TTransaksie) wat verskaf is, bevat vier attribute en 'n onvolledige toString-metode wat 'n Transaksie-objek definieer. Die attribute vir die Transaksie-objek is soos volg verklaar: Name van attribute Beskrywing fKlantID Die Suid-Afrikaanse identiteitsnommer van 'n klant wat versoek om 'n houer te huur fHouerGrootte 'n Karakter wat die grootte van die houer aandui:  K = Klein  M = Medium  G = Groot fStoorTydperk Dui die getal maande aan wat die houer aan die klant beskikbaar gestel sal word fBedragBetaal Die bedrag wat die klant reeds betaal het om die houer te gebruik LET WEL: Jy mag nie enige bykomende attribute of gebruikers- gedefinieerde metodes byvoeg tensy dit uitdruklik in die vraag aangedui word nie. 3.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktor-metode wat die klant se ID, die houergrootte en die stoortydperk in maande as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die onderskeie attribute toe. Stel die fBedragBetaal-attribuut op die waarde van nul. (4) 3.1.2 Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam getBedragBetaal vir die fBedragBetaal-attribuut. (2) 3.1.3 Skryf kode vir 'n metode met die naam opdateerBedragBetaal wat 'n waarde as parameter sal ontvang en tel die waarde wat ontvang is, by die fBedragBetaal-attribuut. (3) 3.1.4 Skryf kode vir 'n metode met die naam berekenKoste wat die attribute van die Transaksie-objek sal gebruik om die koste om 'n houer te huur, te bereken en terug te stuur. Die maandelikse koste van die houer sal van die grootte van die houer afhang, soos in die tabel hieronder aangedui word. Grootte van houer Bedrag per maand K R1000.00 M R1750.00 G R2500.00 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2020 SS/NSS Die totale koste om die houer te huur, word soos volg bereken:  Die maandelikse koste van die houer word met die stoortydperk in maande vermenigvuldig.  'n Afslag van 10% van die totale koste word vir elke ses maande van die stoortydperk, tot op 'n maksimum van 50% toegepas. Voorbeeld 1: Houergrootte: M Stoortydperk (maande): 3 Afslag (%): 0% Koste: R5250.00 Voorbeeld 2: Houergrootte: K Stoortydperk (maande): 6 Afslag (%): 10% Koste: R5400.00 Voorbeeld 3: Houergrootte: G Stoortydperk (maande): 25 Afslag (%): 40% Koste: R37500.00 Voorbeeld 4: Houergrootte: K Stoortydperk (maande): 72 Afslag (%): 50% Koste: R36000.00 (11) 3.1.5 'n Onvolledige toString-metode is verskaf. Skryf kode om die toString-metode te voltooi om die attribute van die Transaksie-objek in die volgende formaat terug te stuur: Klant se ID: <fKlantID> Houergrootte: <fHouerGrootte> Stoortydperk (maande): <fStoorTydperk> Bedrag betaal: <fBedragBetaal> Voorbeeld: Klant se ID: 7203075021082 Houergrootte: M Stoortydperk (maande): 7 Bedrag betaal: R0.00 (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2020 SS/NSS 3.2 'n Onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf en bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. 'n Globale TTransaksie-veranderlike met die naam objTransaksie is verskaf. Doen die volgende om die kode vir VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3 in die hoofvormeenheid te voltooi: 3.2.1 Knoppie [3.2.1 - Instansieer objek] Skryf kode om die volgende te doen:  Onttrek die klant se ID uit edtV3_2_1, die eerste letter van die houergrootte wat in lstV3_2_1 geselekteer is en die stoortydperk in maande uit sedV3_2_1.  Instansieer 'n Transaksie-objek deur die waardes wat uit die gebruikerskoppelvlak onttrek is, te gebruik.  Maak die btnV3_2_1-knoppie onaktief. LET WEL: Die kode vir die [Herstel]-knoppie wat voorsien is, sal die Transaksie-objek uit die geheue verwyder en btnV3_2_1 aktief maak sodat 'n nuwe Transaksie- objek geïnstansieer kan word. (7) 3.2.2 (a) Knoppie [3.2.2 (a) - Vertoon bedrag verskuldig] Skryf kode om die volgende te doen:  Gebruik die relevante metode om die bedrag wat vir die huur van 'n houer verskuldig is, te bereken.  Vertoon die bedrag verskuldig op die paneel pnlV3_2_2 in die volgende formaat: Bedrag verskuldig: <bedrag verskuldig> Voorbeeld van afvoer met die verstekwaardes ('default values') wat verskaf is, word geselekteer met geen bedrag wat reeds betaal is nie: Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n stoortydperk van 3 maande geselekteer het met geen bedrag wat reeds betaal is nie: (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2020 SS/NSS (b) Knoppie [3.2.2 (b) - Verwerk betaling] Die klant moet 'n bedrag wat betaal moet word, in die redigeerblokkie ('edit box') edtV3_2_2 wat verskaf is, insleutel. Skryf kode om die volgende te doen:  Onttrek die bedrag wat in edtV3_2_2 ingesleutel is.  Gebruik die geskikte metode om die attribuut van die bedrag wat betaal is, op te dateer met die bedrag wat uit edtV3_2_2 onttrek is.  Gebruik die geskikte metodes om die opgedateerde bedrag wat verskuldig is, te bereken.  Vertoon die opgedateerde bedrag verskuldig op die paneel pnlV3_2_2. Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n stoortydperk van 3 maande geselekteer het, met 'n bedrag van R1 200 wat betaal is: (5) 3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Sien besonderhede] Die klant moet in staat wees om die besonderhede van die Transaksie-objek te sien. Kode om die 'rich edit'-komponent skoon te maak, is voorsien. Skryf kode om die attribute van die Transaksie-objek in die 'rich edit' wat verskaf is, te vertoon deur die toString-metode te gebruik. Voorbeeld van afvoer met die verstekwaardes wat geselekteer is en met geen bedrag wat reeds betaal is nie: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2020 SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die klant 'n klein houergrootte vir 'n stoortydperk van 3 maande geselekteer het, met 'n bedrag van R1 200 wat betaal is: (2)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor al die lêers.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2020 SS/NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING SCENARIO Tonne vragte word in houers gelaai en op die hawe gestoor om verskeep te word. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):  Lees die inligting hieronder en voltooi die kode vir die take wat in VRAAG 4.1 EN VRAAG 4.2 wat volg, beskryf word. Die program bevat kode wat hieronder vertoon word vir die verklaring van 'n skikking met die naam arrHouers. arrHouers: array [1..50] of real; arrHouers word verklaar met 'n maksimum grootte van 50 elemente om ewekansige reële getalle te stoor wat die verskillende gewigte van elke houer in ton te verteenwoordig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 23 DBE/November 2020 SS/NSS LET WEL: Kode is voorsien om sekere komponente vir elke gebeurtenis te aktiveer, deaktiveer en skoon te maak. 4.1 Skryf kode soos in VRAAG 4.1.1 en VRAAG 4.1.2 beskryf word om die gewig van hawehouers te genereer en te vertoon. 4.1.1 Knoppie [4.1.1 - Skep hawehouers] Skryf kode om vyftig (50) ewekansige reële waardes in die reeks van 1 tot 99 (beide ingesluit) en afgerond tot EEN desimale plek te genereer en ken die waardes aan die eendimensionele skikking met die naam arrHouers toe. LET WEL: Gebruik die skikking arrTempHouers wat verskaf is as jou poging om die arrHouers-skikking met ewekansige waardes te vul, onsuksesvol was. (4) 4.1.2 Knoppie [4.1.2 - Vertoon hawehouers] Skryf kode om die gewig van die houers te vertoon uit die arrHouers- skikking in die 'rich edit' redV4_1, wat in 5 rye en 10 kolomme gerangskik is, soos in die voorbeeld hieronder getoon. Voorbeeld van moontlike afvoer: LET WEL: Die waardes wat in die voorbeeld getoon word, sal van jou program se afvoer verskil omdat die waardes ewekansig gegenereer word elke keer as die [4.1.1 – Skep hawehouers]- knoppie geklik word. (8) 4.2 Knoppie [4.2 - Houers gelaai om verskeep te word] 'n Skip in die hawe moet met houers uit die eendimensionele skikking arrHouers gelaai word. Die totale gewig wat op die skip gelaai word, moet so na as moontlik, maar nie meer nie, as die maksimum waarde van 200 ton wees. Houers moet ry vir ry uit die arrHouers-skikking gelaai word totdat die maksimum gewig bereik is. As die byvoeg van 'n spesifieke houer se gewig by die totale gewig veroorsaak dat die totale gewig die maksimum gewig van 200 ton oorskry, moet daardie spesifieke houer nie op die skip gelaai word nie. Die program moet ry vir ry deur die oorblywende houers soek om 'n ander houer met 'n laer gewig te vind wat steeds op die skip gelaai kan word sonder om die maksimum gewig te oorskry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 24 DBE/November 2020 SS/NSS Die getal houers wat op die skip gelaai word, sal afhang van die ewekansige data wat in die arrHouers-skikking gegenereer is. Voorbeeld van afvoer vir die ewekansige waardes wat in VRAAG 4.1.1 gegenereer is. 31.2 43.4 5.1 41.2 52.6 15.8 1.4 Verduideliking: Die gewig van die eerste vyf houers in ry 1 is altesaam 'n totale waarde van 173.5 ton. Die byvoeg van die gewig van elk van die volgende drie houers (41.9, 97 en 49.3 onderskeidelik) sal veroorsaak dat die toegelate maksimum gewig oorskry word en word dus nie gelaai nie. Die volgende geskikte houer wat gelaai kan word, sal die houer met die gewig van 15.8 ton wees en daarna die houer met die gewig van 1.4 ton. Die totale gewig van die houers wat gelaai moet word, is altesaam 190.7 ton – die naaste totaal aan die waarde van 200 ton. Geen verdere houers kan gelaai word nie. Skryf kode om die volgende te doen:  Vertoon die gewig van die houers wat op die skip gelaai is in die 'rich edit'-komponent met die naam redV4_2.  Skryf die gewig van die houers wat op die skip gelaai is, na 'n nuwe tekslêer met die naam Tonne.txt.  Staak die laaiproses van die houers op die skip sodra die maksimum moontlike gewig op die skip gelaai is.  Vertoon die totale gewig wat op die skip gelaai is op die paneel pnlV4. Voorbeeld van moontlike afvoer: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 25 DBE/November 2020 SS/NSS Afvoer vir 'n ander stel data wat gegeneer is: (18)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 30 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2020 SS/NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 DATABASIS-INLIGTING VIR VRAAG 2: Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg: Tabel: tblWerknemers Hierdie tabel bevat die besonderhede van die personeel wat by die invoer-uitvoer- maatskappy werk. Veldnaam Datatipe Beskrywing WerknemerID Text (8) 'n Unieke ID wat 'n werknemer identifiseer Naam Text (40) Die werknemer se naam Van Text (40) Die werknemer se van UurlikseLoon Currency Die bedrag wat die werknemer per uur betaal word PosTitels Text (80) Die titel van die werknemer se posisie by die maatskappy NoodHulpOpleiding Boolean 'n Veld wat aandui of die werknemer 'n noodhulp- opleidingskursus voltooi het of nie Voorbeeld van die rekords van die tblWerknemers-tabel: Tabel: tblLogUre Die tabel bevat die inligting van ure wat gewerk is, wat daagliks deur die personeel aangeteken word. Veldnaam Datatipe Beskrywing LogID AutoNumber 'n Unieke nommer wat aan die werknemer se daaglikse ure gewerk, toegeken word WerknemerID Text (8) 'n Unieke ID wat die werknemer identifiseer aan wie die ure wat aangeteken is, behoort LogDatum Date/Time Die datum waarop die ure aangeteken is UreGewerk Number Die getal ure wat vir 'n spesifieke werknemer vir die dag aangeteken is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2020 SS/NSS Voorbeeld van die eerste elf rekords in die tblLogUre-tabel: LET WEL:  Konneksiekode is voorsien.  Die databasis is met 'n wagwoord beskerm en daarom sal jy nie in staat wees om direkte toegang tot die databasis te verkry nie. Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all