Skip to content

Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo

MemorandumInformation TechnologyGrade 12202024 pages

Grade 12 Information Technology Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2020(2) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 2 bladsye met data. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2. DBE/November 2020(2) SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in AL VIER afdelings beantwoord. 2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie. 3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend vir die Delphi-programmeringstaal is. 4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken word. 5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering toegeken word nie. 6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-uittreksels wat in die vraestel verskyn nie. 7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van hierdie roetines gebruik NIE. 8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy die datastrukture verskaf word. 9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. 10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word. 11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/ klasse wat jy voltooi het. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee word. 12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/ geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 3. DBE/November 2020(2) SS/NSS 13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNovRugsteun2020.exe gebruik. Doen die volgende:  Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer.  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Sleutel die volgende wagwoord in: Ent&*%ain9 Nadat dit onttrek is ('extracted'), sal die volgende lys met lêers in die lêergids DataAFRNovRugsteun2020 beskikbaar wees: LÊERS WAT VERSKAF IS: Vraag 1: HoeTellings.txt Vraag1_P.dpr Vraag1_P.dproj Vraag1_P.res Vraag1_U.dfm Vraag1_U.pas Vuurpyl.bmp Vraag 2: ConnectDB_U.pas VermaakDB.mdb Vraag2_P.dpr Vraag2_P.dproj Vraag2_P.res Vraag2_U.dfm Vraag2_U.pas Vraag 3: Kwalifiseer.bmp Optrede_U.pas Vraag3_P.dpr Vraag3_P.dproj Vraag3_P.res Vraag3_U.dfm Vraag3_U.pas Vraag 4: Vraag4_P.dpr Vraag4_P.dproj Vraag4_P.res Vraag4_U.dfm Vraag4_U.pas Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 4. DBE/November 2020(2) SS/NSS AFDELING A VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE Doen die volgende:  Maak die onvolledige program vir VRAAG 1 in die Vraag 1-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag1_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.  Die gebruikerskoppelvlak wat vir VRAAG 1 gebruik word, vertoon vier verskillende afdelings wat Vraag1.1 tot Vraag1.4 genoem word.  Volg die instruksies hieronder om die kode vir ELKE afdeling soos wat in VRAAG 1.1 tot VRAAG 1.4 beskryf word, te voltooi. 1.1 'OnActivate'-gebeurtenis ('event') van die vorm Skryf kode om die volgende te doen:  Verander die teks op die pnlOpskrif-paneel sodat dit in vetdruk ('bold') vertoon word.  Laai die Vuurpyl.bmp-beeld sodat dit in die beeldkomponent imgVuurpyl pas. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 5. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die program uitgevoer word: (4) 1.2 Knoppie [1.2 - Veelvoude van sewe] Die program moet die veelvoude van sewe tussen 'n reeks heelgetalle bepaal en vertoon (wat die boonste en onderste grensgetalle uitsluit). Die gebruiker moet die onderste en boonste grense van die reeks getalle insleutel in die redigeerblokkies ('edit boxes') wat verskaf word. Vertoon die veelvoude van sewe in een reël in die 'rich edit'-komponent redV1_2. Voorbeeld van afvoer as die waarde 12 as die onderste grens en 32 as die boonste grens ingesleutel is: (12) Voorbeeld van afvoer as die waarde 14 as die onderste grens en 49 as die boonste grens ingesleutel is: 1.3 Lysblokkie ('List box') Sommige beroemdes vervang hul name op die deure van hul aantrekkamers met 'n geënkripteerde weergawe daarvan. Die enkripsie word gedoen deur al die spasies te verwyder en die klinkers in hul name met die spesiale karakters wat hieronder getoon word, te vervang. Klinker: a e i o u Vervangingskarakter: @ $ * & % Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 6. DBE/November 2020(2) SS/NSS 'n Lysblokkie, lstBeroemdes, bevat kodes wat die name van beroemdes voorstel, bv. Ch@rl*zeTh$r&n wat die naam Charlize Theron voorstel. Die gebruiker moet 'n kode uit die lysblokkie selekteer. Die program moet die kode dekripteer en die naam in 'n dialoogblokkie vertoon. Die dekripsie moet soos volg gedoen word:  Vervang al die spesiale karakters met die ooreenstemmende klinkers.  Elke kode begin met 'n hoofletter. Die volgende hoofletter is dié van die van. Voeg 'n spasie voor die hoofletter vir die van in die kode in.  Vertoon die gedekripteerde naam dienooreenkomstig. Voorbeeld van afvoer as die kode 'Ch@rl*zeTh$r&n' geselekteer is: (12) 1.4 Knoppie [1.4 - Hoogste telling] 'n Persoon wat rekenaarspeletjies speel ('gamer') het die hoë tellings wat hy vir sy gunsteling aanlyn speletjie behaal het, in 'n tekslêer met die naam HoeTellings.txt gestoor. Die data word een telling per reël vir elke dag van die week gestoor, beginnend by dag 1. Voorbeeld van die inhoud van die tekslêer: Skryf kode om die volgende te doen:  Lees die data uit die tekslêer en bepaal die hoogste telling wat behaal is, asook die nommer van die dag van die week waarop hierdie telling behaal is.  Vertoon die hoogste telling en die getal van die dag waarop dit behaal is op die byskrifkomponente ('label components') wat verskaf is. LET WEL: Kodering met vaste waardes ('hardcoding') sal NIE aanvaar word NIE omdat die program vir enige stel data wat in die tekslêer voorkom, moet werk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 7. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer: (12)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 8. DBE/November 2020(2) SS/NSS AFDELING B VRAAG 2: DATABASISPROGRAMMERING 'n Skool organiseer 'n kultuurfees wat van 12 tot 18 April 2021 gehou sal word. 'n Verskeidenheid produksies sal opgevoer word en kaartjies vir die produksies kan gedurende die fees gekoop word. 'n Databasis met die naam VermaakDB en 'n onvolledige projek met die naam Vraag2_P word in die Vraag 2-lêergids verskaf. Die databasis bevat twee tabelle, naamlik tblProduksies en tblKaartjies met data wat verband hou met die fees wat gedurende April 2021 gehou gaan word. Die bladsye met data aan die einde van die vraestel verskaf inligting oor die ontwerp van die databasis en die inhoud daarvan. Doen die volgende:  Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2- lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag2_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 9. DBE/November 2020(2) SS/NSS  Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling wat in VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word, te voltooi.  Gebruik SQL-kode om VRAAG 2.1 te beantwoord en Delphi-kode om VRAAG 2.2 te beantwoord. LET WEL:  Die [Herstel databasis]-knoppie word verskaf om die data wat in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel. As jy jou kode op die oorspronklike data moet toets, kan jy op hierdie knoppie klik om die data te herstel.  Kode word verskaf om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.  Moet NIE enige van die kode wat verskaf word, verander NIE.  TWEE veranderlikes is as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel hieronder beskryf word: Veranderlike Datatipe Beskrywing tblProduksies TADOTable Verwys na die tabel tblProduksies tblKaartjies TADOTable Verwys na die tabel tblKaartjies 2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL] Jy mag in hierdie afdeling SLEGS SQL-stellings gebruik om VRAAG 2.1.1 tot VRAAG 2.1.5 te beantwoord. Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die navrae te vertoon, word verskaf. Die SQL-stellings is onvolledig. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 10. DBE/November 2020(2) SS/NSS Doen die volgende: Voltooi die SQL-stelling vir die gegewe string-veranderlike met die naam sSQL in elk van die vrae. 2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Produksies] Vertoon AL die velde van die tblProduksies-tabel, in stygende volgorde volgens tydsduur gesorteer. Voorbeeld van afvoer vir die eerste vyf rekords: (3) 2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Genre] Die gebruiker moet die naam van 'n genre in die edtGenre- redigeerblokkie wat verskaf is, insleutel. Vertoon die titel en ouderdomsbeperking van die produksies van die genre wat ingesleutel is. Voorbeeld van afvoer as 'Drama' die genre is wat ingesleutel is: (4) 2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Gemiddelde tydsduur] Vertoon die gemiddelde tydsduur van al die produksies in die tblProduksies-tabel, tot DRIE desimale syfers afgerond. Vertoon die berekende veld met die opskrif 'GemTydsduur'. Voorbeeld van afvoer: (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 11. DBE/November 2020(2) SS/NSS 2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Kaartjieverkope] Vertoon die titel en die totale getal kaartjies wat vir elke produksie verkoop is. Gebruik die opskrif 'Getal kaartjies wat verkoop is' vir die berekende veld. Voorbeeld van afvoer vir die eerste vyf rekords: (7) 2.1.5 Knoppie [2.1.5 - 25% afslag] Die feesorganiseerders het verklaar dat al die kaartjies vir sitplekke in ry C, D, E en F vir enige produksie tydens die vertoning wat om 10:00 begin, 'n afslag van 25% moet kry. Voltooi die kode om die databasis op te dateer om die afslagpryse te weerspieël. LET WEL: Dui die tyd as 10.00 in plaas van 10:00 aan omdat die gebruik van tyd in SQL-stellings in Delphi vereis dat die dubbelpunt (':') met 'n punt ('.') vervang moet word. Voorbeeld van afvoer van die eerste vyf rekords: LET WEL: Die datumformaat kan moontlik van die skermkopie verskil. (7) 2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 - Delphi-kode] In hierdie afdeling mag slegs Delphi-programmeringskode gebruik word om VRAAG 2.2.1 tot VRAAG 2.2.3 te beantwoord. GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word nie. Die gebruikerskoppelvlak vir VRAAG 2.2 word op die volgende bladsy vertoon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 12. DBE/November 2020(2) SS/NSS 2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Wat is die titel?] Skryf kode om die vraagteken ('?') in die lblTitel-etiket ('label') te vervang om die titel van die produksie wat tans in die tblProduksies-tabel geselekteer is, te vertoon. Voorbeeld van afvoer as die eerste rekord in die tblProduksies- tabel tans geselekteer is: (2) 2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Dateer tydsduur op] Die gebruikerskoppelvlak vertoon outomaties die tydsduur van die produksie wat tans in die tblProduksies-tabel geselekteer is. As die gebruiker op die knoppie klik, sal kode wat verskaf is die gebruiker versoek om die nuwe tydsduur van die produksie in minute in te sleutel deur 'n toevoerblokkie ('input box') te gebruik. Skryf kode om die tydsduur van die produksierekord wat tans in die tblProduksies-tabel geselekteer is, te verander na die waarde wat ingesleutel is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 13. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van toevoer as die tydsduur vir die produksie Seriaas 100 minute in plaas van 87 minute moet wees: Voorbeeld van afvoer nadat die tydsduur van die geselekteerde produksie verander is: (3) 2.2.3 Knoppie [2.2.3 - Vertoon kaartjieverkope] Die feesbestuurder benodig 'n verslag om al die kaartjies te toon wat op 'n spesifieke dag vir 'n produksie verkoop is. Die gebruiker moet die spesifieke dag in April uit die radiogroep ('radio group') met die naam rgpWatterDag selekteer. Skryf kode om die begintyd, die sitpleknommer wat bespreek is en die prys van elke kaartjie wat verkoop is, te vertoon vir die geselekteerde produksie op die geselekteerde dag. LET WEL:  Kode word verskaf om die opskrifte te vertoon.  Die inligting moet in netjiese kolomme onder die opskrifte vertoon word.  Die pryse van die kaartjies moet in geldeenheidformaat ('currency') vertoon word. Voorbeeld van afvoer as die produksie Hamlet vir 12 April 2021 geselekteer is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 14. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer as die produksie Half-leeg vir 16 April 2021 geselekteer is: (10)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 15. DBE/November 2020(2) SS/NSS Ë AFDELING C VRAAG 3: OBJEK-GEORIËNTEERDE PROGRAMMERING Die uitslae van die halfeindronde van die Tieners-Het-Talent-vertoning moet vasgelê word om te bepaal watter optredes vir die eindronde kwalifiseer. 'n Optrede kwalifiseer vir die eindronde as meer as 600 lede van die gehoor vir die optrede gestem het of as die optrede 'n spesiale stem by die beoordelaars gekry het, wat beteken dat dit outomaties vir die eindronde kwalifiseer. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.  Maak die onvolledige objekklas Optrede_U.pas oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die Vraag3_U.pas-lêer en die Optrede_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon:  Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 vir die Optrede_U-objekklas en in VRAAG 3.2 vir die Vraag3_U-vormklas gespesifiseer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 16. DBE/November 2020(2) SS/NSS 3.1 Die onvolledige objekklas (TOptrede) wat verskaf word, bevat die volgende:  Verklarings van vier attribute wat 'n Optrede-objek definieer  'n Voltooide toString-metode om die attribute te vertoon Die attribute vir die Optrede-objek is soos volg verklaar: Name van attribute Beskrywing fOptredeBeskrywing Beskrywing van die optrede fVoorafGekwalifiseer 'n Boolese waarde van 'true' wat aandui dat die optrede vooraf vir die eindronde gekwalifiseer het of 'false' indien nie fGehoorGrootte Die totale getal mense in die gehoor wat die halfeindronde bywoon fGehoorStemme Die getal stemme wat van lede van die gehoor ontvang is 3.1.1 Skryf kode vir 'n konstruktormetode wat die beskrywing van die optrede, 'n Boolese waarde wat aandui of die optrede vooraf vir die eindronde gekwalifiseer het of nie en die totale getal lede in die gehoor as parameterwaardes sal ontvang. Ken hierdie waardes aan die onderskeie attribute toe. Stel die getal stemme wat van die gehoor ontvang is, op nul. (5) 3.1.2 Skryf kode vir 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam getOptredeBeskrywing vir die attribuut wat die optrede beskryf. (3) 3.1.3 Skryf kode vir 'n wysigingsmetode ('mutator method') met die naam setGehoorStemme wat die getal lede van die gehoor wat vir die optrede gestem het, ontvang en die relevante attribuut opdateer. (3) 3.1.4 Skryf kode vir 'n metode met die naam toetsStatus wat 'n Boolese waarde, wat aandui of die optrede vir die eindronde kwalifiseer of nie, sal terugstuur. 'n Optrede kwalifiseer vir die eindronde as enige een van die volgende vereistes nagekom word:  Meer as 600 lede van die gehoor het vir die optrede gestem.  Die optrede kwalifiseer reeds vir die eindronde. (7) 3.2 'n Onvolledige eenheid Vraag3_U is verskaf en bevat kode vir die objekklas om toeganklik te wees. Die volgende kode is verskaf:  'n Objekveranderlike objOptrede wat globaal verklaar is  'n Veranderlike met die naam iGehoorGrootte wat globaal verklaar is. 'n Waarde wat ewekansig gegenereer is in die reeks van 700 tot 800, is aan iGehoorGrootte in die OnChange-gebeurtenis ('event') van die cmbOptrede-kombinasielys ('combo box') toegeken.  Kode in die [Herstel('Reset')]-knoppie wat die eienskappe van die komponente na hulle oorspronklike status sal herstel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 17. DBE/November 2020(2) SS/NSS Doen die volgende om die kode vir VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.3 in die hoofvormeenheid te voltooi: 3.2.1 Knoppie [3.2.1 - Instansieer optrede-objek] Die gebruiker moet die volgende doen:  Kies die beskrywing van die optrede uit die kombinasielys ('combo box').  Selekteer die chkVoorafKwalifiseer-kontroleblokkie ('check box') om aan te dui of die optrede reeds vir die eindronde gekwalifiseer het of nie. Skryf kode om die volgende te doen:  Gebruik die beskrywing van die optrede, die grootte van die gehoor en die Boolese waarde van die kontroleblokkie wat aandui of die optrede vooraf gekwalifiseer het of nie, en instansieer 'n Optrede-objek.  Vertoon 'n boodskap om aan te dui dat die objek geïnstansieer is. (7) 3.2.2 Knoppie [3.2.2 - Stem] Skryf kode om die volgende te doen:  Onttrek ('Extract') die getal stemme wat uit die gehoor vir die optrede ontvang is.  As die getal stemme wat uit die gehoor ontvang is, meer as die totale grootte van die gehoor is, vertoon 'n boodskap 'Ongeldig' en plaas die fokus terug na die redigeerblokkie edtGehoorStemme.  As die getal stemme minder of gelyk aan die totale grootte van die gehoor is, gebruik die setGehoorStemme-metode om die waarde van die attribuut van die objek te stel. (6) 3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Uitslag] Skryf kode om te bepaal of die optrede vir die eindronde kwalifiseer deur die toetsStatus-metode te gebruik. LET WEL: Die panele, pnlKwalifiseer en pnlNieKwalifiseer, is dieselfde grootte en in presies dieselfde posisie op die GGK ('GUI') geplaas. Die een paneel is dus agter die ander paneel weggesteek. As 'n optrede vir die eindronde kwalifiseer:  Stel die paneel pnlKwalifiseer om sigbaar te wees en steek die paneel pnlNieKwalifiseer weg.  Gebruik die relevante toegangsmetode ('accessor method') om die beskrywing van die optrede te kry en dit op die etiket lblKwalifiseer te vertoon. As 'n optrede NIE vir die eindronde kwalifiseer NIE:  Stel die paneel pnlNieKwalifiseer om sigbaar te wees en steek die paneel pnlKwalifiseer weg.  Vertoon die inligting van die objek in die afvoerarea redNieKwalifiseer deur die toString-metode te gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 18. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n optrede vir die eindronde gekwalifiseer het: LET WEL: Die totale getal mense in die gehoor word ewekansig gegenereer en mag verskil van die getal wat op die gebruikerskoppelvlak getoon word wanneer jy die program uitvoer. Voorbeeld van toevoer en afvoer as 'n optrede NIE vir die eindronde kwalifiseer NIE: (9)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en vormklas ingesleutel is.  Stoor al die lêers.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 19. DBE/November 2020(2) SS/NSS AFDELING D VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGPROGRAMMERING Die Franse Ambassade bied studente 'n geleentheid om aan 'n kulturele geleentheid deel te neem. Die verhoogname en tale van al die deelnemers word in twee parallelle skikkings gestoor. Die bestuurder moet die inligting van nuwe deelnemers by die geleentheid kan byvoeg. Doen die volgende:  Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.  Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die Vraag4_U.pas-lêer in.  Kompileer en voer die program uit. Die program het tans beperkte funksionaliteit. Die volgende gebruikerskoppelvlak word vertoon: Kode is verskaf vir die verklaar van die volgende globale veranderlikes, die OnCreate-gebeurtenishanteerder en die btnVertoon-knoppie. Die volgende is verskaf:  arrTale, wat die name van die drie tale wat by die kulturele geleentheid gebruik mag word, bevat: arrTale: array[1..3] of String = ('Frans', 'Afrikaans', 'Zulu');  arrName wat 'n maksimum van 100 name van deelnemers kan stoor: arrName: array[1..100] of String; Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 20. DBE/November 2020(2) SS/NSS  arrTaalKode wat 'n maksimum van 100 kodes kan stoor. 'n Kode is die eerste letter van die taal wat die deelnemer gekies het, bv. die taal 'Frans' sal deur die karakter 'F' in die arrTaalKode-skikking verteenwoordig word. LET WEL: Die taal isiZulu is as Zulu in die arrTale-skikking gestoor en word deur die karakter 'Z' voorgestel. arrTaalKode: array[1..100] of char;  'n Veranderlike iGrootte om boek te hou van die huidige getal deelnemers in die arrName-skikking: iGrootte: integer;  Die OnCreate-gebeurtenishanteerder bevat kode om die iGrootte-veranderlike op tien te stel en die parallelle skikkings arrName en arrTaalKode met die name en kodes van die huidige tien deelnemers te vul.  Die 'Vertoon deelnemers'-knoppie bevat kode om die huidige data wat in die skikkings arrName en arrTaalKode gestoor is, te vertoon.  Die data in die arrName-skikking is gesorteer om die deelnemers se name in alfabetiese volgorde, gegroepeer volgens hulle taal, te vertoon.  Die taalgroepe moet altyd met Frans begin, gevolg deur Afrikaans en dan Zulu. Voorbeeld van afvoer vir die OnClick-gebeurtenis van die btnVertoon-knoppie: Skryf kode om die take wat in VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 hieronder beskryf word, uit te voer. 4.1 Knoppie [4.1 - Tel] Bereken en vertoon die totale getal deelnemers per taal. Voorbeeld van afvoer vir die oorspronklike data in die skikkings: (11) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 21. DBE/November 2020(2) SS/NSS 4.2 Knoppie [4.2 - Voeg deelnemer by] Die inligting van 'n nuwe deelnemer moet bygevoeg word deur die naam in die edtNaam-redigeerblokkie in te sleutel en die taal in the cmbTaal- kombinasielys ('combo box') te selekteer. Kode word verskaf om die volgende te doen:  Onttrek die naam uit die redigeerblokkie edtNaam en skakel die naam om na die korrekte formaat om by die skikking gevoeg te word. Die formaat van die name in die skikking het die eerste letter in bo-kas ('uppercase') en al die ander letters in onderkas ('lowercase'), bv. Sam.  Onttrek die eerste letter van die taal wat uit die cmbTaal-kombinasielys ('combo box') geselekteer is. Skryf kode om die volgende te doen:  Voeg die naam van die deelnemer wat uit die edtNaam-redigeerblokkie onttrek is in die korrekte alfabetiese posisie in die gesorteerde skikking arrName in.  Voeg die eerste letter van die taal van die deelnemer in die korrekte posisie in die skikking arrTaalKode in. LET WEL: Die volgorde van die taalgroepe moet altyd Frans, Afrikaans en dan Zulu wees. Die invoeg van 'n nuwe deelnemer en taalkode moet NIE die alfabetiese volgorde en/of die volgorde van die taalgroepe verander NIE. Voorbeeld van afvoer as die naam Garner ingesleutel is en die taal Frans geselekteer is: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 22. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van afvoer as Tessa die volgende naam is wat ingesleutel is en die taal Afrikaans geselekteer is: (19)  Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer ingesleutel is.  Stoor jou program.  Druk die kode indien dit vereis word. TOTAAL AFDELING D: 30 GROOTTOTAAL: 150 i Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 1. DBE/November 2020(2) SS/NSS INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1(2) VRAAG 2: DATABASIS-INLIGTING Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg: Tabel: tblProduksies Hierdie tabel bevat die data vir die verskillende produksies wat by die fees opgevoer sal word. Field name Data type Size Description ProduksieID Number Long Integer Unieke nommer wat aan elke produksie toegeken is Titel Text 25 Die titel van die produksie, bv. Half-leeg Genre Text 15 Die genre van die produksie, bv. Drama, Komedie, ens. OudBeperking Text 15 Die ouderdomsbeperking wat op die produksie van toepassing is, bv. 2-16, Alle ouderdomme Tydsduur Number Integer Die tydsduur van die produksie in minute, bv. 112 Voorbeeld van data: Tabel: tblKaartjies Hierdie tabel bevat die data van die kaartjies wat tans verkoop is om die verskillende produksies by te woon. Field name Data type Size Description KaartjieID Number Long Integer Unieke nommer wat toegeken is aan elke kaartjie wat gekoop is ProduksieID Number Long Integer 'n Nommer wat aan elke produksie toegeken is SitplekNom Text 5 Die nommer van die sitplek waarvoor die kaartjie gekoop is, bv. B2 – wat aandui dat die sitplek in ry B, sitpleknommer 2 is VertoonDatum DateTime ShortDate Die datum waarop die produksie gedurende die week van 12 tot 18 April 2021 bygewoon gaan word BeginTyd DateTime ShortTime Die tydsgleuf waartydens die produksie bygewoon gaan word. Die moontlike opsies is: 10:00, 15:00, 17:00 en 20:00. Prys Currency Die prys van die kaartjie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V1 2. DBE/November 2020(2) SS/NSS Voorbeeld van data van die eerste sewe rekords: LET WEL: Die datumformaat kan moontlik van die skermkopie verskil. Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit bestaan tussen die twee tabelle in die databasis: Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all