Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INFT.2
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2
NOVEMBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
MIDDAGSESSIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2020 QP
Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 616.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Solution Development and Software Engineering5 marks
- Question 1.2Solution Development and Software Engineering10 marks
- Question 2Systems Technologies25 marks
- Question 3Systems Technologies30 marks
- Question 4Database Design and SQL20 marks
- Question 5Solution Development and Software Engineering20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:
AFDELING A: Kortvrae (15)
AFDELING B: Stelseltegnologieë (25)
AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (30)
AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur (20)
AFDELING E: Oplossingsontwikkeling (20)
AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (40)
2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/
redes wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 'n Persoon wat 'n organisasie se huidige rekenaarstelsels en
-prosedures bestudeer en dan inligtingstelseloplossings ontwerp om
die organisasie te help om meer doeltreffend te funksioneer, is 'n …
A stelselontleder.
B databasisontleder.
C stelseladministrateur.
D programmeerder. (1)
1.1.2 'n Toestel wat gebruik kan word om baie verskillende randtoestelle
('peripheral devices') met 'n enkele koppeling te verbind, staan as 'n
USB-… bekend.
A passtuk ('adapter')
B flitsaandrywer ('flash drive')
C spil ('hub')
D poort (1)
1.1.3 Die proses om nuwe patrone in data te ontdek deur gesofistikeerde
sagteware te gebruik, staan as ... bekend.
A datapakhuising ('data warehousing')
B inligtingsverwerking
C groot data ('big data')
D data-ontginning ('data mining') (1)
1.1.4 Die volgende naam van 'n veranderlike is NIE in Delphi geldig NIE:
A _dSalaris
B dSalaris
C 1dSalaris
D salaris1 (1)
1.1.5 Bepaal die waarde van y wat as 'n heelgetal verklaar is as die
volgende Delphi-stelling uitgevoer word:
y := ceil(25.0/6) + 30 mod 6 – round(15.0/4);
A 3
B 2
C 6
D 1 (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–R) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 S.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Tegniek waar twee of meer A digitale kloof
skywe deur 'n spesiale beheerder ('digital divide')
saam gegroepeer word om die
moontlike verlies aan data te B ergonomiese sekuriteit
minimaliseer ('ergonomic security')
1.2.2 'n Veld in 'n databasistabel wat C vreemde sleutel
gebruik kan word om rekords te ('foreign key')
identifiseer, maar nie in die tabel as
'n primêre sleutel gebruik word nie D rugrytransmissie
('piggybacking')
1.2.3 Sekuriteit wat op die identifikasie
van 'n persoon se unieke fisieke E RAID
eienskappe gebaseer is
F digitale era
1.2.4 'n Enkripsieprotokol wat data wat
G skyfskoonmaak
oor die internet gestuur word,
('disk clean-up')
enkodeer
H nutssagteware
1.2.5 Die gaping tussen mense wat
('utility software')
toegang tot rekenaars en
tegnologie het en mense wat dit nie I saamgestelde sleutel
het nie ('composite key')
1.2.6 Die herorganisering van lêers op 'n J terugrol ('rollback')
hardeskyf wat toegang tot die lêers
vinniger maak K HTOP ('HTTP')
1.2.7 Sagteware wat die bedryfstelsel in L BSL ('SSL')
staat stel om met hardeware-
toestelle te kommunikeer M LOP ('FTP')
1.2.8 Die protokol wat gebruik word om N interpreteerder
groot lêers oor 'n afstand tussen
rekenaars met 'n internetverbinding O skyfdefragmentering
oor te dra ('disk defragmentation')
1.2.9 'n Bewerking wat 'n databasis- P biometrika ('biometrics')
transaksie omkeer en die data na
Q drywers ('drivers')
sy vorige toestand herstel
R alternatiewe sleutel
1.2.10 Programme wat deel van stelsel-
('alternate key')
sagteware is en vir instandhouding
en administratiewe take gebruik
word
(10 x 1) (10)
TOTAAL AFDELING A: 15
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË
VRAAG 2
SCENARIO
Die eienaar van 'n invoer/uitvoer-onderneming wat in die beginstadium is, vra jou
raad oor 'n aantal IT-verwante kwessies.
2.1 Die rekenaartegnikus wat die rekenaars wat in die kantoor gebruik gaan word,
aanmekaar sal sit, stel voor dat elke rekenaar 'n vastetoestandaandrywer
('solid-state drive') en 'n hardeskyf moet hê.
2.1.1 Noem EEN voordeel wat 'n vastetoestandaandrywer bo 'n
konvensionele hardeskyf het. (1)
2.1.2 Noem EEN nadeel van 'n vastetoestandaandrywer 'n vergelyking met
'n konvensionele hardeskyf. (1)
2.2 Elk van die kantoorrekenaars sal met 8 GG ('GB')-ETG ('RAM') en Windows 10
as bedryfstelsel toegerus wees.
2.2.1 ETG word as vlugtige ('volatile') geheue beskou. Wat beteken vlugtig
in hierdie konteks? (1)
2.2.2 Die eienaar het gehoor dat sommige rekenaars slegs 4 GG-ETG kan
gebruik. Hy is bekommerd dat hy vir hardeware sal betaal wat nie
gebruik sal word nie.
Verduidelik waarom hierdie kantoorrekenaars in staat sal wees om al
8 GG-ETG te kan gebruik. (1)
2.2.3 Die rekenaartegnikus moet begin om die kantoorrekenaars se
bedryfstelsels te installeer.
(a) Dui aan of die hardeskyfaandrywer of die vastetoestand-
aandrywer die beste opsie sou wees om die bedryfstelsel op te
installeer. (1)
(b) Gee TWEE redes hoekom jy die aandrywer in jou antwoord op
VRAAG 2.2.3(a) aanbeveel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2020
SS/NSS
2.3 Die onderneming se rekenaars sal op Microsoft Windows 10 uitvoer ('run'),
maar daar is toepassings wat die eienaar wil gebruik wat slegs op MacOS kan
uitvoer.
2.3.1 Stel 'n moontlik tegnologie voor wat gebruik kan word om beide
bedryfstelsels te laat uitvoer sonder om die hardeskyf te segmenteer
('partition'). (1)
2.3.2 Iemand het aanbeveel dat die nuutste dienspakket ('service pack') vir
die Windows-bedryfstelsel geïnstalleer moet word.
Verduidelik kortliks wat 'n dienspakket is. (2)
2.4 VB.NET is 'n hoëvlakprogrammeringtaal.
2.4.1 Definieer 'n hoëvlakprogrammeringtaal. (1)
2.4.2 Interpreteerders en kompileerders ('compilers') word gebruik om 'n
hoëvlaktaal na masjienkode 'te vertaal'.
(a) Verduidelik die verskil tussen interpreteerders en kompileerders
deur die verskil te noem in die benadering wat hulle volg
wanneer hulle kode 'vertaal'. (2)
(b) Verduidelik die verskil tussen interpreteerders en kompileerders
deur die manier te noem waarop elkeen terugvoer gee en die
resultaat aanbied. (2)
(c) Gebruik Delphi 'n interpreteerder of 'n kompileerder? (1)
2.4.3 'n TPK ('API') word gebruik wanneer daar in 'n hoëvlak-
programmeringstaal gekodeer word. Wat is die funksie van 'n TPK? (2)
2.5 As gevolg van modulêre ontwerp het die nuutste tafelrekenaars baie gleufies
en koppelings wat dit moontlik maak om rekenaarkomponente by te voeg.
Noem die gleuf of koppeling wat gebruik word om die volgende
modules/komponente by te voeg:
2.5.1 ETG ('RAM') (1)
2.5.2 DVD-aandrywer (1)
2.5.3 Grafikakaart (1)
2.6 Moederborde dra op enige gegewe oomblik reusehoeveelhede data tussen
verskillende komponente oor.
Verduidelik hoe die stelselklok met die koördinering van die oordrag van data
op 'n moederbord help. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2020
SS/NSS
2.7 Beskou die diagram hieronder wat 'n proses wat deur die SVE ('CPU')
uitgevoer word, illustreer:
Kry instruksies
vanaf geheue
Stoor data terug Dekodeer die
na die geheue instruksies
Voer die
instruksies uit
2.7.1 Wat word die proses hierbo genoem? (1)
2.7.2 Die SVE ('CPU') en die ETG ('RAM') kommunikeer met mekaar deur
middel van 'n direkte pad/verbinding op die moederbord.
Benoem hierdie direkte pad/verbinding. (1)
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
VRAAG 3
3.1 Wi-Fi, UTP-kabels en veseloptiese kabels is netwerkmedia wat in ag geneem
moet word wanneer netwerke opgestel word. Veseloptiese kabels het 'n
groter bandwydte, maar kan duur wees.
3.1.1 Netwerkbandwydte word in Mbps gemeet.
(a) Beskryf bandwydte in hierdie konteks. (1)
(b) Skryf die afkorting Mbps uit. (1)
3.1.2 Behalwe vir 'n groter bandwydte en hoër spoed, noem TWEE ander
voordele van veseloptiese kabels teenoor UTP-kabels. (2)
3.1.3 Gee TWEE redes waarom UTP-kabels soms eerder as Wi-Fi in 'n
kantooromgewing verkies word. (2)
3.1.4 Definieer die term netwerkruggraat ('network backbone'). (1)
3.1.5 Daar word gesê dat 'n NKK ('NIC') 'n basiese maar noodsaaklike
stuk toerusting is om 'n netwerk op te stel.
Noem die funksie van 'n NKK. (1)
3.2 YouTube en Netflix is voorbeelde van VOD-dienste.
Verduidelik wat 'n VOD-diens behels. (1)
3.3 AGB'e ('AUPs') omskryf die regte en verantwoordelikhede van gebruikers wat
'n belangrike vereiste in netwerkomgewings is.
3.3.1 Verduidelik waarom 'n organisasie besonderhede oor beperkings op
die installering van BitTorrent-toepassings by hulle AGB moet insluit. (1)
3.3.2 Noem die voorwaarde waaraan voldoen moet word om te verseker
dat die gebruik van BitTorrent wettig is. (1)
3.4 Blogs word algemeen as 'n sosialemediahulpmiddel gebruik.
Gee TWEE redes waarom inligting wat op blogs gepubliseer word,
onakkuraat kan wees. (2)
3.5 Die ontwerp van webblaaie kan staties of dinamies wees.
Hoe verskil 'n dinamiese webblad van 'n statiese webblad uit 'n gebruiker se
perspektief? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2020
SS/NSS
3.6 Digitale handtekeninge is algemeen in die wêreld van sake wat elektronies
bedryf word.
Wat is die doel van 'n digitale handtekening? (1)
3.7 Webontwikkelaars gebruik 'n verskeidenheid tegnologieë, soos HTML, KSV
('CSS') en AJAX, om visueel indrukwekkende webtuistes te skep.
3.7.1 Watter tipe sagteware op die kliënt se rekenaar word gebruik om
HTML-instruksies uit te voer? (1)
3.7.2 Noem TWEE maniere waarop KSV('CSS')-lêers help om
eenvormigheid oor verskeie webblaaie te handhaaf. (2)
3.7.3 Wat is die doel van AJAX in die konteks van webtuiste-ontwikkeling? (2)
3.8 VDoS('DDoS')-aanvalle word tipies deur botnets uitgevoer.
3.8.1 Definieer die term botnet. (2)
3.8.2 Beskryf wat tydens 'n VDoS('DDoS')-aanval gebeur. (3)
3.8.3 Wat is 'n zombie die konteks van 'n botnet? (1)
3.9 Kubermisdaad ('Cybercrime') is 'n algemene verskynsel in die moderne
wêreld.
3.9.1 Verduidelik kortliks wat 'n sleutelvaslegger ('keylogger') is. (1)
3.9.2 Stel TWEE maniere van beveiliging voor wat rekenaargebruikers kan
gebruik om te voorkom dat hulle slagoffers van kubermisdaad word. (2)
TOTAAL AFDELING C: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR
VRAAG 4
SCENARIO
Die invoer van plante kan gevaarlik wees omdat die plante moontlik indringers kan
wees of siektes aan inheemse plante en ekosisteme kan oordra. 'n Streng
toetsproses moet eers uitgevoer word voordat enige vreemde plant oor 'n land se
grense geneem mag word.
'n Databasis word gebruik om versoeke te bestuur en op hoogte te bly van die aantal
plante wat in die land ingebring word. 'n Aansoek moet gerig en verwerk word elke
keer as 'n invoerder plante wil invoer.
Die databasis bevat twee tabelle wat soos volg ontwerp is:
Tabel: tblInvoerders
Veldnaam Datatipe Beskrywing
InvoerderID Short Text (10) 'n ID om 'n invoerder-entiteit op unieke
wyse te identifiseer
InvoerderNaam Short Text (40) Naam van organisasie/persoon van die
invoerder
InvoerderLand Short Text (40) Plek/Land waarvandaan die invoerder
kom
DatumGeregisteer Date/Time Kort datum ('Short date') wat die datum
aandui waarop die invoerder
geregistreer is
Tabel: tblAansoeke
Veldnaam Datatipe Beskrywing
AansoekID AutoNumber 'n ID om 'n aantekenrekord/-versoek om
plante in te voer, op unieke wyse te
identifiseer
PlantNaam Short Text (80) Die wetenskaplike naam van die plant
wat versoek word om ingevoer te word
Hoeveelheid Number Die getal plante wat versoek word om
ingevoer te word
Goedgekeur Number 0 dui aan dat die invoerversoek
afgekeur is
1 dui aan dat die invoerversoek
goedgekeur is
DatumOntvang Date/Time Die datum waarop die invoerversoek
gedoen is/die rekord geskep is
DatumVerwerk Date/Time Die datum waarop die invoerversoek
goedgekeur of afgekeur is
VerwerkTydsduur Number Die getal dae wat dit geneem het om die
versoek te verwerk
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2020
SS/NSS
4.1 Die databasisontwerp is onvolledig. Primêre sleutels is nog nie geïdentifiseer
nie en 'n verwantskap moet nog tussen die twee tabelle, tblInvoerders and
tblAansoeke, geskep word.
4.1.1 Noem TWEE spesifieke vereistes wat betrekking het op die inhoud van
'n primêre sleutel se veld. (2)
4.1.2 'n Vreemdesleutel-veld moet geïdentifiseer word om 'n verwantskap
tussen die tabelle te skep.
(a) Identifiseer 'n geskikte vreemde sleutel en gee die naam van veld
en die naam van die tabel wat die veld bevat. (2)
(b) Noem die tipe verwantskap tussen die tabelle tblInvoerders en
tblAansoeke. (1)
4.1.3 Noem die diagram wat gebruik word om die verwantskap tussen die
twee tabelle te illustreer. (1)
4.2 Stel 'n meer geskikte datatipe vir die Goedgekeur-veld in die tblAansoeke-
tabel voor. (1)
4.3 Verduidelik hoekom die VerwerkTydsduur-veld in die tblAansoeke-tabel
oorbodig is. (1)
4.4 Gedurende die betaweergawe-toets van die stelsel het die DBA opgemerk
dat daar teenstrydighede in die vaslê van die name van lande in die
InvoerderLand-veld is. Byvoorbeeld, Kanada se naam is op die volgende
verskillende maniere vasgelê:
KA
Kanada
Kannada
4.4.1 Verduidelik wat met die term betaweergawe bedoel word. (1)
4.4.2 Stel 'n manier voor waarop die stelsel aangepas kan word sodat die
naam van 'n land eenvormig in die InvoerderLand-veld vasgelê kan
word. (1)
4.5 Om die kwaliteit van die data te verseker behels uitgebreide datavalidering en
-verifiëring. Gebruik die veld Goedgekeur in die tblAansoeke-tabel om die
volgende te verduidelik:
4.5.1 Datavalidering (2)
4.5.2 Dataverifiëring (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2020
SS/NSS
4.6 Slegs gemagtigde persone behoort toegang te hê tot die databasisbediener
('server') wat die databasis huisves.
Stel enige TWEE fisiese maniere voor waarop toegang tot die
databasisbediener beperk kan word. (2)
4.7 Onafhanklikheid van data ('data independence') is 'n kenmerk van 'n goed
ontwerpte databasis.
4.7.1 Verduidelik die term onafhanklikheid van data. (2)
4.7.2 Een vlak van onafhanklikheid van data is fisiese onafhanklikheid.
Noem nog 'n vlak van onafhanklikheid van data. (1)
4.7.3 Gee TWEE belangrike redes vir die afdwing van onafhanklikheid van
data. (2)
TOTAAL AFDELING D: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING
VRAAG 5
5.1 Daar is baie tipes foute wat tydens die ontwikkeling van sagteware kan
voorkom.
5.1.1 Onderskei tussen 'n sintaksfout ('syntax error') en 'n looptydfout
('runtime error'). (2)
5.1.2 Gee TWEE riglyne oor hoe 'n programmeerder bruikbare fout-
boodskappe kan saamstel. (2)
5.2 Verskeie soekalgoritmes is beskikbaar om gebruik te word, bv. binêre en liniêre
soekalgoritmes.
Wat is die voorvereiste vir 'n skikking om deursoek te word wanneer die binêre
soekalgoritme gebruik word? (1)
5.3 'n Beginnerprogrammeerder was besig om 'n konsep te toets en het die
volgende segment Delphi-kode geskryf:
5.3.1 Die programmeerder het verwag dat die finale waarde van die
veranderlike S 15 moet wees, maar die dialoogblokkie ('dialog box') het
die waarde van die veranderlike S as 38319711 getoon.
Gee 'n moontlike rede vir hierdie onverwagse resultaat. (1)
5.3.2 Stel TWEE maniere voor waarop die kode van die beginner-
programmeerder verbeter kan word om meer leesbaar te wees. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2020
SS/NSS
5.4 Beskou die volgende vloeidiagram:
Teken die volgende onvolledige naspeurtabel in jou ANTWOORDEBOEK oor.
Voltooi die naspeurtabel deur die vloeidiagram wat hierbo vertoon word, stap vir
stap na te speur.
Blokno. f1 f2 i i < 3? fn Afvoer
1 2
2 3
3 1 (6)
5.5 Skryf 'n alternatiewe reël Delphi-kode wat dieselfde effek as die volgende reël
kode sal hê:
i:= i+1; (1)
5.6 Beskou die volgende klasdiagram:
TGebeurtenis
- fPlek: String
- fGebeutenisDatum: String
- fKapasiteit: integer
<<CONSTRUCTOR>> Create(plek, gebeurtenisDatum:
String; kapasiteit: integer)
+ getPlek(): String
+ setPlek(plek)
+ getGebeurtenisDatum(): String
+ setGebeurtenisDatum (gebeurtenisDatum: TDate)
+ getKapasiteit(): String
+ setKapasiteit(kapasiteit: integer)
+ toString(): String
5.6.1 Wat stel die plus(+)- en minus(-)-simbole onderskeidelik voor? (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2020
SS/NSS
5.6.2 Identifiseer TWEE foute in die klasdiagram wat verskaf is. (2)
5.6.3 Identifiseer 'n hulp('auxiliary')-metode in die klasdiagram wat verskaf is. (1)
TOTAAL AFDELING E: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2020
SS/NSS
AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
VRAAG 6
'n Klein uitvoermaatskappy wat in voedselverwante produkte spesialiseer, oorweeg die
opgradering van hulle IKT('ICT')-stelsels. Jy is deel van 'n IT-maatskappy wat hulle met
raad bystaan.
6.1 Daar is baie faktore wat 'n rekenaar se werkverrigting kan beïnvloed.
6.1.1 Gee TWEE redes waarom die gebruik van kasgeheue die SVE
('CPU') in staat stel om take vinniger te verrig as wanneer ETG
('RAM') gebruik word. (2)
6.1.2 Noem TWEE ander fisiese aspekte van die SVE ('CPU') wat 'n direkte
invloed op die stelsel se werkverrigting het. (2)
6.1.3 Die beskikbare geheue ('memory') (ETG ('RAM')) het ook 'n invloed
op 'n rekenaar se werkverrigting. Daarom ken die bedryfstelsel
addisionele geheue toe as die beskikbare geheue beperk is.
(a) Wat word die addisionele geheue wat deur die bedryfstelsel
toegeken word indien nodig, genoem? (1)
(b) Verduidelik hoe die bedryfstelsel die addisionele geheue gebruik
wanneer dit nodig is. (2)
6.2 Die maatskappy oorweeg dit om gratis sagteware te gebruik as 'n alternatief
om lisensiekoste te spaar.
Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n oop en gratis bedryfstelsel, soos
Linux, as 'n alternatief vir 'n bedryfstelsel soos Microsoft Windows. (2)
6.3 SaaS is 'n konsep wat met wolkrekenarisering verband hou, wat op sy beurt
weer swaar op virtualiseringstegnologieë steun.
6.3.1 Noem TWEE voordele wat met die gebruik van wolkrekenarisering
geassosieer word. (2)
6.3.2 Noem TWEE virtualiseringstegnieke wat deur maatskappye gebruik
word, wat wolkdienste aanbied. (2)
6.4 Bemarking en e-kommunikasie speel 'n groot rol in die maatskappy se
daaglikse aktiwiteite.
6.4.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van webgebaseerde e-pos
eerder as 'n IDV('ISP')-gebaseerde e-pos. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 17 DBE/November 2020
SS/NSS
6.4.2 Die internet word gebruik om te soek na verskaffers van produkte om
uit te voer.
(a) Verduidelik hoe 'n soekenjin doelgemaakte soek ('customised
searching') gebruik om soekresultate volgens 'n gebruiker se
profiel aan te pas. (2)
(b) Verduidelik wat konteksbewuste ('context-aware') soektogte
behels. (1)
(c) Hoe kan die onderneming uit konteksbewuste soektogte
voordeel trek? (1)
6.4.3 Gee TWEE redes waarom die maatskappy in die ontwikkeling van 'n
mobiele toepassing behoort te belê indien 'n webtuiste reeds geskep
is. (2)
6.5 Die onderneming gebruik tans 'n gesentraliseerde databasis. Hulle is
aangeraai om na 'n verspreide databasisstelsel oor te skakel.
Gee TWEE redes waarom jy sal aanbeveel dat hulle NIE na 'n verspreide
databasisstelsel oorskakel NIE. (2)
6.6 'n Werknemer was besig om die stelselinstellings op sy/haar rekenaar te
ondersoek en het op 'n skerm afgekom wat die volgende inligting vertoon:
6.6.1 Hoekom is 'n VPN nuttig vir werknemers? (2)
6.6.2 Dui EEN opsie in die skermskoot hierbo aan wat met groen
rekenarisering verband hou. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V2 18 DBE/November 2020
SS/NSS
6.6.3 Definieer die term mobiele warmkol ('mobile hotspot'). (2)
6.6.4 (a) Verduidelik kortliks wat multitaakverwerking is. (2)
(b) Hoe verskil multiverwerking van multitaakverwerking? (2)
6.6.5 Verduidelik wat naby-deling ('nearby sharing') in hierdie konteks
behels. (1)
6.7 As deel van die opgradering van hulle IKT('ICT)-stelsels oorweeg die
maatskappy dit om hulle landlyn te kanselleer ten gunste van die gebruik van
VoIP vir kommunikasie met hulle klante.
Noem TWEE moontlike nadele daarvan om slegs op VoIP te vertrou om met
klante te kommunikeer. (2)
6.8 Die maatskappy moet dikwels voedsel in hulle industriële vrieskaste stoor
totdat dit vir uitvoer verskeep kan word.
Maak TWEE aanbevelings oor hoe Internet van Dinge(IvD)('Internet of
Things/IoT')-tegnologie gebruik kan word om te verseker dat die maatskappy
nie skade ly as gevolg van moontlike probleme om die temperature in hulle
vrieskaste op optimale vlakke te hou nie. (2)
6.9 Die maatskappy gebruik sekuriteitskentekens ('security badges') met
ingebedde RFID-etikette om toegang tot hulle perseel te beheer.
6.9.1 Watter medium word deur RFID gebruik om objekte te identifiseer? (1)
6.9.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van RFID eerder as
strepieskode ('bar code')-tegnologie. (2)
TOTAAL AFDELING F: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2019 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2018 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum