Skip to content

Information Technology Grade 12 P2 NSC November 2021 QP

Question paperInformation TechnologyGrade 12202116 pages

Grade 12 Information Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2 NOVEMBER 2021 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 2 DBE/November 2021 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraag bestaan uit SES afdelings: AFDELING A: Kortvrae (15) AFDELING B: Stelseltegnologieë (25) AFDELING C: Kommunikasie- en Netwerktegnologieë (30) AFDELING D: Data- en Inligtingbestuur (20) AFDELING E: Oplossingontwikkeling (20) AFDELING F: Geïntegreerde Scenario (40) 2. Lees AL die vrae sorgvuldig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Die puntetoekenning gee oor die algemeen 'n aanduiding van die getal feite/ redes wat vereis word. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 3 DBE/November 2021 NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D. 1.1.1 Sagteware wat programmeringsinstruksies wat in 'n hoëvlaktaal geskryf is, na 'n uitvoerbare lêer ('executable file') vertaal, word 'n … genoem. A kompileerder B saamsteller ('assembler') C drywer D interpreteerder (1) 1.1.2 Watter datatipe vir veranderlike x in die volgende uitdrukking is KORREK? x := 13 mod 3 = 0; A Integer B Real C Boolean D Char (1) 1.1.3 'n Opdatering ('Update') om 'n spesifieke fout in sagteware reg te stel, word 'n … genoem. A skoonvee ('purge') B regstelling ('patch') C rugsteun ('backup') D terugrol ('rollback') (1) 1.1.4 … verwys na die nabootsing van menslike denke in masjiene wat geprogrammeer word om soos mense te dink en hulle optrede na te boots. A 'n Simulator B 'n Leeralgoritme C Kunsmatige intelligensie D Mens-rekenaar-interaksie (1) 1.1.5 Watter waarde sal vertoon word? iTel  9 While iTel < 10 do iTel  iTel + 1 End While Display iTel A 9 B 10 C 11 D Niks sal vertoon word nie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 4 DBE/November 2021 NSS 1.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–T) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.11 U. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Word gebruik om foute in data te A sosiale manipulasie vind wat met die hand ingelees ('social engineering') word, soos bankrekeningnommers B KMOH ('CMOS') 1.2.2 'n Eweknie(peer-to-peer)-protokol C redigeerblokkie ('edit box') wat gebruik word om groot lêers oor die internet te deel D oorlading van inligting 1.2.3 Bergingsruimte wat deur die E 'IRQ' bedryfstelsel gebruik word as F kontrolesyfer ('check digit') daar onvoldoende ETG ('RAM') is G virtuele geheue 1.2.4 'n Komponent wat die geskikste is om 'n tweedimensionele skikking H virtuele realiteit met veelvuldige rye en kolomme te vertoon I BitTorrent 1.2.5 'n Fout wat 'n onderbreking of J stringrooster ('string-grid') beëindiging in die uitvoering van 'n program veroorsaak K identiteitdiefstal 1.2.6 Datavasleggingstegniek wat meer L LAG ('ROM') data stoor en wat meer interaktief as konvensionele strepieskode- M looptydfout stelsels ('barcode systems') is ('runtime error') 1.2.7 Wanneer 'n rekord in 'n databasis N RFID oop is, óf vir redigering óf vir invoeging, word die rekord as 'in O logiese fout gebruik' ('in use') gemerk P rekordsluiting ('record 1.2.8 Mense word gemanipuleer om locking') vertroulike inligting bekend maak Q spin-redigeerder ('spin 1.2.9 Deel van die geheue wat edit') gebruikersvoorkeure vir die selflaai('boot-up')-prosedure stoor R navorsing 1.2.10 Verskaffing van groot S terugrol hoeveelhede data wat die gebruiker kan verwar en hy/sy T SEO kan nie besluite neem nie (10 x 1) (10) TOTAAL AFDELING A: 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 5 DBE/November 2021 NSS AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË VRAAG 2 2.1 Joernaliste kry skootrekenaars wanneer hulle by 'n tydskrifuitgewers- maatskappy begin werk. Die maatskappy gebruik slegs gratis oopbronsagteware (GOBS/'FOSS'). 2.1.1 Verduidelik die konsep oopbronsagteware in die konteks van GOBS. (2) 2.1.2 Gee EEN voorbeeld van 'n gratis bedryfstelsel wat die maatskappy op 'n skootrekenaar kan installeer. (1) 2.1.3 Noem TWEE nadele van die gebruik van gratis oopbronsagteware. (2) 2.2 Die skootrekenaars is met 'n HDD of 'n VTS ('SSD') toegerus. 2.2.1 Gebruikers van skootrekenaars wat met HDD's toegerus is, word aangeraai om die HDD gereeld te defragmenteer. Verduidelik kortliks wat defragmentering is. (2) 2.2.2 Skryf die afkorting VTS ('SSD') volledig uit. (1) 2.2.3 Verduidelik hoekom 'n VTS vinniger as 'n HDD toegang tot data kry. (2) 2.3 Die joernaliste kan oor 'n afstand toegang tot hulle data kry deur virtualisering of Sagteware as 'n Diens ('Software as a Service/SaaS') te gebruik. 2.3.1 Definieer die term virtualisering. (1) 2.3.2 Office365 is 'n voorbeeld van SaaS. (a) Behalwe vir afstandstoegang, noem TWEE voordele van die gebruik van SaaS. (2) (b) Beskryf hoe die lisensiemodel van SaaS werk. (2) 2.4 Die maatskappy tref voorsorgmaatreëls om die tydskrif se data te beskerm. 2.4.1 'n Inkrementele rugsteunstrategie is geïmplementeer om data veilig te hou. Verduidelik hoe 'n inkrementele rugsteunstrategie werk. (2) 2.4.2 Die maatskappy oorweeg die installering van biometriese lesers op al die skootrekenaars. Hoe sal 'n biometriese leser help om die data op 'n skootrekenaar beveilig? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 6 DBE/November 2021 NSS 2.5 Kragonderbrekings en kragstuwings ('power surges') word dikwels ondervind in plattelandse gebiede waar joernaliste werk. 2.5.1 Watter toestel kan gebruik word om seker te maak dat joernaliste nie deur onverwagse kragonderbrekings beïnvloed word nie? (1) 2.5.2 As die USB-poorte van 'n skootrekenaar as gevolg van 'n kragstuwing beskadig word, hoe kan 'n gebruiker sy/haar randapparatuur met die skootrekenaar koppel? (1) 2.6 Die joernaliste gebruik hulle skootrekenaars slegs vir woordverwerking, navorsing en die oplaai van artikels na die maatskappy se elektroniese databasis. 2.6.1 Sal jy hierdie joernaliste as krag- of KKHK ('SOHO')-gebruikers klassifiseer? (1) 2.6.2 Verduidelik hoe multi-inryging ('multithreading') in 'n woordverwerker toegepas word. (2) 2.6.3 Die verwerkingspoed van die rekenaars by hoofkantoor is baie stadig. Verduidelik waarom die installering van meer ETG ('RAM') 'n rekenaar se werkverrigting kan verbeter. (2) TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 7 DBE/November 2021 NSS AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË VRAAG 3 Die tydskrifuitgewersmaatskappy het takke regoor die wêreld wat op groot skaal werk. 3.1 Om 'n groot rekenaarnetwerk te hê, lewer potensiële uitdagings. 3.1.1 Beskryf wat 'n rekenaarnetwerk is. (2) 3.1.2 Watter tipe netwerk kan deur 'n internasionale maatskappy soos hierdie gebruik word? (1) 3.1.3 Noem TWEE nadele van die gebruik van 'n rekenaarnetwerk. (2) 3.2 Daar is besluit om 'n netwerk met 'n stertopologie in hulle gebou by hoofkantoor te installeer. 3.2.1 Definieer die term topologie. (1) 3.2.2 Verduidelik wat 'n stertopologie behels. (2) 3.3 Daar is voorgestel dat VoIP-tegnologie deur die maatskappy gebruik moet word wanneer daar met kliënte gekommunikeer word. 3.3.1 Gee TWEE redes waarom 'n maatskappy deur die gebruik van VoIP-tegnologie bevoordeel sal word. (2) 3.3.2 Behalwe vir die toestel wat jy gebruik, noem EEN ander vereiste wat nodig is om 'n foonoproep met gebruik van VoIP-sagteware te maak. (1) 3.4 Joernaliste moet die internet gebruik om navorsing vir hulle artikels te doen. 3.4.1 (a) Wat is die doel van 'n webblaaier ('web browser')? (1) (b) Hoekom kan 'n webblaaier op sy eie nie gebruik word as inligting gesoek word nie? (1) 3.4.2 Koekies ('Cookies') word gebruik om die deurblaai-ondervinding ('browsing experience') van gebruikers te verbeter. (a) Wat is 'n koekie in hierdie konteks? (2) (b) Verduidelik hoe 'n koekie die deurblaai-ervaring van gebruikers sal verbeter. (1) 3.4.3 Terwyl 'n joernalis op die internet rondblaai, kom hy/sy agter dat kleiner tydskrifmaatskappye meer voorkeure ('likes') op sosiale media as groter, gewilder tydskrifmaatskappye kry. Dit kan as gevolg van die aktiwiteite van klikplase ('click farms') wees. Verduidelik wat 'n klikplaas is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 8 DBE/November 2021 NSS 3.5 Die maatskappy moet hulle kontrak met hulle internetdiensverskaffer (IDV) ('internet service provider/ISP') hernu. Vir hierdie doel moet hulle die reikwydte ('range') en bandwydte ('bandwidth') evalueer wat deur hulle huidige IDV verskaf word, sowel as ander praktyke wat hulle IDV implementeer wat internettoegang kan affekteer, soos vorming ('shaping') en smoring ('throttling'). 3.5.1 Onderskei tussen die terme reikwydte en bandwydte. (2) 3.5.2 Onderskei tussen vorming en smoring in hierdie konteks. (3) 3.6 Die maatskappy vereis 'n digitale sertifikaat wat deur 'n sertifikaatowerheid (SO) ('certificate authority/CA') uitgereik is voordat hulle hul webtuiste bekendstel. 3.6.1 Verduidelik die doel van 'n digitale sertifikaat wanneer BSL-('SSL')- enkripsie gebruik word. (1) 3.6.2 Hoe sal jy 'n webtuiste identifiseer wat met 'n beveiligde konneksie geënkripteer is? (1) 3.7 Die gebruik van die internet hou gevare in soos om aan kuberkrakery ('hacking') en rekenaarwurms ('computer worms') blootgestel te word. 3.7.1 Definieer die term rekenaarwurm. (1) 3.7.2 Noem EEN aktiwiteit wat deur jou elektroniese toestel uitgevoer word wat aandui dat die toestel deur 'n rekenaarwurm geïnfekteer kan wees. (1) 3.7.3 Verduidelik kortliks hoe 'n netskans ('firewall') 'n netwerk teen kuberkrakery kan beskerm. (2) 3.7.4 Gee die term wat gebruik word om 'n persoon te beskryf wat deur 'n maatskappy gehuur word om die maatskappy se netwerk te kraak om hulle vlak van sekuriteit te toets. (1) TOTAAL AFDELING C: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 9 DBE/November 2021 NSS AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGBESTUUR VRAAG 4 SCENARIO 'n Mediamaatskappy is vir die bestuur van die uitgee van 'n wye verskeidenheid plaaslike en internasionale tydskrifte verantwoordelik. 'n MS Access-databasis word gebruik om die verspreiding van tydskrifte wat deur verskeie uitgewers uitgegee word, te bestuur. Die databasis bevat twee tabelle wat soos volg ontwerp is: Tabel: tblUitgewers Veldnaam Datatipe Beskrywing UitgewerID (PK) Teks 'n ID wat die uitgewer op unieke wyse identifiseer UitgewerNaam Teks Die naam van die uitgewer Adres Teks Die adres van die uitgewer UitgewerKontakNr Teks Die kontaknommer van die uitgewer Tabel: tblTydskrifte Veldnaam Datatipe Beskrywing TydskrifKode (PK) Teks 'n Kode wat die tydskrif op unieke wyse identifiseer, bv. MC001 Titel Teks Die titel van die tydskrif Tipe Teks Die tipe tydskrif (sport/besigheid/mode/ ontspanning/ander) AantGedruk Teks Die aantal tydskrifte wat gedruk is VrystelDatum Teks Die datum waarop die tydskrif vrygestel word Prys Teks Die prys per tydskrif eTydskrif Teks 'True' as die tydskrif in e-formaat beskikbaar is en 'false' indien nie UitgewerID (FK) Teks 'n ID wat die uitgewer op unieke wyse identifiseer 4.1 Daar word aanbeveel dat 'n relasionele databasis geskep moet word. 4.1.1 Wat is 'n relasionele databasis? (1) 4.1.2 Noem en verduidelik EEN onreëlmatigheid ('anomaly') wat in 'n operasionele databasis kan voorkom indien die databasis nie genormaliseer is nie. (2) 4.2 Identifiseer DRIE velde in die tblTydskrifte-tabel wat meer geskikte datatipes vereis. Stel 'n meer geskikte veldnaam en datatipe vir ELKE veld wat jy geïdentifiseer het, voor. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 10 DBE/November 2021 NSS 4.3 Teken 'n EVD ('ERD') van tblUitgewers en tblTydskrifte wat die volgende toon:  Die tipe verwantskap tussen die entiteite  'n Geskikte werkwoord wat die verwantskap beskryf (3) 4.4 Baie databasisbestuurstelsels (DBBS's/'DBMSs') het ingeboude integriteits- kontroles wat help om die data-integriteit in die databasis in stand te hou. 4.4.1 Verduidelik wat data-integriteit behels. (2) 4.4.2 Behalwe vir normalisering, noem EEN ander manier om data- integriteit in 'n databasis te verseker. (1) 4.5 Noem TWEE maniere waarop die maatskappy uit die gebruik van 'n databasisbestuurstelsel voordeel kan trek. (2) 4.6 Menslike foute veroorsaak baie probleme met die insleutel van inligting in 'n databasis. Stel EEN manier voor om gebruikertoevoer te minimaliseer. (1) 4.7 Verduidelik waarom die gebruik van 'n bedienergebaseerde ('server-based') databasis in plaas van 'n tafelrekenaar('desktop')databasis-bestuurstelsel die beter opsie vir 'n maatskappy sal wees. (2) 4.8 Datapakhuising ('Data warehousing') speel 'n belangrike rol by data- instandhouding. Hoe beïnvloed datapakhuising die grootte en spoed van 'n databasis? (2) 4.9 Die maatskappy se databasis word vir data-ontginning ('data mining') gebruik. Noem die rol van die mens in die data-ontginningsproses. (1) TOTAAL AFDELING D: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 11 DBE/November 2021 NSS AFDELING E: OPLOSSINGSONTWIKKELING VRAAG 5 Aansoekers vir 'n sagteware-ingenieursposisie by die tydskrifmaatskappy moet 'n paar vrae oor sagtewareontwikkeling beantwoord. 5.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 5.1.1 'n Skikking kan slegs elemente van dieselfde datatipe stoor. (1) 5.1.2 Die indekswaarde vir die eerste element in 'n Delphi-skikking is altyd een. (1) 5.1.3 Die waarde 23 sal in die 'rich edit'-komponent vertoon word as die volgende kode uitgevoer word: var arrGetalle : array[1..5] of Integer = (4,2,3,1,8); iWaarde : Integer; begin iWaarde := arrGetalle[2]+ arrGetalle[3]; redOutput.Lines.Add(intToStr(iWaarde)); end; (1) 5.2 Die volgende algoritme wat in pseudokode geskryf is, is verskaf om heelgetalwaardes in veranderlike A en B in te sleutel, die inhoud van die twee veranderlikes om te ruil en die waardes te vertoon: Toevoer A Toevoer B A  B B  A Vertoon A Vertoon B 5.2.1 Wat sal vertoon word as die waarde van 5 in veranderlike A ingesleutel word en die waarde van 6 in veranderlike B ingesleutel word? (2) 5.2.2 Herskryf die algoritme sodat die inhoud van die veranderlikes korrek omgeruil sal word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 12 DBE/November 2021 NSS 5.3 'n Groep vriende kom een keer per week bymekaar om aandete by 'n plaaslike restaurant te eet. Hulle gooi 'n seskantige dobbelsteen drie keer om te besluit watter tipe ete hulle gaan eet. Die volgende reëls geld:  As die getal van die eerste gooi groter as die getal van die tweede gooi is, sal hulle hoender eet, of anders  As die getal van die derde gooi minder as die getal van die eerste gooi is, sal hulle vis eet, of anders  Sal hulle burgers eet. Die volgende onvolledige Delphi-oplossing is vir die scenario hierbo verskaf: var iEerste, iTweede, iDerde : Integer; sEte : string; begin iEerste := Inputbox('Sleutel waarde van eerste gooi in', '', ''); iTweede := Inputbox('Sleutel waarde van tweede gooi in', '', ''); iDerde := Inputbox('Sleutel waarde van derde gooi in', '', ''); // Voltooi die program (Vraag 5.3.2) showMessage(sEte); end. 5.3.1 Verduidelik hoekom 'n sintaksfout vertoon sal word as die gedeelte van die program wat voorsien is, uitgevoer word. (1) 5.3.2 Voltooi die ontbrekende deel vir die program wat verskaf is om die korrekte tipe ete aan die veranderlike sEte volgens die reëls in die scenario hierbo toe te ken. Neem aan dat die sintaksfout waarna in VRAAG 5.3.1 verwys word, reggestel is. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 13 DBE/November 2021 NSS 5.3.3 Watter volgorde van gooie (A, B, C of D) sal daartoe lei dat die groep vriende burgers sal eet? Gooi 1 Gooi 2 Gooi 3 (2) 5.4 Die volgende UML ('unified modelling language')-klasdiagram verteenwoordig 'n tydskrif-objek. Tydskrif - fTydskrifID:Integer - fTitel:string - fUitgewer:string - fDatumUitgegee:TDate - fAantKopiee:Integer  berekenKoste()  setAantKopiee() 5.4.1 Gee TWEE redes waarom 'n UML-diagram 'n belangrike OOP-modelleringsinstrument is. (2) 5.4.2 Wat is die doel van 'n toegangsmetode ('accessor method')? (1) 5.4.3 Gee 'n voorbeeld van 'n wysigingsmetode ('mutator method') in die gegewe klasdiagram. (1) TOTAAL AFDELING E: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 14 DBE/November 2021 NSS AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 6 'n Tydskrifmaatskappy moet op hoogte bly van die jongste neigings in tegnologie om 'n relevante diens aan hulle klante te lewer. 6.1 Die maatskappy het 'n aanlyn weergawe van hulle tydskrif waarvan hulle die gasheer op 'n webtuiste is. Gebruikers kan met video's en dinamiese inhoud interaksie hê wat vir elke gebruiker pasgemaak kan word. Lokale en bedienerkant-skriptering ('server-side scripting'), KSV ('CSS') en SQL word op die webtuiste gebruik. 6.1.1 Gee EEN voorbeeld van 'n lokale of bedienerkant-skripteringstaal. (1) 6.1.2 Verduidelik die hoofdoel van die uitvoer van 'n KSV op 'n webtuiste. (2) 6.1.3 Wat is die doel van die gebruik van SQL-stellings op 'n webtuiste? (2) 6.1.4 Omdat lesers van tydskrifte van verskillende lande afkomstig is, kan hulle op gerieflike wyse van enige plek af toegang tot die webtuiste kry. (a) Noem die tipe rekenaarverwerking wat verwys na sagteware wat op 'n gebruiker se ligging gebaseer is. (1) (b) Watter satelliettegnologie sal 'n toepassing in staat stel om inligting wat op 'n toestel vertoon word, outomaties op te dateer, gebaseer op die ligging van die gebruiker? (1) 6.2 Die maatskappy gradeer gereeld sommige van hulle toestelle op en raak van toestelle wat nie meer gebruik word nie, ontslae. 6.2.1 Noem TWEE hardeware-komponente op die moederbord van 'n rekenaar wat opgegradeer kan word. (2) 6.2.2 Party kantore is met tafelrekenaars ('desktop computers') in plaas van skootrekenaars toegerus. Noem TWEE voordele van die gebruik van tafelrekenaars bo skootrekenaars. (2) 6.2.3 Nadat hulle hardeskywe defragmenteer is, het 'n paar personeellede gekla dat hulle rekenaars steeds teen 'n lae spoed werk. Stel 'n manier voor, buiten defragmentering van die hardeskywe, om die spoed van die rekenaars te verbeter sonder om addisionele hardeware-komponente by te voeg. (1) 6.2.4 Daar moet op 'n verantwoordelike wyse van sommige van die toestelle wat deur die maatskappy vervang word, ontslae geraak word. Stel TWEE maniere voor waarop daar op 'n ekovriendelike manier van rekenaars ontslae geraak kan word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 15 DBE/November 2021 NSS 6.3 Kantooroutomatisering is nie baie gewild onder baie werknemers in die tydskrif-bedryf nie. 6.3.1 Wat is kantooroutomatisering? (1) 6.3.2 Noem TWEE voordele van kantooroutomatisering vir werknemers. (2) 6.4 Die maatskappy is besig om 'n rekenaarnetwerk by 'n nuwe tak op te stel. 6.4.1 Hoe sal die werknemers in staat wees om met die maatskappy se Wi-Fi-netwerk te koppel? (1) 6.4.2 Seinverswakking kan in 'n kabelnetwerk 'n probleem wees. (a) Hoekom is seinverswakking 'n probleem in netwerking? (1) (b) Watter tipe kommunikasiemedium kan gebruik word om seinverswakking te beperk? (1) 6.4.3 Gee TWEE redes waarom WiMAX-tegnologie as meer geskik as Wi-Fi-tegnologie beskou word. (2) 6.5 Die ontwikkeling van mobiele tegnologieë en toestelle het die gebruik van sosiale media en mikroblog-tuistes bevorder. 6.5.1 Beskryf die konsep mikroblog. (2) 6.5.2 Die uitermatige gebruik van sosiale media kan 'n negatiewe uitwerking op gebruikers se gesondheid hê. Noem TWEE potensiële gesondheidsprobleme wat deur die uitermatige gebruik van sosiale media veroorsaak word. (2) 6.6 IoT is een van die tegnologieë wat deur die maatskappy ondersoek word om in die toekoms meer doeltreffend gebruik te word. 6.6.1 Brei die afkorting IoT uit. (1) 6.6.2 Noem TWEE maniere waarop IoT-toestelle met die internet koppel. (2) 6.7 Verspreide rekenaarverwerking word vir moontlike implementering deur die maatskappy ondersoek. 6.7.1 Wat is verspreide rekenaarverwerking? (2) 6.7.2 Gee EEN voorbeeld waar verspreide rekenaarverwerking gebruik kan word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Inligtingstegnologie/V2 16 DBE/November 2021 NSS 6.8 Die maatskappy het besluit om navorsing oor blokkeerketting('blockchain')- tegnologie te doen. Definieer die konsep blokkeerketting('blockchain')-tegnologie. (2) 6.9 'n Multifaktor-verifikasiestelsel ('multi-factor authentication system') word gebruik om op 'n webtuiste aan te teken om te betaal vir dienste wat gelewer is. Verduidelik hoe 'n multifaktor-verifikasiestelsel werk. (2) 6.10 Hoekom gebruik elektroniese media DRB ('DRM')? (1) 6.11 Die volgende gedeelde lêergids ('shared folder') met vergunnings ('permissions') is geskep: 6.11.1 Noem TWEE take wat in die lêergids met Lees('Read')-vergunnings uitgevoer kan word. (2) 6.11.2 Aan wie sal gewoonlik die 'Volle beheer'('Full control')-vergunning toegeken word? (1) TOTAAL AFDELING F: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Information Technology

View all