Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
NOVEMBER 2021
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 2 bladsye met data.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2021 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 815.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
NSC November Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2021
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel is in VIER afdelings ingedeel. Kandidate moet AL die vrae in
AL VIER afdelings beantwoord.
2. Die duur van hierdie eksamen is drie uur. As gevolg van die aard van hierdie
eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy nie toegelaat sal word om die
eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat nie.
3. Hierdie vraestel is opgestel met programmeringsterme wat kenmerkend van
die Delphi-programmeringstaal is. Die Delphi-programmeringstaal moet
gebruik word om die vrae te beantwoord.
4. Maak seker dat jy die vrae beantwoord volgens die spesifikasies wat in elke
vraag gegee word. Punte sal volgens die vasgestelde vereistes toegeken
word.
5. Beantwoord slegs wat in elke vraag gevra word. Byvoorbeeld, indien die
vraag nie vir datavalidering vra nie, sal geen punte vir datavalidering
toegeken word nie.
6. Jou programme moet op só 'n manier gekodeer word dat dit met enige data
sal werk en nie net met die voorbeelddata wat verskaf is of enige data-
uittreksels wat in die vraestel verskyn nie.
7. Roetines, soos soek, sorteer en seleksie, moet vanuit eerste beginsels
ontwikkel word. Jy mag NIE die ingeboude funksies van Delphi vir enige van
hierdie roetines gebruik NIE.
8. Alle datastrukture moet deur jou, die programmeerder, verklaar word, tensy
die datastrukture verskaf word.
9. Jy moet jou werk gereeld stoor op die disket/CD/DVD/geheuestokkie wat aan
jou gegee is, of op die skyfspasie wat vir hierdie eksamensessie aan jou
toegeken is.
10. Maak seker dat jou eksamennommer as kommentaar verskyn in elke program
wat jy kodeer, asook op elke gebeurtenis wat aangedui word.
11. Indien dit vereis word, druk die programmeringskode van al die programme/
klasse wat jy voltooi het. Jou eksamennommer moet op alle drukstukke
voorkom. Jy sal ná die eksamensessie 'n halfuur tyd vir drukwerk gegee
word.
12. Aan die einde van hierdie eksamensessie moet jy 'n disket/CD/DVD/
geheuestokkie inlewer met al jou werk daarop gestoor OF jy moet seker maak
dat al jou werk op die skyfspasie gestoor is wat vir hierdie eksamensessie
aan jou toegeken is. Maak seker dat al die lêers gelees kan word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 3 DBE/November 2021
NSS
13. Die lêers wat jy benodig om hierdie vraestel te voltooi, is aan jou gegee op 'n
disket/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is.
Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers
verskaf.
LET WEL: Kandidate moet die lêer DataAFRNov2021.exe gebruik.
Doen die volgende:
Dubbelklik op die uitvoerbare lêer DataAFRNov2021.exe wat met 'n
wagwoord beskerm is.
Klik op die 'Extract'-knoppie.
Sleutel die volgende wagwoord in: eStapNov2021
Nadat dit onttrek ('extracted') is, sal die volgende lys lêers in die lêergids
('folder') DataAFRNov2021 beskikbaar wees:
Vraag 1:
Vraag1_P.dpr
Vraag1_P.dproj
Vraag1_P.res
Vraag1_U.dfm
Vraag1_U.pas
Vraag 2:
ConnectDB_U.pas
StapDB - Copy.mdb
StapDB.mdb
Vraag2_P.dpr
Vraag2_P.dproj
Vraag2_P.res
Vraag2_U.dfm
Vraag2_U.pas
Vraag 3:
StapRoete_U.pas
Vraag3_P.dpr
Vraag3_P.dproj
Vraag3_P.res
Vraag3_U.dfm
Vraag3_U.pas
*.txt 9 lêers
*.jpg 9 lêers
Vraag 4:
Vraag4_P.dpr
Vraag4_P.dproj
Vraag4_P.res
Vraag4_U.dfm
Vraag4_U.pas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 4 DBE/November 2021
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: ALGEMENE PROGRAMMERINGSVAARDIGHEDE
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 1-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag1_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Gebruik die veranderlikes wat verskaf is om die vrae te beantwoord.
Voorbeeld van die grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')):
Voltooi die kode vir elke afdeling van VRAAG 1, soos in VRAAG 1.1 tot
VRAAG 1.5 wat volg, beskryf is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 5 DBE/November 2021
NSS
1.1 'FormCreate'-gebeurtenis
Skryf kode om die formaat van die byskrif lblV1_1 soos volg te verander:
Vertoon die teks 'Coding is' wanneer die program uitgevoer word.
Verander die kleur van die teks na groen ('clGreen').
Verander die fontgrootte na 16 pt.
Verander die font na Arial.
Voorbeeld van afvoer:
(4)
1.2 Knoppie [1.2 - Getal rolletjies]
Energielekkers wat vir stappers aanbeveel word om gedurende elke rustyd
terwyl hulle stap, te eet, word in rolletjies van agt lekkers per rolletjie verpak.
Stappers eet gewoonlik vier lekkers gedurende elke rustyd. Gebruik die
spnV1_2-spin-redigeerder ('spin edit') om die getal rustye wat 'n stapper
beplan om te neem, te kies/in te sleutel. Die program moet die getal rolletjies
lekkers bepaal wat vir die staproete aangekoop moet word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Skep 'n konstante LEKKERS_PER_ROL om die waarde van 8 te stoor.
Verklaar geskikte heelgetalveranderlikes vir die getal rustye, die totale
getal lekkers en die getal rolletjies wat aangekoop moet word.
Onttrek die getal rustye wat gedurende 'n staproete geneem gaan word
uit die spnV1_2-spin-regigeerdeer.
Bereken die totale getal lekkers wat 'n stapper gedurende die staproete
sal eet. Neem aan dat stappers vier lekkers gedurende elke rustyd sal
eet.
Bereken die minimum getal rolletjies wat aangekoop moet word om die
stapper van genoeg lekkers vir die staproete te voorsien.
Vertoon die getal rolletjies op die lblV1_2-byskrif.
Voorbeeld van afvoer vir sewe rustye: Voorbeeld van afvoer vir agt rustye:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 6 DBE/November 2021
NSS
1.3 Knoppie [1.3 - Bereken volume]
Die figuur wat hieronder vertoon word, is saamgestel deur 'n kombinasie van
'n halwe sfeer en 'n viervlak ('n soliede vorm met vier driehoekige plat vlakke)
te gebruik. Die program moet die volume van die gekombineerde figuur
bereken en vertoon.
Die volgende inligting word verskaf:
Die formule om die volume van die gekombineerde figuur te bereken, is:
Die volume van die tetra-eder/viervlak in die figuur word as 133 cm3
gegee.
Die formule om die volume van 'n sfeer te bereken, is:
Gebruik die inligting wat verskaf is en skryf kode om die volgende te doen:
Bereken die volume van die gekombineerde figuur as die radius van die
sfeer 3 cm is.
Vertoon die volume in 'n ShowMessage-blokkie, tot EEN desimale plek
geformatteer.
Voorbeeld van afvoer:
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 7 DBE/November 2021
NSS
1.4 Knoppie [1.4 - Vertoon patroon]
'n Patroon met 'n simbool wat uit die cmbV1_4-kombinasielys ('combo box')
geselekteer is, moet vertoon word. Die patroon is 'n vierkant wat uit dieselfde
getal rye en kolomme bestaan. Die getal rye en kolomme word verkry uit die
posisie van die simbool wat uit die kombinasielys geselekteer is.
LET WEL: Die eerste item (@) in die kombinasielys is in posisie een geleë.
Die eerste agt simbole in die kombinasielys word hieronder vertoon.
Skryf kode om die volgende te doen:
Maak die afvoerarea redV1_4 skoon.
Onttrek ('Extract') die simbool wat deur die gebruiker geselekteer is uit die
cmbV1_4-kombinasielys.
Verkry die posisie van die simbool wat in die kombinasielys geselekteer is
om die getal rye en kolomme te bepaal.
Gebruik geneste lusstrukture ('loop structures') om die patroon (blok) in
die 'rich edit' te vertoon, deur die geselekteerde simbool te gebruik.
Voorbeeld van afvoer as die eerste item (@) in cmbV1_4 geselekteer is:
Voorbeeld van afvoer as die derde item ($) in cmbV1_4 geselekteer is:
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 8 DBE/November 2021
NSS
1.5 Knoppie [1.5 - Karakters]
'n String moet saamgestel word deur hoofletters van die alfabet ewekansig te
genereer totdat dieselfde letter ná mekaar gegenereer word.
Kode is voorsien om die 'rich edit' skoon te maak en om 'n afvoerstring te
inisialiseer.
Skryf kode om die volgende te doen:
Gegeneer 'n ewekansige hoofletter uit die alfabet in die reeks 'A'..'Z'.
Stel 'n string saam deur die letters wat gegenereer is, te gebruik.
Herhaal die proses totdat die letter wat gegenereer is, 'n duplikaat van die
vorige (laaste) letter is wat gegenereer is.
Vertoon die gegenereerde string in die redV1_5-'rich edit'. Die afvoerstring
moet elke keer die finale duplikaatkarakters insluit, soos in die
voorbeeldafvoer vertoon word.
WENK: Die ASCII-waardes van die letters 'A' tot 'Z' begin by 65 vir die
letter 'A', 66 vir die letter 'B', en so aan tot by die waarde van 90 vir die
letter 'Z'.
Voorbeeld van afvoer:
In die voorbeeld hierbo is die proses getermineer omdat die letter 'F' ná
mekaar genereer is.
In die voorbeeld hierbo is die proses getermineer omdat die letter 'H' ná
mekaar genereer is.
LET WEL: Die afvoer wat jou program genereer, kan van die afvoer in die
voorbeelde verskil omdat die letters ewekansig gegenereer word.
Die string wat gegenereer word, kan meer of minder karakters
bevat as die stringe wat in die voorbeelde verskaf is. (10)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 9 DBE/November 2021
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: SQL EN DATABASISPROGRAMMERING
Die databasis StapDB bevat die inligting van lede van verskillende stapklubs. Die
databasis bevat twee tabelle, naamlik tblKlubs en tblLede.
Die bladsye met data aan die einde van hierdie vraestel verskaf inligting oor die
ontwerp van die databasis en die inhoud van die tabelle.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige projeklêer met die naam Vraag2_P.dpr in die Vraag 2-
lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag2_U.pas-eenheidlêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Die inhoud van die tabelle word vertoon soos wat hieronder oor die seleksie van
die oortjieblad ('tab sheet') Vraag 2.2 - Delphi-kode getoon word.
Volg die instruksies hieronder om die kode vir elke afdeling te voltooi, soos in
VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2 beskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 10 DBE/November 2021
NSS
LET WEL:
Die 'Herstel databasis'-knoppie ('Restore database') word verskaf om die data wat
in die databasis voorkom, na die oorspronklike inhoud te herstel.
Kode word voorsien om die GGK('GUI')-komponente met die databasis te koppel.
Moet NIE enige van die kode wat voorsien word, verander NIE.
TWEE veranderlikes word as publieke veranderlikes verklaar, soos in die tabel
hieronder beskryf word.
Veranderlike Datatipe Beskrywing
tblKlubs TADOTable Verwys na die tabel tblKlubs
tblLede TADOTable Verwys na die tabel tblLede
2.1 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.1 - SQL]
Voorbeeld van gebruikerskoppelvlak (GGK) vir VRAAG 2.1:
LET WEL: Kode om die SQL-stellings uit te voer en die resultate van die
navraag te vertoon, is verskaf. Die SQL-stellings wat aan die
sSQL1, sSQL2, sSQL3, sSQL4 en sSQL5 toegeken is, is
onvolledig.
Gebruik slegs SQL-kode om die SQL-stellings vir VRAAG 2.1.1 tot
VRAAG 2.1.5 wat volg, te voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 11 DBE/November 2021
NSS
2.1.1 Knoppie [2.1.1 - Klubs van Gauteng en SA geaffilieerd]
Vertoon die name en dorpe van al die klubs in Gauteng (GP) wat
SA geaffilieerd is.
Voorbeeld van afvoer:
(3)
2.1.2 Knoppie [2.1.2 - Geboortejaar]
Vertoon die naam, van en geboortedatum van al die lede wat in
2002 gebore is.
Voorbeeld van afvoer:
LET WEL: Die datum se formaat kan van die voorbeeld in die
afvoer verskil. (3)
2.1.3 Knoppie [2.1.3 - Vertoon lede]
Kode is verskaf om 'n KlubNaam uit die cmbV2_1_3-kombinasielys
te selekteer.
Vertoon klublede wat in die kombinasielys geselekteer is se naam
en van.
Voorbeeld van afvoer as Kamma Hiking geselekteer is:
(4)
2.1.4 Knoppie [2.1.4 - Gemiddelde ledegeld]
Vertoon die provinsie en gemiddelde ledegeld per provinsie waar
die gemiddelde ledegeld meer as R400 is.
Die gemiddelde ledegeld per provinsie moet 'n berekende veld met
die naam GemGeld wees en moet as geldeenheid ('currency')
vertoon word.
Voorbeeld van afvoer:
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 12 DBE/November 2021
NSS
2.1.5 Knoppie [2.1.5 - Verander naam van lid]
Skryf kode om alle name van lede wat as 'Aiensley' gespel is, na
'Ainsley' te verander. (3)
2.2 Oortjieblad ('Tab sheet') [Vraag 2.2 – Delphi-kode]
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK ('GUI')) vir Vraag 2.2:
LET WEL:
Gebruik SLEGS Delphi-programmeringskode om VRAAG 2.2.1 tot
VRAAG 2.2.3 te beantwoord.
GEEN punte sal vir SQL-stellings in VRAAG 2.2 toegeken word NIE.
2.2.1 Knoppie [2.2.1 - Uitstaande gelde]
Skryf kode om die naam van die klub en jaarlikse ledegeld as deel
van 'n opskrif te vertoon en die van, bedrag betaal en uitstaande
gelde van elke lid van die klub in die redV2_2_1-'rich edit' te
vertoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 13 DBE/November 2021
NSS
Voorbeeld van afvoer vir die eerste twee klubs:
Boks Hiking, jaarlikse geld = R350.00
=====================================
Van Betaal Uitstaande
Oliver R219.00 R131.00
Pearce R70.00 R280.00
Cape Adventure Hiking, jaarlikse geld = R500.00
=====================================
Van Betaal Uitstaande
Dunn R33.00 R467.00
English R481.00 R19.00
Guzman R334.00 R166.00
Heath R298.00 R202.00
Hubbard R326.00 R174.00
Ward R235.00 R265.00 (12)
2.2.2 Knoppie [2.2.2 - Dateer voltooide roetes op]
Selekteer 'n lid uit die tblLede-tabel in die dbgrid (dbgrdMany) wat
nog 'n staproete voltooi het.
Skryf kode om die RoetesVoltooi-veld vir die lid wat in die dbgrid
geselekteer is, met een te vermeerder. (4)
2.2.3 Knoppie [2.2.3 - Voeg lid by]
Slegs die volgende klubs laat toe dat nuwe lede aansluit:
Mountain Free
Boks Hiking
Printfoot Hiking
Die ID's en name van hierdie klubs word in die rgpV2_2_3-
komponent in die volgende formaat gelys: <KlubID>. <KlubNaam>
met die opskrif 'Naam van die klub'.
Kode is voorsien om die van, naam, geboortedatum en
lidmaatskapkode van 'n nuwe lid aan veranderlikes toe te ken.
LET WEL: Om 'n nuwe lid by te voeg, moet die gebruiker eers 'n
klubnaam uit die rgpV2_2_3-radiogroep selekteer.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die KlubID van die klub wat in die rgpV2_2_3-radiogroep
geselekteer is.
Ken die veranderlikes wat verskaf is, aan die ooreenstemmende
lid-velde en die KlubID aan die KlubID-lid-veld toe.
Voeg die stelling(s) wat nodig is by om te verseker dat die nuwe
lid se besonderhede in die databasistabel gestoor is.
LET WEL: Jy kan die lid slegs EEN maal byvoeg. As jy jou kode wil
toets deur die lid weer by te voeg, herstel eers die
databasis na sy oorspronklike inhoud voordat jy die kode
weer toets. (5)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 14 DBE/November 2021
NSS
AFDELING C
VRAAG 3: OBJEK-GEÖRIENTEERDE PROGRAMMERING
Inligting oor sommige van die gewilde staproetes in Suid-Afrika is in tekslêerformaat
beskikbaar. Die onvolledige program wat verskaf is, gebruik die inligting in die tekslêers
om te bepaal of voornemende stappers fiks genoeg is om 'n spesifieke staproete aan te
pak. Die program moet ook die koste bereken om die spesifieke staproete te bespreek.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 3-lêergids oop.
Maak die onvolledige objekklas StapRoete_U.pas oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van beide die
Vraag3_U.pas-lêer en die StapRoete_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Voltooi die kode soos in VRAAG 3.1 en VRAAG 3.2 gespesifiseer.
LET WEL: Vir hierdie vraag mag jy NIE enige addisionele attribute of
gebruikersgedefinieerde metodes insluit NIE, tensy dit uitdruklik in die
vraag genoem is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 15 DBE/November 2021
NSS
3.1 Die onvolledige objekklas (TStapRoete) wat verskaf is, bevat kode vir die
verklaring van vyf attribute wat 'n StapRoete-objek beskryf.
Die attribute vir 'n StapRoete-objek is soos volg verklaar:
Attribuut Beskrywing
fRoeteNaam Die naam van die staproete
fTipeTerrein Die tipe terrein, bv. Rotsagtig
fGetalDae Die getal dae wat dit neem om die roete te voltooi
fAfstand Die totale afstand van die staproete in kilometer
fKostePP Die koste per persoon om die staproete te bespreek
'n Konstruktor wat parameterwaardes aan die attribute toeken, is verskaf.
Voltooi die kode in die objekklas soos in VRAAG 3.1.1 tot VRAAG 3.1.5
hieronder beskryf word.
3.1.1 Skryf 'n toegangsmetode ('accessor method') met die naam
getGetalDae vir die fGetalDae-attribuut. (2)
3.1.2 Skryf 'n metode met die naam berekenAfstPerDag wat die
gemiddelde aantal kilometer wat per dag voltooi moet word om die
roete binne die vereiste getal dae te voltooi, bereken en terugstuur,
afgerond tot die naaste heelgetal. (3)
3.1.3 Skryf 'n metode met die naam bepaalVlak om die moeilikheidsgraad
van die staproete te bepaal en as 'n string terug te stuur. Die
moeilikheidsgraad kan gevorderd, gemiddeld of maklik wees.
Skryf kode om die volgende te doen:
Roep die berekenAfstPerDag-metode om die afstand wat per
dag afgelê moet word, te bereken en terug te stuur.
Gebruik die waarde van die afstand per dag om die
moeilikheidsgraad soos volg te bepaal:
o 'Gevorderd' as die afstand per dag meer as 15 km is en die
terrein 'Rotsagtig' of 'Sanderig' is.
o 'Gemiddeld' as die afstand per dag van 10 km tot 15 km is.
o 'Maklik' as die moeilikheidsgraad nie 'Gevorderd' of
'Gemiddeld' is nie. (10)
3.1.4 Skryf 'n metode met die naam berekenTotKoste wat die getal
stappers in 'n groep as 'n parameter ontvang en die totale koste vir die
groep, op die waarde van die fKostePP-attribuut gebaseer, terugstuur. (4)
3.1.5 Skryf 'n toString-metode wat al die attribute van die objek in die
volgende formaat terugstuur:
<Naam van staproete>: <Tipe terrein>
<afstand> km binne <getal dae> dae
Koste per persoon: <Koste> as geldeenheid ('currency')
geformateer
Voorbeeld:
Amatola Hiking Trail: Rotsagtig
100 km binne 6 dae
Koste per persoon: R1500.00 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 16 DBE/November 2021
NSS
3.2 'n Onvolledige program is in die Vraag 3-lêergids verskaf. Die program bevat
kode vir die objekklas om toeganklik te wees en verklaar 'n objekveranderlike
met die naam objStapRoete.
Skryf kode om die take wat in vraag in VRAAG 3.2.1 tot VRAAG 3.2.4 beskryf
word, uit te voer.
3.2.1 Kombinasielys ('Combo box') - cmbV3_2_1
Inligting oor staproetes word in verskillende tekslêers verskaf.
Die naam van die staproete, soos in die kombinasielys cmbV3_2_1
verskaf, is dieselfde as die naam van die tekslêer. Die uitbreiding van
al die tekslêers is '.txt'.
Elke tekslêer bevat vier reëls met inligting in die volgende formaat:
Tipe terrein
Totale afstand in km
Totale getal dae
Koste van bespreking van die roete vir een persoon
Byvoorbeeld, die inhoud van die tekslêer Amatola Hiking Trail is:
Rotsagtig
100
6
1500
Kode is verskaf om die staproete wat geselekteer is, uit die
kombinasielys cmbV3_2_1 te onttrek en om 'n prentjie van die
staproete in die beeld-komponent te vertoon.
Elke keer as die naam van die staproete in die kombinasielys
geselekteer word, moet 'n nuwe objek geïnstansieer word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Maak die korrekte tekslêer oop om daaruit te lees deur die naam
van die geselekteerde staproete te gebruik.
Lees die terrein, afstand, getal dae en koste per persoon uit die
tekslêer.
Gebruik hierdie inligting en die naam van die staproete om 'n
nuwe staproete-objek te instansieer.
Vertoon 'n boodskap deur 'n dialoogblokkie te gebruik om aan te
dui dat die objek suksesvol geïnstansieer is.
Voorbeeld van afvoer:
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 17 DBE/November 2021
NSS
3.2.2 Knoppie [3.2.2 - Vertoon besonderhede van staproete]
Skryf kode wat die toString-metode gebruik om die objek se inligting
in die redV3_2_2-komponent te vertoon.
Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is:
(2)
3.2.3 Knoppie [3.2.3 - Vertoon koste]
Skryf kode om die volgende te doen:
Gebruik 'n toevoerblokkie ('input box') om die getal stappers in
die groep in te sleutel.
Gebruik die berekenKoste-metode om die koste vir die groep
aan die koste-veranderlike wat verskaf is, toe te ken.
Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is en
die grootte van die groep 7 is:
(4)
3.2.4 Knoppie [3.2.4 – Bereken afstand per dag]
Skryf kode wat die objek se metodes gebruik en vertoon die
moeilikheidsgraad en die aanbevole afstand per dag vir die
geselekteerde staproete in die volgende formaat in die redV3_2_4-
'rich edit':
Jy moet ten minste <afstand per dag> km per dag
stap om hierdie <moeilikheidsgraad> staproete in
<getal dae> dae te voltooi.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 18 DBE/November 2021
NSS
Voorbeeld van afvoer as die Amatola Hiking Trail geselekteer is:
Voorbeeld van afvoer as die Rim of Africa-staproete geselekteer is:
(3)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die objekklas en
vormklas in.
Stoor jou program.
Druk die kode van die objekklas en vormklas indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 19 DBE/November 2021
NSS
AFDELING D
VRAAG 4: PROBLEEMOPLOSSINGSPROGRAMMERING
Stappers gebruik 'n afstandskaart om hulle staproetes te beplan. Kontrolepunte verwys
na rusplekke of oornagplekke op 'n staproete. 'n Afstandskaart bestaan uit die afstande
tussen verskillende kontrolepunte op 'n staproete.
Doen die volgende:
Maak die onvolledige program in die Vraag 4-lêergids oop.
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die
Vraag4_U.pas-lêer in.
Kompileer en voer die program uit. Die program het tans geen funksionaliteit nie.
Voorbeeld van grafiese gebruikerskoppelvlak (GGK):
Die volgende is in die program voorsien:
Die name van kontrolepunte word in 'n eendimensionele skikking met die naam
arrName gestoor:
arrName: array[1..5] of String =
('Morgan', 'Haga Haga', 'Cintsa', 'Beacon', 'Gonubie');
Die afstande tussen die kontrolepunte op die staproete word in getal kilometer in
'n tweedimensionele skikking met die naam arrAfstande gestoor:
arrAfstande: array[1..5,1..5] of real =
((0, 6.2, 9, 13.2, 16.2),
(6.2, 0, 13.37, 8.74, 12.86),
(9.57, 13.37, 0, 9.63, 24.63),
(13.2, 8.74, 9.63, 0, 15.2),
(16.2, 12.86, 24.63, 15, 0));
Kode is verskaf om die opskrifte vir VRAAG 4.1 en VRAAG 4.2 te vertoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 20 DBE/November 2021
NSS
Skryf kode om die take wat in VRAAG 4.1 tot VRAAG 4.3 beskryf word, uit te voer.
4.1 Knoppie [4.1 - Vertoon afstandskaart]
Skryf kode om die name van die kontrolepunte in die arrName-skikking en
die inhoud van die tweedimensionele skikking arrAfstande in netjiese
kolomme in die 'rich edit' redV4 te vertoon.
LET WEL: Die snydingspunt tussen dieselfde twee kontrolepunte het 'n
waarde van 0.
Voorbeeld van afvoer:
LET WEL: Stoppunte ('Tabs') en leë reëls is in die voorbeeldafvoer vir
leesbaarheid ingesluit en word NIE as deel van die afvoer van die
program vereis NIE.
(5)
4.2 Knoppie [4.2 - Validering]
Sommige van die waardes in die afstandskaart in die skikking arrAfstande is
afwaarts afgerond na 'n heelgetalwaarde. Hierdie onakkurate
heelgetalwaardes moet vervang word met die meer akkurate desimale
waarde in die ooreenstemmende ry en kolom.
Skryf kode om die volgende te doen:
Toets of die ooreenstemmende ry en kolom in die arrAfstande-skikking
presies dieselfde is.
Byvoorbeeld:
Die waarde in arrAfstande[1,3] moet dieselfde wees as die waarde in
arrAfstande[3,1], die waarde in arrAfstande[4,2] moet dieselfde wees as
die waarde in arrAfstande[2,4] en so aan.
Vir elke onakkurate waarde wat geïdentifiseer is, vervang die onakkurate
heelgetalwaarde met die akkurate ooreenstemmende desimale waarde.
Vertoon die posisie van die onakkurate waarde(s) wat geïdentifiseer is as
'n ry en kolom, gevolg deur die akkurate desimale waarde waarmee die
onakkurate heelgetalwaarde vervang sal word, in die volgende formaat:
[ry-waarde, kolom-waarde] met <akkurate waarde>
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 21 DBE/November 2021
NSS
Voorbeeld van afvoer:
Voorbeeld van die opgedateerde tweedimensionele skikking:
(8)
4.3 Knoppie [4.3 - Roetebeplanner]
Stappers kan een van verskillende roetes selekteer wat in die cmbRoutes-
kombinasielys genoem word om 'n staproete te doen.
Die stapper moet 'n moontlike roete in die kombinasielys selekteer.
As die stapper die roete '4,3,1,2,5' selekteer, beteken dit dat die staproete by
die Beacon-kontrolepunt begin. Die roete gaan voort na die Cintsa-, Morgan-
en Haga Haga-kontrolepunte met Gonubie wat die laaste kontrolepunt is.
'n Skedule moet vir die geselekteerde roete opgestel en vertoon word.
Skryf kode om die volgende te doen:
Onttrek die roete uit die cmbRoetes-kombinasielys en vertoon die
geselekteerde roete in die redV4-'rich edit'.
Gebruik die inligting in die arrName-skikking om die name van elke paar
kontrolepunte te vertoon en die skikking arrAfstande om die afstand
tussen elke paar kontrolepunte te vertoon.
Bepaal en vertoon die benaderde tyd (in minute) wat dit sal neem om die
staproete tussen die pare kontrolepunte te voltooi. Gebruik die volgende
inligting:
o Dit neem 20 minute om 'n afstand van 1 km te stap.
o Dit neem dubbel hierdie tyd om dieselfde afstand op die rotsagtige
roete tussen Haga Haga (kontrolepunt 2) en Beacon (kontrolepunt 4)
te stap.
As die totale tyd wat vir een dag aan stap gespandeer word, meer as
8 uur (480 minute) is, moet die stapper akkommodasie bespreek om by
die laaste kontrolepunt vir daardie dag te oornag. Die naam/name van die
oornagkontrolepunt(e) moet vertoon word.
Bereken en vertoon die totale afstand van die staproete in kilometer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 22 DBE/November 2021
NSS
Voorbeeld van afvoer as die roete 4,3,1,2,5 geselekteer is:
Roete: 4,3,1,2,5
Beacon na Cintsa: 9.63 (192.6 minute)
Cintsa na Morgan: 9.57 (191.4 minute)
Morgan na Haga Haga: 6.2 (124 minute)
Bespreek by Haga Haga.
Haga Haga na Gonubie: 12.86 (257.2 minute)
Totale afstand: 38.3 km
Voorbeeld van afvoer as die roete 2,4,3,5,1 geselekteer is:
Roete: 2,4,3,5,1
Haga Haga na Beacon: 8.74 (349.6 minute)
Beacon na Cintsa: 9.63 (192.6 minute)
Bespreek by Cintsa.
Cintsa na Gonubie: 24.63 (492.6 minute)
Bespreek by Gonubie.
Gonubie na Morgan: 16.2 (324 minute)
Totale afstand: 59.2 km
(17)
Sleutel jou eksamennommer as kommentaar in die eerste reël van die programlêer in.
Stoor jou program.
Druk die kode indien dit vereis word.
TOTAAL AFDELING D: 30
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 1 DBE/November 2021
NSS
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (2)
DATABASIS-INLIGTING VRAAG 2:
Die ontwerp van die databasistabelle is soos volg:
Tabel: tblKlubs
Hierdie tabel bevat die inligting van stapklubs in verskillende provinsies.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
KlubID (PK) Number 'n Unieke getal wat aan die klub toegeken is
KlubNaam Text (20) Die naam van die stapklub
KlubDorp Text (25) Die dorp waar die klub geleë is
Provinsie Text (20) Die provinsie waar die klub geleë is
SA_Geaffilieerd Boolean Boolese veld wat aandui of die stapklub met die
SA stapklub geaffilieer is, of nie
LedeGeld Currency Jaarlikse ledegeld
Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblKlubs-tabel:
Tabel: tblLede
Hierdie tabel bevat die inligting oor lede in die verskillende stapklubs.
Veldnaam Datatipe Beskrywing
LidKode (PK) Text (7) 'n Unieke kode wat aan elke lid toegeken is
LidVan Text (20) Die lid se van
LidNaam Text (20) Die lid se naam
GeboorteDatum Date/Time Die lid se geboortedatum
RoetesVoltooi Number Die totale getal staproetes deur die lid voltooi
BedragBetaal Currency Die bedrag wat deur die lid vir ledegeld betaal is
KlubID (FK) Number 'n Nommer wat die lid met die klub waar die lid
geregistreer is, verbind
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Inligtingstegnologie/V1 2 DBE/November 2021
NSS
Voorbeeld van die eerste tien rekords in die tblLede-tabel:
LET WEL: Konneksiekode is gegee.
Die volgende een-tot-baie-verwantskap met referensiële integriteit ('referential
integrity') bestaan tussen die twee tabelle in die databasis:
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2023 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2020 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum