Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2014
INLIGTINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 120
TYD: 3 uur
*INFTDM1*
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 





View all





Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP
Grade 12 Information Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Information Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Information Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2014
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 750.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2014
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie is ʼn drie uur eksamen. Weens die aard van die eksamen moet jy
daarop let dat jy nie toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat
voor die eksamensessie verby is nie.
2. Jy benodig die volgende lêers om die vrae te beantwoord. Dit sal op ʼn CD
wees wat aan jou voorsien sal word, of die toesighouer/onderwyser sal jou
vertel waar jy dit op die hardeskyf van die werkstasie waarop jy werk of in ʼn
gids op die netwerk kan vind.
VRAAG 1
Vraag1_u.pas
Vraag1_p.dpr
Vraag1_u.dfm
VRAAG 2
augp3.mdb
clsDriver.pas
Datam.dfm
Datam.pas
Q2_augrp.dfm
Q2_augrp.pas
Q2_augrp3unit.dfm
Q2_augrp3unit.pas
Q2_augrpunit.dfm
Q2_augrpunit.pas
Q2_australia.dpr
VRAAG 3
Vraag3_p.dpr
Vraag3_u.pas
Vraag3_u.dfm
abrivs.txt
3. Indien ʼn CD aan jou verskaf is wat die lêers bevat, skryf jou naam en van
op die etiket.
4 Stoor jou werk met gereëlde tussenposes ingeval daar ʼn kragonderbreking
plaasvind.
5. Herbenoem die gids P1 Data na jou Naam en Van.
6. Tik jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van elke program.
7. Lees AL die vrae goed deur. Doen net vat gevra word.
8. Teen die einde van die eksamensessie sal daar van jou verwag word om
die CD wat jou werk bevat in te handig of jy moet seker maak dat AL die
lêers met jou werk gestoor is op die plek wat die toesighouer/onderwyser vir
jou aandui, hetsy op die werkstasie waar jy besig is of op die netwerk.
9. Maak seker AL die lêers kan gelees word.
10. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die HULP-funksie van
die programmatuur. Jy mag NIE ander hulpbronne raadpleeg NIE.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 3
SCENARIO
Formule-een wedren of Grand Prix is ʼn motorsportgeleentheid wat oor drie dae
plaasvind (gewoonlik Vrydag tot Sondag), met ʼn reeks oefen- en kwalifiserende
sessies voor die wedren op Sondag plaasvind. Besprekings vir sitplekke word
gewoonlik vooraf met ʼn kredietkaart gedoen.
VRAAG 1: DELPHI-PROGRAMMERING
Jy is gevra om ʼn Boole-funksie te skep wat sal toets of die kredietkaart se nommer
korrek is deur gebruik te maak van die Luhn-algoritme. Die nommer moet tussen 13
en 19 syfers bevat.
Die Luhn-formule:
Neem die laaste syfer weg. Hierdie syfer sal gebruik word om die res van die
nommer mee te vergelyk
Draai die nommers om
Vermenigvuldig die syfers in die onewe posisies (1, 3, 5, ens.) met 2 en trek 9
af van al die antwoorde wat meer as 9 is
Tel al die syfers bymekaar
Mod met 10
Die kredietkaart se nommer sal korrek wees indien hierdie antwoord
ooreenstem met die laaste syfer wat jy aan die begin weggeneem het
Luhn-voorbeeld:
Stap Totaal
Oorspronklike
4 5 5 6 7 3 7 5 8 6 8 9 9 8 5 5
nommer:
Vat die laaste
4 5 5 6 7 3 7 5 8 6 8 9 9 8 5
syfer weg:
Draai die getalle
5 8 9 9 8 6 8 5 7 3 7 6 5 5 4
om:
Vermenigvuldig
die nommers in
10 8 18 9 16 6 16 5 14 3 14 6 10 5 8
onewe posisies
met 2:
Trek 9 af van
nommers groter 1 8 9 9 7 6 7 5 5 3 5 6 1 5 8
as 9:
Tel al die syfers
1 8 9 9 7 6 7 5 5 3 5 6 1 5 8 85
bymekaar:
Mod 10: 85 modulo 10 = 5 (laaste syfer van die kredietkaart)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
Maak Vraag1_dpr oop en voltooi die vrae:
1.1 Vraag 1.1 Tab:
FUNKSIE:
1.1.1 Verklaar ʼn Boole-funksie genoem CCValidate wat ʼn
kredietkaartnommer as ʼn string veranderlike sal ontvang en ʼn
antwoord sal terugstuur wat sal aandui of die nommer geldig is of
nie. (2)
1.1.2 Verwyder enige letters van die kredietkaartnommer. (5)
1.1.3 Kontroleer die lengte van die nommer. Die funksie moet na ‘false’
verander as dit nie aan hierdie kriteria voldoen nie. (3)
1.1.4 Stoor die laaste syfer in ʼn veranderlike en verwyder dit van
die nommer
Gebruik ʼn lus om die nommer om te draai
Vermenigvuldig die syfers in die onewe posisies met 2; as
daar ʼn syfer is wat groter as 9 is moet jy 9 van daardie syfer
aftrek
Tel die syfers op
Mod die antwoord met 10
Vergelyk die antwoord met die laaste syfer wat jy gestoor het
Die funksie moet ‘false’ word as nie aan hierdie kriteria
voldoen is nie (11)
1.1.5 Toets Knoppie: Toets die funksie deur ʼn kredietkaartnommer in (4)
te voer. Vertoon ʼn toepaslike boodskap om te wys of die
kredietkaartnommer geldig is of nie.
Toets jou program met hierdie nommers: 4844044457514178,
30488409449900, 5415229692213231, hiuw1234768
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.2 Vraag 1.2 Tab:
Wanneer sitplekke bespreek word, word ewekansige kaartjienommers
gegenereer.
1.2.1 Verklaar twee skikkings met klas toepassingsgebied (‘class scope’).
Een skikking moet tien ewekansige nommers stoor en ʼn tweede
skikking moet die nommers stoor waarvan die duplikate verwyder is.
Genereer-knoppie: genereer 10 ewekansige nommers tussen 10
en 19 en vertoon hulle in die richedit-komponent.
(4)
1.2.2 Vertoon Unieke Nommers-knoppie: Verwyder alle
duplikaatnommers en vertoon die unieke lys in die relevante
richedit-komponent.
(6)
Plaas jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die lêer
genoem Vraag1_u.pas.
Stoor die program.
Druk die kode van die Vraag1_u.pas lêer.
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 2: DELPHI PROGRAMMERING
Hierdie vraag is bedoel om objek-georiënteerde programmeringvaardighede en
databasis programmeringsvaardighede te toets. Daar word van jou verwag om ʼn
oplossing, wat alle klasse gespesifiseer in die instruksies, op te lewer.
Geen punte sal vir alternatiewe oplossings, wat nie gebruik maak van ʼn objek,
gegee word nie.
Die databasis, augp3.mdb, word in die Vraag 2-gids voorsien en bevat die resultate
van die Formule 1-wedren in Australië gedurende 2013. Die databasis bevat een
tabel genoem tblAUGP.
Die tblAUGP-tabel stoor data van die geregistreerde bestuurders vir 2013.
Die velde in die tabel word soos volg gedefinieer:
Veldnaam Tipe Beskrywing
DRID Text Primêre sleutel vir die tabel: Driver ID
Naam Text Naam en Van, van die bestuurder
Land Text Nasionaliteit van die bestuurder
Span Text Span waaraan die bestuurder behoort
Tyd Text Tyd geneem om die wedren te voltooi
Die volgende tabel is ʼn voorbeeld van die data wat in die tabel genoem tblAUGP
bestaan:
Laai Q2_australia.dpr en jy sal met die volgende multi-vorm projek voorsien word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 7
Verbinding met die databasis is voorsien deur die Datamodule AUDatam.
Indien die verbinding met die databasis probleme verskaf, maak seker die volgende
eienskappe van die ‘data aware components’ op die AUDatam vorm, is soos volg
gestel:
Die ADOConnaugp3.ConnectionString-eienskap: klik op die twee kolletjies en
selekteer Microsoft Jet 4.0 OLE DB Provider-drywer. Onder die lêernaam voeg
AUGP3.mdb in. Verwyder die gebruikernaam en selekteer ʼn oop wagwoord.
Die ADOConnaugp3.LoginPrompt-eienskap moet gestel wees op ‘false’.
Die ADOTaugp3.Connection-eienskap moet ADOConnugp3 wees.
Die ADOTaugp3.Tablename-eienskap moet tblAUDB wees.
Die DataSaugp3.Dataset-eienskap moet ADOTaugp3 wees
2.1 Maak die eenheid clsDriver oop.
2.1.1 Definieer ʼn klas met die naam TDriver. (1)
2.1.2 Die klas moet die volgende privaatvelde met gepaste data-tipes
bevat:
fName: bestuurder se naam en van
fCountry: bestuurder se land/nasie
fTeam: bestuurder se spannaam
fTime: bestuurder se tyd in formaat: h:min’sec (4)
2.1.3 Skep ʼn ‘constructor’ genoem Create wat vier parameters sal bevat
wat alle velde inisialiseer. (7)
2.1.4 Skep ʼn metode getfName wat net die naam van die bestuurder sal
terugstuur. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
2.1.5 Skep ʼn metode getAverage wat die gemiddelde spoed van elke
bestuurder in die volgende formaat, soos in die voorbeeld gewys,
terug stuur.
Voorbeeld:
Die gemiddelde spoed word bereken deur 58 rondtes en 5 900 m te
vermenigvuldig en dit dan deur die tyd in sekondes te deel.
Tyd in sekondes = (urex60X60+minutex60+sekondes) (5)
2.1.6 Skep ʼn metode toString wat die naam, land, span en tyd (h:min:sec)
as een string sal terugstuur. (6)
2.2 Skryf kode vir die Vertoon Almal knoppie op die frmAustralia vorm om al die
inhoud van die databasis tabel te vertoon. Moet NIE van die klas, wat in
VRAAG 2.1 geskep is, gebruik maak nie.
(2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 9
2.3 Met die knoppie Vertoon Uitslae:
2.3.1 Skryf kode in die btnUitslae ‘event handler’ sodat die Q2_aurgp2
vorm gewys word.
In die ‘OnActivate event handler’ van die vorm, voeg kode by om die
resultate in die Stringgrid-komponent te vertoon. Die bestuurder in
die eerste posisie moet boaan die lys verskyn. Die bestuurder met
die laagste rondte tyd is die wenner. Moet NIE van die klas, wat in
VRAAG 2.1 geskep is, gebruik maak nie.
(4)
2.3.2 Op die vorm Q2_aurpg2 skryf kode in die btnWenner om die
wenner van die wedren te vertoon deur gebruik te maak van ʼn
ShowMessage-komponent. Gebruik die klas wat in VRAAG 2.1
geskep is om hierdie inligting te vertoon.
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
2.4 Met die knoppie Navigeer:
2.4.1 Skryf kode in die btnNavigeer om die vorm Q2_aurpg3 te vertoon. (2)
2.4.1 Op die Q2_aurgp vorm, doen die volgende:
Plaas die relevante komponente op die vorm soos hier onder
aangedui. Dit sal jou toelaat om deur die vorm te navigeer, skryf
kode waar nodig.
(3)
2.4.3 Voeg kode by die navigasieknoppie wat jou instaat sal stel om die
gemiddelde spoed op ʼn ‘label’ dieselfde tyd as die ander data te
vertoon. Gebruik die klas wat jy in VRAAG 2.1 geskep het om
dit te doen.
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 11
2.5 Skryf kode vir die btnStoor ‘event handler’ wat jou in staat sal stel om die
DRID, Naam en Nasionaliteit van elke bestuurder, wat nie van Groot
Brittanje afkomstig is nie, na die lêer Bestuurders.txt te skryf. Onder is ʼn
voorbeeld van die lêer. Plaas toepaslike opskrifte en definieer die
kolomwydtes.
(16)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die lêers
genoem clsdriver.pas, Q2_aurgp.pas, Q2_aurgp2.pas, Q2_aurgp3.pas.
Stoor die program.
Druk die kode van die volgende lêers clsdriver.pas, Q2_aurgp.pas,
Q2_aurgp2.pas, Q2_aurgp3.pas. [74]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
VRAAG 3: DELPHI-PROGRAMMERING
Die Formule 1 Grand Prix Driver's and Constructor's Championships word deur
punte bepaal, wat toegeken word volgens die plek wat die bestuurder behaal het
met elke grand prix. Die puntestelsel van 2013 is:
Bestuurder wat 90% van die wenner se wedren afstand voltooi het.
1st plek 25 punte
2de plek 18 punte
3de plek 15 punte
4de plek 12 punte
5de plek 10 punte
6de plek 8 punte
7de plek 6 punte
8ste plek 4 punte
9de plek 2 punte
10de plek 1 punt
11de plek en af Geen punte
Slegs die eerste, tweede en derde plek-bestuurders van ʼn gegewe wedren kan op
die podium verskyn. Ons gaan net die eerste tien (10) Grand Prix Circuit-uitslae
van 2013 en die top tien (10) posisies analiseer.
Let op die volgende:
Die eerste drie reëls van die leêr afkort.txt is in die volgende formaat:
<afkorting>,<Van en Naam>
VET,Sebastian Vettel
WEB,Mark Webber
ALO,Fernando Alonso
ʼn Twee-dimensionele skikking wat die bestuurders se afkortings bevat met 10
rye en 10 kolomme genoem arrUitslae, word gebruik om die uitslae van 10
Grand Prix-kringbane te stoor.
ʼn Eendimensionele skikking van kringbaanname genoem arrBane bevat die
name van 10 kringbane van 2013.
3.1 Kieslys-opsie: Laai
Hierdie kieslys-opsie word gebruik om die data van die teksleêr afkort.txt in
die twee-dimensionele skikking arrAfkort (wat alreeds vir jou verklaar is) te
laai. Ry 1 stoor die afkortings; ry 2 stoor die naam en van van die bestuurder. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014) lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 13
3.2 Kieslys-opsie: Vertoon
Vertoon die inligting wat in arrAfkort gestoor is in die richedit-komponent wat
voorsien is in die volgende formaat: afkorting<spasie>naam. (bv. WEB Mark
Webber)
Vertoon die inligting gestoor in arrPosisies in die stringgrid-komponent soos in
die diagram aangedui.
Voeg die posisies in die eerste ry en die kringbaan in die eerste kolom van die
StringGrid soos hieronder aangedui:
(8)
3.3 Kieslys-opsie: Podium
Vra die gebruiker om ʼn afkorting van enige bestuurder in te tik en bepaal die
hoeveelheid kere wat die bestuurder op die wennerspodium gestaan het.
Om op die podium te kan staan moes die bestuurder tussen die top 3-
bestuurders van die wedren geëindig het.
(13)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 lNLIGTINGSTEGNOLOGIE V1 (SEPTEMBER 2014)
3.4 Kieslys-opsie: Punte
Vra die gebruiker om ʼn afkorting van enige bestuurder in te tik en bepaal die
puntetoekenning van die bestuurder volgens die 2013-puntestelsel soos
hierbo genoem.
(10)
Voeg jou naam en van as kommentaar in die eerste reël van die leer
genoem Vraag3_u.pas in.
Stoor die program.
Druk die kode in die lêer Vraag3_u.pas. [41]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2014 Memo (Afr)

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 NSC November 2014 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

Question paper
Information Technology Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP
More from Grade 12 Information Technology

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P1 2023 Memo (Afr)

Memorandum
Information Technology Grade 12 P2 2023 Memo (Afr)

Memorandum