Skip to content

Life Orientation Grade 9 November EC 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumLife OrientationGrade 920168 pages

Grade 9 Life Orientation memorandum from the November EC 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2016 LEWENSORIËNTERING MEMORANDUM PUNTE: 70 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSORIËNTERING (EC/NOVEMBER 2016) AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 A (1) 1.1.2 D (1) 1.1.3 C (1) 1.1.4 C (1) 1.1.5 C (1) 1.1.6 C (1) 1.1.7 C (1) 1.1.8 A (1) 1.1.9 D (1) 1.1.10 D (1) [10] 1.2 1.2.1 intimideer  (1) 1.2.2 eiewaarde  (1) 1.2.3 verneder  (1) 1.2.4 weerhou  (1) 1.2.5 isoleer  (1) [5] 1.3.1 B (1) 1.3.2 E (1) 1.3.3 D (1) 1.3.4 C (1) 1.3.5 A (1) [5] 1.4 1.4.1 Waar  (1) 1.4.2 Waar  (1) 1.4.3 Onwaar  (1) 1.4.4 Onwaar  (1) 1.4.5 Onwaar  (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSORIËNTERING 3 AFDELING B (VERPLIGTEND) VRAAG 2 2.1  Tienerswangerskap   Seksueel oordraagbare infeksies (SOI’s)   MIV en Vigs   Lae selfbeeld   Emosionele letsels  (Enige 3 x 1) (3) 2.2 Tienerswangerskap-gevare  Die liggame van jong meisies is nog nie gereed vir swangerskap nie.   Hulle vind dit moeilik om geboorte te skenk, veral as die bekkenbeen nog onderontwikkel is.   Moontlike skeuring van die liggaam wanneer die kind gebore word kan veroorsaak dat jy beheer verloor oor jou behoefte om toilet toe te gaan.   Tienermeisies nie voorbereid vir die liggaamlike of emosionele veranderinge wat sal plaasvind as gevolg van swangerskap nie.   Hormoonvlakke verander in ʼn liggaam wat nog nie ʼn volwasse balans tot stand gebring het nie – kan erge emosionele effekte tot gevolg hê.   Talle tienermeisies het nie genoeg nutriënte in hul liggame nie a.g.v. hul slegte eetgewoontes.   Meisies wat verkies om aborsies te ondergaan, loop die risiko om hulle liggame permanent skade aan te doen en selfs te sterf.   Sommige beëindig hul skoolloopbaan, bevind hulself swak geleerd en sonder werk wat lei tot armoede  en  Verhoogde risiko van gesondheidsprobleme, verwaarlosing en mishandeling.  (Enige ander relevante respons) (Enige 2 x 1) (2) 2.3 Seksueel oordraagbare infeksie  ʼn Infeksie wat vanaf die een persoon na die ander oorgedra word gedurende seksuele gemeenskap / ʼn infeksie wat iemand kan opdoen deur seks te hê met iemand wat met ʼn SOI geïnfekteer is.  (2) 2.4 Onthouding 2.4.1 Onthouding beteken jy neem ʼn vaste besluit om nie seks te hê nie  / raak nie betrokke by enige seksuele aktiwiteit nie  / om nie seksuele omgang te hê nie.  (Enige 1 x 1) (1) 2.4.2 Invloede-onthouding  Godsdienstige / kultureel / persoonlike  / familiewaardes   Om nie seksueel oordraagbare infeksies op te doen nie   Wil nie ongewenste swangerskap hê nie   Om jou akademie  / sport  / en ander belangstellings jou prioriteit te maak (Enige 2 x 1) (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSORIËNTERING (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 3 3.1 Haar oom – sy het verneem hy het ʼn brug oor ʼn snelweg ontwerp en gebou.  (1) 3.2 Khanyisile se rolmodelle  Haar oom   Haar ouers   Familie beskou opvoeding as die resep vir sukses  / hulle heg waarde aan opvoeding   Ouers se ondersteuning  / aanmoediging  / en motivering (Enige 3 x 1) (3) 3.3 Sy werk hard  / neem middag- en Saterdagklasse  (Enige 1 x 1) (1) 3.4 Gewoonlik deur mans oorheers / mans doen dit meestal  (1) 3.5 Leerderskap gee jou ʼn geleentheid om te werk terwyl jy vir ʼn nasionaal erkende kwalifikasie studeer.  ʼn Internskapprogram is ʼn program wat ontwerp is om gegradueerdes van universiteite of universiteite van tegnologie die geleentheid te gee om hulle akademiese kwalifikasies aan te vul deur gestruktureerde blootstelling aan die werkplek en gespesialiseerde opleiding.  (Enige 2 x 2) (4) [10] VRAAG 4 4.1 ʼn Rolmodel is iemand na wie ander opsien en bewondering voor het  Rolmodelle wys hulle waardes deur wat hulle doen en sê  / rolmodelle is mense wat ons inspireer en as voorbeelde vir ander optree.  Hulle handhaaf grondwetlike waardes.  (Enige 1 x 1) (1) 4.2 Hashim is ʼn positiewe rolmodel:  Vertoon waardes soos nederigheid en waardigheid.   Hy is professioneel en gefokus,  beide op en van die veld. (Enige 2 x 1) (2) 4.3 Leerder se eie antwoord Geen punte vir net die naam nie 2 punte  vir die naam en verduideliking (2) [5] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSORIËNTERING 5 AFDELING C VRAAG 5 Gevolge van tienerswangerskap Baie min tienermeisies en – seuns is toegerus om ouers te wees.  Die negatiewe gevolge van tienerswangerskap sluit in liggaamlike,  emosionele,  sosiale,  ekonomiese  en opvoedkundige  probleme. Tiener mag depressief raak  en ʼn lae self-beeld ontwikkel.  Dit gebeur omdat die verantwoordelikhede  so oorweldigend is en jong ma’s en pa’s dikwels die ondersteuning van vriende, familielede en die gemeenskap verloor.  Statistiek wys dat tienerseuns wat pa’s is meer geneig is om dwelms en alkohol te misbruik as tienerseuns wat nie pa’s is nie.  Baie jong ma’s en pa’s verlaat die skool.  Dit onderbreek hulle skoolopleiding of kan dit selfs beëindig en beïnvloed hulle vermoë om ʼn goeie werk te kry.  Tiener- moeders is dikwels vies omdat hulle nie hulle drome kan najaag nie.  Meisies voel onseker as hulle nie genoeg kennis het oor finansies om na hulle babas om te sien nie.  Tiener pa’s raak gefrustreer met hulself  sukkel om werk te kry  kan nie hulle kinders finansieel onderhou nie.  Dit kos baie geld om ʼn baba groot te maak.  Die welsynstoelae lyk baie, maar namate die kind groter word en meer kos, klere, mediese uitgawes, vervoer en opvoeding nodig het, vermeerder die uitgawes.  Dit is ʼn swaar las vir tieners om te hanteer.  ʼn Vrou kan onderhoud van die baba se pa eis totdat die kind groot is.  Dit kan ʼn swaar las vir man word, veral as hy later met ʼn gesin van sy eie wil begin.  Dit is dikwels moeilik om onderhoud in te vorder en kan op hofgedinge neerkom.  Jongmense wat kleinkindertjies het om na om te sien, voel dikwels gegrief en gefrustreerd  omdat hulle verhinder word om hulle lewensplanne uit te voer of hulle opleiding te voltooi.  Om ʼn ouer te wees, beteken meer as net om ʼn baba te hê en hom of haar te voer.  Dit beteken om verantwoordelik te wees vir ʼn ander lewe en om die baba opverskillende maniere te versorg.  Ouers doen baie dinge vir hulle kinders.  Hulle pas hulle kinders op totdat hulle na hulself kan omsien.  Dit beteken nie dat die ouers slegs kos, klere, en skuiling aan hulle kinders verskaf nie.  Die beteken ook dat hulle lief is vir hullehulle leer wat reg en verkeerd is,  en hoe om baie dinge te doen.  Daar kan van sommige jong pa’s verwag word om kulturele kompensasie (lobola) te betaal aan ouers van die meisie omdat hy hulle dogter swanger gemaak het. (Enige 5 x 2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSORIËNTERING (EC/NOVEMBER 2016) VRAAG 6 Leerders moet in staat wees om die betekenis van smart te verduidelik.  (2 punte) Leerders moet insig in die rouproses toon – stappe in rouproses. (1 punt vir elke stap) en (1 punt vir verduideliking van elke stap.  (1 punt elk) Smart / hartseer is ʼn normale emosie  en reaksie  wat ʼn mens ondervind wanneer ʼn goeie vriend of familielid sterf, of wanneer ʼn geliefde troeteldier doodgaan.  / Smart is ʼn diep hartseer wat deur die dood veroorsaak word.  Die rouproses volg ʼn algemene patroon,  hoewel mense se persoonlikheid en situasie bepaal hoe hulle op hulle verlies gaan reageer.  Mense ervaar eerstens skok  en kan nie glo dat hulle hul geliefde verloor het nie. Hulle hou dalk op eet, slap moeilik en dit lyk asof hulle geen emosies  kan voel nie. Wanneer die verlies ʼn werklikheid  raak, neem gevoelens van hartseer,  wanhoop  en selfs woede oor. Hulle vermy dit om saam met ander te wees.  Huil baie  dink voortdurend aan die dooie persoon  voel soms skuldig  oor hulle nie gawer met die persoon was terwyl hy / sy geleef het nie. Hulle fokus net op die goeie herinneringe  en skep ʼn prentjie van ʼn perfekte mens in hulle gedagtes. Party mense sê selfs dat hulle hul geliefdes gesien of hulle stemme of voetstappe gehoor het – is normale reaksies.  Die verlies van ʼn geliefde kan tot ʼn jaar of meer neem om te verwerk.  Baie mense kan nie deur die normale rouproses gaan nie.  Daar word dalk vir hulle gesê dat hulle dapper moet wees en nie moet huil nie.  Hulle moet dalk sterk voorkom  vir ander wat rou, of hulle moet hulle gesin versorg.  OF STAPPE VAN DIE ROUPROSES Ontkenning:  – weier om te glo wat gebeur het en maak asof jou lewe nog presies dieselfde is  Woede:  – blameer jouself of ander mense vir die verlies en voel gefrustreerd  Onderhandeling:  – jy bied iets aan of probeer ʼn ooreenkoms met jouself, met ander of self met God aangaan om te probeer om dinge terug te verander in hoe dit vroeër was  Depressie:  – ervaar simptome van depressie – raadpleeg ʼn dokter of berader  Aanvaarding:  – aanvaar wat gebeur het en besef jou lewe moet voortgaan  Namate die tyd verloop, sal jy steeds aan die verlies dink, maar al hoe minder as voorheen en jou gevoelens sal nie so oorweldigend wees nie. [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) LEWENSORIËNTERING 7 VRAAG 7 (Twee punte  word toegeken vir definisie van sportetiek, regverdige spel, wedstrydknoeiery. Wie hulle aan sportetiek moet onderlê, belangrikheid van ʼn gedragskode in sport) Sport etiek is ʼn gedragskode wat jy moet volg wanneer jy ook al aan liggaamlike aktiwiteite deelneem.  Sport etiek moet by alle sport-  en liggaamlike aktiwiteite  toegepas word, insluitend kompeterende sport en ontspanningsaktiwiteite.  Elkeen wat by sport betrokke is, of jy dit speel,  die kaptein is,  afrig, bestuur  of kyk,  moet hom of haar by sportetiek neerlê. Dit is op mense van alle ouderdomme van toepassing.  Regverdige spel: – beteken spelers en ondersteuners sal altyd die reëls gehoorsaam en nie kul / oneerlik wees nie.  Jy respekteer die opponent en aanvaar die uitkoms van die wedstryd, wen of verloor. Regverdige spel is ʼn denkwyse, nie net ʼn manier om jou te gedra nie.  Dit sluit kwessies in soos die uitskakeling van  kullery,  onsportiwiteit,  gebruik van opkikkers,  geweld  (beide liggaamlik en verbaal), seksuele molestering van kinders,  jongmense  en vroue, uitbuiting, ongelyke geleenthede,  oormatige kommersialisering  en korrupsie.  Die gebruik om weddenskappe te plaas op watter span ʼn wedstryd sal wen, lei na ʼn soort bedrog wat wedstrydknoeiery genoem word.  Wedstrydknoeiery gebeur wanneer beroepswedders en spelers, of die skeidsregter, voor die wedstryd besluit watter span moet wen of verloor.  Hierdie spelers speel dan die wedstryd so dat die gunstelingspan wen.  ʼn Gedragskode is belangrik in sport omdat dit behoorlike standaarde  vir enige sport stel en die regte geestesingesteldheid en gedrag verseker.  Dit bou karakter in atlete,  bv. vasberadenheid en moed ontwikkel ʼn sterk gees en liggaam  ontwikkel ʼn gesonde lewenstyl  en ontwikkel vriendskappe.  [10] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSORIËNTERING (EC/NOVEMBER 2016) MERKRUBRIEK VIR AFDELING C (Nota aan leerkragte – Die merk rubriek kan vir al die vrae in hierdie afdeling gebruik word, maar neem die inhoud / onderwerp van elke vraag in ag.) VLAK 1 2 3 4 KRITERIA Geen duidelike Goeie Baie goeie Uitstekende verduideliking verduideliking verduideliking verduideliking van die konsep. van die konsep. van die konsep. van die konsep. Geen insig in Goeie insig in Baie goeie insig Uitstekende die onderwerp. die onderwerp. in die insig in die onderwerp. onderwerp. Gebrek / swak Goeie begrip begrip van die van die vraag. Baie goeie Uitstekende vraag. begrip van die begrip van die vraag. vraag. PUNT 0–2 3–4 5–7 8–10 PUNT BEHAAL Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Life Orientation

View all