Skip to content
Question paper

Life Orientation Grade 9 November EC 2012 Question Paper

Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Life OrientationGrade 9201216 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com Province of the EASTERN CAPE EDUCATION SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2012 LEWENSORIËNTERING PUNTE: 100 TYD 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Moenie die nommers van die vrae verander nie. 3. Skryf netjies en leesbaar. 4. In meervoudigekeuse-vrae skryf SLEGS die korrekte letter neer. 5. Laat ʼn reël oop aan die einde van elke vraag.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) LEWENSORIËNTERING 3 AFDELING A VRAAG 1 Kies die mees geskikte antwoord uit die gegewe antwoorde. Skryf slegs die korrekte letter (A – D) langs die toepaslike nommer (1 – 5) neer, byvoorbeeld 1.1 B. 1.1 ʼn Goeie vriend is die een wat ... A altyd met jou saamstem ongeag enigiets. B aantreklik en gewild met almal is. C behoort aan dieselfde kultuur en godsdiens as jy. D is nie bang om jou te vertel wanneer jy verkeerd is nie. (1) 1.2 ʼn Beurs is ... A geld wat jy leen van ʼn bank wat terugbetaal moet word. B geld wat deur die Lotto wanneer jy ʼn krapkaart prys wen betaal word. C geld wat aan jou gegee word deur ʼn organisasie wat jou in staat stel om verder te studeer. D geld wat jy leen van jou onderwyser wanneer jy middagete benodig. (1) 1.3 ʼn Leerprogram waar die leerder tyd spandeer aan die leer van praktiese vaardighede in die werkplek. A Internskap B Werkskadu (job shadowing) C Inspeksie D Leerstyl (1) 1.4 Een van die vakke hieronder word beskou as fundamenteel in die VOO- Band (Graad 10 –12). A Rekeningkunde B Wiskunde/Wiskundige Geletterdheid C Lewenswetenskappe D Rekenaartoepassingstegnologie (1) 1.5 Tussen 1994 en 2010 het Suid-Afrika weggeloop met die louere wat die Suid-Afrikaanse nasie verenig het. Kies die eer uit die onderstaande lys wat nie pas nie. A In 1995 het die Springbokke die Rugbywêreldbeker-toernooi gewen. B In 1996 het Bafana-Bafana die Afrika-nasiebeker gewen. C In 2007 het die Springbokke die Rugbywêreldbeker-toernooi gewen. D In 2010 het Bafana-Bafana die 2010 FIFA Wêreldbeker- sokkertoernooi gewen. (1) (5 x 1) [5]
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of ONWAAR langs die korrekte nommer (2.1 – 2.5) van die vraag. 2.1 Die wettige ouderdom vir alkohol gebruik in Suid-Afrika is 18 jaar. (1) 2.2 Ongeskoolde werkers het nie genoeg vaardighede vir gespesialiseerde werk nie. (1) 2.3 Herwinning is om afval te omskep in herbruikbare materiaal. (1) 2.4 Die Handves van Menseregte bepaal dat elkeen ʼn reg op skuiling het. (1) 2.5 Erfenis verwys na dinge van historiese- of kulturele waarde wat werd is om te bewaar. (1) [5] VRAAG 3 Pas die term in KOLOM A by die korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs die nommer van die woord in KOLOM A (3.1 – 3.5) en die korrekte nommer van die verduideliking/beskrywing in KOLOM B (A – E) langs aan bv. 3.1 A. KOLOM A KOLOM B 3.1 Bloedskande A ʼn Vooropgestelde idee wat mense het oor wat iets of iemand is 3.2 Sportetiek B Die gebruik van medikasie, alkohol of dwelmmiddels op ʼn skadelike wyse 3.3 Stereotipering C Morele beginsels wat bepaal hoe ʼn mens behoort op te tree tydens sportaktiwiteite 3.4 Getuigskrif D ʼn Vorm van seksuele misbruik wat gebeur tussen familielede soos vaders en dogters 3.5 Middelmisbruik E ʼn Verklaring wat iemand maak oor sy karakter, sterkpunte en vermoëns (5 x 1) [5] VRAAG 4 Voltooi die onderstaande uittreksel deur die korrekte woord in te vul uit die raam hieronder. Skryf slegs die korrekte woord langs die toepaslike nommer (4.1 – 4.10). volwassene, verkragting, omstandighede, ouderdomme, meerdere, blameer, verkragter, sielkundige, vriendinne, vertrou, Mense van alle (4.1 ...) en geslag word verkrag, selfs oumas en jong seuns. Verkragting is nooit reg nie, ongeag die (4.2 ...) of waar of wanneer dit gebeur, selfs al is die persoon ʼn (4.3 ...). Die oomblik as die een sê nee en die ander persoon gaan voort, is dit (4.4 ...). Baie mense glo dat mans vrouens se (4.5 ...) is.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) LEWENSORIËNTERING 5 Hulle glo dat hul vrouens of (4.6 ...) net voorwerpe is vir gebruik deur mans. Baie vrouens voel skuldig en (4.7...) hulself vir die verkragting. Verkragting is egter altyd die skuld van die (4.8 ...) en nie die skuld van die slagoffer nie. Slagoffers van verkragting kan vir ʼn lang tyd ná die voorval getraumatiseerd wees en mag dit moeilik vind om mans te (4.9 ...) of om alleen te wees met hulle. Slagoffers van verkragting word aangemoedig om sielkundige hulp te verkry by ʼn gekwalifiseerde (4.10 ...). [10] TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) AFDELING B VRAAG 5 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NIE-OORDRAAGBARE SIEKTES Suid-Afrika moet die wyse verander waarmee hulle met siektes handel. HIV/ vigs en ander aansteeklike siektes soos tuberkulose oorheers die nuus. Nie- aansteeklike siektes moet ook aangepak word en regerings regoor die wêreld moet vorendag kom met planne om dit te beheer. Nie-aansteeklike siektes word ook nie-oordraagbare siektes genoem (NOSs). Hierdie siektes word nie deur mense of insekte oorgedra nie, maar ontwikkel op hul eie in ʼn persoon se liggaam. Die siektes sluit in kanker, kardiovaskulêre siektes (hartsiektes) en diabetes. Deskundiges is dit eens dat hierdie siektes as stille dood siektes bekend staan en jaarliks die grootste oorsaak is van sterftes wêreldwyd. NOSs het 36 miljoen sterftes veroorsaak in 2008 en is verantwoordelik vir 68 persent van alle globale sterftes. [Aangepas uit ʼn artikel in die Sunday Times, Augustus 2011] 5.1 Gee TWEE voorbeelde van nie-oordraagbare siektes wat in die artikel genoem word. (2) 5.2 Watter siektes het, volgens hierdie artikel, die meeste mediadekking ontvang? (2) 5.3 Veroorsaak aansteeklike siektes die meeste sterftes jaarliks? Verskaf bewyse uit die artikel om jou antwoord te ondersteun. (2) 5.4 Verduidelik die betekenis van die volgende terme/frases soos in die artikel gebruik word: 5.4.1 stille dood siektes (2) 5.4.2 globale sterftes (2) [10]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) LEWENSORIËNTERING 7 VRAAG 6 Lees Tamara se dagboekinskrywing en beantwoord die vrae wat daarop volg. 23 Maart 2012 Ek is so kwaad vir my pa. Hy het alweer dronk by die huis aangekom en het nie aandete gehad nie. Hy het begin skree en die meubels rondgeskop. Toe my ma probeer om hom te kalmeer, het hy selfs meer gewelddadig geraak. Hy het haar geslaan en in die maag geskop en aan haar hare getrek. Toe ek op hom geskree het om op te hou, het hy my deur die gesig geklap en gesê dat ek geen reg het om op hom te skree nie. My broer het begin huil en my pa het ons gevloek en geskree dat ons almal nutteloos is. Ek voel baie hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie. 6.1 Noem enige TWEE vorme van mishandeling wat in Tamara se dagboekinskrywing genoem word. (2) 6.2 Waarom dink jy tree Tamara se pa op hierdie manier op? (2) 6.3 6.3.1 Is dit reg van Tamara om op haar pa te skree? (1) 6.3.2 Ondersteun jou antwoord wat in jy VRAAG 6.3.1 gegee word. (2) 6.4 Hoe affekteer die vader se gedrag die hele gesin? (2) 6.5 Noem enige TWEE negatiewe gedragsafwykings wat Tamara se broer in die onmiddellike toekoms as gevolg van sy pa se gedrag kan ontwikkel. (4) 6.6 Tamara sê: “Ek voel baie hartseer en hulpeloos. Ek weet nie wat om te doen nie.” Wat dink jy kan sy omtrent haar situasie doen? (2) [15] VRAAG 7 Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. Tydelike winkelassistente word benodig by Pick ‘n Pay, Mdantsane City Mall vir die 2012 Desember-vakansie. Pick ‘n Pay is ʼn gelyke geleentheidswerkgewer. Slegs eerlike, hardwerkende, toegewyde tieners behoort aansoek te doen. Werksure: Saterdae 07:00 – 15:00 Sondae 08:30 – 13:30 Werksomskrywing: Rakke pak en skoonmaak van stoorkamers. Bring trollies terug van parkeerarea, help kliënte wat hulp- of produk inligting benodig. Daaglikse was en skoonmaak van vloere na sluitingstyd. Loon: R30 per uur Alle aansoekers moet ʼn CV voor 30 November 2012 voorlê aan die winkelbestuurder.
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) 7.1 7.1.1 Kan tieners van alle rasse aansoek doen vir die pos as winkelassistent? (1) 7.1.2 Ondersteun jou antwoord in VRAAG 7.1. (2) 7.2 Thabo wil graag aansoek doen vir die werk, maar hy is een van die beste spelers in sy sportspan en hulle speel altyd wedstryde oor naweke. 7.2.1 Dink jy dat Thabo tog moet aansoek doen vir die werk? (1) 7.2.2 Ondersteun jou antwoord wat jy in VRAAG 7.2.1 gegee het. (2) 7.3 Watter kwalifikasies word benodig vir die geadverteerde pos? (2) 7.4 Hoe sal Thabo voordeel trek uit die tydelike werk in die advertensie, behalwe vir die geld wat hy gedurende die vakansie sal verdien? (2) 7.5 Bereken die bedrag wat Thabo as loon sou ontvang as hy vier Saterdae en twee Sondae gedurende die Desember 2012 vakansie sou werk. Skryf al die nodige berekeninge neer. (5) [15] VRAAG 8 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Swaargewig- en liggewig kinders Studies toon dat meer en meer kinders en jong volwassenes gevaarlik oorgewig en ondergewig blyk te wees. Dokters sê kinders is oorgewig wanneer hulle meer as 20 persent oor hul normale liggaamsmassa is en wangevoed wanneer hulle 20 persent minder as hul normale liggaamsmassa weeg. Vetsugtige kinders en tieners is baie meer geneig om siektes soos diabetes en hartsiektes op te doen op ʼn baie jong ouderdom. Te min oefening gepaardgaande met te veel vetterige en soet kosse is die hoof oorsake van vetsug by kinders. Te min eet is ook ʼn gesondheidsrisiko. Sommige kinders kry nie genoeg om te eet nie, omdat daar nie genoeg geld is om kos te koop nie of hulle woon in oorloggeteisterde lande. Daar is ook kinders wat verkies om nie te eet nie, al is daar vir hulle kos beskikbaar. TV advertensies is ook te blameer vir vetsug en onder-voeding. Ons kry boodskappe in beide tydskrifte en op TV wat sê vet is “uit” en dun is ” in.” [Verkort uit Drum Magazine, 28 Julie 2011] 8.1 Noem enige TWEE maatreëls wat jy kan neem om te verseker dat jy nie oor-eet nie. (2) 8.2 Gee TWEE oorsake van vetsug by kinders, soos in die uittreksel vervat. (2) 8.3 Wat is die negatiewe uitwerking van oor-eet soos vermeld in die uittreksel hierbo? (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) LEWENSORIËNTERING 9 8.4 Vul in die spasies hieronder deur gebruik te maak van inligting uit die uittreksel. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die nommer neer. Faktore wat jong kinders se dieet Voorbeeld beïnvloed volgens die uittreksel. 8.4.1 8.4.1 Daar is geen kos nie, want --------------------------- daar is oorlog in die land 8.4.2 Sosiale faktore 8.4.2 --------------------------- 8.4.3 Ekonomiese faktore 8.4.3 --------------------------- (3 x 1) (3) 8.5 Haal ʼn sinoniem aan (woord met dieselfde betekenis) uit die uittreksel vir die woord “vetsug”. (1) [10] VRAAG 9 Wees trots op jou land In Suid-Afrika is daar ʼn paar nasionale dae wat ons deur die jaar gedenk as ʼn nasie. Sommige is nasionale vakansiedae terwyl ander net spesiale dae is waar ons tyd wy daaraan om behoeftige gemeenskappe te dien. Kies ʼn nasionale dag van jou keuse en beantwoord die volgende vrae. 9.1 Noem jou gekose nasionale dag. (1) 9.2 Wanneer herdenk/vier ons hierdie dag? (Datum en maand) (2) 9.3 Waarom vier ons hierdie dag/Wat is die geskiedenis daaragter? (2) 9.4 Hoe vier jy hierdie dag? (1) [6] TOTAAL AFDELING B: 56
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2012) AFDELING C: LIGGAAMLIKE ONTWIKKELING EN BEWEGING VRAAG 10 Kies die mees geskikte antwoord uit die gegewe antwoorde. Skryf slegs die korrekte letter (A – D) langs die toepaslike nommer. 10.1 Wanneer jy deelneem aan enige fisiese aktiwiteite, behoort jy ... A hoëhak skoene te dra. B onvoldoende rusperiodes tussen sessies te hê. C ʼn gebalanseerde dieet te volg en baie water te drink. D te begin met swaar gewigte om sodoende vinnig fiks te word. (1) 10.2 ..., die enigste Suid-Afrikaanse atleet wat met prostetiese lemme hardloop en vir die 2012 Olimpiese Spele gekwalifiseer het. A Caster Semenya B Oscar Pistorius C Natalie du Toit D Bernard Parker (1) 10.3 Die huidige Minister van Sport in Suid-Afrika is ... A Mnr. Fikile Mbalula. B Mnr. Francois Oosthuizen. C Mev. Angie Motshekga. D Mej. Thuli Madonsela. (1) 10.4 Skeidsregters is ook leiers in ʼn wedstryd, omdat hulle daar is... A om te verseker dat hul vriende se spanne wen. B sodat hulle op TV kan verskyn. C om te verseker dat die reëls van die spel gevolg word. D sodat hulle toekennings van borge kan kry. (1) 10.5 EEN van die volgende is nie ʼn voorbeeld van ʼn bewegingsopvoering nie. A Rotasie B Elevasie C Balans D Skopboks (1)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2012) LEWENSORIËNTERING 11 10.6 Pas die term in KOLOM A (10.6.1 – 10.6.4) met EEN van die onbillike praktyke in KOLOM B (A – D), byvoorbeeld 10.6.1 A. KOLOM A KOLOM B 10.6.1 dwelmgebruik A. Skeidsregter aangerand deur (doping) toeskouers 10.6.2 wedstrydknoeiery B. Top fietsryer daarvan beskuldig dat hy dagga gebruik 10.6.3 seksisme C. Die speler is aangesê om gelykop te speel 10.6.4 aggressie D. Meisies word nie toegelaat om deel te neem nie (4 x 1) (4) 10.7 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Gesonde verstand, gesonde liggaam Een van die mees belangrike dinge wat ouers hul kinders kan gee is om hulle aan te moedig om betrokke te raak in ʼn georganiseerde sportaktiwiteit. Gesonde ouer, gesonde kind. Deelname aan georganiseerde sportaktiwiteite help nie net om die kind se liggaam gesond te hou nie, maar dit is ook die sleutel tot die verbetering van die kind se selfbeeld. [Investigating Our Lives Grade 9] 10.7.1 Wat dink jy beteken “gesonde ouer, gesonde kind” na aanleiding van die uittreksel? (2) 10.7.2 Noem enige TWEE voorbeelde van georganiseerde sportaktiwiteite. (2) 10.7.3 Noem TWEE maniere waarop ouers hulle kinders kan ondersteun om deel te neem aan skoolsportaktiwiteite. (2) 10.7.4 Jou vriend wil deelneem aan sport en fisiese fiksheidsaktiwiteite vir tieners. Gee hom VIER praktiese veiligheidswenke. (4) TOTAAL AFDELING C: 19 GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Life Orientation

View all
Life Orientation Grade 9 November EC 2012 Question Paper | Hlayiso