Skip to content
Question paper

Life Orientation Grade 9 November EC 2013 Question Paper

Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2013, 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Life OrientationGrade 9201311 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2013 LEWENSORIËNTERING PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2013) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Moenie die nommers van die vrae verander nie. 3. Skryf netjies en leesbaar. 4. In meervoudigekeuse-vrae skryf SLEGS die korrekte letter neer. 5. Laat ʼn reël oop aan die einde van elke vraag.
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LEWENSORIËNTERING 3 AFDELING A VRAAG 1 Kies die mees geskikte antwoord uit die gegewe antwoorde. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langs die toepaslike nommer (1.1–1.5) neer, byvoorbeeld 1.6 A. 1.1 Die toestand van oormatig oorgewig wees, staan as ... bekend. A bulimia B onaktiwiteit C diabetes D vetsug (1) 1.2 Die beste voedselkeuse om gesond te bly is ... A voedsel wat van ʼn restaurant gekoop word. B tuisgegroeide en voorbereide voedsel. C verwerkte voedsel. D voedsel wat baie suiker bevat en vetterig is. (1) 1.3 Watter van die volgende sal jy nie doen nie as jou vriend dwelms misbruik? A Jou bekommernisse met hom/haar deel. B Praat oor die onmiddellike, mediumtermyn, en langtermyn-effek van dwelmmisbruik. C Terugstaan uit die vriendskap, indien dit nie meer goed is vir jou nie. D Help om die misbruik te bedek om dit sodoende vir ander weg te steek. (1) 1.4 Een van die volgende aksies dui aan dat ʼn mens nie jou gesondheid na waarde ag nie: A Eet gesond B Vermy dwelms en alkohol C Doen genoeg oefening D Drink te veel alkohol (1) 1.5 Elke jaar op 24 September vier alle Suid-Afrikaners ... A Menseregtedag. B Jeugdag. C Erfenisdag. D Vryheidsdag. (1) [5]
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2013) VRAAG 2 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die korrekte antwoord langs die nommer (2.1–2.5) van die vraag, byvoorbeeld 2.6 VALS. 2.1 Seksuele teistering is wanneer jy aan iemand op ʼn seksuele manier raak sonder sy/haar toestemming. (1) 2.2 Internskap is wanneer jy ʼn tydperk werk op ʼn plek teen minimale betaling om meer oor die werk te leer. (1) 2.3 Arm mense is die enigste mense wat deur MIV/Vigs geraak word. (1) 2.4 Groepsdruk vind plaas wanneer ʼn persoon gedwing word om iets te doen deur iemand anders wat dieselfde ouderdom is as hy/sy. (1) 2.5 Mense wat alleenlik sorghumbier drink kan nie alkoholiste word nie. (1) [5] VRAAG 3 Pas die term in KOLOM A by die korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs die nommer (3.1–3.5) van die woord in KOLOM A en die korrekte letter van die verduideliking/beskrywing in KOLOM B langs mekaar neer, byvoorbeeld 3.6 A. KOLOM A KOLOM B 3.1 Studiebeurs A Afwissel of bestaan uit verskillende elemente. 3.2 Alkoholmisbruik B ʼn Program wat help om ʼn persoon se misbruik van dwelms te stop 3.3 Diversiteit C ʼn Toekenning aan ʼn student op grond van uitsonderlike akademiese vermoë 3.4 Rehabilitasie D Ontwerp op ʼn skild wat deur ʼn land as sy eie spesiale simbool gebruik word 3.5 Nasionale E Verlaag ʼn mens se fiksheidsvlak landswapen (5 x 1) [5]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LEWENSORIËNTERING 5 VRAAG 4 Voltooi die gedeelte hieronder deur die korrekte woord(e) te gebruik uit die teksblokkie hieronder. Skryf SLEGS die vereiste woord(e) langs die toepaslike nommer (4.1–4.10). diversiteit, omgaan, lugleegte, kopskuif, geskiedenis, verskille, beter, geloof, ignoreer, nasie Ubuntu is die (4.1 ...) dat ons as mense mekaar nodig het: Ek is menslik deur my erkenning van ʼn ander persoon se menslikheid. Dit is die oortuiging dat ons menslik is net omdat ons (4.2 ...) met ander mense. As ons die res van die mensdom (4.3 ...) en probeer om te leef in ʼn (4.4 ...), sou ons minder menslik wees. Dit is hierdie (4.5 ...) wat Suid-Afrika gedra het deur hul hele (4.6 ...). Almal weet dat SA ʼn multikulturele (4.7 ...) is. Behalwe dit, het die (4.8 ...) van kulture, veroorsaak dat Suid-Afrikaners na ʼn samelewing streef wat hom beywer vir ʼn (4.9 ...) lewe vir almal. Dit is normaal dat daar (4.10 ...) tussen mense is, maar as Suid-Afrikaners moet ons nie vergeet dat ons een nasie is nie. (10 x 1) [10] TOTAAL AFDELING A: 25
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2013) AFDELING B VRAAG 5 Lees die onderstaande stuk en beantwoord die vrae wat daarop volg. TUBERKULOSE (TB) Tuberkulose (TB) is ʼn siekte wat veroorsaak word deur kieme wat van mens tot mens deur die lug versprei word. Tuberkulose tas gewoonlik die longe aan, maar dit kan ook ander dele van die liggaam, soos die brein, niere of die rug aantas. In die meeste gevalle is tuberkulose behandelbaar, maar mense met TB kan sterf as hulle nie behoorlike behandeling kry nie. Die algemene simptome van TB sluit gevoelens van siek wees, gewigsverlies, hoes, borspyne of die hoes van bloed in. Daar is ʼn entstof om TB te verhoed beskikbaar. Dit word Bacille Calmette-Gurin (BCG) genoem. Dit word gebruik in baie lande om ernstige vorme van TB in kinders te voorkom. Daar is ʼn ander tipe van tuberkulose bekend as veelvuldige-middel-weerstandige tuberkulose (MDR-TB) Hierdie tuberkulose is bestand teen ten minste twee van die beste anti-tering- middels, Isoniasied en Rifampisien. MDR-TB kan voorkom word deur die voorkoming van blootstelling aan MDR-TB pasiënte. As ʼn persoon dink dat hy blootgestel was aan iemand met tuberkulose, moet hy/sy ʼn dokter of die plaaslike gesondheidsdepartement skakel. [Uittreksel vrylik vertaal uit www.msf.org/mdrtb] 5.1 Noem enige TWEE menslike organe wat vir TB vatbaar is. (2) 5.2 Wat is Bacille Calmette-Gurin (BCG) soos in die bostaande uittreksel genoem? (1) 5.3 Hoe kan TB behandel word? Noem enige TWEE maniere. (2) 5.4 Noem enige TWEE algemene simptome van TB soos in die bostaande uittreksel genoem word. (2) 5.5 5.5.1 Wat is MDR-TB? (1) 5.5.2 Hoekom word daar na MDR-TB as weerstandbiedend teen anti- teringmiddels verwys? (2) [10]
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LEWENSORIËNTERING 7 VRAAG 6 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. ʼn Studie van seksuele verhoudings onder tieners in die Oos-Kaap het getoon dat 60% van die tieners fisies aangerand is deur hulle metgeselle. Geweld is gebruik deur seuns om ‘reëls’ van die verhouding neer te lê, veral wanneer ʼn meisie die verhouding wil beëindig of weier om seks te hê. Dit gebeur ook wanneer hy dink sy spioeneer op hom. Een seun het gesê hy het sy meisie geslaan omdat sy vir haar vriende gesê het hy is ʼn slegte soener. Nog ʼn seun het gesê hy het sy eks-meisie geslaan, want sy het aan sy nuwe meisie gesê “hy is nie mooi nie en nie die regte man vir meisies nie”. Sy het dit uit jaloesie gesê. [Aangepas en vrylik vertaal uit ʼn Mediese Navorsingsraad verslag] 6.1 Hoe het die tieners in die bogenoemde verslag hul woede uitgedruk? (2) 6.2 Noem DRIE maniere uit die uittreksel wat toon dat hierdie tieners nie emosioneel volwasse genoeg is om hul woede te hanteer nie. (3) 6.3 Stel ʼn geskikte manier voor waarvolgens die tieners hul woede kan hanteer/beheer. (2) 6.4 Watter tipe verhouding is in die uittreksel uitgelig? (1) 6.5 Die Mediese Navorsingsraad het 8 000 tieners ondervra sodat hulle hierdie verslag kon saamstel. Sestig persent (60%) het gereageer op die navorsing soos genoem in die uittreksel. Wat is sestig persent van agtduisend tieners? Wys jou berekeninge. (2) [10] VRAAG 7 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. Cindy en Stefan gaan vir ʼn maand uit. Stefan neem Cindy uit om by ʼn kitskoswinkel te eet. Cindy is opgewonde om uit te gaan. Haar ma het haar altyd verbied om kitskos te eet. Toe Cindy ʼn blikkie Coke wou bestel, bestel Stefan vir haar bier. Stefan oortuig Cindy dat selfs al het sy is nie 18 nie, bier goed sal wees vir haar aangesien almal om hulle drink en rook. Cindy wou nie kinderagtig wees of hom in die verleentheid stel nie. Die twee het gedans en gelag. Na ete, het hulle die eetplek verlaat in Stefan se motor. Op pad huis toe het Stefan stilgehou naby ʼn verlate land en het seks van haar geëis. [Uittreksel uit Yebo Lewensoriëntering Graad 9] 7.1 Wie, dink jy, moet verantwoordelikheid neem vir die feit dat Cindy alkohol gedrink het? (1) 7.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 7.1. (2)
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2013) 7.3 Hoekom het Cindy se ma haar verbied om kitskos te eet? (2) 7.4 Waarom was Cindy so opgewonde toe Stefan haar vir ete genooi het? (2) 7.5 Een van die volgende faktore het Cindy en Stefan beïnvloed om kitskos te kies toe hulle gaan uiteet het: Kies die korrekte EEN en skryf slegs die letter (A–D) langs die nommer van die vraag neer. A Politieke faktore B Sosiale faktore C Ekologiese faktore D Kulturele faktore (1) 7.6 7.6.1 Dink jy plekke wat kos en alkoholiese drankies voorsien, dra by tot die probleem van tiener-alkoholisme? (1) 7.6.2 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 7.6.1. (2) 7.7 Verduidelik op watter manier Stefan Cindy se lewe in gevaar gestel het toe hy haar huis toe geneem het. (2) 7.8 Verduidelik hoekom Stefan manhaftig gevoel het om seks van haar te hê eis. (2) [15] VRAAG 8 Lees die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. DOOD VAN DIE MOEDERTAAL Elke Dinsdag en Donderdagmiddag gaan *Thandi Mfikili vir moedertaal-lesse. Sy is ʼn 16-jarige meisie met helder oë wat Engels praat met ʼn ‘Model C’-aksent en is “cool” (uitgespreek ‘kewl’) oor die meeste dinge, behalwe taallesse. Die taal wat sy aanleer is isiXhosa. “Ek bedoel, hoekom het ek dit nodig?” het sy met ʼn dikmond gesê. “As dit nie vir my ma was nie, sou ek nie gepla gewees het nie.” Thandi se ma voel sterk daaroor dat haar dogter haar moedertaal moet aanleer. Sy maak stellings soos die volgende: “In skole, word Engels te vroeg die medium van onderrig. As gevolg hiervan het ons leerders geen inheemse taalagtergrond nie, want hulle het nie ʼn deeglike grondslag in hul moedertaal nie.” Thandi se ma voel dat kinders veeltalig moet wees. *Nie haar regte naam [Verkorte uittreksel uit Oxford LO graad 9] 8.1 Waarom geniet Thandi die aanleer van Engels eerder as isiXhosa? (2) 8.2 Waarom voel Thandi se ma sterk daaroor dat kinders eers moedertaalonderrig moet kry voordat hulle ʼn ander taal aanleer? (2)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LEWENSORIËNTERING 9 8.3 Thandi se ma glo dat Suid-Afrikaners veeltalig moet wees. Wat beteken dit om veeltalig te wees? (2) 8.4 Noem enige DRIE maniere waarop veeltaligheid kan help om begrip van ander kulture onder Suid-Afrikaners te bevorder. (6) [12] VRAAG 9 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae. NGIBONGA KAKHULU! My naam is Nhlakanipho Colin Mkhize. Ek studeer tans vir ʼn BSc-graad, met Fisika en Chemie as my hoofvakke. “Universiteit was ʼn veraf droom vir my toe ek grootgeword het met ʼn enkelma”, het Nhlakanipho gesê. “Sy het gesukkel om my deur my primêre skool opleiding te kry. Gelukkig het ek ʼn beurs by Carter Hoërskool gekry, want ek het goed in my skoolwerk presteer. Maar selfs met die beurs, het die stryd voortgegaan. Toe ek in matriek was, het my LO- onderwyser vir my ʼn vorm gegee om aansoek te doen vir ʼn beurs. Ek was nie seker of ek enigiets sou kry nie. Maar toe is ek meegedeel dat ek ʼn studiebeurs toegeken is om te studeer by Rhodes-universiteit. Die geleentheid het my toegelaat om selfs groter te droom! Ek wil nou verder studeer om die hoogste kwalifikasie in Fisika en Chemie te behaal.” [Aangepas uit http://careerwise.co.za/index.php?pg=success_c_mkhize] 9.1 Noem TWEE tipes finansiële hulp wat Nhlakanipho ontvang het. (2) 9.2 Verduidelik die verskil tussen die twee vorme van finansiële bystand soos in VRAAG 9.1 genoem. (4) 9.3 Waarom was universiteit ʼn veraf droom toe Nhlakanipho nog ʼn kind was? (2) [8] TOTAAL AFDELING B: 55
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2013) AFDELING C: FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING VRAAG 10 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. AGGRESSIE IN SOKKER Aggressie neem gewoonlik toe tydens baie belangrike wedstryde soos uitklop- toernooie. As ʼn speler glo sy teenstander gaan by hom verby dribbel, takel hy hom aggressief. Sommige spelers is selfs geïdentifiseer as ‘vuil spelers’ as gevolg van hul swak gedrag. Dit is ook opgemerk dat as die spelers wat weg van hul tuisveld speel, meer aggressief as die tuisspanne speel. Nog ʼn faktor wat tot aggressiewe gedrag onder spelers kan lei, is wanneer die opposisie ʼn groot voorsprong het. Wanneer spelers moeg is nadat hy vir negentig minute gespeel het, verloor hulle hul humeur en speel aggressief. 10.1 Identifiseer enige TWEE faktore wat die onaanvaarbare gedrag onder spelers kan bevorder. (4) 10.2 Skryf neer enige TWEE faktore wat die onaanvaarbare gedrag onder toeskouers kan bevorder. (4) 10.3 Wat kan klubbestuurders doen om die negatiewe gedrag wat deur toeskouers veroorsaak word, te voorkom? (2) 10.4 Hoeveel spelers is daar in die volgende sportkodes? 10.4.1 Hokkiespan 10.4.2 Rugbyspan 10.4.3 Netbalspan (3) [13] VRAAG 11 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. LIHLE SE STORIE Ek is ʼn graad 9-leerder en ek voel asof ek nie weet hoe dit voel om gesond te wees nie. Ek oefen skaars, want dit is vervelig om te oefen. Ek verkies om TV te kyk of tyd saam met my vriende te spandeer. Ek is ʼn bietjie oorgewig en ek weet ek moet beter eetgewoontes aanleer, maar ek hou van my hamburgers en skyfies vir middagete elke dag. Ten minste rook of drink ek nie alkohol nie. 11.1 Jy weet dat ʼn gesonde lewenstyl belangrik is dus: Gee Lihle ten minste DRIE idees om hom te motiveer om ʼn gesonde leefstyl te leef. (3)
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2013) LEWENSORIËNTERING 11 11.2 Verwys na die formule hieronder en beantwoord die vraag. Lihle weeg 54 kg en is 1,63 meter lank. Gebruik die tabel en bereken sy BMI en dui die kategorie waarbinne hy val, aan. BMI staan vir (liggaamsmassa-indeks of gewig/lengte verhouding) gewig in kilogram d.w.s. BMI = hoogte in meter hoogte in meter BMI Gewig status Onder 18,5 Ondergewig 18,5 – 24,9 Normaal 25,0 – 29,9 Oorgewig 30,0 en bokant Versigtig (4) [7] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 100

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 9 Life Orientation

View all