Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2011
LEWENSORIËNTERING
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 











View all





Life Orientation Grade 9 Paper 1 November EC 2011 Question Paper
Grade 9 Life Orientation Paper 1 question paper from the November EC 2011, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Life Orientation · Grade 9 · November EC · 2011. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Orientation
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2011
- Exam period
- November EC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 216.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2011)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Moenie die nommers van die vrae verander nie.
3. Skryf netjies en leesbaar.
4. In meervoudigekeuse-vrae, skryf SLEGS die simbool langs die nommer
neer.
5. Laat ʼn reël tussen vrae oop.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) LEWENSORIËNTERING 3
AFDELING A
Vir elk van die volgende vrae word vier moontlike antwoorde gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die nommer neer.
VRAAG 1
1.1 Die reg tot opvoeding soos weergegee in die Handves van menseregte laat
leerlinge toe om ...
A elke dag laat by die skool te arriveer.
B beledigend te wees teenoor onderwysers met wie hulle nie
saamstem nie.
C nie hul tuiswerk te doen nie.
D beswaar te maak as onderwysers herhaaldelik laat by die skool
opdaag. (1)
1.2 Die mees gepaste optrede wanneer jy ʼn rower sien inbreek by jou buurman
se huis, is om ...
A ʼn geweer op die rower te rig en te skiet.
B ʼn telefoon te vind en die polisie te skakel.
C te wag en te kyk wat die rower doen wanneer die rower binne die
huis is.
D die hele episode te ignoreer want dit het niks met jou te doen nie. (1)
1.3 Een van die volgende eienskappe pas nie by ʼn suksesvolle sakeman nie:
A Goeie kommunikeerder
B Hardwerkend
C Kreatief
D Selfsugtig (1)
1.4 Een van die volgende aksies sal probleme veroorsaak wanneer jy ʼn
PRETDRAF beplan:
A Gereelde water stasies te hê.
B Moenie bystand van die plaaslike verkeersdepartement vra om te
help met die kontrolering van die verkeer nie.
C Akkommodeer gestremdes.
D Wees fisies fiks vir die resies. (1)
1.5 Allah is die ...-naam vir God.
A Christen
B Moslem
C Griekse
D Joodse (1)
[5]
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2011)
VRAAG 2
Is die volgende bewerings WAAR of ONWAAR? Skryf slegs WAAR of ONWAAR
langs die korrekte nommer.
2.1 Alle leerders wat nie fondse het om verder te studeer nie, moet aansoek
doen vir ʼn studiebeurs. (1)
2.2 Die Wet op Basiese Indiensnemingvoorwaardes beskerm slegs die
werknemer. (1)
2.3 Latyns-Amerikaanse danse val onder Rotasie. (1)
2.4 Graad 7 – 9 val onder die Senior Fase. (1)
2.5 Lewensoriëntering val onder die verpligte vakke in die FET-fase. (1)
[5]
VRAAG 3
Pas die term in KOLOM A by die korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs
die letter van die verduideliking/beskrywing in KOLOM A langs die korrekte
nommer in KOLOM A neer, bv. 3.1 A
KOLOM A KOLOM B
3.1 Verslaafde A. het meer toegang tot beroepspesialiste.
3.2 Haatspraak B. ʼn organisasie/persoon wat mense in diens neem.
3.3 Werkgewer C. woorde wat seermaak wat geuiter word deur
iemand teenoor ʼn persoon van ʼn ander ras.
3.4 Bedwelming D. ʼn persoon is fisies of emosioneel afhanklik van ʼn
middel.
3.5 Vakleerlingskap E. jy gebruik chemiese middels om jou prestasies te
verbeter.
(5x1) [5]
VRAAG 4
Voltooi die paragraaf deur die gegewe woorde (uit die raam) in te vul. Skryf
SLEGS die korrekte woord langs die nommer neer.
groei, kompeterend, fondasie, vaardighede, arbeidsmark,
persoonlike ontwikkeling, tersiêre, verantwoordelikheid.
In ʼn sekere stadium van ons lewe sal ons die vaardighede wat ons geleer het
benodig om aansoek te doen vir toelating tot ʼn (4.1...) opvoedkundige instelling of
om die (4.2...) binne te gaan. Gereelde en aktiewe beplanning van jou leerprogram
en jou (4.3...) is ʼn kritieke deel van grootword en dit is jou (4.4...) om seker te
maak dat jy (4.5...) regdeur jou lewe. Om nuwe (4.6...) aan te leer, lê ʼn sterk
(4.7...) vir jou sodat jy (4.8...) kan wees in die arbeidsmark. [8]
TOTAAL AFDELING A: 23
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) LEWENSORIËNTERING 5
AFDELING B
VRAAG 5
Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.
DRINK HULLE OP HUL GESONDHEID?
Baie mense dink dat as hulle hul alkohol-inname kan kontroleer, hulle in beheer
sal bly. Hierdie denke is nie waar nie. Alkohol is ʼn giftige drank en as jy alkohol
gebruik terwyl jy swanger is, kan dit die ongebore baba benadeel en kan dit eindig
in Fetus Alkohol Sindroom. Dit beteken dat die ongebore babas fisiese
abnormaliteite kan hê. Gedurende ʼn funksie waartydens mense bewusgemaak is
van FAS, is bevind dat Suid-Afrika die hoogste aantal gevalle ter wêreld het. Die
Wes-Kaap het ten minste vier keer meer kinders wat hiermee geaffekteer is as in
ander plekke in die wêreld. Regeringsamptenare het ook aangekondig dat 25%
van swanger vroue wat klinieke bywoon, hewige drinkers is.
(Verkorte artikel uit Discovery, Somer 2009 Uitgawe 10)
5.1 Lees bostaande uittreksel uit die artikel en skryf die afkorting FAS in
woorde. (1)
5.2 5.2.1 Gee enige TWEE fisiese abnormaliteite waarmee ongebore babas
van drinkende ouers gebore kan word. (2)
5.2.2 Skryf EEN sosiale faktor neer wat ʼn kind, (wat gebore is uit ʼn
moeder wat alkohol gebruik,) negatief kan affekteer wanneer hy
opgroei. (1)
5.3 Gee TWEE moontlike redes waarom daar so ʼn hoë graad van alkohol
verbruik is onder verwagtende moeders of mense oor die algemeen. (2)
5.4 Verduidelik hoe die misbruik van alkohol die volgende kan aanmoedig:
5.4.1 Werkloosheid (2)
5.4.2 Tering (TB) (2)
5.5 Stel TWEE maniere voor hoe iemand ʼn dwelmverslaafde kan help. (2)
[12]
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2011)
VRAAG 6
Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die vrae:
Kanker/’kañkƏr/(mediese term - kwaadaardige neoplasma) is ʼn tipe siekte waar
selgroepe ongekontroleerd groei . Dit dring in en val aangrensende weefsel aan
en versprei soms na ander organe via bloed en kliere. Navorsers deel kanker in
twee groepe: die met ʼn omgewingsoorsaak en die oorerflike soort. Die meeste
soorte kankers kan behandel word. Moontlike behandelings is chemoterapie,
radiologie en chirurgie. Hoewel kanker enige ouderdomsgroep kan affekteer, en
baie min kankers algemeen onder kinders verkry word, vermeerder jou
vatbaarheid daarvoor soos jy ouer word.
(Uittreksel uit Wikipedia, the free Encyclopaedia)
6.1 Wat is die MEDIESE TERM vir kanker, volgens die artikel? (2)
6.2 Die oorsake van kanker kan in TWEE GROEPE verdeel word.
Noem die TWEE groepe. (2)
6.3 Noem TWEE MOONTLIKE BEHANDELINGS vir kanker soos genoem in die
artikel. (2)
6.4 Volgens die uittreksel kan kanker veroorsaak word deur “oorerwing”.
Gebruik jou eie woorde om dit te verduidelik. (2)
6.5 Noem enige TWEE soorte kankers. (2)
6.6 6.6.1 Is kanker ʼn dodelike siekte (ʼn siekte wat tot die dood lei)? (1)
6.6.2 Staaf jou antwoord in VRAAG 6.6.1. (2)
[13]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) LEWENSORIËNTERING 7
VRAAG 7
DRIE MANS DOODGESLAAN
Drie mans is vandag doodgeslaan en nog een is ernstig beseer deur kwaai
gemeenskapslede in Flagstaff, Oos-Kaap, het ʼn polisieman gesê. Kaptein
Mduduzi Godlwana het gesê daar was ʼn golf van huisbrake in Flagstaff en die
gemeenskap glo die vier mans, ongeveer 20 en 25, was verantwoordelik. “Die
gemeenskap het hulle na ʼn sokker veld geneem en hulle aangerand.” het hy gesê.
Die skare het hulle met stokke geslaan en met klippe bestook en drie mans
gedood. Kaptein Godlwana sê die vierde man is in polisie aanhouding. ʼn
Moordsaak is geopen, maar niemand is al in verband met die gebeure in hegtenis
geneem nie.
(Uittreksel uit City Press, 05 Junie 2011)
7.1 Hoe het gemeenskapslede opgetree om hul woede teenoor die mans te
betuig? (1)
7.2 7.2.1 Was die gemeenskapslede se reaksie aanvaarbaar? (1)
7.2.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 7.2.1. (2)
7.3 Waarom het die gemeenskapslede die drie mans doodgemaak? (2)
7.4 7.4.1 Kan die polisiebeamptes blameer word omdat niemand tot dusver
gearresteer is nie? (1)
7.4.2 Motiveer jou antwoord in VRAAG 7.4.1. (2)
7.5 7.5.1 Sou jy die regter wees aan wie hierdie moordsaak deur die
gemeenskapslede toevertrou is, watter vorm van uitspraak/vonnis
sou jy op besluit? (1)
7.5.2 Waarom sal jy so ʼn vonnis/straf, genoem in VRAAG 7.5.1, toepas? (2)
[12]
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2011)
VRAAG 8
SCENE: (Dit is pouse, twee dogters van Ketchup Hoërskool blaai deur ʼn tydskrif.
Skielik spring een opgewonde op en af)
“Ja! Ja! Dit is my droom, my droom beroep, my beroep, my keuse, ek
wou nog altyd meer hieroor lees.” skree Claire, ʼn pragtige graad 9
leerling van Ketchup Hoërskool.
Verbeel jou jy is die opgewonde dogter in bogenoemde toneel.
Gebruik die volgende as ʼn gids om jou te help in die beplanning van jou loopbaan.
8.1 Meld jou beroepskeuse. (1)
8.2 8.2.1 Hoe sal dit jou bevoordeel? (1)
8.2.2 Hoe sal dit jou land bevoordeel? (1)
8.3 Hoe lank sal dit jou neem om dit te bereik? (2)
8.4 Noem TWEE uitdagings wat jou kan verhinder om jou doel te bereik. (2)
8.5 Waar kan jy finansiële hulp kry om jou te help om jou studies voort te sit? (1)
8.6 Noem TWEE aksies wat jy moet neem om jou droom beroep te bereik. (2)
[10]
VRAAG 9
IS VROUEDAG NET NOG ʼn OPENBARE VAKANSIEDAG?
Op 9 Augustus 1956 het duisende Suid-Afrikaanse vroue van alle rasse aan ʼn
opmars deelgeneem na die Unie-gebou in Pretoria om te protesteer teen Paswette
vir Swart vroue. Baie jare later het die Demokratiese Regering hierdie dag verklaar
as Vroue Dag ter ere van hierdie vroue wat geprotesteer het teen die wet. As ʼn
kind, gebore na 1994, ʼn kind wat glo in die “Reënboognasie”, het jy dalk opgemerk
dat baie mense, swart of wit, Vrouedag nie baie ernstig opneem nie. Hulle
benader dit as net nog ʼn vakansiedag.
Van jou word verwag om ʼn brosjure te ontwerp en te maak wat almal sal
aanmoedig om Vrouedag-feesvieringe in groot getalle by te woon om sodoende
meer te leer van wat hierdie dag behels, maar ook om die dag te geniet. Sluit al
die nodige besonderhede in jou brosjure in. [10]
TOTAAL AFDELING B: 57
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2011) LEWENSORIËNTERING 9
AFDELING C FISIESE ONTWIKKELING EN BEWEGING
VRAAG 10
10.1 Wenke word hier onder gegee oor hoe om gewigte veilig op te lig. Dui die
verkeerde een of die een wat nie pas nie aan:
A Warm eers op
B Moenie wring of draai terwyl jy swaar gewigte optel nie
C Jy moet gemaklik sit
D Begin klein en dan al groter (1)
10.2 Een van die algemeenste areas om jou pols te voel is jou ...
A oor.
B gewrig.
C neus.
D oog. (1)
10.3 Watter EEN van die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn beroep in die mediese
veld van sport en ontspanning?
A Videograaf
B Kunstenaar
C Fisioterapeut
D Politieke analis (1)
10.4 Een van die volgende is nie ʼn voordeel van ʼn opwarmingsoefening nie.
A Opwarming verminder beserings.
B Opwarming verbeter jou werkverrigting.
C Opwarming sal jou moeg laat voel voor die werklike spel.
D Opwarming berei jou voor vir die volgende spel. (1)
10.5 Een van die volgende is nie ʼn Protea-krieketspeler nie:
A Lonwabo Tsotsobe
B Graeme Smith
C Hashim Amla
D Gary Kirsten (1)
10.6 As jy dink aan sport-onkoste, moet jy nie die volgende een oorweeg nie ...
A watter apparaat en klere jy nodig het.
B wat is die lidmaatskapfooi wat jy moet betaal.
C hoeveel mense het ryk geword deur sport.
D hoeveel sal die vervoer-onkostes beloop. (1)
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2011)
10.7 Voltooi die onderstaande sinne deur die woorde in die raampie te gebruik:
Skryf SLEGS die korrekte woord langs die nommer neer.
gemaklik, sterk, respek, gesonde
Mense wat fisies gesond is, het 10.7.1 ... en 10.7.2 ... liggame. Hierdie
persone is 10.7.3 ... met hul liggame en behandel hul liggame met
10.7.4 ... (4)
10.8 Kies die korrekte woord tussen hakies om sodoende die onderstaande sin
te voltooi:
ʼn Polsslag is die klop van jou 10.8.1 (hart/liggaam) wanneer dit bloed
deur jou 10.8.2 (hart/liggaam) pomp. (2)
10.9 Noem enige TWEE voordele van gewigte optel. (2)
10.10 Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg:
DIT IS NIE “REGVERDIGE SPEL” NIE, DAMES EN HERE
Baie spelers, klub-eienaars en agente sal enigiets doen om te wen.
Wedstrydknoeiery en ouderdomverneukery is maar twee van die aksies
wat geneem word om ʼn spesifieke spel te wen.
(Aangepas vanuit Kick Off, 18 Julie 2011)
10.10.1 Identifiseer TWEE voorbeelde van onetiese optredes wat in die
uittreksel genoem is. (2)
10.10.2 Gee EEN rede waarom ouderdomverneukery onaanvaarbaar in
sport is. (2)
10.10.3 Wat beteken “Wedstrydknoeiery” soos in bostaande artikel
genoem? (2)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 100
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Life Orientation Grade 9 P1 November Mock 2026 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2014 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2014 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2013 Question Paper
Related documents

Question paper
Life Orientation Grade 9 Paper 1 November EC 2011 Question Paper

Memorandum
Life Orientation Grade 9 Paper 1 November EC 2011 Memo

Memorandum
Life Orientation Grade 9 Paper 1 November EC 2011 Memo

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2013 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2012 Question Paper

Question paper
Life Orientation Grade 9 November EC 2012 Question Paper
More from Grade 9 Life Orientation

Memorandum
Life Orientation Grade 9 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Life Orientation Grade 9 November EC 2016 Memo

Memorandum
Life Orientation Grade 9 November EC 2016 Memo

Memorandum
Life Orientation Grade 9 November EC 2014 Memo

Memorandum
Life Orientation Grade 9 November EC 2014 Memo

Memorandum