Skip to content

Life Orientation Grade 9 November EC 2014 QP (Afr)

Question paperLife OrientationGrade 9201411 pages

Grade 9 Life Orientation question paper from the November EC 2014 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2014 LEWENSORIËNTERING PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES AAN KANDIDATE 1. Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 2. Laat ʼn reël oop aan die einde van ELKE vraag. 3. Nommer jou vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 4. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: 25 punte (Verpligtend) AFDELING B: 25 punte (Verpligtend) AFDELING C: 20 punte (Kies slegs TWEE vrae) 5. Beantwoord AFDELING C in volsinne en paragrawe. Die vrae in hierdie afdeling toets jou vermoë om jou kennis en vaardighede toe te pas. 6. Skryf netjies duidelik en leesbaar. 7. Gebruik ʼn blou of swart pen. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) LEWENSORIËNTERING 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Vier moontlike antwoorde word vir elk van die volgende vrae/stellings verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A–D) langs die nommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer bv. 1.1.11 E. 1.1.1 Die veiligste manier om jouself teen ongewenste swangerskap, seksuele oordraagbare infeksies (SOI’s) en MIV te beskerm is deur ... A jouself te laat toets. B slegs een seksmaat te hê. C voorbehoedmiddels te gebruik. D die weerhouding van seks. (1) 1.1.2 ʼn Mediese toestand wat jou die hele tyd hartseer en bekommerd laat voel en jou dikwels verhoed om ʼn normale lewe te lei. A Rou B Stres C Depressie D Skok (1) 1.1.3 ... is die vermoë om met selfvertoue te praat en opreg te wees. A Passief B Spekuleer C Selfversekerd D Aggressief (1) 1.1.4 Vryheidsdag word op ... elke jaar gevier. A 27 April B 27 Maart C 1 Mei D 16 Junie (1) 1.1.5 Die mees waarskynlike manier om ʼn seksuele oordraagbare infeksie (SOI) op te doen is deur ... A iemand te omhels B onbeskermende seks te hê C handdoeke en ander gereedskap te deel. D masturbasie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2014) 1.1.6 “Soos ek by die deur uitstap, na die hek wat na my vryheid sou lei, het ek geweet indien ek nie my bitterheid en haat agterwee laat nie, ek nog steeds ʼn gevangene sou wees.” Hierdie was ʼn bekende aanhaling gemaak deur ... A Nelson Mandela. B Trevor Noah. C Albertina Sisulu. D Jacob Zuma. (1) 1.1.7 Om vinnig deur ʼn teks te lees op soek na spesifieke inligting. A Oppervlakkig lees B Vluglees C Lees vir plesier D Studielees (1) 1.1.8 Wanneer jy jou vakke vir Graad 10 kies, moet jy ... oorweeg. A jou ouers se belangstellings B jou sportprestasie C jou voorkoms D jou belangstellings, vermoë en aanleg (1) 1.1.9 ... verwys na die gebruike, idees en leefwyse van ʼn groep mense. A Familie B Vriende C Religie D Kultuur (1) 1.1.10 Die Wet op ... bevorder werknemer deelname aan besluitneming deur die vestiging van werkplekforums. A Gelyke Indiensneming B Basiese Diensvoorwaardes C Arbeidsverhoudinge D Vaardigheidsontwikkeling (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) LEWENSORIËNTERING 5 1.2 Voltooi die sin deur die woorde in die onderstaande lys te gebruik. finansiële; energie; sosiale; tyd; vrywilligerdiens (1.2.1) ... is die beginsel waar jy jou (1.2.2) ... en (1.2.3) ... aanbied tot voordeel van ander in die gemeenskap as ʼn (1.2.4) ... verantwoordelikheid eerder as vir enige (1.2.5) ... vergoeding. (5 x 1) (5) 1.3 Kies die beskrywing in KOLOM B wat pas by die term in KOLOM A. Skryf slegs die nommer (1.3.1–1.3.5) en die ooreenstemmende letter (A–E) bv. 1.3.1 H. KOLOM A KOLOM B TERM BESKRYWING 1.3.1 Lewenslange leer A ʼn risikofaktor wat tot die vlak van tienerswangerskap kan bydra 1.3.2 Versoening B besluite gebaseer op kennis van reg en verkeerd 1.3.3 Studieplan C help leerders om hul studierooster en aktiwiteite te beplan 1.3.4 Morele oordeel D ʼn manier vind om verskille op te los 1.3.5 Middelmisbruik E die proses om vir die res van jou lewe lewensvaardighede en kennis op te doen (5 x 1) (5) 1.4 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. 1.4.1 Self-konsep kan positief of negatief wees. (1) 1.4.2 Oneerlike regeringsamptenare gebruik hul posisie om aan hul vriende (1) en familie werk te verskaf. 1.4.3 Positiewe rolmodelle stel goeie voorbeelde aan tieners. (1) 1.4.4 Optimale liggaamlike welsyn word ontwikkel deur fisiese aktiwiteite en (1) gesonde eetgewoontes te kombineer. 1.4.5 Adolessente ervaar fisiese en emosionele veranderinge. (1) TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2014) AFDELING B (VERPLIGTEND) VRAAG 2 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. ANN SE STORIE Ek en daardie ou het vir net langer as drie maande uitgegaan. Ons het albei baie gedrink. Hy het een aand baie kwaad vir my geword en het my uitgejou en daarna het hy my teen die muur gestoot. Ek het regtig bang geword, maar hy het jammer gesê en ook gesê dat hy dit nooit weer sou doen nie. Toe hy die volgende naweek intiem wou verkeer, het ek hom gevra om ʼn kondoom aan te sit. Hy het geantwoord dat hy nie een het nie. Ek het hom gevra om op te hou, maar hy het geweier. Hy het gesê dat dit nie saak maak nie; ek moet my nie daaroor bekommer nie. Ek het aan die begin half gelag, want ek het gedink dat hy grappies maak, maar ek het bang geword toe ek besef dat hy ernstig is. Ek het gesê dat hy moet stop, maar hy wou nie. Ek het hom weggestoot, maar hy het my teruggestoot en my met sy liggaam vasgepen. Hy was baie sterk. Hy het my verkrag. Ek het hom vertel dat ek as kind mishandel is. Ek was alreeds baie depressief en het myself gesny. Dinge het baie sleg na die verkragting begin word. Ek het probeer selfmoord pleeg. Ek dink dat ek myself net baie erg wou sny, maar toe het ek te diep gesny en was amper dood. Hulle moes my hospitaal toe haas. [Aangepas uit Huishoudelike Geweld, Hulpbronsentrum Victoria] 2.1 Noem enige TWEE tipes geweld waaraan Ann onderwerp was. (2) 2.2 Waarom is verkragting ʼn geweldsmisdaad? (2) 2.3 Bespreek die verskillende maniere waarop verkragting ʼn slagoffer se gesondheid en veiligheid kan affekteer. (3) 2.4 Stel DRIE maniere voor hoe Ann met haar situasie kan deel of hoe sy dit kan verander. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) LEWENSORIËNTERING 7 VRAAG 3 Lees die uittreksel oor afknouery (boelie) en beantwoord die vrae wat volg. Afknouery is die mees algemene vorm van geweld. Sowat 15 tot 30 persent van tieners was al by afknouery betrokke. Meer as twee-derdes van tieners glo dat skole gebrekkig daarop reageer en dat volwassenes se hulp ongereeld en ondoeltreffend is. Hierdie opinies is verbasend, aangesien 25 persent van onderwysers nie afknouery as verkeerd beskou nie. Afknouery kan gedefinieer word as ʼn doelbewuste daad van aggressie of manipulasie. Dit vind plaas wanneer herhaalde, sistematiese en kwetsende woorde of gedrag deur een persoon aan ʼn ander oorgedra word. Die Johannesburgse sielkundige Sandra Brownrigg sê dat afknouery ernstige, langtermyn uitwerkings op ʼn kind se geestes- en fisieke gesondheid het. Sy sê: “Slagoffers van afknouery is meer geneig tot fisieke probleme soos verkoue en hoes, seer kele, swak eetlus en slaapwandelary. Afknouery affekteer jou konsentrasie op skool en lei tot ʼn afname in skoolprestasie. Dit affekteer ook ʼn slagoffer se selfbeeld en gevoelens van eiewaarde. Tieners sal waarskynlik hulself sosiaal begin onttrek en depressief word. Sommige van hulle mag dalk wapens skool toe neem vir beskerming of selfmoord oorweeg as die enigste manier van ontsnapping. Navorsing het getoon dat selfs jare nadat hulle afgeknou is, sal voormalige slagoffers hoër vlakke van depressie en ʼn swakker selfbeeld as ander volwassenes hê.” [Aangepas: www.peoplemagazine.co.za – 6 Des 2012] 3.1 Verduidelik die term afknouery. (2) 3.2 Beskryf die effek van afknouery op slagoffers. (3) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2014) VRAAG 4 Lees die uittreksel oor Mahatma Gandi en beantwoord die vrae wat volg. Bydraes van verskeie godsdienste om vrede te bevorder: GANDHI – BIOGRAFIE VAN MAHATMA GANDHI Mohandas Gandhi word beskou as die vader van die Indiese onafhanklikheidsbeweging. Ghandi het vir 20 jaar in Suid-Afrika geveg teen diskriminasie. Dit was daar dat hy sy konsep van satyagraha, ʼn vreedsame manier van protes teen onreg, geskep het. Terwyl hy in Indië was, het Ghandi se ooglopende hoë morele standaarde, simplistiese lewensstyl en minimale kleredrag hom na mense aangetrek. Hy het die res van sy lewensjare deurgebring deur ywerig te werk om die Britse heerskappy oor Indië te verwyder asook om die lewens van Indië se armste klasse te verbeter. Baie burgerregte-leiers, insluitend Martin Luther King Jr., het Ghandi se konsep van vreedsame protes gebruik as ʼn model vir hul eie stryd. Gandhi het die volgende gesê: “’n Oog vir ʼn oog sal net die hele wêreld blind maak.” “Mag wat op liefde gebaseer is, is ʼn duisend keer meer doeltreffend en permanent as mag wat verkry is uit vrees vir straf.” “Daar is baie sake waarvoor ek bereid is om te sterf, maar nie een saak waarvoor ek bereid is om te moor nie.” Ghadhi het sy konsep van satyagraha, ʼn vreedsame manier van protes teen onreg, ontwikkel. Die woord satyagraha beteken “gedwing deur waarheid”, en was sy metode van aksie gebaseer op die beginsel van dapperheid en geen geweld. Hy het geglo dat die manier waarop mense optree meer belangrik is as wat hulle bereik. Hierdie idee van satyagraha het Nelson Mandela later beïnvloed in die stryd teen apartheid. 4.1 Wie was Mahatma Gandhi? (1) 4.2 Gandhi’s se 4de leering was: “ʼn Oog vir ʼn oog maak net die hele wêreld blind”. Wat het hy bedoel toe hy hierdie woorde uiter? (2) 4.3 Verduidelik kortliks hoe Gandhi se teorie van satyagraha Nelson Mandela in sy stryd teen apartheid beïnvloed het. (2) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) LEWENSORIËNTERING 9 VRAAG 5 “Op hoërskool, kan jy aan jou beroepsdoelwitte begin werk. Jy moet besluite neem oor wat jy na Graad 9 gaan doen. Jy moet noukeurig oor jou keuse nadink sodat jy die onderrig en vaardighede sal ontvang wat jy nodig het vir die beroep waarin jy belangstel.” 5.1 Leerders wat Graad 9 suksesvol voltooi, kan uit twee moontlike opsies kies. Verduidelik. (2) 5.2 Vergelyk die NVS en die NSS. (3) [5] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSORIËNTERING (NOVEMBER 2014) AFDELING C Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling. VRAAG 6 (KEUSEVRAAG) Kinders van tienerma’s begin gewoonlik nie hul lewens op ʼn vlak gelyk aan dié van ander nie. Hulle sal waarskynlik grootword in ʼn arm, enkelma gesin, in ʼn arm of laer- klas omgewing bly en hoë risiko’s ervaar in beide hul gesondheidstatus en potensiële skoolprestasie. [Aangepas: Kids having kids, Washington DC: The Urban Institute Press] Skryf ʼn paragraaf van ongeveer ʼn halfbladsy waarin jy die ongewenste resultate vir die kinders van tienerouers bespreek. In jou bespreking maak melding van jou eie ervaring oor hierdie saak. [10] EN/OF VRAAG 7 (KEUSEVRAAG) Ongeveer een uit elke agt tieners ly op een of ander tyd aan depressie. Jy het moontlik al van depressie gehoor – maar wat is depressie werklik? Jy het dalk al gehoor dat iemand sê hulle is depressief omdat hulle swak in ʼn toets gevaar het, met ʼn vriend baklei het of ʼn verhouding beëindig het. Depressie is meer as net hartseer of af voel. Depressie is ʼn mediese toestand wat jou altyd hartseer en bekommerd laat voel. Dit verhinder jou om ʼn normale lewe te lei. Mense raak depressief vir verskillende redes. Probleme tuis, mislukking op skool, die beëindiging van ʼn verhouding met ʼn vriend of vriendin is uitdagende situasies wat depressie kan veroorsaak. Jy is gevra om die gemeenskap op te voed oor depressie. In jou toespraak moet jy verduidelik wat depressie is, die oorsake en simptome daarvan. [10] EN/OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (NOVEMBER 2014) LEWENSORIËNTERING 11 VRAAG 8 (KEUSEVRAAG) Lees die uittreksel oor Nasionale Jeugdag en beantwoord die vrae wat volg. NASIONALE JEUGDAG (16 JUNIE 1976) Weet jy dat ʼn hele dag aan jou gewy word, die jongmense van Suid-Afrika? 16 Junie, Nasionale Jeugdag. Roep in herinnering die kamerade wat toevallig jul ouderdom was – wat omgekom het nadat die polisie se rubberkoeëls hulle getref het; wie se rûe en bene rou met sambokke geslaan is; wie se longe met traangas gevul is en wie se jeug wreed kortgeknip is. En dit alles sodat julle vandag die vryheid van vandag kan geniet. Die Soweto-onluste van 1976 het plaasgevind nadat duisende swart skoliere begin protesteer het teen die verpligte gebruik van Afrikaans in hul skole. Dit het begin met ʼn jeug-optog in Soweto, maar het uitgekring na woonbuurte regoor die land. Soos spanning toegeneem het, is meer sekerheidspolisie ontplooi en die jeug het ʼn simbool geword van waagmoed teen gewapende soldate. Op 16 Junie 1976 het die polisie op ʼn byeenkoms van skoliere losgebrand en dit het een van die mees beduidende gebeurtenisse in die stryd teen Apartheid geword. Vandag word hierdie dag as ʼn openbare vakansiedag herdenk en word die Nasionale Jeugdag genoem. [Aangepas uit mindset learn – Sunday Times Magazine, May 2004] Skryf ʼn paragraaf van ongeveer ʼn halfbladsy oor die belangrikheid van Nasionale Jeugdag. In jou paragraaf moet jy melding maak in watter jaar die gebeurtenis plaasgevind het, watter omstandighede tot die insident/gebeurtenis gelei het, watter menseregte geskend is en waarom ons hierdie dag vier. [10] TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Life Orientation

View all