You're offline
Skip to content
Question paper

LIFE SCIENCES GR12 QP JUNE2023_Afrikaans.pdf

Subject: Life SciencesGrade 12202318 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2023 LEWENSWETENSKAPPE PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met ʼn potlood en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter woord/term beskryf die proses wat in die diagram getoon word? A Bevrugting B Mitose C Morula D Meiose 1.1.2 Die diagram toon ʼn menslike 28-dae menstruele siklus, by die mens, wat in vier dele P, Q, R en S verdeel word. Die ovum word op dag 14 vrygestel. In watter deel van die siklus vind menstruasie plaas? A P B Q C R D S Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 1.1.3 Die diagram toon ʼn deel van die menslike brein. Watter deel is vir intelligensie verantwoordelik? A 1 B 2 C 3 D 4 1.1.4 Watter EEN van die volgende verteenwoordig ʼn enkele RNS- nukleotied? A Deoksiribose-adenien-timien B Adenien-ribose-fosfaat C Deoksiribose-timien-fosfaat D Urasiel-deoksiribose-fosfaat 1.1.5 Watter persentasie timienbasisse is teenwoordig in ʼn DNS- molekule met 2 000 basisse as 600 basisse guanien is? A 20 B 40 C 30 D 60 1.1.6 Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die ... A kraniale en spinale senuwees. B outonome en perifere senuweestelsels. C kraniale senuwees en die brein. D brein en die rugmurg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 5 1.1.7 Die volgende tabel toon die gebeure van mitose en meiose I. MITOSE MEIOSE I (i) Die aantal chromosome bly Die aantal chromosome word dieselfde gehalveer (ii) Dogterselle wat gevorm Dogterselle wat gevorm word, is word, verskil geneties van geneties identies aan mekaar mekaar (iii) Enkele chromosome word Homoloë chromosoompare tydens metafase by die word tydens metafase by die ewenaar gerangskik ewenaar gerangskik (iv) Twee dogterselle word Vier dogterselle word gevorm gevorm Watter EEN van die volgende is die korrekte verskil tussen mitose en meiose 1? A Slegs (ii), (iii) en (iv) B Slegs (ii) en (iv) C Slegs (i) en (iii) D (i), (ii), (iii) en (iv) VRAE 1.1.8 EN 1.1.9 VERWYS NA DIE DIAGRAMME WAT ENKELE FASES VAN MEIOSE TOON. (Die diagramme is nie noodwendig in die regte volgorde nie.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 1.1.8 Watter EEN van die volgende is KORREK met betrekking tot byskrifte A, B en C in die diagramme? A B C A Sentrosoom Selwand Chromatied B Sentromeer Selmembraan Chromosoom C Sentromeer Selmembraan Chromatied D Sentrosoom Selmembraan Chromatied 1.1.9 Watter EEN van die volgende toon die korrekte volgorde van die fases in meiose? A 3, 1, 2, 4 B 2, 1, 3, 4 C 1, 3, 2, 4 D 1, 2, 3, 4 1.1.10 ʼn Paar homoloë chromosome wat by normale meiose in ʼn ovarium betrokke is, dra die allele wat hieronder getoon word. Moontlike chromosome wat in die ova geproduseer word, insluit die volgende in: (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 7 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die tipe dominansie wat tot ʼn intermediêre fenotipe in die heterosigotiese toestand lei 1.2.2 Die naam van die proses wanneer homoloë chromosoompare nie tydens meiose skei nie 1.2.3 Die aantal, vorm en rangskikking van al die chromosome in die kern van ʼn somatiese sel 1.2.4 ʼn Genetiese afwyking wat deur die afwesigheid van ʼn bloedstollingsmiddel veroorsaak word 1.2.5 Beskermende membrane rondom die brein en rugmurg 1.2.6 Eiers word in die vroulike liggaam gehou/uitgebroei en die kleintjies word lewendig gebore 1.2.7 Dit sluit in die bou van neste, beskerming, onderrig van kleintjies en voeding – die versorging, of gebrek daaraan, beïnvloed die oorlewing van die kleintjies direk (7 x 1) (7) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Fase waartydens sitokinese A: Telofase I plaasvind B: Telofase II 1.3.2 Volledige ontwikkeling by voëls waar A: Prekosiële ontwikkeling volledig is sodat die kleintjies B: Altrisiële ontwikkeling onafhanklik gebore word, met oop oë, met donsvere en wat in staat is om onafhanklik te beweeg of te voed 1.3.3 Versamel stikstofafval en help met A: Chorion die uitruil van gasse B: Allantoïs (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 1.4 In waatlemoene is daar twee allele vir smaak, bitter vrugte en soet vrugte. Die alleel vir bitter vrugte (B) is oorheersend dominant oor die alleel vir soet vrugte (b). Daar is twee allele vir skilvoorkoms, geel kolle en geen kolle nie. Die alleel vir geel kolle (N) is dominant oor die alleel vir geen kolle nie (n). Plant A, wat heterosigoties vir bitter vrugte en vir geel kolle is, is met plant B, wat soet vrugte en geen kolle het nie gekruis. 1.4.1 Gee die term vir ʼn genetiese kruising wat twee eienskappe behels beskryf. (1) 1.4.2 Gee: (a) Die genotipe van plant B (2) (b) Die dominante fenotipe vir smaak in waatlemoene (1) (c) Alle moontlike genotipes van die gamete van plant A (2) 1.4.3 Lys TWEE maniere waarop die fenotipe van ʼn waatlemoen met genotipe bbNn verskil van die fenotipe van ʼn waatlemoen met genotipe Bbnn. (2) 1.4.4 Noem Mendel se beginsel van onafhanklike Sortering. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 9 1.5 Die onderstaande diagram toon ʼn proses van genetiese manipulasie proses. ’n Skenkersel is uit die sel van die vel van ’n manlike vark geneem om ’n nuwe nakomeling te skep. 1.5.1 Noem die proses van genetiese manipulasie proses wat in die bostaande diagram getoon word. (1) 1.5.2 Noem TWEE voordele van die proses genoem in VRAAG 1.5.1 in landbou. (2) 1.5.3 Noem die tipe seldeling waardeur: (a) Sel D verdeel (1) (b) Ovum B geproduseer is (1) 1.5.4 ʼn Somatiese sel in ʼn vark bevat 38 chromosome. Hoeveel chromosome sal daar in ... wees: (a) Struktuur A (1) (b) ʼn Velsel in organisme E (1) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn gedeelte van ʼn DNS-molekule. S G T A G S A T 2.1.1 Noem die strukture in die selkern/nukleus wat DNS bevat. (1) 2.1.2 Behalwe die selkern/nukleus, noem EEN ander plek in ʼn sel waar DNS aangetref word. (1) 2.1.3 Watter tipe stowwe in die bostaande DNS-molekule word deur A, G, S en T aangedui? (1) 2.1.4 Die gekodeerde boodskap in DNS word in die proses van proteïensintese gebruik. Noem en beskryf die stadium tydens proteïensintese wat verantwoordelik is vir die kopiëring van die gekodeerde boodskap van DNS. (*1 verpligte punt + Enige 5) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 11 2.2 Sindroom H is ʼn oorerflike toestand. Mense met sindroom H produseer nie die ensiem IDUA nie. Alle ensieme is proteïene. Die onderstaande diagram toon 'n deel van 'n geen wat vir die ensiem IDUA kodeer. String X van ʼn C T C A T A C A G C T C persoon sonder sindroom H String Y van ʼn C T C A T A T A G C T C persoon met sindroom H Die onderstaande tabel toon oRNS-antikodons en die aminosure waarvoor hulle kodeer. bRNS-kodons Aminosuur AUA Metionien AUS Isoleusien SAG Glutamien SUS Leusien GAG Glutamiensuur GUS Valien UAU Tirosien 2.2.1 Vir string X, noem die aantal: (a) Kodons vir die ooreenstemmende bRNS-molekule (1) (b) Verskillende aminosure waarvoor daar gekodeer word (1) 2.2.2 Gee die DNS-drietal op string Y wat vir die aminosuur glutamiensuur kodeer. (1) 2.2.3 String Y toon ʼn mutasie in die DNS wat sindroom H veroorsaak het. Die ensiem IDUA help om ʼn koolhidraat in die menslike liggaam af te breek. Die ensiem IDUA wat uit string Y vervaardig word, sal nie werk nie. Verduidelik hoe die mutasie kan veroorsaak dat die ensiem NIE werk NIE. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 2.3 Die onderstaande diagram is ʼn voorstelling van chromosome tydens en na ʼn sekere proses gedurende meiose. A B 2.3.1 Noem die proses wat hierbo voorgestel word. (1) 2.3.2 Identifiseer deel A. (1) 2.3.3 Gee EEN funksie van deel B. (1) 2.3.4 Beskryf die gedrag van chromosome tydens die proses wat in VRAAG 2.3.1 genoem word. (3) 2.3.5 Verduidelik EEN betekenis van die proses wat getoon word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 13 2.4 Die grafieke hieronder toon die bloedhormoonkonsentrasie van twee ovariale hormone en veranderinge wat plaasvind in die uteruswand tydens ʼn 28-dae siklus van ʼn vrou. Hormoon Y Bloed hormoon Hormoon X konsentrasie 0 7 14 21 28 Tyd / dae Dikte van uteruswand -hormoon 0 7 14 21 28 Tyd / dae 2.4.1 Identifiseer hormoon Y. (1) 2.4.2 Verduidelik die rede vir jou antwoord op VRAAG 2.4.1 deur na beide grafieke te verwys. (2) 2.4.3 Noem die biologiese term wat vir die uteruswand gebruik word. (1) 2.4.4 Verduidelik of bevrugting tydens die siklus van hierdie vrou plaasgevind het. (3) 2.4.5 Noem en beskryf hoe die twee hormone wat deur die pituïtêre klier afgeskei word die menstruele siklus beheer. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 2.5 Sodasil is ʼn oorerflike afwyking wat lei tot die ‘verswakking’ van bloedvate in die brein. Dit word deur ʼn dominante alleel (D) veroorsaak. Die stamboomdiagram toon die oorerwing van Sodasil in ʼn familie. 2.5.1 (a) Noem wat ʼn dominante alleel is. (1) (b) Gee bewyse uit die stamboomdiagram dat Sodasil deur ʼn dominante alleel veroorsaak word. (1) 2.5.2 (a) Is Sam homosigoties of heterosigoties vir die Sodasil-alleel? (1) (b) Gee bewyse uit die diagram vir jou antwoord op VRAAG 2.5.2 (a). (1) 2.5.3 Sam en Ash beplan om nog ʼn baba te hê. Gebruik ʼn genetiese kruising om die persentasie kans dat die nuwe baba in ʼn persoon met Sodasil sal ontwikkel, te bepaal. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 15 2.6 Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae wat volg. Wetenskaplikes probeer behandeling vir Sodasil ontwikkel deur stamselle te gebruik. Spesiaal behandelde stamselle sal in die beskadigde deel van die brein ingespuit word. Embrioniese stamselle kan verkry word deur ʼn paar selle uit ʼn menslike embrio te verwyder. Wetenskaplikes het ontdek hoe om volwasse velselle in stamselle te verander. 2.6.1 Hoekom sal wetenskaplikes stamselle in die behandeling van Sodasil gebruik? (3) 2.6.2 Noem EEN voordeel verbonde aan die gebruik van stamselle van volwasse velselle eerder as dié van embrio's. (1) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) VRAAG 3 3.1 Die diagram toon spermselle van twee verskillende mans wat onder ʼn mikroskoop waargeneem is. 3.1.1 Gebruik die inligting in die diagram om TWEE redes te gee waarom man A meer vrugbaar is as man B. (2) 3.1.2 Bespreek TWEE strukturele aanpassings van die spermselle om die ovum in die Fallopiusbuis van die vrou te bereik. (4) 3.1.3 “Die pa bepaal die geslag van ʼn baba”. Verduidelik waarom hierdie stelling as waar beskou kan word. (3) 3.1.4 Tabuleer TWEE verskille tussen spermatogenese en oögenese. (5) 3.2 Die diagram toon 'n deel van die menslike oor. 3.2.1 Noem die deel van die oor wat strukture B, C en D bevat. (1) 3.2.2 Gee die versamel naam vir strukture B, C en D. (1) 3.2.3 Verduidelik die gevolg as deel B en C versmelt is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE2023) LEWENSWETENSKAPPE 17 3.2.4 Buis A kan geblokkeer word wanneer ʼn persoon ʼn keelinfeksie het. Noem buis A en verduidelik hoekom dit gevaarlik sal wees vir so ʼn persoon om te gaan valskermspring. (4) 3.2.5 Verduidelik hoe die oordrom en die ovaalvenster tot die versterking van klank bydra. (2) 3.3 Die onderstaande diagram toon ʼn by wat (in die rigting van) ʼn man se oog vlieg. Ooglid Soos wat die nader aan die man se oog beweeg, bereik lig vanaf die by die ligsensitiewe selle in die oog. Die spiere in die ooglid maak die man se oog toe voordat die by sy oog tref. 3.3.1 Noem die tipe reaksie wat daartoe lei dat die man se oog toegemaak word voordat die by sy oog tref. (1) 3.3.2 Beskryf die pad van die senuwee-impuls om die respons genoem in VRAAG 3.3.1 te veroorsaak. (5) 3.3.3 Die bevolking van die VSA is 322 miljoen, waarvan 151,34 miljoen ouer as 40 jaar is. 17,2% van die mense ouer as 40 ontwikkel ʼn katarak. (a) Verduidelik hoe ʼn katarak die vermoë om te sien sal beïnvloed. (2) (b) Bereken die aantal mense in die VSA bo die ouderdom van 40 wat ʼn katarak ontwikkel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 LEWENSWETENSKAPPE (EC/JUNIE2023) 3.4 Wetenskaplikes het ʼn ondersoek gedoen om die effek van kafeïen op ʼn individu se reaksietyd te bepaal. Die prosedure was soos volg: (i) Individu A het ʼn liniaal van 30 cm net bokant die hand van individu B gehou. (ii) Individu A laat die liniaal los. (iii) Individu B het die liniaal so gou as moontlik gevang. (iv) Die eksperiment is nog sewe keer herhaal. (v) Individu B (vanger) het ʼn sterk koppie koffie gedrink. (vi) Koffie bevat kafeïen (vii) Vyftien (15) minute nadat individu B die koffie gedrink het, is stappe (i)–(iv) herhaal. Die resultate van die eksperiment word in die tabel hieronder aangebied: Afstand wat die liniaal geval het voordat dit gevang is (cm) Eksperiment Voordat koffie gedrink is Nadat koffie gedrink is 1 18 8 2 21 13 3 25 11 4 15 17 5 19 10 6 16 14 7 12 13 8 21 13 Gemiddelde 18,4 X 3.4.1 Identifiseer die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) 3.4.2 Bereken die gemiddelde afstand wat as X in die tabel hierbo aangedui word. (2) 3.4.3 Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van die ondersoek verseker is. (1) 3.4.4 Stel TWEE maniere voor waarop die betroubaarheid van hierdie ondersoek verbeter kan word. (2) 3.4.5 Teken ʼn staafgrafiek wat die gemiddelde afstand toon wat die liniaal geval het voordat dit gevang is, voordat en nadat die koffie gedrink is. (6) 3.4.6 Die wetenskaplikes het die lesing op die liniaal as ʼn maatstaf van die reaksietyd gebruik. Deur na die resultate te kyk, wat kan jy oor die effek van kafeïen op reaksietyd aflei. (2) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Life Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all