Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V1
FEBRUARIE/MAART 2017
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 


%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)


View all





Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 446.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
NSC Supplementary Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION20 marks
- Question 1.2MEIOSIS8 marks
- Question 1.3MEIOSIS6 marks
- Question 1.4MEIOSIS7 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)9 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION14 marks
Show all 16 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION11 marks
- Question 2.3REPRODUCTION IN VERTEBRATES6 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)7 marks
- Question 2.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)8 marks
- Question 2.6HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS6 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)8 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
- Question 3.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)16 marks
- Question 3.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 Nadat die spermselle in die mens geproduseer is, word hulle tot
rypwording in die … gestoor.
A penis
B uretra
C epididimis
D semenvesikels
1.1.2 Watter EEN van die volgende dele in die diagram van 'n spermsel
bevat 'n haploïede getal chromosome?
1 3
2 4
A 1
B 2
C 3
D 4
1.1.3 Watter EEN van die volgende planthormone is vir die ontkieming
van sade verantwoordelik?
A Groeihormoon
B Absisiensuur
C Gibberellien
D Ouksien
1.1.4 Die fase in meiose wanneer individuele sentromere verdeel, word
… genoem.
A anafase I
B anafase II
C metafase I
D metafase II
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.1.5 Wanneer Jane in die sneeu speel, behou haar liggaam 'n
konstante interne temperatuur deur …
A vasodilasie en te sweet.
B vasokonstriksie en te bewe.
C te sweet en te bewe.
D vasokonstriksie en vasodilasie.
1.1.6 Watter EEN van die volgende hormone sal die menslike liggaam
voorberei om op noodsituasies te reageer?
A Insulien
B Aldosteroon
C Adrenalien
D Groeihormoon
VRAAG 1.1.7 EN 1.1.8 VERWYS NA DIE ONDERSOEK HIERONDER.
'n Ondersoek is uitgevoer om die vrugbaarheidsvlakke by gesonde mans van
verskillende ouderdomsgroepe te bepaal.
Die prosedure wat gevolg is, was soos volg:
• 50 gesonde mans in elk van die volgende ouderdomsgroepe is gevra om
deel te neem: 20–29, 30–39, 40–49, 50–59 en 60–69.
• Semen is by elk van die mans verkry.
Die getal aktiewe spermselle teenwoordig in die semen is vir elke man in elke
ouderdomsgroep getel en gemiddeldes is bereken.
1.1.7 Watter EEN van die volgende is die afhanklike veranderlike vir die
ondersoek?
A Fiksheidsvlakke van die mans
B Ouderdomsgroepe van die mans
C Getal aktiewe spermselle
D Hoeveelheid semen
1.1.8 Watter EEN van die volgende veranderlikes is tydens hierdie
ondersoek konstant gehou?
A Getal deelnemers in elke ouderdomsgroep
B Vrugbaarheidsvlakke van die mans in elke ouderdomsgroep
C Getal aktiewe spermselle
D Ouderdomsgroepe van die mans
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 1.1.9 EN 1.1.10 VERWYS NA DIE GRAFIEK HIERONDER.
DIE GRAFIEK TOON DIE VERANDERINGE IN DIE KONSENTRASIE
VROULIKE HORMONE (LH EN FSH) BY TWEE VROUE IN DIE EERSTE
TWEE WEKE VAN DIE MENSTRUELE SIKLUS.
Beide vroue
(A en B)
Konsentrasie van hormone in
LH
FSH
die bloed (arbitrêre eenhede)
Vrou A
Vrou B
0 2 4 6 8 10 12 14
Dae van menstruele siklus
1.1.9 Watter vrou sal NIE op dag 14 ovuleer NIE?
A Vrou A omdat die FSH-vlakke hoog is
B Vrou A omdat die LH-vlakke op dag 13 te hoog is
C Vrou B omdat LH die ontwikkeling van 'n follikel inhibeer
D Vrou B omdat 'n follikel nie in die ovarium ontwikkel het nie
1.1.10 Watter EEN van die volgende stellings oor vrou A is KORREK?
A FSH neem op dag 14 toe omdat die Graafse follikel
progesteroon afskei.
B FSH neem ná dag 9 toe omdat die pituïtêre klier/hipofise
progesteroon afskei.
C FSH neem ná dag 4 af om te verseker dat inplanting plaasvind.
D FSH neem in die eerste twee dae toe om die ontwikkeling van
'n follikel te stimuleer. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die diploïede sel wat deur die proses van bevrugting gevorm word
1.2.2 'n Vloeistof wat die menslike embrio teen beserings en
grootskaalse temperatuurveranderinge beskerm
1.2.3 'n Siekte van die senuweestelsel wat deur die vernietiging/
afbreking van die miëlienskede van neurone gekenmerk word
1.2.4 'n Hormoon wat deur die pituïtêre klier/hipofise geproduseer word,
wat die melkproduksie by vroue stimuleer
1.2.5 Om daaglikse toegang tot voldoende voedsel te hê, verseker 'n
gesonde leefstyl
1.2.6 'n Bloedvat in die naelstring wat voedingstowwe na die fetus
vervoer
1.2.7 'n Gedeelte van die neuron wat impulse na die selliggaam gelei
1.2.8 'n Siekte wat ontstaan as gevolg van die liggaam se onvermoë om
insulien te produseer (8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Die hormoon wat in groot A: ADH
hoeveelhede teenwoordig is in B: Tiroksien
'n persoon wat abnormaal lank
raak
1.3.2 Die gedeelte van die outonome A: Simpaties
senuweestelsel wat B: Parasimpaties
onwillekeurige aksies beheer
1.3.3 'n Hormoon wat die soutinhoud A: Adrenalien
in 'n mens se liggaam beheer B: Aldosteroon
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.4 Die diagram hieronder toon 'n fase van meiose in 'n diersel.
A
B
C
1.4.1 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.4.2 Watter fase van meiose word in die diagram hierbo geïllustreer? (1)
1.4.3 Noem die fase wat volg op die een wat in die diagram hierbo
voorgestel word. (1)
1.4.4 Hoeveel chromosome was daar in die sel hierbo voordat die
proses van meiose begin het? (1)
1.4.5 Wat is die spesifieke naam wat aan meiose gegee word wanneer
dit in 'n vrou plaasvind? (1)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
1.5 Die diagram hieronder stel 'n snit deur 'n menslike oog voor.
A H
B
G
C F
D
E
1.5.1 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.5.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:
(a) Die hoeveelheid lig wat die oog binnekom, reguleer (2)
(b) 'n Donker pigment bevat wat oortollige lig in die oog
absorbeer (2)
(c) Reseptore bevat wat ligsensitief is (2)
(9)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder stel 'n vrou se voortplantingstelsel voor.
A
B
D
C
2.1.1 Identifiseer deel C. (1)
2.1.2 Noem EEN funksie van deel D. (1)
2.1.3 Noem die hormoon wat tydens die eerste week van die menstruele
siklus deur deel B afgeskei word. (1)
2.1.4 Noem hoe die hormoon wat jy in VRAAG 2.1.3 genoem het, deel D
beïnvloed. (1)
2.1.5 Tydens buisafbinding word deel A chirurgies deurgesny of
afgebind.
Verduidelik hoe hierdie prosedure swangerskap voorkom. (3)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.2 'n Ondersoek is uitgevoer om die uitwerking van rook tydens swangerskap op
die baba se gewig by geboorte te bepaal. Babas wat by geboorte 2 499 g of
minder weeg, het 'n lae geboortegewig.
Die tabel hieronder vergelyk die persentasie babas met 'n lae gewig by
geboorte van moeders wat gerook het met moeders wat nie gerook het nie in
2009 in 'n sekere stad.
GEWIG BY PERSENTASIE TOTALE GEBOORTES (% ) IN 2009
GEBOORTE MOEDERS WAT MOEDERS WAT NIE
(GRAM) ROOK ROOK NIE
<1 000 0,7 0,2
1 000–1 499 0,9 0,3
1 500–1 999 2,2 1,1
2 000–2 499 7,1 3,2
[Aangepas uit www.ainw.gov.au]
2.2.1 Trek 'n histogram om die persentasie geboortes in elke
gewigsgroep van moeders wat gerook het, voor te stel. (6)
2.2.2 Waarom is babas wat by geboorte meer as 2 500 g geweeg het,
nie by die ondersoek ingesluit nie? (1)
2.2.3 Noem 'n algemene gevolgtrekking vir die ondersoek, gebaseer op
die data in die tabel. (2)
2.2.4 Beskryf hoe chemikalieë in sigaretrook die baba se bloed vanaf die
moeder se bloed kan binnegaan. (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.3 Lees die uittreksel hieronder.
Die wyfies van 'n seeskilpadspesie (hieronder getoon) verlaat die water om
hulle eiers in 'n nes op die strand te lê. Die wyfie maak die nes deur met haar
agterbene 'n gat te grou. Dit is bekend dat die wyfie omtrent 100 of meer eiers
lê. Nadat die eiers gelê is, bedek die wyfie die nes met sand om dit vir
predatore weg te steek en los dan die eiers om op hulle eie uit te broei.
Dit neem die skilpadjies omtrent twee maande om uit die nes te voorskyn te
kom. Die skilpadjies moet probeer om die see veilig te bereik. Slegs ongeveer
10% van die skilpadjies bereik die see veilig en oorleef om voort te plant.
'n Seeskilpad
Die grafiek hieronder toon die persentasie oorlewendes in 'n bevolking
seeskilpaaie in 'n sekere periode.
100
Persentasie organismes
wat oorleef
0
Tyd (maande)
[Aangepas uit https://bioweb.uwlax.edu]
2.3.1 Skryf neer of die soort voortplanting by seeskilpaaie ovipaar,
vivipaar of ovovivipaar is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.3.2 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.3.3 Die grafiek se vorm sou verskil het as daar ouersorg was.
(a) Beskryf hoe die vorm van die grafiek sou verskil het as daar
ouersorg was. (1)
(b) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.3(a). (2)
(5)
2.4 Die diagram hieronder stel dele van die menslike oor voor.
B
A
D
C
2.4.1 Identifiseer deel:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) D (1)
2.4.2 Verduidelik hoe deel A en D gesamentlik aangepas is om klank te
versterk. (3)
2.4.3 Noem EEN voordeel daarvan dat die middeloor met lug gevul is. (1)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
2.5 Lees die uittreksel hieronder.
'N SKAKEL TUSSEN HARSINGSKUDDING EN BREINSKADE
'n Voormalige Amerikaanse voetbalspeler is in 2002 dood in sy bakkie
aangetref. Die dokter wat die lykskouing gedoen het, het bevind dat die
voetbalspeler ernstige breinskade gehad het en dat sy dood deur herhaalde
houe teen sy kop of herhaalde harsingskuddings veroorsaak is. Hy het hierdie
siekte chroniese traumatiese ensefalopatie (CTE) genoem.
'n Meer onlangse studie is gedoen waarby die breine van 165 mense wat
voetbal op hoërskool, kollege of professionele vlak gespeel het, betrokke was.
Die studie het bewyse van CTE in 131 van die breine gekry.
[Aangepas uit www.wikipedia.org en www.theatlantic.com]
2.5.1 Die deel van die brein wat deur CTE beïnvloed word, is die
serebrum.
Noem TWEE moontlike simptome van hierdie siekte. (2)
2.5.2 Noem EEN manier waarop die brein beskerm word. (1)
2.5.3 Verduidelik waarom CTE nie normaalweg lewensbelangrike
prosesse soos asemhaling of hartklop beïnvloed nie. (2)
(5)
2.6 TSH en tiroksien is beide sekresies van endokriene kliere, naamlik die
pituïtêre klier/hipofise en die tiroïedklier onderskeidelik.
2.6.1 Waar sal jy na bewyse soek om die vlakke van TSH en tiroksien in
die menslike liggaam op te spoor? (1)
2.6.2 'n Hoë vlak van TSH word in die menslike liggaam opgespoor.
Verduidelik TWEE moontlike oorsake van hoë vlakke van TSH in
die liggaam. (4)
(5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
VRAAG 3
3.1 'n Ondersoek is uitgevoer om die invloed van ouksiene op die groei van
koleoptiele te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
• Die punt van een koleoptiel (jong loot) is verwyder en op 'n blokkie agar-
jellie geplaas, soos in diagram A getoon.
• Die agar-jellie is na twee ure op die afgesnyde oppervlak van die
oorspronklike koleoptiel geplaas, soos in diagram B getoon.
• Die koleoptiel is met 'n swart boks bedek en toe vir twee dae gelos om te
groei, soos in diagram C getoon.
punt van koleoptiel
koleoptiel
agar-jellie
swart boks
Diagram A Diagram B Diagram C
[Aangepas uit www.plantphys.info.com]
3.1.1 Verduidelik waarom die punt van die koleoptiel vir twee ure aan die
begin van die ondersoek op die agar-jellie geplaas is. (2)
3.1.2 Beskryf wat in diagram C gebeur het wat veroorsaak het dat die
koleoptiel krom gegroei het, alhoewel geen lig teenwoordig was
nie. (4)
3.1.3 Beskryf 'n kontrole vir hierdie ondersoek. (2)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.2 Die diagram hieronder stel 'n tipiese Snellen-kaart voor, wat gebruik word om
gesigskerpte (vermoë om helder te sien) te bepaal. Die uittreksel verduidelik
hoe die Snellen-kaart gebruik word.
Ry- Verhouding
nommer van
gesigskerpte
1 6/60
2 6/30
3 6/22,5
4 6/15
5 6/12
6 6/9
7 6/7,5
8 6/6
'n Persoon wie se gesigskerpte getoets word, staan 6 m weg van die kaart.
Een oog word toegehou en hy/sy lees die letters in elke ry hardop, van bo na
onder. Die kleinste ry wat akkuraat gelees kan word, dui die gesigskerpte van
daardie spesifieke oog aan.
Gesigskerpte word as 'n verhouding uitgedruk en die ry wat as 6/6 vertoon
word, is die kleinste ry wat 'n persoon met normale gesigskerpte op 'n afstand
van 6 m kan lees.
Wanneer iemand sy/haar gesigskerpte laat toets om 'n bestuurslisensie te
kry, word spesiale toerusting gebruik wat die letters in verskillende patrone,
volgordes en groottes voorstel. [Aangepas uit www.wikipedia.org]
3.2.1 'n Persoon is slegs in staat om akkuraat tot aan die einde van ry 5
op die Snellen-kaart te lees.
Wat is sy/haar gesigskerpte-verhouding? (1)
3.2.2 Verduidelik EEN rede waarom die spesiale toerusting, wat die
letters in verskillende patrone, rangskikkings en groottes voorstel,
gebruik word wanneer die oë vir 'n bestuurslisensie getoets word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.2.3 Sommige klinieke het kaarte wat die helfte van die grootte is en op
'n afstand van 3 m in plaas van 6 m gelees moet word.
Beskryf die proses wat in die oog plaasvind om te verseker dat die
letters van die kaart op 3 m in fokus is. (4)
(7)
3.3 Lees uittreksel hieronder.
TONNE VOEDSEL WORD ELKE JAAR WEGGEGOOI
Ongeveer 9 miljoen ton voedsel word jaarliks in Suid-Afrika as afval
weggegooi, terwyl ongeveer 13,8 miljoen Suid-Afrikaners nie
voedselsekerheid het nie. Daar word verwag dat die getal Suid-Afrikaners
wat nie voedselsekerheid het nie, sal toeneem met die droogte wat tans die
land raak. Hierdie vermorsing van voedsel kos die ekonomie van
Suid-Afrika jaarliks ongeveer R60 biljoen.
Die tabel hieronder toon voedselgroepe met hulle koste van vermorsing.
Voedselgroep Koste van vermorsing
(biljoene rand)
Vrugte en groente 23
Vleis 17
Seekos 8
Ander 12
Die grootste hoeveelheid afval word gevorm wanneer voedsel vervoer word,
veral oor lang afstande. Verpakking en prosessering is verantwoordelik vir die
tweede grootste hoeveelheid afval.
[Aangepas uit The New Age, 1 Februarie 2016]
3.3.1 Noem TWEE faktore wat volgens die uittreksel lei tot die grootste
hoeveelheid voedsel wat vermors word. (2)
3.3.2 Stel TWEE maniere voor waarop winkeleienaars die hoeveelheid
voedsel wat vermors word, kan verminder. (2)
3.3.3 Watter persentasie dra seekos by tot die totale koste van
vermorsing van voedsel in Suid-Afrika? Toon AL jou berekeninge. (2)
3.3.4 Verduidelik TWEE maniere waarop verwag word dat die droogte
sal lei tot 'n toename in die aantal Suid-Afrikaners wat nie
voedselsekerheid het nie. (4)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
3.4 Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die menslike bevolking en die
bevolking papegaaie ('n soort voël) in 'n sekere land oor 'n tydperk van
500 jaar.
Veranderinge in menslike en papegaaibevolkings oor 500 jaar
7
6
Bevolking (miljoene)
5
Mense
Humans
4
Pape-
Parrots
3 gaaie
2
1
0
1500 1550 1600 1650 1700 1750 1800 1850 1900 1950 2000
Jaar
[Aangepas uit www.people.eku.edu]
3.4.1 Wanneer het die menslike bevolking op 3 miljoen gestaan? (1)
3.4.2 Beskryf die verskil in die tendense tussen die menslike bevolking
en die papegaaibevolking sedert 1800. (2)
3.4.3 Stel TWEE redes voor vir die tendens wat jy in VRAAG 3.4.2
beskryf het. (4)
3.4.4 Indien die huidige tempo van afname in die papegaaibevolking
voortduur, verduidelik hoe die organismes wat hoofsaaklik op die
papegaaibevolking voed, beïnvloed sou word. (2)
(9)
3.5 Beskryf hoe die oormatige gebruik van bemestingstowwe deur boere 'n
uitwerking op die gehalte van water het. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewens wetenskappe/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2017
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Nontobeko het in die woestyn geloop, sonder water, vir twee dae, toe sy skielik 'n
geluid agter haar hoor. Sy het haar kop gedraai en sien toe 'n slang wat in haar rigting
beweeg. Sy het bang geword, omgedraai en weggehardloop. Terwyl sy besig was om
te hardloop, het sy gestruikel en geval.
Beskryf hoe haar liggaam gedurende die twee dae waterinhoud gereguleer het en
beskryf hoe haar balans herstel sou word nadat sy geval het.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, tabelle
of diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 Memo (Eng)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 NSC June 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum