Skip to content

Life Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201414 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 LEWENSWETENSKAPPE V1 NOVEMBER 2014 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, vloeidiagramme en tabelle slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik nie. 10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die deel van die brein wat impulse vanaf die retina van die oog interpreteer, is die ... A serebrum. B serebellum. C medulla oblongata. D corpus callosum. 1.1.2 Watter EEN van die volgende hormone is verantwoordelik vir die ontwikkeling van sekondêre manlike kenmerke? A FSH B Testosteroon C Estrogeen D Progesteroon 1.1.3 Die getal chromosome wat in 'n menslike spermsel aangetref word, is … A 23. B 22. C 46. D 47. 1.1.4 'n Pasiënt ly aan 'n onderafskeiding van ADH. Dit sal lei tot ... A 'n hoë konsentrasie natrium in die urien. B die aanwesigheid van glukose in die urien. C 'n afname in dors. D die vorming van groot volumes urien. 1.1.5 Beskadiging van die dendriete van 'n motoriese neuron in 'n refleksboog sal waarskynlik voorkom dat … A 'n reseptor 'n prikkel/stimulus waarneem. B daar sinaptiese kontak met 'n sensoriese neuron is. C 'n impuls na 'n effektororgaan oorgedra word. D 'n impuls na die rugmurg oorgedra word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 4 DBE/November 2014 NSS 1.1.6 Die deel van die brein wat asemhaling reguleer, is die ... A medulla oblongata. B serebrum. C corpus callosum. D serebellum. 1.1.7 Dreineringsbuisies kan gebruik word vir die behandeling van … A astigmatisme. B katarakte. C middeloorinfeksies. D versiendheid. 1.1.8 Watter EEN van die volgende is 'n reaksie van die menslike liggaam wanneer adrenalien vrygestel word? A Verlaagde opname van suurstof B Verhoogde bloedvloei na die ingewande C Verlaagde bloedvloei na die spiere en hart D Verhoogde omsetting van glikogeen na glukose 1.1.9 Tydens gameetvorming in vroue, vorm elke diploïede sel … A vier diploïede gamete. B een diploïede gameet. C een haploïede gameet. D twee haploïede gamete. 1.1.10 Oorkruising en ewekansige rangskikking van chromosome vind onderskeidelik plaas tydens … A profase II en metafase II. B profase I en metafase I. C profase II en anafase II. D profase I en anafase I. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 5 DBE/November 2014 NSS 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die membrane wat die sentrale senuweestelsel beskerm 1.2.2 'n Plantgroeihormoon wat saadontkieming stimuleer 1.2.3 Die senuweestelsel wat uit kraniale (kop-) en rugmurgsenuwees bestaan 1.2.4 'n Gedeelte van die outonome senuweestelsel wat die hartklop terug na normaal laat daal 1.2.5 Die heel buitenste ekstra-embrioniese membraan wat die embrio omring 1.2.6 Die hormoon wat die soutkonsentrasie in die menslike liggaam beheer 1.2.7 Die bloedvat in die naelstring wat bloed wat ryk aan suurstof en voedingstowwe is, vervoer 1.2.8 Die hormoon wat geïnhibeer word as die tiroksienvlak styg 1.2.9 Die ontwikkelingstydperk van 'n embrio in die uterus, tussen bevrugting en geboorte 1.2.10 Die struktuur in die kop van 'n spermsel wat ensieme bevat wat die membraan wat die ovum omring, afbreek (10 x 1) (10) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Embrio word gevoed uit die dooier A: Oviparie wat in die eier voorkom B: Viviparie 1.3.2 Gas wat geproduseer word wanneer A: Chlorofluorokoolstowwe organiese stowwe ontbind ('CFCs') B: Metaan 1.3.3 Fetus is aan die moeder se uterus A: Oviparie geheg B: Ovoviviparie 1.3.4 Jong voëltjie kan nie self voed of A: Prekosiale ontwikkeling beweeg nadat dit uitgebroei het nie B: Altrisiale ontwikkeling 1.3.5 Verminder biodiversiteit A: Indringing van uitheemse plante B: Verstedeliking (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 6 DBE/November 2014 NSS 1.4 Die diagram hieronder stel die struktuur van die menslike oog voor. C B D E A Struktuur van die menslike oog Gee die LETTER en NAAM van die deel wat: 1.4.1 Die hoeveelheid lig wat die oog binnedring, beheer (2) 1.4.2 Die oog van voedingstowwe en suurstof voorsien (2) 1.4.3 Impulse na die brein vervoer (2) 1.4.4 Keëltjies bevat en die deel met die duidelikste visie is (2) 1.4.5 Met die breking van ligstrale help (2) (10) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 7 DBE/November 2014 NSS AFDELING B VRAAG 2 2.1 Bestudeer die diagramme hieronder wat die manlike en vroulike voortplantingstelsels toon. F B G C E A D H Manlike voortplantingstelsel Vroulike voortplantingstelsel 2.1.1 Identifiseer deel A, B en F onderskeidelik. (3) 2.1.2 Noem EEN funksie van elk van die volgende: (a) Die vloeistof wat deur deel C geproduseer word (1) (b) Deel E (1) 2.1.3 Gee SLEGS die LETTER van die orgaan waar meiose plaasvind in die: (a) Manlike voortplantingstelsel (1) (b) Vroulike voortplantingstelsel (1) 2.1.4 Noem die soort gametogenese wat plaasvind in die: (a) Manlike voortplantingstelsel (1) (b) Vroulike voortplantingstelsel (1) 2.1.5 Noem TWEE funksies van deel H. (2) 2.1.6 Verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat deel D aan die 'buitekant' van mans se liggame moet wees. (2) (13) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 8 DBE/November 2014 NSS 2.2 Die diagram hieronder toon sommige van die veranderinge wat tydens die menstruele siklus plaasvind. Groei van die follikel Dikte van die voering van die uterus 1 7 14 21 28 Dae 2.2.1 Die menstruele siklus word deur hormone beheer. Noem EEN hormoon waarvan die vlak tussen dag 2 en dag 10 styg. (1) 2.2.2 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1. (2) 2.2.3 Verduidelik bewyse in die diagram wat aandui dat bevrugting plaasgevind het. (3) 2.2.4 Beskryf die ontwikkelingsveranderinge in die bevrugte eiersel totdat inplanting in die uterus plaasvind. (5) 2.2.5 Sommige vroue gebruik 'n ovulasiemonitor sodat hulle kan weet op watter dae hulle vrugbaar is. Hierdie monitors meet hormoonvlakke in die bloed. (a) Waarom sou vroue wou weet wanneer hulle vrugbaar is? (1) (b) Verduidelik watter hormoon waarskynlik deur die ovulasiemonitor gemonitor word. (3) (15) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 9 DBE/November 2014 NSS 2.3 'n Leerder het 'n ondersoek gedoen om die invloed van ouksiene en die invloed van swaartekrag op wortelgroei by ertjiesaailinge te bepaal. Hy het die volgende prosedure gevolg: • Hy het ertjiesade vir sewe dae laat ontkiem. • Hy het toe 'n monster van 15 saailinge geneem en hulle in 3 groepe (A tot C) met 5 saailinge elk verdeel. • In elke groep is die 5 saailinge horisontaal op 3 verskillende klinostate geplaas. 'n Klinostaat is 'n toestel wat 'n skyf bevat wat teen 'n konstante spoed roteer (draai). 'n Diagram van 'n klinostaat word hieronder getoon. Roterende klinostaat Saailinge • Hy het die wortelpunte van al 5 saailinge op dieselfde lengte in groep B verwyder. • By groepe A en B is die klinostate stilstaande gelaat (geen rotasie nie). • By groep C is die klinostaat toegelaat om te roteer. • Al 3 klinostate is in 'n donker kas geplaas. 'n Opsomming van die leerder se prosedure word in die tabel hieronder getoon. GROEP A GROEP B GROEP C Geen Wortelpunte Wortelpunte wortelpunte aanwesig aanwesig nie Stilstaande Stilstaande Roterende klinostaat klinostaat klinostaat Na twee dae is die rigting van wortelgroei waargeneem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 10 DBE/November 2014 NSS 2.3.1 Watter TWEE groepe is gebruik om inligting te bekom omtrent: (a) Die invloed van ouksiene op wortelgroei (1) (b) Die invloed van swaartekrag op wortelgroei (1) 2.3.2 Verduidelik waarom die apparaat in 'n donker kas geplaas is. (2) 2.3.3 Beskryf die verwagte resultate vir elk van groep B en C vir hierdie ondersoek. (2) 2.3.4 Verduidelik die verwagte resultate van groep A. (3) 2.3.5 Noem DRIE maniere waarop die leerder 'n hoë vlak van geldigheid vir hierdie ondersoek verseker het. (3) (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 11 DBE/November 2014 NSS VRAAG 3 3.1 'n Boer het 'n ondersoek uitgevoer om te bepaal watter soort kunsmis die opbrengs van haar koringoes sou verhoog. • Sy het haar plaas in drie dele van 1 hektaar elk verdeel en hulle soos volg behandel: Behandeling Hektaar A Hektaar B Hektaar C Soort kunsmis Geen Bevat stikstof Bevat fosfor Hoeveelheid kunsmis Geen 10 10 (kg) • Sy het dieselfde soort gewas, naamlik koring, elke jaar in November vir vyf jaar geplant. • Sy het water uit 'n rivier wat deur die plaas vloei, gebruik om haar gewas te besproei. • Sy het die opbrengs per deel vir elke jaar aangeteken. Die opbrengs is gemeet deur die hoeveelheid kilogram koring wat per hektaar geproduseer is, te bereken. 3.1.1 Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1) 3.1.2 Verduidelik die doel van die insluiting van hektaar A by hierdie ondersoek. (2) 3.1.3 Noem EEN manier waarop die boer die betroubaarheid van haar resultate kon verhoog het. (1) 3.1.4 Indien hierdie ondersoek vir langer as vyf jaar uitgevoer sou word, noem DRIE negatiewe gevolge as dieselfde soort gewas vir baie jare op dieselfde stuk grond geplant sou word. (3) 3.1.5 Verduidelik hoe die oormatige gebruik van kunsmis/ bemestingstowwe die biodiversiteit kan beïnvloed indien dit in die rivier sou beland. (4) (11) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 12 DBE/November 2014 NSS 3.2 Lees die uittreksel hieronder oor voedselvermorsing regoor die wêreld. VOEDSELVERMORSING IN DIE WÊRELD Elke jaar word 'n derde van alle voedsel vir menslike gebruik, omtrent 1,3 biljoen ton, in die wêreld vermors. Die VN se Voedsel- en Landbou- organisasie (VLO) skat dat die koolstofvoetspoor van vermorste voedsel die ekwivalent van 3,3 biljoen ton koolstofdioksied 'n jaar is. Die VLO stel voor dat meer effektiewe gebruik van voedsel kan bydra tot wêreldwye pogings om kweekhuisgasse te verminder om aardverwarming te beperk. In die geïndustrialiseerde wêreld kom baie van die vermorsing van verbruikers af wat te veel koop en dan dit wat hulle nie eet nie, weggooi. In ontwikkelende lande is dit hoofsaaklik die gevolg van oneffektiewe boerdery en 'n gebrek aan behoorlike bergingsfasiliteite. [Aangepas uit: Reuters Daily News, September 2013] 3.2.1 Wat word met die volgende terme bedoel: (a) Koolstofvoetspoor (2) (b) Voedselsekerheid/Voedselsekuriteit (2) 3.2.2 Verduidelik hoe vermorsing van voedsel tot energieverlies en aardverwarming bydra. (4) 3.2.3 Gebruik die inligting in die uittreksel en stel TWEE maniere voor waarop voedselvermorsing verminder kan word. (2) (10) 3.3 Die tabel hieronder toon hoe liggaamstemperatuur deur die hipotalamus beheer word deurdat dit hitteproduksie en hitteverlies beïnvloed. LIGGAAMS- HITTEPRODUKSIE HITTEVERLIES TEMPERATUUR (JOULE PER SEKONDE) (JOULE PER SEKONDE) (ºC) 36,4 320 5 36,6 260 5 36,8 150 35 36,9 90 90 37,0 90 100 37,2 90 180 37,4 90 310 [Aangepas uit Cambridge Biology, 2002] 3.3.1 Is die bloedvate wat bloed aan die vel voorsien, vernou of verwyd wanneer die liggaamstemperatuur 36,4 ºC is? (1) 3.3.2 Verduidelik die voordeel van die deursnee van die bloedvate (vernou/verwyd) wat in jou antwoord op VRAAG 3.3.1 genoem is. (4) 3.3.3 Hitteverlies is die meeste by 37,4 ºC. Verduidelik hoe die liggaam in staat is om hitteverlies te verhoog. (4) (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 13 DBE/November 2014 NSS 3.4 Bestudeer die grafiek hieronder wat die veranderinge in die glukagonkonsentrasie tydens oefeninge toon. Veranderinge in die glukagonkonsentrasie in die bloed met verloop van tyd Glukagonkonsentrasie in bloed 250 200 150 (pikogram/ml) 100 50 0 0 5 10 15 20 25 30 Tyd (minute) 3.4.1 Beskryf die tendens in die veranderinge in die glukagonvlak met verloop van tyd. (3) 3.4.2 Verduidelik die veranderinge in die glukagonvlak van 0 tot 10 minute. (3) 3.4.3 Neem die patroon van die glukagonkonsentrasie van 0 tot 10 minute in die grafiek hierbo in ag. Wat verwag jy sal in dieselfde tydperk met die insulienkonsentrasie gebeur? (1) 3.4.4 Verduidelik waarom mense met diabetes mellitus baie min glikogeen in hulle lewer- en spierselle het. (3) (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Lewenswetenskappe/V1 14 DBE/November 2014 NSS AFDELING C VRAAG 4 'n Doelwagter in 'n sokkerwedstryd het voorkom dat 'n doel aangeteken word toe hy na regs geduik het nadat die bal na hom toe geskop is. Net voordat hy geduik het, het hy sy spanmaat hoor skree, 'jou bal'. Beskryf hoe sy oë aangepas het om die bal te sien terwyl dit na hom toe beweeg het en beskryf hoe hy sy spanmaat gehoor het en sy balans gehandhaaf het toe hy geduik het om die bal te keer. Inhoud: (17) Sintese: (3) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme, diagramme of tabelle NIE. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all