Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LEWENSWETENSKAPPE V2
FEBRUARIE/MAART 2016
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC Supplementary Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 481.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC Supplementary Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende kombinasies lei tot genetiese
variasie in organismes?
A Mitose; geslagtelike voortplanting; mutasies
B Meiose; ongeslagtelike voortplanting; mutasies
C Mitose; meiose; geslagtelike voortplanting
D Meiose; geslagtelike voortplanting; mutasies
1.1.2 Die oorerwing van een kenmerk is nie afhanklik van die oorerwing
van 'n ander kenmerk nie. Dit verteenwoordig ...
A Mendel se wet van dominansie.
B die wet van kodominansie.
C die beginsel van variasie.
D Mendel se beginsel van onafhanklike sortering.
1.1.3 By bye is vroulike bye diploïed en manlike bye haploïed. Vroulike
en manlike bye produseer haploïede gamete.
Dit beteken dat ...
A vroulike bye gamete deur mitose produseer.
B manlike bye gamete deur meiose produseer.
C manlike bye gamete deur mitose produseer.
D vroulike bye die helfte van die chromosome van manlike
bye het.
1.1.4 By muise produseer die genotipe yy 'n grys pels en Yy produseer
'n geel pels. Die genotipe YY lei tot die dood in die vroeë
embrioniese stadiums.
'n Geel vroulike muis word met 'n geel manlike muis gepaar.
Watter van die volgende toon die korrekte verhouding van geel tot
grys nageslag wat lewendig gebore kan word?
A 1:1
B 1:3
C 2:1
D 3:1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.5 Die diagram hieronder toon oorkruising.
C D
A A a AA
B B b b
P
RR RR
r R r CR
B
t DT t t
B
D
Watter EEN van die volgende kombinasies allele sal in
chromatied C teenwoordig wees nadat oorkruising by punt P
plaasgevind het?
A Aart
B abrT
C ABRt
D ABRT
1.1.6 Die diagram hieronder toon die bloedtipes van twee ouers.
O A
Die enigste moontlike bloedtipe(s) van die nageslag in die eerste
generasie (F1) is …
A AB en O.
B A en O.
C slegs A.
D A en B.
1.1.7 Die struktuur van DNS/DNA is bepaal deur X-straalfoto's te gebruik
wat deur ... geneem is.
A Watson en Crick
B Franklin en Wilkins
C Watson en Franklin
D Crick en Franklin
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.1.8 Bruin oogkleur by mense is dominant oor blou oogkleur. 'n Man
met bruin oë trou met 'n vrou met blou oë. Hulle het 'n seun met
bruin oë en 'n dogter met blou oë.
Ons kan aflei dat ...
A die man nie die kinders se ware pa is nie.
B die man heterosigoties vir oogkleur is.
C oogkleur geslagsgekoppeld is.
D beide ouers homosigoties vir oogkleur is.
1.1.9 'n Moontlike verduideliking vir 'n waarneming wat getoets kan word,
staan as 'n ... bekend.
A feit
B wet
C teorie
D hipotese
1.1.10 Gemeenskaplike strukturele kenmerke tussen groepe
dinosourusse is gebruik om die filogenetiese stamboom hieronder
op te stel.
Plateosourus Stegosourus Parasourolofus Trikeratops Pagisefalosourus
s s
Die twee groepe dinosourusse wat die meeste kenmerke in
gemeen het, is ...
A Trikeratops en Pagisefalosourus.
B Parasourolofus en Trikeratops.
C Stegosourus en Parasourofolus.
D Plateosourus en Stegosourus. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die tipe oorerwing waar die dominante alleel die resessiewe alleel
in die heterosigotiese toestand onderdruk
1.2.2 Die proses waardeur geneties identiese organismes deur die
gebruik van biotegnologie gevorm word
1.2.3 'n Groep organismes van dieselfde spesie in 'n spesifieke habitat
1.2.4 Die tipe visie wat ape en mense in gemeen het en wat
dieptewaarneming moontlik maak
1.2.5 Die familie waaraan mense behoort
1.2.6 'n Menslike afwyking wat deur die nie-disjunksie van
chromosoompaar 21 veroorsaak word
1.2.7 Die stadium in proteïensintese waartydens mRNS/mRNA uit
DNS/DNA vorm
1.2.8 Strukture in verskillende organismes wat 'n soortgelyke basiese
plan het, wat impliseer dat hulle 'n gemeenskaplike voorouer het
1.2.9 Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom
1.2.10 Die tipe variasie in 'n bevolking met geen intermediêre fenotipes
nie (10 x 1) (10)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B,
BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Voortplantings- A: Blom verskillende tye van die jaar
isoleringsmeganismes by B: Aanpassing by verskillende
plante bestuiwers
1.3.2 Bewyse van evolusie A: Biogeografie
B: Fossielrekord
1.3.3 Kom in Afrika-ape en A: Kloue in plaas van naels
mense voor B: 'n Opponeerbare duim
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
1.4 Die grootte en kleur van onryp vrugte in 'n plantspesie word geneties
beheer. Die alleel vir klein vrugte (b) is resessief teenoor die alleel vir
groot vrugte (B). Die alleel vir geel vrugkleur (g) is resessief teenoor die alleel
vir groen vrugte (G).
1.4.1 Noem:
(a) Die fenotipe van die plant met die genotipe BbGg (2)
(b) AL die moontlike genotipes van die gamete wat geproduseer
word deur die plant wat in VRAAG 1.4.1(a) genoem is (2)
1.4.2 In 'n kruising tussen twee plante met genotipes BBGG en bbgg,
watter persentasie van die nageslag sal homosigoties vir beide
kenmerke wees? (2)
(6)
1.5 Die diagramme hieronder toon verskillende fases van meiose.
A B C D
W Y
Z
X
1.5.1 Benoem struktuur W en X. (2)
1.5.2 Hoeveel chromosome is teenwoordig in elke sel in:
(a) Fase A (1)
(b) Fase C (1)
1.5.3 Gee slegs die LETTER van die diagram wat anafase II
verteenwoordig. (1)
1.5.4 Noem die funksie van elk van struktuur Y en struktuur Z. (2)
1.5.5 Identifiseer fase C. (1)
(8)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Wetenskaplikes wou bepaal watter tipe oorerwing vir die meeste van die
uitgesoekte genetiese afwykings in honde verantwoordelik is.
Om dit te doen, het hulle die genome bepaal van 'n groot aantal honde van
dieselfde ras wat aan die genetiese afwykings ly.
Die resultate van die ondersoek word hieronder aangedui.
Sirkelgrafiek wat die tipe oorerwing vir
genetiese afwykings by honde toon
Geslags-
gekoppeld
10%
Ander
8%
Outosomale
dominante
11%
Outosomale
resessiwiteit
71%
[Bron: http://www.instituteofcaninebiology.org]
2.1.1 Indien 2 000 honde in hierdie ondersoek bestudeer is, hoeveel
honde het afwykings gehad wat deur outosomale dominante
oorerwing veroorsaak is? Toon AL die berekeninge. (3)
2.1.2 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die
betroubaarheid van hulle resultate kan verbeter. (2)
2.1.3 Noem EEN faktor wat in hierdie ondersoek konstant gehou is. (1)
2.1.4 Verduidelik waarom dit in hierdie tipe ondersoek nie nodig is om
die ouderdom van die honde konstant te hou nie. (2)
2.1.5 Gee 'n gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.2 By honde is growwe hare (H) dominant oor gladde hare (h). 'n Hond met
growwe hare word met 'n hond met gladde hare geteel.
Stel 'n genetiese kruising voor om die fenotipiese verhouding van die
babahondjies aan te toon. (6)
2.3 Die diagram hieronder stel twee stadiums van proteïensintese voor.
mRNS
2 3
Prolien Valien Serien Glisien 5
4
GGA CAA AGG CCU
CCU GUU UCC GGA
7
6
1
2.3.1 Gee byskrifte vir:
(a) Molekuul 1 (1)
(b) Organel 6 (1)
2.3.2 Gee slegs die NOMMER van die deel wat die volgende voorstel:
(a) DNS/DNA-templaatstring (1)
(b) Monomeer van proteïene (1)
(c) Kodon (1)
2.3.3 Beskryf translasie soos dit by organel 6 plaasvind. (4)
2.3.4 Gee die:
(a) DNS/DNA-volgorde wat vir glisien kodeer (2)
(b) Kodon vir prolien (2)
2.3.5 Noem TWEE verskille tussen 'n DNS/DNA-nukleotied en 'n
RNS/RNA-nukleotied. (4)
(17)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
2.4 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GEBRUIK VAN STAMSELLE
Dr. Orly Lachan-Kaplan van Monash Immunologie- en Stamsellaboratoriums
het stamselmanipulering gebruik om 'n ovariumagtige struktuur te skep wat
ovums bevat. Alhoewel dit nog nie duidelik is of die selle van hierdie
ovariumagtige struktuur funksioneel is nie, hoop sy dat hierdie metode gebruik
kan word om funksionele menslike ovums te skep.
[Bron: http//monash.edu/news/releases/308]
2.4.1 Noem EEN bron van stamselle. (1)
2.4.2 Verduidelik waarom die kenmerke van stamselle dit nuttig maak vir
die behandeling van sekere afwykings. (3)
2.4.3 Verduidelik EEN moontlike voordeel van die skepping van 'n
ovariumagtige struktuur. (3)
(7)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
VRAAG 3
3.1 Foute tydens DNS/DNA-replikasie kan soms tot mutasies lei.
3.1.1 Beskryf DNS/DNA-replikasie. (5)
3.1.2 Beskryf hoe 'n fout in DNS/DNA-replikasie tot 'n geenmutasie
kan lei. (2)
(7)
3.2 Die gedeelte hieronder verwys na menslike evolusie.
Navorsing waar DNS/DNA-bewyse gebruik is, stel voor dat alle moderne
mense uit 'n enkele groep Homo sapiens onstaan het wat 2 000 generasies
gelede uit Afrika gemigreer het en oor duisende jare deur Europa en Asië
versprei het.
[Bron: http://images.sciencedaily.com]
3.2.1 Noem die hipotese oor menslike evolusie wat in hierdie gedeelte
beskryf word. (1)
3.2.2 Noem die tipe DNS/DNA buite die selkern wat geanaliseer word ter
ondersteuning van die hipotese wat in VRAAG 3.2.1 genoem is. (1)
3.2.3 Verduidelik hoe die tipe DNS/DNA genoem in VRAAG 3.2.2,
gebruik word as bewys vir die hipotese genoem in VRAAG 3.2.1. (3)
3.2.4 Behalwe DNS/DNA-bewyse, noem EEN ander lyn van bewyse wat
gebruik kan word om die hipotese wat in VRAAG 3.2.1 genoem is,
te ondersteun. (1)
(6)
3.3 Beskryf hoe 'n nuwe spesie deur geografiese isolasie gevorm word. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.4 Die diagram hieronder toon die gefossileerde skedels van drie verskillende
primaatspesies voor. Hulle was óf tweevoetig óf viervoetig (organismes wat
gewoonlik op al vier ledemate loop).
Y
A
X
B
B
C
3.4.1 Benoem deel X en die tipe tande by Y. (2)
3.4.2 Verduidelik die belangrikheid van die ligging van struktuur X in
organisme C. (3)
3.4.3 Watter van die skedels (A, B of C) behoort aan:
(a) 'n Australopithecine (1)
(b) 'n Viervoetige primaat (1)
3.4.4 Verduidelik hoe die verandering in die skedel van B na C 'n
verandering in intelligensie kan aandui. (3)
3.4.5 Tabuleer TWEE waarneembare verskille, behalwe dié genoem in
VRAAG 3.4.2 en 3.4.4, tussen skedel B en C wat tendense in
menslike evolusie aandui. (5)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
3.5 Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwingspatroon van 'n sekere
genetiese afwyking wat deur 'n resessiewe alleel beheer word. Die dominante
alleel word deur N voorgestel en die resessiewe alleel deur n.
Pa Ma
SLEUTEL: Normale Aangetaste
man man
Normale Aangetaste
vrou vrou
3.5.1 Verduidelik waarom albei ouers heterosigoties vir hierdie kenmerk
moet wees. (2)
3.5.2 Gee die positiewe genotipe(s) van die normale kinders. (2)
3.5.3 Gee bewyse uit die stamboomdiagram om aan te dui dat hierdie
kenmerk nie geslagsgekoppeld is nie. (2)
(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016
NSS
AFDELING C
VRAAG 4
'n Voorouer van die olifant, Phiomia, het 'n lang neusagtige struktuur gehad wat 'n
proboskis genoem word en wat tot die slurp van die olifant geëvolueer het. Die
proboskis is gebruik om blare as voedsel bymekaar te maak. Die proboskis van
Phiomia en die slurp van die olifant word hieronder getoon. Die diagramme is volgens
skaal geteken.
slurp
proboskis
Voorouer van olifant (Phiomia) Olifant
Verduidelik die evolusie van die olifant se slurp ten opsigte van Lamarckisme en
Darwinisme, asook die manier waarop 'n verlenging van die slurp van die olifant deur
kunsmatige seleksie gedoen kan word.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Eng)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum