Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*LFSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 687.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag.
6. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of
swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra
word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer
gebruik waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10 ) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Die eerste primaat om gereedskap konsekwent te gebruik was ...
A Homo erectus.
B Homo habilis.
C Homo floresiensis.
D Homo neanderthalensis.
1.1.2 Die gemiddelde grootte brein in kubieke sentimeter van ʼn
moderne mens is ...
A 400–500
B 800–1 000
C 100–200
D 1 300–1 400
1.1.3 Tydens translasie, hang die tipe aminosuur wat tot die groeiende
polipeptied toegevoeg word af van ...
A slegs die kodon op die mRNA.
B slegs die antikodon op die tRNA waaraan die aminosuur
geheg is.
C die kodon op die mRNA en die antikodon op die tRNA
waaraan die aminosuur geheg is.
D slegs die antikodon op die mRNA.
1.1.4 Hoeveel stikstofbasisse vorm ʼn kodon?
A 9
B 12
C 3
D 6
1.1.5 Koeie wat meer melk gee as ander koeie is ʼn voorbeeld van ...
A natuurlike seleksie.
B natuurlike variasie.
C stryd om voort te bestaan.
D oorlewing van die sterkste.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.6 In ʼn ondersoek is bevind dat 10 % van die stikstofbasisse in ʼn
DNA/DNS molekuul timien is. Wat is die verhouding van timien
tot guanien in dieselfde molekuul?
A 1:1
B 1:2
C 1:3
D 1:4
1.1.7 Wanneer ʼn rooi perd (RR) gekruis word met ʼn wit perd (WW), is
die nageslag almal rooiskimmelperde (RW = beide rooi en wit
hare). Hierdie tipe oorerwing staan as ... bekend.
A ko-dominansie
B poligeniese oorerwing
C veelvoudige allele
D onvolledige dominansie
1.1.8 Bestudeer die onderstaande tabel wat verskeie aminosure toon
wat deur verskillende mRNA kodons gekodeer word.
mRNA kodons Ooreenstemmende aminosure
GCG Alanien
AUG Metionien
AUA Isoleusien
AGG Arginien
Watter aminosuur word deur die DNA/DNS basis drietal TAC/TAS
gekodeer?
A alanien
B arginien
C isoleusien
D metionien
1.1.9 In muise is bruin pels dominant oor wit pels. As ʼn heterosigotiese
bruin muis met ʼn wit muis gepaar word en 8 nakomelinge word
geproduseer, hoeveel kan verwag word om wit te wees?
A 4
B 8
C 0
D 2
1.1.10 Watter van die volgende is gewoonlik NIE moontlik vir rooi-groen
kleurblindheid NIE?
A ʼn Draerma gaan die alleel aan haar dogter oordra.
B ʼn Kleurblinde vader gaan die alleel aan sy dogter oordra.
C ʼn Kleurblinde vader gaan die alleel aan sy seun oordra.
D ʼn Draerma gaan die alleel aan haar seun oordra.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.9) in
die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 ʼn Segment van DNA/DNS wat vir ʼn spesifieke eienskap kodeer
1.2.2 Die verbinding tussen aminosure in ʼn proteïen
1.2.3 Sintese van mRNA vanaf DNA/DNS.
1.2.4 Struktuur wat die chromatiede van ʼn chromosoom aan mekaar
verbind
1.2.5 Chromosoomtoestand wat die voorkoms van ʼn enkele stel
chromosome in ʼn sel beskryf
1.2.6 Die fisiese / funksionele uitdrukking van ʼn organisme se gene
1.2.7 Alleel wat net in die homosigotiese toestand uitgedruk word
1.2.8 Die voorkoms van meer as twee verskillende allele vir dieselfde
geen
1.2.9 Die proses waardeur verskillende soorte lewende organismes
tydens die geskiedenis van die aarde blykbaar uit vroeëre
lewensvorme ontwikkel het
(9 x 1) (9)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie.
Skryf SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN langs die
vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM ΙΙ
1.3.1 ʼn Chromosoompaar met dieselfde vorm A: Homosigoties
en grootte B: Heterosigoties
1.3.2 Fase waartydens chromatiede na die A: Anafase 1
teenoorgestelde pole getrek word B: Anafase 2
1.3.3 Wetenskaplike(s) wat X-strale gebruik A: Wilkins
het om die vorm van DNA/DNS te B: Franklin
bepaal
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.4 Gebruik die onderstaande stamboomdiagram om die vrae oor kuiltjies (klein
holtes wat op die wange vorm wanneer ʼn mens glimlag) te beantwoord.
Die kuiltjiegeen (D) beheer of ʼn persoon kuiltjies het of nie kuiltjies het nie. Die
alleel vir kuiltjies is dominant oor die alleel vir geen kuiltjies (d).
1.4.1 Hoeveel familielede het kuiltjies? (1)
1.4.2 Wat is die genotipe van die individue?
(a) 3 (1)
(b) 4 (1)
1.4.3 Dui aan of die volgende individue homosigoties of heterosigoties is
vir kuiltjies:
(a) 2 (1)
(b) 9 (1)
1.4.4 Noem die familie verwantskap tussen individu 12 en individu 2. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.5 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat daarop
volg.
1.5.1 Noem die proses wat in die diagram geïllustreer word. (1)
1.5.2 Noem die belangrikheid van die proses in VRAAG 1.5.1 genoem. (2)
1.5.3 Identifiseer die dele genommer:
(a) 1 (1)
(b) 2 (1)
(c) 3 (1)
(d) 4 (1)
1.5.4 Noem, behalwe die selkern, EEN plek in selle waar DNA/DNS
aangetref word. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande diagramme verteenwoordig die proses van
proteïensintese. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.1.1 Identifiseer die strukture genommer 1, 2 en 3. (3)
2.1.2 Noem en beskryf die fase van proteïensintese wat by Z plaasvind. (5)
2.1.3 Bepaal die name van die aminosure gemerk W en X deur van die
onderstaande tabel gebruik te maak.
Basisdrietal op mRNA wat Aminosuur waarvoor
kodeer vir die aminosuur gekodeer word
GAG Glutamaat
CAG Histidien
AGG Arginien
CUG Leusien
UCC Prolien
GUG Valien (4)
2.2 Vertroebel-luiperde (Neofelis nebulosa) is ʼn mediumgrootte, bedreigde kat-
spesies, wat in die baie nat woude van Sentraal-Amerika voorkom. Die
normale kolle (XN, foto) is die gevolg van ʼn dominante, geslagsgekoppelde
alleel en die donker kolle is die resultaat van ʼn resessiewe alleel.
ʼn Bioloog het ʼn mannetjie met donker kolle gekruis met ʼn wyfie met
normale kolle. Sy het vier welpies gekry; twee mannetjies en twee wyfies.
Een van elk van die manlike en vroulike welpies het normale kolle gehad
en een van elk het donker kolle gehad.
2.2.1 Wat is die genotipe van die moeder? (2)
2.2.2 Die bioloog kruis die vroulike welpie wat heterosigoties is vir
normale kolle, met ʼn manlike welpie wat ook normale kolle het. Met
behulp van ʼn genetiese kruising bepaal hoeveel van elke fenotipe
in die welpies teenwoordig sal wees, indien ons aanneem dat 4
welpies gebore is, waarvan twee mannetjies en twee wyfies is. (6)
2.2.3 Bereken die persentasie van mannetjies met donker kolle in die
nageslag. TOON ALLE BEREKENINGE. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.3 ʼn Klas graad 11-leerders het ʼn ondersoek gedoen om die frekwensie van
dominante en resessiewe eienskappe in hul skool te bepaal. Die kenmerk
(eienskap) wat hul ondersoek het is die vermoë om ʼn mens se tong te kan
rol.
Die resultate wat verkry is, is opgeteken in die frekwensieboom soos
hieronder aangetoon.
2.3.1 Op grond van die resultate van hierdie ondersoek, watter kenmerk
is dominant? (1)
2.3.2 Noem DRIE stappe wat die leerders moet volg terwyl hulle die
ondersoek beplan. (3)
2.3.3 Gebruik die data in die frekwensieboom om ʼn kolomgrafiek te
teken. (6)
2.3.4 Sal jy die vermoë van ʼn mens om sy tong te kan rol, as ʼn kontinue
of diskontinue variasie klassifiseer? (1)
2.3.5 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.4. (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.4 Gedurende ʼn geveg waartydens daar ʼn aantal mense betrokke was, is een
persoon ernstig beseer. Bloedmonsters is geneem van die slagoffer, die
misdaadtoneel en vier verdagtes. DNA/DNS is uit elkeen van die
bloedmonsters onttrek (geëkstraheer) en die resultate word in die
onderstaande DNA/DNS-profiele getoon.
2.4.1 Watter verdagte was waarskynlik by die besering van die slagoffer
betrokke? (1)
2.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1. (1)
2.4.3 Noem EEN toepassing van DNA/DNS profiele (profielering),
behalwe om misdade op te los. (1)
2.4.4 Verduidelik TWEE redes waarom DNA/DNS profiele somtyds as
omstrede beskou kan word (met ander woorde veroorsaak dat
mense nie saamstem met die resultate nie). (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die onderstaande diagramme wat twee fases van meiose
voorstel en beantwoord die vrae wat daarop volg.
3.1.1 Identifiseer die fases wat verteenwoordig word deur:
(a) Diagram 1 (1)
(b) Diagram 2 (1)
3.1.2 Noem die deel genommer B. (1)
3.1.3 Beskryf wat tydens die fase wat in Diagram 1 geïllustreer word,
gebeur. (2)
3.1.4 Die deel wat omkring is en A gemerk is, in Diagram 2 is ʼn
abnormaliteit in die proses van meiose.
(a) Noem hierdie abnormaliteit. (1)
(b) Watter genetiese afwyking sal dit by die mens veroorsaak
indien hierdie abnormaliteit by chromosoompaar 21 sou
voorkom? (1)
(c) Gee EEN simptoom van die genetiese afwyking wat in
VRAAG 3.1.4 (b) genoem word. (1)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.2 ‘Takbok-muise’ leef in verskillende habitatte in Noord-Amerika. Almal het
sagte pels, maar die kleur wissel. Spesies wat in donker, nat woude
voorkom is geneig om donker pelse te hê, terwyl dié wat in woestyne met
ligte sandduine voorkom, geneig is om ligkleurige pelse te hê. Takbok-
muise dien as prooi vir uile.
Die prentjie hieronder toon ʼn takbok-muis.
3.2.1 Noem EEN eienskap van die takbokke-muis wat dit in staat stel
om roofdiere te vermy. (1)
3.2.2 Gebruik jou begrip van natuurlike seleksie om te verduidelik hoe
die ontwikkeling van die alleel vir lig gekleurde pels die takbok-
muise in staat stel om in die sandduine van Nebraska te oorleef. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.3 Die onderstaande diagramme toon ʼn proses van evolusie. Die diagramme
illustreer die gebeure wat in die konynbevolking oor baie jare plaasgevind
het. Bestudeer dit en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Watter evolusionêre proses word in die bostaande diagram
geïllustreer? (1)
3.3.2 Gebruik die diagram om te verduidelik hoe die twee nuwe spesies
uit die oorspronklike bevolking ontstaan het. (6)
3.3.3 Noem EEN waarneembare verskil tussen die twee nuwe spesies. (1)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.4 Bestudeer die filogenetiese boom hieronder wat die oorsprong van die
mens toon. Moontlike evolusionêre verwantskappe word deur die
stippellyne voorgestel en die vertikale blokke verteenwoordig die tydperke
waarvoor fossiele vir elke spesie bekend is.
3.4.1 Identifiseer die gemeenskaplike voorouer van Homo sapiens en
Homo neanderthalensis. (1)
3.4.2 Wanneer het Australopithecus africanus die eerste keer op die
aarde verskyn? (2)
3.4.3 Verduidelik die “Uit Afrika” hipotese. (2)
3.4.4 Identifiseer, vanuit die bostaande diagram, die spesie wat
waarskynlik die eerste hominide spesie is wat uit Afrika beweeg
het. (1)
3.4.5 Watter spesie is die direkte voorouer van Homo habilis? (1)
3.4.6 Noem die spesie waaraan die ‘Taungkind’ behoort. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.4.7 ʼn Bekende voorbeeld van Australopithecus afarensis is die fossiel
bekend as Lucy.
(a) Noem die plek waar Lucy ontdek was. (1)
(b) Noem die wetenskaplike(s) wat Lucy ontdek het. (1)
3.5 Bestudeer die volgende diagramme wat die anterior (voor) aansig van die
pelvis/bekken van ʼn mens en ʼn sjimpansee wys.
3.5.1 Watter van die bostaande diagramme, A of B, is die pelvis van ʼn
sjimpansee? (1)
3.5.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1. (2)
3.5.3 Watter pelvis A of B, dui op ʼn volledige tweevoetige organisme? (1)
3.5.4 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.5.3. (3)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) LEWENSWETENSKAPPE V2 17
AFDELING C
VRAAG 4
Beskryf die evolusionêre veranderinge in die skedel-fossiele van Homo spesies
en die belangrikheid van elke verandering soos dit uit die Afrika-ape ontwikkel
het. (17)
Sintese (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum