Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V2
2017
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2017 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 463.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
NSC June Exam 2017
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2017
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae begin beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2017
SSE
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak
'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.
VOORBEELD:
1.1.11 A B C D
1.1.1 'n Genetiese kruising waar beide allele van 'n geen ewe dominant
is, is 'n voorbeeld van …
A kodominansie.
B 'n dihibriedkruising.
C onvolledige dominansie.
D volledige dominansie.
1.1.2 Die lys hieronder beskryf kenmerke van evolusieteorieë.
(i) Behels lang tydperke waartydens spesies nie verander nie
(ii) Is altyd 'n geleidelike proses
(iii) Word ondersteun deur die afwesigheid van oorgangsfossiele
(iv) Nuwe spesies word in 'n kort tydperk gevorm
Watter kombinasie van kenmerke toon die korrekte eienskap van
gepunte ewewig?
A Slegs (i) en (iv)
B (i), (iii) en (iv)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (i) en (iii)
1.1.3 Die beginsels van oorerwing is vir die eerste keer deur ... beskryf.
A Gregor Mendel
B Charles Darwin
C Robert Broom
D Watson en Crick
1.1.4 Watter EEN van die volgende is 'n voorbeeld van nie-verdeling/nie-
disjunksie?
A Kleurblindheid
B Geenmutasies
C Down-sindroom
D Haploïede gamete
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2017
SSE
VRAAG 1.1.5 EN 1.1.6 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER.
Afrika
Suid-
Amerika Afrika
Suid-
Australië Amerika
Australië
GONDWANALAND (125 MJG) HEDENDAAGSE VERSPREIDING VAN
PROTEACEAE
Struike van die Proteaceae-familie (byvoorbeeld waratahs en proteas) kom in
Australië, Suid-Amerika, Indo-China en dele van Afrika voor.
1.1.5 Hierdie tipe bewys vir evolusie word … genoem.
A die 'Uit Afrika'-hipotese
B fossielbewyse
C biogeografie
D kulturele bewyse
1.1.6 Dit blyk duidelik uit die diagram dat alle proteas …
A aan dieselfde spesie behoort.
B in die Suidelike Halfrond voorkom.
C met die skeiding van Gondwanaland uitgesterf het.
D eweredig oor al die kontinente versprei is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2017
SSE
1.1.7 Die diagram hieronder toon die kariotipe van 'n organisme.
Bestudeer die volgende beskrywings:
(i) Daar is 46 chromosome.
(ii) Daar is 46 outosome.
(iii) Die 2 gonosome is verskillend van mekaar.
(iv) Die 2 gonosome is identies.
Watter kombinasie beskrywings kan gebruik word om hierdie
kariotipe te identifiseer as dié van 'n normale man?
A (i), (iii) en (iv)
B Slegs (i) en (ii)
C Slegs (ii) en (iii)
D Slegs (i) en (iii)
VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE GENETIESE KRUISING HIERONDER
GEBASEER.
Twee roosplante met pienk blomme is gekruis en daar is gevind dat alhoewel
die meeste van die nageslag pienk blomme gehad het, party rooi en party wit
blomme gehad het.
1.1.8 Indien 152 plante in die F 1 -generasie geproduseer is, hoeveel van
hierdie plante sou na verwagting pienk blomme gehad het?
A 38
B 114
C 76
D 152
1.1.9 Telers verkies dit om rooi rose te produseer. Indien die alleel vir
rooi R en die alleel vir wit W is, watter EEN van die volgende
kruisings sal die grootste verhouding rooi rose verskaf?
A RR x WW
B RW x RW
C WW x RW
D RR x RW
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2017
SSE
1.1.10 Die diagram hieronder toon 'n filogenetiese boom van sommige
primate.
Mense
6 mjg
2 mjg
Bonobos
8 mjg
Sjimpansees
15 mjg
Gorillas
19 mjg
Orangoetangs
29 mjg
Gibbons- en Siamang-ape
43 mjg
Ou Wêreld-ape
67 mjg
Nuwe Wêreld-ape
75 mjg
Spookapies
Bosape en Luiape
Volgens die filogenetiese boom het die mees onlangse
gemeenskaplike voorouer van …
A mense en sjimpansees 2 miljoen jaar gelede uitgesterf.
B mense en gorillas 15 miljoen jaar gelede uitgesterf.
C mense en sjimpansees 6 miljoen jaar gelede uitgesterf.
D gorillas en sjimpansees 2 miljoen jaar gelede uitgesterf.
(10 x 2) (20)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die posisie van 'n geen op 'n chromosoom
1.2.2 Die genus van die fossiel 'Little Foot'
1.2.3 'n Diagram wat die oorerwing van genetiese afwykings oor baie
generasies aandui
1.2.4 Die binding wat tussen twee aminosure vorm
1.2.5 Die fase in die selsiklus waartydens DNS/DNA-replisering plaasvind
1.2.6 Die eerste Homo-spesie wat werktuie gebruik het
1.2.7 Ongedifferensieerde selle wat in enige tipe sel kan ontwikkel
1.2.8 'n Teelproses wat gebruik word om plante en diere te tem/mak te
maak. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2017
SSE
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Voorgestel deur Lamarck A: 'Wet' van gebruik en onbruik
B: 'Wet' van oorerwing van verworwe
eienskappe
1.3.2 Oorerflikheid van hemofilie A: Geslagsgekoppelde oorerwing
B: Volledige dominansie
1.3.3 Het genetiese variasie tot A: Mitose
gevolg B: Kloning
(3 x 2) (6)
1.4 Die diagram hieronder toon die skedels van drie primaatgenera en is NIE
volgens skaal geteken NIE.
1.4.1 Benoem deel B en C onderskeidelik. (2)
1.4.2 Noem die tipe tande wat groter in genus III is in vergelyking met dié
van genera I en II. (1)
1.4.3 Gee slegs die NOMMER(S) (I, II of III) van die skedel(s) wat:
(a) Heel waarskynlik aan 'n bipedale primaat behoort (2)
(b) Die grootste brein het (1)
(c) Aan 'n C-vormige werwelkolom verbind is (1)
(d) Mees prognaties is (1)
1.4.4 Gee slegs die LETTER van die struktuur wat prominenter in
organisme III as in organisme I en II is. (1)
1.4.5 Gee die korrekte volgorde van die organismes (I, II en III), van die
primitiefste tot die mees ontwikkelde. (2)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2017
SSE
1.5 Hemofilie is 'n genetiese afwyking wat tot abnormale bloedstolling lei. Dit
word veroorsaak deur 'n resessiewe alleel wat op die X-chromosoom
voorkom. Die alleel vir normale stolling is XH en die alleel vir hemofilie is Xh.
Die diagram hieronder toon die oorerwing van hemofilie in 'n familie.
Vroulike individu Manlike individu
met normale met normale
bloedstolling bloedstolling
Vroulike hemofilie-lyer Manlike hemofilie-lyer
1.5.1 Gee die persentasie mans met hemofilie in hierdie familie. (1)
1.5.2 Gee die fenotipe vir individu A. (1)
1.5.3 Gee die genotipe vir individu:
(a) B (1)
(b) C (2)
(5)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2017
SSE
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n enkelstring-nukleïensuur wat in die
selkern voorkom.
2.1.1 Identifiseer die molekuul wat in die diagram verteenwoordig word. (1)
2.1.2 Identifiseer:
(a) Deel X (1)
(b) Suiker Y (1)
2.1.3 Beskryf die proses van transkripsie. (5)
(8)
2.2 Mutasies het genetiese variasie tot gevolg.
2.2.1 Gee DRIE ander bronne van genetiese variasie in 'n spesie. (3)
2.2.2 Onderskei tussen kontinue variasie en diskontinue variasie. (2)
(5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2017
SSE
2.3 'n Bakteriespesie bevat 'n tipe proteïen, genoem proteïen 1. 'n Mutasie het
plaasgevind wat 'n tweede tipe proteïen, genoem proteïen 2, in die plek van
proteïen 1 tot gevolg gehad het.
Wetenskaplikes het die aminosuurvolgorde van elke proteïen bepaal. Hulle
het toe die aminosuurvolgorde gebruik om die DNS/DNA-basisvolgordes te
vind wat vir gedeeltes van hierdie proteïene gekodeer het.
Die resultate word in die tabelle hieronder getoon.
GEDEELTE VAN PROTEÏEN 1
AMINOSUURVOLGORDE Lisien Serien Prolien Sisteïen
DNS/DNA-BASISVOLGORDE TTT TCA GGT ACG
GEDEELTE VAN PROTEÏEN 2
AMINOSUURVOLGORDE Lisien Serien Prolien Triptofaan
DNS/DNA-BASISVOLGORDE TTT TCA GGT ACC
2.3.1 Gee die:
(a) DNS/DNA-drietal vir die derde aminosuur van links in die
volgorde vir proteïen 2 (1)
(b) Kodon vir lisien (1)
(c) Antikodon vir serien (1)
2.3.2 Proteïen 1 bestaan uit 66 aminosure.
Hoeveel van ELK van die volgende is by die vorming van hierdie
proteïen betrokke?
(a) Gene (1)
(b) RNS/RNA-nukleotiede (1)
(c) Kodons (1)
2.3.3 Beskryf hoe die mutasie 'n verandering in die struktuur van die
proteïen veroorsaak het. (4)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2017
SSE
2.4 Bestudeer die uittreksel en die inligting hieronder.
'n Klawerplantspesie (Trifolium repens) het 'n mutasie ontwikkel wat die gifstof,
sianied, in die plantselle laat vorm het. Dit gee die klawer 'n bitter smaak vir die
herbivore wat daarop voed. In 'n kouer klimaat het 'n paar selle egter gebars
wat die sianied in die plantweefsel vrygestel het en gevolglik die plante laat
vrek het.
Wetenskaplikes het waargeneem dat daar meer klawerplante van hierdie
spesie in warmer gebiede as in kouer gebiede voorgekom het. Hulle het 'n
hipotese geformuleer dat meer klawerplante by hoër temperature oorleef.
Hulle het die ondersoek oor die oorlewing van klawerplante by verskillende
temperature soos volg gedoen:
• Hulle het 200 klawerplante in 'n kweekhuis met temperatuurbeheer op 5 °C
en 200 klawerplante in 'n kweekhuis met temperatuurbeheer op 25 °C
geplaas.
• Hulle het al die ander veranderlikes beheer.
• Hulle het die plante vir 'n ruk lank laat groei en die getal klawerplante wat in
elke kweekhuis oorleef het, getel.
• Hulle het toe die persentasie klawerplante wat oorleef het, bereken.
Die resultate van die ondersoek word in die tabel hieronder getoon.
TEMPERATUUR PERSENTASIE OORLEWING VAN KLAWERPLANTE
5 °C 13
25 °C 72
2.4.1 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
2.4.2 Noem TWEE maniere waarop die wetenskaplikes die
betroubaarheid van die ondersoek kon verbeter het. (2)
2.4.3 Beskryf hoe die wetenskaplikes die persentasie oorlewing van die
klawerplante bereken het. (2)
2.4.4 Verduidelik of die hipotese aanvaar of verwerp sal word. (3)
2.4.5 Gebaseer op inligting in die uittreksel, behalwe vir temperatuur,
verduidelik EEN ander manier waarop die oorlewingskoers van
klawerplante verhoog is. (2)
2.4.6 Verwys na Darwin se teorie van natuurlike seleksie en verduidelik
hoe die mutasie die oorlewing van die klawerpante by laer
temperature beïnvloed het. (6)
(17)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2017
SSE
VRAAG 3
3.1 Die diagram hieronder toon die rangskikking van twee pare homoloë
chromosome in 'n sel wat meiose ondergaan.
3.1.1 Noem TWEE eienskappe van homoloë chromosome. (2)
3.1.2 Identifiseer struktuur A. (1)
3.1.3 Hoeveel van ELK van die volgende is in die diagram teenwoordig?
(a) Chromatiede (1)
(b) Sentromere (1)
3.1.4 Teken 'n benoemde diagram en toon EEN van die selle wat aan
die einde van telofase I gevorm sal word. (6)
3.1.5 Die diagram hieronder toon sommige van die allele tydens
gameetvorming.
Gee die genotipe van die:
(a) Individu verteenwoordig in die diagram (1)
(b) Moontlike gamete wat die gevolg kan wees van die
rangskikking van allele wat in die diagram verteenwoordig
word. (2)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2017
SSE
3.2 'n Man het bloedgroep AB en sy suster het bloedgroep O.
Bepaal die genotipes en fenotipes van hulle ouers deur 'n genetiese kruising
te doen. (6)
3.3 Die diagram hieronder toon 'n tegniek wat tydens vaderskaptoetse gebruik
word.
Moeder Kind Man 1 Man 2 Man 3
3.3.1 Identifiseer die tegniek wat hierbo getoon word. (1)
3.3.2 Watter man is die biologiese vader van die kind? (1)
3.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.3.2. (3)
3.3.4 Noem TWEE ander gebruike van hierdie tegniek. (2)
(7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2017
SSE
3.4 Boere gebruik insekdoders om insekte dood te maak wat hulle oeste
beskadig. Op hierdie manier kan hulle hul oesopbrengs verbeter.
Hulle het 'n bakterie gevind wat 'n geen bevat wat insekdoders produseer.
Wetenskaplikes het die insekdoder-geen na koringplante oorgedra en wou die
effektiwiteit van hierdie proses om oesopbrengs te verbeter, ondersoek.
Hieronder is van die stappe wat hulle gevolg het.
• Koringplante met die insekdoder-geen is in 'n landery en in 'n kweekhuis
laat groei.
• Koringplante sonder die insekdoder-geen is in 'n landery en in 'n
kweekhuis laat groei.
• Die oesopbrengs van die koringplante is gemeet.
Die resultate word in die grafiek hieronder getoon.
OESOPBRENGS VIR TIPES KORINGPLANTE
Oesopbrengs van koringplant
80
70 Koring in 'n landery
60 laat groei
50 Koring in 'n
40 kweekhuis laat groei
(in arbitrêre eenhede)
30
20
10
0
Sonder insekdoder- Met insekdoder-geen
geen
Tipe koringplant
3.4.1 Wat word die proses genoem waar koringplante deur die inplaas van
gene verander word? (1)
3.4.2 Insekdoders is duur en dra tot die koste van produkte by.
Noem EEN ander nadeel van die gebruik van insekdoders. (1)
3.4.3 Noem TWEE maniere waarop wetenskaplikes die geldigheid van
hierdie ondersoek kon verbeter het. (2)
3.4.4 Wat was die oesopbrengs, in arbitrêre eenhede, van koringplante
sonder die insekdoder-geen wat in 'n kweekhuis laat groei is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 15 DBE/2017
SSE
3.4.5 Bereken die verskil in opbrengs tussen die koring met die insekdoder-
geen en die koring sonder die insekdoder-geen wat in 'n landery laat
groei is. Toon ALLE berekeninge. (2)
3.4.6 Beskryf die verskil in resultate vir die koring met die insekdoder-geen
wat in 'n kweekhuis laat groei is en die koring wat in 'n landery laat
groei is. (2)
3.4.7 Stel EEN moontlike rede voor vir die verskil beskryf in VRAAG 3.4.6. (2)
3.4.8 Gee TWEE moontlike redes waarom boere teen die gebruik van
hierdie insekdoder-produserende plante gekant kan wees. (2)
(13)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 16 DBE/2017
SSE
AFDELING C
VRAAG 4
Onderskei tussen 'n bevolking en 'n spesie, beskryf spesiasie deur geografiese isolasie
en verduidelik hoe spesiasie en uitsterwing biodiversiteit beïnvloed.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van 'n tabel,
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo (English)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC Supplementary 2017 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2016 Question Paper (Eng)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum