Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE V2
2021
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2021 papers 


%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--3f3721a2-ca17-4caa-900e-7c73d1b99db8/v1-91f0732e9c95d6cedf1d/card.webp)


View all





Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 434.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1GENETICS AND INHERITANCE
- Question 1.2MEIOSIS
- Question 1.3GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 1.4MEIOSIS13 marks
- Question 1.5DNA: THE CODE OF LIFE6 marks
- Question 1.6GENETICS AND INHERITANCE7 marks
Show all 15 questions
- Question 2.1DNA: THE CODE OF LIFE10 marks
- Question 2.2DNA: THE CODE OF LIFE6 marks
- Question 2.3EVOLUTION8 marks
- Question 2.4GENETICS AND INHERITANCE8 marks
- Question 2.5GENETICS AND INHERITANCE6 marks
- Question 3.1EVOLUTION10 marks
- Question 3.2EVOLUTION11 marks
- Question 3.3EVOLUTION9 marks
- Question 3.4EVOLUTION10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 2 DBE/2021
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 3 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.8 D.
1.1.1 Watter EEN van die volgende is 'n voortplantingsisolering-
meganisme?
A Teling/Broei op dieselfde tyd van die jaar
B Aanpassing by dieselfde bestuiwers
C Voorkoming van bevrugting
D Deel van dieselfde habitat
1.1.2 Die wetenskaplikes wat die Nobelprys vir die ontdekking van die
struktuur van DNS/'DNA' gewen het, was …
A Watson en Franklin.
B Wilkins en Franklin.
C Crick en Wilkins.
D Watson en Crick.
1.1.3 In 'n dihibriede kruising is 'n dier met lang ore (E) en 'n rooi pels (R)
met 'n dier met kort ore (e) en 'n swart pels (r) gekruis.
Watter EEN van die volgende kan die genotipes van die ouers
voorstel?
A EERR x eerr
B EeRr x EeRr
C eeRR x eerr
D Eerr x EERr
1.1.4 Watter EEN van die volgende verminder genetiese variasie in die
nageslag?
A Mutasies
B Ewekansige paring
C Kloning
D Ewekansige bevrugting
1.1.5 Meiose word die beste verduidelik as 'n proses wat … dogterselle
produseer.
A twee haploïede
B twee diploïede
C vier diploïede
D vier haploïede
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 4 DBE/2021
SS/NSS
1.1.6 Kleurblindheid is 'n afwyking wat deur 'n resessiewe alleel op die
X-chromosoom veroorsaak word. Watter EEN van die volgende is
die genotipe van 'n kleurblinde persoon?
A XDXD
B XDY
C XDXd
D XdY
1.1.7 Die studie van die oorerwing van mutasies in mitochondriale
DNS/DNA is 'n voorbeeld van …
A fossielbewyse.
B genetiese bewyse.
C modifikasie deur afstamming.
D kulturele bewyse. (7 x 2) (14)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die bindings wat die twee stringe van 'n DNS/DNA-molekuul
bymekaar hou
1.2.2 'n Genetiese kruising wat een geen en sy allele behels
1.2.3 Ongedifferensieerde selle wat enige ander sel in die menslike
liggaam kan vorm
1.2.4 Die strukture in die sel wat die spoelvesels vorm
1.2.5 Die fase van meiose waar chromosome op die ewenaar van die sel
in 'n lyn gerangskik word
1.2.6 'n Genetiese afwyking waar bloed nie stol nie
1.2.7 Die vorming van nuwe spesies
1.2.8 Evolusie wat gekenmerk word deur lang periodes met geen
veranderinge nie, wat afgewissel word deur kort periodes met
vinnige veranderinge
1.2.9 Die studie van oorerwing en variasie by organismes (9 x 1) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 5 DBE/2021
SS/NSS
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 In die nukleus/selkern A: DNS/DNA
gevind B: RNS/RNA
1.3.2 Ewekansige rangskikking A: Anafase II
van chromosome B: Metafase I
1.3.3 Plek van meiose by die A: Testis
mens B: Somatiese selle
(3 x 2) (6)
1.4 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n homoloë chromosoompaar in 'n
plantsel. Die allele vir twee eienskappe, saadkleur (G en g) en planthoogte
(T en t), word op die chromosome aangedui.
A B
G g
C
t t
1.4.1 Gee die term wat gebruik word om die posisie van 'n alleel op 'n
chromosoom te beskryf. (1)
1.4.2 Identifiseer dele A en C. (2)
1.4.3 Noem die proses waartydens dele A en B genetiese materiaal
uitruil. (1)
1.4.4 Tydens watter fase van meiose vind die proses genoem in
VRAAG 1.4.3 plaas? (1)
1.4.5 Noem die volgende vir hierdie plant:
(a) Genotipe (2)
(b) Die eienskap wat homosigoties resessief is (1)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 6 DBE/2021
SS/NSS
1.5 Die diagram hieronder verteenwoordig enkele nukleotiede in 'n enkele
DNS/DNA-string.
T
X
G
Y A
C
1.5.1 Gee die LETTER van die deel wat die volgende verteenwoordig:
(a) Suikermolekuul (1)
(b) Fosfaatmolekuul (1)
1.5.2 Hoeveel nukleotiede word in die diagram verteenwoordig? (1)
1.5.3 Skryf die stikstofbasisse (van bo na onder soos deur die pyl
aangedui) van die komplementêre DNS/DNA-string van hierdie
molekuul neer. (1)
1.5.4 Noem TWEE prosesse wat vereis dat die twee stringe van 'n
DNS/DNA-molekuul in enkelstringe skei, soos in die diagram
getoon. (2)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 7 DBE/2021
SS/NSS
1.6 Die tabel hieronder toon die bloedgroepe van die lede van 'n familie. Twee
van die kinders is biologiese afstammelinge van die ouers en een kind is
aangeneem.
FAMILIELID BLOEDGROEP
Vader A
Moeder AB
Dogter A
Seun 1 O
Seun 2 B
1.6.1 Hoeveel:
(a) Verskillende fenotipes vir bloedgroep kom in hierdie familie
voor (1)
(b) Moontlike genotipes is daar vir bloedgroep AB (1)
1.6.2 Gee die genotipe van die vader. (2)
1.6.3 Watter lid van die familie:
(a) Het die genotipe ii (1)
(b) Het kodominante allele (1)
(c) Is aangeneem (1)
(7)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 8 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Hemoglobien is 'n proteïen wat in bloed gevind word wat suurstof na al die
selle van die liggaam vervoer. 'n Gedeelte van hierdie proteïen word 'n beta-
ketting genoem. Indien die volgorde van aminosure in hierdie ketting
verander, word 'n ander vorm van hemoglobien, genoem hemoglobien S,
gevorm. Hemoglobien S kan suurstof nie so doeltreffend soos normale
hemoglobien vervoer nie.
Posisie van aminosure in
1 2 3 4 5 6 7
die beta-ketting
Normale hemoglobien Val His Leu Thr Pro Glu Glu
Hemoglobien S Val His Leu Thr Pro Val Glu
Die tabel hieronder toon die DNS/DNA-basisdrietalle wat vir sommige
aminosure kodeer.
DNS/DNA-BASISDRIETAL AMINOSUUR
CAC Val
GTG His
GAC Leu
TGA Thr
GGA Pro
CTC Glu
2.1.1 Gee die:
(a) DNS/DNA-basisdrietal vir aminosuur 3 (1)
(b) bRNS/mRNA-kodon vir aminosuur 4 (2)
2.1.2 Wat word 'n verandering in die volgorde van DNS/DNA-
basisdrietalle genoem? (1)
2.1.3 Gebruik die inligting in die tabelle om te verduidelik hoe 'n
verandering in die volgorde van die DNS/DNA-basisdrietalle die
vorming van hemoglobien S, eerder as normale hemoglobien, tot
gevolg het. (4)
2.1.4 Beskryf hoe 'n persoon met hemoglobien S geaffekteer sal word. (2)
(10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 9 DBE/2021
SS/NSS
2.2 Beskryf die proses van translasie tydens proteïensintese. (6)
2.3 Die kariotipe hieronder verteenwoordig die chromosome van 'n persoon.
1 2 3 4 5 6 7
8 9 10 11 12 13 14 15
16 17 18 19 20 21 22 23
2.3.1 Gee die gemeenskaplike naam vir die chromosome genommer
1 tot 22. (1)
2.3.2 Gee die geslag van hierdie persoon. (1)
2.3.3 Gee EEN waarneembare rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.2. (2)
2.3.4 Gee Mendel se beginsel van segregasie. (2)
2.3.5 Beskryf hoe die kariotipe van 'n persoon met Down-sindroom van
die een hierbo sal verskil. (2)
(8)
2.4 By konyne kan pelskleur swart, wit of grys wees. Die oorerwing van pelskleur
word deur twee allele beheer, naamlik:
Swart pels (B) en Wit pels (W)
2.4.1 Verduidelik waarom pelskleur by konyne 'n voorbeeld van
oorerwing met onvolledige dominansie is. (2)
2.4.2 Gebruik 'n genetiese kruising om die verwagte genotipes en
fenotipes van die nageslag te toon indien 'n grys mannetjie met
'n swart wyfie gekruis word. (6)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 10 DBE/2021
SS/NSS
2.5 By die mens is die vermoë om 'n sekere stof te kan proe, oorerflik en dit word
deur die dominante alleel T beheer. Mense wat hierdie stof kan proe, word
proeërs genoem, terwyl dié wat nie kan nie, nie-proeërs genoem word.
Die stamboomdiagram hieronder toon die oorerwing van hierdie eienskap in 'n
familie.
J K
L M N O P Q
R S U V W
SLEUTEL
Manlike proeër Vroulike proeër
taster
Manlike nie-proeër Vroulike nie-proeër
2.5.1 Wat beteken die term dominante alleel? (2)
2.5.2 Gee die:
(a) LETTER van 'n vrou in die F1-generasie wat 'n proeër is (1)
(b) Genotipe van individu J (1)
2.5.3 Gebruik bewyse uit die diagram om jou antwoord op
VRAAG 2.5.2(b) te ondersteun. (4)
(8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 11 DBE/2021
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Daar is anatomiese verskille tussen Afrika-ape en die mens. Daar is ook
eienskappe wat hulle deel.
3.1.1 Noem EEN eienskap van die hand wat Afrika-ape met die mens deel. (1)
3.1.2 Tabuleer DRIE verskille tussen die skedels van Afrika-ape en die
mens. (7)
3.1.3 Gee TWEE eienskappe van die bekkengordel van 'n tweevoetige
organisme. (2)
(10)
3.2 Die vetinhoud van koeimelk kan wissel tussen 2,6% en 5%.
'n Boer het gevind dat daar 'n groot aanvraag is na laevetmelk (melk met 'n
vetinhoud van 3% of minder).
Hy het die vetinhoud in die melk wat deur die koeie op sy plaas geproduseer
word, vasgestel.
Die resultate van sy opname word in die tabel hieronder gegee.
VETINHOUD (%) GETAL KOEIE
2,6–3,0 11
3,1–3,5 66
3,6–4,0 93
4,1–4,5 61
4,6–5,0 15
3.2.1 Trek 'n histogram om die resultate van die opname te verteenwoordig. (6)
3.2.2 Bereken die persentasie van die boer se koeie wat laevetmelk
produseer. Toon AL jou berekeninge. (3)
3.2.3 Noem die tipe variasie wat by die koeie voorkom, op die bewyse in die
tabel gebaseer. (1)
3.2.4 Gee 'n verduideliking vir jou antwoord op VRAAG 3.2.3. (1)
(11)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 12 DBE/2021
SS/NSS
3.3 Die diagram hieronder verteenwoordig die evolusie van die loopvoëls en die
kontinente waarop hulle tans bestaan.
Volstruis
Gemeenskaplike
voorouer van Nandoe
loopvoëls ('Rhea')
Kiwi
VOËLSPESIE KONTINENT
Volstruis Afrika
Nandoe Suid-Amerika Emoe
Kiwi Nieu-Seeland
Emoe Australië
Kasuaris Suid-Amerika
Kasuaris
3.3.1 Identifiseer die tipe diagram wat hierbo getoon word. (1)
3.3.2 Noem die TWEE spesies wat die mees onlangse gemeenskaplike
voorouer deel. (2)
3.3.3 Gebruik inligting in die diagram om te beskryf hoe biogeografie die
evolusieteorie ondersteun. (4)
3.3.4 Beskryf hoe dit bewys kan word dat volstruise en nandoes
verskillende spesies is. (2)
(9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 13 DBE/2021
SS/NSS
3.4 Daar is variasie in bos-uile. Sommige is wit en ander is bruin van kleur.
Wetenskaplikes het hierdie uile oor 'n tydperk van 30 jaar, van 1980 tot 2010,
bestudeer om die effek van klimaatsverandering op die oorlewing van die uile
vas te stel. Gedurende hierdie tyd het klimaatsverandering verhoogde globale
temperature met minder sneeuval elke jaar veroorsaak.
Die wetenskaplikes het:
Die ondersoek elke jaar in dieselfde vier maande van die winter gedoen
Elke jaar dieselfde bevolking bos-uile waargeneem
Die getal bos-uile van elke kleur wat elke jaar oorleef het, vasgestel
Die resultate word in die grafiek hieronder aangedui:
Getal bos-uile van elke kleur wat elke jaar oorleef het
van 1980 tot 2010
Getal uile wat oorleef het
80
70
60
50
40
Wit uile
White owls
30
20 Brown owls
Bruin uile
10
0
1980 1985 1990 1995 2000 2005 2010
Tyd (jare)
3.4.1 Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
3.4.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word oor die geskiktheid van
elke kleur uil om in meer sneeu te oorleef? (2)
3.4.3 Verduidelik die resultate wat van 2000 tot 2010 vir die wit uile verkry
is. (3)
3.4.4 Beskryf hoe die wetenskaplikes die getal uile wat elke jaar oorleef
het, vasgestel het. (3)
3.4.5 Noem EEN veranderlike wat konstant gehou is. (1)
(10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Lewenswetenskappe/V2 14 DBE/2021
SS/NSS
AFDELING C
VRAAG 4
Hedendaagse slingerape (ook spinape ('spider monkeys') genoem) leef hoog bo in
bome. Hulle het baie lang sterte wat hulle gebruik om aan takke vas te hou. Dit
verminder hulle risiko om grond toe te val waar predatore hulle kan aanval. Die
voorouer van slingerape het 'n heelwat korter stert gehad.
Gebruik Lamarck en Darwin se teorieë om te verduidelik waarom alle slingerape lang
sterte het en hoe kunsmatige seleksie dieselfde resultaat kon oplewer.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagramme of
diagramme toegeken word NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2021 Question Paper (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--3f3721a2-ca17-4caa-900e-7c73d1b99db8/v1-91f0732e9c95d6cedf1d/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum